Wys tans plasings met die etiket waarheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket waarheid. Wys alle plasings

Dinsdag 24 Maart 2026

Die wapenrusting

In hierdie pos kyk ons na "DIE WAPENRUSTING VAN GOD" waarna verwys word in Ef. 6:11 (bestudeer gerus o.a. die tema van geestelike bekleding, want die wapenrusting van God kan ook gesien word soos iets waarmee jy jouself geestelik beklee - rol af tot heel onder vir 'n lys van poste waarin geestelike bekleding behandel word). Die mens het nie net klere nodig vir die uiterlike nie, maar ook vir die innerlike mens. Die "wapenrusting van God" kan gesien word as "geestelike klere"; bv., net soos ons die uiterlike mens beklee met wapenrusting wanneer jy gaan veg in 'n fisiese geveg, net so het die mens geestelike wapenrusting nodig vir die geestelike geveg waarin ons ons bevind

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons is in 'n wortelstryd..., maar wat is hierdie stryd?: 

Die Skrif leer dat die geestelike mens in 'n worstelstryd betrokke is..., nie teen vlees en bloed (m.a.w., nie teen mense wat uit vlees en uit bloed gebore is) nie, maar "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Ef. 6:12 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug"). Duidelik is hierdie stryd geestelik van aard! en praat nie van 'n worstelstryd teen ander mense nie.  Die "owerhede, magte en wêreldheersers vd duisternis" en "bose geeste in die lug" waarna verwys word in Ef. 6:12 verwys na die geestelike realm, en fisiese klere/wapenrusting gaan nie help in hierdie "geveg" nie (want dit is geestelik van aard).  Wat ons nodig het is "geestelike klere" . Die wapenrusting van God sal ons help om oorwinning te behaal... - bestudeer gerus die tema "wêreld oorwin" om hierdie nog beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2025/07/wat-beteken-die-begrip-wereld-oorwin.html). 

Hoe word hierdie (geestelike) wapenrusting (wat na verwys word as die WAPENRUSTING VAN GOD)_beskryf?:

- die lendene omgord met die WAARHEID;

- die borswapen van GEREGTIGHEID;

- skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE;

- die skild van die GELOOF;

- die helm van VERLOSSING; en

- die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD  (Ef. 6:14-17 - "Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—").

DIE GEREDDE HET DIE "GEESTELIKE WAPENRUSTING VAN GOD" NODIG:  

DIE WEERGEBORENE IS VRYGEKOOP VAN DIE MAG WAARONDER HY GEBORE IS, en dit maak die duiwel woedend - sy plan om jou te verwoes, het gefaal - nou probeer hy jou terugkry...  DIT  IS  BASIES  DIE  GEVEG  WAARIN  DIE  GEESTELIKE   MENS  BETROKKE  IS.  Die duiwel probeer om jou te vang om die leuen te glo in plaas van die waarheid (dit is waarom jou lendene omgord moet wees met die waarheid), probeer om jou te vang om verkeerd te doen (dit is waarom jy die borswapen van geregtigheid moet aanhê), probeer jou stuit om die goeie boodskap uit te dra (dit is waarom jy skoene moet aanhe bereidheid om die evangelie te verkondig), probeer jou van die geloof afvallig maak (dit is waarom jy die skild van die geloof nodig het), probeer om jou te laat twyfel in die verlossing wat jy ontvang het (dit is waarom jy die helm van verlossing nodig het), en probeer om jou te vang om 'n ander evangelie aan te neem (dit is waarom jy die swaard nodig het). In hierdie geveg het jy die geestelike wapenrusting van God nodig (Ef. 6:11) sodat jy kan staande bly in die dag van onheil.  

Die geestelike mens moet seker maak dat hy met al hierdie BEKLEE is, maar die manier om dit aan te trek bestaan nie bloot uit woorde nie, maar het baie te doen met keuses en dade;  bv, wat kies jy wanneer jy moet kies tussen wêreldse wysheid en die kennis van God/waarheid/Jesus se woorde? (sal jy die waarheid kies?, of glo jy dat jy beter weet of dat die wereld se kennis meer logies is?).  Wat kies jy wanneer jy versoek word om verkeerd te doen? (het jy geregtigheid? - kies jy om die Here te gehoorsaam, of die vlees?). Is jou hoop in die evangelie vd Koninkryk/Jesus/vrede? (of glo jy dat saligheid op verskillende maniere verkry kan word?); wie raadpleeg jy wanneer jy antwoorde soek? (in wie plaas jy jou vertroue?; bv., raadpleeg jy die Here, of soek jy ander bronne op?) en vir wie gehoorsaam jy? (in wie glo jy? - doen jy die wil van God, of jou eie wil?);   leef jy vir die Here? (dien jy Hom of jouself?); ens. ... Hierdie is basies wat bepaal hoe jy jou "beklee" (nl. of jy die Here raadpleeg, hoop in Sy saligheid, glo in Sy woorde, ens.). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA DIE VERSKILLENDE DIE ELEMENTE VD WAPENRUSTING OM DIT BETER TE PROBEER VERSTAAN:
Skrifgedeelte van belang:  
(Eph 6:10)  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
(Eph 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Eph 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Eph 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Eph 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Eph 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Eph 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
Die geestelike wapenrusting word beskryf as geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God (en waak in gebed, want ons kan niks sonder die Here doen nie).  Elkeen van hierdie dele moet jy "AANTREK", en meeste dele is bedoel vir BESKERMING;  behalwe een, ..is om mee te VEG (nl. die woord van God - die swaard). Elke stuk vd wapenrusting is belangrik;  bv., die Skrif leer dat geloof (die skild van geloof) is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus! Die ander dele wat nodig is vir beskerming, is geregtigheid, waarheid, bereidheid evangelie verkondig, en verlossing. "Geregtigheid" word voorgestel soos die borswapen, waarheid soos die lendene omgord, evangelie verkondig, soos skoene, en verlossing die helm. In die volgende paragraaf sal ons meer stilstaan op elkeen van hierdie dele om te verstaan presies waarna elkeen verwys en wat elkeen beteken - l.w. dat elkeen van hierdie dele 'n spesifieke deel vd liggaam beskerm (en neem ook in ag dat die geestelike mens se liggaam soos 'n tempel is). (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). 

Bestudeer gerus ook die tema van "geestelike bekleding" saam met hierdie onderwerp.  Bv., die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming) gaan oor hoe die een wat weergebore word ingedoop word onder die kinders van God (dit verwys na die wat in Christus gedoop is) - hierdie is soos geestelike KLERE wat iemand aantrek. Op ditto wyse is daar ander geestelike soort bekledings in die Skrif (wat elk verwys na iets wat "aangetrek" word, bv. die "klere van heil/saligheid".  Die geredde BEKLEE hom/haarself bv. ook met die "nuwe mens"..., wat o.a. beteken dat hy die dinge daarbo bedink en verwys na "Christus in ons" (Ef. 4:24)( Kol 3:2-12). Hierdie soort beeldspraak word baie in die Skrif gebruik..., en in elke geval verwys dit in konteks na iets spesifiek. Ons het geestelike bekleding nodig vir baie dinge, o.a. om ons naaktheid (geestelik bedoel) te bedek/sonde te bedek. 
So het die WAPENRUSTING VAN GOD 'n bepaalde doel, nl.:
- om kragtig te word in die Here (Ef. 6:10)
-staande te kan bly teen die liste vd duiwel (Ef. 6:11)
-om weerstand te bied in die dag van onheil (Ef. 6:13), en 
-om die vurige pyle van die Bose te kan uitwis (Ef. 6:16).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE REDE WAAROM "OORLOGVOERING" BELANGRIK IS:
Ons het gesien in die vorige paragraaf wat die doel is van die "wapenrusting van God" - hoekom ons dit nodig het... Bv., as jy wil kragtig (sterk) word in die Here, dan het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil staande bly teen die liste vd duiwel (hoe hy lê en wag om jou te vang), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil kan weerstand (teestand) bied in die dag van onheil (dag van boosheid), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy die vurige pyle van die Bose wil uitwis, het jy die skild van geloof nodig in die WAPENRUSTING VAN GOD.

Kom ons kyk bietjie meer in op die woorde "SODAT ONS KAN STAANDE BLY TEEN DIE LISTE VD DUIWEL": - die woord "liste" hier is die Gr. woord ("meth-od-i'-ah") wat vewys na 'n "metode" wat deur die duiwel gebruik word om iemand in sy lis te probeer vang, soos om te lê en wag...  Bv., kinders vd Koninkryk wat in die strik van die duiwel gevang is, word tipies na verwys in die Skrif as "dronk" of die wat nie waak nie - hulle is nie nugter nie / nie waaksaam nie, en verwys na mense wat gevang is om die wil vd duiwel te doen (2 Tim. 2:26). Dit is waarom Petrus aan die gemeente skryf  (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die duiwel is 'n teëstander..., en gereddes word beveel om hom teë te staan (bestudeer gerus hierdie pos om meer te verstaan wat "teëstander" beteken: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-grimmigheid-van-god.html)(tipies kenmerkend van teëstanders is dat hulle verag en spot... - hulle is trots, vertel leuens, en terg die Here). As ons kyk na die verhaal van Eden is dit duidelik dat die duiwel 'n teëstander is - hy't bv. die Here God verag en leuens vertel - "geloof" word op hierdie manier aangeval (bv. deur 'n leuen, sodat jy nie glo nie).  L.w. die woorde "standvastig in die GELOOF" daar gebruik in 1 Pet. 5:9, want hierdie is die manier hoe jy die vurige pyle vd bose kan uitwis... (Ef. 6:16) - dit is hoe jy kan seker maak dat jy nie in sy liste gevang word nie (hou vas aan die Here en bly Hom vertrou - moenie die leuen glo nie). Kyk gerus hoe die WAPENRUSTING (vir die geestelike geveg) ook gebruik word in konteks met die tema van NUGTER en WAKKER. Geestelike mense is soos mense wat geestelik BEKLEE is, maar wanneer hulle hierdie "klere" uittrek of besoedel (Openb. 3:4; 7:13,14) en nie was nie, sal hulle onkant gevang word wanneer Jesus terugkom... (Openb. 3:3).  Dieselfde met die wapenrusting van God, want die wat nie daarmee beklee is nie sal onkant gevang word, en in hierdie geval, deur die vyand! Vir studie oor sekere van hierdie onderwerpe, klik op die volgende woorde: (SLAAP)(DRONK)(beklee)(naaktheid)(skaamte ontbloot).

Skild van die GELOOF:
Die prentjie wat vir ons geskets word in Ef. 6 is dat die geredde AANGEVAL WORD DEUR DIE BOSE EN MET PYLE GESKIET WORD..., maar daar is 'n manier hoe hierdie "vurige pyle" uitgewis kan word, en dit is deur GELOOF. Geloof is deel van die "wapenrusting van God", en word voorgestel as die "skild" gedeelte. Wanneer die Here jou skild is (m.a.w., as jy jou vertroue in Hom plaas), hoef jy niks te vrees nie! (Gen. 15:1). Die woord "skild" in Ef. 6:16 is die Gr. woord (" thoo-reh-os' "), wat verwys na 'n groot item, soos die vorm van 'n deur (wat pyle kan afweer en jou BESKERM teen aanvalle). Wanneer jy jou vertroue in die Here plaas hoef jy nie te vrees nie - dan is die Here soos 'n skild vir jou (Ps. 56:4). Bestudeer gerus die konneksie tussen "wêreld oorwin" en "geloof" (1 Joh. 5:4,5), want die woord "geloof" in Ef. 6:16 is die Gr. woord ("pis'-tis") wat gaan oor in wie of waarin jy jou vertroue plaas... - bv. wat sien jy as waarheid?  In wie plaas jy jou vertroue?, maw in die koteks van tussen die wêreld of die Here...;  bv.,  glo jy in wereldse wysheid? of die wysheid van die Here God?  In ander woorde, wat sien jy as waarheid? Plaas jy jou vertroue in die Here God?, of plaas jy dit in die wereld? GELOOF kan m.a.w. onder andere beskryf word as "om die wêreld (bv. sieninge, kennis, wil, ens.) te oorwin" (1 Joh. 5:4,5), en dit is veral waarna geloof verwys in hierdie skrif. 
  
Lendene omgord met die WAARHEID:
In heelwat skrifte waar die lendene omgord is was dit wanneer iemand gereed gemaak het vir 'n pad of missie..., bv. 2 Kon. 9:1 (waar Elisa 'n profete-seun beveel om sy heupe te gord en 'n kruik olie te neem na Ramot om iemand te salf)(kyk ook 2 Kon. 4:29; 1 Kon. 20:31; ens.) - die gord verwys na 'n belt. Dit is interessant om te merk dat die term "omgord die lendene" ook gebruik word in konteks van "nugter" wees, bv. in 1 Pet. 1:13.14 - ("Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie"). Om die wêreld te oorwin begin by om DIE WAARHEID te kies... Dit is soos voorbereiding vir die pad wat voorlê (en soos 'n belt hou dit alles bymekaar).  In 'n gelykenis wat Jesus vertel het in Luk. 12:35-48, waarin Hy hulle vertel om seker te maak hulle is GEREED, gebruik Hy ook die woorde "laat julle heupe omgord wees" (en terloops beveel Hy hulle om WAKKER te wees!). Om "die heupe te omgord" is beslis 'n term gebruik in konteks met "gereed maak" - wanneer jy die waarheid kies is jy soos iemand wat gereed is (is wakker, en sal nie onverwags betrap word nie);  maar as jy wêreldse wysheid en kennis eerder vertrou, is jy soos iemand wat nie gereed is nie. In Jes. 11:5 word geregtigheid daar voorgestel as 'n gordel van sy ("takkie uit die stomp van Isai" / nl. Christus) lendene, en trou die gordel van sy heupe ("gordel" verwys hier na geregtigheid en trou). 

Borswapen van GEREGTIGHEID:

Die woord "geregtigheid" in Ef. 6:14 is die Gr. woord ("dik-ah-yos-oo'-nay"), wat verwys na hoe iemand se karakter en dade in lyn kom met die Here se wil (geregtigheid beskryf basies dat iemand leef en doen soos die Here wil). In 1 Thess. 5:8 word "borswapen" ook gebruik in konteks met "nugter wees" (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid"). Sover is dit duidelik dat die wat die wapenrusting van God aanhet, verwys na mense wat "waak" en "nugter" is! Vgl. dit met Rom 13:12-14 - ("Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In hierdie konteks gaan dit veral daaroor dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees omsy begeerlikhede te bevredig nie (m.a.w., as iemand nie geregtigheid aantrek nie, dan sal hy nie welvoeglik wandel nie, maar toegee aan die begeertes vd vlees).  In 1 Thess. 5:8 word GELOOF en LIEFDE beskryf as die borswapen... (want geregtigheid gaan eintlik hieroor...; m.a.w., dat iemand leef en doen soos die Here wil, bv., vertroue in die Here se wil en raadpleeg Hom, is barmhartig, vergewensgesind, ens).  In heelwat ander skrifte word geregtigheid ook beskryf as iets wat aangetrek word..., bv. in Job 29:14 word geregtigheid beskryf soos 'n kleed;  in Jes. 61:10 word dit beskryf soos 'n mantel.  In Jes. 59:17 word dit ook beskryf soos 'n pantser (Hebr. woord (shir) -yone', -yawn', -yaw', -yo-naw')(borswapen, harnas). 'n Pantser kan jou ook beskerm teen pyle (Jer. 51:3);  in ander woorde, as jy die wil van die Here doen, is jy o.a. beskerm teen die pyle van die bose.

Skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE:

Die evangelie is die goeie boodskap... (Rom 10:15 - "En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!"). Dit wil voorkom of hierdie deel van die wapenrusting verwys na hoe ons bereid moet wees om die goeie boodskap te verkondig (kinders van die koninkryk moet bereid wees om gestuur te word) - 'n evangelie wat nie net vir die kinders van Israel bedoel is nie, maar vir enige iemand! Die begrip "evangelie van vrede" is 'n begrip gebruik in die eerste gemeentes om te verwys na die goeie boodskap wat Jesus Christus gebring het wat o.a. bevestig dat enige iemand van enige nasie, stam, volk of taal gered kan word deur Jesus Christus! (nie net die van Joodse afkoms nie)(Hand. 10:36 - "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal")    (Ef. 2:11-19 - "Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God"). Daar is nie meer Jood of Griek nie... (Gal. 3:28) - in Jesus Christus is Jood en heiden een (natuurlik verwysend na die wat glo in Jesus Christus) - hulle is ALMAL "kinders van Abraham". In ander woorde, as 'n weergeborene bereid is om die evangelie te verkondig, dan kan dit hom kragtig maak in die Here... - dit gaan nie net oor wat die evangelie vir jou beteken nie, maar ook wat dit vir ander kan beteken. Dit is barmhartig om die blye boodskap te verkondig. 

Helm van VERLOSSING:

(Eph 6:17 - "En neem aan die helm (Gr. woord "per-ee-kef-al-ah'-yah" - 'n helmet) van verlossing (Gr. woord "so-tay'-ree-on" - saligheid) en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—". vir 'n studie oor die begrip "saligheid", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html. Redding is "veiligheid", dit is waarna die woord "verlossing" hier veral verwys. Vgl. dit met Jes. 59:17 waarin na verwys word as "die helm van heil (redding, gesondheid, saligheid)" - (Jes. 59:17 - "En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel")(Jes. 61:10).

Die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD:

(Ef. 6:17 - "En neem aan die helm van verlossing en die swaard (Gr. woord "makh'-ahee-rah") van die Gees—dit is die woord van God—").  Die skrif verduidelik vir ons wat bedoel word met "SWAARD VAN DIE GEES", nl. dat dit verwys na die WOORD VAN GOD. Vgl. dit met Heb 4:12 - "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart". Die woord van God verander ons van binne sodat ons begin sien en dink soos die Here. As dit nie gebeur nie, het ons niks om mee te veg nie. In Jes. 49:2 word Israel op 'n interessante manier voorgestel: (Jes. 49:2 - "En Hy het my mond gemaak soos ‘n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ‘n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek")(mond daar die Hebr. woord "peh", wat gaan oor praat, maar o.a. is die woord "twee-snydend" daar in die betekenis vd woord mond) (en "swaard" verwys na 'n wapen, bv. 'n mes, byl, swaard... -Hebr. woord "kheh'-reb"). Vgl. dit met Jes. 11:4, hoe die Here Jesus die aarde sal slaan met die roede van Sy mond..., en kyk Openb. 1:16 waar Hy beskryf word as o.a. 'n skerp tweesnydende swaard wat uit sy mond uitgaan (Openb. 2:12). Om tyd met die woord van God te spandeer is inderdaad baie belangrik vir die wapenrusting.  Oorwinning le in die woord van God, dit is wat ons getuienis moet wees: (Openb. 12:11 - "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie"). 1Jn_2:14 leer dat die wat STERK IS EN DIE WOORD VAN GOD IN HULLE HET, is mense wat die bose oorwin: ("Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het"). Die begrip "oorwin die wêreld" het baie hiermee te doen, is dat ons nie dink en sien soos die wêreld nie, maar dink en sien soos God - die woord van God is hoe die Here sien en dink.  Die woord "wêreld" hier verwys na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is;  hulle het die "gees van dwaling" (1 Joh. 4:6) - hulle bedink die vlees, nie die Gees nie... (sien dus, dat die swaard "van die Gees" verwys na die wat dink soos die Gees). Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense, en die rede waarom geestelike mense anders "dink en sien", is omdat hulle die Heilige Gees het. As jy die bose wil oorwin het jy die woord van God nodig om te veg, nl. die waarheid, die Skrif, die woorde van Jesus Christus, en dus die Heilige Gees nodig, want die Heilige Gees leer en lei ons in die woorde van God (Joh. 14:17,26; 15:26; 1 Kor. 2:12,13; 1 Joh. 2:27) - selfs wanneer ons nie weet wat om te spreek nie, sal Hy vir ons die woorde gee (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig"). Nog 'n woord wat o.a. die "woorde van God" beskryf, is die woord WAARHEID (Mark. 12:14; Luk. 20:21;  Joh. 8:32). Jesus Christus het vir ons die waarheid gebring (Joh. 1:17), en die Heilige Gees word ook o.a. die "Gees van waarheid" genoem... (Joh. 15:26). In ander woorde, om die SWAARD VAN DIE GEES op te neem, beteken dat jy glo in Jesus Christus se woorde (vertrou Sy woorde/gehoorsaam Hom) en gehoorsaam die Heilige Gees (geestelike mense is onder die wet van Jesus Christus/1 Kor. 9:21, en onder die wet van die Gees/Rom. 8:2 - hulle dien vir Jesus Christus, dien die Gees). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom die stryd: 

Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges - Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word, tog is hulle uitgesproke is oor hulle Christelike geloof maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer... WIE IS JOU BRON

Om meer te verstaan van hierdie stryd, moet ons iets weet van hoe die duiwel opereer, bv.:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12)(dit wys darem vir ons wie het eintlik die mag!).

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit;  of kan iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

Die wereld is in die strik van satan, meer presies is natuurlike mense gevang om sy wil te doen (die skrif verwys o.a. hierna as "hulle het 'n gees van dwaling").  Kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID ("gebore in sonde" en omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR DIE DUIWEL HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / hulle het die Heilige Gees). Maar wat gebeur as die geestelike mens terugval? Wat gebeur as hy ander bronne begin raadpleeg, homself of op wereldse wysheid begin staatmaak, ens.? Geestelike mense is nie meer slawe van sonde nie, maar wat gebeur wanneer hy dit weer word? Hierdie is 'n ernstige saak, en hoekom dit so belangrik is dat ons OORWINNING BEHAAL wanneer die duiwel ons probeer vang om sy wil te doen. Die natuurlike mens doen nie die wil van die Here nie maar die wil van die duiwel - is slawe van sonde, maar wat gebeur as geestelike mense wat losgekoop is van hulle slaafskap weer terugval daarin? 

Geestelike mense, nl. die wat vrygekoop is, is nie "kinders vd duiwel" nie (doen en dink nie soos die duiwel nie - is nie onder die gees van dwaling nie) en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie, want hulle het nou 'n nuwe vader (1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). Die geredde (of nuwe mens) dink en sien anders as die wêreld..., en wandel dus anders (want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees). Om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, want ons leef in 'n wêreld waar die bose probeer om ons "heilige klere uit te trek" (probeer om ons te laat teruggaan na die ou mens wat sien en dink en wandel soos die wêreld)(Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander"). Die "aim" is om staande te bly! (vas te hou/om te oorwin)(kyk o.a. die 7 gemeentes in die boek van Openbaring, hoe belangrik dit is "om te oorwin"). In 'n ander konteks word hierdie pad van godsaligheid voorgestel soos 'n wedloop..., waarin die belangrikheid van "geestelike oefening" uitgelig word (1 Kor. 9:24-27) / (1Kor. 9:27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie"). Saligheid is wel verniet, alhoewel jy nou aan 'n ander behoort (Jesus Christus het immers duur betaal vir jou) - die persoon wat verlos is dien die een deur wie hy vrygekoop is, en so "oorwin hy die wereld"... In Luk. 11:21-23 het Jesus 'n interessante stelling gemaak: (Luk 11:21-23 - "Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi"). Dit is belangrik om STERK TE WORD IN DIE HERE, sodat ons nie oorval word nie. En die manier om sterk te word is deur DIE WAPENRUSTING VAN GOD aan te trek - jy kan nie kortpad hier kies nie. Of jou hart is in dit, of nie. (Rom. 12:21 - "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie"). Dit waardeur iemand OORWIN is, daarvan het hy 'n slaaf geword (2 Pet. 2:19). Geestelike mense moet hulleself o.a. sien soos slawe van Jesus Christus en begeer om Sy wil te doen. Dit gaan basies oor wie se wil jy doen, en hierdie is presies die doel van die duiwel, nl. is om mense te probeer van om sy WIL TE DOEN, in plaas van die Here se wil (2Tim. 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Mense wat deur die duiwel gevang is om sy wil te doen, is soos mense wat in 'n strik gevang is. Dit is gevaarlik as kinders van die Here hulle laat vang... (2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste).

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om te sien hoe belangrik dit is om te OORWIN:

1Jn_4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Rev_2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Rev_2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Rev_2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Rev_2:26  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

Rev_3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Rev_3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

Rev_3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Rev_12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Rev_21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Geestelike mense is met Christus beklee (Gal. 3:26-29), maar hulle word ook beveel om hulleself te beklee met die Here Jesus Christus... (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In 'n sekere konteks verwys die woorde "met Christus beklee" na hoe weergeborenes deel is van Jesus Christus se familie (en deel van die wat eendag gaan erf), maar in 'n ander konteks verwys dit na hoe die geredde die "nuwe mens moet aantrek" - dit is iets wat jy moet doen (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/uiteensetting-die-liggaam-klere-en.html)  - en wat dit in hierdie laaste konteks beteken is dat ons (as nuwe mense/eerste konteks) geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens!  Dit is wat gewoonlik bedoel word met die feit dat geestelike mense op 'n pad is van godsaligheid... "Godsaligheid" word o.a. soos OEFENINGE in die Skrif beskryf (in hierdie opsig word geleer dat geestelike oefening selfs belangriker is as liggaamlike oefening!). Net soos wanneer iemand oefen vir 'n wedloop, het soldate ook oefening nodig om hulle gereed te kry vir die geveg, en dit is ook in hierdie konteks waarin ons moet kyk na die geestelike wapenrusting.  In 1 Tim. 4:7 word gereddes bv. beveel om hulle te "oefen in die godsaligheid" (1Ti 4:7 - "Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid") - gereddes moet hulle "oefen" in die nuwe afgesonderde lewe wat hulle nou het. Die geestelike wapenrusting van God gaan oor geloof, geregtigheid, waarheid, bereidheid, verlossing, en die woord... - hierdie is alles deel van die "nuwe lewe".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Poste waarin "geestelike bekleding" o.a. behandel word:

Saterdag 19 Julie 2025

Wat beteken die begrip "wêreld oorwin"?

Wie is dit wat "die wêreld oorwin"?  Wat beteken dit? 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Griekse betekenis van die woorde "wereld oorwin":

Die woord "wêreld" hier is die Griekse woord "kos'-mos" ("adorning/world" - om iets mooi en aantreklik te maak). DIT IS WAT GEWOONLIK GEBEUR HOEKOM MENSE DIE LEUEN GLO, IS DAT IETS VIR HULLE AANTREKLIK VOORGESTEL WORD (wil dit hê, wil dit glo, ens.). Die begrip "wêreld" hier verwys dus na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is... (bv. "wat die vlees bedink"-Rom. 8:7 - "omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie"). Natuurlike mense kan nie dinge op 'n geestelike manier beoordeel nie (1 Kor. 2:12,13)(want hulle het nie die Gees nie) en die waarheid is vir hulle bog... (die wat dink en sien soos die wereld, het 'n wereldse gees / het die gees van dwaling, maar geestelike mense het die Gees van God)(Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1). 

Die woord "oorwin" is die Griekse woord "nik-ah'-o" ("conquer, overcome, prevail, get the victory" - oorwin, oorwinning behaal, oorkom). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na skrifte waar hierdie woorde "wêreld oorwin" gebruik word:

Joh_16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. - Wat het Jesus hier bedoel met "Hy het die wereld oorwin"? Hierdie woorde was gebruik in konteks met "in die wereld sal julle verdrukking he, maar hou goeie moed...". Hoekom kan ons moed he tydens verdrukking? - want Hy het die wereld oorwin... Let wel die konteks vd skrif (v. 25-33) wat gaan oor hulle geloof...;  bv. geloof in die Vader en die feit dat hulle GLO dat Jesus van God uitgegaan het (v.30)... Hierdie konteks kry ons ook in ander skrifte waar gepraat word van "wereld oorwin", en "geloof" self word gesien soos 'n oorwinning.  En wanneer Jesus hier praat van verdrukking, dan verwys Hy duidelik ook na verdrukking waardeur Hy sal gaan (v. 32,33), maar in daardie verdrukking sal Hy nie alleen wees nie want die Vader is met Hom - op ditto wyse is weergeborenes wat deur verdrukking gaan nie alleen nie want die Here is met hulle (v. 31-33).  Daarom kan die geestelike mens vrede he, selfs in verdrukking, want hy het GELOOF! - in daardie opsig oorwin die geestelike mens die wereld deur sy geloof (is met die Here soos die Vader met Jesus Chrsitus is).

2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.  Volgens hierdie vers verwys "wêreld oorwin" na die wat die besmettinge vd wêreld ontvlug het... (hulle word nie daardeur verstik/oorwin nie). In konteks word hier gepraat van valse profete en valse leraars, 'n sekere groep gelowiges wat alreeds die "wereld oorwin" het, maar teruggeval het... (en die laaste sal vir hulle erger wees as die eerste!). Die vorige vers verduidelik dat "waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy 'n slaaf geword". Weergeborenes is losgekoop uit hulle slawerny waaronder alle mense gebore word ("natuurlike mense", gebore in sonde - wat beteken dat hulle die sonde dien) - weergeborenes is vrygekoop van hierdie slaafskap / hulle is vrygekoop deur Jesus Christus (is dus nou slawe van Hom - dien Hom/is aan Hom gehoorsaam - hulle dien nie meer die wereld nie/is nie gehoorsaam aan die sonde nie, maar dien nou die Here/is Hom gehoorsaam).  Maar wat gebeur wanneer iemand vrygekoop word en begin om die Here te dien, maar na tyd terugval in die wereld en weer die sonde begin dien?  Vgl. dit met die derde groep in die gelykenis vd saaier, van gelowiges wat vrug dra maar dit verloor - hulle vrug is deur dorings verstik (hulle het hulle vrug verloor a.g.v. sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, sekere soort begeerlikhede, ens.-Mar 4:19). Hierdie mense verander baiemaal in verleiers (o.a. valse profete en valse leraars na wie verwys word in 2 Pet. 2, mense wat ander verlei om die leuen te glo). As 'n weergeborene vrug begin dra maar dit verloor en onvrugbaar is teen die tyd van oordeel, sal so 'n Christen afgesny word ... (Joh. 15). Sulke mense het die wereld op 'n stadium oorwin, ja, maar a.g.v. ongehoorhaamheid behoort hulle nou weer aan die wereld... (is m.a.w. weer deur die "wereld oorwin", en het dus weer 'n slaaf geword vd verdorwenheid...-v.19). (2Pe 2:21,22 - "Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol").

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. - Wie is dit wat die "wereld oorwin"?  Volgens hierdie skrif verwys dit na "alles wat uit God gebore is", nl. gelowiges ("kinders vd geloof" word gesien soos mense wat "uit God gebore" is - 1Jn 5:1 - "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is"). Hoe het hulle die wereld oorwin? - deur geloof. Die wat weergebore is word gesien as "geestelike mense" - hulle is nou "nuwe mense"/mense wat "uit God gebore" is (Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23). Hulle is kinders van God... Hierdie verwys na die innerlike ("die siel") wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word (word weergebore deur water en Gees). Weergeborenes se uiterlike mens ("die liggaam") sal ook eendag vernuwe word wanneer Jesus terugkom (kyk temas "die opstanding", en "verheerlikte liggaam"). IN HIERDIE KONTEKS VERWYS "wereld oorwin" NA GELOOF (in die waarheid).  DIT GAAN OOR WAARIN/WAT IEMAND GLO...? GLO JY IN DIE WAARHEID WAT VAN DIE VADER AF KOM EN DEUR JESUS CHRISTUS VERKONDIG IS?, OF GLO JY IN WAT DIE WERELD LEER?  

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? - Die kinders vd geloof (die wat glo in Jesus Christus) word gesien as mense wat die "wereld oorwin" het ("en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof" - v.4). Hoekom word die wat in Jesus Christus glo, gesien as mense wat die wereld oorwin het? Hoekom is geloof die oorwinning? In konteks hier verwys dit na mense wat "sy gebooie bewaar" (en sy gebooie is nie vir hulle swaar nie)(1 Joh. 5:3). Hulle glo in Jesus Christus - in wie Hy is, in Sy woorde, wat Hy leer, is Hom gehoorsaam...ens. (1Jn 5:10 - "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" DIE WAT GLO IN JESUS CHRISTUS(v.4,5) en DIE HERE SE GEBOOIE BEWAAR (v.3)- HULLE GLO DAT JESUS DIE SEUN VAN GOD IS EN DAT DIE VADER HOM GESTUUR HET (v.5,10)- HULLE GLO IN JESUS SE WOORDE (dat wat Hy verkondig het die waarheid is, en van God die Vader af kom-v.6-10). Dus, as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar is Hom nie gehoorsaam nie, dan plaas dit 'n vraagteken op sy geloof (want geloof sonder werke is dood). M.a.w., vir wie dien jy regtig? Bv., as 'n geestelike mens weer die sonde begin dien, dan is hy besig om afvallig te word vd geloof... Sulke sonde kan omsit in "sonde tot die dood" as die persoon hom/haar nie daarvan bekeer nie. Al het hy ook vrug gedra, sal daardie dorings die vrug verstik en so iemand kan onvrugbaar word (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier). Op ditto wyse word die wat bely hulle glo in Jesus, maar glo nie in Sy woorde/leringe nie, se geloof bevraagteken (sien volgende punt). En op ditto wyse word die wat bely hulle glo in die Vader maar glo nie in Sy Seun nie, se geloof bevraagteken (want as hulle regtig die Vader ken sal hulle weet dat Jesus die Seun van God is).   

Vgl. dit met 1Jn_4:4 - "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is". - Wat is dit wat weergeborenes alreeds oorwin het? In konteks gaan dit oor hoe ons nie elke gees moet glo nie, maar die geeste op die proef moet stel of hulle uit God is... (daar word gewaarsku teeen valse profete). En die manier hoe hulle op die proef gestel kan word is deur te kyk of hulle die waarheid verkondig... (1 Joh. 4:2,3). Valse profete is "uit die wereld" / "praat uit die wereld" (en die wereld luister na hulle / glo hulle)(1 Joh. 4:5). Jesus Christus het die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid;  m.a.w., die wat Hom in hulle het, ken die waarheid (1 Joh. 4:4) - in daardie opsig is Hy wat in ons is groter as hy wat in die wereld is.  En in daardie opsig het ons "hulle" (die met die gees van dwaling/geeste wat leuens versprei) oorwin (ons glo nie die leuens nie, maar glo wat Jesus en Sy Gees leer)(1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" OM DIE WAARHEID TE KEN. GEESTELIKE MENSE LUISTER NA DIE HERE EN HET DIE GEES VAN WAARHEID (weet m.a.w. "wat is die waarheid") - HULLE KAN ONDERSKEI WIE PRAAT DIE WAARHEID EN WIE NIE... GEESTELIKE MENSE HET DIE GEES VAN WAARHEID, MAAR NATUURLIKE MENSE HET DIE GEES VAN DWALING (hulle "sien" nie dieselfde nie / glo nie dieselfde nie). Daarom, as iemand bely dat hy/sy in Jesus Christus glo maar hy glo nie in Sy woorde nie, dan plaas dit 'n vraagteken op so iemand se geloof (glo hy regtig?), want gelowiges is mense wat glo en die waarheid ken.     

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

Die begrip "wêreld oorwin" is 'n begrip wat gebruik word om te wys wie GLO in die Here en Sy waarheid... (glo in wie Hy is, glo dit wat Hy leer, ens.) - en wie Hom gehoorsaam (bv. "die wat die besmettinge vd wereld ontvlug het"-2 Pet. 2:20).  M.a.w. die wat die wêreld oorwin het, verwys na "gelowiges" - daarom word GELOOF gesien as 'n oorwinning (want jy glo nou anders as die wereld - glo in Jesus Christus, glo dat Hy die Seun van God is, glo in Sy leringe, is Hom gehoorsaam, het die Gees van waarheid...).  Om die Here "met jou te he" is soos 'n oorwinning (selfs al gaan jy deur verdrukking)(Joh. 16:33).  Geloof is m.a.w. die oorwinning! (1 Joh. 5:4). Die wat die wêreld oorwin het, is tipies weergeborenes... (die wat uit God gebore is - gelowiges)(1 Joh. 5:1-4) - hulle het die Gees van waarheid en "sien" dus anders as natuurlike mense ("die wêreld"). 

"Oorwinnaars" in hierdie opsig verwys na mense wat in die waarheid glo asook die wat die Here gehoorsaam (want geloof sonder werke is dood).  In daardie opsig het hulle die wêreld oorwin, want die wat in die "wêreld" glo (m.a.w. dit wat die wêreld verkondig of die wat die wêreld gehoorsaam) word logies nie gesien as mense wat "die wêreld oorwin" het nie, want hulle sien en doen soos die wêreld.  

Die mensdom kan in twee groepe gedeel word, nl. "natuurlike mense" en "geestelike mense" (weergeborenes) - en hierdie twee groepe dink en "sien" verskillend, en dien dus verskillende meesters. Hierdie twee begrippe kan dus ook gebruik word om die verskil uit te beeld tussen wie "die wêreld oorwin het" en wie nie. Bv. natuurlike mense het die "gees van dwaling" (hulle glo in die leuen), maar geestelike mense (weergeborenes) het die "Gees van waarheid" (hulle glo in die waarheid). Daar is nie 'n tussen-in nie - óf jy glo die waarheid (kan geestelike dinge beoordeel), óf jy glo in die leuen (kan nie geestelike dinge beoordeel nie). Dit is logies hoekom natuurlike mense en geestelike mense so verskillend dink en "sien", natuurlike mense kan bv.  nie geestelike dinge beoordeel nie want hulle het nie die Gees van God nie. Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense - geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1); natuurlike mense het nie die Gees van God nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14).  In daardie opsig het geestelike mense "die wereld oorwin" (want hulle dink en sien nie soos die wereld nie). Natuurlike mense bedink dinge op 'n vleeslike manier (verstaan dit nie ditto as hoe geestelike mense dit verstaan nie)(Rom. 8:5).  Vir die natuurlike mens klink die waarheid dwaas - dit is vir hulle bog, maar die geestelike mens weet wat is die waarheid omdat hy die Gees vd waarheid het en glo in Jesus Christus (wie Hy is-weet dat Hy die Seun van God is - glo m.a.w. dat wat Hy verkondig het die waarheid is en van die Vader af kom). 

Dinsdag 12 Augustus 2014

Wat is die Waarheid? (3)

VIR DIE EERSTE TWEE GEDEELTES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
========================================================================
VERDEELDHEID IN DIE KERK:

Toe Paulus die gemeente van Korinte aangepraat het oor die verdeeldheid onder hulle, het hy nie bedoel dat hulle eensgesind moet wees ten spyte van verskillende leerstellings nie, MAAR HULLE AANGESPOOR OM ALMAL DIE WAARHEID TE SOEK, SODAT HULLE EENGESIND KAN WEES.  Die rede hoekom hulle verdeeld was, was nie omdat hulle nie in vrede met mekaar wou lewe nie, MAAR OMDAT HULLE NIE ALMAL DIE WAARHEID GESOEK HET NIE.  Die oplossing vir EENHEID is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek!  Die Here verwag nie van ons om die waarheid op te gee ter wille van eenheid nie! 

Daarom is daar vandag baie verskillende Christelike kerke, en so verdeeldheid tussen gelowiges - die antwoord vir eenheid is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek! Waar iemand die waarheid verdraai om selfsugtige redes, bv. om dit nie te verkondig nie omdat dit gaan wys dat hy self skuldig is, is hy nie besig om die waarheid te soek nie, maar besig om in die pad te staan van die waarheid.  So iemand moet nie dink dat hy gaan vrug (tot heiligmaking) dra as hy nie die waarheid verkondig nie, en hy kan selfs sy vrug verloor, sou hy nie ag gee op die waarheid nie!  Die ware Christen (wat self ook foute maak), gee ag op die pad van godsaligheid, en maak reg wat verkeerd is in sy lewe en verkondig die waarheid (hy bly nie stil oor die waarheid omdat hy hardkoppig is en weier om reg te maak waar hy verkeerd gaan/is nie!).  Die ware Christen gee ag op die Here se woorde en wil:  -(Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder").  Baie "kinders van die koninkryk" (broers en susters) gaan nie ingaan in die koninkryk nie!  Toe Jesus die dissipels uitgestuur het om die waarheid te verkondig, moes hulle, in geval waar iemand die waarheid wegwys, so iemand verlaat en "die stof van hulle voete afstof".  Dit wys daarop dat hulle sonder vrede weggegaan het van daardie persone!  (Luk 10:6 - "En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer").  Hierdie mense was "kinders van die koninkryk", het wetend geraak van die waarheid, maar het dit weggewys. Waar 'n kerk wetend is, of wetend raak van die waarheid, maar steeds nie ag gee daarop nie, kan daardie kerk nie vrede maak met ander wat wel die waarheid verkondig nie. Jy kan 'n man van vrede wees, maar is die ander persoon 'n man van vrede?  Soek hy die waarheid?  Is hy gehoorsaam aan die Here se leringe?  Jesus se leringe het baie verdeeldheid gebring onder die skare (Joh. 9:16, 30-33; 15:24). Sommige mense ontvang die waarheid, ander nie.  Jesus het nie vrede probeer behou met hierdie mense ter wille van eenheid nie!  Nee, Hy het des te meer die waarheid gebring, want dit is die waarheid wat iemand vrymaak.  Ons moenie dink dat die Here tevrede gaan wees dat ons Hom verloen ter wille van sogenaamde vrede en eenheid nie!
=================================================

(Mat 10:34)  "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard".  
========================================================================
VREDE MET ALLE MENSE?

Wat is die konteks van Matt. 10:34? :
(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  
IN HIERDIE GEDEELTE HET JESUS GEPRAAT MET SY DISSIPELS, OOR HOE HULLE VERVOLGING SAL LEI TER WILLE VAN HULLE GELOOF EN DIE WOORD (DIE WAARHEID)-(Mat 10:14) " En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af".  HY MAAK OOK DIE VOLGENDE OPMERKING:
(Mat 10:16)  "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".

Daar is 'n miskonsepsie onder baie gelowiges dat die waarheid en die evangelie, veronderstel is om vrede te bring tussen alle mense, maar alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem, vrede tussen hom en sy Skepper,  is dit soos 'n swaard in die geval waar iemand dit nie aanneem nie! Die Christen word wel beveel om, waar moontlik,  in vrede te leef met alle mense:  (Rom 12:18)  "as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense";  tog weet ons dat dit nie altyd moontlik is nie!  Ook die dissipels van Jesus het nie in vrede kon leef met alle mense nie;  ook Jesus self kon nie "in vrede leef" met alle mense nie - as dit wel die geval was, sou hulle Hom nie doodgemaak het nie! Dit beteken nie dat die Here nie wil he dat daar vrede is tussen mense nie, maar dat vrede slegs kan kom deurdat mense die waarheid ontvang!  Inteendeel, Hy gee die weg om vrede te kry, maar die wat die waarheid wegwys, wys vrede weg. 
Kyk maar die geval van sommige skrifgeleerdes, Fariseers en Sadduseers - DIE WAT NIE DIE WAARHEID WOU AANNEEM NIE - Jesus het hulle nie gepaai en in liefde liewer stilgebly oor die waarheid nie, nee Hy het des te meer die waarheid gebring!  Hy het hulle tereg gewys op verskillende geleenthede, selfs sommige van hulle "akteurs" (geveinsdes) genoem, en Sy dissipels gewaarsku teen hierdie mense.  Ook Sy dissipels was nie afgeskrik deur mense wat die waarheid weggewys het nie, en het hulle tereg gewys en ook die ander gelowiges gewaarsku teen diesulkes. (En l.w. dat al hierdie gevalle spes. was waar mense goed geweet het wat die waarheid is, maar dit nie wou aanneem nie, omrede selfsugtige redes - hulle het dus voorgegee dat hulle die Here in waarheid dien, maar het nie regtig die waarheid liefgehad nie - (dit is anders as iemand wat onwetend is)).   Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie!, maar word eerder bewys deur die waarheid. Deesdae dink baie gelowiges dat liefde beteken dat ons stilbly oor die waarheid en sodoende vrede behou.  Dit is duidelik dat ons nie altyd verstaan wat liefde regtig beteken nie! Niemand kan vrug tot heiligmaking dra as hulle nie eers die waarheid aanneem nie - en om aan iemand die waarheid te bring, is liefde.  Die Christen moet goed doen aan ander, selfs vir hulle vyande liefhe, ja, maar nooit beteken dit dat jy die waarheid in die proses opgee nie!  Jesus en Sy dissipels het vir ons hierdie vb. gestel waar hulle goed was vir ander mense, ook hulle vyande liefgehad het, maar nooit "die waarheid" in die proses opgegee nie.  IN DAARDIE SIN HET JESUS NIE GEKOM OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE, WANT DIE WAARHEID IS SOOS 'N SWAARD.

 (2Ti 2:15)  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
(2Ti 2:16)  Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
(2Ti 2:17)  en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
(2Ti 2:18)  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GELOWIGE DIE WAARHEID VERLOEN TER WILLE VAN SG. "LIEFDE", DAN WYS DIT EINTLIK DAAROP DAT HY EERDER DIE AANNEMING VAN MENSE SOEK AS DIE AANNEMING VAN GOD.  IN SO 'N GEVAL IS HY SKAAM VIR DIE HERE (EN VIR DIE WAARHEID:

(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  

(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
(Gal 1:11)  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
========================================================================
=

Maandag 22 April 2013

Wat glo jy? Die waarheid, of die halwe waarheid?


Wat glo jy?
(die waarheid, of die halwe waarheid?)


 Die waarheid:
(Gal 6:7)  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
(Gal 6:8)  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.


Die halwe waarheid:
Uit genade is iemand gered - Jesus het vir al sy sondes betaal, ook dit wat hy nog gaan doen;  daarom  kan geen sonde wat hy doen nadat hy Jesus as Saligmaker aanvaar het, sy saligheid beinvloed nie - ook nie aanhoudende sondes nie.




========================================================================

ANDER SKRIFGEDEELTES:

(Heb 10:26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.


(Ef. 5:3)  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
(Ef. 5:4)  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
(Ef. 5:5)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
(Ef. 5:6)  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.

(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Kor. 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

========================================================================