Wys tans plasings met die etiket waarheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket waarheid. Wys alle plasings

Saterdag 19 Julie 2025

Wat beteken die begrip "wêreld oorwin"?

Wie is dit wat "die wêreld oorwin"?  Wat beteken dit? 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Griekse betekenis van die woorde "wereld oorwin":

Die woord "wêreld" hier is die Griekse woord "kos'-mos" ("adorning/world" - om iets mooi en aantreklik te maak). DIT IS WAT GEWOONLIK GEBEUR HOEKOM MENSE DIE LEUEN GLO, IS DAT IETS VIR HULLE AANTREKLIK VOORGESTEL WORD (wil dit hê, wil dit glo, ens.). Die begrip "wêreld" hier verwys dus na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is... (bv. "wat die vlees bedink"-Rom. 8:7 - "omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie"). Natuurlike mense kan nie dinge op 'n geestelike manier beoordeel nie (1 Kor. 2:12,13)(want hulle het nie die Gees nie) en die waarheid is vir hulle bog... (die wat dink en sien soos die wereld, het 'n wereldse gees / het die gees van dwaling, maar geestelike mense het die Gees van God)(Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1). 

Die woord "oorwin" is die Griekse woord "nik-ah'-o" ("conquer, overcome, prevail, get the victory" - oorwin, oorwinning behaal, oorkom). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na skrifte waar hierdie woorde "wêreld oorwin" gebruik word:

Joh_16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. - Wat het Jesus hier bedoel met "Hy het die wereld oorwin"? Hierdie woorde was gebruik in konteks met "in die wereld sal julle verdrukking he, maar hou goeie moed...". Hoekom kan ons moed he tydens verdrukking? - want Hy het die wereld oorwin... Let wel die konteks vd skrif (v. 25-33) wat gaan oor hulle geloof...;  bv. geloof in die Vader en die feit dat hulle GLO dat Jesus van God uitgegaan het (v.30)... Hierdie konteks kry ons ook in ander skrifte waar gepraat word van "wereld oorwin", en "geloof" self word gesien soos 'n oorwinning.  En wanneer Jesus hier praat van verdrukking, dan verwys Hy duidelik ook na verdrukking waardeur Hy sal gaan (v. 32,33), maar in daardie verdrukking sal Hy nie alleen wees nie want die Vader is met Hom - op ditto wyse is weergeborenes wat deur verdrukking gaan nie alleen nie want die Here is met hulle (v. 31-33).  Daarom kan die geestelike mens vrede he, selfs in verdrukking, want hy het GELOOF! - in daardie opsig oorwin die geestelike mens die wereld deur sy geloof (is met die Here soos die Vader met Jesus Chrsitus is).

2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.  Volgens hierdie vers verwys "wêreld oorwin" na die wat die besmettinge vd wêreld ontvlug het... (hulle word nie daardeur verstik/oorwin nie). In konteks word hier gepraat van valse profete en valse leraars, 'n sekere groep gelowiges wat alreeds die "wereld oorwin" het, maar teruggeval het... (en die laaste sal vir hulle erger wees as die eerste!). Die vorige vers verduidelik dat "waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy 'n slaaf geword". Weergeborenes is losgekoop uit hulle slawerny waaronder alle mense gebore word ("natuurlike mense", gebore in sonde - wat beteken dat hulle die sonde dien) - weergeborenes is vrygekoop van hierdie slaafskap / hulle is vrygekoop deur Jesus Christus (is dus nou slawe van Hom - dien Hom/is aan Hom gehoorsaam - hulle dien nie meer die wereld nie/is nie gehoorsaam aan die sonde nie, maar dien nou die Here/is Hom gehoorsaam).  Maar wat gebeur wanneer iemand vrygekoop word en begin om die Here te dien, maar na tyd terugval in die wereld en weer die sonde begin dien?  Vgl. dit met die derde groep in die gelykenis vd saaier, van gelowiges wat vrug dra maar dit verloor - hulle vrug is deur dorings verstik (hulle het hulle vrug verloor a.g.v. sorge vd wereld, verleiding vd rykdom, sekere soort begeerlikhede, ens.-Mar 4:19). Hierdie mense verander baiemaal in verleiers (o.a. valse profete en valse leraars na wie verwys word in 2 Pet. 2, mense wat ander verlei om die leuen te glo). As 'n weergeborene vrug begin dra maar dit verloor en onvrugbaar is teen die tyd van oordeel, sal so 'n Christen afgesny word ... (Joh. 15). Sulke mense het die wereld op 'n stadium oorwin, ja, maar a.g.v. ongehoorhaamheid behoort hulle nou weer aan die wereld... (is m.a.w. weer deur die "wereld oorwin", en het dus weer 'n slaaf geword vd verdorwenheid...-v.19). (2Pe 2:21,22 - "Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol").

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. - Wie is dit wat die "wereld oorwin"?  Volgens hierdie skrif verwys dit na "alles wat uit God gebore is", nl. gelowiges ("kinders vd geloof" word gesien soos mense wat "uit God gebore" is - 1Jn 5:1 - "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is"). Hoe het hulle die wereld oorwin? - deur geloof. Die wat weergebore is word gesien as "geestelike mense" - hulle is nou "nuwe mense"/mense wat "uit God gebore" is (Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23). Hulle is kinders van God... Hierdie verwys na die innerlike ("die siel") wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word (word weergebore deur water en Gees). Weergeborenes se uiterlike mens ("die liggaam") sal ook eendag vernuwe word wanneer Jesus terugkom (kyk temas "die opstanding", en "verheerlikte liggaam"). IN HIERDIE KONTEKS VERWYS "wereld oorwin" NA GELOOF (in die waarheid).  DIT GAAN OOR WAARIN/WAT IEMAND GLO...? GLO JY IN DIE WAARHEID WAT VAN DIE VADER AF KOM EN DEUR JESUS CHRISTUS VERKONDIG IS?, OF GLO JY IN WAT DIE WERELD LEER?  

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? - Die kinders vd geloof (die wat glo in Jesus Christus) word gesien as mense wat die "wereld oorwin" het ("en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof" - v.4). Hoekom word die wat in Jesus Christus glo, gesien as mense wat die wereld oorwin het? Hoekom is geloof die oorwinning? In konteks hier verwys dit na mense wat "sy gebooie bewaar" (en sy gebooie is nie vir hulle swaar nie)(1 Joh. 5:3). Hulle glo in Jesus Christus - in wie Hy is, in Sy woorde, wat Hy leer, is Hom gehoorsaam...ens. (1Jn 5:10 - "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" DIE WAT GLO IN JESUS CHRISTUS(v.4,5) en DIE HERE SE GEBOOIE BEWAAR (v.3)- HULLE GLO DAT JESUS DIE SEUN VAN GOD IS EN DAT DIE VADER HOM GESTUUR HET (v.5,10)- HULLE GLO IN JESUS SE WOORDE (dat wat Hy verkondig het die waarheid is, en van God die Vader af kom-v.6-10). Dus, as iemand bely hy glo in Jesus Christus maar is Hom nie gehoorsaam nie, dan plaas dit 'n vraagteken op sy geloof (want geloof sonder werke is dood). M.a.w., vir wie dien jy regtig? Bv., as 'n geestelike mens weer die sonde begin dien, dan is hy besig om afvallig te word vd geloof... Sulke sonde kan omsit in "sonde tot die dood" as die persoon hom/haar nie daarvan bekeer nie. Al het hy ook vrug gedra, sal daardie dorings die vrug verstik en so iemand kan onvrugbaar word (kyk derde groep in die gelykenis vd saaier). Op ditto wyse word die wat bely hulle glo in Jesus, maar glo nie in Sy woorde/leringe nie, se geloof bevraagteken (sien volgende punt). En op ditto wyse word die wat bely hulle glo in die Vader maar glo nie in Sy Seun nie, se geloof bevraagteken (want as hulle regtig die Vader ken sal hulle weet dat Jesus die Seun van God is).   

Vgl. dit met 1Jn_4:4 - "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is". - Wat is dit wat weergeborenes alreeds oorwin het? In konteks gaan dit oor hoe ons nie elke gees moet glo nie, maar die geeste op die proef moet stel of hulle uit God is... (daar word gewaarsku teeen valse profete). En die manier hoe hulle op die proef gestel kan word is deur te kyk of hulle die waarheid verkondig... (1 Joh. 4:2,3). Valse profete is "uit die wereld" / "praat uit die wereld" (en die wereld luister na hulle / glo hulle)(1 Joh. 4:5). Jesus Christus het die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid;  m.a.w., die wat Hom in hulle het, ken die waarheid (1 Joh. 4:4) - in daardie opsig is Hy wat in ons is groter as hy wat in die wereld is.  En in daardie opsig het ons "hulle" (die met die gees van dwaling/geeste wat leuens versprei) oorwin (ons glo nie die leuens nie, maar glo wat Jesus en Sy Gees leer)(1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling"). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "wereld oorwin" OM DIE WAARHEID TE KEN. GEESTELIKE MENSE LUISTER NA DIE HERE EN HET DIE GEES VAN WAARHEID (weet m.a.w. "wat is die waarheid") - HULLE KAN ONDERSKEI WIE PRAAT DIE WAARHEID EN WIE NIE... GEESTELIKE MENSE HET DIE GEES VAN WAARHEID, MAAR NATUURLIKE MENSE HET DIE GEES VAN DWALING (hulle "sien" nie dieselfde nie / glo nie dieselfde nie). Daarom, as iemand bely dat hy/sy in Jesus Christus glo maar hy glo nie in Sy woorde nie, dan plaas dit 'n vraagteken op so iemand se geloof (glo hy regtig?), want gelowiges is mense wat glo en die waarheid ken.     

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

Die begrip "wêreld oorwin" is 'n begrip wat gebruik word om te wys wie GLO in die Here en Sy waarheid... (glo in wie Hy is, glo dit wat Hy leer, ens.) - en wie Hom gehoorsaam (bv. "die wat die besmettinge vd wereld ontvlug het"-2 Pet. 2:20).  M.a.w. die wat die wêreld oorwin het, verwys na "gelowiges" - daarom word GELOOF gesien as 'n oorwinning (want jy glo nou anders as die wereld - glo in Jesus Christus, glo dat Hy die Seun van God is, glo in Sy leringe, is Hom gehoorsaam, het die Gees van waarheid...).  Om die Here "met jou te he" is soos 'n oorwinning (selfs al gaan jy deur verdrukking)(Joh. 16:33).  Geloof is m.a.w. die oorwinning! (1 Joh. 5:4). Die wat die wêreld oorwin het, is tipies weergeborenes... (die wat uit God gebore is - gelowiges)(1 Joh. 5:1-4) - hulle het die Gees van waarheid en "sien" dus anders as natuurlike mense ("die wêreld"). 

"Oorwinnaars" in hierdie opsig verwys na mense wat in die waarheid glo asook die wat die Here gehoorsaam (want geloof sonder werke is dood).  In daardie opsig het hulle die wêreld oorwin, want die wat in die "wêreld" glo (m.a.w. dit wat die wêreld verkondig of die wat die wêreld gehoorsaam) word logies nie gesien as mense wat "die wêreld oorwin" het nie, want hulle sien en doen soos die wêreld.  

Die mensdom kan in twee groepe gedeel word, nl. "natuurlike mense" en "geestelike mense" (weergeborenes) - en hierdie twee groepe dink en "sien" verskillend, en dien dus verskillende meesters. Hierdie twee begrippe kan dus ook gebruik word om die verskil uit te beeld tussen wie "die wêreld oorwin het" en wie nie. Bv. natuurlike mense het die "gees van dwaling" (hulle glo in die leuen), maar geestelike mense (weergeborenes) het die "Gees van waarheid" (hulle glo in die waarheid). Daar is nie 'n tussen-in nie - óf jy glo die waarheid (kan geestelike dinge beoordeel), óf jy glo in die leuen (kan nie geestelike dinge beoordeel nie). Dit is logies hoekom natuurlike mense en geestelike mense so verskillend dink en "sien", natuurlike mense kan bv.  nie geestelike dinge beoordeel nie want hulle het nie die Gees van God nie. Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense - geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1); natuurlike mense het nie die Gees van God nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14).  In daardie opsig het geestelike mense "die wereld oorwin" (want hulle dink en sien nie soos die wereld nie). Natuurlike mense bedink dinge op 'n vleeslike manier (verstaan dit nie ditto as hoe geestelike mense dit verstaan nie)(Rom. 8:5).  Vir die natuurlike mens klink die waarheid dwaas - dit is vir hulle bog, maar die geestelike mens weet wat is die waarheid omdat hy die Gees vd waarheid het en glo in Jesus Christus (wie Hy is-weet dat Hy die Seun van God is - glo m.a.w. dat wat Hy verkondig het die waarheid is en van die Vader af kom). 

Dinsdag 12 Augustus 2014

Wat is die Waarheid? (3)

VIR DIE EERSTE TWEE GEDEELTES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
========================================================================
VERDEELDHEID IN DIE KERK:

Toe Paulus die gemeente van Korinte aangepraat het oor die verdeeldheid onder hulle, het hy nie bedoel dat hulle eensgesind moet wees ten spyte van verskillende leerstellings nie, MAAR HULLE AANGESPOOR OM ALMAL DIE WAARHEID TE SOEK, SODAT HULLE EENGESIND KAN WEES.  Die rede hoekom hulle verdeeld was, was nie omdat hulle nie in vrede met mekaar wou lewe nie, MAAR OMDAT HULLE NIE ALMAL DIE WAARHEID GESOEK HET NIE.  Die oplossing vir EENHEID is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek!  Die Here verwag nie van ons om die waarheid op te gee ter wille van eenheid nie! 

Daarom is daar vandag baie verskillende Christelike kerke, en so verdeeldheid tussen gelowiges - die antwoord vir eenheid is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek! Waar iemand die waarheid verdraai om selfsugtige redes, bv. om dit nie te verkondig nie omdat dit gaan wys dat hy self skuldig is, is hy nie besig om die waarheid te soek nie, maar besig om in die pad te staan van die waarheid.  So iemand moet nie dink dat hy gaan vrug (tot heiligmaking) dra as hy nie die waarheid verkondig nie, en hy kan selfs sy vrug verloor, sou hy nie ag gee op die waarheid nie!  Die ware Christen (wat self ook foute maak), gee ag op die pad van godsaligheid, en maak reg wat verkeerd is in sy lewe en verkondig die waarheid (hy bly nie stil oor die waarheid omdat hy hardkoppig is en weier om reg te maak waar hy verkeerd gaan/is nie!).  Die ware Christen gee ag op die Here se woorde en wil:  -(Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder").  Baie "kinders van die koninkryk" (broers en susters) gaan nie ingaan in die koninkryk nie!  Toe Jesus die dissipels uitgestuur het om die waarheid te verkondig, moes hulle, in geval waar iemand die waarheid wegwys, so iemand verlaat en "die stof van hulle voete afstof".  Dit wys daarop dat hulle sonder vrede weggegaan het van daardie persone!  (Luk 10:6 - "En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer").  Hierdie mense was "kinders van die koninkryk", het wetend geraak van die waarheid, maar het dit weggewys. Waar 'n kerk wetend is, of wetend raak van die waarheid, maar steeds nie ag gee daarop nie, kan daardie kerk nie vrede maak met ander wat wel die waarheid verkondig nie. Jy kan 'n man van vrede wees, maar is die ander persoon 'n man van vrede?  Soek hy die waarheid?  Is hy gehoorsaam aan die Here se leringe?  Jesus se leringe het baie verdeeldheid gebring onder die skare (Joh. 9:16, 30-33; 15:24). Sommige mense ontvang die waarheid, ander nie.  Jesus het nie vrede probeer behou met hierdie mense ter wille van eenheid nie!  Nee, Hy het des te meer die waarheid gebring, want dit is die waarheid wat iemand vrymaak.  Ons moenie dink dat die Here tevrede gaan wees dat ons Hom verloen ter wille van sogenaamde vrede en eenheid nie!
=================================================

(Mat 10:34)  "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard".  
========================================================================
VREDE MET ALLE MENSE?

Wat is die konteks van Matt. 10:34? :
(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  
IN HIERDIE GEDEELTE HET JESUS GEPRAAT MET SY DISSIPELS, OOR HOE HULLE VERVOLGING SAL LEI TER WILLE VAN HULLE GELOOF EN DIE WOORD (DIE WAARHEID)-(Mat 10:14) " En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af".  HY MAAK OOK DIE VOLGENDE OPMERKING:
(Mat 10:16)  "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".

Daar is 'n miskonsepsie onder baie gelowiges dat die waarheid en die evangelie, veronderstel is om vrede te bring tussen alle mense, maar alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem, vrede tussen hom en sy Skepper,  is dit soos 'n swaard in die geval waar iemand dit nie aanneem nie! Die Christen word wel beveel om, waar moontlik,  in vrede te leef met alle mense:  (Rom 12:18)  "as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense";  tog weet ons dat dit nie altyd moontlik is nie!  Ook die dissipels van Jesus het nie in vrede kon leef met alle mense nie;  ook Jesus self kon nie "in vrede leef" met alle mense nie - as dit wel die geval was, sou hulle Hom nie doodgemaak het nie! Dit beteken nie dat die Here nie wil he dat daar vrede is tussen mense nie, maar dat vrede slegs kan kom deurdat mense die waarheid ontvang!  Inteendeel, Hy gee die weg om vrede te kry, maar die wat die waarheid wegwys, wys vrede weg. 
Kyk maar die geval van sommige skrifgeleerdes, Fariseers en Sadduseers - DIE WAT NIE DIE WAARHEID WOU AANNEEM NIE - Jesus het hulle nie gepaai en in liefde liewer stilgebly oor die waarheid nie, nee Hy het des te meer die waarheid gebring!  Hy het hulle tereg gewys op verskillende geleenthede, selfs sommige van hulle "akteurs" (geveinsdes) genoem, en Sy dissipels gewaarsku teen hierdie mense.  Ook Sy dissipels was nie afgeskrik deur mense wat die waarheid weggewys het nie, en het hulle tereg gewys en ook die ander gelowiges gewaarsku teen diesulkes. (En l.w. dat al hierdie gevalle spes. was waar mense goed geweet het wat die waarheid is, maar dit nie wou aanneem nie, omrede selfsugtige redes - hulle het dus voorgegee dat hulle die Here in waarheid dien, maar het nie regtig die waarheid liefgehad nie - (dit is anders as iemand wat onwetend is)).   Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie!, maar word eerder bewys deur die waarheid. Deesdae dink baie gelowiges dat liefde beteken dat ons stilbly oor die waarheid en sodoende vrede behou.  Dit is duidelik dat ons nie altyd verstaan wat liefde regtig beteken nie! Niemand kan vrug tot heiligmaking dra as hulle nie eers die waarheid aanneem nie - en om aan iemand die waarheid te bring, is liefde.  Die Christen moet goed doen aan ander, selfs vir hulle vyande liefhe, ja, maar nooit beteken dit dat jy die waarheid in die proses opgee nie!  Jesus en Sy dissipels het vir ons hierdie vb. gestel waar hulle goed was vir ander mense, ook hulle vyande liefgehad het, maar nooit "die waarheid" in die proses opgegee nie.  IN DAARDIE SIN HET JESUS NIE GEKOM OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE, WANT DIE WAARHEID IS SOOS 'N SWAARD.

 (2Ti 2:15)  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
(2Ti 2:16)  Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
(2Ti 2:17)  en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
(2Ti 2:18)  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GELOWIGE DIE WAARHEID VERLOEN TER WILLE VAN SG. "LIEFDE", DAN WYS DIT EINTLIK DAAROP DAT HY EERDER DIE AANNEMING VAN MENSE SOEK AS DIE AANNEMING VAN GOD.  IN SO 'N GEVAL IS HY SKAAM VIR DIE HERE (EN VIR DIE WAARHEID:

(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  

(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
(Gal 1:11)  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
========================================================================
=

Maandag 22 April 2013

Wat glo jy? Die waarheid, of die halwe waarheid?


Wat glo jy?
(die waarheid, of die halwe waarheid?)


 Die waarheid:
(Gal 6:7)  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
(Gal 6:8)  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.


Die halwe waarheid:
Uit genade is iemand gered - Jesus het vir al sy sondes betaal, ook dit wat hy nog gaan doen;  daarom  kan geen sonde wat hy doen nadat hy Jesus as Saligmaker aanvaar het, sy saligheid beinvloed nie - ook nie aanhoudende sondes nie.




========================================================================

ANDER SKRIFGEDEELTES:

(Heb 10:26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.


(Ef. 5:3)  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
(Ef. 5:4)  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
(Ef. 5:5)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
(Ef. 5:6)  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.

(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Kor. 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

========================================================================