Dinsdag 02 Januarie 2024

Uiteensetting: Die Liggaam (Voedsel en Water / Vas)

Onder die studie van "DIE LIGGAAM" (vd mens)(waar ons gekyk het na verskillende begrippe wat onder die tema van "liggaam" behandel kan word), was die vierde punt "VOEDSEL (en water)(en vas)".  In hierdie pos kyk ons bietjie meer in diepte na hierdie begrip.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VOEDSEL (en water):

Die liggaam kan nie sonder voedsel (en water) lewe nie. Maar dit is nie net die UITERLIKE MENS (liggaam letterlik) wat voedsel en water nodig het nie, maar ook die INNERLIKE MENS (liggaam figuurlik)
(https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html)
(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html).


God het alles geskep, en hy voorsien voedsel aan alle vlees (Psa 136:25)(1 Tim. 6:8);  en Hy besluit wat vir ons as voedsel dien en wat nie (Gen. 1:29,30). Van die begin was die mens bv. verbied om bloed te eet, en in die N.T. word dit steeds verbied...  Sommige geleerdes verdeel die tyd of eeue vd begin vd skepping af tot nou, in verskillende "bedelings". In elkeen van hierdie "bedelings" het God bekend gemaak wat Hy vir ons "heilig" (afsonder) as VOEDSEL, en wat nie. Dit wil voorkom of die eerste mense op aarde geen vleis geeet het nie (?) - dit was nie vir hulle geheilig/afgesonder nie (Gen. 1:29; 9:3)(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html), maar vanaf Gen. 9 is hulle toegelaat om vleis te eet (is toe geheilig, alhoewel net sekere diere toe geheilig is of afgesonder om van te kan eet. Hier kan ons sien dat "wat God rein maak" mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 10:15; 11:9). Dit is bv. verkeerd om Christene in die N.T. onder dieselfde koswete te plaas ouer testament, bv. om mense te verbied om vleis te eet... Wat God rein verklaar, mag ons nie onheilig ag nie (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/onderskei-tussen-wat-is-heilig-en-wat.html). In die N.T. het ons ook reëls van wat ons mag eet en wat nie, bv. ons mag nie bloed eet nie (bloed is dus nie vir ons geheilig nie); en moet bv. kos wat tot aanstoot is tot 'n ander broeder, vermy; ens. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die gees vd mens (innerlike mens) het geestelike kos en water nodig:

Wat geestelike voedsel en water aanbetref, is ook nie alles vir die mens geheilig (afgesonder) nie! 

Die liggaam (die uiterlike mens) kan nie lewe sonder voedsel en water nie, net so kan die innerlike mens ook nie lewe sonder (geestelike) voedsel water nie...  En net soos nie alles vir die liggaam geheilig is nie, net so is ook nie alle geestelike voedsel en water vir die innerlike mens geheilig nie. Kinders vd Koninkryk word bv. verbied om water te drink by afgode en voedsel te eet van heidense bronne verkry, want net soos onrein voedsel die liggaam kan "besoedel", net so kan verkeerde geestelike voedsel en water die mens van binne besoedel. Ons moet dus verstaan dat ons innerlike mens ook voedsel en water nodig het, maar die regte soort!  Wanneer ons praat van voedsel vir die INNERLIKE MENS, dan is nie alle soorte "voedsel" goed nie (want nie alle voedsel is vir die geestelike mens geheilig nie - net soos in die geval vd uiterlike mens). Figuurlik is ook net sekere soorte voedsel rein vir die Christen -  bv. kinders vd Here moet in Hom bly en Sy woorde soek en ken, en Hom raadpleeg - ons moenie ander gode raadpleeg of heidense geloofspraktyke navolg en so die verkeerde water drink nie; of vals en verdraaide leerstellings "eet" nie, want dit kan ons onrein maak (en l.w. dat daar geskryf is aan Christene dat onreines nie sal ingaan in die koninkryk van God nie! - Ef. 5:5) - bestudeer gerus die tema "gruwels" om hierdie beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html), asook die tema van "raadpleeg" - die Here moet ons bron wees (https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html). Maak seker dat as jy onrein geword het deur verkeerde geestelike voedsel en water, jy dit bely voor die Here en aflê, sodat jy rein kan word. Daar word vele dinge in die Skrif genoem wat mens onrein maak, veral sondes wat bloedskuld veroorsaak (https://warechristene.blogspot.com/2016/09/verontreinig-ontheilig.html). Bv., sekere soort "gemeenskap" is geoorloof (bv. gemeenskap tussen gelowiges, aan die evangelie, vd Heilige Gees, ens.);  maar sekere soorte gemeenskap is ons nie geoorloof nie (bv. vleeslike gemeenskap word nie in alle gevalle toegelaat nie) - bv. bloedskande, owerspel, hoereerdery, ens. maak mens onrein. "Eie wil" kan gesien word soos verkeerde kos en water, en het beslis 'n invloed op die mens se innerlike.

Dit is dus belangrik dat ons nie net aandag gee aan ons uiterlike (wat ons mag eet en drink en wat nie), maar ook aan ons innerlike - ons innerlike het die regte soort kos en water nodig. Geestelike voedsel verwys o.a. na die woorde van God, en gaan oor om Sy wil te doen en om die werke te doen soos wat Hy aan elkeen toebedeel (Joh. 4:32-34)(https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html). Dit verwys na die Here se woord/waarheid/wil, en is belangrik vir kinders vd Here, wat hierdie kos "op tyd nodig het"... (Matt. 24:45). "Die arbeider is ook sy voedsel werd" (Mat 10:10; 24:45) - dus, om Sy wil te doen, en die werk wat Hy aan iemand toevertrou, het tot gevolg dat so iemand "sy voedsel werd is" - dit is m.a.w. vir hom "soos voedsel". Die mens doen letterlik werk om sy voedsel te verdien - figuurlik gesproke is dit ook waar. Die eiewys Christen wat sy eie wil doen, of staatmaak op vleeslike wysheid, is nie besig om te arbei vir die Here (deur Sy wil te doen en soek) nie - en is dus nie sy voedsel werd nie. As 'n kind vd Koninkryk nalaat om die Here te raadpleeg of die werk te doen wat die Here vir hom gee, sal hy vind dat sy innerlike "honger ly". Die persoon sonder water (geestelik bedoel/innerlike) word in die Skrif o.a. voorgestel soos 'n dor land... As die mens (wat terloops met grond voorgestel kan word) (innerlik sowel uiterlik) nie "water" kry nie, sal hy sterf (https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html). Geestelik verwys water na die woorde van God, na Jesus Christus, en die Gees van God - in die Skrif word die Here o.a. soos "'n fontein van water". Sonder die Here en Sy woorde, en sonder Jesus Christus, kan niemand lewe nie!

Kos en water is ook nodig vir GROEI.  Sonder kos en water kan 'n plant nie groei nie en dus nie VRUG dra nie... Wat die gees vd mens aanbetref (wat baiemaal soos saad of 'n plant voorgestel word), het die mens se gees die regte soort voedsel en water nodig om te kan groei en vrug dra (en l.w. dat kinders vd Koninkryk wat geen vrug dra wanneer Jesus terugkom nie, sal uitgewerp word - Joh. 15:4 - vgl. dit ook met die gelykenis vd saaier, en sien ook die dinge wat veroorsaak dat iemand vrug verloor, 3de groep in die gelykenis vd saaier). Sien hier die belangrikheid van om in die Here te bly, want sonder Hom kan ons nie vrug dra nie... - ons moet dus die kos en water wat ons nodig het om te kan lewe, by Hom kry (want sonder hierdie "kos en water" sal ons doodgaan)(Joh. 15:4-6). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die belangrikheid van vas:
Alhoewel iemand nie eet wanneer hy vas nie, gaan opregte vas nie oor "honger ly" nie, maar is eerder soos om gevoed te word! (https://warechristene.blogspot.com/2016/01/om-te-vas.html);  meer presies, die innerlike word gevoed - dit is 'n manier om jouself te dwing om vir jou innerlike kos te gee. Vas is 'n manier "van brood eet" maar om die innerlike te voed, nie die uiterlike nie.  Die persoon wat vas doen dit nie asof hy 'n wet nakom nie, maar het 'n begeerte na die Here en na Sy wil - dit is 'n manier waarop iemand juis ag gee op GEESTELIKE VOEDSEL (nie letterlike voedsel nie) - 'n manier waarop hy sy INNERLIKE voed! - die Here se woorde is bv. figuurlik soos BROOD vir ons (Matt. 4:4).  Elke geestelike mens (die Christen) moet besef hoe belangrik "vas" is vir sy innerlike mens... 

Wanneer iemand egter vas met verkeerde bedoelings (bv. "om deur ander gesien te word" of bloot om 'n wet na te kom), dan beteken so 'n vas niks nie. Ons moet om die regte redes vas, bv. omdat ons verlang na die Bruidegom Jesus Christus, omdat ons wysheid en kennis nodig het, Sy wil soek, Hom raadpleeg ens. Vas is ook van geen waarde wanneer iemand kom om die Here te raadpleeg maar nie gehoorsaam is aan Hom of Sy wil doen nie (bv. waar iemand sowel afgode asook die Here dien). Die geestelike mens kan nie deur "vas" GEVOED word as hy die verkeerde kos inneem nie. As jy jou innerlike wil voed met voedsel vd Here (m.a.w., wanneer jy kom "om te vas"), is die bedoeling wel "om honger te ly" in jou liggaam (jou uiterlike mens), maar jou innerlike word dan gevoed - opregte geestelike vas gaan dus oor "om gevoed te word deur die Here", en dit is dus belangrik dat die persoon wat op 'n geestelike vas is tyd met die Here spandeer en sy gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus (drink water by Hom). As hierdie die rede is vir vas, dan sal so iemand se binneste die voedsel en water kry wat hy nodig het. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: