Dinsdag 26 Junie 2018

WATER vir LEWE

In hierdie pos kyk ons na  "waarna WATER verwys in beeldspraak".
Gelowiges word soos saad in die wêreld gesaai of geplant...(Matt. 12:33; Luk. 3:9;1 Kor. 3:6-8...), en word o.a. voorgestel soos bome in Luk. 3:9, en soos "takke" of "lote" in Rom. 11 en Joh. 15:5 (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html). Net soos saad geplant en natgemaak word, en God dit laat groei, net so het gelowiges WATER nodig om te kan groei en vrug dra , maar ook water nodig om aan die lewe te bly!  In hierdie pos sal ons sien dat "water" verwys na die woord vd Here en na die Heilige Gees (waardeur ons groei en vrug dra, en waarin en deur Wie ons LEWE)(Joh. 6:63,68).

Ons gaan die volgende vrae beantwoord:
-  WAT is / waarna verwys die water?
-  WAAR kry ons hierdie water?
-  HOE kry ons hierdie water?
________________________________________________________________________________
INLEIDING:
Die belangrikheid van water is regdeur die Bybel bv., in die skepping het water 'n belangrike rol gespeel (2 Pet. 3:5) - maar natuurlik nie sonder die woord van God nie (wat ook vgl. moet word met "water"). Op verskeie geleenthede is water gebruik as die middel waardeur genesing tot stand gebring is (Joh. 5:3-7; 2 Kon. 5:10).  "LEWE" word ook baiemaal voorgestel soos water (omdat water nodig is om aan die lewe te bly)(bv. Openb. 22:1).  Selfs in die Christelike doop is water o.a. 'n teken van "lewe", in die sin van "afwassing van die oue en opstaan in 'n nuwe lewe" (Hebr. 10:22; Hand. 10:47...)(maar wys ook op die belofte van opstanding tot ewige lewe). (1 Joh. 5:8 - "en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die WATER en die bloed, en die drie is eenstemmig").  Water (as letterlike teken) is een van die elemente nodig vir wedergeboorte - die ander element is die Gees (en verwys figuurlik ook na "water"!)(Joh. 3:5): - "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit WATER en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie"

In hierdie pos sal ons sien hoe belangrik WAARHEID is, 
en kan opsom dat WATER in beeldspraak verwys na:
DIE WOORDE VD HERE, en Jesus Christus is DIE WOORD;
- die GEES VAN GOD 
- die HERE is soos 'N FONTEIN VAN WATER.

Wanneer die Here Hom van iemand afskei, dan word daardie mens soos 'n dor land (Hos. 2:1-3; Jer. 51:43; Ps. 68:6...). Die natuurlike mens kan ook miskien voorgestel word soos 'n dor land SONDER WATER, want hy het geen belofte van LEWE nie omdat hy "geen water het nie"....Natuurlik verwys hierdie na die INNERLIKE MENS, nie die uiterlike nie.  In Amos 8:11-13 word die wat geestelik "hoereer" (verwysend na die wat eintlik deel is van God se volk, maar wat in sonde stap of afvallig word) ook voorgestel soos 'n "dor land", en al sou diesulkes dors na die woorde vd Here, sal hulle dors nie geles word nie omdat hulle (ook) dors na verkeerde dinge (bv. afgodsaanbidding en heidense praktyke)(Jes. 65:13). Dawid het ook 'n soortgelyke beedpraak gebruik in Ps. 63:1 waar dit lyk of hy die land rondom hom voorstel soos 'n "dor en uitgedroogde land SONDER WATER"... Maar die siel wat dors na die Here (soos Dawid), sal versadig word!, en kan voorgestel word "soos 'n tuin wat goed besproei is, en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie" (Jes. 58:11). Die geestelike mens het die belofte van LEWE, want hy het "die water" (woord / Gees) wat hom aan die lewe hou.

Alhoewel elkeen van ons figuurlik voorgestel word soos saad, plant, boom, lote...ens., word die mens somtyds ook as "grond" voorgestel (soos in die gelykenis vd saaier)(https://warechristene.blogspot.com/2014/06/wat-is-die-waarheid-2.html);
(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html);  sekerlik omdat die LIGGAAM uit grond gemaak is, maar siende ons eintlik hier vd INNERLIKE MENS praat (nie die uiterlike nie), kan ons ook innerlik die liggaam voorstel met grond (en innerlik, die siel, met plant of boom...)(en innerlik, die gees vd mens, met lig). Wanneer water op grond val, dan het dit tot gevolg dat die saad uitspruit.  Lig is weer belangrik vir groei. Op dieselfde wyse kan die geestelike mens voorgestel word soos grond (liggaam), waarop water val en die SAAD (siel) spruit uit ("een plant"-1 Kor. 3:7,8), en met WATER (woorde vd Here -"een maak nat"-1 Kor. 3:7,8)(die Heilige Gees) en LIG (gees), sal dit GROEI (God laat groei-1 Kor. 3:7,8).  Die manier hoe elkeen van ons "op ons grond bou", is belangrik!, want dit sal bepaal wat se soort VRUG iemand op die ou end dra.  Die wat HOOR en REG BOU, gee ag op die WAARHEID (hulle "dors na die water vd woord en die Gees");   bv., wanneer ons die woord van God (die waarheid) op ons grond bou, dan bring dit lewe voort (verwys na die wat "hoor"), maar as ons verkeerd bou (bv. valse leerstellings), kan dit die dood voortbring...  Ander vb.e van "bou" sluit onderwerpe in soos :  - pasop hoe julle "hoor"  ;  wat dit beteken om "gereed te wees" (bv., word ryk in die Here; verloor lewe i.p.v. om dit te probeer wen; ken die wil vd Here en doen dit); ens.

"Ander woorde" vergaan, maar die woord vd Here bly tot in ewigheid! (1Pe 1:24,25). Die mens het die woorde van God nodig om te kan lewe.  Alhoewel DIE HEILIGE GEES ook soos lig is vir die gees vd geestelike mens, is Hy ook soos water omdat Hy die "Gees van WAARHEID" is en vir ons lei en leer in die woorde vd Here, en word verder vgl. met "lewende water" omdat die Gees soos 'n fontein is wat opspring tot in die ewige lewe! (Openb. 21:6).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAARNA verwys "WATER" (in beeldspraak)?

-(1)  WATER verwys na die WOORDE VD HERE:
(Amo 8:11)  Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.  IN HIERDIE VERS SIEN ONS HOE BROOD EN WATER IN BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD VIR "die woorde vd Here".  In 1 Pet. 1:23 verwys "saad" ook na die Woord van God. God is die Een wat laat groei, en Hy gebruik Sy diensknegte om die PLANTwerk te doen, en om "NAT te MAAK" (woord saai / water gee). Sy woorde is vir ons soos waterSonder die woorde vd Here kan ons nie groei nie.

Water verwys dus na "woorde".  In sommige skrifte word die woorde wat uit iemand se mond kom, ook voorgestel soos water (Spr. 18:4). In Spr. 10:11a word die mond vd regverdige voorgestel soos "n fontein van lewe...".  Die geestelike mens se hart word vernuwe deur die Heilige Gees (sien punt 2 waar Heilige Gees ook met water voorgestel word).  Die Heilige Gees is soos 'n fontein van lewe in iemand se binneste - en waarvan die hart vol is loop die mond oor! (Jes. 59:21)(Luk. 6:45; Matt. 12:34; 15:18; Kol. 3:16).


Jesus Christus is DIE WOORD.  Hy is Here, en is soos 'n "fontein van water" en gee die WATER.  Die waarheid het deur Hom gekom:
- (Joh 1:1)  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
- (Openb. 19:13)  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
- (1Jn 1:1,2)  Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe— en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is—

- (1Jn 5:7)  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.

-(2)  WATER verwys na die GEES VAN GOD:
(Joh 7:38)  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
(Joh 7:39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. WANNEER IEMAND DIE GEES ONTVANG IS DIE GEVOLG "SOOS STROME WATER"...(Jes. 44:3). Vgl. hierdie met begrip "lewende water" (rol af na volgende paragraaf).  Die persoon kry soveel water dat dit soos strome uit sy binneste vloei. Ons het gesien dat "water" veral verwys na die woorde vd Here - let wel die Heilige Gees is "DIE GEES VAN WAARHEID". Die Gees van God is vir ons soos water en gee vir ons DIE WOORDE VD HERE - leer en lei ons in die waarheid, en herinner ons aan die waarheid wat deur Jesus gekom het... (Ps 123:10; Joh. 16:13). Hy vernuwe ons harte sodat ons anders begin dink en "sien" en PRAAT! Maar die Gees is ook soos 'n fontein wat opspring tot in die ewige lewe!  "Ander woorde" vergaan, maar die woord vd Here bly tot in ewigheid... -(1Pe 1:24,25) - "Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,  maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is). 

- (3) DIE HERE IS soos 'n "FONTEIN VAN WATER":
(Jer 2:13)  Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 
WAAR kry ons hierdie WATER?
Hierdie "water" (woorde vd Here en Sy Gees) kan slegs by die Here verkry word.

Natuurlik verwys die "woorde van die Here" na die WAARHEID - Sy woord is die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid, en die WAARHEID het deur Jesus Christus gekom (Joh. 1:17);  en Hy is die Een wat ons doop met die Heilige Gees  (Matt. 3:11). As iemand nie in Jesus Christus glo nie, dan glo hulle ook nie in Sy woorde nie, en hulle kan dan ook nie verwag om die Heilige Gees te ontvang nie, want Hy is die Een wat die Gees gee aan die wat in Hom glo-Joh. 7:38.
En hoe kan iemand vrug dra "tot ewige lewe" as hy nie die Gees het nie?
Ons sien dus dat hierdie WATER (woord en Gees) by Jesus Christus verkrygbaar is (en Hy self is die Woord!):
- (Joh 4:13,14)  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Jesus het vir ons die waarheid gebring sodat ons Sy woorde kan ken, en Hy lei Sy diensknegte om die woord te verkondig (sodat hulle van die water wat hulle kry, kan gee aan die wat dors is). Jesus gee Sy Gees aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam - die Gees van God leer en lei hulle in die waarheid, en herinner hulle aan Sy woorde (Joh. 16:13).

Jesus Christus het op geleenthede ook die begrip "LEWENDE WATER" gebruik, wat verwys na die water wat HY GEE.  In Jer. 2:13 noem die Here Homself  'n "fontein van lewende water". Hy is "die fontein" by wie ons water kan kry:
-(Psa 42:1)  Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van die kinders van Korag. (42:2) Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
-(Psa 42:2)  (42:3) My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
Hy gee vir ons hierdie water want Hy is Here en is soos 'n "fontein van lewende water" (Joh. 4:10,11). Nie net is hierdie water (wat Hy gee) instaat om iemand se dors te les nie, maar is van so 'n aard dat iemand nooit weer sal dors kry nie!  (Joh 4:14). "Lewende water" word soos 'n fontein in iemand, wat opspring tot in die EWIGE LEWE. In Openb. 21:6 het Jesus belowe dat Hy die fontein vd water vd lewe verniet sal gee aan die wat DORS het - m.a.w., die wat "dors na Hom" en dors na Sy geregtigheid...(die wat in Hom glo).  (Mat 5:6)  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Ons het die water vd Here nodig om te kan LEWE!  Jer. 17:13 leer vir ons dat die wat die "fontein van lewende water" (die Here) verlaat (die wat van Hom afwyk), beskaamd sal staan, en hulle sal op die aarde geskryf word...

Die Heilige Gees word ook voorgestel soos LEWENDE WATER in Joh. 7:38,39. Die wat in Jesus Christus glo en dors na Sy geregtigheid, word gevul met Sy Gees (Sy Gees is soos "water" vir hulle - Joh 7:39). Die wat die Heilige Gees ontvang is nie meer 'n "dor land" nie, maar soos 'n land vol water.  Nie net word hulle dors geles nie, maar hierdie lewende water (die Heilige Gees in hulle) word soos 'n fontein wat opspring TOT IN DIE EWIGE LEWE!  Daarom word daar ook na die lewende water verwys as "die fontein vd water VD LEWE".  Die begrip "lewende water" verwys dus ook na die wat die ewige lewe gaan ontvang, want hulle het die water wat nodig is om aan die lewe te bly (die water wat die ontvang wat weergebore word deur die Gees).
-  (Jes. 44:3,4)  Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
- (Jes. 59:21)  Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE KRY ONS HIERDIE WATER?


(1) Wat moet ons doen om hierdie water te kry? (2) Word hierdie water gegee aan almal wat dit vra?

(1) Dit is duidelik dat water gegee word aan die DORSTIGES (Openb. 21:6; 22:17).  Dawid het verstaan dat die Here soos 'n fontein is van water, en dat "dors" hier verwys na "dors na die Here en Sy dinge...(Psa 63:1)  ‘n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. (63:2) o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.- VGL. HIERDIE GERUS MET DIE TEMA VAN "DOR LAND" WANT DOR LAND VERWYS NA "VERLATE GESTEL", bv. Hos. 2:1-3, waarin die Here waarsku dat diesulkes se hoerery en owerspel tot gevolg gaan he dat Hy hulle naak uittrek en maak soos 'n woestyn (natuurlik beeldspraak) - Hy sou hulle "STEL SOOS 'N DOR LAND", en hulle van dors laat sterwe...  'n Soortgelyke voorstelling kan uit verskeie ander skrifte verkry word van iets/iemand waarvan die Here Hom skei of wat geskei is van die Here (Jer. 51:43; Ps. 68:6 ens.)...  Die volk Israel word bv. voorgestel soos 'n vrou en die Here HAAR MAN, maar as hulle "owerspel pleeg" en "hoereer" (m.a.w. "hoereer" met afgode, heidense praktyke...), dan waarsku Hy dat Hy haar soos 'n woestyn sal maak, 'n DOR LAND... (Hos. 2:1-3). Haar dors sal nie geles word nie omdat sy, in plaas van om na die Here te dors en na Sy wil en geregtigheid, dors na verkeerde dinge. (Jes. 65:13)  "Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan".  Die wat "geestelik hoereer" kry nie die regte water nie, maar soek water (soos bitter water) wat hulle dood kan veroorsaak! Gewoonlik wys iemand se vrug wat se soort water hy drink, want wat die hart van vol is, loop die mond van oor - (Jak. 3:10,11 - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?)(rol af na volgende paragraaf vir 'n kort opsomming oor "vars en bitter water").

Hier is 'n paar dinge wat ons kan leer uit Jes. 55 oor wat dit beteken om te dors na die water van die Here:
- v. 2:  "Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig";
- v. 3:  "Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe";
- v. 6:  "Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is";
- v. 7:  "Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees"...
Ons moet dors wees vir die regte dinge - luister na die Here, "eet" Sy dinge, neig ons oor tot Hom en luister, soek Hom, roep Hom aan, verlaat en bekeer van verkeerde wee, bekeer van die manier hoe ons dink tot die manier hoe die Here dink, ens.

Nie alle woorde het ewigheidswaarde nie!, maar slegs die WAARHEID.  Ja, die waarheid is belangrik, en ons moet weet "wat is die waarheid".  Waarheid is NIE "wat elkeen glo" soos baie mense vandag dink nie, maar is wat die Here sê dit is!  Jesus het vir ons die waarheid gebring.  As iemand nie glo in Sy woorde nie, dan glo hy nie in Jesus Christus nie! Die Heilige Gees (wat deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo) is die Gees van WAARHEID, en lei en leer ons in die waarheid.  Hy werk ook gawes en bedieninge deur ons waardeur die waarheid bekend gemaak word, bv. 'n "gawe van onderskeiding"...ens. Die wat die Gees van God het, WEET WAT IS DIE WAARHEID en is eintlik die enigste mense op aarde wat met sekerheid weet "wat is die waarheid". Maar ons moet versigtig wees om te dink dat almal wat bely hulle is Christene, werklik die Gees van God het, of gehoorsaam is aan die Heilige Gees... - Nie almal wat Christene is, is Christene in hart nie! Dit is slegs die wat regtig GLO in Jesus Christus (in Hom en in Sy woorde) en Hom gehoorsaam, wat die Heilige Gees ontvang (en wie se harte vernuwe word). Sommige word afvallig vd geloof, en weet later nie meer wat is die waarheid nie (omdat hulle nie gehoorsaam is aan die Heilige Gees nie)...(kyk punt 2).

(2) Somtyds is iemand "dors na die Here", maar dan ontvang hy nie die water nie!:
Dit gebeur veral met kinders vd Here wat geestelik "hoereer" - bv. afgodsaanbidding en heidense praktyke.  (Amo 8:11)  Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor. (Amo 8:12)  En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.(Amo 8:13)  In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van DORS beswykOOK IN HIERDIE VERSE SIEN ONS HOE BROOD EN WATER IN BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD VIR "die woorde vd Here". SOMTYDS IS IEMAND DORS NA DIE WOORDE VD HERE MAAR DAN VIND HY DIT NIE (sy dors word nie geles nie!) OMDAT HY BESIG IS OM TE "HOEREER" soos ons sien hier in Amos 8:12 - hulle vind nie die waarheid nie omdat hulle BESIG is MET AFGODSAANBIDDING / HEIDENDSE PRAKTYKE.  In so 'n geval (al is die persoon dors) sal sy dors nie geles word nie.  Hy vind dit nie - hy soek die woorde vd Here, of soek die waarheid maar vind dit nie!  Dus, die een wat geestelik hoereer sal homself bevind soos 'n dor land! (al is hy 'n kind vd Here!). Wat gebeur met ongehoorsame kinders vd Here wat hulle vertroue plaas in afode en afgodspraktyke en wereldse en eie wysheid, en hulle nie bekeer van hierdie werke nie, is dat hulle later die leuen begin glo omdat hulle NIE WATER KRY NIE. Hulle kies nie die waarheid nie, en hulle weet later nie meer wat die waarheid is nie - al het hulle die Heilige Gees kan die Gees van hulle weggeneem word (omdat hulle die Gees van WAARHEID nie gehoorsaam nie), en hulle kan 'n "gees van dwaling" gestuur word (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html).  Hierdie is baie gevaarlik!, en dit het beslis te doen met "wie dit is vir wie jy raadpleeg" (in wie jy jou vertroue plaas).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VARS of BITTER water (in beeldspraak):
Jak. 3 leer vir ons wat bedoel word wanneer vars of bitter water gebruik word in beeldspraak:
(Jak. 3:10)  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
(Jak. 3:11)  ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
(Jak. 3:12)  ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
(Jak. 3:13)  Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

-  vars water verwys na woorde van seën, terwyl
-  bitter water verwys na woorde van vervloeking.

Bitter water:
Interessant, Num. 5 is ook 'n vb. van waar bitter water gebruik is as middel waardeur 'n vloek op iemand kon kom, bv. in daardie geval was dit op 'n vrou wat egbreuk gepleeg het... . BITTER WATER kan nie gedrink word nie (Eks. 15:23) en mense kan sterf daarvan... (Openb. 8:11) - op dieselfde wyse is dit die vervloektes wat eendag die tweede dood sal sterf! Hulle het nie die water wat soos 'n fontein opbruis tot in die ewige lewe nie, maar het bitter water waarvan hulle sal sterf.

(Spr. 5:1)  My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,
(Spr. 5:2)  dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;
(Spr. 5:3)  want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
(Spr. 5:4)  maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.

(Psa 64:2)  (64:3) Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
(Psa 64:3)  (64:4) wat hulle tong skerp maak soos ‘n swaard, hulle pyl rig—bitter woorde!
(Psa 64:4)  (64:5) om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
(Psa 64:5)  (64:6) ‘n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Geen opmerkings nie: