Vrydag 29 Desember 2023

Gruwels

In hierdie pos kyk ons na waarna die begrip GRUWELS in die Skrif verwys. Kinders vd Koninkryk mag hulle nie met gruwels ophou nie... (Lev 18:26), en waar dit gebeur is daar altyd gevolge... - nie net die feit dat dit die land onrein maak (ontheilig) nie maar ons sal beslis saai wat ons maai (die Christen self word ook daardeur verontreinig - Lev. 18:24). M.a.w., wanneer 'n kind vd Koninkryk hom/haar met "gruwels" besig hou, word hy/sy besoedel (is dan m.a.w."nie skoon nie"). 

Die groot Babilon word o.a. "MOEDER vd hoere en VD GRUWELS VD AARDE" genoem... (Openb. 17:5 - "en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde"), maar wat beteken dit? 

Waarna verwys "gruwels"?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In die Skrif verwys die begrip "GRUWELS" o.a. na sondes wat bloedskuld veroorsaak, asook na praktyke soos afgods-aanbidding-en-raadpleeg-praktyke wat onder heiden nasies beoefen word (kinders vd Koninkryk is nie veronderstel om hierdie "gruwels" te bedryf nie, maar behoort aan die koninkryk van God en is veronderstel om volgens die reels vd Koninkryk te lewe).

Die begrip "gruwels" vewys na:

- (1) AFGODSAANBIDDING - vreemde/nietige/drekgode aanbid  - om m.a.w. "agter ander gode aan te loop", Deut. 32:16; 2 Kon. 21:11; 2 Kron. 33:7; Jer. 7:6,9; Jer. 16:18,11 Kon. 14:23; 2 Kon. 16:4; 2 Kon. 21:1-7).  

- (2) In sommige skrifgedeeltes verwys die begrip "gruwels" na SONDES WAT BLOEDSKULD VEROORSAAK..., bv. bloedskande, egbreuk, afgodsaanbidding, ditto geslag gemeenskap, gemeenskap met diere, onskuldige bloed vergiet/doodslaan, steel, owerspel, ens. (Jer.7:6,9; Lev. 18:6-24). 

- (3) In konteks verwys gruwels oor die algemeen na AANBIDDING- EN RAADPLEEG PRAKTYKE WAT DEUR HEIDENE BEDRYF WORD... - die heiden groepe wat bv. in die Skrif genoem word is die nasies wat voor die volk verdryf was... Hierdie nasies was heiden nasies - hulle was nie deel vd Hebreeuse volk nie, en het ander gode aanbid en afgodspraktyke beoefen. Die volk van God was belet om deel te neem aan hierdie praktyke vd heiden nasies, bv. afgodspraktyke beoefen deur die Egiptenaars, Kaananiete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete - Lev. 8:3-26; Deut. 18:11,12; 2 Kon. 16:13; Esra 9:1 (praktyke wat terloops vandag nog deur sekere groepe of nasies beoefen word). Die heiden nasies het vele sulke afgodspraktyke gehad (waarna in die Skrif verwys word as "gruwels"), bv. om hulle kinders deur vuur laat gaan (iets wat in afgodsaanbidding gedoen was), waarsêery, goëlery, verklaring van voortekens, hulle het omgegaan met towery en dodebeswering, gees van ‘n afgestorwenes geraadpleeg, of geeste wat waarsê, het dooies geraadpleeg, ens. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die invloed van gruwels:

Gruwels maak die land onrein.  

Anders gestel, afgodsaanbidding, afgodspraktyke en bloedskuld maak die land onrein! (Lev 18:27 - " Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, EN DIE LAND HET ONREIN GEWORD"). Daar is gevolge wanneer 'n land onrein word (Lev 18:28,29 - "Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit"). 

BESTUDEER GERUS DIE TEMA VAN WAT GEBEUR WANNEER DIE SONDE VOL RAAK...

- (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html), en

- (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html).



Geen opmerkings nie: