Dinsdag 15 Julie 2025

Vlees / Die liggaam

In hierdie pos kyk ons na die verskil of konneksie tussen die woorde 
"vlees" en "liggaam" (vd mens)  . 

Die volgende onderwerpe word in hierdie pos bespreek:
- (1) Vlees/liggaam
- (2) Die terme "in die vlees" of "uit die vlees"
- (3) Waar vlees verwys na die fisiese liggaam
- (2) Soorte vlees
- (3) Die terme "vlees en bloed" en "liggaam en bloed"
- (4) Besnede of onbesnede vlees 
_________________________________________________________________________________
(1) Vlees / liggaam:

Die woord "vlees" verwys gewoonlik na "die liggaam" (alhoewel dit ook figuurlik gebruik word).  Die woord "liggaam" verwys gewoonlik na die fisiese... (dit wat ons kan sien) - nie net die uiterlike fisiese nie, maar ook die (fisiese) geraamte en ingewande (bv., Gen. 25:23; 15:4 - die Hebr. woorde "beh'-ten" of  "may-aw'", wat beteken liggaam, skoot, buik maag, ingewande, hart, baarmoeder ...).  In sommige skrifte waar die woord "flesh" gebruik word in die engelse vertaling (Eks. 30:32; Lev. 14:9; 15:7 ens.) is dit in die Afrikaans vertaal as "liggaam" (AOV)

In ander woorde, die woorde "vlees"  en "liggaam" verwys onderskeidelik beide na ditto, maar die woord vlees word ook figuurlik gebruik: 
-UITERLIKE MENS se vlees/liggaam (bv. Gen. 2:21; 6:17; 1 Joh. 4:2; Gen. 17:11; Lev. 13:2; Deut. 32:42; 1 Sam. 17:44; Ps. 109:24; Eseg. 37:6; Hand. 2:31 ens.)(2 Kor. 10:3);
maar in sommige skrifte verwys dit ook na die
-INNERLIKE MENS (en die woord "vlees" word dan veral gebruik; bv., Spr. 11:17; Matt. 19:5,6; Joh. 6:51-56; 1 Joh. 2:16; 2 Pet. 2:10; Rom. 8:7,8; Joh. 8:15; Ef. 4:24; Kol. 3:9,10 ens.) - dan meer geestelik bedoel (bv., Christene is familie van mekaar - bv., is van Sy vlees en bene").

Kom ons kyk na meer skrifte met die Grieks en Hebreeuse betekenisse van die woorde "vlees" en "liggaam":
- DIE LIGGAAM (bv. Gen. 2:21; 17:11; 40:19; Eks. 4:7; 28:42; Lev. 13:2; 19:28..)
- of 'n deel vd liggaam, bv. vleis of vel ens. (Hebr. woord "baw-sawr")(liggaam, vlees/vleis, bloedverwant, mensdom, naaktheid, die self, vel)(Gen. 2:21, 23; 6:12 ens.);
- of verwant aan die liggaam, bv. kos of werk ens. (Hebr. woord "sheh-ayr")(liggaam, vlees, kos, bloedverwant)(Mig 3:2); (Ps. 78:27; 73:26; Spr. 11:17) - word nie net letterlik gebruik nie, maar ook figuurlik.
- die Gr. woord "sarx" - Kol. 1:24; 2:11  - vleeslik (in konteks, "vleeslik" teenoor "geestelik")(vleeslik as "carnal" vertaal in Engels, en as "vlees" of "vleeslik in Afrikaans - Rom. 7:14; 8:7; 1 Kor. 3:1 ens.). Nie verwysend hier na die letterlike liggaam nie, maar begeertes van..., bv. gaan oor "gesindheid" en "gedagtes" ("dink of sien vleeslik").

Die woord "liggaam" (in AOV) is die:
- Hebr. woord "may-aw'" - Gen. 15:4; 25:23; Rig. 1:11; 2 Sam. 7:12; 16:11; 2 Kron. 32:21; Son 5:14; Jes. 48:19 - maag, ingewande, hart, baarmoeder (word gewoonlik in 'n letterlike konteks gebruik, bv. gebore uit liggaam...).
- Hebr. woord "baw-sawr" - Eks. 30:32; Lev. 14:9; 15:7,13,16; Lev. 16:4,24,26,28; Lev. 17:16; 22:6; Num. 8:7; 19:7,8; 2 Kon. 6:30; Spr. 4:22; 5:11; Ecc 2:3; 5:6; 11:10; Eseg. 10:12 - liggaam, vleis, mensdom, naaktheid, die self, vel  (word gewoonlik in 'n letterlike konteks gebruik, m.a.w. die letterlike liggaam...).
- Hebr. woord "beh-ten" - Deut. 7:13; Deut. 28:4,11,18,53; Deut. 30:9; Ps. 31:9; 132:11; Son 7:2; Mig 6:7 - liggaam, skoot, buik ("vrug van liggaam").
- Hebr. woord "ghev-ee-yaw'" - Rig. 14:8,9; Dan. 10:6 - hetsy dooie of lewendige liggaam - word in Rigters gebruik as dooie liggaam - (dooie) liggaam, karkas of aas, 'n lyk.
- Hebr. woord "ore" - Job 18:13 - vel (naak).
- Hebr. woord "shore" - Spr. 3:8 - nawel (string).
- Hebr. woord "rekh'-em" - Jer. 1:5 - skoot, moederskoot (uit liggaam voortkom - gebore)(vgl. met Num. 18:15).
- Hebr. woord "eh'-tsem" - Lam 4:7- liggaam, been.
- Hebr. woord "gheh'-shem" - Dan. 4:33; Dan. 5:21; 7:11 -liggaam.
- Vir "liggaam", kan ons veral kyk na die Griekse woord "so'-mah", wat beteken (liggaamlik, liggaam, slaaf), maar dit word nie net letterlik in betekenis gebruik nie, maar ook figuurlik (bv. Christene is deel vd liggaam van Christus -1 Kor. 12:8,12...). Griekse woord "so'-ma" - Matt. 5:29,30; Matt. 6:22,23,25; Matt. 10:28; 14:12; Matt.26:12,26; 27:58,59; Mark. 5:29; Luk. 11:34,36; 12:4; 17:37; Luk. 23:55; 24:3; Joh. 2:21; 20:12; Hand. 9:40; Rom. 4:19; Rom. 6:6,12; 7:4,24; 8:10,13,23; Rom. 12:4,5; 1 Kor. 6:13,16,18,19,20; 1 Kor. 7:4,34; 9:27; 10:16,17; 11:24,27,29; 1 Kor. 12:12-27; 1 Kor. 13;3; 15:37,38,44; 2 Kor. 4:10; 5:6,8,10; 2 Kor. 12:2,3; Gal. 6:17; Ef. 1:23; 2:16; 4:4,12,16; 5:23,30; Fil. 1:20; 3:21; Kol. 1:18,22,24; Kol. 2:11,17,19,23; 3:15; 1 Thess. 5:23; Hebr. 10:5,10,22; 3:13; Jak. 2:16,26; 3:2,3,6; 1 Pet. 2:24; Jud. 1:9 - liggaamlik, liggaam, slaaf.
- Griekse woord "pto'-mah" - Matt. 24:28 - dooie liggaam, karkas of aas, lyk.
- Griekse woord "soos'-so-mos" - Ef. 3:6 - van dieselfde liggaam (lid van 'n saamgevoegde liggaam).
Vir 'n volledige studie oor DIE LIGGAAM vd mens, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Kom ons kyk na die terme "in die vlees" en "gebore uit vlees":

Om geboorte beter te verstaan (en hoe die geestelike mens wederbaar word) kan miskien makliker verduidelik word deur te kyk na hierdie terme; bv., die term 
-"gebore in/na die vlees (liggaam)" (1 Joh. 4:2,3; 2 Joh. 1:7; Rom. 1:3; 2:28; Rom. 8:3; 2 Kor. 10:3; 12:7; Gal. 6:12; Ef. 2:15; Fil. 1:22,24; 1 Tim. 3:16; Kol. 1:22; Fi. 1:16; 1 Pet. 4:2), of 
-"gebore uit vlees (liggaam)" (Joh. 1:13; 3:6; Rom. 8:1)(wat bv. anders is as "gebore uit God").  Die term "in die vlees" is 'n term wat gebruik word om te verwys na 'n wese, in hierdie konteks "in 'n menslike liggaam"  - 'n menslike wese (2 Joh. 1:7)("gebore na vlees"-Rom. 1:3);  en word ook o.a. gebruik in konteks met die "natuurlike mens". (alhoewel nie almal gebore "in vlees" verwys na natuurlike mense nie;  bv., Jesus was gebore in "in vlees" maar nie gebore "uit vlees" nie) -  in die konteks verwys die term "in of na die vlees" na die soort liggaam, nl. 'n menslike wese. Die term "gebore uit vlees" verwys na kinders van Adam (natuurlike mense)(Rom. 8:8; Ef. 2:11; Rom. 7:5) - dit gaan ook oor die "soort liggaam" (1 Joh. 4:2)('n mens se liggaam) of soort vlees (bv. is mens), maar meer in die konteks van familie... (bv., mense is familie van mekaar en almal is kinders van Adam en daarom "natuurlike mense" - dit verwys o.a. na mense gebore in sonde, want hulle is "kinders van Adam"). Dus, ons moet ook onderskei tussen hierdie twee terme;  bv., Jesus het mens geword, Hy het "in die vlees" gekom (wat natuurlik hier verwys na "in 'n menslike liggaam" en beteken Hy is ook mens)..., maar alhoewel Hy GEBORE was IN of NA VLEES, was Hy nie GEBORE "UIT VLEES NIE", maar "uit Gees" (Hy is ontvang uit "die saad vd Heilige Gees" - hierdie wys op familie...).  Anders gestel, Jesus was dus wel gebore in 'n menslike liggaam ("in die vlees" of "gebore na vlees") maar nie " 'n kind van Adam nie", wat soos die res van die wereld gebore is in sonde en die sonde dien nie (nie gebore uit vlees nie, in die sin van gebore uit die vlees van Adam nie). Hy is nie UIT dieselfde vlees/bloed gebore (nl Adam se bloed) nie, al was Hy "in vlees" gebore. Jesus was in die vlees versoek soos alle mense (Hebr. 2:17,18; 5:2; Luk. 22:28; 4:2; , maar Hy was sonder sonde!, en het nie die dood verdien soos die res vd mensdom nie... (Jes. 53:9; Hebr. 4:15; 7:26; 9:28; 1 Pet. 2:22; 1 Joh. 3:5)(Hy het Sy lewe vrywilliglik afgelê ter wille van ons!-1 Joh. 3:16; Jes. 53:4,5; 2 Kor. 5:21; Fil. 2:7,8). 

Die term "uit vlees gebore" kan ook vgl. word met die term "gebore uit bloed": Om dit beter te verstaan kan ons dus ook kyk na die term "vlees en bloed", wat veral verwys na die wat gebore is uit vlees, nl. "uit dieselfde bloed" (Joh. 3:6)(of ander woorde wat somtyds ook hiervoor gebruik word is "gebore uit bloed" - wat meer bedoel is om te verwys na "uit watter bloed" iemand gebore is)(Joh. 1:13) - bv.,...die "mensdom"/natuurlike mense (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17 ens.), en verwys veral na die liggaam met die "siel in bloed" (Lev. 17:11). Die siel is in die bloed - m.a.w., wat kan iemand se bloed vir ons vertel van sy siel? Dit gaan nie net oor hoe elkeen se bloed homself beskryf nie, maar ook uit watter bloed of familie iemand gebore is (DNA). Alle mense is gebore uit die bloed van Adam (en is dus slawe van sonde, soos hy was - is "natuurlike mense"). Kinders van Adam (die uit sy bloed gebore) word in sonde gebore... (in slawerny gebore - dien die sonde), en dra dus vrugte vir die dood.  Christus Jesus is wel "vlees en bloed", maar wat Sy bloed van Hom vertel (oor Hom as siel) is dat Hy gebore is uit Gees, NIE gebore uit vlees in die sin van "gebore in sonde" (kinders van Adam) nie.  Weergeborenes word ook gesien soos mense wat "uit Gees" gebore is, en familie van Jesus Christus..., nl. van Sy vlees en bene", wat wys dat hulle nie uit dieselfde bloed meer is soos die res vd mensdom nie (asof uit Jesus Christus gebore / is Sy kinders / nie fisies uit Hom gebore nie, maar geestelik). Jesus Christus kan nie gesien word as 'n "kind van Adam" (gebore uit Adam) nie, maar is gebore uit Gees;  m.a.w. "uit 'n ander bloed"... Alhoewel Hy gebore was "na vlees" ('n mens - wat die liggaam aanbetref  'n menslike wese), was Hy gebore uit Gees (wat die bloed en siel aanbetref). Weergeborenes se innerlike is vernuwe (daarom word hulle o.a. gesien soos mense onder ander bloed gebore - daar word baiemaal daarna verwys as "hulle lewe is in die bloed Jesus Christus"), maar hulle uiterlike liggame is nog nie vernuwe nie, en daarom noodwendig sterf hulle steeds... (vir sondes) (maar l.w. dat weergeborenes die belofte het van opstanding eendag in 'n nuwe liggaam wat nie kan doodgaan nie - hulle fisiese liggame sal m.a.w. ook eendag vernuwe word, en teref word daardie liggame "geestelike" liggame genoem!). Vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html. In ander woorde, geestelike mense/weergeborenes (die wat gebore is uit water en Gees) gaan wel dood, maar het die belofte dat hulle opgewek sal word in nuwe (fisiese) liggame en nie deur die tweede dood sal gaan nie (en dit word voltrek in "die opstanding" - die wat deel het aan die eerste opstanding, oor hulle het die tweede dood geen mag nie)(Openb. 20:6). Al gaan weergeborenes se liggame huidiglik dood, word hulle alreeds gesien as "geestelike mense" wat "uit Gees gebore" is (wat die innerlike aanbetref) en mense wat die ewige lewe het (al word dit eers voltrek in die opstanding).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3) Die woord "VLEES" verwys na "liggaam" (Gen. 2:21; 2 Joh. 1:7; 1Pet. 1:24; Kol. 2:5; Openb. 19:21; ens.). Die term verwys na die fisiese vleis, vel, naaktheid, ens. (in hierdie konteks vd menslike wese), maar word ook gebruik om te verwys na die "menslike natuur" (kyk bo Griekse woord);  en verwys dus nie net na die fisiese (liggaam, vleis, vel, naaktheid, menslike wese) nie, maar kan ook na die innerlike (vd menslike wese - die menslike natuur) verwys - asof die "gees vd mens"/innerlike mens ook beskryf kan word as "liggaam, siel en gees", en in die geval beskryf die begrip vlees die "liggaam" vd innerlike mens. Maar natuurlik is dit nie noodwendig skriftuurlik om dit so uit te druk nie;  meer presies kan liggaam, siel en gees gebruik word om die uiterlike en innerlike te beskryf . Bv., fisies beskryf dit die uiterlike..., en geestelik beskryf dit die innerlike... 

Die mens is tweeledig van aard (nl. die uiterlike mens en die innerlike mens), maar bestaan uit liggaam, siel en gees...;  -dus, is nie net FISIES liggaam siel en gees (uiterlike mens) nie, maar ook GEESTELIK "liggaam, siel en gees" (die innerlike mens).  As ons dit so sien dan verstaan ons dat die mens se gees/die innerlike mens ook 'n vorm het soos die uiterlike mens 'n "liggaam" het, kan bv. beweeg, sien, hoor,..., ens. (Luk. 16) - dit is nie noodwendig reg om dit so uit te druk nie, maar is 'n ander manier om die woord "vlees" op 'n geestelike manier te beskryfDie begrip "VLEES" word m.a.w. bv. beide fisies (1 Pet. 1:24; 4:2; Hebr. 2:14; Kol. 3:24 ens.) asook geestelik (Kol. 2:11,12; Matt. 9:17 ens.) in die Skrif gebruik (bv. of iemand "vleeslik" is of nie...). Wat saligheid/redding aanbetref is dit nie net die uiterlike mens wat saligheid (redding vd dood) nodig het nie, maar ook die siel/die innerlike mens...(bestudeer gerus die volgende pos om hierdie beter te verstaan: https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html Beide die liggaam/uiterlike en die siel/innerlike het redding nodig (nie net redding nodig vd dood vd liggaam nie, maar ook van die "tweede dood", nl. wanneer beide siel en liggaam in die poel van vuur gewerp word - in ander woorde, die siel het ook redding nodig, wat o.a. beteken dat die "vlees" vernuwing nodig het - uit watter vlees is iemand gebore?). Hierdie word o.a. in die Skrif beskryf as dat die wat weergebore word opstaan in 'n nuwe liggaam! (https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html) - weergeborenes is soos mense wat doodgegaan het en opgestaan het in 'n nuwe liggaam (wat nie net met die fisiese liggaam eendag sal gebeur nie, maar ook innerlike is hulle nou "uit ander vlees gebore"). Hulle is m.a.w. nou nie meer "natuurlike mense" nie, maar "geestelike mense" - dien m.a.w. nie meer die sonde nie (is vrygemaak van slaafskap onder sonde / "vrygemaak van sonde"), maar het diensbaar geword aan God (Rom. 6:22).  Die wat eendag deel het aan die eerste opstanding (en opstaan tot lewe) het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie - in die opstanding kry die weergeborene se LIGGAAM/die uiterlike mens "redding" (word gered vd dood), maar die innerlike vd weergeborene het alreeds redding ontvang toe hy weergebore word, of liewer, is in die proses daarvan... (kyk tema "pad van godsaligheid").  Kyk gerus hoe die Christelike doop o.a. 'n teken is hiervan..., bv. dat dit o.a. verwys na hoe iemand "optstaan uit die dood"!, wat nie net wys op die belofte vd komende opstanding vd uiterlike liggaam nie, maar ook na hoe die geestelike mens alreeds opgestaan het in 'n "nuwe liggaam" (hier sien ons hoe die woord "liggaam" gebruik word om die vernuwing vd innerlike mens te beskrywe - bedoel vd gees vd mens - asof uit ander "vlees" gebore, nl. uit Gees gebore). Dit is die innerlike mens vab weergeborenes wat alreeds vernuwe is (en vernuwe word), nog nie die uiterlike mens nie. 

Die Christelike kerk word ook soos 'n (nuwe) mens voorgestel - en dit is verder interessant om te sien dat die weergeborene/geestelike mens se gees gesien word asof deel van Christus se liggaam... - is van Sy "VLEES en bene"... (uit Hom gebore, natuurlik nie fisies nie, maar geestelikdie Christelike gemeente-almal saam soos "een siel")(Ef. 5:30);  en deel in Sy "VLEES en bloed"... (Joh. 6:51-56)(wat vewys na die bloed waaruit hulle gebore is, nie letterlik nie, maar die gees - hulle lewe is in Sy vlees en Sy bloed..., en Sy bloed beskryf hulle as "siele", maw as weergeborenes - nie gebore uit vlees nie, maar uit Gees - nie gebore uit die saad van Adam nie maar uit die saad van Christus - is gebore uit God). M.a.w., wat die fisiese aanbetref of uiterlike mens, is die geestelike mens se vlees natuurlik nie letterlik uit God gebore nie, maar geestelik word hy wel gesien asof "uit God gebore"! (aangeneem as kinders)(wat die "vlees" vd mens aanbetref, het hy alreeds opgestaan in 'n nuwe liggaam wat sy innerlike aanbetref, maar nog nie die uiterlike nie - die uiterlike sal eers vernuwe word in die opstanding). Vir 'n studie hieroor kan die volgende pos behandel word: https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html. L.w., dat net soos ons die uiterlike mens voed en oefen, net so moet daar vir die innerlike mens gesorg word... - nie net wat geestelike kos en water aanbetref nie, maar ook ander dinge wat die "liggaam" raak, bv. om jouself skoon te hou (te was - sonde bely om skoon te kom), klere aantrek (bv. beklee met Christus), ens. Die geestelike mens is bv. baie bekend met die begrip van hoe hy sy vlees moet kruisig... (wat verwys daarna dat ons nog "in vlees" is), en verstaan maar alte goed dat die innerlike ook vuil of besoedel kan word (bestudeer o.a. die tema "gewete besoedel")(1 Pet. 3:21). Waarmee jy jou gees voed, is belangrik! - wat jy saai sal jy maai (Gal 6:7 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai" - hier sien ons ook hoe die term "vlees" fisies sowel geestelik gebruik word). 

Ou mens en nuwe mens:
Alle mense word uit "bloed" gebore (is kinders van Adam) en het 'n wereldse gees (is uit die vlees of wil vd mens gebore)(Joh 1:13 - 'wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is"), maar weergeborenes is soos mense wat "oor gebore" is, hierdie keer nie uit die vlees of wil van die mens nie, maar "uit die Gees". IN HIERDIE KONTEKS VERWYS DIE WOORD "VLEES" SPESIFIEK NA DIE INNERLIKE MENS.  Ons het gesien in die eerste paragraaf dat die woorde "in vlees" verwys na die fisiese liggaam, en "uit vlees" verwys na die mens se gees (Jesus was bv. gebore "in vlees", maar nie "uit vlees" nie..., wat beteken Hy het 'n menslike liggaam wat terloops ook versoek kan word net soos ons, maar Hy was nie gebore is uit dieselfde bloed nie - maar gebore uit Gees). Wat die uiterlike vlees vd weergeborene (wat ook gesien word soos mense wat "uit Gees" gebore is) aanbetref, sal dit eers vernuwe word in "die opstanding", maar wat die innerlike aanbetref word die weergeborene alreeds gesien soos iemand wat vernuwe is en word. Op 'n geestelike manier word daar m.a.w. na die natuurlike mens se "soort vlees" verwys as die "ou mens", maar in die geval vd geestelike mens verwys "soort vlees" na die "nuwe mens" (is "nuwe sakke" - Matt. 9:17). Bv., die geestelike mens het die OU VLEES afgelê... (die ou vlees wat die sonde dien - Gal. 5:19-21 - die slaafskap onder sonde is gebreek) en word 'n nuwe mens (weergebore - dien nou die Here en Sy Gees -Kol. 2:12; Rom. 6:4; Gal. 5:22; Rom. 6:6; Kol. 3:9,10). Die woord "vlees" beskryf dus o.a. die menslike wese - LETTERLIK BEDOEL (die uiterlike mens)(Gen. 6:12; Openb. 19:21; 1 Pet. 1:24; 2 Joh. 1:7...), maar word ook gebruik t.o.v. die innerlike mens (m.a.w., "liggaam figuurlik gesproke") waar dit verwys na of iemand 'n natuurlike mens (die wat nie die Heilige Gees het nie, maar 'n wereldse gees) is, of 'n geestelike mens (weergeborenes/die wat die Heilige Gees het). 

Wat die innerlike aanbetref (die gees vd mens) word die "geestelike mens" (weergeborenes) nie meer gesien as "natuurlike mense" (gebore uit vlees) nie, maar is 'n "geestelike mens" (is gebore uit Gees, gebore uit God).  Innerlik verander die geestelike mens se "menslike natuur" dus na 'n "goddelike natuur" (2 Pet. 1:3,4)(https://warechristene.blogspot.com/2018/12/lewende-wese-lewende-siel-menslike.html). Volgens watter natuur lewe jy? - hierdie is 'n manier waarop soort vlees dus somtyds beskrywe word... - m.a.w. leef jy volgens die vlees?, of volgens die Gees? (Gal. 6:8 - "Hy wat in sy VLEES saai, sal uit die VLEES verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). Die "gebore uit vlees" (gebore in sonde) het nie 'n goddelike natuur nie (Ps. 51:5; Joh. 3:6; Rom. 6:6), maar weergeborenes is gebore uit Gees en het 'n goddelike natuur (hulle leef volgens die Gees)(hulle is nie van die wereld nie / dink en praat nie soos die wereld nie, en begeer nie die dinge vd wereld nie;  in ander woorde, hulle het nie die gees van die wereld soos natuurlike mense nie). Net soos wat geestelike mense eendag letterlik gaan opstaan uit die dood, so het die innerlike mens vd geestelike mens nou alreeds opgestaan in 'n nuwe "liggaam" toe hy wederbaar is (iets wat o.a. deur die Christelike doop voorgestel word);  verder is die geestelike mens daagliks besig om die nuwe mens "aan te trek" terwyl hy op die pad van godsaligheid is...(gehoorsaamheid / dien / slaaf / behoort nie aan onsself nie) - wat te doen het met geestelike kos en water, bad, oefening ens. - nodig om hom aan die lewe te hou! (hy het alreeds die ASEM van die Gees wat hom laat lewe, maar het geestelike kos en water nodig om hom aan die lewe te hou, klere om naaktheid te bedek, bad om skoon te bly, ens.). Die geestelike mens word gesien soos 'n nuwe mens en iemand wat nie meer onder slaafskap van sonde is nie... - asof uit ander "vlees" gebore (Gal. 5:24 - "Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig"). In plaas van om die sonde te dien, dien geestelike mense die Here - hulle is nie gehoorsaam aan die sonde nie, maar aan die Here en Sy Gees (is onder die wet vd Gees)(Gal. 5:16-19  - "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;   want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) SOORTE "VLEES":

Daar is verskillende soorte LIGGAME - (1Kor. 15:39,40 - "Alle VLEES is nie dieselfde vlees nie...). Daar is baie soorte wesens, en almal het verskillende soorte liggame.  Die VLEES van mense is anders as die van diere en visse en voëls...;  daar is hemelse liggame en aardse liggame...;  daar is natuurlike liggame en geestelike liggame... (1Kor. 15:44)(hierdie vewys na die uiterlike VLEES). 

Soos bo gesien kan ons onderskei tussen die twee terme "in die vlees" en "gebore uit vlees". Die term "in die vlees" verwys na die "menslike wese" (2 Joh. 1:7),  
terwyl die term "gebore uit vlees" wel ook in hierdie konteks verwys na die "mens" maar meer spesifiek uit watter vlees of bloed iemand gebore is... (bv. die gebore uit Adam is "gebore in sonde" = verwys na die natuurlike mens). Elke mens is gebore "in of na die vlees" (wat verwys na wat se SOORT LIGGAAM, nl. menslike liggaam), en ook gebore "uit vlees" (wat vewys na bloed... - gebore uit Adam, is verganklik / verkoop onder sonde) - en in hierdie konteks vewys die begrip VLEES dus na 'n spesifieke "vlees" nl. uit Adam se bloed. Die uiteinde van hierdie slaafskap waaronder die mens gebore word, is die dood - om die dood te oorwin het ons dus nodig om WEER GEBORE te word (maar hierdie keer nie "uit vlees" nie, maar "uit (water en) Gees". Hierdie geld terloops nie net vir die liggaam/uiterlike mens nie maar ook die siel/innerlike mens.  Geestelike mense (mense wat weergebore is) word gesien as "gebore uit gees",  nie "gebore uit vlees" nie (kyk vorige paragraaf)(natuulik nou wat hulle innerlike mens aanbetref).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) "VLEES EN BLOED" en "LIGGAAM EN BLOED":

In sommige skrifte verwys die woord "vlees" na die mens of mensdom (in geheel) (Gen. 6:12,19), en word die woorde "VLEES EN BLOED" bv gebruik (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html) -  mense of  "mensdom" (Matt. 16:17; 1 Kor. 15:50; Gal. 1:16; Ef. 6:12)(in wie daar 'n LEWENDE SIEL IS, en in wie die lewensasem). Die woord "vlees" of woorde "vlees en bloed" verwys natuurlik nie noodwendig net na mense nie maar ook na diere, m.a.w. voëls en vee en die wilde diere en al die gediertes wat op die aarde wemel (Eseg. 39:17; Gen. 7:15,16,21; 8:17; 9:17...), ook genoem "LEWENDE WESENS" op aarde (Gen. 1:20,21,24;  2:19; 7:4,23; Openb. 16:3; ens.). Die term "LEWENDE SIEL" word gebruik vir "ALLES OP AARDE WAARIN 'N LEWENDE SIEL IS", nl. diere en voëls en mense - Gen. 1:30;  of waarin 'n lewensgees is - Gen. 6:17; 7:15). DIE MENS IS "VLEES EN BLOED" (Hebr. 2:14)(gebore uit vlees/bloed-Joh. 3:6; 1:13) =  en is VERGANKLIK -  "BLOED" kan IEMAND SE SIEL BESKRYWE (net soos bloed baie van jou uiterlike mens/vlees kan vertel). 

"Vlees en bloed" kan nie die koninkryk beërwe nie! (1 Kor. 15:50) want vlees en bloed is verganklik... (en verganklikheid kan nie onverganklikheid erf nie).  In hierdie konteks wil dit voorkom of die woord "vlees" die liggaam beskryf , en die woord "bloed" beskryf die siel..., maar natuurlik kan "vlees" in hierdie konteks ook bloot verwys na "uit vlees gebore" (of "uit bloed gebore").In hierdie konteks beskryf iemand se bloed (m.a.w. die feit dat hy UIT VLEES GEBORE is - uit Adam se saad)  die toestand van sy "siel" (bv. of hy 'n natuurlike mens of 'n geestelike mens is).  Ons moet dus verstaan die konneksie tussen "bloed" en "vlees" bv., elke mens se siel ("lewe") is in sy bloed (sy bloed beskryf sy siel), en is ook die letterlike betekenis van "siel" - "siel in bloed" (lewe in bloed)(Lev. 17:11,14).  Die mens gebore "uit vlees" (wat verwys na watter vlees hy uit gebore is) se bloed beskryf hom dus as 'n siel wat verganklik is en sal doodgaan - "dra vrugte vir die dood";  maar die mens "gebore uit gees" se bloed (vd innerlike mens) beskryf hom as 'n mens wat onverganklik is en vir ewig sal lewe! - "dra vrug tot lewe" (alhoewel die weergeborene uiterlike mens steeds sal sterwe; dus, alhoewel sy innerlike vernuwe is is sy uiterlike nog nie vernuwe nie, maar hy het die BELOFTE van onverganklikheid en ewige lewe, en dus het ook die belofte van opstanding in 'n onverganklike "geestelike liggaam" eendag)(2 Kor. 10:3). In hierdie konteks word die term "vlees en bloed" nie noodwendig net gebruik vd wat "in sonde gebore" of van die natuurlike mens (m.a.w.,"kinders van Adam" - die gebore uit vlees - verganklik) nie, alhoewel die term effens verander word in die geval van geestelike mense. maar word ook gebruik vd geestelike mens ("kinders van Jesus Christus - gebore uit Gees - onverganklik). Dit gaan dus oor UIT WATTER VLEES EN BLOED iemand gebore is. Die geestelike mens is dus ook "VLEES EN BLOED", ja, maar uit watter vlees en bloed gebore? - meer presies word die term "LIGGAAM EN BLOED" dan hier gebruik (in "gemeenskap met Sy liggaam en bloed" - asof uit Sy Saad gebore).  Die verskil dus tussen die terme "liggaam en bloed" en "vlees en bloed" is dat dit onderskeidelik gebruik word om na of die natuurlike of die geestelike mens te verwys.  Bv., die term "liggaam en bloed" word veral gebruik in konteks met die wat onverganklikheid het/kry (m.a.w. "lewe in die bloed van Christus"), terwyl die term "vlees en bloed" gewoonlik meer gebruik word in die geval vd natuurlike mens, in konteks met verganklikes. Omdat die lewe of "siel" in die bloed is, kan dit in die regte konteks ook as reinigingsmiddel gebruik word, m.a.w. 'n lewe vir 'n lewe! Christus het Sy lewe gegee vir almal wat in Hom glo... - sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. Christus Jesus het die "vlees en bloed" deelagtig geword (mens geword) sodat Hy deur die dood hom wat mag het oor die dood (nl. die duiwel) tot niet kon maak.  Dit is slegs "bloed" wat 'n liggaam kan reinig (en "LEWE gee")(Hebr. 9:13,14; Joh. 6:54; Kol. 1:22 ens.).

Die term "LIGGAAM EN BLOED" word dus veral gebruik in konteks met die geestelike familie (van die wat in Christus Jesus glo en Sy Gees ontvang). Meer presies verwys dit na hoe die geestelike mens familie is van Jesus Christus deurdat hulle uit Hom gebore is (uit Sy saad, deur die Heilige Gees) en LEWE deur Sy bloed! (siende die siel/lewe in die bloed is)(m.a.w. FIGUURLIKE GESPROKE, "gemeenskap met Sy "liggaam en bloed" waarvan die Nagmaal o.a. 'n teken is);  of kan ook beskryf word deur "uit watter vlees of bloed";  maw, die geestelike mens is "uit die Gees". Natuurlik word die term "vlees en bloed" ook in hierdie konteks gebruik (nie net "liggaam en bloed" nie) , want immers verwys liggaam na "vlees". Die term "vlees en bloed" verwys dus veral na "die mensdom", kinders van Adam - en na die liggaam met die lewe in die bloed/siel - deur wat lewe hy? Bv. die natuurlike mens het asem deur 'n wereldse gees? (terwyl die natuurlike mense lewe deur die asem van die Heilige Gees).  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) BESNY / ONBESNEDE VLEES:

Die dood is anders vir onbesnedens (Eseg. 28:10) as wat dit is vir die wat besny is (1 Kor. 7:18; Gen. 17:4-9). Onbesnedenes het geen hoop op opstanding nie! (Eseg. 32:19,27; Jes. 38:18; ens.). In hierdie konteks verwys die begrip "onbesnedenes" na natuurlike mense;  meer presies verwys dit na die wat nie deel is van die volk van God nie.  In die O.T. was die seuns onder die volk vleeslik besny, en dit was 'n fisiese gebaar as teken onder die Hebreeuse volk, wat verwys het dat hulle God se volk is en Hy hulle Here... (die seuns was besny want hulle was die priesters onder die volk...; alhoewel daardie priesterskap later oorgeneem is deur een stam onder die volk en die ander hulle moes betaal om hulle priesterskap uit te voer). Maar wat besnydenis aanbetref, was die letterlike gebaar vd besnydenis net 'n skaduwee van dit wat eintlik belangrik was... - en dit was die "besnydenis vd hart" (Jer. 4:4; 9:26; Deut. 10:16)(Rom. 2:28,29). Besnedenes wat ongehoorsaam was en ongelowige harte gehad het, was bv. steeds gesien soos "onbesnedenes"...  

In die N.T. is die klem op dit waaroor die besnydenis veral gegaan het, nl. "die besnydenis van hart en ore" (Kol. 2:11). Ons het reeds gesien dat, wat die begrip VLEES aanbetref dit nie net verwys na die vlees vd uiterlike mens nie, maar dit ook figuurlik gebruik word vd innerlike mens. Die geestelike mens se uiterlike VLEES/LIGGAAM is bv. nog nie vernuwe nie (en wat op die opstanding), maar wat die innerlike aanbetref het hy alreeds opgestaan in 'n nuwe liggaam (waarvan die doop 'n teken is). Wat die besnydenis aanbetref kan hierdie min of meer dieselfde verduidelik word.  Die geestelike mens se uiterlike is miskien nie vleeslik besny nie, maar sy innerlike is wel en word besny (wat verwys na die besnydenis van hart en ore) - en dit is eintlik wat belangrik is - die fisiese daad was slegs 'n teken, en terloops vir 'n spesifieke volk gegee, maar weergeborenes is deel vd "nuwe mens", Jood en heiden een in Christus Jesus, en die teken is nie 'n fisiese gebaar nie, maar die ware Jakob!, nl. dat die hart en ore besny is. Dit is wat met mense gebeur wat weergebore word - hulle hart en ore word besny (hulle begin dink en sien en hoor anders, soos die Here wil). En net soos 'n familie nie as deel vd volk gesien is as die seuns nie besny is nie, net so kan iemand nie as deel gesien word van die Christelike familie as hy/sy nie besny is na hart en ore nie. Besnydenis (bv. na hart en ore) word regverdig UIT DIE GELOOF (Rom. 4:9,10) - dit is maw deur geloof (in Jesus Christus) wat bepaal word of iemand besny word of nie - elkeen se hart sal wys of hy werklik besny is! (Kol. 2:11-13). Besnydenis is deels dit wat God doen in die mens (Deut. 30:6), en deels iets wat van die kinders vd koninkryk verwag word om self ook te doen (Deut. 10:16; Jer. 4:4; 9:25,26). 

Deels verwys "besnydenis" (bv. vd vlees) na die wat die Here dien en op Hom vertrou (Fil. 3:3), maar deels verwys dit ook na die wie se sonde vergewe is... (Kol. 2:13)(hulle het die belofte van opstanding). Op ditto wyse verwys die wat besny is na hart en ore (die wat GLO in Jesus Christus) na die wat die Here dien en op Hom vertrou (Hy is hulle Here), en na die wie se sonde vergewe is! Hulle is deel vd volk van God... (Ef. 2:11-16 - "Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: