Sondag 31 Januarie 2021

Die siel vd mens (1)

In hierdie pos kyk ons na DIE SIEL (vd mens).

- Vir 'n studie oor DIE LIGGAAM, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html.
- Vir 'n studie oor DIE GEES (vd mens), gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/05/asem-gees-lig-gees-vd-mens.html
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:
Rol af vir afsonderlike onderwerpe en skrifgedeeltes, nl.
- hoe die siel beskryf word of wat dit beskryf;
- wat kan ons leer oor "siel" uit Jesus se woorde;
- die "siel" in beeldspraak; en 
- ander woorde wat die siel help beskryf. 

Die woord "siel" word somtyds gebruik om in geheel na die innerlike mens te verwys (soos die woord "liggaam" somtyds gebruik word om na die uiterlike mens te verwys)(Matt. 10:28 - bv, niemand kan die siel doodmaak nie, behalwe God...). Die "siel", altans hier verwysend na die innerlike mens, is belangriker as die uiterlike mens.  Dis bv. belangriker om jou te oefen in die godsaligheid as wat dit is om jou liggaam te oefen.  Natuurlik is dit belangrik om vir die uiterlike te sorg, bv. kos en water en oefening ens., maar wat van die innerlike? Wat se kos en water kry jou siel? Hoe is dit geklee en wat se oefening word dit gegee? Wat is die toestand van jou siel? Hoe kan jou siel jou beskryf as mens?

Die woord "SIEL" het ook:
'n wye betekenis en word beide letterlik en figuurlik gebruik, bv. letterlik kan die hart die siel beskryf, maar figuurlik kan dit ook beskryf word deur bv. die begeertes vd hart (kyk na woorde soos emosies, gedagtes, wil, begeerte, hart, beslissing vd hart ens.). Dit kan selfs beskryf word deur "lewend a.g.v. asem" want sonder asem kan niks of niemand 'n "lewende siel" wees nie (kyk na woorde soos lewe, wese, persoon, mens of dier, die self ens.). Dit kan beskryf word deur 'n persoon, bv. mense kan as "siele" aangespreek word, en in daardie geval beskryf dit die uiterlike en/of innerlike mens in geheel (bv. "daar was 20 siele - 20 mense"). Dit kan beskryf word deur iets soos bloed, want die siel is in die bloed. Dit kan beskryf word deur sintuie, organe en gebeente (hetsy letterlik of figuurlik)(en dus deur dinge soos aptyt beskryf - bv. die belangrikheid van kos en water...), want wat die uiterlike mens aanbetref verwys siel na hierdie stelsels binne die liggaam wat in 'n werkende toestand is (omdat iets of iemand asem het); en wat die innerlike mens aanbetref kan hierdie stelsels ook gesond of ongesond wees... Ons sien dus dat daar baie woorde is waardeur SIEL beskryf word (en hulle is almal belangrik!).  
Die woord "siel" kan dus nie net deur een woord beskryf word nie, want dit hang af of daar verwys word na: 
- (1) siel letterlik, of na die
- (2) siel figuurlik, of 
- (3) die mens in geheel, of
- (4) waar dit gebruik word vd innerlike mens.

Die woord siel is:
- die Hebr. woord "neh'-fesh" (Gen. 1:30; 2:7...)(letterlik of figuurlik)(aptyt, gedierte, liggaam, asem, wese, begeerte, gees, hart, lewe, begeerte, mens, die ek, gedagtes, lewendig, een, eie, persoon, plesier, die self, hulle, 'n ding, ens.); of
 - die  Gr. woord "psoo-khay' (wat ook duidelik beide letterlik en figuurlik gebruik word).
(rol af vir uiteensetting)

Dus:
(1) SIEL leterlike beskrywe (asof dit die uiterlike mens beskrywe):
Bv. HART, BLOED, SINTUIE, ORGANE. Verwysend na iets wat lewe - 'n LEWENDE SIEL.  
(Gen 1:30 - "Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so"). Sonder asem (gees/lig), en natuurlik 'n liggaam, kan niks 'n lewende siel of wese wees nie. Asem verander die liggaam om lewendig te word en te "werk". Sonder asem kan die siel vd uiterlike mens (bv. hart, en bloed wat deur die liggaam pomp, sintuie, organe) nie werk nie en is die liggaam dood. In hierdie sin is die siel in die BLOED.- die bloed is met die siel verbind (Lev. 17:14); vleis met sy siel, met sy bloed... (Gen. 9:4). Immers is bloed soos 'n prentjie van iemand se gesondheidstoestand en ook nodig om die liggaam in 'n werkende toestand te hou. Daarom word "hart" ook gesien as deel vd siel, want dit is 'n belangrike komponent wat die bloed pomp deur die liggaam en die hele liggaam (en organe en sintuie dus deel vd siel) voorsien van allerhande nodige elemente.   Maar sonder asem kan niks of niemand lewe op aarde nie;  m.a.w., jy moet 'n lewende siel wees om te kan lewe op aarde (Gen. 2:7) - daarom gaan iemand of iets dood wanneer hy die laaste asem uitblaas... Somtyds word die woord "wese" hier in die plek van siel gebruik (alhoewel, ons moet onthou daar is baie soorte wesens met verskillende soorte liggame). Asem en bloed is beslis deel van wat 'n wese hier beskryf.  Vir 'n studie oor lewende siel/wese, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/12/lewende-wese-lewende-siel-menslike.html

(2) SIEL figuurlik beskrywe (asof dit die innerlike mens beskrywe):

(3) WAAR SIEL DIE MENS IN GEHEEL BESKRYF:
In geheel kan na mense verwys word as "siele" - die mens word somtyds na verwys as " 'n siel " (bv. soveel siele getel...)(bv. Gen. 46:22; Hand. 2:41; 27:37)(Num. 31:40; Jos. 2:13).  Dit verwys nie hier noodwendig na die gees in die binneste nie, maar ook na die uiterlike mens - asof iemand se BLOED  vgl. kan word met hom as 'n SIEL (Ps. 30:9; 30:10). Bestudeer gerus ook die term "vlees en bloed" wat verwys na die mensdom (en vgl. dit ook met die tema van "menslike wese").  Die mens is VLEES EN BLOED want hy is uit vlees en bloed gebore (Joh. 3:6; 1:13). Mense van dieselfde bloed is van dieselfde DNA en is familie van mekaar - bv. "van dieselfde bevolking" (mense van gemengde bloed verwys bv. na verskillende bevolkings). Iemand se lewe is in die bloed - dit beskryf hom as 'n siel - siel in bloed. Vir 'n studie oor vlees en bloed, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html

(4) WAAR SIEL DIE INNERLIKE MENS IN GEHEEL BESKRYF:
(1Pe 1:9 - "en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry") - die woord "siele" hier verwys duidelik meer na die innerlike mens as wat dit verwys na die "liggaam" (kyk ook Hebr. 12:3; 13:7; Jak. 1:21; 1 Pt. 2:25; Ps. 31:10 ens.).  Openb. 6:9 is ook 'n goeie vb. van waar "siele" duidelik gebruik word om te verwys na die innerlike mens (in geheel): -" En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het" - (kyk ook Openb. 20:4; Hand. 14:22; Matt. 11:29, ens.). Nog 'n goeie vb. is (Mic 6:7 - "Sal die HERE ‘n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?") - hier sien ons dat "liggaam" gebruik word vir "die uiterlike mens" en "siel" vir die "innerlike mens".  Jesus het ook hierdie soort taal gebruik in Matt. 10:28. 

As ons 'n meer vollediger opsomming wil maak oor DIE SIEL, sal ons dus ook moet inkyk op woorde soos:
-  lewe / lewende wese/siel (en die belangrikheid hier van asem);
-  die siel (of  die mens as siel ) letterlik en figuurlik bedoel;
-  hart en organe (en die belangrikheid hier van kos en water);
-  bloed (en die belangrikheid hier van uit watter saad iemand gebore is).
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Die mens bestaan uit liggaam, siel en gees;  maar is tweeledig van aard nl. "die uiterlike mens" en die "innerlike mens";  dus, "liggaam siel en gees" verwys nie net na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike mens;  alhoewel die woord "siel" somtyds gebruik word om in geheel na die innerlike mens te verwys (en "liggaam" om na die uiterlike mens te verywys). Om te se dat die uiterlike mens "liggaam, siel en gees", is sowel die innerlike mens "liggaam, siel en gees" is, is nie skriftuurlik korrek nie, alhoewel beide die uiterlike mens en die innerlike mens letterlik sowel figuurlik beskryf word in die Skrif. Bv., in baie skrifte sien ons hoe die woord "siel" nie net gebruik word vd uiterlike mens nie, maar ook vd innerlike mens. Die woord "siel" word veral in die Skrif gebruik van iets binne-in die mens, dier of voël (Gen. 1:30), en word somtyds beskryf deur die hart, of as binne-in die BLOED (siel in die bloed - Lev. 17:11; Gen. 9:4);  en verwys veral na "lewe"! (bv. "lewende siel").  Die woord SIEL kan dus 'n beskrywing wees van "siel" letterlik bedoel (bv. letterlike organe en sintuie)(bv. hart, bloed ens.), of  ":siel" figuurlik bedoel soos vd innerlike mens (wat dan verwys na begeertes, wil, gevoel, ens.). Op dieselfde wyse word die hart en organe bv. letterlik en figuurlik gebruik in die Skrif... Die siel letterlik bedoel (bv. "vd uiterlike mens") word veral gekenmerk deur die fisiese HART en BLOED wat deur die are pomp (bv. "DIE SIEL vd vlees is IN DIE BLOED" - Gen. 9:4,5; Lev. 7:27; 17:11,14; Deut. 12:23; Lev 17:11 - "Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel");  daarom word die mens belet om bloed te eet, is om hierdie rede! Gen. 9:4). Maar natuurlik verwys "siel" na dit "binne-in" (bv. van die liggaam) en die stelsels wat werk in die liggaam (bv. ORGANE, SINTUIE, GEBEENTE)(vir 'n studie oor "die mens se LIGGAAM", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html - wat verwys na vlees, familie, werke, voedsel en water, vleis, die self, klere en naaktheid, maar ook organe en sintuie kan insluit). In Biologie word ORGANE ingedeel in verskillende stelsels.  Daar is bv. die spierstelsel (geraamte, gewrigte, ligamente, spiere, senings); die spysverteringstelsel (mond, kliere, farinks, slukderm, maag, ingewande, lewer, galblaas, mesenterium, pankreas); die asemhalingstelsel (neus, farinks, larinks, longe, diafragma, ens.);  die urinere stelsel (lewer, niere, blaas ens.); die bloedsomloopstelsel (die hart, are, beenmurg ens.); die voorplantingsorgane...; endokriene...; brein, senuwees, sintuie soos ore, oe, tong ens., hormone; huidstelsel (soos vel ens.), ens.
ORGANE / SINTUIE / GEBEENTE:
-  Soos gesien onder die studie van "liggaam", word die woord "may-aw'" (wat in KJV vertaal word as "bowels") somtyds vertaal as liggaam in AOV, maar dit verwys eintlik na die "MAAG, INGEWANDE, HART, en BAARMOEDER" (Gen. 15:4; 25:23...) - wat dus miskien meer verwysend is na die siel.  HIERDIE ORGANE IS LETTERLIK DEEL VAN DIE UITERLIKE LIGGAAM VD MENS ("vlees")(en keer terug na stof wanneer die mens doodgaan);  
- MAAR  "ORGANE" AS DEEL VD LIGGAAM VD MENS verwys nie net na die letterlike nie, maar ook na die figuurlike (m.a.w., "VD INNERLIKE MENS")  -bv. die gedagtes en oorlegginge vd hart...-Hebr. 4:12; - kyk in hoe baie skirfte die "HART" figuurlik gebruik word... -8:10; 10:22; 13:9; 1 Joh. 3:21; 1 Joh. 3:17; 2 Pet. 2:14; Jak. 1:26; 3:14; 1 Tim. 1:5; 2 Kor. 3:3 ens.. Bv., wanneer iemand "in sy hart egbreuk pleeg" (Matt. 5:28), verwys dit nie na die letterlike gebaar van egbreuk nie, maar is bedoel "pleeg egbreuk in die innerlike mens";  dus, hetsy figuurlik of letterlik, beide word gesien as egbreuk! (dit wat  die hart van vol is, loop die mond van oor....). Daar word in vele skrifte verwys na organe, sintuie en gebeente as figuurlik (asof "vd innerlike mens").

Die woord "siel" word ook somtyds gebruik van die innerlike mens in geheel bv. om die toestand vd innerlike mens (gees in binneste) te beskryf.  Bv., die siel is lewend en kan voel, kan "treur" (Job 14:22);  vriendelike woorde is soos heuningkoek vir die siel en 'n genesing vir die gebeente (Spr. 16:24). Terwyl organe en sintuie ook onder die tema van "liggaam" gesorteer kan word, word dit baiemaal gebruik om die toestand vd siel te beskrywe, bv. 'n gebeente word ongesond vanweë sonde (Psa 38:3)  (38:4);  en hartstog kan 'n gebeente verrot (Spr. 14:30);  stralende  kan die hart verbly, en 'n goeie tyding maak die gebeente vet (Spr. 15:30). Iemand se hart kan gebreek wees in sy binneste (Jer. 23:9). Niere kan versmag van verlange in iemand se binneste (Job 19:27), of selfs jubel! (Spr. 23:15)...

Die toestand van die mens se ORGANE en SINTUIE en GEBEENTE is dus nie net uiterlik 'n bewys van gesondheid nie, maar ook innerlik. Dit wat dit bedoel dat God "hart en niere deursoek" (Ps. 7:9,10; Jer. 11:20)(Jer 17:10 - "Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge") - verwysend dat Hy kyk wat die toestand is van iemand se innerlike mens (dus iemand se "siel"). Dit wat die mens doen en bedink en ervaar het beslis 'n invloed op sy innerlike mens.  Hoe lyk sy gebeente?  Hoe lyk sy hart? Hoe lyk sy niere? - HIERDIE IS DINGE WAT DIE SIEL BESKRYWE. Ons kan nie altyd sien nie, maar die Here SIEN wat die toestand is van elkeen se "hart en niere" (Jer. 20:12), en volgens hierdie "toestand" vd innerlike mens sal elkeen eendag vergeld word (volgens hulle werke)(Openb. 2:23).

Die woord siel is nie net verwysend na een van die komponente waaruit die mens bestaan (m.a.w. liggaam, siel en gees)(hetsy letterlik of figuurlik)(Matt. 11:29) nie, maar word ook somtyds gebruik om 'n lewende wese te beskryf, bv. waar daar na mense verwys word as "siele" (Hand. 7:14) - in hierdie geval verwysend na die wat "vlees en bloed" is, of die in wie daar lewensasem is. Die rede waarom iets of iemand hierdie LEWENDE siel het, is d.m.v. asem of "gees" (Gen. 2:7). Dit beteken, dat sou iemand sy asem of gees verloor, sy siel nie meer lewend wees nie... - en dit is inderdaad wat gebeur wanneer iemand sterwe (altans "sy laaste asem uitblaas), is dat sy siel dan nie meer LEWE nie (letterlike, fisiese hart stop, bloed kan nie meer pomp. organe stop...); en net soos hierdie die geval is met die uiterlike mens, net so is dit vir die innerlike mens. In daardie opsig, omdat die mens tweeledig is (uiterlike en innerlike mens), verwys die siel vd mens nie net na siel. asof vd uiterlike mens nie, maar ook na siel, asof vd innerlike mens.  

Niks of niemand kan lewe sonder ASEM nie;  dus, kan niemand 'n LEWENDE WESE wees sonder asem/gees/lig nie (Gen. 2:7). Woorde wat hiervoor gebruik word is o.a. "asem in neus" of "asem vd LEWE", of "lewensasem".  Die woorde "lewende siel" is bv. beskrywend van die wat LEWENSASEM  in hulle neusgate het. Hierdie gees of asem wat God gee, is soos lig vir die liggaam.  Die mens is net soos plante,afhanklik van lig (gees/asem) om te kan lewe. Ons moet onthou dat die mens nie net uiterlik van aard is ("die uiterlike mens") nie, maar het ook 'n innerlike ("die innerlike mens"), en net soos die uiterlike mens lewe deur ASEM, net so lewe die innerlike mens deur asem/gees (bv., "die natuurlike mens" het die gees vd wereld, maar "die geestelike mens" lewe deur die asem vd Heilige Gees (en die geestelike mens se lewe is in die bloed van Christus, want net soos mense van dieselfde bloed familie is van mekaar, so is die wat gebore is uit God, familie van Hom - siel in bloed - lewe in Christus...).  Wanneer iemand sy laaste asem uitblaas, gaan hy dood (verwysend na die uiterlike mens).  Op dieselfde wyse sal die (innerlike mens) wat NIE die asem het van die Heilige Gees nie, doodgaan (verwysend na die tweede dood).

Wanneer daar na iets of iemand se SIEL verwys word, gaan dit dus veral oor die feit dat hy LEWE (Gen. 2:7).  Wanneer sy hart gaan staan is dit gewoonlik 'n bewys dat hy besig is om te sterwe -  die HART word ook baiemaal gebruik om siel te beskrywe, want dit gee 'n aanduiding van of iemand LEWE of nie (hetsy verwysend na die uiterlike mens of die innerlike mens).  Die hart pomp BLOED deur die hele liggaam en op so 'n manier word die liggaam voorsien van allerhande nodige elemente o.a. suurstof.  Iemand se bloed kan ook baie van hom vertel, bv. watter soort siektes hy het, asook die gesondheidstoestand van verskillende organe bv. hart, niere, lewer ens. In daardie opsig werk die hart en organe saam, en bloed is die belangrike komponent tussen hierdie organe. Hierdie is natuurlik meer verwysend na die uiterlike mens (asof, se siel), maar die mens is nie net uiterlik van aard nie, maar het ook 'n innerlike mens, en het dus nie net 'n letterlik siel nie, maar ook 'n siel figuurlik gesproke. Die mens is dus nie net letterlik liggaam, siel en gees nie, maar ook figuurlik liggaam, siel en gees, bv. selfs na die dood (vd uiterlike mens) het hy (die innerlike mens) steeds 'n vorm, kan sien en hoor en dink en praat ens. Ons moet dus nie net kyk na die woord siel in letterlike betekenis nie, maar ook weet waarna die "siel" figuurlik verwys...

Die siel kan verder vgl. word met saad of plant of boom (wat geplant word, en groei en vrug dra).  Hierdie is veral beeldspraak wat gebruik word van die innerlike mens. Gelowiges word bv. voorgestel soos saad of bome wat groei en vrug dra... (en iemand se VRUG sal eendag bepaal of hy doodgaan of nie!). Net soos die uiterlike mens sterwe sonder kos en water, net so sal die innerlike mens sterwe sonder kos en water.  En die soort kos en water het ook 'n invloed op groei en hoedanig die vrug lyk;  maw, net soos kos en water 'n invloed het op die liggaam, hart, organe ens. (m.a.w. "liggaam en siel" letterlik gesproke), net so het geestelike kos en water 'n invloed op die innerlike mens as "siel" (bv. verwysend na wie dit is in wie iemand glo en wie dit is vir wie hy dien, wie sy bron is, en bv. wat hy sien as waarheid..ens.) - wat iemand inneem het dus beslis 'n invloed op sy groei, en sal bepaal wat se soort vrug hy dra... As 'n kind van die Here  bv. verkeerde kos en water inneem (m.a.w. liewer sy vertroue plaas in wereldse wysheid en rykdom, of afgode begin aanbid of ander afgodspraktyke begin volg), dan sal dit beslis 'n invloed he op beide sy groei en die soort vrug wat hy uiteindelik dra  / of hy staan dan die gevaar om die goeie vrug wat hy alreeds dra, te verloor (kyk die gelykenis vd saaier). Wanneer Christus terugkom, gaan elkeen se vrug geoes word...
Bestudeer gerus die volgende onderwerpe in 'n geestelike betekenis:
- "water": https://warechristene.blogspot.com/2018/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
- "kos": http://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
- "bekleding": https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
UITEENSETTING:

Die woord "SIEL" is die:
- Hebr. woord "neh'-fesh" (Gen. 1:30; 12:13; 17:14 ens.)(word letterlik of figuurlik gebruik)(verwys veral na 'n wese wat asemhaal, bv. dier of mens), en het die volgende betekenisse: (enige, aptyt, dier, liggaam, haal asem, gedierte, dood (elik), begeerte, tevrede, vis, gees, gulsig, hy, hart, lewe, lus, man, my, beslissing of hart, verganklikheid, een, eie, persoon, genot, die self, hulle (self), ding, wil);
- Gr. woord "psoo-khay'" (Matt. 10:28; 12:18; 26:38 ens.)(word letterlik of figuurlik gebruik), en het die volgende betekenis: (hart, lewe, beslissing, siel, wese-ons,jy).

-------------------------------------
Vir 'n meer vollediger opsomming om die woord SIEL beter te verstaan, moet ingekyk word op die volgende woorde (woorde soos bo gesien in Hebr en Griekse betekenis vd woord):
-  lewe / lewende wese/siel (en die belangrikheid hier van asem);
-  die siel (of  die mens as siel ) letterlik en figuurlik bedoel;
-  hart (en organe)(en die belangrikheid hier van kos en water); en

-  bloed (siel in bloed)(en die belangrikheid hier van uit watter saad iemand gebore is).

Die begrippe lewende wese of lewende siel verwys na alles wat DIE ASEM VD LEWENSGEES IN HULLE NEUSGATE HET - want asem verander hulle in lewende siele... ! (Gen. 7:22,23; 1:20,21,24; 2:19; 9:10,12,15,16; Lev. 11:10,46; Deut. 11:6; Eseg. 47:9; Openb. 16:3). Daar word baiemaal na mense verwys as bloot SIELE (Gen. 46:15; Eks. 1:15; Hand. 2:41 ens.), maar dit beteken nie dat die mens net uit siel bestaan nie (want hy bestaan uit liggaam, siel en gees), maar is verwysend na die feit dat hulle "lewende wesens" is, en verwys veral na "uit watter bloed iemand gebore is" (bv. "vlees en bloed" - die natuurlike mens is kinders van Adam / verganklike bloed) - dit gaan dus oor die bloed wat deur hulle are loop.  Mense van dieselfde bloed is van dieselfde familie of van dieselfde volk. M.a.w., ons moet vra uit watter saad iemand gebore is om te kan weet "van watter bloed hy is".  Volgens bg. Hebr en Gr. woorde, kan ons "die SIEL" dus soos volg opsom - die begrip "siel" verwys na:
- (1) 'n enige wese ("ding" - ons/jy) -  is " 'n siel " (het 'n lewende siel)(hetsy mens, dier, vis);
- (2) is letterlik (bv. verwysend na siel asof vd uiterlike mens), en is ook figuurlik (bv. verwysend na siel asof vd innerlike mens);
- (3) het 'n aptyt en liggaam (verwysend na die hart en organe / bloed en die belangrikheid van kos en water);
- (4) haal asem, lewe, en i.g.v. die mens kan doodgaan - is verganklik (verwysend na die saad waaruit iemand gebore is);
- (5) het 'n gees (nie net letterlike asem nie, maar verwys ook na die innerlike mens want die mens as "siel" figuurlik gesproke het ook asem nodig om te kan lewe);
- (6) het 'n hart (nie net letterlik hart en organe nie, maar kan bv. beslis, en het begeertes, gevoelens - 'n wil)(verwys na die innerlike mens).

Die mens is dus 'n "wese" (MENSLIKE WESE/ ook somtyds verwys na as " 'n SIEL") met 'n LIGGAAM, waarin daar 'n "lewende SIEL" is (Gen. 1:30)(leer meer hieroor onder die studie vd liggaam, onder die onderwerp "die self"), en hy kan nie 'n "lewende siel" wees sonder "gees"/ASEM nie - het m.a.w. ('n) gees (letterlik "asem" en is ook "gees"/innerlike mens). Ook al die diere van die aarde, die voëls van die hemel, en al die kruipende diere op die aarde het elk 'n lewende siel in hulle... (die met lewensasem in hulle neusgate).  Maar sonder die "liggaam" en "lewensasem" kan niks 'n LEWENDIGE SIEL of DING of WESE wees nie.  Die begrip "LEWENDE WESE" verwys dus veral na alles wat "die ASEM vd lewensgees in hulle neusgate het"... (want die "asem" verander hulle in lewende siele)(Gen 7:22,23)(bv. die MENS, die vee, kruipende diere, voëls van die hemel)(Gen. 1:20,21,24;  2:19;  7:4;  9:10,12,15,16; Lev. 11:10,46; Deut. 11:6; Eseg. 47:9; Openb. 16:3). Daar word ook in verskeie skrifte na 'n (lewende) wese verwys as bloot " 'n siel " (Gen. 17:14; 19:20; Eks. 12:15,19; Hand. 3:23 ens.).

Die Skrif leer vir ons dat wanneer iemand sterwe, "die siel uitgaan" (Gen. 35:18) - dit vewys na hoe die persoon ophou om 'n lewende wese te wees... - in so 'n geval kan ons sê dat die "siel aan die doderyk oorgegee word" (Ps. 16:10), waar die wese dan "verderf" (die uiterlike keer terug na stof). Vgl. dit met 1 Kon. 17:21,22 wat skets hoe die kind daar se siel hom verlaat het, maar hy weer lewendig word toe dit terugkeer... Ander woorde wat ook gebruik word (veral waar iemand vroeer sterwe...) is dat daardie "siel afgeies word" (Luk. 12:20)....  Hierdie verwys natuurlik na die dood ("eerste" dood), nie die tweede dood nie. Hier sien ons "SIEL" o.a. verwys na "VERGANKLIKHEID" (kinders van Adam/die natuurlike mens - gaan dood). Dus word daar somtyds na "doodgaan" verwys as "iemand se siel verlaat hom of word weggeneem" (1 Kon. 19:4), en verwys na hoe iemand ophou op 'n lewende siel te wees. Die mens is 'n wese WAT ASEMHAAL en LEWE (en die siel vd vlees is in die bloed - Lev. 17:11-rol af vir meer hieroor). Die menslike wese kan DOODGAAN (is m.a.w. verganklik). Maar hy kan nie 'n lewende wese wees op aarde as hy nie 'n liggaam het nie.  Sonder liggaam is hy soos 'n "gees sonder vlees en bene" (verwysend na die innerlike mens wat nie 'n uiterlike het nie - soos die geeste van afgestorwenes). Hy kan dus slegs 'n lewende wese op aarde wees "MET" 'n liggaam.  Die menslike wese is verder 'n wese met 'n aptyt en kan bv. nie lewe sonder kos en water nie.  Die menslike wese het 'n hart (en kan beslis en dink, het begeertes, gevoelens - 'n wil...). Somtyds word die woord "siel" nie net gebruik t.o.v. 'n menslike wese nie, maar word ook gebruik van 'n groep menslike wesens wat soos " 'n mens" gesien word, bv. die volk Israel in Num. 21:4 waar daar na die volk "se siel" verwys word soos daar van 'n persoon as 'n siel gepraat word (vgl. dit met Ef. 2:15 en 1 Sam. 30:6).  In hierdie vb. was die "siel" vd volk aangespreek om die toestand van hulle siele aan te dui (in hierdie geval was dit "ongeduld"). In ander woorde kan ons se dat dit gewys het hoe die volk se "hart" lyk of hoe hulle harte gelyk het. Kyk ook hoe die Christelike kerk voorgestel word as 'n nuwe "mens" - duidelik met liggaam, siel en gees.  Die woord "siel" word baiemaal gebruik om iemand se ware toestand van bv. hoe hy dink, sy oorlegginge, gevoelens, begeertes ens. te beskryf. Die begrippe "hart" en "siel" word in heelwat skrifte saam gebruik (gewoonlik figuurlik)(bv. 2 Kon. 23:25 ens.) en ons sien hier die verband tussen die beslissings, begeertes, gevoelens, wil ens. vd hart en "die siel".

 Elke "siel" is in die hand van sy Skepper, die Here (so ook is die gees/asem van alle mense - dus, as God die asem wegneem, kan niemand lewe of 'n lewende siel op aarde wees nie)(Job 12:10; 34:14,15).

SIEL IN DIE BLOED:

Bg. betekenis vd woord siel in die Hebr. en Grieks, is dan waarby ons stilstaan in hierdie studie, en is die manier waardeur die begrip SIEL verduidelik kan word, maar ons kan ook kyk na terme waarmee die woord "siel" vgl. word, bv. "bloed". 

Die tema van "bloed" is belangrik wanneer ons verwys na die siel, want die SIEL VD VLEES IS IN DIE BLOED! (of anders gestel, "die siel van alle vlees is sy bloed"; elkeen se bloed is met sy siel verbind...-Lev. 17:14)... In hierdie opsig sien ons dat SIEL nie net verwys na iets of iemand as "lewende wese" nie, maar ook verwys daarna dat die siel gesien kan word as na die siel = die bloed (Deut. 12:23)("die wese se lewe is in die bloed"). Ons ken die gesegde "sowaar as my siel leef!" (1 Sam. 17:55) wat verwys na die mens wat gesien word as "'n siel" en sy lewe is in sy siel (in sy bloed)! - natuurlik, solank hy asem het!, want wanneer hy sy laaste asem uitblaas dan leef sy siel nie meer nie (wat weer verwysend is na die verganklikheid van die kinders van Adam..., en daarom verwys "siel" nie net na die lewe in die bloed nie, maar ook na die verganklikheid vd mens as lewende wese). Geen mens kan lewe sonder bloed in sy liggaam nie, en geen organe kan funksioneer sonder bloed nie want sonder bloed kry hulle nie die nodige suurstof en minerale wat nodig is om te kan funksioneer nie.  Wanneer die hart stop en die bloed nie meer deur die liggaam pomp nie, hou die mens op om 'n "lewende siel" op aarde te wees (want die LEWE IS IN DIE BLOED!). Nadat die persoon sy laaste asem uitgeblaas het, gaan hy dood, en die liggaam keer terug na stof... (dit verwys na die uiterlike mens), en duidelik meer die LETTERLIK gesproke "siel" (mens hou dan op om 'n lewende wese te wees op aarde / bloed stop...).  Wat die SIEL aanbetref is daar geen hoop vir die natuurlike mens wanneer hy doodgaan nie.  Wanneer die mens doodgaan is hy soos "'n gees sonder vlees en bene" en wag op die "tweede dood"! Hierdie verwys na VERGANKLIKHEID (een vd betekenisse vd woord "siel"). Maar dit is natuurlik anders vir die geestelike mens!, want die geestelike mens se innerlike is vernuwe en hy het LEWE IN DIE BLOED VAN CHRISTUS, en het daarom die belofte van letterlike opstanding, en hy sal nie onder die oordeel van die tweede dood val nie...

_________________________________________________________________________________

Beeldspraak oor die siel: 
DIE SIEL kan beskryf word soos "SAAD":
"Saad" word vir verskillende dinge in die Skrif gebruik in vergelykings, bv. dat mense in die wêreld gesaai word... (Matt. 13) - "wêreld" word dan met grond vgl., en mense ("siele" / mense) soos saad. Hier sien ons hoe die woord siele somtyds gebruik kan word vir mense - vgl. dit met skrifte waar dit so gebruik word: Eks. 1:5, Gen. 46:25... Maar die woord siel verwys weer in ander skrifte spesifiek na die siel van elke mens (dan nie die mens "as siel" nie, maar "die siel vd mens"), bv. Eks. 30:15. Dit kan miskien verduidelik word deur die vb. van waar die mens in geheel voorgestel word soos saad wat in grond gesaai word (en lig en kos en water en omstandighede nodig het), bv. bome wat groei en vrug dra (Matt. 3:10; 21:43 ens.) - in hierdie geval kan die liggaam vd mens soos grond voorgestel word, die siel vd mens soos saad (en die gees vd mens soos lig) - soos ons inderdaad sien baiemaal die geval is in die Skrif.
Kom ons kyk na so 'n vgl.:
- die LIGGAAM vd mens word voorgestel met "GROND" (en is inderdaad uit grond gemaak!, en keer terug na stof wanneer iemand sterwe),
- die GEES VD MENS word voorgestel met lig (die mens word 'n "lewende siel" wanneer God asem/gees inblaas in die mens),
- die SIEL word voorgestel met "SAAD" (of plant of boom...)...iets wat GROEI en VRUG DRA.  Die beeldspraak word graag in die Skrif gebruik waar mense voorgestel word met saad; bv. gelowiges, hoe hulle in die wêreld gesaai word om te groei en moet vrug dra...(http://warechristene.blogspot.com/p/blog-page.html) - en hoe hulle vrug geoes word wanneer Christus terugkom. Die gelowige se hart kan bv. so gesien word soos 'n plant (neem kennis dat siel baiemaal vgl. word met hart).  Bv., die geestelike mens wat weer gebore word deur die Heilige Gees dra vrug tot ewige lewe... (Rom. 6:22; Spr. 11:30; Joh. 4:36 ens.), maar die natuurlike mens dra vrute vir die dood.
'n Plant het lig nodig om te kan LEWE. Op dieselfde wyse het die menslike wese "lig" of gees nodig om te kan lewe (vgl. met tema van "lewende siele") - kan dus nie lewe sonder die letterlike asem ("lig") wat God vir hulle gee nie, en as die mens sy laaste asem (letterlik bedoel) uitblaas (as dit donker word en die gees of asem hom heeltemal verlaat) dan gaan hy letterlik dood...  (kyk gerus ook die beeldspraak van hoe hierdie figuurlik gebruik word in die skrif van "kinders vd nag" en "kinders vd dag"). Ons weet ook hoe belangrik water en kos is vir saad om te groei (tot plant/boom, en vrug dra) en LEWE.  Op dieselfde wyse het die siel vd mens WATER en KOS nodig - letterlik en figuurlik!  LETTERLIK  is water baie nodig vir liggaam en organe, en terloops weet ons dat BLOED ook baie water bevat. En as die mens geen voedsel eet nie, sal hy uiteindelik doodgaan, want hy is 'n LEWENDE WESE met 'n APTYT en het kos nodig om te kan lewe.
Op dieselfde wyse wat ons as "siele" letterlik kos en water nodig het (die uiterlike mens), so het ons FIGUURLIK gesproke ook kos en water nodig! (die innerlike mens)(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html) ;
(https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk wat ons kan leer oor "DIE SIEL" uit Jesus se woorde:
(1)  Niemand kan die siel doodmaak nie, behalwe God:
- (Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. - hier lyk dit of Jesus die woord "siel" gebruik vir die innerlike mens. God kan iemand se siel verderwe, en die manier hoe Hy dit doen is deur dit te laat verderwe in die hel.  Dit wil dus voorkom of in hierdie skrif die woord liggaam meer verwysend is na die uiterlike mens, en die woord "siel" na die innerlike mens. Vgl. dit met Jak_5:20  ("laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n SIEL UIT DIE DOOD SAL RED en ‘n menigte sondes sal bedek") - duidelik verwys hierdie nie na die (eerste) dood nie, maar na die tweede dood wanneer die wie se name nie in die boek vd lewe is nie, veroordeel sal word tot die hel. 

(2) Die siel / innerlike mens is belangriker as die uiterlike mens:
- (Mat_16:26  - "Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?"). Die siel verwys weer-eens hier na die innerlike mens, wat terloops sal skade ly as iemand nie homself verloen en sy kruis opneem en vir Jesus volg nie - elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor;  maar elkeen wat sy lewe om Jesus se ontwil verloor, sal dit vind (v. 24,25). Daar is geen losprys vir die siel nie, behalwe in Jesus Christus. (Vgl. hierdie met punt 1). Om vir die uiterlike mens te sorg is belangrik, ja, maar dit is belangriker om vir die innerlike mens te sorg - vgl. dit met die tema van "oefen in godsaligheid", wat belangriker is as liggaamlike oefening. 

(3)  Die siel vd mens word somtyds gebruik om die mens te toestand te beskryf:
Die siel word baiemaal gebruik om te beskryf hoe iemand voel of dink of redeneer of hoe hy "sien". In hierdie geval verwys dit nie na die letterlike hart en bloed en organe nie, maar na die innerlike mens. Net soos die fisiese hart en organe beinvloed word deur dit waaraan die liggaam blootgestel word (bv. weersomstandighede, kieme, inneem van kos en water ens.), en bloed 'n prentjie is van die mens se gesondheid, oorsprong ens., net so word die innerlike mens beinvloed - en die siel beskryf hierdie toestand! (maw, iemand se oorsprong, hoe hy dink en "sien" en verstaan, hoe hy voel en hoe gesond hy is ens.).
Bv., die siel kan beskryf hoe iemand voel:
-(Mat_26:38  Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My);
-(Joh_12:27  Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom). 
Of wys wat iemand begeer:
-(Luk_12:19  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Luk_12:20  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?).
Die "hart" (nie die fisiese hart nie) word ook baiemaal gebruik om hierdie dinge te beskryf, en word dus gesien of kan vgl. word met die siel vd mens:
(Mat 5:28)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
(Mat 11:29)  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
(Mat 12:34)  Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
(Act 4:32)  En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
Mar_12:30  "en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod"
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: