Donderdag 11 Januarie 2024

Opstandings / herlewings oor al die eeue

Hierdie is 'n kort OPSOMMING VAN OPSTANDINGS/HERLEWINGS OOR AL DIE EEUE:

Is daar iemand in die geskiedenis wat opgestaan het uit die dood?  Ja! 

In hierdie opsomming kyk ons na hierdie of sulke gevalle, asook wanneer nog toekomstige opstandings of herlewings sal plaasvind.  Alle mense sal opgewek word om geoordeel te word... (alhoewel nie almal in dieselfde soort liggame opgewek sal word of ditto liggame sal ontvang nie). Wat toekomstige opstandings of herlewings aanbetref sal die EERSTE OPSTANDING plaasvind aan die einde van "hierdie eeu" (wanneer Jesus terugkom) - die ander dooies sal eers HERLEWE aan die einde van die "volgende eeu" (aan die einde van die 1000 jaar)(Openb. 20:5,6). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) Jesus het EERSTE OPGESTAAN uit die dode (Hy is die "EERSTELING" - die "eerste" wat opgestaan het vd wat ontslaap het... -1 Kor. 15:4-8,20,23; Hand. 26:23; Kol. 1:18; Openb. 1:5).  Voor Hom was daar mense wat opgewek was uit die dood, ja (bv. Lasarus-Joh. 11:11-27)(en Eútichus-Joh. 20:7-12), maar dit was nie dieselfde soort opwekking as waarna "die opstanding" verwys nie; maar was bv. eerder slegs 'n verlenging van hulle lewens wat hulle gehad het (en hulle het weer doodgegaan) - hulle het m.a.w. opgestaan in ditto verganklike liggame. Die liggaam waarin Jesus egter opgestaan het was 'n ander 'n ander soort liggaam (1 Kor. 15:38-42), is bv. 'n "verheerlikte geestelike onverganklike liggaam" - dit is 'n liggaam wat nie kan sterwe nie (Luk. 20:36) en deur geslote deure of mure kan gaan (Joh. 20:19,26);  en alhoewel dit o.a. 'n "geestelike liggaam" genoem word is dit 'n vatbare liggaam (Joh. 20:20,27/"vlees en been") - die persoon kan kos eet (Luk. 24:42,43) en is steeds herkenbaar, maar dit wil voorkom of so 'n liggaam ook van gedaante kan verander (Mark. 16:12; Joh. 19:20 ens.).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Daar was alreeds 'n "opstanding" van heiliges net nadat Jesus uit die dood opgestaan het (Matt. 27:52,53). Jesus Christus het eerste uit die dood opgestaan en daarna was daar 'n opstanding van ander heiliges..., maar was dit dieselfde soort opstanding? Daar is min inligting oor hierdie spesifieke "opstanding" van heiliges (wat net na Jesus se dood en opstanding plaasgevind het-Matt. 27:53). Na wie hierdie groep verwys, en of hulle in verheerlikte liggame opgestaan het, is nie seker nie...- ditis bes moontlik bloot mense wat nie lank dood was nie maar weer lewe gegee is (dus opgewek in ditto verganklike liggame en dus weer gesterwe het)(?).  

Al wat die Skrif hieroor leer is dat 
- (1) Jesus eerste opgestaan het uit die dood (Hand. 26:23), en na Sy opstanding 
- (2) het sommige grafte oopgegaan en baie liggame van ontslape heiliges het opgestaan en ook uit die grafte uitgegaan, en in Jerusalem ingegaan en aan baie mense verkyn...(27:52,53)(hierdie is duidelik 'n historiese gebeurtenis, maar ons weet nie wat met hierdie mense gebeur het nie). 
- Die volgende opstanding (3) sal wees wanneer Jesus terugkom, en word gewoonlik na verwys as "DIE OPSTANDING" (of die woorde "eerste opstanding" word gebruik, omdat dit die eerste is van toekomstige opstandings of herlewings...). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Toekomstige opstandings/herlewings:

(3)  Die wat in Christus gesterf het sal uit die dood uit opstaan in "DIE OPSTANDING"
"DIE OPSTANDING" is 'n begrip wat spesifiek gebruik word vir die opstanding vd kinders van die Koninkryk, wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu")(1 Kor. 15; Jes. 25:8; Hos. 13:14; Matt. 22:23-31; Joh. 11:24,25; Hand. 17:32; 26:23; Fil. 3:11; Hebr. 11:35). Opstanding of herlewing gaan gepaard met oordeel - die wat bv. deel het aan die volgende opstanding (wanneer Jesus terugkom),  sal voor CHRISTUS SE REGTERSTOEL verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10; Joh. 5:29; Matt. 25:31,32; Joh. 5:22; Hand. 10:42; 17:31; 1 Kor. 4:5; 1 Pet. 4:5). Wanneer Hy terugkom sal Hy die wat in Hom ontslaap het (se geeste) saam met Hom bring (1 Thess. 4:14) en hulle liggame sal opstaan (1 Thess. 4:14-16)(sommige sal opstaan tot lewe en sommige tot veroordeling-Joh. 5:29), en dan sal die (heiliges) wat in die lewe oorgebly het ook nuwe liggame kry (waarna oor die algemeen verwys word as "die wegraping"-1 Thess. 4:16,17). En l.w. dat geestelike mense wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, se liggame ook verander sal word! (hierdie is meer bekend as "die wegraping", en is terloops deel vd "opstanding" - wanneer Jesus terugkom sal "die opstanding" eerste plaasvind, en daarna die "wegraping"...). 

(4) die ander DODE SAL HERLEWE aan die einde van die "volgende eeu";  m.a.w., die wat nie opstaan aan die einde van "hierdie eeu" nie (die wat nie deel het aan "die opstanding" nie), sal herlewe aan die einde vd "volgende eeu" - m.a.w. na of aan die einde van die 1000jaar tydperk-Openb. 20:5, en hulle sal in die WIT TROON OORDEEL verskyn (Openb. 20:11-15). Dan sal die dood en doderyk in die poel van vuur gegooi word.. (ook genoem, die "tweede dood"/wanneer beide die liggaam en siel verderf word/Matt. 10:28).  Die see en dood en doderyk sal die dode gee wat daarin is (Openb. 20:11-15), en elkeen sal geoordeel word volgens hulle werke... Hierdie geval van "dooies wat herlewe" aan die einde vd "volgende eeu" moet dus nie verwar word met "die opstanding" aan die einde van "hierdie eeu" nie - die opstanding vind plaas wanneer Jesus terugkom (en almal wat deel het aan die opstanding sal voor die regterstoel van Christus verskyn), maar die ander dooies sal eers herlewe aan die einde van Sy 1000-jaar regering (en hulle sal voor die wit troon oordeel verskyn)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: