Donderdag 14 April 2022

Dwaal / dwalendes

Die volgende onderwerpe kan saam met hierdie onderwerp behandel word:
https://warechristene.blogspot.com/2013/08/versoeking-2.html (waar iemand deur sy eie begeerlikhede weggelok/weggesleep word);
_________________________________________________________________________________________
Inleiding:

"Dwalendes" verwys na mense wat AFDWAAL, VERLEI WORD, VERKEERD GAAN, WANDEL ROND (soos dronkes), VERLAAT HULLE "PLEK"... ens. Die groot rede waarom gelowiges somtyds DWAAL, is wanneer hulle VERLEI word (bv. verlei word deur die duiwel)(verlei deur 'n mens)(verlei deur sonde-Hebr. 3; Gal. 6), of VERSOEK word (bv. versoek word deur hulle eie begeerlikhede, of hulle harte verhard deur die verleiding vd sonde -"bose of ongelowige harte"...ens.)(Jak. 1; Hebr. 3). 

- Die term "dwalendes" word gewoonlik hanteer in konteks met "gelowiges" wat "ONGELOWIG" is - hulle dwaal (bv omdat hulle die kennis vd Here verwerp). 
- Die wat "geen wortel het nie" is ook geneig om maklik af te val in tyd van versoeking (sien 2de groep in die gelykenis vd saaier), en word tipies nie beskryf as "is ongelowig" nie, maar hulle "glo net vir 'n tyd" - word dus wees ongelowig. 
- Selfs gelowiges wat vrug dra maar deur die sonde versoek en oorval word (Gal. 6), word ook gesien soos "dwalendes", want wat jy saai sal jy maai!  (vgl. hierdie gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier , wat verwys na die wat onder die dorings saai en wie se vrug dan deur die dorings verstik word; bv. deur die sorge en rykdom en genietinge vd lewe...).  
- Somtyds mislei iemand homself! (Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18) - hierdie verwys tipies na die wat afdwaal vd kennis van God en 'n verkeerde dink-en sienswyse regverdig (1 Kor. 15) - hulle mislei / lieg vir hulleself... - hulle harte dwaal op 'n ander weg. Diesulkes word baiemaal verlei deur wereldse sieninge en DWAAL dan af deur hulle hoop daarin te plaas eerder as in die kennis vd God (1 Kor. 15 of 6). 
- Dwalendes word ook somtyds vgl. met mense wat "SLAAP" (is nie waaksaam nie) of  is "DRONK" (die sinne is bedorwe, of is dronk van sonde of van deelname aan afgodspraktyke...). 
- Baiemaal is die rede waarom gelowiges dwaal, omdat hulle nie die Skrif ken nie;  of nie die krag van God ken nie! (Mark. 12).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Om te verstaan wat met die term "dwalendes" bedoel word, kan ons kyk na 'n paar skrifte waar die woord "dwaal" of "dwalende" gebruik word:

(Jak. 1:16)  Moenie dwaal (Gr. woord "plan-ah'-o", wat beteken "dwaak af, word verlei, gaan verkeerd, wandel rond, verlaat plek) nie, my geliefde broeders. Die konteks hier gaan hierdie oor die wat versoek word deur hulle eie begeerlikhede..., weggesleep en verlok word (v.14). As die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort (v.15).

(Heb 3:10)  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie. Konteks? Vgl. met die wat in die woestyn omgebring is - die met bose en ongelowige harte (v.12), die wie deur die verleiding vd sonde hulle harte verhard het (v.8)...  Christene word gewaarsku teen hierdie afvalligheid, en dit word hier beskryf as "dwaal met die hart". Hierdie ongelowiges "kon nie ingaan nie" (v.19).  

(Gal 6:7)  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Konteks? Gaan oor die wat versoek word en deur 'n sonde oorval word (v.1). Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai (v.8).

(1Kor. 15:33)  Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes. Konteks? Die wat afdwaal van die kennis van God.  In hierdie gedeelte was daar mense in die gemeente wat nie geglo het in die opstanding vd dode nie (v.12). (1Kor. 15:34 - "Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming"). Hierdie kan vgl. word met die tema van wat dit beteken om "nugter" te wees (en nie "dronk" nie). Die wat die kennis van God verwerp is soos mense wat dronk is (bv. dronk van mensgemaakte gebooie of wereldse kennis) - hulle sinne is bedorwe - hulle praat bog! Sleste gesprekke bederf goeie sedes... (v.33).

(1Kor. 6:10)  Moenie dwaal (mislei word) nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. Konteks? In hierdie skrif verwys die woord dwaal na die wat mislei word om sonde te regverdig.  In hierdie geval was daar 'n probleem in die kerk (1 Kor. 5:1) - iemand het die vrou van sy vader gehad (en dit lyk nie of hy aangespreek was daaroor nie - was nie "binne geoordeel" nie).  Nog 'n probleem was dat hulle gaan reg soek het by onregverdiges en ongelowiges i.p.v. by heiliges - hierdie soort ding kon maklik liewer onder hulleself opgeklaar word omdat die wêreld nie altyd sien soos die Here sien nie (hulle kan bv. sonde regverdig wat nie vir die Christen geoorloof is nie). Christene moet geoordeel word volgens Christelike waardes/reëls.

(Mark. 12:27)  God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks. Konteks? In hierdie gedeelte het dwalendes verwys na die Sadduseërs Mark. 12:18, die wat kennis van God verwerp het (hulle het bv. nie geglo in "die opstanding" nie, 'n Skriftuurlike lering). Die redes wat Jesus hier gee (waarom hulle dwaal), is omdat hulle nie die Skrifte ken nie en ook nie die krag van God ken nie! (Mark. 12:24). Sulke mense/gelowiges redeneer gewoonlik nie baie logies nie - die Sadduseërs het bv. nie eens verstaan dan as hulle glo dat daar geen opstanding is nie, dit sou beteken dat God 'n God van dooies is nie... - dit is wat met diesulkes gebeur, hulle het groot redenasies maar hulle redenasies maak nie regtig sin nie. Hulle gaan verkeerd omdat hulle nie ag gee op die waarheid nie.

- (Spr. 7:25)  Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal (Hebr. woord "taw-aw'", wat beteken om af te dwaal, word verlei, gaan verkeerd, dwaal rond) nie rond op haar paaie nie". Konteks? Die jong seun word gewaarsku om nie agter hoereerders/egbreeksters (v.18,19) aan te gaan nie... Haar weë lei na die dood (v.26,27). Hy moet sorg dra dat sy hart nie afwyk nie... In hierdie geval verwys "om te dwaal" na iemand wat hom deur sy eie begeerlikheid laat verlok en wegsleep.

- (Psa 95:10)  Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie".


OPSOMMING:
Na wie verwys "dwalendes" volgens bg. skrifte?
- die wat deur hulle eie begeerlikhede verlok word (Jak. 1; Spr. 7);
- die wat deur die verleiding vd sonde hulle harte verhard (bose en ongelowige harte)(Hebr. 3);
- die wat deur 'n sonde oorval word (word versoek)(Gal. 6);
- die wat afdwaal vd kennis van God en/of mislei word om te dink soos die wêreld (1 Kor. 15; 1 Kor. 6);
- die wat verkeerd sien en glo omdat hulle nie die Skrifte ken nie, en ook nie krag van God ken nie (Mark. 12).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DWALENDE ENGELE: 2 Pet. 2:4 leer vir ons dat daar 'n groep engele is WAT GESONDIG HET, en dat hulle nie gespaar is nie... (maar in die hel gewerp en aan kettings vd duisternis oorgegee is - word in bewaring gehou vir die oordeel). Vgl. dit gerus met Jud 1:6 - "En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar". Hierdie engele is engele wat gesondig het - hulle het "die Here verloën" en hulle woning verlaat... (Job 4:18 - "Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling") - hulle het m.a.w GEDWAAL (kyk ook Job 15:15,16). 

L.w. dat die doel vd ewige vuur, of "poel van vuur en swawel", oorspronklik bedoel is vir die duiwel en sy engele! (Openb. 20:10; Matt. 25:41) - mense wat DWAAL kan dus ook hier opeindig...

Geen opmerkings nie: