IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAT PRESIES DIE WOORD "ONREGVERDIG" BETEKEN, OF NA WIE PRESIES "ONREGVERDIGES" IN DIE SKRIF VERWYS.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING:
Die woord "onregverdiges" kom in sowat 7 verse voor in die N.T., en is die Gr. woord "ad'-ee-kos", wat beteken "ongeregtig of onregverdig".
Die woord "onregverdig" word sowat 9 keer in die Bybel gebruik (die Hebr. woord "eh'-vel", wat verwys na boos - ongeregtigheid, perversiteit, ongeregtig, goddeloos).
Die woord "onregverdige" kom sowat 18 keer in die Bybel voor (Gr. woord "ad-ee-kee'-ah", wat verwys na onreg, moreel verkeerd (lewe, karakter, dade) - (=ongeregtig/heid, onregverdig, verkeerd).
Ons kan dus ook op beurt inkyk op die woorde "ongeregtiges"en "goddeloses" (Gen. 18:23) om hierdie begrip beter te verstaan. In Gen. 18 word daar na die onregverdiges/goddeloses in die stad verwys as "hulle sondes was baie swaar" (Gen. 18:20) - tipies verwys dit na iemand wat moreel verkeerd lewe wat karakter en dade aanbetref, en baiemaal is die rede waarom hulle ander benadeel, sodat hulle self voordeel daaruit trek. Gen. 13:13 verklaar o.a. dat die manne van Sodom sleg was en groot sondaars voor die Here... (o.a. seksuele sondes-Gen. 19:5). Op beurt verwys die begrip "ongeregtiges" gewoonlik ook na mense wat "moreel boos" is (en hulle bv. nie van hulle sonde bekeer nie). Vir 'n studie oor "goddeloses", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html) - goddeloses word bv. ook tipies as slegte mense bestempel, en die woord "goddeloos" beteken boos.
In sekere verse sien ons dat onregverdiges nie 'n goeie oordeel kan oordeel nie (1 Kor. 6:1; Ps. 82:2), nl. hulle is partydig teenoor die goddelose, en verdraai die reg.../Lam. 3:36). Hiedie is opsetlik!, en wanneer 'n onregverdige dit doen dan ly die regverdige daaronder. Volgens 1 Pet. 2:19 doen onregverdiges leed aan ander (1Pe 2:19 - "Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly"). G'n wonder die bokke in Matt. 25 word ook na verwys as "onregverdig", want hulle is onbarmhartig teenoor ander mense. Somtyds dink mense dit kom hulle toe om iemand anders te vervloek, en hierdie is baiemaal 'n teken dat iemand onregverdig is. Onregverdiges sal selfs die reg verdraai (Ps. 82:2), soos kwaadsprekers doen, om iemand te vervloek of vir die voordeel wat hulle daaruit kan trek. Onregverdigheid gaan baiemaal gepaard met verdrukking en afpersing (Jer. 22:17); gewoonlik om mense sonder oorsaak onregverdig te behandel (Ps. 119:78)(hierdie word alles beter in die volgende paragrawe bespreek).
Die vraag is nou of dit in die konteks is van kinders vd Koninkryk wanneer daar in die Skrif verwys word na onregverdiges?, of verwys die begrip na heidene? Die antwoord is dat in meeste gevalle word daar na onregverdiges verwys word, word daar gepraat van die onregverdiges "onder die kinders vd Koninkryk". Nie almal onder God se volk is regverdig nie!, alhoewel hulle is veronderstel om te wees... Wat sal word van hierdie mense wanneer Jesus terugkom? Jesus het dit baie duidelik gemaak dat onregverdiges nie die koninkryk van God sal beerwe nie. Kyk bv. na (1 Kor. 6:1-10) - onregverdiges is baie ongelowig; bv., in die betrokke gedeelte word daar na onregverdiges verwys as ongelowiges (kyk v. 6 - hierdie verwys na kinders vd konkryk wat ongelowig is!, want logies gesproke het heidene nie eens die belofte dat hulle die koninkryk van God sal beerwe nie). In v.9 word die stelling gemaak dat onregverdiges nie die koninkryk van God sal beerwe nie... (kyk ook : 2Pe_2:9 " die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS: DIE WOORD "ONREGVERDIGES":
Die woord "onregverdiges" kom in sowat 7 verse voor in die N.T., en is die Gr. woord "ad'-ee-kos", wat beteken "ongeregtig of onregverdig").
Een groot verskil tussen regverdiges en onregverdiges, is dat onregverdiges iemand vervloek wanneer hulle dink dit kom hulle toe; maar wat die Here eerder van ons verwag, is om selfs ons vyande te seen. God is nie 'n
aannemer van die persoon NIE, en Hy verwag van Sy kinders dieselfde! (
Mat_5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges). Die Fariseër in Luk. 18:11 het homself nie as 'n onregverdige beskou nie; tog het hy homself verhoog asof hy meer in guns moet wees by die Here. Christene maak baiemaal hierdie fout dat hulle dink hulle verdien meer omdat hulle kinders vd Here en en goeie dade doen. Dat die Here inderdaad luister na die hulpgeroep van regverdiges en mense antwoord wat vir Hom raadpleeg, is verseker, maar dit is nie omdat jy dit verdien nie... Die Here laat sy son opgaan oor slegtes en goeies!, en Hy het dit bewys! (
1Pe_3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees).
Soos bo gesien is een van die tekens dat iemand onregverdig is, is dat hulle die reg verdraai (Ps. 82:2). In 1 Kor. 6 word die gemeente aangepraat oor die feit dat hulle na onregverdiges gaan vir regsake (1Kor_6:1 Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?). Die rede waarom Christene somtyds gaan hulp soek by die wereld met regsake (en nie by die kerk nie), is sodat die ander party deur die wereld geoordeel kan word, en ons weet dat die wereld se manier van "sien" baie anders is as hoe die Here sien. Hierdie is die manier vd onregverdige om die regverdige te laat lei, want op hierdie manier kan hy miskien die reg verdraai of veroorsaak dat die heilige verkeerd geoordeel word.
Wat die toekomstige opstanding aanbetref, sal dit nie net regverdiges wees wat sal opstaan nie, maar ook onregverdiges (Hand_24:15 en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges) - Jesus het geleer dat sommige sal opstaan tot veroordeling! (Joh. 5:28,29). Onregverdiges kan nie verwag om op te staan "tot lewe" as hulle moreel verkeerd gedoen het teen ander mense nie (Jak. 2:13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel). ONREGVERDIGES SAL NIE DIE KONINKRYK VAN GOD BEERWE NIE! (1Kor._6:9). Die ONREGVERDIGES onder die kinders vd Koninkryk mag dalk voorkom of hulle saligheid het, maar die waarheid is dat geloof sonder werke is dood (2Pe_2:9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS: DIE WOORD "ONREGVERDIG'":
Die woord "onregverdig" word sowat 9 keer in die Bybel gebruik (die Hebr. woord "eh'-vel", wat kan verwys na boos - ongeregtigheid, perversiteit, ongeregtig, goddeloos).
Wanneer iemand onregverdig is doen hy leed aan 'n ander - somtyds moet kinders vd Koninkryk sulke leed (om onregverdig te ly) verdra! (1 Pet. 2:19). Die Here laat baiemaal toe dat iemand leed verdra, soos Job... (Job 19:6), maar die regverdige wat deur so iets gaan moet na die Here roep vir hulp en Hom vra vir krag om dit te kan verdra, want God handel nie onregverdig nie, en verdraai nie die reg nie... (Job 34:12). God sal onregverdiges oordeel - hulle sal beskaamd staan (Psa_119:78 Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele). ONREGVERDIGHEID kan veral beskryf word as wanneer iemand ly onder iemand anders terwyl hy dit nie verdien nie... (kyk die woorde in Ps. 119:78 "hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het"). Dit is wanneer jy SONDER OORSAAK ONREGVERDIG BEHANDEL WORD, asof jy verdien wat oor jou kom - dit is soos om iemand te vergeld vir iets, terwyl hy eintlik onskuldig is. Hierdie tipe gedrag word baiemaal in die kerk gewaar, wanneer iemand bv. in opstand kom teen die waarheid en die persoon wat die waarheid verkondig, haat (wat baiemaal tot gevolg het dat die onregverdige vervloek, in plaas van seen). Ons mag miskien dink dat verkeerde oordeel ons dan reg gee om onregverdig op te tree, maar selfs in so 'n geval verwag die Here steeds van jou om regverdig te wees (ons moet selfs ons vyande liefhe). Mense wat regverdig is is nie partydig nie, maar sal toesien dat reg geskied - hierdie is die voorbeeld wat die Here vir ons stel, en ons behoort daardie voorbeeld na te volg (Heb_6:10 Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.). Die Here verwag van ons om reg te laat geskied waar reg toekom.
Onregverdiges word baiemaal gekenmerk aan partydigheid en onregverdige oordeel (
Psa_82:2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela). Dit is duidelik dat "onregverdiges" gesien word as die wat opsetlik onregverdig is (dit wys hoe hulle dink en die ander persoon wil vervloek). Onregverdige mense kan basies nie vetrou word nie! - hulle bewys dat hulle nie in die huidige lewe vertrou kan word, so hulle sal ook nie in die hiernamaals vertrou kan word nie (Jak. 2:13; 1 Kor. 6:9). As jy nie eens getrou kan wees in die bietjie wat die Here aan jou toevertrou nie, hoe sal jy eendag saam met Jesus kan regeer, want dan gaan baie meer jou toevertrou word (
https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/06/wie-is-geskik-om-saam-met-hom-te-regeer.html) (
Luk_16:10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig). God is regverdig!, en Hy kan nie toelaat dat onregverdiges eendag heers nie (
Rom_3:5 Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KONTEKS: DIE WOORD "ONREGVERDIGE":
Die woord "onregverdige" kom sowat 18 keer in die Bybel voor (Gr. woord "ad-ee-kee'-ah", wat verwys na onreg, moreel verkeerd (lewe, karakter, dade) - (=ongeregtig/heid, onregverdig, verkeerd)
Die woord "onregverdige" word in baie skrifte in konteks met "onregverdige wins" genoem, en dit is duidelik dat nie alle soorte "wins" wat iemand maak, altyd regverdig is nie! (Jes. 56:11; Jer. 8:10; Eseg. 22:13). Hierdie is 'n groot probleem in die besigheidswereld, want die wat onregverdige wins najaag is eintlik besig om bedrog te pleeg! - hulle buit mense uit, en in wese gaan dit oor "iemand benadeel sodat jy wins daaruit trek" (Jer_6:13 Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog). Sommige ander sondes het baie dieselfde beginsel, bv. om kwaad te spreek is ook om iemand te benadeel ter wille van voordele (valse profete laster bv. die waarheid., of hulle sal profeteer wat mense graag wil hoor ter wille van die voordeel wat hulle daaruit kan trek). Dit is duidelik dat onregverdiges o.a. op hierdie manier uitgeken kan word..., want onregverdige mense het nie die liefde wat hulle behoort te he nie (hulle gee nie om of iemand anders daaronder ly nie). Hulle buit ander uit of laat hulle swaarkry, en is sommige gevalle (soos in die tweede paragraaf beskryf) dink hulle die ander persoon verdien dit; en in hierdie paragraaf sien ons 'n ander geval hoekom hulle mense vervloek - sodat hulle hul eie sakke kan volmaak, of mense se guns kan wen, watookal... Onregverdige wins gaan gewoonlik gepaard met VERDRUKKING en AFPERSING (Jer_22:17 Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer) - sommige pleeg selfs moord ter wille hiervan (Eseg. 22:13,27; Jer. 22:17).
Onregverdiges staan ook op hierdie manier saam - hulle help mekaar om bedrog te pleeg... (
Psa_10:3 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE). Hierdie soort (verkeerde) wins word bv. baiemaal gemaak deur omkoopgeskenke wat aangeneem word, sodat die reg verdraai kan word - bv. dat die skuldige iemand betaal (deur geld of geskenke of gunste) om hom onskuldig te laat blyk, terwyl die onskuldige ly in die proses (
1Sa_8:3 Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.) - wanneer dit gebeur word die onskuldige skuldig gemaak, en die skuldige word onskuldig gemaak (Jes. 5:20)(
Spr. 17:15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel). (
Spr_1:19 So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe). 'n Goeie voorbeeld van iemand wat die reg verdraai, is die in Luk. 18 waarin Jesus vertel van die ONREGVERDIGE regter... - duidelik het hierdie "regter" in hierdie verhaal verwys na iemand wat die reg verdraai het sodat hy onregverdige wins trek en dus die arme weduwee laat ly... (
in die verhaal het selfs die onregverdige regter haar later so jammer gekry dat hy haar tot hulp gekom het. Jesus vertel daar dat as selfs die onregverdige regter na haar luister na baie gepleit, hoekom sal die Here, wat regverdig is, dan nie luister as ons bid nie... Dit mag miskien voel of dit hopeloos is wanneer ons onregverdig behandel word, maar ons moet aanhou bid en nie moedeloos word nie, want die Here is regverdig!)(
Luk 18:6-8 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?).
Regverdige mense haat onregverdige wins, wat wys dat hulle betroubaar is (Eks_18:21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien); maar onregverdiges is nie betroubaar nie..., maar eerder soos mense wat 'n gebrek het aan gesonde verstand! - hulle het wel wereldse wysheid, maar nie die wysheid vd Here nie (Spr._15:27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe)(Spr._28:16 ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng).
Jou woorde en dade wys wat in jou hart aangaan (Eseg._33:31 En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan).
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking