Wys tans plasings met die etiket onregverdiges. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket onregverdiges. Wys alle plasings

Saterdag 12 April 2025

Wolwe / Valse Profete

 In hierdie pos kyk ons waarna die begrip "wolwe" verwys in die Skrif. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------"Wolwe" in die Skrif verwys na VALSE PROFETE.

Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg... Hulle kan somtyds erken word aan die tekens wat hulle doen (sodat mense dink hulle is deur die Here gestuur), maar hulle is eintlik werkers van ongeregtigheid... (Matt. 7:15-23; Matt. 24:11,14,24; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13). Jesus het hulle voorgestel as mense wat "in SKAAPSKLERE is maar van binne "roofsugtige WOLWE"... - (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Hulle kom voor soos skape!, maar is eintlik wolwe.. - wat hierdie mense praat kom uit hulle "eie hart", en hulle praat soos die wêreld, of het dit verkry van ander bronne... (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8; Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). 

Kinders van die koninkryk word oor die algemeen na verwys as "skape" (1 Kon. 22:7,17; 27:17; 2 Kron. 8:16,17)( 'n term wat veral gebruik word vir die regverdiges en barmhartiges, Matt. 25; terwyl die begrip "bokke" weer gebruik word vir die onregverdiges en onbarmhartiges in die koninkryk van God). Jesus Christus is die Herder (soos 'n herder oor die skape aangestel...), en die wat Hom volg en Hom ken, is Sy skape... (Matt. 9:36; 26:31; Hebr. 13:20; ens.) - wolwe volg Hom nie, en hulle ken Hom nie! In 1 Pet. 2:25 word daar ook na die gemeentelede verwys as skape, maar ons moet verstaan dat onder die gemeentelede/skape is daar somtyds wolwe - nie almal in die kerk is noodwendig skape (nl. regverdiges/barmhartiges-Matt. 25) nie! - sommige is bokke, nl. onregverdiges/onbarmhartiges/Matt. 25, en sommige is "insgesluiptes" soos "onkruid" (wat lyk soos koring maar nie is nie). Wolwe lyk soos skape ("in skaapsklere") - hulle kom maw voor asof regverdig en barmhartig..., maar hulle is nie! (iseintlik  roofsugtig)(is onregverdig en onbarmhartig).  Hulle is "slegte bome"!

 "Wolwe" in die kerk verwys spesifiek na VALSE PROFETE (somtyds "ingesluiptes" wat voorgee hulle is profete, soos valses - Gal. 2:4; Jud. 1:4;  of bokke wat voorgee hulle is profete). Daar is mense wat insluip onder die kinders van die Koninkryk om die "skape te vang en uitmekaar te jaag", en die manier hoe hulle dit doen is deur profesie, maar valse profesie!  Hierdie mense gee voor dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie; en gee voor dat hulle deur Hom gestuur is, maar hulle is nie (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"). 

Hulle is SLEGTE BOME, en dra dus SLEGTE VRUGTE, en is soos gif in die kerk...("addergeslag")(Matt. 12:34; 15:18) - hulle PRAAT VERKEERDE DINGE (Hand. 20:29). Jesus het hulle o.a. beskryf as mense met "dorings en distels" (Matt. 7:16), wat wys daarop dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie, maar eerder "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge van die lewe". Hulle slegte vrug getuig dat hulle slegte bome is... (Matt. 12:35) - alhoewel die vrug wat hulle dra lyk soos goeie vrug (bv. geloof, liefde, barmhartigheid, ens.), is dit sleg - hulle sal bv. bely hulle glo, maar staan alewig in die pad van die wat die waarheid verkondig;  hulle sal barmhartigheid doen, maar doen dit bloot om geeer te word;..., ens. In Matt. 10 waar Jesus die dissipels uitstuur onder die volk (en o.a. na Sy dissipels verwys as "skape"), het Hy hulle gewaarsku om te pasop vir die wolwe onder die volk..., en hulle o.a. vertel hoe hulle (as gevolg van hierdie mense) vervolg sal word, maar hulle hul nie moet vrees nie - (Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe") - die "wolwe" onder die kinders vd Koninkryk is baiemaal die rede waarom die opregtes vervolg word. Hierdie "wolwe" beweeg onder die kinders van die Koninkryk asof hulle die Here ken, en gee voor dat hulle woorde van die Here kry (om te profeteer), maar hulle ken Hom nie regtig nie - en hulle is beslis nie deur Hom gestuur nie! Hulle is vals! Jesus het o.a. na hierdie mense verwys as "geveinsdes" (is "akteurs" - gee voor hulle is profete van die Here, maar hulle is nie). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONDERSKEI TUSSEN "wolwe" EN "verlore of dwalende skape": 

Wolwe verwys NIE na "dwalende skape" (die wat afgedwaal het-1 Pet. 2:25; Ps. 119:67; Jes. 53:6) nie. Dwalende skape kan "gevind" word en teruggeroep word, maar wolwe is soos vyande. Hulle is nie "skape" nie!, maar gee voor dat hulle is. Dwalende skape is egter soos "verlore skape"... (bv., die wat afdwaal in sonde of afdwaal vd waarheid), en die Here gee natuurlik om vir hulle en Sy wil is dat hulle terugkom na Hom toe (Matt. 10:6; 15:24; Luk. 15:4). Wolwe is anders want hulle ken nie die Here nie en wil Hom ook nie ken nie. Dit is somtyds moeilik om tussen die twee te onderskei, omdat een van die kenmerke van wolwe/valse profete is dat hulle verkeerde dinge praat... (Hand. 20:29,30) - en dit is ongelukkig wat dwalende skape ook somtyds doen (afgedwaalde skape praat ook somtyds verkeerde dinge omdat sommige "afdwaal van die waarheid");  dus, seker die rede waarom Jesus die dissipels spesifiek gewaarsku het teen die wolwe toe Hy hulle uitstuur na die "verlore" skape van Israel... (Matt. 10), want terwyl hulle met die verlore skape gaan gesels het moes hulle bedag wees daarop dat sommige van hulle lyk soos skape, maar eintlik wolwe was...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe kan jy wolwe uitken? 

Om meer te leer oor wie presies hierdie mense in die kerk is, kan ons begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor VALSE PROFETE.  Paulus het ook die volgende stelling gemaak toe hy met die ouderlinge in Éfese praat... - (Hand. 20:29,30 - "Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan") - een van hulle kenmerke is m.a.w. dat hulle "verkeerde dinge praat", en hulle doel is om die skape eerder na hulle te laat luister as na die waarheid, deur hulle eie sieninge en wereldse wysheid te verkondig. Hierdie mense doen baiemaal tekens en wonders sodat mense dink hulle ken die Here en is deur die Hom gestuur (Matt. 7:15-23; Matt. 24:24), In Eseg. 22:27 word wolwe beskryf as die wat "prooi verskeur" (Eseg. 22:27 - "Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak") - hierdie mense is baiemaal so wreed soos wolwe, en tree swaar op teen die skape. Wat wolwe doen is hulle VANG DIE SKAPE en JAAG HULLE UITMEKAAR (Joh 10:12). Baie skape is al op hierdie manier gevang om die wil van die duiwel te doen (Openb. 2:20,21), en vele skeurings wat in die kerk gebeur is a.g.v. valse profete! - deur die verkeerde dinge wat hulle praat en sommige mislei om 'n halwe waarheid of die leuen te glo... (1 Kor. 11:18,19)

-(1)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk... (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

-(2)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17). Hulle vrug getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In Matt. 12:34 verwys Jesus na hierdie "slegte bome" as "addergeslag" (giftige slang-geslag)... Dit wat hulle praat sal gou wys dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(bv., hulle verdraai die waarheid of verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van die wolwe, is dat hulle "verkeerde dinge praat" (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37).

-(3)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys gewoonlik na mense wat afvallig geword het van die geloof. Hulle kan nie goeie vrugte dra nie want die dorings verstik dit... (Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na "kinders van die Koninkryk", maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis word o.a. vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wereldse rykdom begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe. Dit is duidelik wat in die lewe vir hierdie mense belangrik is, en hulle word baiemaal geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., die rede waarom hulle mense mislei is gewoonlik om gesien of geëer te word... (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word.;  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit voordeel is van hulleself. Alhoewel nie alle kinders van die Koninkryk met dorings in hulle lewe valse profete is nie, is "dorings" een van die kenmerke van 'n valse profeet.

-(4)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het of nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), of (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hoekom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word ook beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor! (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van die kerk...

Kyk ook die woorde in 2 Tim. 4:4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene! (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is, want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik, en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik... Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! (moenie ander bronne raadpleeg nie) - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat sal eendag met die valse profete / die wolwe onder die kinders van die Koninkryk gebeur?

Wolwe sal nie die oordeel vryspring nie! (Matt. 10:14-16). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37), en hulle sal vervloek word tot die vuur (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3).  

- (Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

- (Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding").  

- (Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html


Sondag 15 Desember 2024

Godsaliges uit versoeking verlos

 In hierdie pos kyk ons na die begrip "godsaliges uit versoeking verlos": (2Pe 2:9) - "die Here weet om die godsaliges uit versoeking (Griekse woord "pi-ras-mos' wat verwys na beproewing - "om op die proef te stel")  te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word".


ROL AF VIR DIE VOLGENDE OPSOMMINGS:
- Kort opsomming
- Waarna verwys die begrip "godsaliges"?
- Waarna verwys "versoeking" en "oordeel" in hierdie gedeelte?
- Na wie verwys die onregverdiges in hierdie gedeelte?
- Verwys "versoeking" in hierdie gedeelte na 'n spesifieke tyd van beproewing? (vgl. met "uur van beproewing-Openb. 3).
- Wanneer gaan die godsaliges verlos word?
___________________________________________________________________________________
KORT OPSOMMING:

Hierdie skrif word baiemaal verkeerd verstaan omdat dit nie in konteks gelees word nie.  
-In konteks gaan dit oor wie geoordeel sal word en wie nie...,; 
-die begrip "verlossing van versoeking" verwys na die wat die toets deurstaan. 
Kom ons kyk na die konteks vd vers 
Volgens 2 Pet. 2:9 kan ons die volgende leer:
- (1) "die godsaliges word uit versoeking verlos";
- (2) "die onregverdiges word bewaar vir die dag van oordeel".   M.a.w., in hierdie skrif word die wat nie uit versoeking verlos word nie bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word (of anders gestel, die wat gestraf gaan word sal nie uit veroeking verlos word nie). In die gedeelte word onregverdiges vgl. met die wat nie godsalig is nie (m.a.w., die wat nie hulle lewens afsonder vir die Here nie - leef nie heilige lewens nie, leef vir volgens die Here se wil nie, maar leef vir hulleself of doen soos hulle self dink).

Godsaliges kom nie maklik onder versoeking nie (want hulle leef heilige lewens, en word dus op hierdie manier van versoeking verlos - word dus nie maklik deur die bose versoek nie); en selfs al word hulle versoek, oorwin hulle dit! (omdat hulle heilige lewens lewe),  en word op hierdie manier verlos van oordeel - hulle sal dus nie GEOORDEEL of GESTRAF WORD NIE -  hierdie is dan veral die belangrikste konteks van 2 Pet. 2:
- is die feit dat godsaliges (die heiliges/die wat heilige lewens lewe) nie gestraf sal word nie want die Here sal hulle verlos (van oordeel);
- en ook dat die wat heilig lewe hulleself beskerm teen versoeking
Maar die wat nie verlos word nie sal geoordeel word... 

Kom ons kyk wat word bedoel met "versoeking" en dit in konteks:  
Die woord versoeking hier is die Gr. woord "pi-ras-mos'", wat beteken om getoets te word (dit is veral wat dit beteken om versoek te word - "word getoets) - soos om deur die kwaad versoek te word;  en kan o.a. verwys na 'n spesifieke tyd van BEPROEWING - kyk bv. Openb. 3:10 (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/08/die-uur-van-beproewing-wat-oor-die-hele.html).  Tog in konteks wil dit voorkom of dit meer verwys na "verlossing van oordeel", NIE"verlossing van 'n spesifieke versoeking of beproewing" nie ("VERLOS" in die sin van, "sal nie geoordeel word nie") , alhoewel  die wat heilig lewe nie maklik versoek word nie! (en op daardie manier deur verlossing kry van versoeking). Kyk gerus na die voorbeelde in die gedeelte genoem, bv. die vloed (v.5) (duidelik was die vloed nie 'n toets nie, maar 'n oordeel);  die werping vd sondige engele in die hel (v.4) (dit was nie 'n toets nie, maar 'n oordeel);  die verbranding van Sodom en Gomorra (v.6) (dit was nie 'n toets nie, maar 'n oordeel.).... ONS SIEN DUS DAT IN DIE VOORBEELDE WAT IN DIE GEDEELTE GENOEM WORD, "verlossing" hier nie na "verlossing van 'n betrokke toets verwys" nie, maar VERLOSSING  in die sin van omdat hulle heilig lewe (of dus die toets slaag) sal hulle NIE GEOORDEEL WORD NIE. M.a.w., dit is waaroor dit hier gaan... ..Dit beteken nie noodwendig dat die godsaliges nie deur versoeking sal gaan nie (en dus daarvan verlos sal word nie), maar dat hulle verlos sal word in die sin van "gered van oordeel" omdat hulle die toets slaag. Min mense bly bv. staande wanneer hulle versoek word - in hierdie opsig kan beproewing of versoeking amper gesien word soos 'n oordeel vir sommige. 

In voorbeelde in 2 Pet. 2 genoem kry ons dus 'n goeie idee van wat hier met "versoeking" bedoel word. Duidelik verwys die woord "versoeking" self na 'n toets (om op die proef te stel), maar verlossing is bedoel vir die wat die toets geslaag het...
- Duidelik is die "engele wat gesondig het " BEPROEF;  maar die beproewing is nie die deel waar hulle in die hel gewerp is nie, maar hulle is in die hel gewerp omdat hulle nie die toets geslaag het nie. Die versoeking/beproewing het duidelik voor dit gebeur..., en omdat hulle nie die toets deurstaan het nie is hulle in die hel gewerp en wag om GEOORDEEL te word... (2Pe 2:4).
- Duidelik was die mense vd ou wereld BEPROEF;  maar die beproewing was nie die vloed self nie..., maar hulle was nie gespaar nie en wag om GEOORDEEL te word (omdat hulle nie die toets geslaag het nie)(2 Pet. 2:5).  
- Duidelik was die mense van Sodom en Gomorra BEPROEF;  maar die beproewing was nie die verbranding self nie, maar die verbranding a.g.v. die feit dat hulle nie die toets geslaag het nie, en hulle wag om GEOORDEEL te word. 
Die wat "uit versoeking" verlos word, is dus anders (bv. Lot, Noag en die engele wat nie gesondig het nie), en verwys dus na mense of engele wat die toets geslaag het! - al was Lot en Noag en al die engele beproef het die regverdiges nie vir die versoeking geval nie... (en daarom is hulle verlos en is maw nie geoordeel nie). Die begrip "verlos van versoeking" in hierdie konteks verwys dus nie daarna dat hulle glad nie versoek word nie, maar dat hulle gered word van oordeel! (omdat hulle die toets geslaag het). DIE KLEM IN HIERDIE GEDEELTE, LE M.A.W. IN "OF IEMAND GEOORDEEL WORD OF NIE"... (nie of hy versoek sal word of nie). Hulle almal is versoek of beproef!, maar die wat die toets geslaag het is "verlos van die versoeking" omdat hulle vasgehou het aan die geloof, en sal dus nie geoordeel word nie. Godsaliges verwys dus na die wat die toets of beproewing deurstaan (en daarom sal hulle nie onder oordeel kom nie) - hierdie is waaroor hierdie gedeelte eintlik gaan. 
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarna verwys die begrip godsaliges in hierdie gedeelte?

In konteks verwys dit duidelik na die wat nie geoordeel gaan word nie. 
(REGVERDIGES sal uit versoeking verlos word)  
(ONREGVERDIGES sal nie verlos word nie, maar gestraf word)

Die woord "godsaligheid" kom in sowat 9 verse in die N.T. voor (waarvan 8 deur Timoteus gebruik is -1 Tim. 3:16; 4:7,8; 6:3,5,6,11; 2 Tim. 3:5) en 1 deur Titus (Tit. 1:1). 
(1Ti 6:6)  "Maar die godsaligheid (Gr. woord "yoo-seb'-i-ah", wat verwys na vroomheid, beteken heiligheid) saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins". Vir 'n studie oor wat dit beteken om heilig te wees, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/heilig-onheilig-ontheilig-opsomming.html. In wese verwys die woord godsaligheid sekerlik na 'n lewe wat afgesonderd is vir die Here;  m.a.w., om 'n heilige lewe te lei (afgesonderd vir die Here). "Godsaliges" word nie geoordeel nie;  m.a.w., die wat hulle lewens vir die Here afle (Hom dien, volg, gehoorsaamloof, glo, ens.) sal nie onder oordeel kom nie. Al word hulle deur die kwaad versoek, kies hulle om die Here te dien en gehoorsaam (en sal dus nie geoordeel word nie omdat hulle die beproewing geslaag het). Godsalige mense verwys dus na mense wat heilig lewe (afgesonderd vir die Here). Nie almal wat bely hulle glo in Jesus jaag inderdaad die godsaligheid na nie. As jy bv. nie gehoorsaam is aan Jesus en Sy Gees nie, dan jaag jy nie godsaligheid na nie, en leef dus nie "heilig" (afgesonderd vir Hom) nie.

Baie Christene is vandag van mening dat almal wat bely hulle glo in Jesus sal nie onder oordeel kom nie, maar is dit so?  2 Pet. 2 leer vir ons dat nie so is nie... Bv., wat van die onregverdiges onder die volk? (dit is juis waarna Petrus hier verwys). Wat van die goddeloses?  Hierdie twee groepe (nl. die onregverdiges en die goddelose) word spesifiek na verwys in 2 Pet. 2 (o.a. "valse leraars") as die wat ONDER OORDEEL SAL KOM.  Daar is 'n miskonsepsie onder baie Christene dat maak nie saak wat hulle in hierdie lewe doen nie, hulle sal nie geoordeel word daarvoor nie, maar die Skrif leer vir ons iets anders. Dink ons regtig dat onregverdiges, goddeloses en valse leraars in die kerk (net omdat hulle "Christene" is) verlos sal word vanordeel?, want 2 Pet. 2 leer vir ons die teendeel. Godsaliges sal, al gaan hulle ook deur die versoeking of die uur van beproewing wat oor die wereld kom, sal hulle nie val vir die versoeking nie, want hulle leef 'n lewe afgesonderd vir die Here om Hom te gehoorsaam en dien, wat natuurlik op beurt kan lei tot verdrukking). Die onregverdiges val egter vir die versoeking... (hulle leef vir hulleself), en sal onder oordeel kom... Ja, nie almal wat bely hulle is Christene sal uiteindelik verlos word nie.

KOM ONS KYK BIETJIE MEER IN OP DIE WOORDE "VERSOEKING" EN "OORDEEL" IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarna presies verwys "versoeking" en "oordeel" in 2 Pet. 2:9?  
Wat presies is dit waaruit godsaliges verlos sal word? 

In hierdie brief verwys Petrus na hoe die GODSALIGES (die wat heilig lewe/die regverdiges) uit versoeking verlos sal word
maar hoe die ONREGVERDIGES  bewaar sal word vir die dag van oordeel om gestraf te word. 
In konteks verwys dit na wie gespaar word, en wie nie... (bv., die goddeloses en onregverdiges, vgl. met gevalle engele, ou wereld en stede van Sodom en Gomorra - en in konteks 2 Pet. 2 is valse leraars ook spesifiek genoem - hulle sal geoordeel en gestraf word;  goddeloses, onregverdriges en valse leraars sal maw nie gespaar word nie... - hulle sal nie uit versoeking verlos word nie, maar sal val in versoeking en daarom geoordeel word).  

Die woord "versoeking" in hierdie skrif verwys na "beproewing";  m.a.w., die wat versoek word word op die proef gestel (getoets).  Hierdie "versoeking/beproewing" kan natuurlik ook verwys na 'n spesifieke tyd van versoeking , bv. waarin 'n klomp mense versoek word...; bv. 'n "uur van beproewing" (soos die "uur van beproewing" wat oor die wereld gaan kom, waarna Jesus verwys het in Openb. 3:10, en ook in daardie skrif word die betrokke kinders vd koninkryk daar belowe dat hulle bewaar sal word in "die uur van beproewing"). Soos hier en ook in Openb. 3:10, is dit bv. duidelik dat hulle nie noodwendig weggeneem sal word vd aarde in so 'n uur van beproewing nie, maar "bewaar sal word in" die uur van beproewing. Dit in ag geneem is dit duidelik dat die woorde "UIT VERSOEKING VERLOS" in hierdie gedeelte nie noodwendig verwys dat iemand glad nie deur 'n spesifieke versoeking sal gaan nie, maar beteken volgens die konteks dat diesulkes NIE GEOORDEEL SAL WORD NIE( omdat hulle godsalige/heilige lewens lewe).  Die woord "VERSOEKING" verwys duidelik na "beproewing" (m.a.w. "om getoets te word"), maar verlossing daarvan verwys na "hoe hulle oorwin" (omdat hulle godsalig lewe) en dus nie onder oordeel sal kom nie;  m.a.w., alhoewel dit mag voorkom of die skrif leer dat godsaliges nie beproef sal word nie, leer die konteks vir ons iets anders - bv., volgens die voorbeelde wat gegee word gaan dit bloot oor die feit dat godsaliges nie geoordeel sal word nie... (want hulle leef heilige lewens of het die toets deurstaan). 

Die Here versoek niemand nie, maar Hy laat versoeking toe of laat dit nie toe nie. Dus, alhoewel dit nie die Here is wat iemand versoek nie, besluit Hy of ons deur so 'n beproewing gaan of nie... Somtyds is dit bloot mense se eie begeerlikhede wat lei daartoe dat hulle versoek word.  Somtyds is dit a.g.v. 'n harde hart wat iemand in versoeking gelei word... (Rom. 1). Die Here kan keer dat ons VERSOEK (beproef) word , (en dit is moontlik dat 2 Pet. 2 ook dit beteken). Jesus het o.a. vir ons geleer dat ons moet bid dat ons nie in die versoeking kom nie. Niemand van ons wil versoek word nie, want "om getoets/beproef te word" plaas jou in 'n posisie waar jy kan valDie wat "afval" verwys gewoonlik na die wat "geen wortel het nie" - hulle glo net vir 'n tyd en val af in tyd van VERSOEKING... (Luk. 8:6,13)(2de groep in die gelykenis vd saaier), of wanneer daar verdrukking of vervolging kom ter wille vd woord (wat soos 'n versoeking is), val hulle af ("die saad wat op die rots val" verdroog omdat daar geen vogtigheid is nie - m.a.w. is sonder water - bestudeer gerus die tema van hoe die geestelike mens water nodig het...  Daar kan ook ingekyk word op die tema van verharde hart/"saad op ROTS"). Hier sien ons dat die wat sonder water is die gevaar staan dat hulle kan afval in tyd van versoeking... (Matt. 13:20,21; Mark. 4:16,17). "Versoeking" hier kan na baie dinge verwys, maniere waarop iemand getoets word, o.a. verdrukking of vervolging ter wille van die woord... Daarom word die tema van verdrukking somtyds in hierdie konteks behandel omdat dit iemand kan versoek om afvallig te word vd geloof, maar natuurlik verwys die woord versoeking in 2 Pet. 2:9 nie noodwendig na 'n tyd van verdrukking nie... Verdrukking is eerder die gevolg van iemand wat nie vir versoeking val nie - dit is nie self die versoeking nie! (vgl. Luk. 8:13 met Matt. 13:21). Bv., as iemand deur die kwaad versoek word, beteken dit nie dat hy verdruk word nie, maar word versoek om verkeerd te doen - en as hy eerder kies om heilig te lewe dan kan hy verdruk word. IN DAARDIE OPSIG WORD "VERDRUKKING" SOMTYDS VGL. MET VERSOEKING (nie omdat dit die versoeking self is nie, maar omdat iemand verdruk kan word sou hy nie vir die versoeking val nie).

Die "dag van oordeel" waarna verwys word, verwys na 'n spesifieke dag of tye waarop mense geoordeel sal word... (2Pe 3:7 - "Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense"). "Oordeel" hier verwys na "oordeel om gestraf te word".
Hoe verlos Hy die godsaliges uit versoeking?  -As ons die gedeelte in konteks lees, praat hy van die valse leraars wat nie gespaar sal word nie (net soos God ook nie sekere engele gespaar het, asook die ou wereld nie...). Interessant hoe valse leraars in (2Pe 2:17) vgl. word met "waterlose fonteine" (hulle stel hulleself soos fonteine voor, maar hulle het nie regtig water nie, of die water wat hulle het is giftig...), asook "miswolke wat voortgedrywe word deur 'n stormwind' (wat wys op hoe hulle rondgewaai word deur dwaalleringe).  Hier word ook 'n vgl gemaak met die ou wereld... - wie is uit die "versoeking" verlos?  Noag, met sewe ander;  en Lot... - want God het hulle veilig gehou.  Die skrifgedeelte verduidelik dus vir ons "hoe" Hy die godsaliges uit versoeking verlos het: m.a.w., Deels kan dit verwys na hoe Hy nie sal toelaat dat die godsaliges beproef word nie, ja, maar met hierdie vb. genoem verwys dit dalk liewer na hoe Hy hulle sal BESKERM TYDENS BEPROEWING  (omdat hulle heilig lewe)(en sal dus nie sal toelaat dat hulle onder oordeel kom nie - dit is waaroor die konteks eintlik gaan). Bv., Noag en 7 ander is nie weggeneem uit die wereld nie, maar daar was van Noag verwag om in geloof 'n boot te bou wat hulle sou veilig hou. Hulle moes dus "deur dit gaan", maar hulle is te midde daarvan beskerm en het nie onder oordeel gekom nie.  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wie is hierdie "valse leraars" wat kinders van die koninkryk versoek en probeer verlei?:

NA WIE VERWYS HIERDIE "GODDELOSES" of "ONREGVERDIGES" volgens 2 Pet. 2?
(2 Pet. 2:1-22)
- (v. 1)  Valse leraars;
- (v.10)  die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop (bv., onrein / onteer liggame onder mekaar/skandelike hartstogte/natuurlike verkeer verander ens.-Rom. 1:24-27)(bv., begeerlikheid van die vlees1Joh. 2:16
- (v.10)  die wat die heerskappy verag en die heerlike wesens belaster; hulle belaster wat hulle nie ken nie (v.12)(vgl. met Jud. 1:8-10);
- (v. 13) hulle ag die weelderigheid oordag 'n genot - hulle is skandvlekke van smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met die godsaliges saamsmul (vgl. met Jud. 1:12)(en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe-1 Joh. 2:16);
- (v.14) met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug (die begeerlikheid van die oë-1Joh. 2:16)(Jak. 1:14);
- (v.15) het die regte pad verlaat en verdwaal, en die loon van ongeregtigheid liefhet (bv., die wat die waarheid van God verruil het vir die leuen-Rom. 1:25);
- (v.18,19) die wat ander verlok deur trotse woorde en onsin, deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid;  en vryheid belowe terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is;
- (v.20,21) mense wat, nadat hulle deur Jesus Christus die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle weer deur hierdie dinge laat verstrik en daardeur oorwin word; mense wat hulle afkeer vd heilige gebod.

Vgl. dit met Rom. 1:18-32 waarin dieselfde soort punte aangeraak word rakende die goddeloses en ongeregtiges:
- die wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk (Rom 1:18);
- alhoewel hulle God geken het en Sy verordeninge goed ken, het hulle Hom nie as God verheerlik of gedank nie (Rom. 1:19-21,32); 
- hulle gee voor dat hulle wys is, maar het dwaas geword in hul oorlegginge en hul onverstandige hart is verduister (Rom. 1:21,22);
- hulle stel God gelyk aan gode - maak Hom gelykvormig aan beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere; vereer en dien skepsele (Rom. 1:23, 25); 
- hulle is oorgegee aan die begeerlikhede van hulle harte (aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer)(v.25) 
- hulle is oogegee aan skandelike hartstogte (want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is, en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang (v. 26,27);
- hulle het die waarheid van God verruil vir die leuen (v.25);
- hulle is oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie (hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig (v. 28-31);
- hulle doen nie net hierdie dinge alleen self nie, maar skenk ook hulle goedkeuring aan ander wat dit doen (v.32). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons vgl. die tyd van "versoeking" waarna verwys word in 2 Pet. 2:9 met die "uur van beproewing" (Openb. 3:7-13):

Wie is dit volgens Openb. 3:7-13 wat bewaar sal word in die tyd van versoeking?:
(Openb. 3:7)  En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:
(Openb. 3:8)  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
(Openb. 3:9)  Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
(Openb. 3:10)  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
(Openb. 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
(Openb. 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.
(Openb. 3:13)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

In hierdie gedeelte verwys dit na die wat die Here se woord bewaar en Sy Naam nie verloen nie, ten spyte van die feit dat hulle min krag het en blootgestel was aan valse mense wat hulle verdruk.  
Vgl. dit met die konteks van 2 Pet 2 - ook in daardie gedeelte is dit die godsaliges/regverdiges wat nie beproef sal word nie. 

Wie is dit wat nie bewaar sal word nie?
Niemand wil versoek word nie - "om beproef te word" plaas jou in 'n posisie waar jy kan val. Jesus het o.a. geleer dat die wat "afval" verwys na die wat "geen wortel het nie" - hulle glo net vir 'n tyd en val af in tyd van versoeking (Luk. 8:6,13)("die saad wat op die rots val" - verdroog omdat daar geen vogtigheid is nie - m.a.w. is sonder water - bestudeer gerus die tema van hoe die geestelike mens water nodig het...). Vogtigheid word verkry van WATER - 'n plant het water nodig om te kan groei (en uiteindelik vrug dra).  Sonder water sal die geestelike mens nie wortel skiet (en kan groei) nie.  "Water" verwys na:
DIE WOORDE VD HERE, en Jesus Christus is DIE WOORD;
- die GEES VAN GOD;  
- die HERE is soos 'N FONTEIN VAN WATER.
As 'n geestelike mens nie in die Here bly en in Sy woorde nie, dan is hy soos 'n plant wat nie water kry nie. Sulke mense glo net vir 'n tyd (want hulle bly nie in die woord nie), en in tyd van versoeking val hulle af.  

2 Pet. 2 leer vir ons dat dit die VALSE LERAARS en ONREGVERDIGES en GODDELOSES is wat deur hierdie tyd van beproewing sal gaan (en as hulle nie die toets deurstaan nie, sal hulle bewaar word vir die dag van oordeel waarin hulle gestraf sal word). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer gaan die Here dan nou eintlik die godsaliges verlos?   
Nie tydens verdrukking soos sommige leer nie!, maar wanneer die Here wraak uitoefen op die onregverdiges... (op die dag van oordeel).  

In Luk. 18:1-9, die gelykenis van die onregverdige regter, (Luk 18:7,8 - "Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?) wil dit lyk of Jesus vir ons 'n uitkoms belowe om hierdie ander dinge vry te spring;  tog, wanneer ons dit in konteks lees met die vorige hoofstuk, asook spes. v.9, dan moet ons verstaan dat Hy gepraat het van die daardie "dag van die Here", m.a.w., die "dag van oordeel".  (v. 9: "En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel").  Nog 'n konteks in die gedeelte: (Luk 18:1  "En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie").

 Wie val NIE onder die godsaliges nie? (wie sal nie veilig gehou word op die dag van oordeel nie?):   - Duidelik die wat nie die godsaligheid najaag nie - die wat nie 'n afgesonderde lewe vir die Here leef nie (hulle word nie gesien as godsaliges nie). Vb.e wat gegee is om beter te verstaan is "DIE MENSE VAN DIE OU WERELD , EN  DIE MENSE VAN SODOM EN GOMORRA"  - dit verwys dus na die wat nie die Here ken nie, sedeloses, en die wat losbandig lewe, onregverdiges, goddeloses; 
-  OOK DIE VALSE PROFETE EN DIE VALSE LERAARS - die wat uit hebsug met verdigte woorde voordeel trek uit ander, die wat verderflike ketterye heimlik invoer, en die Here verloen...  (in ander woorde, hulle leef vir hulleself, maar gee voor dat hulle vir die Here lewe).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 - "die Here weet om die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel..."

Sondag 01 September 2024

Die begrip "Onregverdiges"

- Die woord "onregverdiges" kom in sowat 7 verse voor in die N.T., en is die Gr. woord "ad'-ee-kos", wat beteken "ongeregtig of onregverdig";  

- Die woord "onregverdig" sowat 9 keer in die Bybel (die Hebr. woord "eh'-vel", wat verwys na boos - ongeregtigheid, perversiteit, ongeregtig, goddeloos). 

- Ons kan ook op beurt op die woorde "ongeregtiges"en "goddeloses" (Gen. 18:23)  inkyk om die woord onregverdiges beter te verstaan... 

- In Gen. 18 word daar na die onregverdiges/goddeloses in die stad verwys as "hulle sondes was baie swaar" (Gen. 18:20).  Gen. 13:13 verklaar ook dat die manne van Sodom sleg was en groot sondaars voor die Here (o.a. seksuele sondes-Gen. 19:5)... Ongeregtiges verwys tipies na "sondaars" (veral die wat hulle nie van hulle sonde bekeer nie).    

-Verwys dit na ongelowiges of gelowiges?  -Volgens 1 Kor. 6:1 (hetsy "sondaars onder die heiliges" of nie)(1 Kor. 6:6-10).  Hy verwys ook na die onregverdiges as ongelowiges in v.6 , en o.a. word die stelling gemaak in v.9 dat die onregverdiges nie die koninkryk van God sal beerwe nie (kyk ook : 2Pe_2:9 " die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word").  

- In nog verse sien ons dat onregverdiges nie noodwendig 'n goeie oordeel kan oordeel nie (1 Kor. 6:1; Ps. 82:2 - hulle is partydig teenoor die goddelose; Lam. 3:36 - hulle verdraai die reg, ens.).  

- As iemand onregverdig behandel is, verwys dit na hoe iemand verkeerdelike behandel of geoordeel word... (kyk bv. 1Pe 2:19 - "Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly") - so iemand "verdra leed"; onregverdiges doen leed aan ander... G'n wonder die bokke in Matt. 25 word na verwys as "onregverdig", want hulle is onbarmhartig teenoor ander mense.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------