Wys tans plasings met die etiket verleiers. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verleiers. Wys alle plasings

Saterdag 12 April 2025

Wolwe / Valse Profete

 In hierdie pos kyk ons waarna die begrip "wolwe" verwys in die Skrif. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------"Wolwe" in die Skrif verwys na VALSE PROFETE.

Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg... Hulle kan somtyds erken word aan die tekens wat hulle doen (sodat mense dink hulle is deur die Here gestuur), maar hulle is eintlik werkers van ongeregtigheid... (Matt. 7:15-23; Matt. 24:11,14,24; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13). Jesus het hulle voorgestel as mense wat "in SKAAPSKLERE is maar van binne "roofsugtige WOLWE"... - (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Hulle kom voor soos skape!, maar is eintlik wolwe.. - wat hierdie mense praat kom uit hulle "eie hart", en hulle praat soos die wêreld, of het dit verkry van ander bronne... (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8; Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). 

Kinders van die koninkryk word oor die algemeen na verwys as "skape" (1 Kon. 22:7,17; 27:17; 2 Kron. 8:16,17)( 'n term wat veral gebruik word vir die regverdiges en barmhartiges, Matt. 25; terwyl die begrip "bokke" weer gebruik word vir die onregverdiges en onbarmhartiges in die koninkryk van God). Jesus Christus is die Herder (soos 'n herder oor die skape aangestel...), en die wat Hom volg en Hom ken, is Sy skape... (Matt. 9:36; 26:31; Hebr. 13:20; ens.) - wolwe volg Hom nie, en hulle ken Hom nie! In 1 Pet. 2:25 word daar ook na die gemeentelede verwys as skape, maar ons moet verstaan dat onder die gemeentelede/skape is daar somtyds wolwe - nie almal in die kerk is noodwendig skape (nl. regverdiges/barmhartiges-Matt. 25) nie! - sommige is bokke, nl. onregverdiges/onbarmhartiges/Matt. 25, en sommige is "insgesluiptes" soos "onkruid" (wat lyk soos koring maar nie is nie). Wolwe lyk soos skape ("in skaapsklere") - hulle kom maw voor asof regverdig en barmhartig..., maar hulle is nie! (iseintlik  roofsugtig)(is onregverdig en onbarmhartig).  Hulle is "slegte bome"!

 "Wolwe" in die kerk verwys spesifiek na VALSE PROFETE (somtyds "ingesluiptes" wat voorgee hulle is profete, soos valses - Gal. 2:4; Jud. 1:4;  of bokke wat voorgee hulle is profete). Daar is mense wat insluip onder die kinders van die Koninkryk om die "skape te vang en uitmekaar te jaag", en die manier hoe hulle dit doen is deur profesie, maar valse profesie!  Hierdie mense gee voor dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie; en gee voor dat hulle deur Hom gestuur is, maar hulle is nie (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"). 

Hulle is SLEGTE BOME, en dra dus SLEGTE VRUGTE, en is soos gif in die kerk...("addergeslag")(Matt. 12:34; 15:18) - hulle PRAAT VERKEERDE DINGE (Hand. 20:29). Jesus het hulle o.a. beskryf as mense met "dorings en distels" (Matt. 7:16), wat wys daarop dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie, maar eerder "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge van die lewe". Hulle slegte vrug getuig dat hulle slegte bome is... (Matt. 12:35) - alhoewel die vrug wat hulle dra lyk soos goeie vrug (bv. geloof, liefde, barmhartigheid, ens.), is dit sleg - hulle sal bv. bely hulle glo, maar staan alewig in die pad van die wat die waarheid verkondig;  hulle sal barmhartigheid doen, maar doen dit bloot om geeer te word;..., ens. In Matt. 10 waar Jesus die dissipels uitstuur onder die volk (en o.a. na Sy dissipels verwys as "skape"), het Hy hulle gewaarsku om te pasop vir die wolwe onder die volk..., en hulle o.a. vertel hoe hulle (as gevolg van hierdie mense) vervolg sal word, maar hulle hul nie moet vrees nie - (Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe") - die "wolwe" onder die kinders vd Koninkryk is baiemaal die rede waarom die opregtes vervolg word. Hierdie "wolwe" beweeg onder die kinders van die Koninkryk asof hulle die Here ken, en gee voor dat hulle woorde van die Here kry (om te profeteer), maar hulle ken Hom nie regtig nie - en hulle is beslis nie deur Hom gestuur nie! Hulle is vals! Jesus het o.a. na hierdie mense verwys as "geveinsdes" (is "akteurs" - gee voor hulle is profete van die Here, maar hulle is nie). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONDERSKEI TUSSEN "wolwe" EN "verlore of dwalende skape": 

Wolwe verwys NIE na "dwalende skape" (die wat afgedwaal het-1 Pet. 2:25; Ps. 119:67; Jes. 53:6) nie. Dwalende skape kan "gevind" word en teruggeroep word, maar wolwe is soos vyande. Hulle is nie "skape" nie!, maar gee voor dat hulle is. Dwalende skape is egter soos "verlore skape"... (bv., die wat afdwaal in sonde of afdwaal vd waarheid), en die Here gee natuurlik om vir hulle en Sy wil is dat hulle terugkom na Hom toe (Matt. 10:6; 15:24; Luk. 15:4). Wolwe is anders want hulle ken nie die Here nie en wil Hom ook nie ken nie. Dit is somtyds moeilik om tussen die twee te onderskei, omdat een van die kenmerke van wolwe/valse profete is dat hulle verkeerde dinge praat... (Hand. 20:29,30) - en dit is ongelukkig wat dwalende skape ook somtyds doen (afgedwaalde skape praat ook somtyds verkeerde dinge omdat sommige "afdwaal van die waarheid");  dus, seker die rede waarom Jesus die dissipels spesifiek gewaarsku het teen die wolwe toe Hy hulle uitstuur na die "verlore" skape van Israel... (Matt. 10), want terwyl hulle met die verlore skape gaan gesels het moes hulle bedag wees daarop dat sommige van hulle lyk soos skape, maar eintlik wolwe was...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe kan jy wolwe uitken? 

Om meer te leer oor wie presies hierdie mense in die kerk is, kan ons begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor VALSE PROFETE.  Paulus het ook die volgende stelling gemaak toe hy met die ouderlinge in Éfese praat... - (Hand. 20:29,30 - "Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan") - een van hulle kenmerke is m.a.w. dat hulle "verkeerde dinge praat", en hulle doel is om die skape eerder na hulle te laat luister as na die waarheid, deur hulle eie sieninge en wereldse wysheid te verkondig. Hierdie mense doen baiemaal tekens en wonders sodat mense dink hulle ken die Here en is deur die Hom gestuur (Matt. 7:15-23; Matt. 24:24), In Eseg. 22:27 word wolwe beskryf as die wat "prooi verskeur" (Eseg. 22:27 - "Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak") - hierdie mense is baiemaal so wreed soos wolwe, en tree swaar op teen die skape. Wat wolwe doen is hulle VANG DIE SKAPE en JAAG HULLE UITMEKAAR (Joh 10:12). Baie skape is al op hierdie manier gevang om die wil van die duiwel te doen (Openb. 2:20,21), en vele skeurings wat in die kerk gebeur is a.g.v. valse profete! - deur die verkeerde dinge wat hulle praat en sommige mislei om 'n halwe waarheid of die leuen te glo... (1 Kor. 11:18,19)

-(1)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk... (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

-(2)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17). Hulle vrug getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In Matt. 12:34 verwys Jesus na hierdie "slegte bome" as "addergeslag" (giftige slang-geslag)... Dit wat hulle praat sal gou wys dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(bv., hulle verdraai die waarheid of verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van die wolwe, is dat hulle "verkeerde dinge praat" (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37).

-(3)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys gewoonlik na mense wat afvallig geword het van die geloof. Hulle kan nie goeie vrugte dra nie want die dorings verstik dit... (Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na "kinders van die Koninkryk", maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis word o.a. vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wereldse rykdom begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe. Dit is duidelik wat in die lewe vir hierdie mense belangrik is, en hulle word baiemaal geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., die rede waarom hulle mense mislei is gewoonlik om gesien of geëer te word... (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word.;  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit voordeel is van hulleself. Alhoewel nie alle kinders van die Koninkryk met dorings in hulle lewe valse profete is nie, is "dorings" een van die kenmerke van 'n valse profeet.

-(4)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het of nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), of (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hoekom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word ook beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor! (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van die kerk...

Kyk ook die woorde in 2 Tim. 4:4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene! (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is, want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik, en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik... Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! (moenie ander bronne raadpleeg nie) - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat sal eendag met die valse profete / die wolwe onder die kinders van die Koninkryk gebeur?

Wolwe sal nie die oordeel vryspring nie! (Matt. 10:14-16). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37), en hulle sal vervloek word tot die vuur (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3).  

- (Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

- (Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding").  

- (Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html


Vrydag 24 Desember 2021

Ingesluiptes

Nie almal wat onder die kinders vd koninkryk beweeg, is inderdaad gelowiges nie.  Sommige het "ingesluip" onder die kinders vd koninkryk, en neem deel aan hulle bedrywighede (maaltye, hou saam fees ens.) asof hulle gelowiges is, maar is nie. Hierdie INGESLUIPTES kan met verskillende groepe vgl. word, nl. "goddelose mense", "valse broeders", "spottters" en "onkruid" (struikelblokke), en word tipies beskryf as ONGELOWIGES wat onder die gelowiges wandel asof hulle gelowig is. Hulle is VALS! Hulle kan inderdaad soos suurdeeg wees in 'n kerk (met die gevaar dat hulle die hele deeg kan suurmaak), want hulle leef nie volgens die wil van God nie en probeer ander motiveer om ook so te lewe (is struikelblokke).  Hulle tree op soos VERLEIERS (deur bv. leuens te verkondig en in opstand te kom teen die wat die waarheid verkondig).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Baie spesifieke dinge word oor "ingesluiptes" in die Skrif geleer , o.a. die volgende:

- (1) Hulle is goddeloos, leef in ongebondenheid, en verloën die Here Jesus Christus:  (Jud 1:4)  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën".

- (2) Hulle is VALS en ingesmokkel onder die kinders vd koninkryk met die doel om gelowiges diensbaar te maak aan hulleself.  Ingesluiptes kan verwys na VALSE BROEDERS - kyk bv. (Gal 2:4)  "en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring") - in hierdie gedeelte sien ons dat die betrokkenes teen die apostels gepreek het.. (sekerlik omdat hulle probeer het om mense eerder diensbaar te maak aan hulleself en aan wat hulle leer, nie aan wat die apostels geleer het nie);  nog 'n vb van "valse broeders" in die Skrif is 2 Kor. 11:26 (waar die apostel Paulus praat van hoe hy gely het o.a. in gevare onder valse broeders...) - ons sien dat "valse broeders" baiemaal die rede is waarom opregtes ly, bv dat hierdie valses in opstand kom teen die waarheid wat gepreek word deur die opregte en ander opregtes te mislei om die leuen te glo, of veroorsaak dat mense in opstand kom teen die opregte wat die waarheid verkondig deur die opregte bv. vals aan te kla, leuens oor hom te versprei, voor te gee dat hy lieg ens ( maw soos 'n VERLEIER! - vgl. dit met die VALSE LERAARS waarna in hierdie hfst ook verwys word...  - 'n VERLEIER is iemand wat leuens verkondig en iemand vals aankla sodat mense liewer in hom glo as in dit wat verkondig word). Ons sien hierdie mense baiemaal in die kerk - mense wat in opstand kom teen die waarheid en ander probeer beinvloed om die leuen te glo, of mense opsweep teen die opregte.... - vgl. hierdie ook met bg Korag se bende..., waar hulle in opstand kom teen die gesalfdes vd Here.

- (3) Hulle het 'n gedaante van godsaligheid maar verloen die krag daarvan, en is onbetroubaar t.o.v. die geloof;  is met sondes belaai en word deur allerhande begeerlikhede gedryf;  is altyd besig om te leer maar kom nooit tot die kennis vd waarheid nie - hulle staan die waarheid tee en is verdorwe in die verstand:
(2Ti 3:5)  "mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
(2Ti 3:6)  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
(2Ti 3:7)  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie
(2Ti 3:8)  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof".

- (4) Hulle kan moontlik ook vgl. word met die tema van "ONKRUID" (mense wat deur die bose onder die "koring"/kinders vd koninkryk gesaai word). (Mat 13:25 - "maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan"). Onkruid lyk bv soos koring maar is nie - wanneer jonk lyk hulle ditto - dit is eers wanneer "in vrug" wanneer dit sigbaar word wat/wie is koring en wat/wie is onkruid (Matt. 13:26) - "onkruid" word o.a. "struikelblokke" genoem in Matt. 13 - hulle is eintlik "kinders vd bose" (v.38). Dit is nie altyd maklik, of nie altyd onmiddellik sigbaar wie is koring en wie is onkruid nie, want somtyds word koring verlei of is hulle nog onkundig, en dan praat hulle of tree hulle op net soos hierdie valses...  Dit is dan ook om hierdie rede wat onkruid nie nou al verwyder word onder die koring nie (maar eers wanneer Jesus terugkom-Matt. 13:30)..., sodat die koring nie saam met die onkruid uitgetrek word nie. Met die tyd, wanneer vrug gesien word, word dit wel duidelik wie is koring en wie is onkruid (bv., valse profete dra "slegte vrug"...).  

- (5) Hulle kan moontlik ook vgl. word met WOLWE. (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige WOLWE is"). "Wolwe" verskeur (Eseg. 22:27) en vang en jaag skape uitmekaar (Joh. 10:12) - ter wille van onregverdige wins sal hulle selfs bloed vergiet (Eseg. 22:27)("is roofsugtig" - Matt. 7:15). Hierdie sien ons somtyds gebeur in 'n gemeente, waar wolwe inkom en sekere broeders beweeg om agter hulle aan te gaan en die ander word uitmekaar gejaag. Jesus het baie die dissipels gewaarsku teen hierdie mense en hulle ook beskryf as mense wat hulle broeders sal oorgee aan regbanke en hulle gesel... (Matt. 10:17,21)(Matt. 16:6; Mark. 12:38). Die werk vd lam wat gestuur word is ook baiemaal 'n ervaring van "onder wolwe ingestuur" (Luk. 10:3)(Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe")  - wolwe gee voor dat hulle die waarheid ken, maar hulle doen nie - en wys hulle ware klere wanneer hulle die waarheid hoor! Voor Paulus se vertrek in Hand. 20 het hy die Efese ouderlinge gewaarsku teen wolwe wat sal inkom in hulle gemeente... (Hand. 20:29-31), en o.a. die volgende stellings gemaak rakende "wolwe":  (1) hulle sal die kudde nie spaar nie;  en(2) hulle sal verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan... Wolwe is VERLEIERS, en SLUIP onder die broeders in met die doel om hulle te vang en uitmekaar te jaag.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk spesifiek na hoe daar na "ingesluiptes" in 
Judas 1 verwys word: 

-(Jud 1:4)  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën" - hulle word o.a. in v.12 "skandvlekke" in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye genoem, mense wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer...)(vgl. dit ook met v.13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see).  Hier sien ons dat hierdie "spotters" verwys na mense wat "ingesluip" het onder die kinders vd koninkryk (onder hulle beweeg en saam fees hou en eet ens.). 

Jud. 1:4 - "mense wat INGESLUIP het" (ingesluip het in die kerk of onder die kinders van God), word o.a. in Jud. 1:12 "skandvlekke (stain, defile, spot) in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye" genoem (2 Pet. 2:13)(vgl. dit gerus ook met die begrip "struikelblokke", wat verwys na is soos 'n skandaal - figuurlik in die sin van soos 'n vangnet, "iemand laat sondig" - kyk die onderwerp van ONKRUID)(vgl. dit ook met Jud. 1:13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see)(Jes. 57:20 - die goddelose is soos 'n onstuimige see want hy kan nie tot rus kom nie...)(vgl. ook met Fil 3:18,19 - hulle eer is in hulle skande, v.19 - hierdie mense wandel as vyande vd kruis van Christus en bedink aardse dinge, v.18). "Ingesluiptes" hou sonder vrees saam fees met die gelowiges en voer hulleself, maar hulle is nie kinders vd koninkryk nie maar eerder soos 'n "vlek".  

Let wel dat hulle ook "DWAALSTERRE" genoem word in Jud. 1:14, want hulle dwaal! (swerf rond - kom nie tot rus-Jes. 57:20, vgl. met bg. woorde "onstuimige see"). 

In v. 4 hier word hulle ook GODDELOSE MENSE genoem (die begrip "goddelose" verwys na mense wat "verkeerd doen" - die wat nie die Here vrees maar "doen wat hulle wil"-Jud. 1:18)  ('n goeie vb in die Skirf van "goddelose mense" is Korag se bende..., Num. 16 - l.w. ook die verwysing na Korag hier in Judas 1 v.11! - Korag e.a. het 'n klomp manne van Israel bymekaar vergader om saam met hulle op te staan teen Moses en Aaron... - lees gerus wat hierdie mense se uiteinde was in Num. 16; vgl. met Jud. 1:6,7). 

Hulle word ook in hierdie gedeelte "spotters" genoem  -(Jud 1:18 - "dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel"). Vgl. dit ook met 2 Pet.3:3 wat min of meer dieselfde lui, en interessant in v.4 word o.a. genoem "hoe" hulle gespot het ("en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af"). Mense wat so "insluip" in die kerk, word ook baiemaal geken aan die feit dat hulle SPOTTERS is! (vgl. met Judas 1:18, asook 2 Pet. 3:3-5)(mense wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en spot oor ware feite).  HIERDIE MENSE BEWEEG ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK, NEEM DEEL AAN HULLE FEESTE, EET SAAM ENS...,  MAAR HULLE IS VALS!, EN word baiemaal geken aan hoe hulle in OPSTAND KOM TEEN DIE WAARHEID en SPOT OOR DIE WAARHEID.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Opsomming:

INGESLUIPTES verwys na mense wat wandel soos gelowiges onder die kinders vd koninkryk, maar hulle is eintlik ONGELOWIGES (is heimlik daar ingevoer en deur die bose daar gesaai).  Hulle vrug sal met die tyd wys dat hulle eintlik ONKRUID is. Mense wat onder hierdie groep sorteer is bv. valse profete (bv., dra slegte vrug), valse leraars, valse broeders ens. Hulle is VERLEIERS wat leuens verkondig en mense vang om agter hulle aan te gaan. Hulle is baiemaal die oorsaak hoekom 'n kerk se mense uitmekaar gejaag word (is WOLWE). Ingesluiptes word verder beskryf as GODDELOSES omdat hulle wandel volgens hulle eie begeerlikhede en hulleself nie kan beheer nie (bv., leef in ongebondenheid, ens.) - hulle is nie gehoorsaam aan die Here nie en tree soos STRUIKELBLOKKE op deur te probeer om gelowiges te laat val.  Hulle word veral gekenmerk aan die feit dat hulle in opstand kom teen die waarheid, en kom ook in opstand teen die wat die waarheid verkondig en sal ook ander opstandig maak teen hulle; en tree baiemaal soos SPOTTERS op (wat spot oor die waarheid sodat gelowiges ophou om daarin te glo). Ingesluiptes het gewoonlik 'n gedaante van godsaligheid, maar verloen die krag vd godsaligheid en vir Jesus Christus... 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------