Wys tans plasings met die etiket dorings en distels. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket dorings en distels. Wys alle plasings

Saterdag 12 April 2025

Wolwe / Valse Profete

 In hierdie pos kyk ons waarna die begrip "wolwe" verwys in die Skrif. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------"Wolwe" in die Skrif verwys na VALSE PROFETE.

Valse profete PROFETEER VALS... (Jes. 5:31; Jer. 29:8,9).  Hulle bedrieg mense deur voor te gee dat hulle die Here ken en deur Hom gestuur is, maar hulle is nie - hulle eintlike doel is om gedien te word, en wil hê mense moet hulle volg... Hulle kan somtyds erken word aan die tekens wat hulle doen (sodat mense dink hulle is deur die Here gestuur), maar hulle is eintlik werkers van ongeregtigheid... (Matt. 7:15-23; Matt. 24:11,14,24; 2 Kron. 18; 1 Kon. 13). Jesus het hulle voorgestel as mense wat "in SKAAPSKLERE is maar van binne "roofsugtige WOLWE"... - (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is"). Hulle kom voor soos skape!, maar is eintlik wolwe.. - wat hierdie mense praat kom uit hulle "eie hart", en hulle praat soos die wêreld, of het dit verkry van ander bronne... (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8; Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). 

Kinders van die koninkryk word oor die algemeen na verwys as "skape" (1 Kon. 22:7,17; 27:17; 2 Kron. 8:16,17)( 'n term wat veral gebruik word vir die regverdiges en barmhartiges, Matt. 25; terwyl die begrip "bokke" weer gebruik word vir die onregverdiges en onbarmhartiges in die koninkryk van God). Jesus Christus is die Herder (soos 'n herder oor die skape aangestel...), en die wat Hom volg en Hom ken, is Sy skape... (Matt. 9:36; 26:31; Hebr. 13:20; ens.) - wolwe volg Hom nie, en hulle ken Hom nie! In 1 Pet. 2:25 word daar ook na die gemeentelede verwys as skape, maar ons moet verstaan dat onder die gemeentelede/skape is daar somtyds wolwe - nie almal in die kerk is noodwendig skape (nl. regverdiges/barmhartiges-Matt. 25) nie! - sommige is bokke, nl. onregverdiges/onbarmhartiges/Matt. 25, en sommige is "insgesluiptes" soos "onkruid" (wat lyk soos koring maar nie is nie). Wolwe lyk soos skape ("in skaapsklere") - hulle kom maw voor asof regverdig en barmhartig..., maar hulle is nie! (iseintlik  roofsugtig)(is onregverdig en onbarmhartig).  Hulle is "slegte bome"!

 "Wolwe" in die kerk verwys spesifiek na VALSE PROFETE (somtyds "ingesluiptes" wat voorgee hulle is profete, soos valses - Gal. 2:4; Jud. 1:4;  of bokke wat voorgee hulle is profete). Daar is mense wat insluip onder die kinders van die Koninkryk om die "skape te vang en uitmekaar te jaag", en die manier hoe hulle dit doen is deur profesie, maar valse profesie!  Hierdie mense gee voor dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie; en gee voor dat hulle deur Hom gestuur is, maar hulle is nie (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"). 

Hulle is SLEGTE BOME, en dra dus SLEGTE VRUGTE, en is soos gif in die kerk...("addergeslag")(Matt. 12:34; 15:18) - hulle PRAAT VERKEERDE DINGE (Hand. 20:29). Jesus het hulle o.a. beskryf as mense met "dorings en distels" (Matt. 7:16), wat wys daarop dat hulle nie die Koninkryk eerste soek nie, maar eerder "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge van die lewe". Hulle slegte vrug getuig dat hulle slegte bome is... (Matt. 12:35) - alhoewel die vrug wat hulle dra lyk soos goeie vrug (bv. geloof, liefde, barmhartigheid, ens.), is dit sleg - hulle sal bv. bely hulle glo, maar staan alewig in die pad van die wat die waarheid verkondig;  hulle sal barmhartigheid doen, maar doen dit bloot om geeer te word;..., ens. In Matt. 10 waar Jesus die dissipels uitstuur onder die volk (en o.a. na Sy dissipels verwys as "skape"), het Hy hulle gewaarsku om te pasop vir die wolwe onder die volk..., en hulle o.a. vertel hoe hulle (as gevolg van hierdie mense) vervolg sal word, maar hulle hul nie moet vrees nie - (Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe") - die "wolwe" onder die kinders vd Koninkryk is baiemaal die rede waarom die opregtes vervolg word. Hierdie "wolwe" beweeg onder die kinders van die Koninkryk asof hulle die Here ken, en gee voor dat hulle woorde van die Here kry (om te profeteer), maar hulle ken Hom nie regtig nie - en hulle is beslis nie deur Hom gestuur nie! Hulle is vals! Jesus het o.a. na hierdie mense verwys as "geveinsdes" (is "akteurs" - gee voor hulle is profete van die Here, maar hulle is nie). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ONDERSKEI TUSSEN "wolwe" EN "verlore of dwalende skape": 

Wolwe verwys NIE na "dwalende skape" (die wat afgedwaal het-1 Pet. 2:25; Ps. 119:67; Jes. 53:6) nie. Dwalende skape kan "gevind" word en teruggeroep word, maar wolwe is soos vyande. Hulle is nie "skape" nie!, maar gee voor dat hulle is. Dwalende skape is egter soos "verlore skape"... (bv., die wat afdwaal in sonde of afdwaal vd waarheid), en die Here gee natuurlik om vir hulle en Sy wil is dat hulle terugkom na Hom toe (Matt. 10:6; 15:24; Luk. 15:4). Wolwe is anders want hulle ken nie die Here nie en wil Hom ook nie ken nie. Dit is somtyds moeilik om tussen die twee te onderskei, omdat een van die kenmerke van wolwe/valse profete is dat hulle verkeerde dinge praat... (Hand. 20:29,30) - en dit is ongelukkig wat dwalende skape ook somtyds doen (afgedwaalde skape praat ook somtyds verkeerde dinge omdat sommige "afdwaal van die waarheid");  dus, seker die rede waarom Jesus die dissipels spesifiek gewaarsku het teen die wolwe toe Hy hulle uitstuur na die "verlore" skape van Israel... (Matt. 10), want terwyl hulle met die verlore skape gaan gesels het moes hulle bedag wees daarop dat sommige van hulle lyk soos skape, maar eintlik wolwe was...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe kan jy wolwe uitken? 

Om meer te leer oor wie presies hierdie mense in die kerk is, kan ons begin deur te kyk wat Jesus vir ons geleer het oor VALSE PROFETE.  Paulus het ook die volgende stelling gemaak toe hy met die ouderlinge in Éfese praat... - (Hand. 20:29,30 - "Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan") - een van hulle kenmerke is m.a.w. dat hulle "verkeerde dinge praat", en hulle doel is om die skape eerder na hulle te laat luister as na die waarheid, deur hulle eie sieninge en wereldse wysheid te verkondig. Hierdie mense doen baiemaal tekens en wonders sodat mense dink hulle ken die Here en is deur die Hom gestuur (Matt. 7:15-23; Matt. 24:24), In Eseg. 22:27 word wolwe beskryf as die wat "prooi verskeur" (Eseg. 22:27 - "Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak") - hierdie mense is baiemaal so wreed soos wolwe, en tree swaar op teen die skape. Wat wolwe doen is hulle VANG DIE SKAPE en JAAG HULLE UITMEKAAR (Joh 10:12). Baie skape is al op hierdie manier gevang om die wil van die duiwel te doen (Openb. 2:20,21), en vele skeurings wat in die kerk gebeur is a.g.v. valse profete! - deur die verkeerde dinge wat hulle praat en sommige mislei om 'n halwe waarheid of die leuen te glo... (1 Kor. 11:18,19)

-(1)  Hulle is Roofsugtige Wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15). Hierdie mense is nie noodwendig "insgesluiptes" (Hand. 20:29) nie, maar is somtyds deel van die kinders van die Koninkryk... (Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:30) - hulle is nie "skape" (regverdiges en barmhartiges) nie, maar is "wolwe" ('n term wat gebruik word om te verwys na die onregverdiges en onbarmhartiges-Matt. 25). L.w., hulle verwys nie na dwalende of verlore skape (wat gesoek en teruggeroep kan word asof hulle hul harte sal versag) nie, maar is "roofsugtig" (is uit om te "verskeur" en hulle pers mense af) en wreed - die waarheid sal hulle nie noodwendig tot insig bring nie... Een van wolwe/valse profete se kenmerke is bv. dat hulle "verkeerde dinge praat" (Hand. 20:29,30) en mense daardeur probeer mislei (maw, hulle is opsetlik vals!, nie omdat hulle "dwaal" nie...). Hulle word ook o.a. "wreed" genoem want hulle is swaar op die kudde en spaar nie die skape nie (Hand. 20:29). In Eseg. 22:27 word "wolwe" beskryf as mense wat die kudde sien soos prooi (wil hulle verskeur- Eseg. 22:27; Matt. 10:16; Luk. 10:3; Hand. 20:29)), en ook beskryf as die met bloedskuld en wat onregverdige wins maak (vgl. dit met Judas 1, waar hierdie mense o.a. gekenmerk word as "goddeloses" (die wat nie die wil van die Here doen nie maar hulle eie wil)(Jud. 1:4). 

-(2)  Hulle is Slegte bome (Matt. 7:17). Hulle vrug getuig dat hulle "slegte bome" is (Matt. 12:33). In Matt. 12:34 verwys Jesus na hierdie "slegte bome" as "addergeslag" (giftige slang-geslag)... Dit wat hulle praat sal gou wys dat hulle sleg is (Matt. 12:34; 15:18)(bv., hulle verdraai die waarheid of verkondig leuens, soos die duiwel/slang doen). Vgl. dit met Paulus se woorde in Hand. 20:29 van die wolwe, is dat hulle "verkeerde dinge praat" (uit die oorvloed van die hart praat die mond...-Matt. 12:34). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37).

-(3)  Hulle het Dorings en distels (Matt. 7:16). Die met dorings en distels verwys gewoonlik na mense wat afvallig geword het van die geloof. Hulle kan nie goeie vrugte dra nie want die dorings verstik dit... (Jer. 4:3; Jes. 5:6; Spr. 15:19; 22:5; Matt. 13:7,22). Vgl. dit gerus met die 3de groep in die gelykenis vd saaier wat verwys na "kinders van die Koninkryk", maar dorings in hulle lewens veroorsaak dat hulle hul vrug kan verloor en sonder vrug opeindig (Luk. 8:14; Matt. 13:22). Maw, dorings verstik vrug... - in die gelykenis word o.a. vir ons geleer waarna "dorings" verwys (bv. dit verwys na daardie kinders vd koninkryk wat nie die koninkryk eerste soek nie, maar liewer "sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe"). Bv., as iemand met 'n profetiese bediening wereldse rykdom begeer in plaas van "om ryk te word in die Here", is dit soos 'n doring in sy lewe. Dit is duidelik wat in die lewe vir hierdie mense belangrik is, en hulle word baiemaal geklassifiseer onder die groep "liefhebbers van hulleself "(2 Tim. 3:2).  Bv., die rede waarom hulle mense mislei is gewoonlik om gesien of geëer te word... (Matt. 6:2,5,16). Hulle wil nie dien nie, maar wil gedien word.;  en wanneer hulle wel "dien" is dit omdat dit voordeel is van hulleself. Alhoewel nie alle kinders van die Koninkryk met dorings in hulle lewe valse profete is nie, is "dorings" een van die kenmerke van 'n valse profeet.

-(4)  Hulle dra Slegte vrugte (Matt. 7:18). Hulle mag dalk op die oog voorkom as goed, maar hulle vrug sal gou getuig dat hulle nie goeie mense is nie... (hulle harte bring slegte dinge voort-Matt. 12:35)(bv. vol allerhande begeerlikhede wat terloops as volg beskryf word in 2 Tim. 3:1-5... - bandeloos, tree roekeloos op, is sonder liefde vir die goeie, sonder natuurlike liefde, is onversoenlik, onheilig, grootpraters, trotsaards, gelgieriges, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God). (1) Hulle het of nog nooit begin om die Here te dien nie (maw, hulle dien nog die sonde, en daarom praat hulle soos die wereld), of (2) hulle het teruggeval...  Ons weet waarna goeie vrugte verwys..., so dit is seker nie moeilik om te verstaan waarna "slegte vrug" verwys nie, want wanneer 'n vrug sleg is beteken dit nie dat dit 'n ander soort vrug is nie, maar ditto maar sleg... - dit is m.a.w. ditto vrug... (bv. geloof, barmhartigheid, vrede, liefde, ens.), maar is sleg! (bv., asof hy glo, maar sy vrug wys dat hy nie werklik glo nie...). Valse profete is soos akteurs - hulle speel die rol van profete, maar is nie werklik profete nie, en die manier om hulle uit te ken is aan hulle VRUG (bv.,  as die Here jou regtig gestuur het, sal jy ten minste dieselfde verkondig as die waarheid en as Jesus se woorde, maar die valse profeet verkondig 'n verdraaide waarheid of die leuen). Jesus het ook o.a. na diesulkes verwys as "geveinsdes" (Matt. 23:27,29; 24:51; Mark. 7:6; Luk. 11:44; ens.)(mense wat voorgee) - hulle gee voor hulle het vrede en geloof en is lief vir die Here en het kennis van die Here ens., maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig vrede het of glo nie, bv. glo nie werklik in Jesus se woorde (die waarheid) nie. Hulle wys gou dat hulle kennis eintlik woorde van die wereld is of uit ander bronne verkry is (1 Joh. 4:5; Jer. 29:8) of uit hulleself kom! (Matt. 12:34; Luk. 6:45; Eseg. 13:2,17; Jer. 23:6). Hulle kom bv. voor dat hulle barmhartig en liefdadig is, maar doen dit eintlik vir hulleself nl. "om geëer  te word"... (Matt. 6:2,5,16; 23:23). Hulle sal voorgee dat hulle die Here ken, bv. om te staan en bid waar alle oë op hulle is, maar doen dit vir hulleself nl. "om gesien te word"... (Matt. 6:5). Hulle gee voor dat hulle in Jesus glo, maar versoek/toets Hom (Matt. 16:1-4; 22:19) en staan in die pad van die wat Jesus se leringe verkondig... (Matt. 15:7; 23:13). Hulle gee voor dat hulle vir die Here werk, maar doen hulle eie wil... (Matt. 23:51; Matt. 16:3). Hulle gee voor dat hulle vir die Here tyd maak, bv. om te vas, maar dit is eintlik net toneelspel... (Matt. 6:16; 15:7,8). Hulle gee voor dat hulle die kennis van die Here het, maar leer gebooie van mense en praat verkeerde dinge... (Matt. 15:9; Hand. 20:30; Matt. 7:15-23).  Kortom, hulle is liefhebbers van hulleself! (2 Tim. 3:2).

(5) Hulle is "VERLEIERS" want hulle is daarop uit om die skape te MISLEI.  Jesus het o.a. ook geleer dat diesulkes selfs tekens doen om hierdie doel te bereik... (Matt. 24:11,24; Mark. 13:22)(Openb. 19:20). Valse profete en valse leraars voer verderflike ketterye heimlik in die kerk in, met die doel om ander sover te kry om hulle verderflikhede na te volg (2 Pet. 2:1,2), en op dieselfde tyd trek hulleself baie voordeel uit die kudde (2 Pet. 2:3).

(6) Hulle is KWAADSPREKERS - hierdie is 'n tipiese kenmerk van die wat vals is, is dat hulle LASTER..., en hoekom die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2). Hulle gebruik hierdie metode (nl. kwaadspreek en laster) om mense te verlei (sodat hulle bv. liewer in hulle glo as in die waarheid )(hulle spreek kwaad van die weg en die wat die waarheid verkondig). Valse profete kan maklik aan hierdie gekenmerk word, is die feit dat hulle gewoonlik opstaan teen die wat die waarheid verkondig en 'n ander "waarheid" (wat verdraai of of vals is) bring (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24). Sulke mense is altyd aan die leer maar kom  nooit tot kennis van die waarheid nie"! (2 Tim. 3:5-8), en die rede hiervoor is natuurlik omdat hulle eerder hulle eie of ander sieninge glo. In ander woorde, hulle gee voor dat hulle glo, maar hulle vrug getuig dat hulle nie regtig glo in die waarheid of in Jesus se woorde nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom word hierdie mense somtyds toegelaat in die kerk?

Volgens. Jes. 5:31 is dit presies wat sommige kinders van die Koninkryk wil hê!, is valse profesie...;  maar hoekom? Die laaste dae word ook beskryf as 'n tyd waarin die mense "die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:3). Hierdie valse profete word maw baiemaal ontvang omdat hulle preek wat die mense graag eerder wil hoor! (nie wat die waarheid is nie).  Dit wys vir ons die toestand van die kerk...

Kyk ook die woorde in 2 Tim. 4:4: "en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels"... - valse profete word gewoonlik 'n opening gegee waar kinders van die Koninkryk wederstrewig is en nie die wet van die Here wil hoor nie (Jes. 30:10). Hulle sal die wat die waarheid verkondig, stilmaak (Jes. 30:10), maar sal die wat hulle in die gehoor streel en vleitaal spreek en bedrieëry profeteer, hartlik ontvang en goed van hulle praat (Jes. 30:10; Luk. 6:26). Baie tipiese kenmerke staan uit van sulke kerke..., en dit is dat die ongeregtigheid vermeerder en die liefde van meeste verkoel (Matt. 24:12). PASOP VIR 'N KERK WAT VALSE PROFETE TOELAAT, WANT KORT VOOR LANK BEGIN JY DALK SELF IN FABELS GLO! Hierdie valse profete verloën die Here en trek baie voordeel uit die kudde... (bv. deur hulle verdigte woorde)(2 Pet. 2:22). Ons kan sien hoe baie die kerk al mislei is, want vele dinge word bv. vandag alreeds reg genoem wat eintlik verkeerd is, en hierdie is een van die gevolge van sulke misleiding... (Openb. 2:20,21). Kyk maar hoeveel leringe van duiwels word vandag aangehang deur sommige Christene! (1 Tim. 4:1).

Matt. 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei". Baie mense is vandag mislei om die leuen te glo..., en dit is duidelik dat ons in so 'n tyd is, want die weg van die waarheid word baie gelaster ('n teken daarvan - 2 Pet. 2:3).  Vele verderflike ketterye is ook al heimlik ingevoer in die kerk (2Pe 2:1,2). Ons moet verstaan dat die wat "vals profeteer" en kwaadspreek van die wat die waarheid verkondig, NIE DEUR DIE HERE GESTUUR is NIE: (Jer 29:9 - "Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE").  Hulle doel is om die uitverkorenes te probeer verlei en dus voor te gee dat hulle die Here ken, maar hulle doen nie. Hulle kry hulle woorde van ander bronne, somtyds deur drome of deur verbode heidense praktyke soos towery (Hand. 13:6) of waarseêry (Jer. 29:8), of uit hulle eie hart! Ons moet dus versigtig wees en seker maak watter bron iemand gebruik, en iemand se woorde wys ook vir ons watter bron hy gebruik... Bly in Jesus Christus en hou vas aan die waarheid (en Sy woorde) - raadpleeg Hom! (moenie ander bronne raadpleeg nie) - hierdie is die manier hoe ons onsself beskerm en nie sal val vir die leuen nie.(1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan")

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat sal eendag met die valse profete / die wolwe onder die kinders van die Koninkryk gebeur?

Wolwe sal nie die oordeel vryspring nie! (Matt. 10:14-16). Die uiteinde is dat uit hulle WOORDE hulle eendag veroordeel sal word... (Matt. 12:36,37), en hulle sal vervloek word tot die vuur (Matt. 7:19; 2 Pet. 2:3).  

- (Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

- (Heb 6:8 - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding").  

- (Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-7-seels-van-openbaring.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/05/die-kenmerke-van-n-verleier.html


Donderdag 07 Junie 2018

Dorings en distels / Braak vir julle 'n braakland

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE TEMA VAN "dorings en distels" 
- NIE NET LETTERLIK NIE, MAAR VERAL WAARNA DIT FIGUURLIK VERWYS. 
Ons kyk ook na ander beeldspraak soos "wilde druiwe", "braakland braak", "ploeg en saai", "brandnekels, ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Die mens bestaan uit liggaam, siel en gees, 
en is tweeledig van aard nl.:  LETTERLIK en FIGUURLIK.  

Letterlik is die LIGGAAM gemaak uit grond (en keer terug na stof wanneer die mens doodgaan) - maar die liggaam kan ook figuurlik voorgestel word met "GROND" (en verwys veral na óf die natuurlike mens, óf die geestelike mens).  Bv. in die gelykenis vd saaier word die mens voorgestel soos GROND (en hier verwys "saad" na die woord).- sommige mense word voorgestel soos "grond langs die pad", ander soos "grond in rotsagtige plekke", ander soos "grond tussen dorings", en dan die "goeie grond". In hierdie pos gaan ons veral stilstaan by die voorstelling vd mens as "grond", ook kyk na die belangrikheid van "ploeg en saai", en bietjie stilstaan by die grond "tussen die dorings".  

In die geval van die SIEL, verwys dit letterlik na die lewe in die bloed/hart, maar figuurlik kan dit ook voorgestel word met "SAAD, BOOM of PLANT" (en verwys veral na die hart - "figuurlik" bedoel, bv. die wil, emosies, denke, oorlegginge ens.)(en verwys veral na "ou hart"-kinders vd vlees (die natuurlike mens);  of "nuwe hart"-kinders vd Gees (die geestelike mens)). Die geestelike mens se siel is vernuwe en hy het 'n nuwe hart ontvang en sy lewe is in die bloed van Christus. 
Daar is heelwat skrifte waar gelowiges soos bome voorgestel word, of soos saad wat in die wêreld gesaai word (http://warechristene.blogspot.com/p/blog-page.html)(Matt. 12:33; Luk. 3:9 ens.) ;  selfs soos "takke" of "lote" (Rom. 11; Joh. 15:5 ens.). Net soos 'n boom aan sy vrugte geken word, net so is dit die hart vd mens (sy siel) wat wys wat se vrug iemand dra - "iemand word dus aan sy hart (die vrug vd hart) geken".  

Letterlik verwys die GEES (vd mens) na "asem" waarsonder niemand kan lewe nie, en is dus soos lig vir die liggaam, maar figuurlik kan dit ook voorgestel word soos "LIG" (wat 'n plant nodig het om te lewe en groei)(en verwys veral na óf die kinders vd duisternis, óf die kinders vd lig).  Iemand se gees wys m.a.w. of hy 'n kind vd duisternis (die natuurlike mens) is of 'n kind vd lig (die geestelike mens). Die geestelike mens se gees is vernuwe.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

-  PLOEG en SAAI (figuurlik bedoel):  Die tema van ploeg en saai het veral te doen met die besnydenis vd hart.  Die besnydenis vd hart is nie net iets wat die Here doen in gelowiges se harte (wanneer die siel vernuwe word) nie, maar is ook iets wat van elke gelowige verwag word om self te doen ("pad van godsaligheid").  Elke gelowige kan gesien word soos 'n boom wat (in die Here se wingerd) geplant word om vrug te dra (bestudeer gerus "die Here se wingerd"-http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html). Die Here spit Sy wingerd om, haal die klippe uit en beplant dit met edel wingerdstokke (Jes. 5), maar  
- Elke gelowige is ook self verantwoordelik vir ploeg (en saai), en kan nie verwag dat daar iets gaan wees in die OESTYD (wanneer Jesus Christus terugkom) as hy nie ag gee daarop om ook self sy hart te besny nie (Spr. 20:4).  En in hierdie pos kyk ons veral na die geval waar die lui en verstandelose mens se grond toegroei met dorings... (Spr. 24:30,31), wat ook na verwys word in die gelykenis vd saaier.  In die gelykenis vd saaier verwys "dorings" na sorge vd wêreld, verleiding vd rykdom, begeerlikhede i.v.m. ander dinge en genietinge vd lewe (http://warechristene.blogspot.com/2014/06/wat-is-die-waarheid-2.html).  Ons moet verstaan die belangrikheid van beeldspraak wanneer gelowiges beveel word om hulle "BRAAKLAND TE BRAAK" (Jer. 4:3; Hos. 10:12).  As die gelowige nie sy eie hart besny nie (m.a.w. nie sy grond omspit en mis gooi nie;  -nie ploeg (en saai) nie, dan kan hy nie verwag dat daar iets gaan wees in die oestyd (wanneer Christus terugkom) nie... (Spr. 20:4). Waar grond nie omgespit word nie, skiet dorings en distels op (Jes. 5:6) - dit is amper dieselfde asof iemand "onder die dorings saai" (Jer. 4:3; Matt. 13:7,22).
-Waar grond nie omgespit word nie, kom dorings en distels op (Jes. 5:6). Waar kinders vd Here dorings dra, word hulle beveel om hulle grond om te ploeg sodat hulle nie "onder die dorings saai" nie, want as iemand onder die dorings saai, kom beide op en sal die dorings die saad verstik (Jer. 4:3; Matt. 13:7,22). Hier gaan dit oor "wat ons saai, sal ons maai".  Dus bring dit ons terug by die eerste punt, die belangrikheid van ploeg en saai...  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die invloed van dorings en distels:
Met die sondeval in Genesis het Adam se ongehoorsaamheid o.a. tot gevolg gehad dat die aarde DORINGS EN DISTELS  voortbring (Gen. 3:17,18). Hierdie vloek op Adam het veroorsaak dat sy werk met meer moeite gedoen moes word.  Ons weet dat waar saad saam met dorings opkom, dorings veroorsaak dat daardie saad verstik (Matt. 13:7) - die gevolg is dat sulke grond onvrugbaar word of geen ryp vrug dra nie...

Alhoewel die vloek op Adam na letterlike dorings en distels verwys, en letterlik meer werk veroorsaak omdat die grond, akker, wingerd of watookal nou ook skoongehou moet word van dorings en distels (Spr. 24:30,31), word die tema van dorings ook in beeldspraak gebruik in sommige skrifte, bv. Heb 6:8 wat in konteks praat van die wat afvallig word vd geloof, en verwys na die vrug wat daardie grond oplewer - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding". Dit is iemand se "vrug" wat wys wat in sy hart aangaan en wys wat se soort boom hy is (Luk. 6:44).  Ons het reeds op 'n vorige geleentheid gesien dat gelowiges o.a. voorgestel word soos bome wat in die wêreld geplant word..... om vrug te dra, maar as hy vol dorings is of lyk soos 'n doringbos, kan hy nie goeie vrug dra nie;  altans, die vrug sal verstik! (Luk. 6:44 - "Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie"). In hierdie sin is elkeen van ons ook verantwoordelik vir ons "eie grond", om dit om te spit en mis te gooi,  en ook verantwoordelik vir dit wat ons daarin saai. Jesus het ook die term "dorings" in beeldspraak gebruik in die gelykenis vd saaier.  In hierdie gelykenis verwys "dorings" na "die sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe" - ook in die gelykenis is die gevolg van "dorings" dat die persoon geen ryp vrug dra nie! (Luk. 8:14), of onvrugbaar word! (Matt. 13:22).  In Jer. 4:3 word die volk van God ook versoek om NIE ONDER DIE DORINGS TE SAAI NIE. Elkeen is m.a.w. ook self verantwoordelik om sy grond om te spit en mis te gooi, en nie onder die dorings te saai nie (figuurlik bedoel), want as iemand dit nie doen nie sal die dorings en distels oorneem en enige vrug verstik. Wat jy saai sal jy maai.  Bv., as 'n gelowige begeer en probeer om eerder ryk te word in die wêreld as ryk in die Here, dan is hy besig om onder die dorings te saai, en dit sal verseker tot gevolg hê dat so iemand sy vrug (m.a.w. vrug wat hy as gelowige alreeds dra, en wat nodig is om ewige lewe te verkry) verloor of geen ryp vrug dra nie. Die uiteinde? - Hebr. 6:8. Maar as die manier hoe hy saai is "om ryk te word in die Here", dan sal hy vrug dra (sy uiteinde? - hy dra vrug "tot ewige lewe", m.a.w. vrug wat vir hom die ewige lewe kan gee). Hierdie gaan nie oor "werke tot saligheid" nie, maar gaan oor werke a.g.v. saligheid!   Christene moet dus versigtig wees "HOE HULLE SAAI".  Want waar 'n Christen (wat 'n nuwe hart het) terugval in die genietinge en begeerlikhede vd lewe, of meer behep met die sorge vd lewe (soos die met 'n ou hart), dan kan hy nie verwag om goeie vrug te dra nie. Die uiteinde is dat so 'n Christen besig is om te "saai onder dorings" en dat die vrug wat hy alreeds dra (wat eintlik vir hom die ewige kan gee) verstik word - sulke grond word onvrugbaar en kan dan geen ryp vrug dra nie.

Iemand se pad word ook somtyds op hierdie manier voorgestel, bv.
- Spr. 15:19 - "Die weg van die luiaard is soos ‘n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak".
- Spr. 22:5 - "Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan".
- Hos 9:6 - "Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees".

Hierdie tema kan moontlik ook vgl. word met die tema van "onkruid" of "kaf", alhoewel "onkruid" meer verwysend is na die wat voorgee dat hulle gelowig is (valse gelowiges) as wat dit verwys na die wat nie vrug dra nie (soos die "kaf") - (Job 31:40 - "laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars...").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Braak vir julle 'n braakland:

Die huis van Israel word gesien soos DIE WINGERD VAN DIE HERE (Jes. 5:7,1). Die Here spit dit om, haal die klippe uit en beplant dit met edel wingerdstokke (v.2).  Natuurlik verwag Hy dat dit druiwe sal dra, maar as dit wilde druiwe voortbring (v. 2,4), sal Hy dit verwoes (v.5).  Vgl. hierdie met die gelykenis in Matt. 20:1-16, Matt. 21:28-32 en Matt. 21:33-44 waar die beeldspraak van "wingerd" ook gebruik word.

Christene is deel van die kinders van Abraham (deel vd "huis van Israel" - die Here se wingerd), en word "kinders" gebore uit die geslag van Jesus Christus (Abraham, Isak, Jakob,...Dawid,...Jesus Christus) - nie fisies gebore uit Sy saad nie, maar geestelik gebore deur die Heilige Gees wat Hy aan hulle gee.  Deur die Gees kry hulle God se saad in hulle, en word "weer gebore" - hulle gees en siel word vernuwe en hulle het ook die belofte van 'n nuwe liggaam!

Alhoewel die belofte van wie sou erf spesifiek gemaak is aan "die kinders van Abraham" is dit slegs die gelowiges en gehoorsames wat regtig erf - en daarom spesifiek gebore uit die geslag van Abraham-Isak-Jakob(Israel)-Dawid-Jesus Christus!  Net soos wat die uitverkore geslagslyn vasgestel was deur wie GEHOORSAAM en GELOWIG is, net so is dit slegs die Christene wat gehoorsaam en gelowig is wat regtig sal erf.  Die Here gaan nie toelaat dat goddeloses saam met Hom regeer nie... Hy verwag van ons, AS "DEEL VAN SY WINGERD", OM VIR ONS 'N BRAAKLAND TE BRAAK (en nie onder die dorings te saai nie)(Hos. 10:12).

Voor ons verder praat oor "braakland braak", KOM ONS KYK net eers NA DIE GELYKENIS IN LUK. 13:6-9:
(Luk 13:5)  Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
(Luk 13:6)  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
(Luk 13:7)  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
(Luk 13:8)  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
(Luk 13:9)  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.
DIE BEELDSPRAAK van hoe gelowiges as saad in die wêreld gesaai word (Matt. 13:37) OM VRUG TE DRA, word in verskeie gelykenisse gebruik.  Gelowiges is soos bome wat groei en vrug dra (in die Here se wingerd) - Hy spit die wingerd om, haal die klippe uit en plant ons in Sy wingerd... om vrug te dra - en hierdie vrug sal geoes word wanneer Christus terugkom.  Maar gelowiges wat nie vrug dra nie, maak die grond waarop hulle staan onvrugbaar (Luk. 13:7) - hulle grond het spit en mis nodig, maar as hulle na "spit en mis" steeds nie vrug dra nie, sal hulle uiteindelik uitgekap word (Luk. 13:9). Die Christen se siel en gees wat in sy binneste gevorm is, word VERNUWE wanneer hy weer gebore word - hy is veronderstel om vrug te dra wat by die bekering pas. Ons moet dus verstaan die belangrikheid van beeldspraak wanneer gelowiges beveel word om hulle "BRAAKLAND TE BRAAK" (Jer. 4:3; Hos. 10:12).  In Luk. 13 (en ander skrifte soos hieronder) sal ons sien dat dit veral beteken dat iemand hom BEKEER van sondes en/of bekeer tot die Here, en om Hom en Sy geregtigheid te soek (Hom vertrou, raadpleeg, gehoorsaam...).  

Kom ons kyk na twee skrifgedeeltes waarin hierdie term gebruik is:
-  (Jer 4:3)  Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle ‘n braakland en saai nie onder die dorings nie.  -die volk word beveel om hulle te BEKEER en hulle VERFOEISELS TE VERWYDER... - in hierdie skrifgedeelte verwys "onder die dorings saai" dus veral na afgodsaanbidding.

-  Vgl. dit met Hos. 10:12 waar die volk, ook daar, beveel word om vir hulle 'n braakland te braak - (Hos 10:12 - "Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën"). - Ons kan seker aflei dat "om grond te ploeg" hier veral verwys daarna dat hulle die Here moet soek en Hom gehoorsaam, maar wat hulle gedoen het is om "goddeloosheid in te ploeg"! (v.13) - die gevolg is dat hulle "slegtigheid gemaai" het, die vrug van hulle leuens geëet het. Dit word ook verder in v. 13 verduidelik waarom hulle so verkeerd gedoen het:  "omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde". In plaas van om op die Here te vertrou het hulle in hulle mense vertrou, die Here nie geraadpleeg nie maar gedoen soos hulle self goeddink.
Wat is dit wat ons in ons grond inploeg?  Wat is dit wat ons saai?, want l.w. dat hulle beveel word om te "saai... volgens die eis van geregtigheid". Hulle moes seker maak dat hulle die regte saad saai (want wat jy saai sal jy maai).  In hulle geval het hulle goddeloosheid, "leuens" gesaai, en slegtigheid gemaai.  Ons sien dus wat die Here bedoel het met die woorde "braak vir julle 'n braakland", en dat dit (net soos in die letterlike geval) figuurlik ook gaan oor PLOEG en SAAI.  Wat Hy dus van hulle verwag is om hulle harte te besny! (sien volgende paragraaf).  Hulle grond lyk nie goed nie want hulle het verkeerde saad gesaai, en het nou nodig om geploeg te word, en nodig om te saai volgens die eis van geregtigheid.  M.a.w., HULLE MOET HULLE BEKEER - bekeer tot die Here deur afgode af te le, en bekeer van sonde - die grond omploeg en skoonmaak, EN NIE ONDER DIE DORINGS SAAI NIE, maar die Here raadpleeg, Hom soek, Sy geregtigheid en wil soek...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Besny die hart:
Ons sien dat terwyl God in Jer. 4 van die volk verwag om hulle grond om te ploeg en nie onder die dorings te saai nie, Hy ook aan hulle die opdrag gee:  "BESNY JULLE VIR DIE HERE"!
Die oplossing, of dan die manier "hoe hulle hul grond omploeg" is om hulle HARTE te BESNY:
(Jer 4:4 - "Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos ‘n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge")(Jer 4:14 - "Was jou hart van boosheid, o Jerusalem, dat jy gered kan word. Hoe lank sal jou onheilsgedagtes in jou binneste vertoef?"). Hulle was wederstrewig teen die Here, - boos (v.18), dwaas en onverstandig, het Hom nie geKEN nie, was slim om kwaad te doen... (v.22). Hulle moet uit hulle harte uit wegsny wat nie daar hoort nie!  

Die tema van "besnydenis" gaan nie net oor die vleeslike besnydenis nie, maar veral oor die BESNYDENIS VAN DIE HART. In die O.T., as gelowiges nie hulleself besny het na die hart nie, dan was hulle steeds as 'n onbesnedenes gesien in die oë van die Here, al was hulle ook vleeslik besny of deel vd volk (deel vd "besnedenes")(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html).. In ag geneem dat die besnydenis 'n teken was van "wie is vir die Here 'n volk" en "vir wie is Hy 'n Here" (bv. watter volk is uitgekies onder die mensdom om 'n priestervolk te wees vir die Here;  Hy sorg vir hulle en lei hulle;  hulle is aan Hom gehoorsaam), maak dat ons die besnydenis vd hart beter verstaan. Die persoon wat 'n nuwe hart kry wanneer hy die Heilige Gees ontvang, word deel van die Here se priestervolk; en die Here lei hulle en sorg vir hulle. Maar van hulle kant af besny hulle ook self hulle harte, deur uit te sny wat nie daar hoort nie, m.a.w. bekering en afleg van sonde.  Die geestelike mens dien die Here, en is daarom gehoorsaam aan Jesus Christus en aan Sy Heilige Gees (want immers 'n bewys is dat hulle glo).

Die besnydenis vd hart het te doen met hoe elkeen sy eie land ploeg, en die manier HOE IEMAND "SAAI", SAL BEPAAL HOE HY GAAN MAAI ! (Gal. 6:7,8; Job 4:8; Spr. 22:8; 1:31). Die VRUG wys wat GESAAI is.  Iemand se VRUG wys dus wat in sy hart is!  In Hos. 10 het die volk gesondig deur afgode te aanbid. Hulle het wel vrug gedra vir die Here, maar ook altare gebou vir afgodsaanbidding!?  Baie Christene bevind hulle in hierdie selfde posisie, waar hulle wel vrug dra vir die Here, maar besig is om twee here te dien deur ook besig te wees met afgodspraktyke... Wat met so iemand gebeur is dat hy die vrug wat hy vir die Here dra sal verloor en onvrugbaar word, of sal uiteindelik nie die nodige vrug dra nie!  Vgl. hierdie gerus met die gelykenis vd saaier - die derde groep, wat wel vrug dra, maar onvrugbaar word a.g.v. afgodsdiens (sorge en genietinge vd lewe, begeerte na rykdom..ens.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html).  In Hos. 10 sien ons dat die rede waarom hulle afvallig geword het was a.g.v. "eiesinnigheid" (Hos. 10:13) -en  hulle harte was vals (v.2).  Hulle het voorgegee dat hulle gehoorsaam is aan die Here, maar in werklikheid was hulle harte vals want hulle was eerder gehoorsaam aan hulleself. Eiesinnigheid gaan veral daaroor dat iemand doen volgens hoe hy self "sien" - so iemand ontvang 'n opdrag vd Here, maar gaan teen die Here se opdrag omdat hy reken dat hy beter weet wat nodig is in die situasie (soos koning Saul gedoen het).  Hy gee voor dat hy die Here ken en gehoorsaam, maar doen eintlik soos hy wil en self goeddink. Dit word dus van hulle verwag om hulle eie harte te besny, deur hulle te bekeer van hulle eiesinnigheid en te bekeer tot die Here (m.a.w., bekeer van die manier hoe hulle "sien" tot die manier hoe die Here sien).

Christus het ook vir ons geleer dat die manier hoe iemand HOOR bepaal of hy gaan vrug dra of nie (en wat se soort vrug hy dra...) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/06/wat-is-die-waarheid-2.html). In die gelykenis vd saaier is die "saad" die woord.  Die Here gee vir ons woord en maak Sy wil bekend, maar die manier hoe ons "hoor", m.a.w. ag gee op dit, bepaal of ons gaan vrug dra.  Die manier "hoe ons HOOR" kan ook vgl. word met "hoe ons (in ons grond) saai". Wanneer iemand eiesinnig is dan "hoor" hy nie werklik nie - hy gee voor dat hy hoor, maar hy doen eintlik wat hy wil.  Selfs al is daar koring gesaai, sal die ONgehoorsame "koring" (grond) dorings maai - sy "inkomste" sal m.a.w. dorings wees (Jer. 12:13) - soos wat gebeur met die wat wilde druiwe voortbring - hulle word nie verder gesnoei en omgespit nie, en dorings en distels sal opskiet... (Jes. 5:6). Die wat nie "hoor" nie is soos mense wat nalaat om hulleself te "snoei" en "om te spit".  Die gevolg?  -Daar sal dorings en distels opskiet wat op beurt veroorsaak dat so 'n gelowige se vrug verstik word...(soos grond wat onvrugbaar word en geen ryp vrug dra nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Elke boom word aan sy vrugte geken:

(Luk 6:41)  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?
(Luk 6:42)  Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.
(Luk 6:43)  Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
(Luk 6:44)  Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie.
(Luk 6:45)  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.

KYK VERAL NA V.44 EN 45, EN KYK HOE CHRISTUS KLEM Lê OP DIE "HART" !  Elke een se hart wys of hy 'n goeie boom of 'n slegte boom is.  God weet wat in elke mens se hart is, maar mense weet nie altyd wat in iemand anders se hart aangaan nie;  alhoewel iemand se VRUG dit kan uitwys.  'n Doringbos kan nie druiwe dra nie.  En vye groei nie op dorings nie! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is dit moontlik vir 'n Christen om sy "saligheid" te verloor?
(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
(Heb 6:5)  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
(Heb 6:6)  en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
(Heb 6:7)  Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.
(Heb 6:8)  Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding.

Hier is 'n vgl. tussen dit wat ons in die natuur sien, en die mens.  Wanneer reën op die GROND val, dan bring dit nuttige plante voort... Op dieselfde wyse wag "die landbouer" (die Vader-Joh. 15:1) op die "vrug vd aarde"... (Jak. 5:7 - "Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het"). ONS IS GEROEP OM VRUG TE DRA! (Joh. 15). (Vgl. dit met die gelykenis in Luk. 13:6-9 en Mark. 4:26-28). Vgl. dit ook met die tema van "oes". 

DORINGS en DISTELS is die rede waarom sommige Christene eendag afgesny sal word..., en verwys spesifiek hier na die wat afvallig geword het.  Ja, die mense na wie hierbo verwys word, is Christene - hulle was eens VERLIG (nuwe gees)!, en het die Heilige Gees ontvang!, en het die waarheid leer ken! en het die kragte vd toekomstige wereld gesmaak!;  MAAR het dorings en distels opgelewer.... HIER MOET ONS NATUURLIK ONDERSKEI TUSSEN WANNEER IEMAND SE VRUG VERSTIK WORD DEUR DORINGS EN DISTELS (vir wie daar nog hoop is...), EN WANNEER SY VRUG SELF DORINGS EN DISTELS IS! (vir wie daar geen hoop meer is nie...). Vgl. dit gerus met die tema van slegte vrugte, valse leraars en valse profete.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifte "brandnekels":
Job_30:7  Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar—
Pro_24:31  en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
Isa_34:13  En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ‘n lêplek van jakkalse, ‘n verblyf vir die volstruise wees.
Zep_2:9  Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra—’n veld van brandnekels en soutpanne en ‘n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE rakende hierdie tema:
-(Jes. 10:17)  En die Lig van Israel sal ‘n vuur wees, en sy Heilige ‘n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteer op een dag.
-(Jes. 32:13)  vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.
-(Jes. 34:13)  En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ‘n lêplek van jakkalse, ‘n verblyf vir die volstruise wees.
-(Num 33:55)  Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon.
-(Jos 23:13)  weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle ‘n vangnet en ‘n strik wees en ‘n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.
-(Spr. 15:19)  Die weg van die luiaard is soos ‘n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
-(Spr. 22:5)  Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
- (Jes. 27:4)  Geen grimmigheid is by My nie. Kry Ek doring of distel, in oorlog sou Ek daarop aanval, dit alles saam verbrand.

(Jes. 7:23)  En in dié dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.
(Jes. 7:24)  Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.
(Jes. 7:25)  En al die berge wat met die pik bewerk is—daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.

(Eseg. 2:5)  Maar of hulle nou al luister of nie—want hulle is ‘n wederstrewige huis—hulle sal moet erken dat daar ‘n profeet in hulle midde gewees het.
(Eseg. 2:6)  En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is ‘n wederstrewige huis.
(Eseg. 2:7)  Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.

(2Sa 23:6)  Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want ‘n mens vat dit nie met die hand nie;
(2Sa 23:7)  en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met ‘n yster of die steel van ‘n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.

(Hos 9:6)  Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.
(Hos 9:7)  Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word ‘n dwaas, die man van die gees ‘n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.
(Hos 9:8)  Efraim is ‘n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van ‘n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.
(Hos 9:9)  Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van Gíbea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.

(Hos 10:8)  En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!

(Mat 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
(Mat 7:16)  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
(Mat 7:17)  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
(Mat 7:18)  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
(Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

-Mat_13:7  En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.
-Mat_13:22  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. 
-Mar_4:7  En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie. 
-Mar_4:18  En hulle by wie in die dorings gesaai word—dit is hulle wat die woord hoor, druiwe van ‘n doringbos nie. 
-Luk_8:7  En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. 
-Luk_8:14  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. 
-(Mat 27:29)  en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ‘n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
-(Jes. 55:13)  Vir ‘n doringboom sal ‘n sipres opgaan; vir ‘n distel sal ‘n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot ‘n naam, tot ‘n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.
-(Eseg. 28:24)  En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------