Sondag 31 Januarie 2021

Verlei / Mislei (verleiding, misleiding)

In hierdie pos word daar na die volgende punte gekyk:
- Voorbeelde van misleiding
-  (1)  Die duiwel is die groot verleier.
-  (2)  Somtyds neem mense die rol op van "verleier".
-  (3)  Somtyds mislei mense hulleself.
-  (4)  Somtyds is misleiding nie bedoel vir kwaad nie.
Rol af vir
-  'n algemnee begrip vd woorde mislei en verlei,
-  Grieks en Hebreeuse betekenis vd woorde
- voorbeelde van "verleiers"
-  skrifte.
___________________________________________________________________________________
INLEIDING:
------------------
Die woorde "verlei" en "mislei" word saam in hierdie pos behandel omdat die twee baimaal hand aan hand gaan bv, om iemand te verlei kan soos "misleiding" gesien word (bv. waar 'n ongetroude man 'n vrou MISLEI deur voor te gee dat hy vir haar omgee, maar haar so VERLEI bloot om met hom vleeslike gemeenskap te he...).  Die woord "mislei" is dieselfde as om iemand te bedrieg, en die rede hiervoor is sodat iemand verlei kan word om die leuen te glo of om te sondig.  Wanneer iemand verlei word om die leuen te glo en nie weet wat is die waarheid nie, word hy bedrieg. So iemand is "onkundig".  Dit is egter iets anders as iemand die waarheid ken (is dus kundig), maar steeds ir die misleiding val! - in so 'n geval "bedrieg die persoom homself" omdat sy hart weet wat is die waarheid maar hyself kies om die leuen te glo (asof hy deur homself bedrieg word en vir homself lieg, soos wanneer 'n misleier vir jou lieg). DIE DUIWEL IS DIE GROOT VERLEIER (Openb. 12:9,10), ja, maar mense word baiemaal DEUR HULLE EIE HARTE MISLEI (dus verwysend na "kundiges" - wat hulleself mislei), en daar is heelwat voorbeelde hiervan:  Bv., iemand wat voorgee dat hy geen sonde het nie, of waar iemand van homself meer dink as wat hy is, of iemand wat opgeblase is en dink hy is slim maar sy kennis is nie gegrond op die waarheid nie, ens. 

MENSE NEEM SOMTYDS HIERDIE ROL OP VAN OM TE "MISLEI" OF "VERLEI" (1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24) - hierdie mense kan tipies gesien word as "kwaadsprekers" en "lasteraars". Kwaadsprekers praat leuentaal.  Lasteraars kla mense vals aan, bv. verkondig leuens oor die een wat die waarheid verkondig.  Hierdie is tipiese karaktertrekke van die duiwel (die woord duiwel beteken "vals aanklaer" en "lasteraar"). Mense wat ander mislei en verlei is niks anders as lasteraars nie (lieg) en gewoonlik kwaadsprekers wat ander vals aankla sodat mense eerder in hulle leuens glo. Hierdie "misleiers" en "verleiers" sal eendag onder die ongeregtiges getel word (1Kor. 6:10 ). Ons moet egter nie die fout maak om te dink dat almal wat kwaadspreek en laster "wetendes" is nie;  baiemaal is sulke mense onwetend en natuurlik word daar meer barmhartigheid aan diesulkes bewys (alhoewel dit nou nie beteken dat hulle hul nie van hulle sonde hoef te bekeer nie...). Met wetendes wat kwaadspreek en laster is dit egter anders - sulke mens is tipies besig met "sonde tot die dood", en dus gewoonlik besig met die "groter sonde". Onder hierdie groep "wetende" kwaadsprekers en lasteraars val die valse profete en valse leraars, en valse broeders. 

Somtyds is misleiding nie bedoel vir kwaad nie (Matt. 2:16) - bv. waar daar op hierdie manier ge"lieg" word met die doel om lewens te red. 
___________________________________________________________-------------------------------------

(1) Die duiwel is die groot verleier. In Openb. 12 word die satan 'n duiwel ("dee-ab'-ol-os", wat beteken "vals aanklaer of lasteraar") genoem "wat die hele wêreld VERLEI". (Openb. 12:9,10 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld VERLEI, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag"). Iemand wat die gewoonte het om kwaad te spreek en te laster, word ook somtyds 'n "duiwel" genoem (want dit is o.a. waarna die woord duiwel verwys, nl. "lasteraar");  of genoem "kind vd duiwel" (bv. Hand. 13:10 -  iemand wat probeer om ander afkerig te maak vd geloof)  (of verwys ook na die wat stap in ongeregtigheid en sonde, bv. "natuurlike mense" - 1 Joh. 3:8,10)(Joh. 8:44-47-  "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen...."). 
Die duiwel is 'n
lasteraar (Joh 8:44 -  "...............Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan)  (mense wat laster, lieg en verkondig nie die volle waarheid nie, of verdraai geheel die waarheid - moet vgl. word met "kwaadsprekers" wat loop en stories vertel asof die waarheid, maar wat nie die waarheid is nie;  Lev. 19:16; 1 Kor. 5:11). (Vir 'n studie oor wat die woord "laster" beteken, gaan na hierdie pos: http://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html ), 
en 'n valse aanklaer (Openb. 20:10; Job 1:9; Sag. 3:1,2; Luk. 22:31)(bv., die duiwel het vir God vals aangekla toe hy vir Eva mislei het, deur voor te gee dit was 'n leuen die feit dat hulle sal doodgaan as hulle ongehoorsaam is)   ('n valse aanklaer gee voor dat iemand anders lieg, terwyl dit nie so is nie - hulle staan in die pad vd een wat die waarheid, verkondig met die doel om mense afkerig te maak vd waarheid wat verkondig word of vd geloof). 

Die eerste vb. in die Skrif waar die duiwel 'n mens verlei het is toe hy Eva verlei het (wat veroorsaak het dat sy in oortreding gekom het omdat sy haar hart deur hom laat verlei het...). Op hierdie manier (deur te laster en vir God vals aan te kla) het die duiwel voorgegee dat God gelieg het terwyl dit eintlik hyself was wat gelieg het. Die duiwel het opsetlik die waarheid verdraai en Eva so "verlei" om liewer in die leuen te glo.  Die duiwel (wat ook voorgestel word soos 'n slang a.g.v. sy listigheid) het nog nooit opgehou om te laster nie, want hy wil nie hê dat mense in God glo of gered word nie (Luk. 8:12).  Baie mense val vir hierdie verleiding - hulle hoor die woord maar dan word dit deur die duiwel uit hulle harte uit weggeneem deurdat hulle harte hulle mislei om eerder te glo in die leuen as in die waarheid. Die slang is die groot verleier en probeer die hele wêreld verlei om teen God te draai.  Bose en onreine geeste word ook "duiwels" genoem - die met 'n onreine gees word bv. o.a. na verwys as "onder die mag vd duiwel" (Hand.10:38 ).  Baie van hierdie geeste is kenmerkend juis vir die feit dat hulle lieg en bedrieg - bv. "gees van afgestorwene" of "gees wat waarse" of "gees van hoerery" wat ook gepaard gaan met afgodsaanbidding - Lev. 20:27; Hand. 16:16; Deut. 18:11; Hos. 4:12; 5:4 ens.). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Mense neem somtyds hierdie rol van kwaadspreker en lasteraar op wanneer hulle ander mislei.  (1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24).
Ons moet verstaan wat die rede is waarom iemand iemand anders mislei.  Bv., in die geval van Eva  het die duiwel haar mislei sodat sy nie meer die Here (en Sy woorde) vertrou nie (wou haar dus afkerig maak vd geloof). Sy het m.a.w. begin om eerder in die duiwel se woorde te glo as in die Here se woorde. Die manier hoe die slang hierdie misleiding teweeggebring het was deur kwaad te praat van God en te laster - deur die waarheid te verdraai of voor te gee dat Hy gelieg het (Gen. 3:1-5).  Mense neem ook somtyds hierdie rol op en probeer dan ander afkerig maak vd geloof deur kwaad te praat van die een wat die waarheid bring, en dan die waarheid te verdraai of valse stories oor die persoon te versprei. Daar is vele voorbeelde in die Skrif van dit, bv. ongelowige broeders wat skares opstandig gemaak het teen die dissipels. Dit is hierdie manier waarop "misleiding" plaasvind, en bv. die rede waarom Jesus gekruisig was en baie dissipels doodgemaak is ter wille van hulle geloof - is omdat hulle valslik aangekla was by die skares. Mense wat so kwaadspreek en laster val gewoonlik onder die kategorie van valse profete of valse leermeesters, of valse broeders (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(Hand. 17:5,6; 21:28-31; 24:5 ens.). Let wel dat dit nie verwys na onkundiges nie (alhoewel onkundiges ook ander kan mislei), maar na mense wat goed weet wat is die waarheid maar die waarheid opsetlik verdraai, en so kwaadspreek. En hulle kla die een wat die waarheid verkondig, vals aan, sodat ander nie glo in wat hy verkondig nie. Die doel van 'n valse profeet is om mense te mislei en verlei (Matt. 24:11,24; 2 Pet. 2:1,2).  

Die gevolg van "misleiding", of waar iemand val vir 'n misleiding, is dat dit gewoonlik sonde voortbring, bv.:
- ONGEHOORSAAMHEID (bv., as 'n kind meer vertroue plaas in iemand anders as in sy ouers, dan kan dit ongehoorsaamheid tot gevolg he); of
- VERLOENING (bv., as 'n Christen meer staatmaak op wereldse wysheid as op wat Jesus geleer het, dan kan dit tot gevolg he dat hy die Here verloen), ens.

Wanneer mense MISLEI word dan glo hulle in die verleier se woorde (eerder as in die een wat die waarheid verkonig). Baie onkundiges is al so gevang. Dit gaan dus beslis oor wie dit is in wie iemand glo of sy geloof plaas  (m.a.w., wie is dit vir wie jy vertrou? Gaan jy bv. liewer in Jesus se woorde glo?, of in die verdraaide waarheid?).  As 'n Christen bely dat hy in Jesus Christus glo maar glo nie in Sy woorde nie (maar bv. eerder in wat hyself sien as waarheid, of eerder glo in iemand anders vir wie hy vertrou), dan glo hy tog nou nie regtig in Jesus Christus nie!  Jy kan nie op die een hand bely jy glo in die Here, maar op die ander hand glo jy nie in Sy woorde nie!? As jy nie weet wat Jesus geleer het oor iets nie en jy mislei word deur 'n valse lering, dan is jy soos 'n onkundige, maar kundiges word egter sterker geoordeel.  As jy weet wat Jesus oor iets geleer het, maar steeds kies om iemand anders te glo, dan wys jy jy glo nie werklik in Jesus nie.

Valse profete en valse leraars se doel is om mense eerder in 'n leuen te laat glo as in die waarheid, bv. om mense eerder in wêreldse sieninge te laat glo as in Jesus se sieninge. Hierdie is wat dit so gevaarlik maak wanneer iemand iemand anders blindelings volg sonder om ag te gee op die waarheid, of wanneer Christene bv. eerder hulle hoop plaas in geestelike boeke as in die Skrif en in Jesus se leringe.  Mense wat iemand blindelings glo, word gewoonlik "sekte" genoem. Interessant hoe die eerste Christene sekte genoem is deur sommige Fariseers, terwyl dit eintlik hullself was wat blindelings hulle verkeerde leiers gevolg het! (Matt. 15:12-14; Luk. 6:39).   Die eerste Christene was 'n sekte genoem want baie vd owerpriesters en Fariseers het probeer voorgee dat Jesus 'n verleier was (en so gelaster teen Jesus)(Matt. 27:63) en het daarom die wat in Sy woorde geglo het, deel 'n "sekte" genoem (Hand. 24:5,14; 28:22). 'n Ander woord wat in Engels gebruik word vir "sekte" is "heresy" (Hand. 24:14) - die woord "sekte" is die Griekse woord "hah'ee-res-is" wat verwys na wanneer daar nie eenheid is oor wat geglo word of wat die waarheid is nie - die wat m.a.w. nie saamstem met die res nie, word 'n sekte genoem want hulle dink en sien anders (en word dan gesien soos mense wat mislei is).  Hierdie Fariseers het bv. vir Jesus 'n verleier genoem en die volk teen Hom opstandig gemaak, maar die waarheid is dat hulle eintlik self die verleiers was, en Hom valslik aangekla het en van Hom kwaadgespreek het.  Hulle was nie onkundig soos die res vd volk nie maar wel kundig, en het met opset die waarheid verdraai - in ander woorde, hulle het die groter sonde gepleeg... (Joh. 19:11) -  mense wat so loop en laster, is besig met "sonde tot die dood". (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Somtyds mislei ons onsself ! (Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18). Ons noem hierdie somtyds, "iemand dwaal" - soos iemand wat "dwaal op 'n weg" (Spr. 12:26; Jer. 50:6). Wat gebeur wanneer ons onsself MISLEI is dat dit tot gevolg het dat ons dan verkeerd "sien en dink" (net soos iemand wat mislei is om verkeerd te sien en dink) - dit is asof ons harte dan dwaal op 'n ander weg...  Dit kan vgl. word met die tema van Chritene wat 
- "slaap" (die wat nie waaksaam is nie - hulle kom nie eers agter wanneer die vyand onkruid onder die koring saai nie - hulle sien nie en hulle hoor nie, soos mense wat in 'n diep slaap is, en kos dus bv. nie eers agter as daar iets vals aan hulle verkondig word nie);  of die wat voorgestel word as 
- "dronk" (hulle "sinne is bedorwe" - hulle is bv. dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid ens. - dit verwys na daardie gelowiges wat hulleself oorgee aan hulle eie begeertes en gedagtes - hulle doen wat hulle wil en glo wat hulle wil, maak nie saak of dit vd waarheid verskil nie).

Mense wat bv. afgode aanbid is besig om te dwaal deurdat hulle in hulle harte glo dat daardie afgod vir hulle iets kan doen (Jes. 44:17,20). Mense "dwaal" somtyds in hoe hulle dink en sien - denke en sieninge is juis een vd dinge wat "natuurlike mense" van "geestelike mense" onderskei!  Bv., natuurlike mense "sien en dink" anders as geestelike mense omdat hulle nie die Heilige Gees het nie...  Natuurlike mense is dus soos mense wat dwaal - net soos 'n sekte gesien word as mense wat dwaal. Hulle dink en sien verkeerd - hulle is soos mense wat mislei is...  

Wat dit beteken wanneer iemand homself mislei, is dat hy besig is om te dwaal, en dink en sien dus verkeerd. Jy dink miskien jy sien en dink reg omdat jy jou vertroue in 'n geestelike boek of persoon sit, maar as dit wat hulle verkondig nie ooreenstem met die waarheid of met Jesus se leringe nie en jy nie eens die waarheid soek of die waarheid ignoreer, dan is jy soos iemand slaap en nie eens agterkom daar word onkruid onder die koring gesaai nie. Of dalk is jy "dronk" van sonde en deelname aan afgodspraktyke, of glo liewer wat die wereld leer as wat die Skrif leer - dan is ook besig om te dwaal en het duidelik jouself oorgegee aan eie begeertes (en gedagtes). Christene wat "doen wat hulle wil" en "glo wat hulle wil", is soos mense wat dronk is en kan nie mooi verstaan nie, en praat baiemaal in die lug, en kan enige oomblik val! Ja, daar is Christene wat besig is te dwaal, en daar is ook vele voorbeelde in die Skrif hiervan - m.a.w., nie almal wat hulleself Christene noem, dink en sien reg nie! Selfs sommige wat die Heilige Gees het en veronderstel is om reg te dink, is ongehoorsaam aan die Gees omdat hulle hulself mislei. 

Wanneer iemand homself mislei, is hy besig om 'n verkeerde denk- en sienswyse te regverdig, bv.:
-   neem die vb. van "redding deur geloof" alleen.
 Baie Christene glo vandag dat hulle alleenlik gered word deur geloof  en dat "werke" geen rol speel nie, maar die waarheid is dat geloof sonder werke dood is (Jak. 2:17,26).  Net soos iemand nie alleen deur werke gered kan word nie, net so kan hy ook nie alleen deur geloof gered word nie. In daardie opsig is werke 'n bewys dat iemand glo.  As Christene glo dat hulle alleen deur geloof gered word en hulle kan doen wat hulle wil, solank hulle net glo, dan is hulle besig om te dwaal (en vertaan duidelik nie wat geloof beteken nie), en dus besig om hulleself te mislei.  In so 'n geval "sien" en "dink" hulle verkeerd en lieg vir hulleself deur voor te gee dat hulle kan doen wat hulle wil - hulle bedrieg hulleself deur voor te gee hulle glo, maar die waarheid is hulle het nie die werke wat bewys dat hulle glo nie . 
Jesus het geleer dat as iemand nie in Hom bly nie (natuurlik verwysend na die wat in Hom glo), so iemand "uitgewerp" sal word soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en "gooi dit in die vuur, en dit verbrand" (Joh. 15:6). As iemand homself bedrieg deur te dink dat geloof geen werke nodig het nie, dan is hy op 'n gevaarlike pad. Die waarheid is dat baie Christene glo vandag in 'n "ander evangelie" (hulle is bedrieg!, of bedrieg hulleself);  daarom sien ons baie "dronk" gelowiges en Christene wat aan die slaap is. Hulle is soos mense wat nie by is nie - hulle hoor maar hoor nie, en sien maar sien nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  Somtyds is misleiding nie bedoel vir kwaad nie (Matt. 2:16) - bv. waar daar op hierdie manier ge"lieg" word met die doel om lewens te red. 
___________________________________________________________________________________
Skrifte en Griekse en Hebreeuse betekenis vd woorde "mislei" en "verlei":

Die woord "mislei" is die
- Griekse woord "ap-at-ah'-o" - "to cheat, that is, delude: - deceive". (Jak. 1:26 - "As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs"). Vgl. dit met v.22 - "En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg (die Griekse woord "par-al-og-id'-zom-ahee" -  to misreckon, that is, delude: - beguile, deceive) nie". Die wat net die woord hoor maar nie doen nie, is besig om hulleself te bedrieg - hulle dink miskien hulle is godsdienstig omdat hulle die woord ken, maar as hulle dit nie ook uitleef nie is hulle nie werklik godsdienstig nie.  In die hart voel hulle godsdienstig maar is nie (omdat hulle nie daders vd woord is nie, maar net hoorders). Die konteks dus?: -(Jak. 1:19,20 - "So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word. Want die toorn van ‘n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie"). In hierdie geval gaan dit oor iemand wat homself mislei  - hy dink hy is godsdienstig maar hy is nie...  Vgl. dit met 1 Joh. 1:8 wat ook gaan oor die wat vir hulleself lieg.
-----------------------
Somtyds word dit as "mislei" vertaal in die AOV waar die woord "seduce" of "deceive" gebruik word in die Engels  (die Griekse woord "plan-ah'-o" - go astray, deceive, err, seduce, wander, be out of the way), bv.:
- 1Jn 2:26  ("Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei").
- 1Jn_3:7 ( "My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is"). Hier sien ons dat die wat "mislei" gesien word as die wat ongeregtigheid doen. M.a.w., misleiers sal eendag onder die ongeregtiges getel word. Vgl. dit met Jak. 1:20 waar ons sien dat toornigheid gesien word as ongeregtigheid, en die wat dit doen maar hulleself as godsdienstig sien is besig om hulle eie harte te mislei.
-  1Jn 1:8  ("As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie"). Hierdie is ook 'n geval waar "iemand vir homself lieg" - hy gee voor dat hy geen sonde het nie, maar die waarheid is dat niemand van ons sonder sonde is nie.  Vgl. dit met bg. Jak. 1:26 waarin iemand vir homself lieg dat hy godsdienstig is, maar nie werklik is as hy slegs 'n hoorder is maar nie 'n dader nie.
- Nog 'n vb. van "selfmisleiding" is Gal 6:3 - ("Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself"). In konteks gaan dit oor hoe elke Christen homself op die proef moet stel.  Terwyl hulle ander broeders en susters help om reg te stap, moet hulle self seker maak dat (hulle self) regstap, en nie meer van hulleself dink as wat hulle is nie...
- Nog 'n vb. van "selfmisleiding is  1Kor. 3:18 - ("Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word"). In konteks gaan hierdie oor die wat nog vleeslik dink (hulle roem op mense) - dit gaan oor "wie dit is vir wie hulle glo" - hulle plaas hulle hoop in die wysheid wat daardie persoon bring (hetsy dit die waarheid is of nie - geloof in 'n spesifieke persoon).  Hierdie is gevaarlik want so het baie al eerder geval vir wereldse wysheid as die wysheid van God.  (1Kor. 3:19 - "want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God...").
- (Joh 7:47 - "En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?"). In konteks het daar verdeeldheid onder die skare gekom oor of Jesus 'n profeet is of nie. Die owerstes en die Fariseers het Hom nie gesien as 'n profeet nie, maar gesien as iemand wat die skare MISLEI (hulle het Hom dus gesien as 'n valse profeet - hulle wou nie Hom aanhoor of weet wat Hy doen nie, maar het Hom verkeerd geoordeel (v.51)).  Vgl. dit ook met Joh. 7:12.
- (Joh 7:12 " En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare"). Hierdie is 'n geval waar "misleiding" gaan oor "voorgee wat iemand nie is nie" - die skare was nie eens oor wie Jesus is nie, en sommige het Hom gesien as 'n misleier.
- (Luk 21:8 - "En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie").
- (Mar 13:5,6 - "En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei").
- (Mat 24:24 - "Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei").
- (Mat 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei").
- (Mat 24:4,5- "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Of die Griekse woord "ap-op-lan-ah'-o", wat beteken "om te verlei": 
- (Mar 13:22)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

-------------------

Die Griekse woord "emp-aheed'-zo", wat beteken "to jeer at, that is, deride: - mock":
- (Mat 2:16)  Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

-------------------
Die Hebreeuse woord "naw-shaw'", wat beteken "to lead astray, that is, (mentally) to delude, or (morally) to seduce: - beguile, deceive":
- (Jer 4:10)  Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê—terwyl die swaard tot aan die siel raak.

-------------------
Die Hebreeuse woord "paw-thaw'", wat beteken " "(in a sinister way) delude: - allure, deceive, enlarge, entice, flatter, persuade, silly (one)":
- (Pro 24:28)  Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
-------------------
Die Hebreeuse woord "shaw-law'", wat beteken "to mislead: - deceive, be negligent".
- (2Ki 4:28)  En sy sê: Het ek van my heer ‘n seun gevra? Het ek nie gesê: Moet my nie mislei nie?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Betekenis verkry van nog voorbeelde uit die Skrif:

Om iemand te verlei kan ook as 'n tipe van misleiding gesien word ("verlei" in Eks. 22:16 - ditto Hebr. woord, mislei, wat gebruik word Spr. 24:28...);   bv. waar 'n man 'n vrou verlei met die doel van bloot vleeslike gemeeskap - hy gee bv. voor dat hy vir haar omgee maar in der waarheid soek hy bloot vleeslike gemeenskap (buite die huwelik). Dieselfde vb. kan gebruik word van die geval waar 'n vrou 'n man verlei -  kyk die vb. in Spr. 7 wat lyk of in hierdie geval dit 'n getroude vrou was (wie se man weg was vd huis), wat 'n jongman verlok om met haar te hoereer. En die manier hoe sy dit gedoen was veral deur haar woorde - deur mooipraatjies en gladheid van lippe (v. 5,13,21 ens.)(en sy het haar ook soos 'n hoer aangetrek, v.10; en hom gesoen, v. 13..ens.).  Man en vrou moet versigtig wees en hulle nie laat verlok nie (Spr. 7:24-27 - "Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood). 

Omgang met ongelowiges en afgodsbeelde (of afgodsoffers, afgodspraktyke ens.) is iets wat vermy (en omgang met sulke mense beperk) moet word want hierdie mense en dinge kan tot gevolg he dat 'n gelowige VERLEI word (Eks. 23:33; 1 Kon. 11:2). Somtyds reik sulke mense spesifiek uit na gelowiges met die doel om vir hulle 'n strik te stel (Deut. 13:13), bv. die "wolwe in skaapsklere" of "onkruid" wat in die Christelike kerk onder die "koring" deur die bose gesaai word.  Christene moet ag gee met wie en wat hulle gemeenskap hou (1 Kor. 10:20; 2 Thess. 3:114; Ef. 5:11; 1 Tim. 5:22) en moenie deelneem aan afgodspraktyke (bv. in geval van waar jy jou nie tussen jou eie mense bevind nie)(Deut. 4:14-19) - ons is in die wereld maar nie van die wereld nie.  Ons kan ons nie altyd afskei nie (bv. leef en werk saam met verskillende geloofsgroepe), maar wat belangrik is is dat Christene nie begin deel in hulle afgodspraktyke nie.  Ons sien baiemaal Christene (en selfs Christelike kerke) vandag wat op hierdie manier VERLEI word deurdat hulle oosterse geloofspraktyke soos joga e.a. begin navolg. Christene moet ag gee daarop dat hulle harte hul nie verlei nie... (Deut. 11:16; Deut. 30:17). Wat is in jou hart?  Is dit die Here se woorde, of woorde vd wêreld?  Raadpleeg jy die Here (is Hy jou bron?), of raadpleeg jy die wêreld?

Valse profete en valse leraars is daarop uit om mense te mislei deur hulle te verlei om te dink dit wat hulle profeteer of leer is die Here se woorde, maar dan is dit eintlik hulle eie of wereldse sieninge (Fil. 3:19; 2 Pet. 2:1; Jud 1:4 ens.). Op hierdie manier verlei hulle iemand om hulle vertroue in iets of iemand anders te plaas as in die Here. Hulle is niks anders as VERLEIERS, en om hulle doel te bereik en mense eerder in hulle woord te laat glo, sal hulle voorgee dat die opregte eintlik die verleier is (bv. 2 Kon. 18:32; 2 Kron. 32:11,15) - soos sommige vd die Fariseers en skrifgeleerdes ook met Jesus gedoen het, deur voor te gee dat Hy die skares mislei. Dit is baiemaal wat in die Christelike kerk gebeur en die manier hoe "wolwe" en "onkruid" die "koring" stilmaak en Christene verlei om eerder in hulle woorde te glo as in die waarheid. Dit is eintlik maklik om agter te kom wie is die opregte en wie die misleier, want die misleier sal noodwendig nie altyd ag gee op Jesus se woorde en op die Skrif nie maar eerder iets anders leer, en sal in opstand kom teen die waarheid.  Dit gebeur ongelukkig somtyds so subtiel dat mense dit nie altyd agterkom nie (omdat misleiers die waarheid baiemaal net effens verdraai).

Wanneer leiers die volk verlei is dit gevaarlik (2 Kron. 21:11), want somtyds glo mense dat daar van hullle verwag word om gehoorsaam te wees aan 'n leiers ten spyte van... 'n Vb. van 'n leier wat op hierdie manier baie laat val en verlei het om kwaad te doen, is die van Manasse in 2 Kon. 21:9 en 2 Kron. 33:9. Ons moenie dink dat dit slegs die verleier is wat gaan betaal vir hierdie sondes nie! - lees gerus hierdie hoofstukke om te sien hoe die wat saam met hom afvallig geword het, ook self betaal het vir hulle ongeregtighede. Wanneer iemand wetend sondig (al is dit omdat hy sy leier vertrou) dan sal hy beslis ook self daarvoor verantwoording moet doen (natuurlik verwysend na wetendes). Ons moenie dink dat ons ongestraf sal bly as ons doen wat 'n leier van ons verwag as dit wat hy verwag verkeerd is (terwyl ons self goed weet) nie. As 'n leier jou onregverdig behandel moet jy dit verdra, ja - dit is 'n ander situasie, maar dit is iets anders as hy van jou verwag om verkeerd te doen of die waarheid tee te staan. Jesus en die dissipels het vir ons 'n goeie vb.e nagelaat van hoe ons nie gehoorsaam hoef te wees as die gesag wat oor ons gestel is as daardie gesag van ons verwag om verkeerd te doen of hulle van ons verwag om die waarheid tee te staan nie. Dit is altyd belangriker om die Here meer gehoorsaam te wees.  (Spr. 1:10 - "My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie").   (Rom 16:17,18 - "En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.").

'n Ander vb. is die waar 'n geweldenaar sy naaste lei om geweld te doen (Spr. 16:29). Hierdie het baiemaal te doen met haat en waar iemand opgestook word teen iemand anders, soos die volk opgestook was teen Jesus Christus deur die wat Hom wou doodmaak. Hulle was deur die geweldenaars verlei om geweld te pleeg.  Dit is ook wat baiemaal in oorlog gebeur, waar onskuldige mense verlei word om ander onskuldige mense dood te maak.  (Spr. 1:10-18 - "My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie; as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak....................allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit...............— my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad; want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet...............").

Wat is die begeerte van jou hart?  Gewoonlik is hierdie begeertes juis dit wat veroorsaak dat iemand verlei word, bv. in Salomo se geval het sy begeerte na vroue (wat afgode aanbid het) veroorsaak dat hy deur hulle verlei was om ook afgode te aanbid (1 Kon. 11:3,4). 'n Ander vb. is die van Agab (1 Kon. 21:25), wat verkeerd gedoen het omdat sy vrou Isébel hom verlei het... Christene moet ag gee op wat hulle regtig begeer in hulle harte, en gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus sodat hulle harte hulle nie verlei nie (Job 31:24-28).

'n Ander vb. van waar mense se harte hulle bedrieg is die vd wat afgode aanbid. Jes. 44 skets die prentjie van hoe belaglik afgodsaanbidding werklik is!, want met dieselfde hout waarmee daar vuur gemaak word word daar ook 'n afgod van gemaak... (Jes. 44:17 - "En van wat oor is, maak hy ‘n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!").  En op daardie hout waarvan vuur gemaak is word die kole gebruik om brood te bak en vleis te braai (v. 16) - hoe kan hierdie hout dien om 'n god te wees?! Dit is nou regtig waar logika heeltemal uit die bus val, wanneer mense vir hulle gode skep van goed wat nie eens asem het nie en van dit verwag om vir hulle te help en red en voorsien asof dit lewe! (Jes. 44:20 - "Hy wat hom besig hou met as, ‘n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?"). 

'n Ander vb. van waar iemand se hart hom bedrieg, is in hoe hy "sien en dink" - m.a.w., wanneer iemand se wysheid en kennis hom verlei (Jes. 47:10). (1Kor. 3:18-20 - "Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is").

Wanneer iemand hom laat verlei, maak dit hom swak sodat hy oorweldig kan word (Jer. 20:10). Somtyds word onskuldige vriendskap gebruik om iemand te verlei (Jer. 38:22), en dit kom baiemaal deur vriendelikheid en mooi woorde (Rom. 16:18 - "Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges").  En wat hulle dan doen, is om tweedrag en aanstoot te veroorsaak TEEN DIE LEER (teen die waarheid)(Rom 16:17) - hierdie is dus 'n aanduiding van wie vals is, die feit dat hulle iets anders verkondig as die waarheid.  Maak nie saak met hoeveel vriendelikheid dit kom of wat se mooi woorde gebruik word nie, sulke mense moet liewer vermy word (Rom. 16:17). Hierdie is iets waarop kinders vd Here moet ag gee, is om hulle nie te laat verlei deur die wat, in plaas van om die waarheid of oorlewering volgens Christus te verkondig, liewer oorlewering van mense verkondig (Kol. 2:8) - hulle het allerhande filosofiee waarmee hulle mense oorreed om die leuen te glo (hulle gebruik wysbegeertes en drogredes)(Kol. 2:4).

Valse profete verlei mense deur voor te gee dat hulle die woord vd Here bring, maar hulle profesie kom vd bose (Jer. 23:13; 30-32). Die manier hoe die Here met die gehandel het wat agter afgode aangaan en valse profete opgesoek het in die O.T., is deur van hulle 'n spot te maak (Eseg. 14:7-9) - in so 'n geval was dit asof die Here hulle verlei het sodat hulle vals profeteer... (Eseg. 14:9). Dit is nie net die valse profeet of valse profetes teen wie die Here iets het nie, maar ook Christene wat diesulkes toelaat sal vind dat die Here iets teen hulle hou... (Openb. 2:20). As 'n Christelike kerk mense in hulle kerk toelaat om afgodspraktyke na te volg word hulleself ook skuldig, nie net die een wat dit doen nie. As jy bv. 'n advertensie op jou webblad het wat mense lei na valse leerstellings of afgodspraktyke, dan sal die Here iets teen jou he want jy veroorsaak dat mense verlei kan word... - indirek is jy dan besig om vir die struikelblok plek te gee (Luk 17:1 - "En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom"). Geestelike hoerery (wanneer gelowiges "hoereer" met afgode / ander geloofspraktyke) veroorsaak dat gelowiges afvallig word (Hos. 4:12) - hulle stel hullself bloot aan verleiding (Amos 2:4);  - wat die Here met sulke Christene doen is om vir hulle die krag van dwaling te stuur wat tot gevolg het dat hulle die leuen begin glo! (2Th 2:11 - "En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo"). Dit is tipies "goddelose mense" en "bedrieërs" wat ander verlei, of wat verlei word (2 Tim. 3:13). Ons weet dat bedrieers daarop uit is om te mislei, maar hulle word ook maklik self mislei.  Bv., bedrieers dwaal self en lei ander om saam met hulle te dwaal. Goddelose mense val ook onder hierdie kategorie.  Maar waarna verwys goddelose mense?  Dis interessant om te merk dat dit nie net verwys na die wat niks met die Here te doen wil he nie, maar verwys ook na gelowiges wat van die Here afwyk (2Sa 22:22) en in opstand teen Hom kom (Hom ongehoorsaam) - goddelose mense is sondaars, hulle doen verkeerd (1 Kon. 8:47) - dit verwys na die wat afwyk van God se gebooie en Sy verordeninge (Dan. 9:5). Anders gestel, daar is goddelose mense in die Christelike kerk!, wat ongehoorsaam is, in sonde tot die dood stap, verkeerd doen en nie ag gee op die Here se wil nie.  Hierdie soort gelowige is die een wat maklik verlei word, asook ander verlei. Hulle het leuens lief, en praat leuens (want iemand wat verlei, is 'n leuenaar - Joh. 8:44).

Baiemaal is die rede waarom mense na valse profete luister, omdat hulle hul in die gehoor streel - asof hulle harte hulle mislei - hulle mislei eintlik hulleself, want hulle luister na die wat vir hulle se wat hulle graag wil hoor (Eseg. 13:10; 2 Tim. 4:3). (2Tim. 4:3 - "want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede").

Die wat nie verlei word nie, is noodwendig die wat in die waarheid bly - hulle laat hulle nie wegsleep deur allerhande leerstellings nie maar bly in die gesonde leer (2Ti 3:14,15). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Voorbeelde van verleiers:
Die duiwel is die groot verleier (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp") (Gen. 3:1; 13-15)(2 Kor. 11:3). Die duiwel is 'n mensemoordenaar en die vader van leuens - hy staan nie in die waarheid nie en praat leuens - praat uit sy eie (paat m.a.w. nie die waarheid of die Here se woorde nie)(Joh 8:44). In die "volgende eeu" (1000 jaar) sal die duiwel in die afgrond gewerp en toegesluit word, sodat hy in daardie tydperk nie die nasies kan verlei nie - aarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word... (Openb. 20:3,8). Uiteindelik sal hy ook in die poel van vuur en swawel gewerp word, en dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid (Openb. 20:10).

Die "antichris" - die dier in Openb. 19:20 sal 'n valse profeet gebruik om die wereld te verlei (Openb. 19:20 - "En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand"). Hierdie "dier" verwys natuurlik na iemand spesifiek wat algemeen na verwys word as "die antichris", maar natuurlik is daar baie antichriste in die wereld! 'n Antichris verwys tipies na 'n verleier - iemand wat leuens verkondig, in opstand kom teen die waarheid en ander verlei om eerder in die leuen te glo (2 Joh._1:7 - "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris").

Die "valse profeet" (Openb. 19:20) - die ander dier in Openb. 13:14 ("En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het"). 'n Afgod is logies gesproke niks want dieselfde materiaal, bv. hout, word gebruik om mee vuur te maak e.a. Daar is nie 'n gees in 'n afgod nie, maar die manier hoe die "ander dier" in Openb. 13 die mense sal mislei om te dink dis lewend, is deur aan die beeld (beeld vd "dier" in Openb. 19:20) 'n gees te gee (Openb. 13:15). Hierdie sal 'n groot misleiding wees waarin baie sal glo dat die beeld lewe.

Die stad Babilon waarvan haar handelaars die grotes vd aarde is (Openb. 18) - sy verlei die nasies deur haar towerye (Openb. 18:23), en baie profete en heiliges is deur haar doodgemaak (18:24). Babilon word verder voorgestel sondig (18:4,5), 'n "woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en onreine en haatlike voëls (18:2)  - "sy" word ook soos 'n hoer voorgestel, en die konings vd aarde het met haar gehoereer en die handelaars vd aarde het deur haar tyk geword (18:3). (Openb. 18:4 - "En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").
_______________________________________________________
SKRIFTE:

Mislei:
Gen_31:20  En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
Gen_31:26  Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?
Gen_31:27  Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het?
2Sam._3:25  U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en om u uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u doen.
2Kon._4:28  En sy sê: Het ek van my heer ‘n seun gevra? Het ek nie gesê: Moet my nie mislei nie?
Spr. 24:28  Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
Jer. 4:10  Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê—terwyl die swaard tot aan die siel raak.
Matt. 2:16  Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Misleiding:
(Kol. 2:8)  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verlei:
Eks. 22:16  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Eks. 23:33  Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ‘n strik wees.
Deut. 4:19  dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.
Deut. 11:16  Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,
Deut. 13:13  Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien—wat julle nie geken het nie—
Deut. 30:17  Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien,
1Kon. 11:2  uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang.
1Kon. 11:3  En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.
1Kon. 11:4  En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.
1Kon. 21:25  Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het.
2Kon. 18:32  totdat ek julle kom haal na ‘n land soos julle land, ‘n land van koring en mos, ‘n land van brood en wingerde, ‘n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hiskía nie, want hy verlei julle deur te sê: Die HERE sal ons red.
2Kon. 21:9  Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
2Kron. 21:11  Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.
2Kron. 32:11  Verlei Jehiskía julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?
2Kron. 32:15  Laat Jehiskía julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so ‘n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?
2Kron. 33:9  Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
Job 31:27  en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle ‘n kus toegewerp het—
Job 36:18  Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
Spr. 1:10  My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
Spr. 7:21  Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
Spr. 16:29  ‘n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ‘n weg wat nie goed is nie.
Jes. 36:18  Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die HERE sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
Jes. 44:20  Hy wat hom besig hou met as, ‘n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
Jes. 47:10  En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie!
Jer. 20:10  Want ek het die skindertaal van baie gehoor—skrik rondom! —Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.
Jer. 23:13  Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel;
Jer. 23:32  Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.
Jer. 38:22  Kyk, al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda oorgebly het, is uitgelei na die vorste van die koning van Babel, terwyl hulle gesê het: Die manne met wie u vriendskap gehou het, het u verlei en u oorweldig; toe u voete in die modder ingesak het, het hulle agteruitgewyk.
Eseg. 13:10  Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk ‘n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk;
Eseg. 14:9  En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek—Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
Hos. 4:12  My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.
Amos 2:4  So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.
Mig. 3:5  So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle ‘n heilige oorlog!
Luk. 23:2  En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
Rom. 7:11  Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.
Rom. 16:18  Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
Ef. 5:6  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
Kol. 2:4  Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.
1Tim. 2:14  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
2Tim. 3:13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
Openb. 2:20  Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
Openb. 12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Openb. 13:14  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Openb. 18:23  En die lig van ‘n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.
Openb. 19:20  En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Openb. 20:3  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Openb. 20:8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
Openb. 20:10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verleier:
2Jn_1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: