Wys tans plasings met die etiket leuenaar. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket leuenaar. Wys alle plasings

Dinsdag 02 Junie 2026

Die duiwel

 

In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "duiwel", en waarna of na wie dit verwys. 

Rol af vir die volgende opsommings:

- Die begrip "duiwel"

- Soos 'n duiwel / die duiwel as pa?

- Onreine geeste is duiwels

- Die Satan is 'n duiwel

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DUIWEL:  

Die woord "duiwel" word nie altyd vir 'n spesifieke wese gebruik nie, en is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", wat beteken "vals aanklaer of lasteraar. Somtyds word daar na die Satan verwys as "duiwel" (Openb. 12:9; 20:2,10), en in ander gevalle word daar na bose geeste verwys as duiwels (wat verwys na "onreine geeste").Vir 'n pos wat by hierdie onderwerp aansluit, gaan na:

https://warechristene.blogspot.com/2026/05/die-duiwel-die-satan-die-ou-slang-groot.html.

Die Satan, na wie ook somtyds verwys word as "duiwel", word met verskillende name voorgestel, wat elk 'n besonderse betekenis het. (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Die Satan, die owerste van die onreine geeste, is 'n lasteraar en "vals aanklaer" (vgl. dit met die tema van "kwaadspreek" die duiwel is 'n kwaadspreker) - sien die woorde hierbo in Openb. 12:9 wat hom beskryf as 'n wese wat "die hele wereld verlei" (vgl. dit met Openb. 20:3)(die begrip duiwel verwys na 'n VERLEIER). In Matt. 4, waar die duiwel vir Jesus Christus probeer versoek het in die woestyn, is die woord duiwel ook die Gr. woord ("dee-ab'-ol-os")(Matt. 4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel"). Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe die duiwel opereer..., nl. dat hy mense in versoeking probeer lei, en die manier hoe hy dit doen is deur die waarheid te laster en mense so probeer verlei dat hulle afval vd geloof, of hy bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie ontvang nie (hy mislei/verlei hulle om die leuen te glo of te sondig)(Matt. 4:1-11; 2 Kor. 11:3).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SOOS 'N DUIWEL: 

Waar die woord "duiwel" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na die spesifieke wese nie. In Joh 6:70 waar Jesus vir die dissipels sê "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!", is dit bv. dieselfde Gr. woord wat daar gebruik word vir die woord "duiwel", maar Hy verwys nie hier na Judas Iskáriot as die wese, die ou slang, nie, maar wys dat hy 'n lasteraar is (soos die ou slang). In ander woorde, waar die woord "duiwel" gebruik word verwys dit nie altyd na die wese "groot draak" of "ou slang" nie, maar dit word somtyds gebruik om te beskryf dat die persoon soos die ou slang is. Die woord "satan" word ook somtyds op hierdie manier gebruik, bv. in (Mat 16:23 - "Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan (Gr. woord "sat-an-as'", wat verwys na 'n aanklaer of 'n duiwel/lasteraar)! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense". Hy het nie bedoel dat Petrus die Satan self is nie, maar eerder dat hy op daardie oomblik soos die Satan was... Dit wat Petrus gesê het het die waarheid verdraai, want hy het gedink soos die wereld (nie soos God nie). Kinders van die Here behoort "soos die Here te dink en sien", nie soos die wereld nie (kyk die groot verskil tussen "geestelike mense" en "natuurlike mense" nie), want die wereld (die wat dink en sien soos die wereld) is onder die mag van die bose (1 Joh. 5:19). 

'n Duiwel is 'n KWAADSPREKER ('n "vals aanklaer").  As iemand kwaadspreek is hy soos die duiwel - noodwendig is kinders soos hulle pa;  dus, as iemand die gewoonte het om kwaad te spreek (soos die duiwel), wys dit wie sy pa is! Die wat soos die duiwel optree sal saam met die duiwel (hulle pa) in die poel van vuur beland (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Dade en woorde is belangrik, want dit wys aan wie jy behoort.

DIE DUIWEL AS PA vir sommige beskryf? 

In Hand. 13:10 noem Paulus vir Elimas (die towenaar) "kind vd duiwel"... omdat hy die reguit weë van die Here verdraai het (want Elimas het vir Barnabas en Saulus teëgestaan, en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof) - in ander woorde, Elimas was 'n verleier en lasteraar... ("soos 'n duiwel").  Vgl. dit met Joh. 8:44. (1Jn_3:8 - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek"). Hierdie verwys nie dat die persoon 'n wese is fisies gebore uit die Satan self nie, maar wys dat hy soos die Satan is... (soos kinders soos hulle pa is). Weergeborenes word bv. ook gesien asof "gebore uit God", want hulle is soos hulle Pa, die Here (1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) - hulle dink, sien en doen soos Hy. Kinders van die duiwel sal noodwendig eendag opeindig saam met hulle "pa"..., nl. in die ewige van vuur (wat berei is vir die duiwel en sy engele/Matt. 25:41) = "vervloektes". 

LASTERAARS word o.a. in die Skrif beskryf as mense wat slegs 'n gedaante van godsaligheid het... (2 Tim. 2:3.5).  Die waarheid is dat diesulkes godsalig voorkom, wat dus die rede is waarom baie deur hulle verlei word. Duidelik is lasteraars "soos die duiwel" (het die duiwel as pa), en as lasteraars onder kinders van die Koninkryk beweeg, is hulle soos struikelblokke in die kerk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Onreine geeste:

Onrein of BOSE GEESTE word ook somtyds na verwys as DUIWELS (Joh. 10:21) (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). As onreine geeste o.a. deur die woord "duiwel" beskryf word, beteken dit dat hulle lasteraars en kwaadsprekers is, en dit is interessant dat wanneer iemand gelaster het, hy gesien is as iemand "met 'n duiwel". Kyk gerus die vb. waar sommige vir Jesus valslik aankla dat hy "duiwel besete" is (Joh. 7:20; Joh. 10:20), en op 'n ander geleentheid  het sommige skrifgeleerdes gese dat hy 'n onreine gees het (Mark. 3:30), en selfs voorgegee dat hy deur die owerste van die duiwels, duiwels uitdryf! (Mark. 3:22; Luk 11:15)(lees gerus hoe Jesus hulle reghelp dat die duiwel nie self duiwels sal uitdryf nie - hulle het Jesus voorgestel soos 'n lasteraar, maar hulle was eintlik die lasteraars!).  Kranksinnigheid (Joh. 10:20; Hand. 26:24,25) of om "buite die sinne" (Mark. 3:21) te wees, is 'n tipiese kenmerk dat iemand 'n duiwel het, want dit is hoe duiwels is - hierdie gaan oor hoe iemand "sien en dink" (en sy woorde getuig hiervan). 

Maar natuurlik is nie alles wat duiwels kwytraak, vals nie, want hulle weet goed wat is die waarheid... (Luk. 4:34,35,41; Mark. 1:24; 3:11).  Dit is nie omdat hulle nie weet wat die waarheid is waarom hulle lieg nie, maar hulle lieg omdat hulle die waarheid wil verdraai. Hierdie is gewoonlik iets wat mense nie altyd verstaan van die bose nie;  bv., wanneer iemand die bose raadpleeg is die antwoorde nie altyd leuens nie, maar dit kan net sowel wees! En dit is hierdie gedaante van godsaligheid wat mense baiemaal uitgooi. Kinders van die Koninkryk is spesifiek beveel om nie die bose te raadpleeg nie, en ons moet gehoorsaam wees aan die Here. Terwyl "laster" en "kwaadspreek" dus kenmerkend kan wees van mense wat bose geeste het, beteken dit nie dat hulle nooit die waarheid praat nie, eerder is dit dat hulle goed weet wat is die waarheid en dit opsetlik verdraai om mense te verlei. Dit is egter anders as iemand onkundig is! en tot insig gebring word... "Lastering teen die Heilige Gees" is bv. 'n onvergeeflike sonde in hierdie, sowel die volgende bedeling, maar ons moet verstaan wat met "laster" bedoel word, want onkundiges wat bog praat is nie noodwendig besig om te laster nie. Lasteraars is eintlik kundig..., maar verander die waarheid in 'n leuen. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die worstelstryd..., en hoe die duiwel daarby inpas:

Natuurlik bestaan "die duiwel" - 'n manier hoe daar somtyds na die Satan verwys word omdat hy verleier is.  Die Satan is NIE God NIE (daar is net een God, en Hy bestaan uit 3, nl. die Vader, Seun en Heilige Gees). Wat se wese die Satan ookal is (?), wat wel seker is is dat hy hy rêrig is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie...  En alhoewel die Here God die mag het (en die duiwel bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen / kyk die vb. van Job), is die duiwel 'n VERLEIER en 'n VERWOESTER. Sommige Christene het ongelukkig "onder die mag van satan" beland omdat hulle geluister het na sy leuens. Daarom is dit belangrik om ag te gee op die wapenrusting van God - en dit help nie jy trek dit net deur woorde elke dag aan nie, maar wat belangrik is is dat jy 'n dader is... (bv., dis iets anders om geloof uit te leef as om bloot te bely dat jy glo). Christene bely bv. dat hulle glo in Jesus Christus, maar wanneer sommige begin praat hoor jy gou dat hulle liewer in wereldse wysheid glo as dit wat Jesus geleer het. Alhoewel die natuurlike mens die duiwel mag gee in hulle lewens (daar word bv. o.a. na die duiwel verwys as die "god vd wereld"), behoort die krag en mag en heerlikheid nie aan hom nie!, maar aan die Here.  

Die "duiwel", nl. die Satan, het wesens wat onder hom dien en hy's o.a. die leier vd bose geeste (nl. vd onreine geeste/duiwels - hy is "Beelsebul", is hulle "god"), en is daarop uit om mense te verblind en te verlei (bv., wat in die tuin van Eden gebeur het met die sondeval, is 'n goeie voorbeeld hiervan...). Hierdie is maniere wat hy gebruik om die mens te probeer VERWOES. DIE REDE HOEKOM HY LASTER EN KWAADSPREEK, IS OM TE VERWOES. Jesus het geleer dat die duiwel 'n mensemoordenaar is, 'n leuenaar (hy is die vader van leuensen staan nie in die waarheid nie (want daar is geen waarheid in hom nie)(Joh. 8:44);  m.a.w., wat die duiwel praat is gewoonlik leuens (hy praat uit sy eie).  Jy gaan nie sommer die waarheid vind by duiwels nie..., miskien deels omdat hulle jou in hul strik wil vang, maar verseker sal hulle die geleentheid gebruik om jou te mislei. 

Die wat afgode aanbid of deelneem aan ander-geloofspraktyke moet verstaan dat hulle eintlik besig is om met duiwels gemeenskap te hou (1Kor. 10:20). Daarom is dit belangrik om die waarheid op die regte plek te soek! (jy kan nie die bose raadpleeg en verwag om noodwendig die waarheid daar te vind nie). Hierdie is 'n strik vd duiwel waarin sommige Christene val..., en dit is om die waarheid by ander gelowe te probeer vind (hoekom doen sommige dit?)(https://warechristene.blogspot.com/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html). Sommige is kwaad vir die Here en dan terg hulle Hom op hierdie manier - dit hoort nie so nie. En natuurlik moet ons soek, maar die vraag is "waar soek jy"?  Die Here moet jou bron wees... - kinders van die Here is nie veronderstel om die bose te raadpleeg nie (https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html), en as jy dit doen wys jy dat jy nie die Here vertrou nie of besig is om Hom te versoek ('n Christen wat by die bose antwoorde gaan soek, is beslis nie veilig nie). Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges, Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word.., tog is hulle uitgesproke oor hulle Christelike "geloof", maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer. WIE IS JOU BRON? ...Dit is belangrik om hierdie te weet want anders besef jy nie die stryd waarin jy gewikkeld is nie, en as jy die stryd nie verstaan nie, gaan jy nie ag gee op die geestelike wapenrusting van God nie. 

Kom ons kyk na 'n paar dinge wat die Skrif spesifiek leer oor die Satan, na wie o.a. verwys word as DIE DUIWEL:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan...  Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12) - dit wys weer-eens vir ons wie het eintlik die mag!

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit, of iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan veroorsaak dat mense verdruk word  (bv. in die gevangenis gewerp word sodat hulle op die proef gestel kon word-Openb. 2:10 / en hulle het vir 10 dae verdrukking gehad - die duiwel gebruik baiemaal mense om sy wil uit te voer). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

WAT KAN DIE DUIWEL NIE DOEN NIE: 

(1) Die duiwel se mag kan wel ook beskryf word as 'n "koninkryk", want hy het bv. engele onder hom en is die owerste van die bose of onreine geeste... ("Beelsebul"/Matt. 3:22,23; 12:24; 17:8), maar noodwendig sal hy nie "duiwels uitdryf" nie want dit sou beteken dat hy (sy koninkryk) teen homself verdeeld is;  in ander woorde, die Satan sal nie iets doen wat kan veroorsaak dat sy koninkryk verwoes word nie.  M.a.w., DIE SATAN KAN/SAL NIE BOSE GEESTE UITDRYF NIE (Mat 12:22-32 - "Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Hierdie is 'n interesante punt van bespreking... 

Noodwendig, nie almal wat sg. duiwels uitdryf ("duiwelbesweerders") is deur die Here gestuur nie... (Hand. 19:13-17), maar dit is nie vir ons om te besluit wie is gestuur, en wie nie (Luk 9:49,50 - En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie. Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons"). Waar bekering gepreek word (Matt. 3:2; 4:17), siekes gesond gemaak word en bose geeste uitgedryf word (Matt. 10:7,8; Luk. 10:9), is dit duidelik dat die Koninkryk van God daar naby gekom het. Vir iemand om duiwels te kan uitdryf moet hy dus aan die Koninkryk van God behoort... (hierdie verwys na weergeborenes).  Jesus Christus het die mag (dit is waarom die geeste uitgaan in die Naam van Jesus Christus) en Hy is die een wat iemand die mag gee (Luk. 10). Wanneer iemand mag oor ander het, kan hy hulle gebied;  dus, alhoewel die duiwels 'n owerste het (nl. die Satan, en hy hulle kan gebied), het Jesus algehele mag en hulle moet Hom gehoorsaam (Matt. 17:18 - "Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af") ; (Mark.7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.......v:29,30  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.Mrk_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê") ; (Luk_4:33,34 - "En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak") ; (Hand_10:38  "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was"). 

(2) In Joh. 12:31, 14:30 en 16:11 verwys Jesus na die duiwel as die "die owerste van hierdie wêreld", en in 2 Kor. 4:4 word hy die "god van hierdie wêreld" genoem;  meer presies die god van die ongelowiges en die kinders van ongehoorsaamheid...  (2Kor. 4:4 - "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - die wêreld is onder die mag van die bose... (maar die wat in Jesus Christus glo is deur Jesus verlos van daardie mag/Kol 1:13 - "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"). (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê"). Die kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID (deels "gebore in sonde", en deels omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR HY HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / het die Heilige Gees). Tensy hulle hom die mag gee... - kinders vd Koninkryk moet seker maak dat hulle die geestelike wapenrusting van God aanhet. 

Die natuurlike mens is soos 'n slaaf van sonde... Die mens word in sonde gebore;  of anders gestel, hy word in slaafskap onder sonde gebore (en het dus vrymaking nodig van hierdie slaafskap!) - hierdie is een van die dinge wat Jesus bewerk het, nl. dat Hy die mens kan vrykoop uit hierdie slaafskap. Die natuurlike mens doen dus nie die wil van die Here nie, maar doen die wil van die duiwel (gehoorsaam aan die sonde / asof onder die mag van die duiwel). Maar geestelike mense doen die wil van die Here... - in ander woorde, hulle is vrygekoop van slaafskap onder sonde (hulle doen nie meer die wil van die duiwel nie). In ander woorde, die wat vrygekoop is, is nie meer "kinders vd duiwel" nie;  en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie..., maar hulle het nou 'n nuwe vader (kinders volg hulle vader)(1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). 

(3) Die owerste van hierdie wêreld is geoordeel! (Joh. 16:11).(Joh 12:31 - "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word"). DIE DUIWEL IS 'N VERWOESTER EN HET DIE MENS GEVANG OM SY WIL TE DOEN, WAT TOT GEVOLG HET DAT ALLE MENSE DOODGAAN, MAAR SY MAG IS GEBREEK!;   nl, hy het mag gehad oor die dood, maar Jesus Christus het daardie mag verbreek  (Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—)(Jes. 25:8; Hos. 13:14; 2 Tim. 1:10). Almal wat in Jesus Christus glo, SAL DIE DOOD OORWIN! (1 Kor.. 15:54,55). DIE DUIWEL HET NIE MEER DAARIE MAG OOR DIE DOOD EN DODERYK NIE, maar Jesus Christus het... (Openb. 1:18 - "en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek  leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek (Jesus Christus) het die sleutels van die doderyk en van die dood"). 

Die weergeborene het oorwinning oor die dood, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterwe het opwek uit die dood (hulle sal nuwe liggame kry) - wat die doderyk aanbetref het Jesus hulle losgekoop (die doderyk kan hulle nie gevange hou nie)(1 Kor. 15:54,55. Alhoewel die duiwel mense kan doodmaak, natuurlik slegs as God hom toelaat, het hy nie die mag om geestelike mense in die doderyk te hou of onder oordeel te laat kom nie. Jesus Christus het die mag en sal besluit wie losgekoop word, en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie (Joh. 5:29).  Die duiwel word wel die "god van hierdie wereld" genoem omdat mense hom mag oor hulle lewens gee en baie mense hom gehoorsaam, maar uiteindelik sal hy nie meer toegelaat word om dit te doen nie.  Dit sal gebeur wanneer Jesus Christus terugkom... - dan sal die duiwel gebind word vir 'n 1000 jaar sodat hy nie instaat is om die mens te verlei nie.  Tereg, in die volgende bedeling sal almal vir Jesus Christus aanbid en Hom gehoorsaam!, en dus sal Hy ook die God (van hierdie wereld) wees. Alles sal Jesus Christus se eiendom wees en die duiwel sal nie meer die mens kan aankla nie (Openb. 12:10 - "Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag"). Huidiglik is die duiwel nog instaat om die mens aan te kla en te probeer verwoes, maar in die volgende bedeling sal hy nie toegelaat word om dit te doen nie (behalwe aan die einde van daardie bedeling).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 31 Januarie 2021

Verlei / Mislei (verleiding, misleiding)

In hierdie pos word daar na die volgende punte gekyk:
- Voorbeelde van misleiding
-  (1)  Die duiwel is die groot verleier.
-  (2)  Somtyds neem mense die rol op van "verleier".
-  (3)  Somtyds mislei mense hulleself.
-  (4)  Somtyds is misleiding nie bedoel vir kwaad nie.
Rol af vir
-  'n algemnee begrip vd woorde mislei en verlei,
-  Grieks en Hebreeuse betekenis vd woorde
- voorbeelde van "verleiers"
-  skrifte.
___________________________________________________________________________________
INLEIDING:
------------------
Die woorde "verlei" en "mislei" word saam in hierdie pos behandel omdat die twee baimaal hand aan hand gaan bv, om iemand te verlei kan soos "misleiding" gesien word (bv. waar 'n ongetroude man 'n vrou MISLEI deur voor te gee dat hy vir haar omgee, maar haar so VERLEI bloot om met hom vleeslike gemeenskap te he...).  Die woord "mislei" is dieselfde as om iemand te bedrieg, en die rede hiervoor is sodat iemand verlei kan word om die leuen te glo of om te sondig.  Wanneer iemand verlei word om die leuen te glo en nie weet wat is die waarheid nie, word hy bedrieg. So iemand is "onkundig".  Dit is egter iets anders as iemand die waarheid ken (is dus kundig), maar steeds ir die misleiding val! - in so 'n geval "bedrieg die persoom homself" omdat sy hart weet wat is die waarheid maar hyself kies om die leuen te glo (asof hy deur homself bedrieg word en vir homself lieg, soos wanneer 'n misleier vir jou lieg). DIE DUIWEL IS DIE GROOT VERLEIER (Openb. 12:9,10), ja, maar mense word baiemaal DEUR HULLE EIE HARTE MISLEI (dus verwysend na "kundiges" - wat hulleself mislei), en daar is heelwat voorbeelde hiervan:  Bv., iemand wat voorgee dat hy geen sonde het nie, of waar iemand van homself meer dink as wat hy is, of iemand wat opgeblase is en dink hy is slim maar sy kennis is nie gegrond op die waarheid nie, ens. 

MENSE NEEM SOMTYDS HIERDIE ROL OP VAN OM TE "MISLEI" OF "VERLEI" (1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24) - hierdie mense kan tipies gesien word as "kwaadsprekers" en "lasteraars". Kwaadsprekers praat leuentaal.  Lasteraars kla mense vals aan, bv. verkondig leuens oor die een wat die waarheid verkondig.  Hierdie is tipiese karaktertrekke van die duiwel (die woord duiwel beteken "vals aanklaer" en "lasteraar"). Mense wat ander mislei en verlei is niks anders as lasteraars nie (lieg) en gewoonlik kwaadsprekers wat ander vals aankla sodat mense eerder in hulle leuens glo. Hierdie "misleiers" en "verleiers" sal eendag onder die ongeregtiges getel word (1Kor. 6:10 ). Ons moet egter nie die fout maak om te dink dat almal wat kwaadspreek en laster "wetendes" is nie;  baiemaal is sulke mense onwetend en natuurlik word daar meer barmhartigheid aan diesulkes bewys (alhoewel dit nou nie beteken dat hulle hul nie van hulle sonde hoef te bekeer nie...). Met wetendes wat kwaadspreek en laster is dit egter anders - sulke mens is tipies besig met "sonde tot die dood", en dus gewoonlik besig met die "groter sonde". Onder hierdie groep "wetende" kwaadsprekers en lasteraars val die valse profete en valse leraars, en valse broeders. 

Somtyds is misleiding nie bedoel vir kwaad nie (Matt. 2:16) - bv. waar daar op hierdie manier ge"lieg" word met die doel om lewens te red. 
___________________________________________________________-------------------------------------

(1) Die duiwel is die groot verleier. In Openb. 12 word die satan 'n duiwel ("dee-ab'-ol-os", wat beteken "vals aanklaer of lasteraar") genoem "wat die hele wêreld VERLEI". (Openb. 12:9,10 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld VERLEI, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag"). Iemand wat die gewoonte het om kwaad te spreek en te laster, word ook somtyds 'n "duiwel" genoem (want dit is o.a. waarna die woord duiwel verwys, nl. "lasteraar");  of genoem "kind vd duiwel" (bv. Hand. 13:10 -  iemand wat probeer om ander afkerig te maak vd geloof)  (of verwys ook na die wat stap in ongeregtigheid en sonde, bv. "natuurlike mense" - 1 Joh. 3:8,10)(Joh. 8:44-47-  "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen...."). 
Die duiwel is 'n
lasteraar (Joh 8:44 -  "...............Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan)  (mense wat laster, lieg en verkondig nie die volle waarheid nie, of verdraai geheel die waarheid - moet vgl. word met "kwaadsprekers" wat loop en stories vertel asof die waarheid, maar wat nie die waarheid is nie;  Lev. 19:16; 1 Kor. 5:11). (Vir 'n studie oor wat die woord "laster" beteken, gaan na hierdie pos: http://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html ), 
en 'n valse aanklaer (Openb. 20:10; Job 1:9; Sag. 3:1,2; Luk. 22:31)(bv., die duiwel het vir God vals aangekla toe hy vir Eva mislei het, deur voor te gee dit was 'n leuen die feit dat hulle sal doodgaan as hulle ongehoorsaam is)   ('n valse aanklaer gee voor dat iemand anders lieg, terwyl dit nie so is nie - hulle staan in die pad vd een wat die waarheid, verkondig met die doel om mense afkerig te maak vd waarheid wat verkondig word of vd geloof). 

Die eerste vb. in die Skrif waar die duiwel 'n mens verlei het is toe hy Eva verlei het (wat veroorsaak het dat sy in oortreding gekom het omdat sy haar hart deur hom laat verlei het...). Op hierdie manier (deur te laster en vir God vals aan te kla) het die duiwel voorgegee dat God gelieg het terwyl dit eintlik hyself was wat gelieg het. Die duiwel het opsetlik die waarheid verdraai en Eva so "verlei" om liewer in die leuen te glo.  Die duiwel (wat ook voorgestel word soos 'n slang a.g.v. sy listigheid) het nog nooit opgehou om te laster nie, want hy wil nie hê dat mense in God glo of gered word nie (Luk. 8:12).  Baie mense val vir hierdie verleiding - hulle hoor die woord maar dan word dit deur die duiwel uit hulle harte uit weggeneem deurdat hulle harte hulle mislei om eerder te glo in die leuen as in die waarheid. Die slang is die groot verleier en probeer die hele wêreld verlei om teen God te draai.  Bose en onreine geeste word ook "duiwels" genoem - die met 'n onreine gees word bv. o.a. na verwys as "onder die mag vd duiwel" (Hand.10:38 ).  Baie van hierdie geeste is kenmerkend juis vir die feit dat hulle lieg en bedrieg - bv. "gees van afgestorwene" of "gees wat waarse" of "gees van hoerery" wat ook gepaard gaan met afgodsaanbidding - Lev. 20:27; Hand. 16:16; Deut. 18:11; Hos. 4:12; 5:4 ens.). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Mense neem somtyds hierdie rol van kwaadspreker en lasteraar op wanneer hulle ander mislei.  (1 Joh. 2:26; 3:7; Luk. 21:8; Mark. 13:5,6; Matt. 24:4,5,11,24).
Ons moet verstaan wat die rede is waarom iemand iemand anders mislei.  Bv., in die geval van Eva  het die duiwel haar mislei sodat sy nie meer die Here (en Sy woorde) vertrou nie (wou haar dus afkerig maak vd geloof). Sy het m.a.w. begin om eerder in die duiwel se woorde te glo as in die Here se woorde. Die manier hoe die slang hierdie misleiding teweeggebring het was deur kwaad te praat van God en te laster - deur die waarheid te verdraai of voor te gee dat Hy gelieg het (Gen. 3:1-5).  Mense neem ook somtyds hierdie rol op en probeer dan ander afkerig maak vd geloof deur kwaad te praat van die een wat die waarheid bring, en dan die waarheid te verdraai of valse stories oor die persoon te versprei. Daar is vele voorbeelde in die Skrif van dit, bv. ongelowige broeders wat skares opstandig gemaak het teen die dissipels. Dit is hierdie manier waarop "misleiding" plaasvind, en bv. die rede waarom Jesus gekruisig was en baie dissipels doodgemaak is ter wille van hulle geloof - is omdat hulle valslik aangekla was by die skares. Mense wat so kwaadspreek en laster val gewoonlik onder die kategorie van valse profete of valse leermeesters, of valse broeders (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(Hand. 17:5,6; 21:28-31; 24:5 ens.). Let wel dat dit nie verwys na onkundiges nie (alhoewel onkundiges ook ander kan mislei), maar na mense wat goed weet wat is die waarheid maar die waarheid opsetlik verdraai, en so kwaadspreek. En hulle kla die een wat die waarheid verkondig, vals aan, sodat ander nie glo in wat hy verkondig nie. Die doel van 'n valse profeet is om mense te mislei en verlei (Matt. 24:11,24; 2 Pet. 2:1,2).  

Die gevolg van "misleiding", of waar iemand val vir 'n misleiding, is dat dit gewoonlik sonde voortbring, bv.:
- ONGEHOORSAAMHEID (bv., as 'n kind meer vertroue plaas in iemand anders as in sy ouers, dan kan dit ongehoorsaamheid tot gevolg he); of
- VERLOENING (bv., as 'n Christen meer staatmaak op wereldse wysheid as op wat Jesus geleer het, dan kan dit tot gevolg he dat hy die Here verloen), ens.

Wanneer mense MISLEI word dan glo hulle in die verleier se woorde (eerder as in die een wat die waarheid verkonig). Baie onkundiges is al so gevang. Dit gaan dus beslis oor wie dit is in wie iemand glo of sy geloof plaas  (m.a.w., wie is dit vir wie jy vertrou? Gaan jy bv. liewer in Jesus se woorde glo?, of in die verdraaide waarheid?).  As 'n Christen bely dat hy in Jesus Christus glo maar glo nie in Sy woorde nie (maar bv. eerder in wat hyself sien as waarheid, of eerder glo in iemand anders vir wie hy vertrou), dan glo hy tog nou nie regtig in Jesus Christus nie!  Jy kan nie op die een hand bely jy glo in die Here, maar op die ander hand glo jy nie in Sy woorde nie!? As jy nie weet wat Jesus geleer het oor iets nie en jy mislei word deur 'n valse lering, dan is jy soos 'n onkundige, maar kundiges word egter sterker geoordeel.  As jy weet wat Jesus oor iets geleer het, maar steeds kies om iemand anders te glo, dan wys jy jy glo nie werklik in Jesus nie.

Valse profete en valse leraars se doel is om mense eerder in 'n leuen te laat glo as in die waarheid, bv. om mense eerder in wêreldse sieninge te laat glo as in Jesus se sieninge. Hierdie is wat dit so gevaarlik maak wanneer iemand iemand anders blindelings volg sonder om ag te gee op die waarheid, of wanneer Christene bv. eerder hulle hoop plaas in geestelike boeke as in die Skrif en in Jesus se leringe.  Mense wat iemand blindelings glo, word gewoonlik "sekte" genoem. Interessant hoe die eerste Christene sekte genoem is deur sommige Fariseers, terwyl dit eintlik hullself was wat blindelings hulle verkeerde leiers gevolg het! (Matt. 15:12-14; Luk. 6:39).   Die eerste Christene was 'n sekte genoem want baie vd owerpriesters en Fariseers het probeer voorgee dat Jesus 'n verleier was (en so gelaster teen Jesus)(Matt. 27:63) en het daarom die wat in Sy woorde geglo het, deel 'n "sekte" genoem (Hand. 24:5,14; 28:22). 'n Ander woord wat in Engels gebruik word vir "sekte" is "heresy" (Hand. 24:14) - die woord "sekte" is die Griekse woord "hah'ee-res-is" wat verwys na wanneer daar nie eenheid is oor wat geglo word of wat die waarheid is nie - die wat m.a.w. nie saamstem met die res nie, word 'n sekte genoem want hulle dink en sien anders (en word dan gesien soos mense wat mislei is).  Hierdie Fariseers het bv. vir Jesus 'n verleier genoem en die volk teen Hom opstandig gemaak, maar die waarheid is dat hulle eintlik self die verleiers was, en Hom valslik aangekla het en van Hom kwaadgespreek het.  Hulle was nie onkundig soos die res vd volk nie maar wel kundig, en het met opset die waarheid verdraai - in ander woorde, hulle het die groter sonde gepleeg... (Joh. 19:11) -  mense wat so loop en laster, is besig met "sonde tot die dood". (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Somtyds mislei ons onsself ! (Jak. 1:22,26; 1 Joh. 1:8; Gal. 6:3; 1 Kor. 3:18). Ons noem hierdie somtyds, "iemand dwaal" - soos iemand wat "dwaal op 'n weg" (Spr. 12:26; Jer. 50:6). Wat gebeur wanneer ons onsself MISLEI is dat dit tot gevolg het dat ons dan verkeerd "sien en dink" (net soos iemand wat mislei is om verkeerd te sien en dink) - dit is asof ons harte dan dwaal op 'n ander weg...  Dit kan vgl. word met die tema van Chritene wat 
- "slaap" (die wat nie waaksaam is nie - hulle kom nie eers agter wanneer die vyand onkruid onder die koring saai nie - hulle sien nie en hulle hoor nie, soos mense wat in 'n diep slaap is, en kos dus bv. nie eers agter as daar iets vals aan hulle verkondig word nie);  of die wat voorgestel word as 
- "dronk" (hulle "sinne is bedorwe" - hulle is bv. dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid ens. - dit verwys na daardie gelowiges wat hulleself oorgee aan hulle eie begeertes en gedagtes - hulle doen wat hulle wil en glo wat hulle wil, maak nie saak of dit vd waarheid verskil nie).

Mense wat bv. afgode aanbid is besig om te dwaal deurdat hulle in hulle harte glo dat daardie afgod vir hulle iets kan doen (Jes. 44:17,20). Mense "dwaal" somtyds in hoe hulle dink en sien - denke en sieninge is juis een vd dinge wat "natuurlike mense" van "geestelike mense" onderskei!  Bv., natuurlike mense "sien en dink" anders as geestelike mense omdat hulle nie die Heilige Gees het nie...  Natuurlike mense is dus soos mense wat dwaal - net soos 'n sekte gesien word as mense wat dwaal. Hulle dink en sien verkeerd - hulle is soos mense wat mislei is...  

Wat dit beteken wanneer iemand homself mislei, is dat hy besig is om te dwaal, en dink en sien dus verkeerd. Jy dink miskien jy sien en dink reg omdat jy jou vertroue in 'n geestelike boek of persoon sit, maar as dit wat hulle verkondig nie ooreenstem met die waarheid of met Jesus se leringe nie en jy nie eens die waarheid soek of die waarheid ignoreer, dan is jy soos iemand slaap en nie eens agterkom daar word onkruid onder die koring gesaai nie. Of dalk is jy "dronk" van sonde en deelname aan afgodspraktyke, of glo liewer wat die wereld leer as wat die Skrif leer - dan is ook besig om te dwaal en het duidelik jouself oorgegee aan eie begeertes (en gedagtes). Christene wat "doen wat hulle wil" en "glo wat hulle wil", is soos mense wat dronk is en kan nie mooi verstaan nie, en praat baiemaal in die lug, en kan enige oomblik val! Ja, daar is Christene wat besig is te dwaal, en daar is ook vele voorbeelde in die Skrif hiervan - m.a.w., nie almal wat hulleself Christene noem, dink en sien reg nie! Selfs sommige wat die Heilige Gees het en veronderstel is om reg te dink, is ongehoorsaam aan die Gees omdat hulle hulself mislei. 

Wanneer iemand homself mislei, is hy besig om 'n verkeerde denk- en sienswyse te regverdig, bv.:
-   neem die vb. van "redding deur geloof" alleen.
 Baie Christene glo vandag dat hulle alleenlik gered word deur geloof  en dat "werke" geen rol speel nie, maar die waarheid is dat geloof sonder werke dood is (Jak. 2:17,26).  Net soos iemand nie alleen deur werke gered kan word nie, net so kan hy ook nie alleen deur geloof gered word nie. In daardie opsig is werke 'n bewys dat iemand glo.  As Christene glo dat hulle alleen deur geloof gered word en hulle kan doen wat hulle wil, solank hulle net glo, dan is hulle besig om te dwaal (en vertaan duidelik nie wat geloof beteken nie), en dus besig om hulleself te mislei.  In so 'n geval "sien" en "dink" hulle verkeerd en lieg vir hulleself deur voor te gee dat hulle kan doen wat hulle wil - hulle bedrieg hulleself deur voor te gee hulle glo, maar die waarheid is hulle het nie die werke wat bewys dat hulle glo nie . 
Jesus het geleer dat as iemand nie in Hom bly nie (natuurlik verwysend na die wat in Hom glo), so iemand "uitgewerp" sal word soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en "gooi dit in die vuur, en dit verbrand" (Joh. 15:6). As iemand homself bedrieg deur te dink dat geloof geen werke nodig het nie, dan is hy op 'n gevaarlike pad. Die waarheid is dat baie Christene glo vandag in 'n "ander evangelie" (hulle is bedrieg!, of bedrieg hulleself);  daarom sien ons baie "dronk" gelowiges en Christene wat aan die slaap is. Hulle is soos mense wat nie by is nie - hulle hoor maar hoor nie, en sien maar sien nie. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  Somtyds is misleiding nie bedoel vir kwaad nie (Matt. 2:16) - bv. waar daar op hierdie manier ge"lieg" word met die doel om lewens te red. 
___________________________________________________________________________________
Skrifte en Griekse en Hebreeuse betekenis vd woorde "mislei" en "verlei":

Die woord "mislei" is die
- Griekse woord "ap-at-ah'-o" - "to cheat, that is, delude: - deceive". (Jak. 1:26 - "As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs"). Vgl. dit met v.22 - "En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg (die Griekse woord "par-al-og-id'-zom-ahee" -  to misreckon, that is, delude: - beguile, deceive) nie". Die wat net die woord hoor maar nie doen nie, is besig om hulleself te bedrieg - hulle dink miskien hulle is godsdienstig omdat hulle die woord ken, maar as hulle dit nie ook uitleef nie is hulle nie werklik godsdienstig nie.  In die hart voel hulle godsdienstig maar is nie (omdat hulle nie daders vd woord is nie, maar net hoorders). Die konteks dus?: -(Jak. 1:19,20 - "So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word. Want die toorn van ‘n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie"). In hierdie geval gaan dit oor iemand wat homself mislei  - hy dink hy is godsdienstig maar hy is nie...  Vgl. dit met 1 Joh. 1:8 wat ook gaan oor die wat vir hulleself lieg.
-----------------------
Somtyds word dit as "mislei" vertaal in die AOV waar die woord "seduce" of "deceive" gebruik word in die Engels  (die Griekse woord "plan-ah'-o" - go astray, deceive, err, seduce, wander, be out of the way), bv.:
- 1Jn 2:26  ("Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei").
- 1Jn_3:7 ( "My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is"). Hier sien ons dat die wat "mislei" gesien word as die wat ongeregtigheid doen. M.a.w., misleiers sal eendag onder die ongeregtiges getel word. Vgl. dit met Jak. 1:20 waar ons sien dat toornigheid gesien word as ongeregtigheid, en die wat dit doen maar hulleself as godsdienstig sien is besig om hulle eie harte te mislei.
-  1Jn 1:8  ("As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie"). Hierdie is ook 'n geval waar "iemand vir homself lieg" - hy gee voor dat hy geen sonde het nie, maar die waarheid is dat niemand van ons sonder sonde is nie.  Vgl. dit met bg. Jak. 1:26 waarin iemand vir homself lieg dat hy godsdienstig is, maar nie werklik is as hy slegs 'n hoorder is maar nie 'n dader nie.
- Nog 'n vb. van "selfmisleiding" is Gal 6:3 - ("Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself"). In konteks gaan dit oor hoe elke Christen homself op die proef moet stel.  Terwyl hulle ander broeders en susters help om reg te stap, moet hulle self seker maak dat (hulle self) regstap, en nie meer van hulleself dink as wat hulle is nie...
- Nog 'n vb. van "selfmisleiding is  1Kor. 3:18 - ("Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word"). In konteks gaan hierdie oor die wat nog vleeslik dink (hulle roem op mense) - dit gaan oor "wie dit is vir wie hulle glo" - hulle plaas hulle hoop in die wysheid wat daardie persoon bring (hetsy dit die waarheid is of nie - geloof in 'n spesifieke persoon).  Hierdie is gevaarlik want so het baie al eerder geval vir wereldse wysheid as die wysheid van God.  (1Kor. 3:19 - "want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God...").
- (Joh 7:47 - "En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?"). In konteks het daar verdeeldheid onder die skare gekom oor of Jesus 'n profeet is of nie. Die owerstes en die Fariseers het Hom nie gesien as 'n profeet nie, maar gesien as iemand wat die skare MISLEI (hulle het Hom dus gesien as 'n valse profeet - hulle wou nie Hom aanhoor of weet wat Hy doen nie, maar het Hom verkeerd geoordeel (v.51)).  Vgl. dit ook met Joh. 7:12.
- (Joh 7:12 " En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare"). Hierdie is 'n geval waar "misleiding" gaan oor "voorgee wat iemand nie is nie" - die skare was nie eens oor wie Jesus is nie, en sommige het Hom gesien as 'n misleier.
- (Luk 21:8 - "En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie").
- (Mar 13:5,6 - "En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei").
- (Mat 24:24 - "Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei").
- (Mat 24:11 - "En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei").
- (Mat 24:4,5- "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Of die Griekse woord "ap-op-lan-ah'-o", wat beteken "om te verlei": 
- (Mar 13:22)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

-------------------

Die Griekse woord "emp-aheed'-zo", wat beteken "to jeer at, that is, deride: - mock":
- (Mat 2:16)  Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

-------------------
Die Hebreeuse woord "naw-shaw'", wat beteken "to lead astray, that is, (mentally) to delude, or (morally) to seduce: - beguile, deceive":
- (Jer 4:10)  Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê—terwyl die swaard tot aan die siel raak.

-------------------
Die Hebreeuse woord "paw-thaw'", wat beteken " "(in a sinister way) delude: - allure, deceive, enlarge, entice, flatter, persuade, silly (one)":
- (Pro 24:28)  Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
-------------------
Die Hebreeuse woord "shaw-law'", wat beteken "to mislead: - deceive, be negligent".
- (2Ki 4:28)  En sy sê: Het ek van my heer ‘n seun gevra? Het ek nie gesê: Moet my nie mislei nie?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Betekenis verkry van nog voorbeelde uit die Skrif:

Om iemand te verlei kan ook as 'n tipe van misleiding gesien word ("verlei" in Eks. 22:16 - ditto Hebr. woord, mislei, wat gebruik word Spr. 24:28...);   bv. waar 'n man 'n vrou verlei met die doel van bloot vleeslike gemeeskap - hy gee bv. voor dat hy vir haar omgee maar in der waarheid soek hy bloot vleeslike gemeenskap (buite die huwelik). Dieselfde vb. kan gebruik word van die geval waar 'n vrou 'n man verlei -  kyk die vb. in Spr. 7 wat lyk of in hierdie geval dit 'n getroude vrou was (wie se man weg was vd huis), wat 'n jongman verlok om met haar te hoereer. En die manier hoe sy dit gedoen was veral deur haar woorde - deur mooipraatjies en gladheid van lippe (v. 5,13,21 ens.)(en sy het haar ook soos 'n hoer aangetrek, v.10; en hom gesoen, v. 13..ens.).  Man en vrou moet versigtig wees en hulle nie laat verlok nie (Spr. 7:24-27 - "Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood). 

Omgang met ongelowiges en afgodsbeelde (of afgodsoffers, afgodspraktyke ens.) is iets wat vermy (en omgang met sulke mense beperk) moet word want hierdie mense en dinge kan tot gevolg he dat 'n gelowige VERLEI word (Eks. 23:33; 1 Kon. 11:2). Somtyds reik sulke mense spesifiek uit na gelowiges met die doel om vir hulle 'n strik te stel (Deut. 13:13), bv. die "wolwe in skaapsklere" of "onkruid" wat in die Christelike kerk onder die "koring" deur die bose gesaai word.  Christene moet ag gee met wie en wat hulle gemeenskap hou (1 Kor. 10:20; 2 Thess. 3:114; Ef. 5:11; 1 Tim. 5:22) en moenie deelneem aan afgodspraktyke (bv. in geval van waar jy jou nie tussen jou eie mense bevind nie)(Deut. 4:14-19) - ons is in die wereld maar nie van die wereld nie.  Ons kan ons nie altyd afskei nie (bv. leef en werk saam met verskillende geloofsgroepe), maar wat belangrik is is dat Christene nie begin deel in hulle afgodspraktyke nie.  Ons sien baiemaal Christene (en selfs Christelike kerke) vandag wat op hierdie manier VERLEI word deurdat hulle oosterse geloofspraktyke soos joga e.a. begin navolg. Christene moet ag gee daarop dat hulle harte hul nie verlei nie... (Deut. 11:16; Deut. 30:17). Wat is in jou hart?  Is dit die Here se woorde, of woorde vd wêreld?  Raadpleeg jy die Here (is Hy jou bron?), of raadpleeg jy die wêreld?

Valse profete en valse leraars is daarop uit om mense te mislei deur hulle te verlei om te dink dit wat hulle profeteer of leer is die Here se woorde, maar dan is dit eintlik hulle eie of wereldse sieninge (Fil. 3:19; 2 Pet. 2:1; Jud 1:4 ens.). Op hierdie manier verlei hulle iemand om hulle vertroue in iets of iemand anders te plaas as in die Here. Hulle is niks anders as VERLEIERS, en om hulle doel te bereik en mense eerder in hulle woord te laat glo, sal hulle voorgee dat die opregte eintlik die verleier is (bv. 2 Kon. 18:32; 2 Kron. 32:11,15) - soos sommige vd die Fariseers en skrifgeleerdes ook met Jesus gedoen het, deur voor te gee dat Hy die skares mislei. Dit is baiemaal wat in die Christelike kerk gebeur en die manier hoe "wolwe" en "onkruid" die "koring" stilmaak en Christene verlei om eerder in hulle woorde te glo as in die waarheid. Dit is eintlik maklik om agter te kom wie is die opregte en wie die misleier, want die misleier sal noodwendig nie altyd ag gee op Jesus se woorde en op die Skrif nie maar eerder iets anders leer, en sal in opstand kom teen die waarheid.  Dit gebeur ongelukkig somtyds so subtiel dat mense dit nie altyd agterkom nie (omdat misleiers die waarheid baiemaal net effens verdraai).

Wanneer leiers die volk verlei is dit gevaarlik (2 Kron. 21:11), want somtyds glo mense dat daar van hullle verwag word om gehoorsaam te wees aan 'n leiers ten spyte van... 'n Vb. van 'n leier wat op hierdie manier baie laat val en verlei het om kwaad te doen, is die van Manasse in 2 Kon. 21:9 en 2 Kron. 33:9. Ons moenie dink dat dit slegs die verleier is wat gaan betaal vir hierdie sondes nie! - lees gerus hierdie hoofstukke om te sien hoe die wat saam met hom afvallig geword het, ook self betaal het vir hulle ongeregtighede. Wanneer iemand wetend sondig (al is dit omdat hy sy leier vertrou) dan sal hy beslis ook self daarvoor verantwoording moet doen (natuurlik verwysend na wetendes). Ons moenie dink dat ons ongestraf sal bly as ons doen wat 'n leier van ons verwag as dit wat hy verwag verkeerd is (terwyl ons self goed weet) nie. As 'n leier jou onregverdig behandel moet jy dit verdra, ja - dit is 'n ander situasie, maar dit is iets anders as hy van jou verwag om verkeerd te doen of die waarheid tee te staan. Jesus en die dissipels het vir ons 'n goeie vb.e nagelaat van hoe ons nie gehoorsaam hoef te wees as die gesag wat oor ons gestel is as daardie gesag van ons verwag om verkeerd te doen of hulle van ons verwag om die waarheid tee te staan nie. Dit is altyd belangriker om die Here meer gehoorsaam te wees.  (Spr. 1:10 - "My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie").   (Rom 16:17,18 - "En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.").

'n Ander vb. is die waar 'n geweldenaar sy naaste lei om geweld te doen (Spr. 16:29). Hierdie het baiemaal te doen met haat en waar iemand opgestook word teen iemand anders, soos die volk opgestook was teen Jesus Christus deur die wat Hom wou doodmaak. Hulle was deur die geweldenaars verlei om geweld te pleeg.  Dit is ook wat baiemaal in oorlog gebeur, waar onskuldige mense verlei word om ander onskuldige mense dood te maak.  (Spr. 1:10-18 - "My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie; as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak....................allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit...............— my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad; want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet...............").

Wat is die begeerte van jou hart?  Gewoonlik is hierdie begeertes juis dit wat veroorsaak dat iemand verlei word, bv. in Salomo se geval het sy begeerte na vroue (wat afgode aanbid het) veroorsaak dat hy deur hulle verlei was om ook afgode te aanbid (1 Kon. 11:3,4). 'n Ander vb. is die van Agab (1 Kon. 21:25), wat verkeerd gedoen het omdat sy vrou Isébel hom verlei het... Christene moet ag gee op wat hulle regtig begeer in hulle harte, en gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus sodat hulle harte hulle nie verlei nie (Job 31:24-28).

'n Ander vb. van waar mense se harte hulle bedrieg is die vd wat afgode aanbid. Jes. 44 skets die prentjie van hoe belaglik afgodsaanbidding werklik is!, want met dieselfde hout waarmee daar vuur gemaak word word daar ook 'n afgod van gemaak... (Jes. 44:17 - "En van wat oor is, maak hy ‘n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!").  En op daardie hout waarvan vuur gemaak is word die kole gebruik om brood te bak en vleis te braai (v. 16) - hoe kan hierdie hout dien om 'n god te wees?! Dit is nou regtig waar logika heeltemal uit die bus val, wanneer mense vir hulle gode skep van goed wat nie eens asem het nie en van dit verwag om vir hulle te help en red en voorsien asof dit lewe! (Jes. 44:20 - "Hy wat hom besig hou met as, ‘n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?"). 

'n Ander vb. van waar iemand se hart hom bedrieg, is in hoe hy "sien en dink" - m.a.w., wanneer iemand se wysheid en kennis hom verlei (Jes. 47:10). (1Kor. 3:18-20 - "Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is").

Wanneer iemand hom laat verlei, maak dit hom swak sodat hy oorweldig kan word (Jer. 20:10). Somtyds word onskuldige vriendskap gebruik om iemand te verlei (Jer. 38:22), en dit kom baiemaal deur vriendelikheid en mooi woorde (Rom. 16:18 - "Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges").  En wat hulle dan doen, is om tweedrag en aanstoot te veroorsaak TEEN DIE LEER (teen die waarheid)(Rom 16:17) - hierdie is dus 'n aanduiding van wie vals is, die feit dat hulle iets anders verkondig as die waarheid.  Maak nie saak met hoeveel vriendelikheid dit kom of wat se mooi woorde gebruik word nie, sulke mense moet liewer vermy word (Rom. 16:17). Hierdie is iets waarop kinders vd Here moet ag gee, is om hulle nie te laat verlei deur die wat, in plaas van om die waarheid of oorlewering volgens Christus te verkondig, liewer oorlewering van mense verkondig (Kol. 2:8) - hulle het allerhande filosofiee waarmee hulle mense oorreed om die leuen te glo (hulle gebruik wysbegeertes en drogredes)(Kol. 2:4).

Valse profete verlei mense deur voor te gee dat hulle die woord vd Here bring, maar hulle profesie kom vd bose (Jer. 23:13; 30-32). Die manier hoe die Here met die gehandel het wat agter afgode aangaan en valse profete opgesoek het in die O.T., is deur van hulle 'n spot te maak (Eseg. 14:7-9) - in so 'n geval was dit asof die Here hulle verlei het sodat hulle vals profeteer... (Eseg. 14:9). Dit is nie net die valse profeet of valse profetes teen wie die Here iets het nie, maar ook Christene wat diesulkes toelaat sal vind dat die Here iets teen hulle hou... (Openb. 2:20). As 'n Christelike kerk mense in hulle kerk toelaat om afgodspraktyke na te volg word hulleself ook skuldig, nie net die een wat dit doen nie. As jy bv. 'n advertensie op jou webblad het wat mense lei na valse leerstellings of afgodspraktyke, dan sal die Here iets teen jou he want jy veroorsaak dat mense verlei kan word... - indirek is jy dan besig om vir die struikelblok plek te gee (Luk 17:1 - "En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom"). Geestelike hoerery (wanneer gelowiges "hoereer" met afgode / ander geloofspraktyke) veroorsaak dat gelowiges afvallig word (Hos. 4:12) - hulle stel hullself bloot aan verleiding (Amos 2:4);  - wat die Here met sulke Christene doen is om vir hulle die krag van dwaling te stuur wat tot gevolg het dat hulle die leuen begin glo! (2Th 2:11 - "En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo"). Dit is tipies "goddelose mense" en "bedrieërs" wat ander verlei, of wat verlei word (2 Tim. 3:13). Ons weet dat bedrieers daarop uit is om te mislei, maar hulle word ook maklik self mislei.  Bv., bedrieers dwaal self en lei ander om saam met hulle te dwaal. Goddelose mense val ook onder hierdie kategorie.  Maar waarna verwys goddelose mense?  Dis interessant om te merk dat dit nie net verwys na die wat niks met die Here te doen wil he nie, maar verwys ook na gelowiges wat van die Here afwyk (2Sa 22:22) en in opstand teen Hom kom (Hom ongehoorsaam) - goddelose mense is sondaars, hulle doen verkeerd (1 Kon. 8:47) - dit verwys na die wat afwyk van God se gebooie en Sy verordeninge (Dan. 9:5). Anders gestel, daar is goddelose mense in die Christelike kerk!, wat ongehoorsaam is, in sonde tot die dood stap, verkeerd doen en nie ag gee op die Here se wil nie.  Hierdie soort gelowige is die een wat maklik verlei word, asook ander verlei. Hulle het leuens lief, en praat leuens (want iemand wat verlei, is 'n leuenaar - Joh. 8:44).

Baiemaal is die rede waarom mense na valse profete luister, omdat hulle hul in die gehoor streel - asof hulle harte hulle mislei - hulle mislei eintlik hulleself, want hulle luister na die wat vir hulle se wat hulle graag wil hoor (Eseg. 13:10; 2 Tim. 4:3). (2Tim. 4:3 - "want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede").

Die wat nie verlei word nie, is noodwendig die wat in die waarheid bly - hulle laat hulle nie wegsleep deur allerhande leerstellings nie maar bly in die gesonde leer (2Ti 3:14,15). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Voorbeelde van verleiers:
Die duiwel is die groot verleier (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp") (Gen. 3:1; 13-15)(2 Kor. 11:3). Die duiwel is 'n mensemoordenaar en die vader van leuens - hy staan nie in die waarheid nie en praat leuens - praat uit sy eie (paat m.a.w. nie die waarheid of die Here se woorde nie)(Joh 8:44). In die "volgende eeu" (1000 jaar) sal die duiwel in die afgrond gewerp en toegesluit word, sodat hy in daardie tydperk nie die nasies kan verlei nie - aarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word... (Openb. 20:3,8). Uiteindelik sal hy ook in die poel van vuur en swawel gewerp word, en dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid (Openb. 20:10).

Die "antichris" - die dier in Openb. 19:20 sal 'n valse profeet gebruik om die wereld te verlei (Openb. 19:20 - "En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand"). Hierdie "dier" verwys natuurlik na iemand spesifiek wat algemeen na verwys word as "die antichris", maar natuurlik is daar baie antichriste in die wereld! 'n Antichris verwys tipies na 'n verleier - iemand wat leuens verkondig, in opstand kom teen die waarheid en ander verlei om eerder in die leuen te glo (2 Joh._1:7 - "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris").

Die "valse profeet" (Openb. 19:20) - die ander dier in Openb. 13:14 ("En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het"). 'n Afgod is logies gesproke niks want dieselfde materiaal, bv. hout, word gebruik om mee vuur te maak e.a. Daar is nie 'n gees in 'n afgod nie, maar die manier hoe die "ander dier" in Openb. 13 die mense sal mislei om te dink dis lewend, is deur aan die beeld (beeld vd "dier" in Openb. 19:20) 'n gees te gee (Openb. 13:15). Hierdie sal 'n groot misleiding wees waarin baie sal glo dat die beeld lewe.

Die stad Babilon waarvan haar handelaars die grotes vd aarde is (Openb. 18) - sy verlei die nasies deur haar towerye (Openb. 18:23), en baie profete en heiliges is deur haar doodgemaak (18:24). Babilon word verder voorgestel sondig (18:4,5), 'n "woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en onreine en haatlike voëls (18:2)  - "sy" word ook soos 'n hoer voorgestel, en die konings vd aarde het met haar gehoereer en die handelaars vd aarde het deur haar tyk geword (18:3). (Openb. 18:4 - "En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").
_______________________________________________________
SKRIFTE:

Mislei:
Gen_31:20  En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
Gen_31:26  Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?
Gen_31:27  Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het?
2Sam._3:25  U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en om u uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u doen.
2Kon._4:28  En sy sê: Het ek van my heer ‘n seun gevra? Het ek nie gesê: Moet my nie mislei nie?
Spr. 24:28  Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
Jer. 4:10  Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê—terwyl die swaard tot aan die siel raak.
Matt. 2:16  Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Misleiding:
(Kol. 2:8)  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verlei:
Eks. 22:16  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Eks. 23:33  Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ‘n strik wees.
Deut. 4:19  dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.
Deut. 11:16  Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,
Deut. 13:13  Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien—wat julle nie geken het nie—
Deut. 30:17  Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien,
1Kon. 11:2  uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang.
1Kon. 11:3  En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.
1Kon. 11:4  En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.
1Kon. 21:25  Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het.
2Kon. 18:32  totdat ek julle kom haal na ‘n land soos julle land, ‘n land van koring en mos, ‘n land van brood en wingerde, ‘n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hiskía nie, want hy verlei julle deur te sê: Die HERE sal ons red.
2Kon. 21:9  Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
2Kron. 21:11  Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.
2Kron. 32:11  Verlei Jehiskía julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?
2Kron. 32:15  Laat Jehiskía julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so ‘n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos?
2Kron. 33:9  Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
Job 31:27  en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle ‘n kus toegewerp het—
Job 36:18  Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
Spr. 1:10  My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
Spr. 7:21  Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
Spr. 16:29  ‘n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ‘n weg wat nie goed is nie.
Jes. 36:18  Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die HERE sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
Jes. 44:20  Hy wat hom besig hou met as, ‘n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
Jes. 47:10  En jy het op jou boosheid vertrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie!
Jer. 20:10  Want ek het die skindertaal van baie gehoor—skrik rondom! —Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.
Jer. 23:13  Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel;
Jer. 23:32  Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.
Jer. 38:22  Kyk, al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda oorgebly het, is uitgelei na die vorste van die koning van Babel, terwyl hulle gesê het: Die manne met wie u vriendskap gehou het, het u verlei en u oorweldig; toe u voete in die modder ingesak het, het hulle agteruitgewyk.
Eseg. 13:10  Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk ‘n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk;
Eseg. 14:9  En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek—Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
Hos. 4:12  My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.
Amos 2:4  So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.
Mig. 3:5  So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle ‘n heilige oorlog!
Luk. 23:2  En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
Rom. 7:11  Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.
Rom. 16:18  Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
Ef. 5:6  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
Kol. 2:4  Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.
1Tim. 2:14  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
2Tim. 3:13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
Openb. 2:20  Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
Openb. 12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Openb. 13:14  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Openb. 18:23  En die lig van ‘n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.
Openb. 19:20  En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Openb. 20:3  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Openb. 20:8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
Openb. 20:10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verleier:
2Jn_1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------