Vrydag 31 Desember 2021

Asem / gees / lig / gees vd mens

Die woord "gees" word gewoonlik meer gebruik in konteks met "die mens se gees" (verwysend na die innerlike mens), of gebruik van geeste bv. "die Gees van God", of "ander geeste" soos bose geeste. 

Die woord "gees" dra die betekenis van "asem" of "lig" of "wind", of kan in geheel gebruik word om te verwys na die innerlike mens (die mens se gees/siel);  dus, in hierdie pos kyk ons na hierdie verskillende maniere waarop die woord "gees" gebruik word:
Die woord "gees" kan bv. verwys na:
(1) - GEES IN BINNESTE - gees o siel vd mens (die innerlike mens/ die mens van binne); of
(2) - ASEM waarsonder niemand 'n lewende wese kan wees nie (soos LIG vir die liggaam)(asem waardeur die uiterlike mens lewe); of
(3) - en ons kan onderskei tussen die ASEM van die natuurlike mens en die ASEM vd geestelike mens (wat verwys na die asem waardeur die innerlike mens lewe).

Rol ook af vir die volgende opsommings:
- skrifte oor "gees", "asem", en "gees van binne"
- is gees en siel dieselfde?
- die verskillende asems waardeur die natuurlike en die geestelike mens lewe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir 'n studie oor DIE LIGGAAM (vd mens), gaan na:
Vir 'n studie oor DIE SIEL (vd mens), gaan na:
____________________________________________________________________________________
INLEIDING:

DIE BEGRIP "GEES" KAN VERWYS NA:
-  (1) Die GEES/SIEL IN DIE BINNESTE (m.a.w., waar die term "gees" gebruik word om te verwys na "die mens van binne" - maw, DIE INNERLIKE MENS in geheel);
-  (2) ASEM (soos LIG vir die uiterlike mens)
   (of kan verwys na asem vir die innerlike mens - die natuurlike mens het die wereldse gees, en die geestelike mens het die Heilige Gees)(want net soos die uiterlike mens nie sonder asem kan lewe nie, net so kan die innerlike mens ook nie sonder asem lewe nie);

Die mens bestaan uit liggaam, siel en gees 
- en is TWEELEDIG van aard, nl. uiterlik mens ("letterlik" liggaam, siel en gees) maar ook innerlik mens (kan gesien word as "figuurlik" liggaam, siel en gees, maar nie bedoel "vlees en bene" soos in die geval 'n uiterlike nie). 

Somtyds word bloot die woord "liggaam" gebruik om na die uiterlike mens in geheel te verwys, en somtyds die woord "gees" of "siel" om na die innterlike mens in geheel te verwys.

"Lig":
Net soos die mens se liggaam met grond of saad voorgestel kan word, en die siel met 'n plant of boom en vrug, net so kan die gees voorgestel word met LIG bv.:
- (1) asem is vir die mens soos lig is vir 'n plant. Sonder lig of asem kan die siel vd mens nie groei en vrug dra nie, want hy is immers 'n lewende siel omdat hy ASEM het! (Gen. 2:7) - daarom gaan die siel (vd uiterlike mens) dood wanneer hy sterwe en sy laaste asem uitblaas (bv. die hart en organe kom tot stilstand..., en a.g.daarvan sterwe die liggaam en keer terug na stof...).  En natuurlik, net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe, so ook die innerlike mens..., en hier moet ons ook onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens, want die natuurlike mens se innerlike lyk anders as die geestelike mens.  Die natuurlike mens se innerlike het 'n "wereldse asem", terwyl die geestelike mens se innerlike lewe deur die asem vd Heilige Gees.
- (2) verwys na óf  "lig" óf "duisternis", waar dit verwys na die innerlike mens. Die natuurlike mens se innerlike word somtyds voorgestel as duister, of voorgestel met die dood, omdat hulle nie die Lig het wat vir hulle lewe gee nie en dus vrugte dra "vir die dood".  Die natuurlike mens is gebore uit Adam se saad (gebore in sonde - is verganklik) en dra dus vrugte vir die dood - sy innerlike (mens van binne) het die gees vd wereld (gees van dwaling) - "lewe" m.a.w. d.m.v. die gees vd wereld.  Maar die geestelike mens se innerlike het die Gees van God (Gees vd waarheid). en lewe d.m.v. die Gees van God (en is daarom instaat om vrug te dra tot lewe/ewige lewe). Die geestelike mens se innerlike kan dus gesien word as verlig (Hebr. 6:4; 10:32; Luk. 11:36...) - terwyl die natuurlike mens se innerlike (gees van binne) gesien kan word as duister.

Asem:
Wat lig en asem dus aanbetref, is die mens net soos 'n plant afhanklik van LIG (asem/gees) om te kan lewe. In ander woorde kan ons verwys na lig of asem as die bron van krag, net soos lig plante se enigste bron van krag is. Geen mens kan lewe sonder die asem wat God gee nie! (Job 34:14,15). Die mens kan ook nie sonder kos en water aan die lewe bly nie, ja, maar sonder lig of asem kan die kos ook nie in die liggaam verwerk word nie.  Dus, alhoewel 'n hart wat gaan staan 'n aanduiding is dat iemand doodgaan, gaan hy nie dood wanneer sy hart gaan staan nie maar wanneer hy sy laaste asem uitblaas - en ja, dan gaan staan sy hart... Asem is dus die rede waarom iemand in die lewe is.   

Geen mens kan sonder die gees of asem (wat God gee) lewe nie:
- (Job 34:14,15)  As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees (roo'-ahk) en sy asem (nesh-aw-maw'na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
- (Psa 104:29,30)  U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof. U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.

Adam is uit stof gemaak (vlees)
maar hy het eers begin lewe ('n lewende siel geword) toe God asem (gees) in hom inblaas.  Alles waarin 'n lewende siel is word 'n "lewende siel genoem" omdat hulle asem het (Gen. 2:7; 1 Korn. 17:22; Job 34:14,15).  Maar alhoewel die ASEM ("gees") wat God vir ons gee ons liggame verander in "lewende siele" (en die siel is in die bloed...)(Gen. 2:7; 1 Kor. 15:45;Lev. 17:11...)(kyk opsomming "lewende siel/wese" onder die studie oor die liggaam), sien ons dat die woord "gees" nie altyd verwys na (letterlike) "asem" (hetsy vd uiterlike of vd innerlike mens) nie, maar ook gebruik word vir die gees wat in die mens se binneste geformeer word... 

Geeste van alle vlees:
Die woord "siel" word ook somtyds gebruik om na  DIE INNERLIKE MENS te verwys (bv saam met die asem het die liggaam 'n "lewende siel" geword...) - dit dan wat hierdie studie bietjie meer ingewikkeld maak, want behalwe dat ons moet onderskei tussen asem/"gees" vd uiterlike mens en asem/"gees" vd innerlike mens, moet ons ook verstaan dat "gees" somtyds as verwysing gebruik word vd innerlike mens in geheel (die mens van binne - kan gesien word as "figuurlik" liggaam, siel en gees) ("is 'n gees", en daarom 'n gees sonder vlees en bene wanneer iemand doodgaan...).  

Dus:
Wat die innerlike mens aanbetref, en dus in geval vd gees wat in die mens se binneste gevorm word, word die woord gees of siel gebruik;  
maar "gees" kan ook na "asem" verwys van of die uiterlike mens of die innerlike mens (en dan verskillend vir die natuurlike mens as vir die geestelike mens).

Dit kan miskien beter deur hierdie diagram verduidelik word:


Onderskei tussen die verskillende "asems":
Dus, waar "gees" na ASEM verwys, gaan dit oor die asem waarsonder niemand kan lewe nie; hetsy letterlik of figuurlik.  Wat die uiterlike mens aanbetref verwys gees na letterlike asem.  Wat die innerlike mens aanbetref moet ons onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens, want die natuurlike mens se innerlike lewe nie van dieselfde "gees" of asem as waarvan die geestelike mens lewe nie. Bv., in geval vd natuurlike mens (1 Kor. 2:14) lewe hy deur 'n "wereldse gees" (of ook genoem die "gees van dwaling")(dit is die kinders "gebore uit Adam se saad"). Hulle dwaal omdat hulle sinne verblind is (2 Kor. 4:4) - hulle is vleeslik en wandel volgens die vlees, volgens "die loop van hierdie wêreld" (het die gees vd wereld), en volgens die owerste van die mag van die lug - en word daarom die kinders vd ongehoorsaamheid genoem omdat hierdie "gees" (vd wereld) in hulle werk... (Ef. 2:2). Maar in geval vd geestelike mens (1 Kor. 2:14,15) se innerlike verwys "asem" na die "Heilige Gees" (of  "Gees vd waarheid")(kinders gebore uit God se saad). Geestelike mense (wedergeborenes) was eens "natuurlike mense" en het ook vroeër gewandel in die begeerlikhede van hulle vlees (toe hulle m.a.w. die wil vd vlees en vd sinne gedoen het (Ef. 2:3) - hulle was m.a.w. ook van nature "kinders van die toorn", maar is nou nie meer nie.  Wat die geestelike mens bedink, is LEWE (Rom. 8:5,6) - hulle het 'n wysheid wat nie vergaan nie - anders gestel, hulle het die Gees VAN WAARHEID en bedink dus die dinge vd Gees...
Daarom is die natuurlike mens se kennis, denke en persepsie anders as die vd geestelike mens - natuurlike mense word gesien as "onder die mag vd bose" (1 Joh. 5:19) en hulle wysheid is 'n wysheid wat vergaan (1 Kor. 2:6), want die natuurlike mens is "vleeslik" en dwaal en "sien" en praat soos die wereld (1 Kor. 2:14; Jak. 3:15; Jud 1:19; Joh. 10:26,27; 1 Joh. 4:5).  Maar geestelike mense het die waarheid en "sien" soos die Gees van God (1 Kor. 2:14,15). Geestelike mense is nie onder die mag vd bose nie, want hulle is "uit God" - gebore uit Sy saad (1Jn 5:19) en onder die Here se mag.
(Rom. 8:5-10)

Maar die feit dat die geestelike mens die LIG het, beteken egter nie dat hulle nie meer 'n wil het nie; terloops, hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! (maar word eers vernuwe met "die opstanding" wanneer Jesus Christus terugkom). Geestelike mense is daarom somtyds vleeslik en bedink nie altyd die dinge vd Here nie (Matt. 16:23; Jak. 3:15) - al het hulle die Gees van God en weet wat is die waarheid, luister hulle nie altyd nie;  en hulle ken ook nie altyd die skrifte of die krag van God nie (Mark. 12:24), en dan tree hulle vleeslik op. Om dit beter te verstaan, kan ons kyk na die gelykenis vd saaier. Die eerste groep in die gelykenis vd saaier is duidelik mense wat nie die woord aanneem nie en kan dus nie gesien word as Christene nie, maar die volgende 3 groepe is anders en verwys beslis na gelowiges.  Die tweede groep stel mense voor wat wel Christene word, maar hulle kry nie wortel nie en in tyd van verdrukking val hulle af...  Die derde groep is ook Christene, ja, maar dorings verstik hulle vrug en hulle verloor vrug, of raak selfs onvrugbaar! Beide die toestand vd tweede en derde groep Christene is gevaarlik, want sommige "val af" en ander kan hulle eendag onvrugbaar bevind wanneer Jesus Christus terugkom (wanneer Hy die vrug kom oes-Jak. 5:7). Dus, nie almal wat die Lig het, lewe in die Lig nie...   Die 4de groep is egter die wat in die Here bly en vrug dra  (hulle lewe dus in die Lig en kry die regte kos en water wat nodig is om hulle aan die lewe te hou, en hulle bewaar hulle klere). 
Dit beteken dat Christene in 3 groepe verdeel kan word, en slegs een van daardie 3 groepe is die wat volhard en vrug dra tot LEWE en die vrug behou (Rom. 8:1).

_________________________________________________________________________________
Skrifte oor GEES / asem EN "die mens se gees" / mens van binne:
Die mens bestaan uit vlees (liggaam), siel (lewende siel) en ASEM ("gees"):
(Gen 2:7)  En die HERE God het
- die mens geformeer uit die stof van die aarde en  (VLEES)
- in sy neus die asem van die lewe geblaas.            (ASEM)("nesh-aw-maw'")
- So het dan die mens ‘n lewende siel geword.       (SIEL)

Sonder "gees" (asem) kan ons nie lewe nie
(Job 34:14)  As Hy op Homself ag sou gee, sy 
gees ("roo'-akh" -lug, blaas, asem, wind..) en sy 
asem ("nesh-aw-maw'" -blaas, asem inspirasie, siel, gees ) na Hom sou terugtrek, (Job 34:15) dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.  
Hy gee gees aan alle vlees (mens, dier) - en sonder "gees" of asem, is die vlees dood.

Onderskei tussen:
- (1) GEES (of ASEM) waarsonder niemand kan lewe nie (hetsy letterlike asem waardeur die uiterlike mens lewe, of figuurlik die asem vd Heilige Gees waardeur die innerlike mens lewe), en
- (2) GEES wat in iemand se binneste geformeer word (wat nl. verwys na die INNERLIKE MENS - ook genoem: gees/siel).
(1)  "gees vd mens" = ASEM:  Wat hierdie gees of asem dus vir ons beteken is dat ons nou lewe - die liggaam lewe en kan funksioneer (die organe en situie werk, lewe in die bloed...). Wanneer die gees of asem terugkeer na God (m.a.w. wanneer die mens sy laaste asem uitblaas) gaan die (uiterlike) mens dood (Mark. 15:37,39; Luk. 23:46; Job 11:20...).  Ons kan dus nie sonder hierdie gees of asem (wat Hy in ons inblaas) lewe nie;  m.a.w., SONDER GEES IS DIE LIGGAAM DOOD (Jak. 2:26) - (Pred. 12:7 - "en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het"). Dus, wanneer die mens sterf en sy "laaste asem uitblaas", gaan dit terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7) - dit verwys nie na die gees vd mens figuurlik gesproke (sien punt 2) nie, maar verwys na die gees vd mens, LETTERLIK "asem". Vgl. dit met Openb. 11 (wat gaan oor wanneer die 2 getuies doodgemaak is, in die laaste dae...): Openb. 11:11 -"En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan...".  Ook hier sien ons dat die enigste manier hoe hulle liggame (weer) kan lewe is deur 'n gees vd lewe uit God wat in hulle ingaan.

KOM ONS KYK NA 'N PAAR SKRIFTE OOR "DIE GEES VD MENS" (letterlike verwysing = "asem"):.
- Alhoewel die Hebr. woord " nesh-aw-maw' " gewoonlik gebruik word wanneer daar verwys word na "asem", word die Hebr. woord "roo'-akh" ook somtyds hiervoor gebruik, bv.  Rig. 15:19 -."Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe......" (- dit is die Hebr. woord "roo'-akh", wat beteken "wind, lug, gees", wat somtyds vertaal word as "asem", somtyds as "gees", en ook vertaal word as "lewensasem" (Gen. 6:17; 7:15).
- Waar die woord "asem" in Gen. 2:7 gebruik word, is dit ook die Hebr. woord " nesh-aw-maw'. In Gen 7:22 kan die woord "asem" as enige van hierdie twee Hebr. woorde vertaal word.  Wanneer ons dus praat daarvan dat die mens bestaan uit 'n liggaam, siel en gees, dan verwys die woord "gees" hier wel na "asem", maar is beslis ook tweeledig van aard omdat elke mens nie net lewe van hierdie asem nie, maar ook self as " 'n gees " gesien kan word (kyk volgende punt).
- Spr. 20:27  "Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste"...
(2)  "gees vd mens" = GEES (in binneste): Somtyds word die mens se gees beskryf as " 'n gees " - dit verwys NIE na 'n ander gees wat in die liggaam ingaan nie, maar is 'n manier om iemand se gees of "siel" te beskryf - m.a.w., wat die toestand is van sy gees. 'n Vb. hiervan kan gesien word in Num 14:24 waar die woorde wat daar gebruik word, " 'n ander gees", nie beteken dat 'n ander gees in hom ingegaan het nie, maar net 'n manier is om te beskryf  hoe anders sy gees was as die ander mense se gees: -("Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg.........."). Sy gees word hier beskryf soos 'n gees wat vashou aan die Here. 'n Persoon  se gees kan dus ook na verwys word as " 'n gees". Watter gees het jy?;  of anders gestel, hoe kan jou gees beskryf word?  Elke mens se gees kan dus aangespreek word as "n gees van vlees" - want ons is vlees (en bloed) - en wanneer die mens sterf is hy 'n "gees sonder vlees en bene" ("gees van afgestorwene"). Moses en Aäron het bv. o.a. vir God genoem "die God vd geeste van alle vlees"! (Num 16:22).
KOM ONS KYK NA 'N PAAR SKRIFTE OOR "DIE GEES VD MENS" (figuurlike verwysing = "gees in binneste"):
- Job_32:18  Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.
- Psa_51:10  (51:12) Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
- Psa_143:4  En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.
- Jes_26:9  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
- Eseg_11:19  En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee,
- Hos_5:4  Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is ‘n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die HERE nie.
- Sag_12:1  Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Is "gees" en "siel" dieselfde?
Daar word baiemaal na die mens verwys as " 'n siel " (Gen. 46:15; Jos. 2:13) of  'n "gees" (die geeste van alle vlees)(Num. 16:22), maar dit beteken nie dat die mens slegs uit 'n siel bestaan of net uit 'n gees nie. Die mens bestaan uit 'n liggaam, siel en gees (1 Thess. 5:23; Gen. 2:7), maar is ook tweeledig van aard.  Die mens is bv. nie net letterlik liggaam, siel en gees nie, maar ook "figuurlik" liggaam, siel en gees - is dus nie net uiterlik van aard nie, maar ook innerlik van aard (die mens binne-in). In die Skrif word die woorde UITERLIKE MENS en INNERLIKE MENS gebruik om hierdie aan te dui (2 Kor. 4:16).


Wanneer die uiterlike mens dus gevorm word, word daar ook 'n innerlike mens in iemand se binneste gevorm (Sag. 12:1). Bv., wanneer die mens doodgaan, is dit die uiterlike wat sterwe, nie die innerlike nie - na die (eerste) dood wag die innerlike (die mens van binne - "figuurlik" liggaam, siel en gees) vd "natuurlike mens" op die tweede dood (oordeel vd hel), en die innerlike vd "geestelike mens" wag dan op die opstanding (vd uiterlike)(en sal nie deur die tweede dood gaan nie) - in daardie sin is die mens " 'n gees" -  'n "gees van 'n afgestorwene" - wat ook gesien kan word as " 'n siel " (kyk bv. "siel in doderyk"  - Ps. 16:10; 49:15, Hand. 2:31 ens.).

In daardie opsig, as ons dink aan die terme uiterlike mens en innerlike mens, word die woord "liggaam" gewoonlik gebruik vir die uiterlike mens - of die woord "siel" somtyds gebruik (die mens as siel);  
maar die woord "siel" word ook somtyds gebruik om na die innerlike mens in geheel te verwys, of die woord "gees" (die geeste van alle vlees). Bv., somtyds verwys geleerdes na die mens as "liggaam en siel", of "siel en gees", wat eintlik maar net 'n verwysing is na die tweeledige mens (uiterlike mens en innerlike mens) in verskillende kontekste.

Maar waarna anders verwys die woord "siel"?, en waarna verwys die woord "gees"? Natuurlik word dit nie altyd gebruik t.o.v. die uiterlike of innerlike mens nie, maar verwys eintlik spesifiek na verskillende dele van die mens!  (gaan gerus na die afsonderlike opsommings van liggaam en siel en gees om hierdie beter te verstaan). Die terme "liggaam", "siel" en "gees" verwys dus letterlik elk na iets (uiterlike mens), maar verwys ook figuurlik elk na iets (innerlike mens), bv:
Die uiterlike mens:
LIGGAAM: Letterlike liggaam - Menslike wese, vleis, bene... (kan vgl. word met grond).
SIEL: Letterlike siel - Siel in bloed, lewende wese, organe, sintuie... (kan vgl. word met plant).
GEES: Letterlike "gees" - Asem (kan vgl. word met lig). Wanneer iemand sterf keer hierdie asem terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7), en dit gaan boontoe...(Pred. 3:21).
Die innerlike mens:
LIGGAAM: Figuurlik liggaam - (natuurlike mens - kinders van Adam - gebore uit Adam se saad)(geestelike mens - kinders van God - gebore uit Sy saad - wedergeborenes)
SIEL: Figuurlik siel - bloed (natuurlike mens-  dood in Adam se bloed - dra vrugte vir die dood)(geestelike mens -  - lewe in Jesus Christus se bloed - drug vrugte vir die ewige lewe);
                                  - organe (gedagtes vd hart, oorlegginge ens.);
                                  - sintuie (natuurlike mens "sien" en verstaan soos die wereld, en hoor of luister na die wereld)(geestelike mens "sien" en verstaan soos die Heilige Gees, en luister na die Here)........
GEES: Figuurlik gees - Asem waardeur die innerlike lewe (of die wereldse gees)(of die Heilige Gees)


-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE VERSKILLENDE "ASEMS" WAARDEUR DIE NATUURLIKE EN GEESTELIKE MENS LEWE: 

In hierdie opsomming kyk ons na die betekenis van "gees" as ASEM (Gen. 7:22; 25:8; Hand. 17:25), want in betekenis verskil "gees" en "asem" nie veel nie.

Net soos die uiterlike mens nie sonder asem kan lewe nie, net so kan die innerlike mens ook nie sonder asem lewe nie. M.a.w., wanneer die uiterlike mens sterwe en hy sy laaste ASEM uitblaas, en die asem wat God gegee het teruggaan na Hom, dan beteken dit nie die innerlike mens het ook gesterwe nie.  Die innerlike mens (die mens van binne) lewe dan nog, en het ook ASEM waardeur hy lewe..., en hy wag dan - i.g.v. die natuurlike mens, op die tweede dood;  maar die geestelike mens sal nie deur die tweede dood gaan nie (want hy het die asem van die Heilige Gees..., deur wie hy in bewaring gehou word tot op die dag van verlossing en deur wie hy lewe).  In die geval vd natuurlike mens lewe sy innerlike mens deur "die wereldse gees" ("asem")(ook genoem "gees van dwaling")(Ef. 2:2; 1 Joh. 4:6), maar in die geval vd geestelike mens lewe sy innerlike mens deur die Heilige Gees ("asem")(die Gees wat uit God is)(ook genoem "die Gees vd waarheid")(1 Kor. 2:12; 1 Joh. 4:6).

-  Die natuurlike mens se innerlike word somtyds as "dood" gesien (Ef. 2:1), nie omdat sy uiterlike en innerlike alreeds dood is nie, maar omdat hy vrugte dra tot die DOOD...  Hy het m.a.w. nie die Lig (asem) wat hom vrugte tot lewe kan laat dra nie, en kry ook nie die regte kos en water wat hom aan die lewe hou nie(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html). En hy kan ook nie die geestelike voedsel verwerk nie, want hy het nie die Lig of asem wat nodig is om dit te kan verwerk nie.  Die "natuurlike mens" (die gebore uit die saad van Adam) sal dus deur die tweede dood gaan  (want hulle dra vrugte vir die dood) (wanneer die uiterlike mens sterwe, kan dit gesien word soos die eerste dood, en die tweede dood kan miskien vgl. word met soos wanneer nie net die liggaam nie maar ook die innerlike mens sterwe - tweede dood verwys na die oordeel vd hel - Openb. 21:8).  M.a.w., omdat hulle nie die asem of LIG  het van die Heilige Gees nie, kan hulle nie geestelike voedsel verteer nie, en dus nie groei en vrug dra tot lewe nie, maar dra vrugte tot die dood. Die natuurlike mens is uit die wêreld (het 'n gees van dwaling - 1 Joh. 4:6) en praat uit die wêreld (en luister dus nie na die wat uit God is nie, maar na die wat uit die wereld is - luister na die wat die gees van dwaling het)(1 Joh. 4:5,6). Hy wandel volgens die loop van hierdie wêreld (wandel in die begeerlikhede van hulle vlees en doen die wil vd vlees en sinne - verdwaas in die gemoed - Ef. 4:17),  volgens die owerste van die mag van die lug (Ef. 2:2,3; 1 Joh. 5:19; 1 Pet. 4:2 - "die wêreld" is onder die mag vd bose)(want hulle het die gees vd wereld, die gees van dwaling) - en word daarom kinders vd ongehoorsaamheid of "kinders vd toorn" genoem (Ef. 2:3) 
-  Die geestelike mens se innerlike word as "lewendig" gesien omdat hy die Heilige Gees ("roo'-akh" -lug, blaas, asem, wind.)("pnyoo"-mah" - asem, wind, gees, lewe, gemoed) het wat hom nie net laat LEWE nie, maar hom vrug kan laat dra tot LEWE / ewige lewe! (wat beteken dat hy onder die mag van God is, want hy het Sy Gees - "is uit God", is "uit God gebore" - het Sy saad in hom)  (omdat sy innerlike mens "lewe" deur die Heilige Gees, m.a.w. die asem het vd Heilige Gees, is hy instaat om geestelike voedsel en water te verwerk wat vir hom die ewige lewe kan gee). Hierdie Heilige Gees word deur Jesus Christus gegee aan elkeen wat in Hom glo. Die Heilige Gees is ook een vd twee elemente nodig vir iemand om wederbaar te word - dus "weer gebore" word, want beteken dat hulle nie meer natuurlike mense is wat gebore is uit Adam se saad nie, maar word geestelike mense, wat beteken dat hulle gebore word uit God se saad. Daarom is die geestelike mens uit God (1 Joh. 4:4), want hy is wederbaar deur (water en) die Heilige Gees;  en hy KEN God want hy het die Heilige Gees (en hy luister daarom ook na die wat uit God is, want hy het die Gees vd waarheid - 1 Joh. 4:6). Die geestelike mens wandel nie meer volgens die begeerlikhede van sy vlees en sinne nie (het nie meer die wereldse gees of gees van dwaling nie), maar wandel volgens die wil van God (want hy het die Heilige Gees, die Gees van waarheid) en dra vir Hom vrugte (beklee hulle dus met die nuwe mens wat uit God geskape is - Ef. 4:24) (...vernuwe hulle in die gees van hulle gemoed - Ef. 4:23)(1 Pet. 4:2; Rom. 7:4; 14:7). God wat in die geestelike mens is is groter as hy wat in die wêreld is (1 Joh. 4:4)...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Geen opmerkings nie: