Woensdag 14 Februarie 2018

Trou, Skei en Hertrou (6)

 Baie Christene is van mening dat net soos daar uitsonderings is waarom iemand mag skei, daar ook uitsonderings kan wees waarom iemand toegelaat word om weer te trou.  
In hierdie pos gaan ons kyk na sulke moontlike uitsonderings...  

VIR DIE EERSTE DEEL OOR "HERTROU", GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
---------------------------------------------------------------------------------------------
Die Skrif gee wel 'n baie duidelike vb. van "weer trou", nl. in die geval van waar 'n huweliksmaat afgesterwe het (Rom. 7:2,6).  In hierdie geval word die Christen wat weer wil trou, ook aangemoedig om "in die Here ", m.a.w. met 'n ander gelowige, te trou (sy/hy moet dan nie met 'n ongelowige trou nie)-(1Kor. 7:39 - "‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here").  En natuurlik sal sy/hy ook nie met 'n geskeide mag trou nie...(Matt. 19:9; Luk. 16:18).
ROL AF VIR DIE BESPREKING VAN ENIGE ANDER UITSONDERINGS WAT DEUR KERKE VOORGEHOU WORD.
-----------------------------------------------
Daar is verskillende interpretasies van die woord "skei". Die manier hoe dit verstaan word is belangrik, want as geskeides nie regtig verstaan wat die woord "skei" beteken nie, dan kan hulle hulself in 'n onwettige huwelik dompel sou hulle hertrou. (ROL GERUS AF NA WAAR DIE WOORD "SKEI" VGL. WORD MET ROM. 7:2).  Maar natuurlik is dit op hierdie juiste punt wat geleerdes verskil. Die woord "skei" in hierdie konteks, is die Griekse woord " kho-rid'-zo", wat kan beteken "om weg te gaan" of te verdeel in die sin van "separate" (depart or put asunder)(1 Kor. 7:10,11,15; Mark. 10:9);  of die woord " ap-ol-oo'-o", wat kan beteken "om vry/los te maak" (release, dismiss, relieve, pardon, put(send) away, set at liberty)(Luk. 16:18; Mark. 10:2,4,11,12; Matt. 19:6-9 ens.).  Die manier hoe die woord "skei" beskryf word in die skrif en ook verstaan word deur baie geleerdes,  is nie dat dit 'n verbreking is van die huweliksbond (in die geval van verbreek van die wet waardeur hulle gebind is - Rom. 7:2) nie!, maar slegs verwysend daarna dat die twee glad nie meer bymekaar hoef te bly nie - m.a.w. hulle word dan toegelaat om onbepaald van mekaar weg te wees - (wat natuurlik nie goed is vir enige paartjie nie behalwe waar daar tyd afgestaan word vir gebed en vas..1 Kor. 7:3-5). Die een wat skei word m.a.w. weggestuur en losgemaak van die huweliksverpligtinge, maar mag nie trou solank die ander nog in die lewe is nie.  Dit wil voorkom of hierdie siening ook die sienings was onder die eerste gemeentes siende geskeide vrouens beveel word om ongetroud te bly en weer met hulle mans te versoen indien moontlik (1 Kor. 7:11).  

Ander geleerdes het weer 'n heel ander siening en sien "om te skei" geheel as 'n "verbreking van die huweliksbond"!, en omdat hulle dit so sien, het hulle dus geen probleem daarmee as 'n geskeide wil hertrou nie. Dit wil tog lyk of die skrif eerder die eerste punt bevestig as die tweede, bv. Matt. 5:32 en Matt. 19:9 waarin Christus nie alleen verklaar dat iemand nie om enige rede mag skei nie, maar ook dat die een wat 'n geskeie trou, egbreuk pleeg!  Egbreuk kan slegs geskied waar daar 'n eg is;  dit beteken dus dat die geskeie nog "in eg" is, alhoewel "geskei". Maar net soos die tweede siening baie se oortuiging is vandag, is dit interessant dat dit ook juis is hoe baie van die volk dit verstaan het in die O.T., en dus die dissipels se verbasing in antwoord aan die Here in Matt. 19:10 - "Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie". Christus het vir ons die waarheid hieroor kom leer en gewys hoe ons eintlik daaroor moet dink. As die eerste siening dan inderdaad is wat "skei" beteken, dan is dit onmoontlik vir 'n geskeide om "weer te trou" of hertrou terwyl die ander een nog in die lewe is (en is die vrou bv. deur wet gebonde aan die man solank hy lewe!-Rom. 7:2).  Dus, alhoewel daar somtyds toegelaat word dat twee mense skei, word hulle steeds gesien as "een" solank altwee lewe! ("een vlees" - Matt. 19:6) ...... en hierdie feit word ook weer verder bevestig deur Rom. 7:2 en 1 Kor. 7:39 (alhoewel sommige geleerdes ook verskillende reels hier toepas vir mans as vir vrouens, wat veral te doen het met mans wat meer as een vrou het...). Baie geskeides wat hertrou het, is bloot in 'n kerk wat dit toelaat en weet daarom nie regtig wat die skrif hieroor leer nie - amper asof hulle "onwetend" is en glo watookal hulle kerk of predikers daaroor glo (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html). Wat egter belangrik is is dat elkeen eendag voor die Here sal staan en self verantwoording moet doen.  Die wat (wetend) in 'n onwettige huwelik is, pleeg egbreuk, en wat sal tog van so 'n Christen word sou hy/sy in 'n onwettige huwelik bly tot die dood? (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html).  Sou so iemand sterf as " 'n egbreker"?  En hoe sal dit sy saligheid beinvloed?, siende die skrif verklaar (l.w. gerig aan Christene!) dat geen egbreker die koninkryk van God sal ingaan nie (1 Kor. 6:10).  Dit is verseker nie 'n onderwerp wat ligtelik opgeneem moet word nie, en predikers moet versigtig wees wat hulle preek en toelaat.  Net so het elke Christen ook self 'n verantwoordelikheid om "die Here se wil te soek" in elke besluit.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
_________________________________________________________________________________

Kom ons kyk na ander vb.e van moontlike uitsonderings:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  'n Bekende vers wat gebruik word is Matt. 19:9 - "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk". Hierdie vers word baiemaal geinterpreteer as 'n rede vir hertrou, dat as jou huweliksmaat hoereer het, jy mag skei van haar en weer mag trou.  Ons moet egter kennis neem dat die konteks van hierdie skrif nie gegaan het oor hertrou nie, maar oor "skei", en wanneer dit toelaatbaar is om te skei (nie "hertrou" nie)(Matt. 19:3-8).  Vgl. ons dit met soortgelyke verse soos  Matt. 5:32, sal ons sien dat geen van die ander vb.e waarvan die bewoording min of meer dieselfde lui, 'n uitsondering gee waar "hertrou" regverdig word of dit so skyn te wees nie:  Matt. 5:32 - "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.  Hierdie skrif het al menige geleerdes laat kopkrap, want hoe kan die feit dat 'n man wat van 'n vrou skei, maak dat SY egbreuk pleeg? Is dit dan nie "hy" wat in so 'n geval egbreuk pleeg nie?  Dit wil amper lyk of die skrif verkeerd geskryf is, maar as ons Rom. 7:1-3 in ag neem, dan sal ons vind dat dit 100% reg is en sal ook verstaan wat daarmee bedoel word:  Rom 7:1-3 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.  Hierdie skrif verduidelik vir ons DAT AS 'N VROU WAT GESKEI IS WEER TROU terwyl haar ander man nog in die lewe is!, sy dan 'n egbreekster genoem word OMDAT SY NOG NIE VRY IS VAN DIE WET WAARDEUR SY AAN HAAR LEWENDE MAN GEBONDE IS nie. (En l.w., dat as die man WEER TROU, dan pleeg hy egbreuk teen haar - Luk. 16:18; Mark. 10:11,12).  Dit wys vir ons dat wanneer twee mense skei, hulle volgens wet steeds aan mekaar verbind is (al het hulle ook 'n skeibrief) - omdat God hulle EEN gemaak het (Matt. 19:4-6), en wat God saamgevoeg het kan NIEMAND SKEI NIE - geen mens kan dit deur 'n skeibrief skei nie - dit is slegs met die dood van een van die huweliksmaats wat die ander een dan vry is van hierdie wet. Daar is verseker redes waarom mense toegelaat word om te skei, maar dit wil lyk of die egbreuk eintlik eers plaasvind wanneer een van hulle WEER TROU.  Dit moet altyd 'n paartjie se wens wees om weer te herenig nadat hulle geskei is, en waar dit nie moontlik is nie word hulle beveel om ongetroud te bly (1 Kor. 7:10,11).

DIT IS DUS DUIDELIK DAT MATT. 19:9 NIE GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR HERTROU NIE. 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  Kom ons kyk na nog 'n vers waar "hertrou" dalk toegelaat word.  Deut. 24:1-4: "As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie".  VGL. HIERDIE SKRIF MET (Jer 3:1 - "Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!").  In hierdie verse het dit weer-eens te doen met die feit dat die vrou WEER TROU nadat sy 'n skeibrief ontvang het, en dit is dus die "hertrou" wat veroorsaak dat sy ONREIN word, wat volgens Deut. 24:4 (bloed)skuld veroorsaak en die land skandelik ontheilig!  Ons moet verstaan hoe ernstig die tema van bloedskuld is.  Wat ons hieruit leer is dat almal wat in 'n onwettige huwelik is, besig is om die land te ontheilig, en kyk ons na die studie oor bloedskuld, sal ons vind dat dit 'n geweldige invloed het op die land! Daar is bv. 'n geval in koning Dawid se tyd waar iemand se bloedskuld hongersnood veroorsaak het vir 3 jaar lank! (2 Sam. 21:1)...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html).

(Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk") (Mar 10:11,12 - "En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar; en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk").  'n Vrou kan wel weer op 'n latere stadium (na 'n skeibrief) met haar man verenig word, maar dit kan slegs gebeur as altwee NIE WEER TROU NIE! (1 Kor. 7:11).  In bg. geval sien ons dus dat die rede waarom hy haar nie kan terugneem nie is omdat sy weer gaan trou het, en al is die tweede man oorlede en wil dit lyk of sy van daardie wet vry is, was sy na regte nie gebonde aan die tweede man nie, maar eintlik nog na wet gebonde aan die eerste.  Maar nou, nadat sy hertrou het, is sy onrein, en dit beteken dat die eerste man onrein word wanneer hy haar terugneem... 

DIT IS DUS DUIDELIK DAT ook  DEUT. 24:1-4 NIE GEBRUIK KAN WORD AS UITSONDERING VIR HERTROU NIE. 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Baie wat skei, voel dat as die reels so streng is, doen moet mens liewer nie trou nie.  Die dissipels het ook hierdie rede aangevoer, maar Christus het dit vir hulle as volg verduidelik: (Mat 19:9)  "Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat".  Sommige se begeerte na die koninkryk van die hemele is so sterk, dat hulle hulself onbekwaam (onbekwaam vir huwelik) sal maak daarvoor  (Matt. 13:44). 
Wat Christus hier leer is dat daar basies net 2 opsies is:  
-  (1)  Trou en aanvaar die reels, of 
-  (2) bly Ongetroud.  
- daar is nie 'n tussen-in keuse nie.

-----------
Daar is 'n ander vb. van waar iemand hom/haarself onbekwaam maak (vir die huwelik) ter wille van die koninkryk van die hemele, en die is in die geval van waar 'n gelowige getroud is met 'n ongelowige, maar die huwelik vir die gelowige tot nadeel is, bv. waar die gelowige in dieselfde juk trek met sy/haar ongelowige maat se sondes en sukkel om oorwinning te kry oor die bose... - in so 'n geval is dit beter vir die gelowige om dan liewer te skei en dus ONGETROUD te bly as om in daardie huwelik te bly. Vgl. dit met onderstaande (volgende punt).  Dit word nie voorgestel dat die gelowige van die ongelowige skei nie (1 Kor. 7:12-14), maar in 'n sekere geval word dit toegelaat.  Kyk gerus na die vorige pos om hierdie beter te verstaan.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na ;n paar alleenstaande verse:
-  (1Kor.  7:27,28)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie. Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar".
Konteks?:  -(1Kor. 7:24 - "Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God"). Dit is ook duidelik dat hy spesifiek na die "maagde" verwys het in v.28  - kyk v. 25 en 28. 
Hy vra ook dat die wat getroud is nie losmaking soek nie (maar bly in die staat waarin hulle geroep is)(1 Kor. 7:27), tog dat hulle lewe ASOF hulle ongetroud is, in die sin van dat hulle BESORG IS OOR DIE DINGE VAN DIE HERE EN HOM MOET BEHAAG (1 Kor. 7:29,32).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT BETEKEN DIE WOORD "SKEI"?

\(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae (G2673 - "loosed")("abolish, cease, cumber, deliver, destroy, do away, become (make) of no (none, without) effect, fail, loose, bring (come) to nought, put away (down), vanish away, make void") van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

Die woord "ontslae" hier is nie dieselfde woord as die woord "skei" in ander skrifte nie (waar dit meer verwys na "parden"), maar het in bg. geval eerder die betekenis van "abolish" (G2673 - "loosed" - "destroy, abolish, cease, make void...").  WAT ONS KAN OPSOM IS DAT DIE WOORD VIR "ontslae" WAT GEBRUIK WORD IN Rom. 7:2 (waar die vrou ontslae word van die wet wat haar aan haar man bind), VERSEKER NIE DIESELFDE BETEKENIS HET AS "skei" soos in die GEVAL VAN 'N SKEIBRIEF NIE!

Vgl. dit met Matt. 18:23-35, waar Christus die koninkryk van die hemele vgl. met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.....  In die gelykenis word die een wat hom 1000 talente skuldig is, en dit nie kon betaal nie, kwytgeskeld daarvan toe hy by hom pleit. (Mat 18:27 - "En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat (G630 - "ap-ol-oo-o" -"pardon")(release, forgive, dismiss, releave..") en hom die skuld kwytgeskeld). Dieselfde Griekse woord wat gebruik word in Luk. 13:12 wat verwys na hoe sy verlos word van die krankheid.  Dit is inderdaad iets waardeur sy "gebind" was, waarvan sy verlos is (Luk. 13:16), maar ons moet verstaan dat dit nie dieselfde soort "verlos" is waarvan bv. gepraat word in Rom. 7:2 nie. Want as dit was, dan sou die dienskneg nie later kon oorgegee word aan die pynigers nie! (Matt. 18:32-35).  Sou sy skuld egter "abolish" wees soos in Rom. 7:2, dan kon hy nie later oorgegee word aan die pynigers nie. Hierdie is juis die rede waarom 'n Christen wat nie wil vergewe nie aan die pynigers oorgegee sal word, AL IS HYSELF KWYTGESKELD!;  omdat sy kwytskelding wel VERSKOON is, maar NIE VOLKOME AFGESKAF is nie (want sy "verskoning" van sy skulde is op voorwaarde)!(Ps. 32:5; Matt. 6:14,15; 18:35; Mark. 11:25,26).
Die betekenis van "ontslae word" in Rom. 7:2 is nie dieselfde as die betekenis van die woord "skei" in ander skrifte nie.  In skrifte waar die woord "skei" gebruik word (in geval van huwelik), is dit 'n ander Griekse woord wat gebruik word, bv.  (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei (G630) en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk")(Mark. 10:4,11,12; Luk. 16:18). L.w. dat dit dieselfde Griekse woord is wat bv. gebruik is in bg. gelykenis Matt. 18!, en verwys meer na "pardon" as wat dit verwys na "abolish". Die woord vir "skei" wat in 1 Kor. 7:10,11 en 15 gebruik word, is ook weer nie dieselfde woord as wat bv. in Luk. 16:18 (G630) gebruik is nie, maar is die Griekse woord " (kho-rid'-zo), wat beteken "depart" ("to place room between, that is, part; reflexively to go away: - depart, put asunder, separate"). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: