Donderdag 14 April 2022

Dronk in beeldspraak

 "Dronk" is die Hebr. woord " shaw-kar' ", wat beteken "om baie te drink, dronk word".  Die woord word somtyds in beeldspraak gebruik, bv. (Deu 32:42 - "Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders")(wat wys "hoeveel" bloed op die pyle...), of (Jes. 51:21 - "Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!")(wat wys op "dronk van die kelk van Sy grimmigheid)(Jes. 63:6 ens.), of (Openb. 17:2 - "met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery")(dronk van hoerery), ens.

Dronk het beslis te doen met die "hoeveelheid van"; bv. hoeveel wyn iemand drink-Gen. 9:21, Luk. 12:45, Ef. 5:18;  hoeveel bloed vergiet word-Jes. 34:5,7/Jes. 49:26/Jer. 46:10/Openb. 17:6;  hoeveel liefde hulle maak-Spr. 7:18, ens. 

Wanneer mense dronk word van wyn tree hulle anders op;  bv. somtyds praat dronk mense met hulleself ('n vb. is miskien Hanna, alhoewel sy nie dronk was nie - Eli het net so gedink want baiemaal is dit hoe dronk mense optree... - 1 Sam. 1:13,14);  of hulle raak vrolik, maar dit help nie jy voer 'n gesprek met so iemand nie want hy kan nie 'n normale gesprek in hierdie toestand voer nie, en sal bes moontlik dit nie eers onthou die volgende dag nie (1 Sam. 25:36); dronk mense word uitgelate maar val sommer enige oomblik aan die slaap (Jer. 51:39,57). Iemand wat dronk is kan homself nie beskerm nie (1 Kon. 16:9). Iemand wat dronk is is soos 'n ronddwalende wat nie sy pad kan vind nie of verkeerde afdraaie neem - hy tuimel en waggel/kan nie normaal stap nie (is soos iemand wat verward is of in die donker stap)(Job 12:25; Ps. 107:27). Dronk mense is ook baiemaal geneig om hulleself te ontbloot (Gen. 9:21; Klaagl. 4:21; Hab. 2:15), en drink gewoonlik in die nag (1 Thess. 5:7)...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DRONK IN BEELDSPRAAK:

Hierdie soort eienskappe wat 'n DRONK MENS beskryf word baiemaal ook gebruik in beeldspraak, bv. "dronk en slaap" word somtyds in ditto konteks gebruik, of "dronk en stap in duisternis" word in ditto konteks gebruik, ens... (1 Kor. 15:34; 1 Thess. 5:6,8; 2 Tim. 2:26; 4:5; 1 Pet. 4:7). 

Met bg. inligting in aanmerking geneem behoort ons 'n goeie idee te kry van wat dit beteken as iemand geestelike "dronk" genoem word, kyk bv. Openb. 17:2 ("met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery") - in hierdie vb. is hoerery die "wyn" wat hulle dronk maak maar hoerery verwys ook nie hier na letterlik hoereer nie, maar is ook geestelik bedoel, bv. om te "hoereer" met afgode...ens. (in hierdie opsig "gemeenskap met duiwels"-1 Kor. 10:19,20); "gemeenskap met die duisternis"-2 Kor. 6:14/1 Joh. 1:6; "gemeenskap met sondes"-1 Tim. 5:22; "gemeenskap met bose werke"-2Joh. 1:11; ens.). Dit het hulle "dronk" gemaak, maw hierdie "wyn" gaan hulle optrede beinvloed, die manier hoe hulle praat, hulle gaan nie altyd "hoor" of verstaan nie, kan enige oomblik aan die slaap val en dan gekategoriseer word onder die wat geestelik "slaap", hulle kan ook nie altyd hulle pad vind nie en neem maklik verkeerde paaie, hulle kan hulleself "ontbloot" (bv. naak van sonde, of kan bv. val onder die wat "naak" bevind word wanneer Jesus terugkom), hulle is soos mense vd nag (begin dink en optree soos mense wat in die duisternis stap, en kan nie mooi "sien" nie)......, ens.  Om geestelik "dronk" te wees, verwys m.a.w. na die wie se sinne bedorwe is (verstaan nie of kan nie mooi "sien" nie omdat hulle dronk is van sonde, valse leerstellings, wereldse wysheid, ens.) - diesulkes word maklik "rondgeslinger" deur allerhande en vreemde leringe, of gevang om die wil vd duiwel te doen... (2 Kor. 10:11; Hebr. 13:9). Net soos (te veel) wyn hierdie invloed het op iemand dat hy oorgegee word aan sy eie begeertes en gedagtes en doen wat hy wil, net so is die wat geestelik as "dronk" beskryf word in die Skrif, mense wie se sinne bedorwe is en nie luister nie maar doen "wat hulle wil". Jy praat met hulle maar hulle hoor nie altyd nie...  Hulle is soos verwarde mense wat maklik verlei word en nie mooi sien waar hulle moet gaan nie, en maklik verkeerde afdraaie neem - soos mense wat in die donker stap...

In skrifgedeeltes waar hierdie soort beeldspraak van geroepenes wat "dronk" is gebruik word, word dit baiemaal in ditto konteks gebruik met "slaap" (want dronk mense val maklik aan die slaap, en jy weet nie hoe lank hulle dan slaap nie - kan hulle terloops ook nie maklik wakker kry nie...). Hierdie soort beeldspraak (van die wat "dronk" is en/of "slaap") stel 'n baie spesifieke groep Christene voor. 

KOM ONS KYK NA 2 SKRIFGEDEELTES WAAR DIT SO GEBRUIK WORD:

(1)  1 THESS. 5:1-10:  Kinders vd lig is wakker / kinders vd duisternis slaap / slaap in nag of dronk in nag: Kyk die gebruik vd woorde "slaap" en "dronk" in hierdie gedeelte, asook "dag verwys na die wat wakker is, en nag na die wat slaap", en "die wat dronk is is dronk in die nag", ens. 

bv.: 

(1Th 5:5-10)  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nieLaat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe

(2) LUK. 12:35-48: Dronk mens oorval deur dief - nie gereed / is aan die slaap  

Hierdie gelykenis leer vir ons dat wanneer Jesus terugkom, sommige diensknegte nie wakker sal wees nie, maar "aan die slaap" sal wees. Kyk gerus ook hoe die begrip "dronk word" gebruik word in v. 45, en hoe dit te doen het met iemand wat nie gereed is nie... Dit gaan oor waarmee iemand hom besig hou. 'n Dronk mens kan homself nie beskerm nie (1 Kon. 16:9) en kan op daardie manier maklik oorval word - op ditto wyse sal Christene wat "dronk" is wanneer Jesus terugkom, onverwags oorval word (soos 'n dief in die nag... (v. 39,40)). 

bv.:

(Luk 12:39,40)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

(Luk 12:45-48)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sĂȘ: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues. En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html

Geen opmerkings nie: