Wys tans plasings met die etiket nie gereed. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket nie gereed. Wys alle plasings

Maandag 30 Desember 2024

Waaksaam

 

In hierdie pos kyk ons na die begrip "waak" in die Skrif - bv. in watter konteks die woorde "om te waak" of "om "waaksaam" te wees gebruik word in die Skrif. Kinders vd Koninkryk word o.a. aangemoedig om "wakker te wees" (want as jy slaap kan jy nie waak nie...).  In hierdie pos kyk ons dus ook in op ander begrippe wat pas by hierdie tema, bv. "wakker" of "slaap", "nugter" of "dronk".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Opsomming:

"Waak" gaan oor om wag te hou - waar daar nie gewaak word nie kan die vyand inbreek, of iemand kan onverwags betrap word.  Hierdie soort beeldspraak was baie deur Jesus gebruik om te verduidelik hoe kinders vd Koninkryk onverhoeds betrap sal word met die Wederkoms as hulle nie waak nie..., of hoe die vyand in die kerk onder die kinders vd Koninkryk kan insluip as hulle slaap.

Die wat nie waak nie verwys na kinders van die Koninkryk wat "slaap" (hulle "sien" nie, en hulle "hoor" nie..., want hulle slaap) of "dronk" is (die wie se sinne bedorwe is, bv. die eiesinniges wat dronk is van wereldse wysheid, of die wat dronk is van sonde en afgode). Wanneer iemand slaap sien en hoor hy nie... - op dieselfde wyse is die wat geestelik slaap soos mense wat nie sien en hoor nie Hulle hoor bv. die waarheid maar kies om nie te luister nie, of word gewys maar kies om nie te "sien" nie. Somtyds sit die Here iemand geestelik in 'n "diep slaap" sodat hy glad nie meer hoor en sien nie! - hy word m.a.w. oorgegee aan sy eie begeertes; die gevolg van so iemand is dat hy later regtig dink hy "sien en hoor" terwyl hy eintlik nie doen nie! (hy glo later hy's reg al is hy verkeerd - Rom. 1)(bv. wederstrewiges wat in sonde stap maar hulle nie daarvan bekeer nie soos om hulle sonde te regverdig). Hierdie gebeur met kinders vd Koninkryk wat slaap maar nie wakker word nie;  m.a.w., hulle bekeer hulle nie van die manier hoe hulle sien en dink tot die manier hoe die Here sien en dink nie (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10). 

(1) SODAT ONS NIE ONVERWAGS BETRAP WORD NIE: (Mark. 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!")(die woord "waak" hier is die Gr. woord "gray-gor-yoo'-o", wat beteken om waaksaam te wees, wakker, hou wag)(Matt. 24:42; 25:13). In hierdie konteks word dit gewoonlik vgl. met wakker wees, maar dit word ook somtyds in dieselfde konteks gebruik as "moet nugter wees" (1Th 5:6 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees"). As jy aan die slaap is kan jy nie waak nie, en die wat nie WAAK en hulle KLERE BEWAAR nie, is soos mense wat "dronk" is... - dronk mense kan nie hulle goed bewaar nie (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat WAAK en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  In hierdie geval verwys dit na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap sonder om hulle daarvan te bekeer (hulle bewaar nie hulle klere wat hulle naaktheid bedek nie, en sal dus naak bevind word wanneer Jesus terugkom...). In konteks word 'n kind vd Koninkryk wat geestelik dronk is wanneer Jesus terugkom, ook gesien as iemand wat nie kon waak nie... (want hy is dronk!), en a.g.daarvan kon hy nie sy klere (wat sy naaktheid bedek) bewaar nie... - hierdie verwys na kinders vd Koninkryk wat in sonde stap en geestelik "hoereer" sonder om hulle daarvan te bekeer.  Doen gerus 'n studie oor die belangrikheid van geestelik bekleed wees (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-keiser-se-nuwe-klere.html).

(2) SODAT DIE VYAND NIE INBREEK NIE: Wanneer iemand slaap kan hy nie waak nie... In Matt. 13 verduidelik Jesus deur 'n gelykenis dat die rede waarom daar somtyds onkruid (valses) tussen die koring (opregtes) gesaai word, is wanneer hulle SLAAP! (en die een wat die onkruid daar saai is die vyand - die duiwel). Baie kerke het onkruid, en die rede hiervoor is omdat daar tye is of was wat hulle SLAAP of geslaap het... -  omdat hulle dus NIE WAAK NIE, gebeur hierdie...  Die begrip "dronk" word ook somtyds in hierdie konteks gebruik, bv. dat die wat dronk is val en rondslinger... ;  bv. "val vir versoeking" en "word rondgeslinger deur allerhande leringe".  'n Dronk mens kan nie waaksaam wees nie (want hy weet nie wat hy doen nie en word maklik saamgesleep en val terloops rond).  Die wat nugter is is egter wakker en weet wat om hulle aangaan!, en is vas op hulle voete - dit verwys na mense wat in die Here bly en vashou aan die geloof - hulle "hoor" en hulle "sien" (hulle verstaan - ken bv. die waarheid en weet wat die wil vd Here is). Dit is anders as dronk mense wat nie hoor nie, en nie mooi sien nie..., en dan saamstem wanneer hulle nie moet nie en op iemand anders staatmaak om hulle te ly (kan net sowel in 'n sloot ingelei word... - hierdie word terloops ook in die konteks gebruik van "is blind"). Dit is duidelik dat die vyand op hierdie tye kan inbreek en so iemand lei op 'n verkeerde pad.  Wanneer kinders vd koninkryk in sonde stap en begin luister na ander bronne en hulle deur hulle laat lei, is hulle nie besig om te waak nie! Nog 'n tema wat hierby aansluit is "kinders vd nag" (of  "kinders vd lig/dag") - kinders vd nag is dronk, maar kinders vd dag is nugter - (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid")(Mark. 14:38; 1 Kor. 16:13)(Kol. 4:2 - " Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE OOR "WAAK":

Om die woord beter te verstaan kan ons ook kyk na 'n paar skrifgedeeltes waarin hierdie begrip voorkom:
- (1) Matt. 26 - Jesus besig om te bid, Getsémané, net voor Hy gevange geneem is... Hy vra 3 van Sy dissipels om saam met Hom te WAAK, maar toe Hy later weer by hulle kom VIND HY HULLE AAN DIE SLAAP, en sê vir hulle:-(Matt. 26:40,41 - "En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Hier sien ons 'n goeie vb. van hoe "slaap/nie waak nie" kan lei tot "in die versoeking kom"... (letterlik hier bedoel, maar dit het ook 'n geestelike betekenis;  want wanneer gelowiges "slaap" dan saai die bose onkruid/struikelblokke onder die koring, wat kan veroorsaak dat die gelowige onder versoeking kom).Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(2) (Mar 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, WAAK en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle AAN DIE SLAAP vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"). Hierdie beeldspraak word in ander gelykenisse ook gebruik waarin die Here voorgestel word soos 'n "man op reis"... (Luk. 20:9-18; Matt. 25:14-30) - in hierdie geval, Hy laat Sy huis agterna, gee Sy diensknegte volmag (het Sy besittings aan hulle toevertrou), gee vir elkeen werk, en die deurwagter bevel gegee om te waak... Niemand weet wanneer die eienaar terugkom nie, maar wat belangrik is is dat hulle nie slaap wanneer Hy terugkom nie! In hierdie geval sien ons dat waak beslis verwys na "wakker wees". Dit kan miskien vgl. word met Spr. 17:9 (alhoewel die konteks anders daar), van iemand wat homself oorgee aan dronkenskap (in hierdie geval liefde maak terwyl die vrou se man nie by die huis is nie...). Op ditto wyse ruk kinders bv. somtyds hand uit wanneer die ouers nie by die huis is nie... Op ditto wyse is daar diensknegte wat hand uitruk terwyl hulle Meester op reis is... Hier sien ons dat ONGEHOORSAAMHEID o.a. 'n verwysing kan wees dat iemand nie waaksaam is nie (bv., die ongehoorsame kind is nie waaksaam nie en sy ouers betrap hom onkant;  net so die kinders vd koninkryk wat hand uitruk en ongehoorsaam word en dus nie waaksaam is nie, en Jesus sal hulle onkant betrap - bestudeer veral die tema van "soos 'n dief in die nag" om hierdie nog beter te verstaan). 
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(3) (Luk 21:34-37 - "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"). In hierdie geval is die wat "waak" ook die wat "waardig geag sal word" -  "waak" in hierdie gedeelte verwys daarna dat ons nie ons harte beswaar met swelgery en dronkenskap, en sorge vd lewe nie... Vgl. dit met "die dae van Noag" en die derde groep in die gelykenis vd saaier., wat beslis beteken dat daardie mense nie gereed is/was nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(4) (Hand. 20:28-31 - "Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie"). In hierdie geval beteken "waak" dat die opsieners/herders ag gee op hulleself en op die kudde... Waarvoor moet hulle oppas?  Daar sal wrede wolwe onder hulle inkom wat verkeerde dinge sal praat en die kudde sal probeer wegtrek om agter hulle aan te gaan - daarom is dit belangrik dat hulle nie "slaap" nie, want anders kan hulle in versoeking kom. Die wagters moet wakker wees! (anders word onkruid onder die koring gesaai). In die wagters se geval verwys dit nie net na die belangrikheid van vermaning waar nodig (soos Paulus gedoen het) nie, maar ook daarna dat hulle die gemeente moet versorg (laat hulle wei en gee vir hulle geestelike kos en water).  
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(5) (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaarsodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). In hierdie geval sien ons hoe "klere bewaar" in dieselfde konteks gebruik word as "waak".  Die wat nie hulle klere bewaar nie moet pasop dat hulle nie naak staan teen die tyd wat Jesus terugkom nie - natuurlik is hierdie beeldspraak om te verduidelik dat die heiliges "klere aangetrek is" (bv., hulle sonde is vergewe en hulle is "bekleed met Christus"), maar as hulle terugval in sonde (en die sonde weer begin dien) dan is hulle besig om hulle klere te besoedel;  en as iemand wegval vd geloof in Christus kan hy nie verwag om saam met die volk te erf nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

- (6) (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die konteks van hierdie skrif gaan o.a. oor hoe hulle hulself moet verneder onder die kragtige hand van God...- in hierdie konteks word daar gepraat met die wat na die kudde omsien - hulle moet nie soos heersers optree nie, maar voorbeelde wees... (moet nederig wees, en die Here sal hulle verhoog op die regte tyd)(1 Pet. 5:1-8). Ons kry dieselfde konteks in Jak. 4... (Jak. 4:5-7 - "Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"). In hierdie geval word daar met al die broeders gepraat... - en daar word o.a. die volgende stelling gemaak: (Jak. 4:3,4 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God"). Kinders vd Koninkryk wat geestelik "slaap" (wat kies om nie te sien en hoor nie) of "dronk" is (die wat geestelik dronk is van sonde, afgode en wereldse wysheid), is HOOGMOEDIG.  Die manier om die duiwel te weerstaan is nie deur harder van hart te word nie... - die duiwel loop rond en soek wie hy kan verslind, en die manier hoe hy wegvlug is wanneer mense hulleself voor die Here VERNEDER ;  so iemand word gesien as nugter, en is dus waaksaam. Ef. 4:27 waarsku dat ons nie aan die duiwel moet plek gee nie, en in die gedeelte word kinders vd koninkryk aangemoedig om hulle met die nuwe mens te beklee en sondes af te le. Maar as 'n kind vd koninkryk in sonde stap en hom/haar nie daarvan wil bekeer nie, is hy/sy besig om "soos die heidene" te wandel en aan die duiwel plek te gee... (Ef. 4:17-19 - "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe").  Om jou hart te verhard verwys na mense wat wetend ongelowig bly... - hulle kies om nie te glo nie, of om te doen wat hulle wil en nie wat die Here wil nie. Die uiteinde is dat so iemand later "nie sien nie" en "nie hoor nie" (soos 'n dronk mens of iemand wat aan die slaap is). Vgl. dit met sekeres in die gemeente van Sardis, kinders vd koninkryk wie se KLERE BESOEDEL was... (Openb. 1:3-6) - en kyk die waarskuwing wat vir hulle gegee word:  (Openb. 3:3 - "Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan NIE WAKKER WORD NIE, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie").
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:

- (7) (Luk 12:37-40 - "Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer WAKKER sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy GEWAAK het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook GEREED WEES, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie"). Konteks?  Ons lampe moet aan die brand wees! (Luk 12:35,36). Vgl. dit gerus met die 10 maagde (5 het olie gehad en 5 nie - vir 5 is oopgemaak, en 5 nie). Kinders vd Koninkryk het die lig! - hulle is soos lampe omdat hulle die woord het en die Gees van waarheid (maw, hulle is wakker want hulle "sien") - maar as hulle begin om weer ander lig op te soek (bv. hulle antwoorde op ander plekke soek, ander bronne raadpleeg en bv. valse leerstelling aanneem) staan hulle die gevaar om "sonder olie" te wees - sal "donker" opeindig, soos lampe sonder olie...
Vir poste wat aansluit hierby, gaan na:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA NOG 'N PAAR SKRIFTE OOR HOE HIERDIE VERSKILLENDE SOORT BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD... (bv. slaap of wakker, dronk of nugter, kinders vd duisternis of kinders vd dag), en HOE DIT AANSLUIT BY "om waaksaam te wees":

Grieks en Hebreeuse betekenis vd woord "waak" - Wat dit beteken om "wakker te wees":
Die wat nie waak nie is aan die slaap.  Wanneer jy aan die slaap is kan jy NIE WAAK NIE... "Waak" is die Hebr. woord "shaw-kad'"(Esra 8:29) wat beteken "wakker bly" of "om bedag/'alert' te wees" of "wag te hou,/uit te kyk vir";  en Griekse woord "gray-gor-yoo'-o" (Matt. 24:42), wat beteken "om wakker te bly, hou wag" (bv. "vigilent"-gee aandag aan iets wat kan gebeur). As jy g'n niks verwag of weet wat kan of gaan gebeur nie, is jy soos iemand wat aan die slaap is.  Bv., gelowiges wat tyd met die Here spandeer (bv. in gebed en woord) weet gewoonlik wat die Here wil doen, watter woord Hy wil laat uitgaan, hoe Hy "sien en dink"...ens.  - hulle word soos "vriende" en begin om die Here se planne te ken... (Joh. 15:15)(bv. hoe die Here oor iets dink, wat Hy beoog om te doen, ens.);   maar die wat nie tyd met die Here spandeer nie is soos mense wat slaap... - daarom weet hulle g'n niks wat aangaan nie!;  of is soos mense wat dronk is en hulp elders kry.  

Wanneer daar nie gewaak word nie saai die vyand onkruid onder die koring:
Die vyand kom in waar mense SLAAP..., en is juis die rede waarom daar somtyds ONKRUID (valses) onder die KORING (opregtes) gesaai word. Dit is dus die rede waarom valse profete en valse leraars (struikelblokke) die kerk somtyds insluip... (Matt. 13:25). In 'n kerk waar baie (of die wagter) slaap kan dus verwag word dat onkruid so sal insluip... (kyk  gerus die geestelike betekenis vd woord "slaap" in die Skrif).  Om "aan die slaap" te wees verwys dus deels na daardie kinders vd Koninkryk wat wandel soos kinders vd duisternis... (hulle wandel nie soos hulle behoort te wandel nie). Kyk bv. die konteks van Ef. 5 waarin gelowiges vermaan word om sonde en afgodsdiens af te lê en gevra word om "die tyd uit te koop"... (Ef. 5:14 - "Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn").  Maar die wat "wakker" is verwys gewoonlik na  kinders van die lig , kinders vd dag (1 Thess. 5:1-10)(mens is in die dag wakker...).  KINDERS VD DAG verwys tipies na die wat nie onder toorn sal kom nie... (hulle sal nie deur die "tweede dood" gaan nie)(1 Thess. 5:9).(1Th 5:6-8 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid") - hulle het die hoop op saligheid want hulle "sien" en "hoor";  hulle het dus geloof en liefde. Dit verwys veral na die wie se SINNE VERLIG is! (2 Kor. 4:4-hulle "sien" en "verstaan" - bv., ken die waarheid en die Here se wil)(vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html). Wanneer kinders vd Koninkryk "slaap" dan kan hulle nie sien of hoor wat om hulle aangaan nie, maar WANNEER HULLE WAKKER IS KAN HULLE SIEN EN HOOR.  

Die wat dronk is word ook somtyds vgl. met kinders vd duisternis (of na die wat slaap):
Dronk mense kan nie hulle goed beskerm nie, en hulle val maklik en word rondgeslinger ...(bv. in hierdie konteks verwys dit na "val vir versoekinge" soos sonde, of word deur soorte leringe rondgeslinger-Hebr. 13:9). In beeldspraak beteken om "dronk" te wees  na gelowiges wie se sinne bedorwe is...(natuurlik verwys dit NIE na die wat "dronk van die Heilige Gees" is nie!).  Die wat dronk is gee net ag op hulle eie begeertes en gedagtes, en doen wat hulle wil (nie wat die Here wil nie) - bv. dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid ens.  

Somtyds plaas die Here ongehoorsame gelowiges in 'n geestelike "diep slaap", sodat hulle oë nie sien nie en hulle ore nie hoor nie... (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10)(hierdie verwys na die wat die waarheid ken maar hulle harte verhard/bv., hulle bly wetend ongelowig en doen wat hulle wil...) - omdat hulle hul nie bekeer van hulle verkeerde dade en verkeerde manier van "sien" nie, gee die Here hulle uiteindelik oor aan hulle begeerte (Rom. 1).  Hulle "sinne is verblind" (soos die ongelowiges) - hulle dink hulle "sien en hoor" maar doen nie werklik nie - hierdie kan ook vgl. word met "dronk" gelowiges.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders vd Koninkryk word dus nie net aangemoedig om WAAKSAAM te wees nie, maar ook NUGTER... (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind). Die wat SLAAP of DRONK is is NIE GEREED NIE, maar kinders vd lig is mense wat waak en nugter is, en is dus gereed! (1Pe 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind").

Donderdag 14 April 2022

Dronk in beeldspraak

 "Dronk" is die Hebr. woord " shaw-kar' ", wat beteken "om baie te drink, dronk word".  Die woord word somtyds in beeldspraak gebruik, bv. (Deu 32:42 - "Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders")(wat wys "hoeveel" bloed op die pyle...), of (Jes. 51:21 - "Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie!")(wat wys op "dronk van die kelk van Sy grimmigheid)(Jes. 63:6 ens.), of (Openb. 17:2 - "met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery")(dronk van hoerery), ens.

Dronk het beslis te doen met die "hoeveelheid van"; bv. hoeveel wyn iemand drink-Gen. 9:21, Luk. 12:45, Ef. 5:18;  hoeveel bloed vergiet word-Jes. 34:5,7/Jes. 49:26/Jer. 46:10/Openb. 17:6;  hoeveel liefde hulle maak-Spr. 7:18, ens. 

Wanneer mense dronk word van wyn tree hulle anders op;  bv. somtyds praat dronk mense met hulleself ('n vb. is miskien Hanna, alhoewel sy nie dronk was nie - Eli het net so gedink want baiemaal is dit hoe dronk mense optree... - 1 Sam. 1:13,14);  of hulle raak vrolik, maar dit help nie jy voer 'n gesprek met so iemand nie want hy kan nie 'n normale gesprek in hierdie toestand voer nie, en sal bes moontlik dit nie eers onthou die volgende dag nie (1 Sam. 25:36); dronk mense word uitgelate maar val sommer enige oomblik aan die slaap (Jer. 51:39,57). Iemand wat dronk is kan homself nie beskerm nie (1 Kon. 16:9). Iemand wat dronk is is soos 'n ronddwalende wat nie sy pad kan vind nie of verkeerde afdraaie neem - hy tuimel en waggel/kan nie normaal stap nie (is soos iemand wat verward is of in die donker stap)(Job 12:25; Ps. 107:27). Dronk mense is ook baiemaal geneig om hulleself te ontbloot (Gen. 9:21; Klaagl. 4:21; Hab. 2:15), en drink gewoonlik in die nag (1 Thess. 5:7)...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DRONK IN BEELDSPRAAK:

Hierdie soort eienskappe wat 'n DRONK MENS beskryf word baiemaal ook gebruik in beeldspraak, bv. "dronk en slaap" word somtyds in ditto konteks gebruik, of "dronk en stap in duisternis" word in ditto konteks gebruik, ens... (1 Kor. 15:34; 1 Thess. 5:6,8; 2 Tim. 2:26; 4:5; 1 Pet. 4:7). 

Met bg. inligting in aanmerking geneem behoort ons 'n goeie idee te kry van wat dit beteken as iemand geestelike "dronk" genoem word, kyk bv. Openb. 17:2 ("met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery") - in hierdie vb. is hoerery die "wyn" wat hulle dronk maak maar hoerery verwys ook nie hier na letterlik hoereer nie, maar is ook geestelik bedoel, bv. om te "hoereer" met afgode...ens. (in hierdie opsig "gemeenskap met duiwels"-1 Kor. 10:19,20); "gemeenskap met die duisternis"-2 Kor. 6:14/1 Joh. 1:6; "gemeenskap met sondes"-1 Tim. 5:22; "gemeenskap met bose werke"-2Joh. 1:11; ens.). Dit het hulle "dronk" gemaak, maw hierdie "wyn" gaan hulle optrede beinvloed, die manier hoe hulle praat, hulle gaan nie altyd "hoor" of verstaan nie, kan enige oomblik aan die slaap val en dan gekategoriseer word onder die wat geestelik "slaap", hulle kan ook nie altyd hulle pad vind nie en neem maklik verkeerde paaie, hulle kan hulleself "ontbloot" (bv. naak van sonde, of kan bv. val onder die wat "naak" bevind word wanneer Jesus terugkom), hulle is soos mense vd nag (begin dink en optree soos mense wat in die duisternis stap, en kan nie mooi "sien" nie)......, ens.  Om geestelik "dronk" te wees, verwys m.a.w. na die wie se sinne bedorwe is (verstaan nie of kan nie mooi "sien" nie omdat hulle dronk is van sonde, valse leerstellings, wereldse wysheid, ens.) - diesulkes word maklik "rondgeslinger" deur allerhande en vreemde leringe, of gevang om die wil vd duiwel te doen... (2 Kor. 10:11; Hebr. 13:9). Net soos (te veel) wyn hierdie invloed het op iemand dat hy oorgegee word aan sy eie begeertes en gedagtes en doen wat hy wil, net so is die wat geestelik as "dronk" beskryf word in die Skrif, mense wie se sinne bedorwe is en nie luister nie maar doen "wat hulle wil". Jy praat met hulle maar hulle hoor nie altyd nie...  Hulle is soos verwarde mense wat maklik verlei word en nie mooi sien waar hulle moet gaan nie, en maklik verkeerde afdraaie neem - soos mense wat in die donker stap...

In skrifgedeeltes waar hierdie soort beeldspraak van geroepenes wat "dronk" is gebruik word, word dit baiemaal in ditto konteks gebruik met "slaap" (want dronk mense val maklik aan die slaap, en jy weet nie hoe lank hulle dan slaap nie - kan hulle terloops ook nie maklik wakker kry nie...). Hierdie soort beeldspraak (van die wat "dronk" is en/of "slaap") stel 'n baie spesifieke groep Christene voor. 

KOM ONS KYK NA 2 SKRIFGEDEELTES WAAR DIT SO GEBRUIK WORD:

(1)  1 THESS. 5:1-10:  Kinders vd lig is wakker / kinders vd duisternis slaap / slaap in nag of dronk in nag: Kyk die gebruik vd woorde "slaap" en "dronk" in hierdie gedeelte, asook "dag verwys na die wat wakker is, en nag na die wat slaap", en "die wat dronk is is dronk in die nag", ens. 

bv.: 

(1Th 5:5-10)  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nieLaat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe

(2) LUK. 12:35-48: Dronk mens oorval deur dief - nie gereed / is aan die slaap  

Hierdie gelykenis leer vir ons dat wanneer Jesus terugkom, sommige diensknegte nie wakker sal wees nie, maar "aan die slaap" sal wees. Kyk gerus ook hoe die begrip "dronk word" gebruik word in v. 45, en hoe dit te doen het met iemand wat nie gereed is nie... Dit gaan oor waarmee iemand hom besig hou. 'n Dronk mens kan homself nie beskerm nie (1 Kon. 16:9) en kan op daardie manier maklik oorval word - op ditto wyse sal Christene wat "dronk" is wanneer Jesus terugkom, onverwags oorval word (soos 'n dief in die nag... (v. 39,40)). 

bv.:

(Luk 12:39,40)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

(Luk 12:45-48)  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues. En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html