Dinsdag 28 Desember 2021

Die boek van Judas

In die boek van Judas word gelowiges aangemoedig om "kragtig te stry vir die geloof" (Jud. 1:3) en te onthou hoe die apostels gewaarsku het dat daar in die laaste dae SPOTTERS sal wees wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:17,18). 

Vir die 2de deel van hierdie boek bybelstudie, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Judas 1 kan vgl. word met 2 Pet. 2 en 3, waarin baie soortgelyke woordgebruik voortkom (2Pe 3:3 - "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel"). Die woord "spotters" hier is die Gr. woord "emp-aheek-tace'" (iemand wat bespot, spotter), wat veral verwys na 'n valse leraar of iemand wat spot met iemand anders...; bv iets in 'n gemene manier sê, 'n onliefdevolle opmerking maak of gemeen optree ens.  Voor Jesus se kruisdood het Hy hierdie selfde soort gemeenheid beleef van die wat Hom BESPOT het (Matt. 20:19; Mark. 10:34) - ons sien ook dat "spot" gewoonlik gepaardgaan met sekere ander optredes, bv. hulle het Hom gegésel en op Hom gespuug... (Mark. 10:34)(tipiese optrede van haters). Daar is ook leuens oor Hom versprei en valse getuienis teen Hom gegee (Matt. 26:59,60) en teen Hom geplot... (Matt. 26:4). 

SPOTTERS tree baie onbarmhartig op en is niks anders as "bullies" nie! Maar na wie presies verwys hierdie "spotters" in Judas 1 en 2 Pet. 2 en 3?  In Judas 1 word daar na hierdie mense o.a. verwys as "ingesluiptes" -  hulle beweeg onder die kinders vd koninkryk, maar is nie werklik kinders vd koninkryk nie... Ons moet verstaan dat die "spotters" na wie hier verwys word in Judas 1 verwys na 'n spesifieke groep van spotters. Bv., daar is baiemaal mense wat agter ander aan spot... - hulle is soos onwetendes (bv. die wat opgesweep was om vir Jesus te kruisig - baie van hulle het dit onwetened gedoen. Hulle het nie die waarheid oor Jesus geken nie, maar was mislei deur die leuens te glo wat oor Jesus en die waarheid versprei is). Baiemaal is spotters bloot mense wat agter ander aan spot, onwetendes wat die leuen glo. Die spotters in Judas 1 verwys egter nie na onwetendes (wat spot) nie, maar na WETENDES! (wat spot) - mense wat goed weet wat is die waarheid maar daaroor spot;  mense wat goed weet wanneer iemand deur die Here gestuur is maar met of oor daardie persoon spot sodat mense nie na hom luister of in sy woorde glo nie... (soos valse leraars en valse broeders)(vgl. hierdie gerus ook met die temas van kwaadspreek en laster, want dit is tipiese tekens van verleiers).  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------  

Judas verwys na hierdie "spotters" as o.a. die volgende:

(1) mense wat INGESLUIP het in die kerk (v.4);

(2) die wat die genade van God verander in ongebondenheid (v.4);

(3) mense wat vgl. kan word met DIE WAT HULLE EIE BEGINSEL NIE BEWAAR NIE (v.6); 

(4) mense wat vgl. kan word met DIE WAT AGTER VREEMDE VLEES AAN HOEREER (v.7), of DIE VLEES IN HULLE DROMERYE BESOEDEL (v.8). 

(5) mense wat DIE HEERSKAPPY VERAG (v.8).

(6) mense wat DIE HEERLIKE WESENS LASTER (v.8), en word gesien as LASTERAARS (en belaster alles wat hulle nie ken nie)(v.10,15). 

(7) mense wat SOOS WATERLOSE WOLKE IS (v.12)(wat "deur winde rondgedrywe word"); 

(8) mense wat soos bome in die nasomer is, SONDER VRUGTE (v. 12).

(9) mense wat TWEE MAAL GESTORWE EN ONTWORTEL IS (v.12).

(10) mense wat DWAAL (v.13)(soos "dwaalsterre" - v.13, vir wie die donkerheid vd duisternis vir ewig bewaar word)(spreek harde woorde teen die Here);

(11) mense wat SINNELIK is (soos "natuurlike" mense)(die begrip "natuurlike mense" word gewoonlik gebruik van almal wat uit Adam gebore is, hulle is nie wedergebore nie en het nie die Gees nie, en dink en "sien" dus soos die wereld). Vgl. dit met v.10 - hulle verstaan alles op 'n natuurlike wyse (soos redelose diere); 

(12) mense wat NIE DIE GEES HET NIE (v.18)(omdat hulle nie die Gees het nie, kan hulle nie werklik gesien word as kinders van God nie, al beweeg hulle onder die kinders van God...)(Rom 8:14 - "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God"). 

(13) mense wat MURMUREERDERS is (v.16)(kla oor hulle lot, en wandel volgens eie begeerlikhede - v.16);

(14) mense wat TROTSE WOORDE SPREEK (v.16)(terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel - v.16); 

(15) mense wat SKEURING MAAK (v.19)(hulle het nie die Gees nie en "sien" dus verkeerd, en veroorsaak dus skeuringe in die kerk) 

(16) mense wat vgl. kan word met ONGELOWIGES (v.5)(soos die ONGELOWIGES onder die volk wat uit Egipte gekom het); 

(17) mense WAT DIE HERE JESUS CHRISTUS VERLOëN (v.4)(net soos die engele wat hulle woning verlaat het en vir God verloen het - v.6);

(18) GODDELOSES / ONGEHOORSAMES (v. 4,15,17)(soos Sodom en Gomorra +, die wat agter vreemde vlees aan gehoereer het - v.7). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is hierdie "spotters" se uiteinde?

(Jud 1:4)  is lank tevore al opgeskryf is vir DIE OORDEEL.

(Jud 1:5)  sal soos die ongelowiges onder die volk OMGEBRING WORD.

(Jud 1:6) word soos die dwalende engele bewaar vir OORDEEL.

(Jud 1:7)  sal soos Sodom en Gomorra+ die STRAF vd EWIGE VUUR ondergaan.

(Jud 1:13) word soos dwaalsterre VIR DIE EWIGE DUISTERNIS bewaar.

(Jud 1:15)  die Here sal gerig hou oor almal en die goddeloses onder hulle STRAF.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BOEK VAN JUDAS (in die Bybel) moet nie verwar word met die EVANGELIE VAN JUDAS (gnostiese boek) nie:

Wat is "die evangelie van Judas"? 

Die "evangelie van Judas" is nie dieselfde as die "boek van Judas" in die Bybel nie, en is ook nie deur die Judas vd Bybel geskryf nie. Dit val onder die groep "Gnostiese boeke", en alhoewel sommige Bybelse begrippe in gnostiese boeke gebruik word en sommige van hierdie mense hulleself voorgegee het as Christene, is hulle skrewes nie dieselfde as dit wat die Bybel leer of wat Jesus en Sy dissipels geleer het nie. 

Die naam mag wel lui "die evangelie van Judas", en Judas Iskariot (wat vir Jesus verraai het) was wel vir hierdie mense 'n outoriteits-figuur, ja, maar dit is nie geskryf deur Judas Iskariot nie... Ouderdom word gestel op sowat 60 of 70 jaar nadat die ander evangelies vd Bybel (deur die apostels) geskryf is;  dus kon dit nie deur Judas Iskariot geskryf wees nie, en ook nie deur 'n ooggetuie van Jesus se lewe en woorde nie...  Niemand weet deur wie hierdie boek geskryf is nie. 

Daar is ook wesenlike verskille tussen hierdie evangelie en die apostels se evangelies, en dus logies waarom dit NIE deel vorm vd Bybel se samestelling nie. Daar is slegs een verwysing na die "evangelie van Judas" deur die vroee kerkvader Ireaeus se geskrifte (180 n.C.), van 'n 5 hfst. boek wat hy geskryf het waarin hy valse leerstellings (vd Christelike geloof) uitwys. Volgens Ireaeus was die leringe in die "evangelie van Judas" deel vd leringe vd "Cainites". Sommige Gnostiese leringe het bv. geleer dat God nie die wêreld geskep het nie en dat die wêreld 'n kosmiese gaos is, en dat sekere mense glad nie eens hier hoort nie - hierdie was veral geleer deur die "Cainites";  hulle was volgelinge van Kain en het bv. geglo dat Kain (wat vir Abel doodgemaak het) eintlik reg was en die God wat vir Kain gestraf het, die bose god was. Hulle het verder ook geleer dat God nie gehoorsaam moet word nie en dat daar 'n groter geestelike krag is in die heelal. Gnostiese "Christene" het geglo in 'n hele goddellike realm en dat mense deur hierdie "goddellike wesens" geskep is en die wêreld daardeur totstand gekom het. Hulle het ook nie geglo dat Jesus die Seun van God is nie, en ook nie geglo dat Sy dood en opstanding enige iets te doen het met saligheid nie, en ook nie geglo dat die apostels Jesus behoorlik verstaan het of die waarheid verkondig het nie... (en het dus nie die apostels aanvaar as outoriteits-figure nie, maar het wel vir  Judas Iskariot aanvaar! - die een wat vir Jesus verraai het). Die Gnostiese "Christene" het ook baie geglo soos dit wat ons vandag in Hindoesme of in die New Age sien... - dus, alhoewel sommige Christene die evangelie van Judas wil probeer deel maak vd Christelike Bybel, is dit beslis nie dieselfde as die Christelike geloof nie. Die Gnostiese boeke (waarvan die evangelie van Judas deel is) is in stryd met die res vd Bybel en daarom logies waarom dit nie deel vorm van die samestelling nie. DIE FEIT  DAT DAAR  SLEGS 2 MANUSKRIPTE VAN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" BESTAAN (en hulle nog van mekaar verkil ook!), is 'n bewys dat geeneen vd twee eens gesien kan word as oorspronklike nie -  en dit waarin die twee manuskripte wel ooreenstem verskil ook van die duisende afskrifte wat ons het vd Nuwe Testament (vd Bybel - dit is dus nie Christelik nie). Christene kan nie hierdie evangelie as geloofwaardig in die Christelike geloof beskou nie - die eerste kerkvaders het dit terloops ook afgeskryf as valse leerstellings.

----

Hier is 'n paar dinge wat kom uit die evangelie van Judas (en ons sal sien dat dit baie verskil vd Christelike geloof):

- Volgens die evangelie van Judas is Jesus afkomstig van "die moeder van alle dinge", en Judas (Iskariot) is die enigste een wat dit weet! - en a.g.v. hierdie feit sal Jesus (volgens hierdie evangelie) alleenlik vir Judas die verborgenhede vd koninkryk deel... . 

- Nog iets wat uit hierdie evangelie kom, is dat die dissipels 'n sg. visioen sien waarin hulle vir Jesus sien...;  hulle sien 'n huis met twaalf priesters wat offer rondom 'n altaar, en sommige offer hulle eie kinders, sommige het met mans geslaap, ander pleeg moord, en ander pleeg klomp sondes... - dan, wanneer Jesus dit sg. uitle, verduidelik hy dat die 12 priesters die 12 dissispels voorstel... Daar is ook 'n sg. visioen wat Judas self sien... - o.a. van hoe die 12 dissipels hom met klippe gooi (in die evangelie van Judas word die 12 dissipels gelaster...)

- Nog iets wat in hierdie vangelie gegee word (wat ook heeltemal verskil vd Bybel) is dat Jesus sg. 'n geheime uitlegging gee oor die wereld se totstandkoming..., dat daar "oospronlik 'n onsienbare gees was, die god wat nie geken word nie, en hoe hy die wolk roep en daar uit die wolk 'n wese kom wat genoem word "die een wat self ontstaan" - en dan word verduidelik wat alles geskep word, o.a. die realm van gaos en die realm waarin ons bly... ens. (dit is duidelik dat die "evangelie van Judas" geensins in die Bybel inpas nie).

----

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS NIE DIESELFDE AS "DIE BOEK VAN JUDAS" (in die Bybel) NIE. 

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD DAAR O.A. GESPOT MET DIE DISSISPELS EN LEUENS OOR HULLE VERTEL - OOK OOR JESUS!

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD LEUENS VERKONDIG ONDER DIE NAAM VAN CHRISTENSKAP (tree op soos "ingesluiptes").

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS 'N VB VAN IETS WAT DEUR 'N "SPOTTER" GESKRYF IS. (sekerlik ditto as die soort "spotters" waarna verwys word in die boek van Judas...!). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: