Dinsdag 17 Maart 2020

Aanneming tot kinders

Die begrip "aanneming tot kinders" word veral gebruik in konteks met "die verlossing vd liggaam" (Rom 8:23 - "En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kindersnaamlik die verlossing van ons liggaam"), want na regte is die aanneming tot kinders eers voltrek met die opstanding tot lewe.  M.a.w., dit gaan oor hoe die wat glo in Jesus Christus "aangeneem" word en dus het hulle die hoop op opstanding... Nie net neem Jesus die wat in Hom glo aan "as kinders" nie, maar hulle word ook deur Sy Gees in bewaring gehou verseël TOT DIE DAG VAN VERLOSSING (nl. die dag van verlossing vd liggaam - wanneer die wat in Christus gesterf het sal opstaan in nuwe liggame; en die wat nog daardie tyd wanneer Jesus terugkom in die lewe is, se liggaame in 'n oogwink verander sal word )(Gal. 4:4-7)(Ef. 1:7; Kol. 1:14; Hebr. 9:12,15)). Die wat die Gees het word alreeds gesien soos kinders vd Here, ja, en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van verlossing;  maar die "aanneming tot kinders" word eers regtig voltrek in DIE OPSTANDING! Die opstanding tot lewe is dus soos 'n bewys dat iemand aangeneem is tot kind van God. Dit beteken dus dat iemand die Heilige Gees nodig het om te kan deel he aan die opstanding tot lewe (want behalwe dat die Heilige Gees hulle in bewaring hou tot daardie dag, is die Heilige Gees een van die twee komponente nodig om wederbaar te word -  m.a.w., net soos die uiterlike mens asem nodig het te kan lewe, net so het die innerlike mens die asem van die Heilige Gees nodig, anders sal hy soos "natuurlike mense" deur die tweede dood gaan).  Dit dan die rede waarom die wat  nie die Gees van God het nie ook nie gesien word as kinders van God nie, want hulle het nie die asem van die Gees wat hulle laat lewe en in die lewe hou tot die dag van verlossing nie;  dus logies gesproke, so iemand kan nie die "AANNEMING TOT KINDERS" (nl. die verlossing vd liggaam) ontvang nie...
"Kinders vd koninkryk" word somtyds genoem "kinders vd opstanding" - Luk. 20:36)(Matt. 22:28-31; Luk. 14:14; 20:35,36; Joh. 11:24; Hand. 4:2; 17:18; 24:15; 1 Kor. 15:12-42; Hebr. 6:2...), ...en terloops, "kinders vd belofte" (Rom. 9:8; Gal. 4:28).

Om op te som:
Die "verlossing vd liggaam" verwys na die opstanding waarin die wat glo en aangeneem word as kinders sal opstaan uit die dode en nuwe liggame kry ("verheerlikte liggame") - ook daardie gelowiges (die wat glo in Jesus Christus) wat nog in die lewe is wanneer Hy terugkom sal nuwe liggame kry en in 'n oogwink "verander" word. Huidiglik is die liggaam nog onderwerp aan die vyand vd dood, maar met die opstanding word die dood finaal oorwin (1 KOr. 15:54-57). Ons moet verstaan dat dit die innerlike mens is wat vernuwe is, nog nie die uiterlike mens nie, want as die uiterlike al opgestaan het in 'n nuwe liggaam (soos die doop o.a. voorstel), dan sou die uiterlike mens vd wedergeborene nie sterwe nie.  Die weergeborene het die hoop dat ook sy uiterlike eendag vernuwe sal word.  Die Christelike doop stel o.a. hierdie fisiese "eendag opstanding in 'n nuwe liggaam" voor, maar stel ook die opstanding in 'n nuiwe liggaam voor vd innerlike mens.
Die verlossing vd liggaam sal dus die klinkklare bewys wees dat iemand AANGENEEM IS TOT KIND (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/wat-is-saligheid-1.html). Die verheerlikte liggaam is terloops 'n liggaam wat nie kan sterwe nie (Luk. 20:36)(is onverganklik), en tereg, want kinders van die Here wat terloops gebore is uit Sy Saad, moet soos Hy onverganklik wees!    Die verheerlikte liggaam sal ook 'n vatbare liggaam wees (Joh. 20:20-27) maar 'n ander soort liggaam (1 Kor. 15:38-42)..  Sou ons hierdie soort liggaam bv. vgl. met die liggaam waarin Jesus opgestaan het ("die eersteling uit die dode"), wil dit voorkom of kinders vd opstanding steeds herkenbaar sal wees in hulle nuwe liggame (Joh. 20:19,20; 21:12,14; Luk. 24:34; 1 Kor. 15:5-8), en dit lyk ook of hulle instaat sal wees om deur geslote deure of mure te gaan (Joh. 20:26), uit die gesig te verdwyn of ewe skielik te verskyn (Luk. 24:31,36,37), en selfs kos kan eet (Luk. 24:42,43).   Kinders vd opstanding sal nie trou of in die huwelik uitgegee word nie, maar sal wees soos die engele - in die sin van, "is KINDERS VAN GOD" (Luk. 20:35,36) - dit verwys na die wat AANGENEEM is!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet onderskei tussen die terme "kinders vd koninkryk" en "kinders vd opstanding", want alhoewel die opstanding belowe word aan die kinders vd koninkryk, sal nie almal wat deel is vd kinders vd koninkryk eendag opstaan TOT LEWE nie;  want Jesus het bv. geleer dat sommige sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:27-29: "En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling").

Vgl. gerus ook hierdie met hoe Christene gevra word om tog nie die Heilige Gees te bedroef nie (Ef. 4:30)....

Ander poste van belang:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/10/wie-is-die-kinders-van-die-koninkryk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/kinders-vd-koninkryk-se-identiteit-2.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog skrifgedeeltes van belang:
(Gal 4:4)  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
(Gal 4:5)  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
(Gal 4:6)  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
(Gal 4:7)  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.


(Rom 9:4)  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;
(Rom 9:5)  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
(Rom 9:6)  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
(Rom 9:7)  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.

(Rom 8:14)  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
(Rom 8:15)  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
(Rom 8:16)  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
(Rom 8:17)  en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

(2Co 5:1)  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
(2Co 5:2)  Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
(2Co 5:3)  as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.
(2Co 5:4)  Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.
(2Co 5:5)  Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.

(Eph 1:13)  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
(Eph 1:14)  wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

(Rom 8:19)  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
(Rom 8:20)  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
(Rom 8:21)  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
(Rom 8:22)  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Geen opmerkings nie: