In hierdie pos kyk ons na waarna presies die begrip "goddelose mense" verwys.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Goddelose mense word tipies as "slegte mense" bestempel (Job 16:11; Matt. 13:49), of "onregverdig" (Gen. 18:23), en word o.a. na verwys as "vyande van die Here" (Est. 9:24,25; Nah. 1:2) ."Goddeloos" beteken basies BOOS. Die Skrif leer dat GODDELOSE MENSE se weg sal vergaan... - hulle sal uitgeroei word van die aarde... (Ps. 1:6; 37:34; Jud. 1:15; Sef. 1:3). Ons sien dat die Here hierdie alreeds een keer gedoen het in die verlede, nl. met die sondvloed (2 Pet. 2:5; 3:6), en Hy gaan dit weer doen!, maar volgende keer nie deur 'n vloed nie maar deur vuur (2 Pet. 3:7 - "Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense")(Job 36:6;Ps. 9:6)(hulle sal soos kaf in die wind verstrooi word/Ps. 1:4). Die Here het ook al spesifieke plekke op aarde in die verlede verwoes a.g.v. die goddeloosheid daar..., bv. Sodom en Gomorra (Gen. 18:20-33; Gen. 19:13) - hulle sonde was so swaar dat daar nie eens 10 regverdiges gevind kon word nie (Gen. 19:24). Nog 'n voorbeeld was sekeres onder die volk Israel, nl. Korag, Datan en Abiram wat saam met hulle families uitgedelg was... (hulle was murmureerders wat nie hulle lot wou aanvaar nie).
Die Skrif leer dat ONREGVERDIGE MENSE nie die Koninkryk sal beerwe nie (2 Pet. 2:9; 1 Kor. 6:8-10). Daar is mense wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg wat voorgee dat hulle regverdig is, maar wat goddeloos/boos is en nie die Koninkryk sal beerwe nie - nie almal onder die kinders van die Koninkryk is goed en regverdig nie. Dit beteken nie dat ons nou lings en regs mense uit die kerk uit kan gooi wat so optree nie, maar eerder het Jesus baie spesifiek geleer hoe ons diesulkes moet hanteer. Wanneer Hy terugkom sal Hy die onkruid van die koring skei, asook sal die kaf verwyder word...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na voorbeelde in die Skrif om die woord beter te verstaan:
- BOOS, ONGEREGTIG, DIE WAT VERKEERD DOEN: vb., kyk die woorde van Dawid aan Saul...: (1Sa 24:12-14 - "En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood nie. Erken en sien dat daar by my geen kwaad of oortreding is en ek nie teen u gesondig het nie, alhoewel u op my lewe loer om dit weg te neem. Die HERE sal oordeel tussen my en u, en die HERE sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie. Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit die goddelose (Hebr. woord "reh'-shah" van verwys na "verkeerd" - ongeregtigheid, boos(heid)) gaan goddeloosheid (Hebr. woord " raw-shaw' ", wat verwys na moreel verkeerd... - 'n slegte persoon: veroordeel, skuldig, goddeloos, boos, doen verkeerd) uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie.
- ONREGVERDIGES / WELLUSTELINGE en SODOMIETE: Die mense van Sodom was na verwys as "goddelose mense"..., - en in konteks is "goddeloses" beskryf as ONREGVERDIGES (Gen. 18:23)(Mal. 3:18). Die mense van Sodom en Gomorra se "sonde was baie swaar" (Gen. 18:20), en dit is duidelik dat baie mense oor hulle gekla het by God en die geroep het by God uitgekom (Gen. 18:21; 4:10). Hulle is die teenoorgestelde van regverdig; dus onwettig, onbedagsaam en hulle tonge spreek wat verkeerd is (Spr. 10:11; 13:5).Vgl. dit met 1 Kor. 6:1-9, waarin die opmerking gemaak word dat onregverdiges nie die Koninkryk sal beerwe nie, en in die gedeelte word onregverdiges beskryf as die wat onreg doen aan broeders en hulle beroof... (1 Kor. 6:8-10 - "Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders. Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Onregverdiges word gesien as die onder die kinders van die Koninkryk wat onbarmhartig is, nie volgens die Here se wil lewe nie, en spreek wat verkeerd is.
- MURMUREERDERS en KWAADSPREKERS: Nog 'n voorbeeld van "goddelose mense" is die van Korag, Datan en Abíram (Nu. 16:26)- hulle het teen Moses en Aäron opgestaan saam met 250 man uit die kinders van Israel en Moses en Aäron beskuldig dat hulle hul bo die ander verhef - hierdie mense het die priestersamp begeer, maar dit was nie aan hulle gegee nie, maar aan Aaron (Num. 16:2,3,10,11). Hulle was MURMUREERDERS wat nie hulle lot wou aanvaar nie... - baie mense was ingetrek hierby "ter wille vd voordeel wat hierdie goddeloses daaruit kon kry (en het o.a. vir Moses aangekla oor hy hulle in die woestyn ingebring het, en het gese dat hy oor hulle wil baasspeel-v.13,14; hulle wou liewer die base wees! en besluit hoe dinge moet gebeur - Moses was anders, want vir hom het dit gegaan oor hoe die Here wil he dinge moet gebeur). Die gevolg was dat die aarde onder Datan en Abíram en hulle families oopgeskeur het en hulle het almal lewendig na die doderyk neergedaal, en die 250 manne wat vir hulle reukwerk gebring het is met vuur verteer (Num. 16:35). Hierdie mense was "goddelose mense" - in hierdie konteks verwys goddelose mense na murmureerders wat oor hulle lot kla en nie die Here se wil soek nie, maar hulle eie wil (vgl. met Jud 1:14-16 - "En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het. Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel").
- TEESTANDERS en VYANDE VAN GOD: 'n Vyand is iemand wat jou haat, en hulle word o.a. "moordenaars" genoem in die Skrif (1 Joh. 3:15) - nie dat hulle noodwendig iemand doodmaak nie, maar hulle optrede en woorde kan daarop uit wees... - jou vyand se doel is om jou tot 'n val te bring. 'n Goeie voorbeeld is in Ester 9:25 - Haman het 'n goddelose (bose) plan gehad om die Jode uit te roei (Est. 9:24) - hy word o.a. daar 'n "teëstander van die Jode" genoem (vgl. met Job 27:7 - teestander is 'n kwaaddoener)(vyand). Hierdie is een van die kenmerke van goddelose, is dat hulle die Here haat en die wat die Here dien, ook haat...; m.a.w., hulle is soos VYANDE van God en die regverdiges (Ps. 11:2; 17:9)((Psa 37:12,32) Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom (Psa 37:14 - "Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg"). Die tipiese gesindheid van 'n vyand is HAAT (Ps. 25:19), wat beteken dat hy die slegte vir jou toewens... (dit is die teenoorgestelde van "seen") - die vyand verheug hom bv. daaroor as die regverdige struikel, val of ly (maar die regverdige se gesindheid is anders.../Spr. 24:17; 25:21; Matt. 5:43,44). "Vyande" (teestanders) is onbarmhartig en hulle doel is om die regverdige te vernietig (Ps. 69:5). In verskeie Skrifte sien ons dat die Here altyd wraak uitoefen op Sy vyande - die Here is toornig op Sy vyande..., en roei hulle gewoonlik uiteindelik uit! (Nah. 1:2). So het Hy gedoen in die Sondvloed, so het Hy gedoen met Sodom en Gomorra, en so sal Hy ook doen wanneer Jesus Christus terugkom, en sal Hy ook doen aan die einde van die "volgende 1000-jaar bedeling". Hierdie feit dat die Here wraak uitoefen op Sy vyande, word gewoonlik o.a. beskryf deur die woord "toorn" - wanneer die Here se toorn teen mense ontvlam, is Hy kwaad, en dit eindig gewoonlik daarin op dat daar persone uitgedelg word vd aarde/vernietig word! - die "vervloektes" - Ps. 69:5; Deut. 6:15; Jos. 23:16; 2 Sam. 6:7; 2 Kron. 24:18; Job 4:9; Ps. 37:17,20,34,38; 75:11; 145:20; Spr. 10:30; 11:7; Jer. 25:31; Sef. 1:3; Mal. 4:3; Jud. 1:15)(Psa 11:5 - "Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet"). Maar l.w. dat die wraak behoort aan die Here - ons mag nie self wraak neem nie! Alhoewel jy miskien onregverdig behandel is deur goddelose mense, verwag die Here van jou om dit te verdra en Hy sal jou help (Spr. 12:21; 11:31; Ps. 34:16; 37:39; 1 Pet. 3:12; Matt. 5:44,45; Ps. 33:22; 37:40; 97:10; Spr. 3:33; 10:3)(https://warechristene.blogspot.com/2022/08/oog-vir-oog-tand-vir-tand.html). Hierdie mense kan baiemaal uitgeken word aan sekere kenmerke, bv. dat hulle jou haat, maar wees versigtig want Jesus het geleer dat ons ons vyande moet liefhe... (Luk 6:27 - "Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat"). Alhoewel jy moet pasop vir hulle (en pasop vir hulle woorde), word daar van jou verwag om nie dieselfde kwaad aan hulle te doen wat hulle aan jou doen nie - hulle gaan probeer om jou te laat "val", maar moenie die kwaad toereken en verbitterd word nie - wys liewer liefde (lankmoedig, vriendelik, soek nie eie belang nie, ens.).
- WERDERSTREWIGES, EIESINNIGES en AFGODEDIENAARS: In 2 Kron. 19:2 word Agab, die koning van Israel, en sy mense "goddelose" genoem - Agab het valse profete geraadpleeg omdat hulle vir hom profeteer wat hy graag wil hoor, en 'n probleem gehad met Miga, 'n profeet van die Here, en selfs verklaar dat hy vir Miga haat... (1 Kron. 18:7). Die koning van Juda het hulle gaan help in oorlog..., en toe hy terugkom is dit wat die profeet Jehu hom meedeel: "het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou ‘n toorn op u van die HERE" (2 Kron. 19:2). Uit hierdie stelling kan ons aflei dat Agab die Here gehaat het... Dit is iets wat ons hier leer vd "goddelose" is dat hulle die Here en Sy diensknegte haat (vir die goddelose gaan dit nie oor die wil van die Here nie, maar wat hulleself wil...). Hierdie mense is wederstrewig en eiesinnig, en het daarom 'n probleem met wat die Here wil - koning Saul was 'n goeie voorbeeld hiervan, en is immers deur Dawid goddeloos genoem in 2 Sam. 24:14. Koning Saul het goed geweet wat die Here wil, maar het bly doen wat hyself dink is reg; en toe die Here ophou om hom antwoorde te gee (weens sy wederstrewigheid), toe gaan soek hy raad by ander bronne. Hierdie is baiemaal die pad wat goddoloses stap!, is dat hulle gaan raad soek by ander bronne (Jud. 1:4)(soos ook die vb. hierbo van Agab wat liewer die valse profete geraadpleeg het as die een profeet wat opreg die woord van die Here geprofeteer het.
- DIEWE, ROWERS en GIERIGAARDS: In 2 Kron. 24:7 is die "goddeloses" na wie daar verwys word 'n vrou en haar seuns wat in die huis van God ingebreek het en selfs al die heilige gawes van die huis van die HERE vir die Baäls gebruik het... - in hierdie geval DIEWE, en mense wat die Here verloen het. Goddelose mense word baiemaal beskrywe as diewe..., kyk bv. (Psa 37:21 - "Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee"). M.a.w., diewe val ook onder die groep "goddeloses" - dit beteken nie noodwendig dat alle goddeloses diewe is nie, maar diewe sal onder die "goddeloses" gereken word (en sal dus nie die Koninkryk beerwe nie/1 Kor. 6:10).
- TROTSES, wat die ellendige vervolg - hulle dink listige planne uit (Ps. 10:2).
- VERAG DIE HERE, juig oor die begeerte van sy siel en seen die wat onregverdige wins maak (Ps. 10:3),verhard hulle harte - weier om na die Here se woorde te luister, en loop agter gode aan (Jer. 13:10). Hulle VERANDER DIE GENADE IN ONGEBONDENHEID (lewe volgens eie begeertes - draai weg van die Here), en VERLOëN DIE HERE (Jud. 1:4). (Jud_1:18 dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar SPOTTERS wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel).
- SOEK EIE WIL en HET GEEN VREES VIR DIE HERE NIE, soek nie na die Here nie en die Here is nie in hulle gedagtes nie (Ps. 10:4)(Ps. 36:2).
- HOOGMOEDIG, vehoog hullself - is goed in hulle eie oë, en haat die Here se weë (Ps. 35:3) (Ps. 10:5,6)(Ps. 17:10).
- PRAAT VERKEERDE DINGE - vloek, bedrog, verdrukking, boos, vals (Ps. 10:7).
- GEWELDENAARS, MOORDENAARS, VANG PROOI, ONREGVERDIGE WINS - maak die onskuldige dood, en hou soos 'n leeu die ongelukkige/ellendige/arme/nederige dop om hulle te vang/verskeur (verneder hullself om mense te mislei)(Ps. 10:8-10)(Ps. 17:9,11,12; 71:4), neem omkoopgeskenke aan om die paaie van die reg te buig (Spr. 17:23)(Spr. 28:15,16 - "‘n Leeu wat brom, en ‘n beer wat hongerig is, so is ‘n goddelose wat oor ‘n arm volk heers. ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng"). Dit is deur die hande van goddelose mense wat Jesus gekruisig is (Hand. 2:23).
- IS VERLEIERS, EN WORD VERLEI (2 Tim. 3:13).
- MISLEI HULLSELF, glo dat God nie sien wat hulle doen nie (Ps. 10:11); VALS, mond spreek onreg en bedrog - laat na om verstandig te wees en goed te doen (Ps. 36:4), bedink en doen onreg en dit wat nie goed is nie, en staan saam met dit wat sleg is (Psa 36:5; 71:4).
- BEGEER RYKDOM (Ps. 73:12).
DIE OFFER EN WANDEL VD GODDELOSE IS VIR DIE HERE 'N GRUWEL:
Gruwels is soos geestelike hoerery, bv. afgodsaanbidding. Goddelose mense se wandel en offers word deur die Here gesien soos afgodsaanbidding.
- (Spr. 15:8) Die offer van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
- (Spr. 15:9) Die wandel van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
- (Spr. 21:27) Die offer van die goddelose is ‘n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.
Die woord "gruwel" word gewoonlik gebruik in die konteks van afgodsaanbidding (Deut. 32:16; 2 Kon. 21:11; 2 Kron. 33:7; Jer. 7:6,9; Jer. 16:18,11 Kon. 14:23; 2 Kon. 16:4; 2 Kon. 21:1-7), sondes wat bloedskuld veroorsaak (Jer.7:6,9; Lev. 18:6-24), en die wat die bose raadpleeg (Lev. 8:3-26; Deut. 18:11,12; 2 Kon. 16:13; Esra 9:1). Hierdie is die dinge waarmee die goddelose hulle baiemaal besig hou.
- (Spr. 17:15) "Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel". Somtyds reken mense dat die manier om 'n onregverdige te wen is om saam met hom te staan, maar waar dit gebeur en die regverdige dus in die proses die skuldige verklaar word, sal jy ook vir die Here 'n gruwel wees!
- daar sal sedelose mense wees wat dwaalleringe verkondig (2 Pet. 2:7; 3:17);
- daar sal valse christusse wees wat mense probeer verlei om agter 'n valse messias aan te gaan (Matt. 24:24; Mark. 13:22);
- dit sal wees soos in die dae van Noag, en soos in die dae van Lot (sal meer besig wees met die lewe as met die Here (Luk. 17:28; Matt. 24:37,38; Luk. 17:26);
- sommige sal Christene probeer mislei deur voor te gee asof die dag van Christus al daar is, maar die wederkoms sal nie plaasvind voor die afval en voor die seun van verderf openbaar word nie (2 Thess. 2:2);
- in daardie tyd sal hulle sê "vrede en veiligheid" - mense sal hulle hoop plaas in wêreldse vrede en veiligheid (1 Thess. 5:3);
- swaar tye: -mense sal liefhebbers wees van hulleself, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God, mense wat 'n gedaante het van godsaligheid maar die krag daarvan verloen het (2 Tim. 3:1);
- mense sal deur allerhande begeerlikhede gedryf word - "die wat altyd leer en nooit tot kennis van die waarheid kom nie" - hulle sal die waarheid teestaan; verdorwe in die verstand en onbetroubaar ten opsigte van die geloof (2 Tim. 3:1-7);
- GODDELOSE MENSE en bedrieers - hulle sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word (2 Tim. 3:13);
- sal weet om goed te doen, maar dit nie doen nie! (Rom. 1:32);
- sal skatte vergader; rykdom en besittings sal belangrik wees (Jak. 5:3);
- sal weelderig en losbandig lewe (2 Pet. 2:13; Jak. 5:5; Openb. 18:7,9);
- valse profete en valse leraars wat verderflike ketterye invoer en die Here verloen (2 Pet. 2:1);
- baie mense sal die valse profete en valse leraars se verderflikhede navolg en a.g.daarvan sal die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2);
- uit hebsug sal die valse profete en valse leraars baie voordeel uit gelowiges trek met gebruik van verdigte woorde (2 Pet. 2:3).
Goddelose mense verwys nie noodwendig na heidene nie, maar verwys ook na mense in die koninkryk van God wat soos heidene lewe. Daar is bv. 'n konneksie tussen goddelose mense en sekere ander groepe in die kerk - bestudeer die terme "onkruid", "struikelblokke" en "kaf".
Daar word bv. na "onkruid" in Matt. 13:41 verwys as STRUIKELBLOKKE en die wat die ongeregtigheid doen...; en in Jud. 1:4 word daar na STRUIKELBLOKKE verwys as GODDELOSES...; . en Job 21:17,18 en Ps. 1:4 leer dat goddelose soos KAF sal wees wat in die wind verstrooi word... Alhoewel elkeen van hierdie groepe (onkruid, struikelblokke en kaf) verwys na verskillende groepe mense, wil dit voorkom of hulle almal onder die term "GODDELOSES" getel word (en sal dus VERVLOEK word as hulle hul nie bekeer nie). Nie almal wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg is gered nie! (bv. die struikelblokke, wat o.a. verwys na "ingesluiptes" soos valse broeders)(en onkruid, wat lyk soos koring maar nie is nie - hulle is kinders vd bose).
Die waarheid is dat onder die kinders vd Koninkryk beweeg mense wat lyk soos "koring", maar nie koring is nie (onkruid - is eintlik kinders van die bose, en is daar gesaai om die broeders te verlei) (vgl. met "ingesluiptes"). Daar is ook sommige wat wel koring is, maar afgeval het! (vrugteloos/kaf), en dan is daar die "struikelblokke" (wat o.a. kan verwys na "ingesluiptes", maar ook valse profete/wolwe en valse broeders).
Hierdie mense gaan eendag onder die GODDELOSES getel word:
= onkruid (kinders vd bose wat onder die kinders vd Koninkryk gesaai is)(die wat lyk soos koring, maar nie is nie!/Matt. 13:25 - is "kinders vd bose"/Matt. 13:38 ),
= kaf, as hulle hul nie bekeer nie (gereddes wat afgeval het - "vrugteloos", of wie hulle vrug verloor het - hierdie mense kan eendag onder die goddeloses getel word as hulle hul nie bekeer nie)(die wat nie die vrugte dra wat by die bekering pas nie/Matt. 3:8)(vgl. met die tweede en derde groep in die gelykenis vd saaier = afvalliges, die wat nie wortel het nie en dus geen vrug dra nie, of die wat vrugteloos word a.g.v. spesifieke dinge/Matt. 13:20-22 - kan miskien ook vgl. word met bokke of onbarmhartiges/Matt. 25:31-46; en die nuttelose dienskneg/Matt. 25:14-30; en die dwase/Matt. 25:1-13).
= struikelblokke (o.a. ingesluiptes/Jud. 1:4)(verleiers wat insluip onder die kinders vd Koninkryk, bv. valse broeders of valse profete).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking