Wys tans plasings met die etiket wederstrewig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wederstrewig. Wys alle plasings

Woensdag 14 Mei 2025

Goddelose mense

In hierdie pos kyk ons na waarna presies die begrip "goddelose mense" verwys.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Goddelose mense word tipies as "slegte mense" bestempel (Job 16:11; Matt. 13:49), of "onregverdig" (Gen. 18:23), en word o.a. na verwys as "vyande van die Here" (Est. 9:24,25; Nah. 1:2) ."Goddeloos" beteken basies BOOS. Die Skrif leer dat GODDELOSE MENSE se weg sal vergaan... - hulle sal uitgeroei word van die aarde... (Ps. 1:6; 37:34; Jud. 1:15; Sef. 1:3).  Ons sien dat die Here hierdie alreeds een keer gedoen het in die verlede, nl. met die sondvloed (2 Pet. 2:5; 3:6), en Hy gaan dit weer doen!, maar volgende keer nie deur 'n vloed nie maar deur vuur (2 Pet. 3:7 - "Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense")(Job 36:6;Ps. 9:6)(hulle sal soos kaf in die wind verstrooi word/Ps. 1:4). Die Here het ook al spesifieke plekke op aarde in die verlede verwoes a.g.v. die goddeloosheid daar..., bv. Sodom en Gomorra (Gen. 18:20-33; Gen. 19:13) - hulle sonde was so swaar dat daar nie eens 10 regverdiges gevind kon word nie (Gen. 19:24). Nog 'n voorbeeld was sekeres onder die volk Israel, nl. Korag, Datan en Abiram wat saam met hulle families uitgedelg was... (hulle was murmureerders wat nie hulle lot wou aanvaar nie). 

Die Skrif leer dat ONREGVERDIGE MENSE nie die Koninkryk sal beerwe nie (2 Pet. 2:9; 1 Kor. 6:8-10). Daar is mense wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg wat voorgee dat hulle regverdig is, maar wat goddeloos/boos is en nie die Koninkryk sal beerwe nie - nie almal onder die kinders van die Koninkryk is goed en regverdig nie. Dit beteken nie dat ons nou lings en regs mense uit die kerk uit kan gooi wat so optree nie, maar eerder het Jesus baie spesifiek geleer hoe ons diesulkes moet hanteer. Wanneer Hy terugkom sal Hy die onkruid van die koring skei, asook sal die kaf verwyder word...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na voorbeelde in die Skrif om die woord beter te verstaan:

- BOOS, ONGEREGTIG, DIE WAT VERKEERD DOEN: vb., kyk die woorde van Dawid aan Saul...: (1Sa 24:12-14 - "En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood nie. Erken en sien dat daar by my geen kwaad of oortreding is en ek nie teen u gesondig het nie, alhoewel u op my lewe loer om dit weg te neem. Die HERE sal oordeel tussen my en u, en die HERE sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie. Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit die goddelose (Hebr. woord "reh'-shah" van verwys na "verkeerd" - ongeregtigheid, boos(heid)) gaan goddeloosheid (Hebr. woord " raw-shaw' ", wat verwys na moreel verkeerd... - 'n slegte persoon: veroordeel, skuldig, goddeloos, boos, doen verkeerd) uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie.

- WEDERSTREWIG, EIESINNIG (die wat rebelleer en ongeshoorsaam is; die wat liewer in hulleself of in iemand anders glo): Koning Saul was deur die Here aangestel as koning, maar hy was nie gehoorsaam aan die Here nie, en nadat Dawid gesalf is het hy gedurig probeer om Dawid se lewe te neem. Dawid noem Saul in hierdie gedeelte "GODDELOOS" - koning Saul was nou gesien as 'n vyand van God, en dus van Sy diensknegte! (Est. 9:24,25; Nah. 1:2). Koning Saul was tipies een van daardie kinders vd Koninkryk wat nie die Here as bron gebruik nie, maar homself! Dit het hy vir baie jare gedoen - alhoewel hy tog die Here geraadpleeg het, het hy nie gedoen wat die Here hom opdrag gee om te doen nie. Dit het op die ou tot gevolg gehad dat die Here nie eers meer vir hom wou antwoord nie..., en koning Saul sondig toe nog verder en gaan raadpleeg die bose (1 Sam. 15:23). Hierdie is baiemaal die pad wat "goddeloses" stap!, want alhoewel hulle met die Here begin, glo hulle nie in Sy leiding nie (bv., hulle glo nie dat Hy beter weet nie, maar volg hulle of iemand anders se kop - al weet hulle wat die Here wil he). Koning Saul was o.a. genoem WEDERSTREWIG en EIESINNING (1 Sam. 15:23). In Eks. 23:21, waar die woord wederstrewig gebruik word, beteken dit in die Hebr. dat so iemand die ander bedroef maak - 'n goeie vb. is hoe Korag en sy bende teenoor Moses en Aaron opgetree het... - mense wat wederstrewig is teen die Here maak Hom bedroef - Christene word o.a. in Ef. 4:30 gevra om nie die Heilige Gees te bedroef nie, en in konteks gaan dit oor die wat verkeerd doen (die wat nie die ou mens afle nie) en op hierdie manier die Heilige Gees bedroef. In Num. 2:24 beskryf  die woord "wederstrewiges" mense wat rebelleer en ongehoorsaam is - duidelik wys dit dat hulle nie glo nie!, want wanneer jy iemand vertrou, rebelleer jy nie teen sy wil en woord nie... Goddelose mense gee voor, want hulle raadpleeg die Here maar luister nie -  hulle glo/vertrou nie regtig nie.  Eiesinnigheid word bv. weer op beurt vgl. met afgodery en beeldediens (1 Sam. 15:23), want dit is soos om iemand anders (as die Here) te dien - wanneer iemand eiesinnig is, dan vertrou hy liewer in sy eie opinie of iemand anders se opinie, nie die Here nie. Hy mag miskien die Here raadpleeg het selfs 'n antwoord kry, maar hy gebruik dan nie die Here as bron nie... - luister nie na Hom nie! (maar volg liewer sy eie kop - soos koning Saul gedoen het);  en as die Here ophou om hom te antwoord wanneer hy Hom raadpleeg (omdat hy gedurig ongehoorsaam is), dan begin soek hy antwoorde by die bose (soos koning Saul gedoen het). 

- GEBRUIK 'N ANDER BRON: Dit is waarom die valse profete ook onder die goddeloses getel word.., want alhoewel hulle nie skape is nie, gee voor dat hulle van die Here hoor maar gebruik 'n ander bron. Hulle is "slegte mense" wat "slegte vrug" dra, en is soos gif in die kerk (Jesus het o.a. "addergeslag" genoem/Matt. 12:34; 15:18 (wolwe). Valse profete PRAAT VERKEERDE DINGE (Hand. 20:29). Jesus het hierdie mense o.a. beskryf as "met dorings en distels" (Matt. 7:16) - wat daarop wys dat hulle nie die Here eerste soek nie, maar eerder die sorge en rykdom en begeerlikhede en genietinge vd lewe (sommige skape, soos koning Saul) dra ook dorings en distels... (kyk 3de groep in die gelykenis vd saaier, asook die boek van Judas) (wat enige goeie vrug verstik). GODDELOSE MENSE kan dus tipies beskryf word as mense wat 'n ander bron gebruik, en bv. REBELLEER en ONGEHOORSAAM AAN DIE HERE - hulle volg hulle eie kop of ander mense of gebruik die bose as bron. 

-  ONREGVERDIGES / WELLUSTELINGE en SODOMIETE: Die mense van Sodom was na verwys as "goddelose mense"..., - en in konteks is "goddeloses" beskryf as ONREGVERDIGES (Gen. 18:23)(Mal. 3:18). Die mense van Sodom en Gomorra se "sonde was baie swaar" (Gen. 18:20), en dit is duidelik dat baie mense oor hulle gekla het by God en die geroep het by God uitgekom (Gen. 18:21; 4:10). Hulle is die teenoorgestelde van regverdig;  dus onwettig, onbedagsaam en hulle tonge spreek wat verkeerd is (Spr. 10:11; 13:5).Vgl. dit met 1 Kor. 6:1-9, waarin die opmerking gemaak word dat onregverdiges nie die Koninkryk sal beerwe nie, en in die gedeelte word onregverdiges beskryf as die wat onreg doen aan broeders en hulle beroof... (1 Kor. 6:8-10 - "Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders. Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Onregverdiges word gesien as die onder die kinders van die Koninkryk wat onbarmhartig is, nie volgens die Here se wil lewe nie, en spreek wat verkeerd is.

-  MURMUREERDERS en KWAADSPREKERS: Nog 'n voorbeeld van "goddelose mense" is die van Korag, Datan en Abíram (Nu. 16:26)- hulle het teen Moses en Aäron opgestaan saam met 250 man uit die kinders van Israel en Moses en Aäron beskuldig dat hulle hul bo die ander verhef - hierdie mense het die priestersamp begeer, maar dit was nie aan hulle gegee nie, maar aan Aaron (Num. 16:2,3,10,11). Hulle was MURMUREERDERS wat nie hulle lot wou aanvaar nie... - baie mense was ingetrek hierby "ter wille vd voordeel wat hierdie goddeloses daaruit kon kry (en het o.a. vir Moses aangekla oor hy hulle in die woestyn ingebring het, en het gese dat hy oor hulle wil baasspeel-v.13,14;  hulle wou liewer die base wees! en besluit hoe dinge moet gebeur - Moses was anders, want vir hom het dit gegaan oor hoe die Here wil he dinge moet gebeur). Die gevolg was dat die aarde onder Datan en Abíram en hulle families oopgeskeur het en hulle het almal lewendig na die doderyk neergedaal, en die 250 manne wat vir hulle reukwerk gebring het is met vuur verteer (Num. 16:35). Hierdie mense was "goddelose mense" - in hierdie konteks verwys goddelose mense na murmureerders wat oor hulle lot kla en nie die Here se wil soek nie, maar hulle eie wil (vgl. met Jud 1:14-16  - "En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het. Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel"). 

-  TEESTANDERS en VYANDE VAN GOD: 'n Vyand is iemand wat jou haat, en hulle word o.a. "moordenaars" genoem in die Skrif (1 Joh. 3:15) - nie dat hulle noodwendig iemand doodmaak nie, maar hulle optrede en woorde kan daarop uit wees... - jou vyand se doel is om jou tot 'n val te bring. 'n Goeie voorbeeld is in Ester 9:25 - Haman het 'n goddelose (bose) plan gehad om die Jode uit te roei (Est. 9:24) - hy word o.a. daar 'n  "teëstander van die Jode" genoem (vgl. met Job 27:7 - teestander is 'n kwaaddoener)(vyand). Hierdie is een van die kenmerke van goddelose, is dat hulle die Here haat en die wat die Here dien, ook haat...;  m.a.w., hulle is soos VYANDE van God en die regverdiges (Ps. 11:2; 17:9)((Psa 37:12,32)  Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom (Psa 37:14 - "Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg"). Die tipiese gesindheid van 'n vyand is HAAT (Ps. 25:19), wat beteken dat hy die slegte vir jou toewens... (dit is die teenoorgestelde van "seen") - die vyand verheug hom bv. daaroor as die regverdige struikel, val of ly (maar die regverdige se gesindheid is anders.../Spr. 24:17; 25:21; Matt. 5:43,44). "Vyande" (teestanders) is onbarmhartig en hulle doel is om die regverdige te vernietig (Ps. 69:5). In verskeie Skrifte sien ons dat die Here altyd wraak uitoefen op Sy vyande - die Here is toornig op Sy vyande..., en roei hulle gewoonlik uiteindelik uit! (Nah. 1:2). So het Hy gedoen in die Sondvloed, so het Hy gedoen met Sodom en Gomorra, en so sal Hy ook doen wanneer Jesus Christus terugkom, en sal Hy ook doen aan die einde van die "volgende 1000-jaar bedeling". Hierdie feit dat die Here wraak uitoefen op Sy vyande, word gewoonlik o.a. beskryf deur die woord "toorn" - wanneer die Here se toorn teen mense ontvlam, is Hy kwaad, en dit eindig gewoonlik daarin op dat daar persone uitgedelg word vd aarde/vernietig word! - die "vervloektes" - Ps. 69:5; Deut. 6:15; Jos. 23:16; 2 Sam. 6:7; 2 Kron. 24:18; Job 4:9; Ps. 37:17,20,34,38; 75:11; 145:20; Spr. 10:30; 11:7; Jer. 25:31; Sef. 1:3; Mal. 4:3; Jud. 1:15)(Psa 11:5 - "Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet"). Maar l.w. dat die wraak behoort aan die Here - ons mag nie self wraak neem nie! Alhoewel jy miskien onregverdig behandel is deur goddelose mense, verwag die Here van jou om dit te verdra en Hy sal jou help (Spr. 12:21; 11:31; Ps. 34:16; 37:39; 1 Pet. 3:12; Matt. 5:44,45; Ps. 33:22; 37:40; 97:10; Spr. 3:33; 10:3)(https://warechristene.blogspot.com/2022/08/oog-vir-oog-tand-vir-tand.html). Hierdie mense kan baiemaal uitgeken word aan sekere kenmerke, bv. dat hulle jou haat, maar wees versigtig want Jesus het geleer dat ons ons vyande moet liefhe... (Luk 6:27 - "Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat"). Alhoewel jy moet pasop vir hulle (en pasop vir hulle woorde), word daar van jou verwag om nie dieselfde kwaad aan hulle te doen wat hulle aan jou doen nie - hulle gaan probeer om jou te laat "val", maar moenie die kwaad toereken en verbitterd word nie - wys liewer liefde (lankmoedig, vriendelik, soek nie eie belang nie, ens.).

-  WERDERSTREWIGES, EIESINNIGES en AFGODEDIENAARS: In 2 Kron. 19:2 word Agab, die koning van Israel, en sy mense "goddelose" genoem - Agab het valse profete geraadpleeg omdat hulle vir hom profeteer wat hy graag wil hoor, en 'n probleem gehad met Miga, 'n profeet van die Here, en selfs verklaar dat hy vir Miga haat... (1 Kron. 18:7). Die koning van Juda het hulle gaan help in oorlog..., en toe hy terugkom is dit wat die profeet Jehu hom meedeel: "het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou ‘n toorn op u van die HERE" (2 Kron. 19:2). Uit hierdie stelling kan ons aflei dat Agab die Here gehaat het... Dit is iets wat ons hier leer vd "goddelose" is dat hulle die Here en Sy diensknegte haat (vir die goddelose gaan dit nie oor die wil van die Here nie, maar wat hulleself wil...). Hierdie mense is wederstrewig en eiesinnig, en het daarom 'n probleem met wat die Here wil - koning Saul was 'n goeie voorbeeld hiervan, en is immers deur Dawid goddeloos genoem in 2 Sam. 24:14. Koning Saul het goed geweet wat die Here wil, maar het bly doen wat hyself dink is reg;  en toe die Here ophou om hom antwoorde te gee (weens sy wederstrewigheid), toe gaan soek hy raad by ander bronne. Hierdie is baiemaal die pad wat goddoloses stap!, is dat hulle gaan raad soek by ander bronne (Jud. 1:4)(soos ook die vb. hierbo van Agab wat liewer die valse profete geraadpleeg het as die een profeet wat opreg die woord van die Here geprofeteer het.

-  DIEWE, ROWERS en GIERIGAARDS: In 2 Kron. 24:7 is die "goddeloses" na wie daar verwys word 'n vrou en haar seuns wat in die huis van God ingebreek het en selfs al die heilige gawes van die huis van die HERE vir die Baäls gebruik het... - in hierdie geval DIEWE, en mense wat die Here verloen het. Goddelose mense word baiemaal beskrywe as diewe..., kyk bv. (Psa 37:21 - "Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee"). M.a.w., diewe val ook onder die groep "goddeloses" - dit beteken nie noodwendig dat alle goddeloses diewe is nie, maar diewe sal onder die "goddeloses" gereken word (en sal dus nie die Koninkryk beerwe nie/1 Kor. 6:10). 

- TROTSES, wat die ellendige vervolg - hulle dink listige planne uit (Ps. 10:2).

- VERAG DIE HERE, juig oor die begeerte van sy siel en seen die wat onregverdige wins maak (Ps. 10:3),verhard hulle harte - weier om na die Here se woorde te luister, en loop agter gode aan (Jer. 13:10).  Hulle VERANDER DIE GENADE IN ONGEBONDENHEID (lewe volgens eie begeertes - draai weg van die Here), en VERLOëN DIE HERE (Jud. 1:4). (Jud_1:18  dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar SPOTTERS wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel).

- SOEK EIE WIL en HET GEEN VREES VIR DIE HERE NIE, soek nie na die Here nie en die Here is nie in hulle gedagtes nie (Ps. 10:4)(Ps. 36:2). 

- HOOGMOEDIG, vehoog hullself - is goed in hulle eie oë, en haat die Here se weë (Ps. 35:3)   (Ps. 10:5,6)(Ps. 17:10). 

- PRAAT VERKEERDE DINGE - vloek, bedrog, verdrukking, boos, vals (Ps. 10:7).  

- GEWELDENAARS, MOORDENAARS, VANG PROOI, ONREGVERDIGE WINS - maak die onskuldige dood, en hou soos 'n leeu die ongelukkige/ellendige/arme/nederige dop om hulle te vang/verskeur (verneder hullself om mense te mislei)(Ps. 10:8-10)(Ps. 17:9,11,12; 71:4), neem omkoopgeskenke aan om die paaie van die reg te buig (Spr. 17:23)(Spr. 28:15,16 - "‘n Leeu wat brom, en ‘n beer wat hongerig is, so is ‘n goddelose wat oor ‘n arm volk heers. ‘n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng"). Dit is deur die hande van goddelose mense wat Jesus gekruisig is (Hand. 2:23).

- IS VERLEIERS, EN WORD VERLEI (2 Tim. 3:13).

- MISLEI HULLSELF, glo dat God nie sien wat hulle doen nie (Ps. 10:11); VALS, mond spreek onreg en bedrog - laat na om verstandig te wees en goed te doen (Ps. 36:4), bedink en doen onreg en dit wat nie goed is nie, en staan saam met dit wat sleg is (Psa 36:5; 71:4).

- BEGEER RYKDOM (Ps. 73:12).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Goddelose mense verander nie noodwendig omdat jy aan hulle genade bewys nie:

Jy mag dalk vergewensgesind wees, maar daar is sekere mense wat nie sal verander bloot omdat jy hulle vergewe het nie!, en hierdie mense verwys spesifiek na die GODDELOSES... (Jes. 26:10 - "Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie");  inteendeel, jou onvoorwaardelike vergifnis kan veroorsaak dat hulle nie tot bekering kom nie!  Goddelose mense is besig met "SONDE TOT DIE DOOD" (Rom. 6:16; Jak. 1:15). Dit word wel van jou verwag om hierdie mense "lief te he" en geduldig selfs lyding onder hulle te ervaar, maar dit beteken nie dat jy iemand moet vergewe wat nie bely en berou het nie... Die Skrif leer selfs dat ons nie vir broeders moet bid wat besig is met sonde tot die dood nie... (1 Jn_5:16 - "As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie") - nie dat dit bedoel ons moet onbarmhartig wees nie, maar wat dit beteken is dat selfs al vergewe jy die persoon deur daarvoor in gebed te vra, sal hy nie deur die Here vergewe word solank hy nie die sonde afle nie! Daar is altyd 'n voorwaarde vir vergifnis, en dit is dat jy bely en berou het. As jou broeder 70 x 7 keer bely en berou het, moet jy hom vergewe, maar dit help nie jy vergewe iemand onvoorwaardelik nie. 

Wat is die uiteinde van die een wat in sonde tot die dood stap? 
Sonde tot die dood is gevaarlik, en jou plig is eerder om daardie persoon te help om tot inkeer te kom, want "sonde tot die dood" verwys na sonde wat tot die dood lei... Die Skrif leer dat GODDELOSE MENSE se weg sal vergaan...  (Jak. 1:15 - "Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort") - hulle sal uitgeroei word van die aarde (Ps. 1:6; 37:34; Jud. 1:15; Sef. 1:3). Deur iemand onvoorwaardelik te vergewe gaan nie stop dat dit met hom gebeur nie. Liefde is nie onvoorwaardelike vergifnis nie, maar eerder waarskuwing sodat die persoon 'n kans kry om reg te maak. Goddelose mense is gewoonlik hard van hart, maar die feit dat jy lydsaamheid het en vriendelik is en nie verbitterd word nie... (nl. liefde wys), beteken nie dat jy moet stilbly oor die waarheid nie. Natuurlik is reg reg, en verkeerd is verkeerd... Daar is beslis 'n wet nodig in die kerk vir mense wat GODDELOOS en sondig is (en die onheiliges en ongewydes, moordenaars/haters, ens...)(1 Tim. 1:9)(in ander woorde, die "wettelose en tugtelose mense"). (Spr. 15:10 - "‘n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe"). Pasop om 'n goddelose (wat nie bekeer) regverdig te verklaar!, en in die proses die regverdige skuldig te maak, want die Skrif leer dat jy ook self op hierdie manier kan opeindig as 'n gruwel... (Spr. 17:15). Slegte mense staan op vir mekaar, maar as jy wat goed is dit doen, dan kan jy onder die slegtes getel word (Spr. 28:4,5 - "Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle. Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles").

As die Here jou opdrag gee om die goddelose te waarsku en jy dit nie doen nie, kan jyself skuldig opeindig ( Eseg. 3:18,19 - "As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe—en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered"). DUS, TERWYL DIT VAN ONS VERWAG WORD OM ONS VYANDE LIEF TE HE, MOET ONS NIE DINK DIT BETEKEN "ONVOORWAARDELIKE VERGIFNIS" NIE.

GODDELOSE MENSE (net soos die sondaars, onheiliges, ongewydes, moordenaars,...) neem nie tugtiging aan nie, en word dus nie net beskryf as WETTELOOS nie, maar is ook "TUGTELOSE MENSE" (mense wat ONGEHOORSAAM is aan die Here, en nie na tugtiging luister nie). Die waarheid is dat hulle gewoonlik nie sal ag gee op die waarheid nie;  maar daar is 'n kans vir die onregverdige, sou daar ten minste van hom verwag word om die Here te gehoorsaam (Jes. 26:10; Rom. 6:16). DIT IS MOONTLIK VIR 'n GODDELOSE BROEDER OM TOT BEKERING TE KOM, EN IS TERLOOPS BELANGRIK SODAT HY DIE LEWE OES (Eseg. 18:21,22 - "Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE OFFER EN WANDEL VD GODDELOSE IS VIR DIE HERE 'N GRUWEL:

Gruwels is soos geestelike hoerery, bv. afgodsaanbidding. Goddelose mense se wandel en offers word deur die Here gesien soos afgodsaanbidding. 

- (Spr. 15:8)  Die offer van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.

- (Spr. 15:9)  Die wandel van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.

- (Spr. 21:27)  Die offer van die goddelose is ‘n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.

Die woord "gruwel" word gewoonlik gebruik in die konteks van afgodsaanbidding (Deut. 32:16; 2 Kon. 21:11; 2 Kron. 33:7; Jer. 7:6,9; Jer. 16:18,11 Kon. 14:23; 2 Kon. 16:4; 2 Kon. 21:1-7), sondes wat bloedskuld veroorsaak (Jer.7:6,9; Lev. 18:6-24), en die wat die bose raadpleeg (Lev. 8:3-26; Deut. 18:11,12; 2 Kon. 16:13; Esra 9:1). Hierdie is die dinge waarmee die goddelose hulle baiemaal besig hou.  

- (Spr. 17:15) "Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel". Somtyds reken mense dat die manier om 'n onregverdige te wen is om saam met hom te staan, maar waar dit gebeur en die regverdige dus in die proses die skuldige verklaar word, sal jy ook vir die Here 'n gruwel wees!

DIE OPREGTE SE WANDEL IS VIR DIE GODDELOSE 'N GRUWEL, en andersom...:
Wat iemand sien as 'n gruwel, wys watter kant hy voor staan. Duidelik staan die goddelose nie aan dieselfde kant as die regverdiges nie, maar hulle dien hulleself of die bose - en dit is sigbaar! (Spr. 29:2 - "‘n Man van onreg is vir die regverdiges ‘n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel ‘n gruwel").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
AS DIE GODDELOSE DIE MAAT VOLGEMAAK HET...:

Die Skrif leer dat aan die einde van dae sal die goddeloosheid oorneem en dit sal dit moontlik maak vir 'n spesifieke koning wat sal optree... (een hard van aangesig, wat listige streke verstaan). Vir 'n studie oor "as die goddelose die maat volgemaak het", gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html.

- (Dan 8:23)  Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
- (Dan 12:10)  Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

KOM ONS KYK NA 'N PAAR DINGE WAT DIE SKRIF LEER OOR HOE DIE SONDE SAL VOL WORD, EN KYK GERUS HOEVEEL HIERVAN WORD OP ANDER PLEKKE IN DIE SKRIF GESE VAN DIE GODDELOSE:
-  daar sal mense wees wat spot oor die wederkoms van die Here Jesus en moedswillig nie ag gee op die waarheid nie, maar stap volgens eie begeerlikhede (2 Pet. 3:3);
-  daar sal sedelose mense wees wat dwaalleringe verkondig (2 Pet. 2:7; 3:17);
-  daar sal valse christusse wees wat mense probeer verlei om agter 'n valse messias aan te gaan (Matt. 24:24; Mark. 13:22);
-  dit sal wees soos in die dae van Noag, en soos in die dae van Lot (sal meer besig wees met die lewe as met die Here (Luk. 17:28; Matt. 24:37,38; Luk. 17:26);
- sommige sal Christene probeer mislei deur voor te gee asof die dag van Christus al daar is, maar die wederkoms sal nie plaasvind voor die afval en voor die seun van verderf openbaar word nie (2 Thess. 2:2);
-  in daardie tyd sal hulle sê "vrede en veiligheid" - mense sal hulle hoop plaas in wêreldse vrede en veiligheid (1 Thess. 5:3);
-  swaar tye:  -mense sal liefhebbers wees van hulleself, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God, mense wat 'n gedaante het van godsaligheid maar die krag daarvan verloen het (2 Tim. 3:1);
-  mense sal deur allerhande begeerlikhede gedryf word - "die wat altyd leer en nooit tot kennis van die waarheid kom nie" - hulle sal die waarheid teestaan;  verdorwe in die verstand en onbetroubaar ten opsigte van die geloof (2 Tim. 3:1-7);
- GODDELOSE MENSE en bedrieers - hulle sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word (2 Tim. 3:13);
-  sal weet om goed te doen, maar dit nie doen nie! (Rom. 1:32);
-  sal skatte vergader;  rykdom en besittings sal belangrik wees (Jak. 5:3);
-  sal weelderig en losbandig lewe (2 Pet. 2:13; Jak. 5:5; Openb. 18:7,9);
-  valse profete en valse leraars wat verderflike ketterye invoer en die Here verloen (2 Pet. 2:1);
- baie mense sal die valse profete en valse leraars se verderflikhede navolg en a.g.daarvan sal die weg van die waarheid gelaster word (2 Pet. 2:2);
-  uit hebsug sal die valse profete en valse leraars baie voordeel uit gelowiges trek met gebruik van verdigte woorde (2 Pet. 2:3). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Watter ander groepe mense in die Skrif val onder "goddelose mense":

Goddelose mense verwys nie noodwendig na heidene nie, maar verwys ook na mense in die koninkryk van God wat soos heidene lewe. Daar is bv. 'n konneksie tussen goddelose mense en sekere ander groepe in die kerk - bestudeer die terme "onkruid", "struikelblokke" en "kaf". 

Daar word bv. na "onkruid" in Matt. 13:41 verwys as STRUIKELBLOKKE en die wat die ongeregtigheid doen...; en in Jud. 1:4 word daar na STRUIKELBLOKKE verwys as GODDELOSES...; . en Job 21:17,18 en Ps. 1:4 leer dat goddelose soos KAF sal wees wat in die wind verstrooi word... Alhoewel elkeen van hierdie groepe (onkruid, struikelblokke en kaf) verwys na verskillende groepe mense, wil dit voorkom of hulle almal onder die term "GODDELOSES" getel word (en sal dus VERVLOEK word as hulle hul nie bekeer nie). Nie almal wat onder die kinders van die Koninkryk beweeg is gered nie! (bv. die struikelblokke, wat o.a. verwys na "ingesluiptes" soos valse broeders)(en onkruid, wat lyk soos koring maar nie is nie - hulle is kinders vd bose)


  

Die waarheid is dat onder die kinders vd Koninkryk beweeg mense wat lyk soos "koring", maar nie koring is nie (onkruid - is eintlik kinders van die bose, en is daar gesaai om die broeders te verlei) (vgl. met "ingesluiptes"). Daar is ook sommige wat wel koring is, maar afgeval het! (vrugteloos/kaf), en dan is daar die "struikelblokke" (wat o.a. kan verwys na "ingesluiptes", maar ook valse profete/wolwe en valse broeders).

Hierdie mense gaan eendag onder die GODDELOSES getel word:

=  onkruid (kinders vd bose wat onder die kinders vd Koninkryk gesaai is)(die wat lyk soos koring, maar nie is nie!/Matt. 13:25 - is "kinders vd bose"/Matt. 13:38 ),

=  kaf, as hulle hul nie bekeer nie (gereddes wat afgeval het - "vrugteloos", of wie hulle vrug verloor het - hierdie mense kan eendag onder die goddeloses getel word as hulle hul nie bekeer nie)(die wat nie die vrugte dra wat by die bekering pas nie/Matt. 3:8)(vgl. met die tweede en derde groep in die gelykenis vd saaier = afvalliges, die wat nie wortel het nie en dus geen vrug dra nie, of die wat vrugteloos word a.g.v. spesifieke dinge/Matt. 13:20-22 - kan miskien ook vgl. word met bokke of onbarmhartiges/Matt. 25:31-46; en die nuttelose dienskneg/Matt. 25:14-30; en die dwase/Matt. 25:1-13).

=  struikelblokke (o.a. ingesluiptes/Jud. 1:4)(verleiers wat insluip onder die kinders vd Koninkryk, bv. valse broeders of valse profete).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------