Vir die eerste deel van hierdie boek bybelstudie, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2021/12/die-boek-van-judas.html
____________________________________________________________________________________
- (1) mense wat INGESLUIP het (ingesluip het in die kerk of onder die kinders van God)(v.4):
hulle word o.a. in v.12 "skandvlekke" in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye genoem, mense wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer...)(vgl. dit ook met v.13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see). Hier sien ons dat hierdie "spotters" verwys na mense wat onder die kinders vd koninkryk beweeg en saam fees hou en eet ens., maar het "ingesluip". In v. 4 hier word hulle ook GODDELOSE MENSE genoem (die begrip "goddelose" verwys na mense wat "verkeerd doen" - die wat nie die Here vrees maar "doen wat hulle wil"-Jud. 1:18) ('n goeie vb in die Skirf van "goddelose mense" is Korag se bende..., Num. 16 - l.w. ook die verwysing na Korag hier in Judas 1 v.11! - Korag e.a. het 'n klomp manne van Israel bymekaar vergader om saam met hulle op te staan teen Moses en Aaron... - lees gerus wat hierdie mense se uiteinde was in Num. 16; vgl. met Jud. 1:6,7). 'n Ander vb wat in die Skrif genoem word van mense wat "ingesluip" het, is VALSE BROEDERS (Gal. 2:4), en in daardie gedeelte sien ons dat hierdie mense teen die apostels gepreek het; nog 'n vb van "valse broeders" in die Skrif is 2 Kor. 11:26 (waar die apostel Paulus praat van hoe hy gely het o.a. in gevare onder valse broeders...) - ons sien dat "valse broeders" baiemaal die rede is waarom opregtes ly, bv dat hierdie valses in opstand kom teen die waarheid wat gepreek word deur die opregte en ander opregtes te mislei om die leuen te glo, of veroorsaak dat mense in opstand kom teen die opregte wat die waarheid verkondig deur die opregte bv. vals aan te kla, leuens oor hom te versprei, voor te gee dat hy lieg ens. ( maw soos 'n VERLEIER! - vgl. dit met die valse leraars waarna in hierdie hfst ook verwys word... - 'n verleier is iemand wat leuens verkondig en iemand vals aankla sodat mense liewer in hom glo as in dit wat verkondig word). Ons sien hierdie mense baiemaal in die kerk - mense wat in opstand kom teen die waarheid en ander probeer beinvloed om die leuen te glo, of mense opsweep teen 'n opregte.... Vgl. hierdie ook met bg Korag se bende..., waar hulle in opstand kom teen die gesalfdes vd Here. Mense wat so "insluip" in die kerk, word ook baiemaal geken aan die feit dat hulle SPOTTERS is! (vgl. met v. 18, asook 2 Pet. 3:3-5)(mense wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en spot oor ware feite). Ons kan hierdie miskien ook nog vgl. met die tema van "ONKRUID" (mense wat deur die bose onder die "koring"/kinders vd koninkryk gesaai word. Onkruid lyk soos koring maar is nie - wanneer jonk lyk hulle ditto, dis eers wanneer in vrug wanneer dit sigbaar word wat/wie is koring en wat/wie is onkruid - "onkruid" word o.a. "struikelblokke" genoem in Matt. 13-is eintlik "kinders vd bose"!, Matt. 13:38. Dit is nie altyd maklik, of nie altyd onmiddellik duidelik wie is koring en wie is onkruid nie, want somtyds word koring verlei en dan praat hulle of tree hulle op net soos hierdie valses. Dit is dan ook om hierdie rede wat onkruid nie nou al verwyder word onder die koring nie (maar eers wanneer Jesus terugkom)..., sodat die koring nie saam met die onkruid uitgetrek word nie. Met die tyd, wanneer vrug gesien word, word dit wel duidelik wie is koring en wie is onkruid (bv., valse profete dra "slegte vrug"...). HIERDIE MENSE BEWEEG ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK, NEEM DEEL AAN HULLE FEESTE, EET SAAM ENS..., MAAR HULLE IS VALS - EN KOM IN OPSTAND TEEN DIE WAARHEID, PROBEER OM GELOWIGES TE LAAT STRUIKEL, EN MAAK ANDER OPSTANDIG TEEN DIE WAT DIE WAARHEID VERKONDIG.