Wys tans plasings met die etiket oorwin. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket oorwin. Wys alle plasings

Dinsdag 24 Maart 2026

Die wapenrusting

In hierdie pos kyk ons na "DIE WAPENRUSTING VAN GOD" waarna verwys word in Ef. 6:11 (bestudeer gerus o.a. die tema van geestelike bekleding, want die wapenrusting van God kan ook gesien word soos iets waarmee jy jouself geestelik beklee - rol af tot heel onder vir 'n lys van poste waarin geestelike bekleding behandel word). Die mens het nie net klere nodig vir die uiterlike nie, maar ook vir die innerlike mens. Die "wapenrusting van God" kan gesien word as "geestelike klere"; bv., net soos ons die uiterlike mens beklee met wapenrusting wanneer jy gaan veg in 'n fisiese geveg, net so het die mens geestelike wapenrusting nodig vir die geestelike geveg waarin ons ons bevind

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons is in 'n wortelstryd..., maar wat is hierdie stryd?: 

Die Skrif leer dat die geestelike mens in 'n worstelstryd betrokke is..., nie teen vlees en bloed (m.a.w., nie teen mense wat uit vlees en uit bloed gebore is) nie, maar "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Ef. 6:12 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug"). Duidelik is hierdie stryd geestelik van aard! en praat nie van 'n worstelstryd teen ander mense nie.  Die "owerhede, magte en wêreldheersers vd duisternis" en "bose geeste in die lug" waarna verwys word in Ef. 6:12 verwys na die geestelike realm, en fisiese klere/wapenrusting gaan nie help in hierdie "geveg" nie (want dit is geestelik van aard).  Wat ons nodig het is "geestelike klere" . Die wapenrusting van God sal ons help om oorwinning te behaal... - bestudeer gerus die tema "wêreld oorwin" om hierdie nog beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2025/07/wat-beteken-die-begrip-wereld-oorwin.html). 

Hoe word hierdie (geestelike) wapenrusting (wat na verwys word as die WAPENRUSTING VAN GOD)_beskryf?:

- die lendene omgord met die WAARHEID;

- die borswapen van GEREGTIGHEID;

- skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE;

- die skild van die GELOOF;

- die helm van VERLOSSING; en

- die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD  (Ef. 6:14-17 - "Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—").

DIE GEREDDE HET DIE "GEESTELIKE WAPENRUSTING VAN GOD" NODIG:  

DIE WEERGEBORENE IS VRYGEKOOP VAN DIE MAG WAARONDER HY GEBORE IS, en dit maak die duiwel woedend - sy plan om jou te verwoes, het gefaal - nou probeer hy jou terugkry...  DIT  IS  BASIES  DIE  GEVEG  WAARIN  DIE  GEESTELIKE   MENS  BETROKKE  IS.  Die duiwel probeer om jou te vang om die leuen te glo in plaas van die waarheid (dit is waarom jou lendene omgord moet wees met die waarheid), probeer om jou te vang om verkeerd te doen (dit is waarom jy die borswapen van geregtigheid moet aanhê), probeer jou stuit om die goeie boodskap uit te dra (dit is waarom jy skoene moet aanhe bereidheid om die evangelie te verkondig), probeer jou van die geloof afvallig maak (dit is waarom jy die skild van die geloof nodig het), probeer om jou te laat twyfel in die verlossing wat jy ontvang het (dit is waarom jy die helm van verlossing nodig het), en probeer om jou te vang om 'n ander evangelie aan te neem (dit is waarom jy die swaard nodig het). In hierdie geveg het jy die geestelike wapenrusting van God nodig (Ef. 6:11) sodat jy kan staande bly in die dag van onheil.  

Die geestelike mens moet seker maak dat hy met al hierdie BEKLEE is, maar die manier om dit aan te trek bestaan nie bloot uit woorde nie, maar het baie te doen met keuses en dade;  bv, wat kies jy wanneer jy moet kies tussen wêreldse wysheid en die kennis van God/waarheid/Jesus se woorde? (sal jy die waarheid kies?, of glo jy dat jy beter weet of dat die wereld se kennis meer logies is?).  Wat kies jy wanneer jy versoek word om verkeerd te doen? (het jy geregtigheid? - kies jy om die Here te gehoorsaam, of die vlees?). Is jou hoop in die evangelie vd Koninkryk/Jesus/vrede? (of glo jy dat saligheid op verskillende maniere verkry kan word?); wie raadpleeg jy wanneer jy antwoorde soek? (in wie plaas jy jou vertroue?; bv., raadpleeg jy die Here, of soek jy ander bronne op?) en vir wie gehoorsaam jy? (in wie glo jy? - doen jy die wil van God, of jou eie wil?);   leef jy vir die Here? (dien jy Hom of jouself?); ens. ... Hierdie is basies wat bepaal hoe jy jou "beklee" (nl. of jy die Here raadpleeg, hoop in Sy saligheid, glo in Sy woorde, ens.). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA DIE VERSKILLENDE DIE ELEMENTE VD WAPENRUSTING OM DIT BETER TE PROBEER VERSTAAN:
Skrifgedeelte van belang:  
(Eph 6:10)  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
(Eph 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Eph 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Eph 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Eph 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Eph 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Eph 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
Die geestelike wapenrusting word beskryf as geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God (en waak in gebed, want ons kan niks sonder die Here doen nie).  Elkeen van hierdie dele moet jy "AANTREK", en meeste dele is bedoel vir BESKERMING;  behalwe een, ..is om mee te VEG (nl. die woord van God - die swaard). Elke stuk vd wapenrusting is belangrik;  bv., die Skrif leer dat geloof (die skild van geloof) is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus! Die ander dele wat nodig is vir beskerming, is geregtigheid, waarheid, bereidheid evangelie verkondig, en verlossing. "Geregtigheid" word voorgestel soos die borswapen, waarheid soos die lendene omgord, evangelie verkondig, soos skoene, en verlossing die helm. In die volgende paragraaf sal ons meer stilstaan op elkeen van hierdie dele om te verstaan presies waarna elkeen verwys en wat elkeen beteken - l.w. dat elkeen van hierdie dele 'n spesifieke deel vd liggaam beskerm (en neem ook in ag dat die geestelike mens se liggaam soos 'n tempel is). (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). 

Bestudeer gerus ook die tema van "geestelike bekleding" saam met hierdie onderwerp.  Bv., die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming) gaan oor hoe die een wat weergebore word ingedoop word onder die kinders van God (dit verwys na die wat in Christus gedoop is) - hierdie is soos geestelike KLERE wat iemand aantrek. Op ditto wyse is daar ander geestelike soort bekledings in die Skrif (wat elk verwys na iets wat "aangetrek" word, bv. die "klere van heil/saligheid".  Die geredde BEKLEE hom/haarself bv. ook met die "nuwe mens"..., wat o.a. beteken dat hy die dinge daarbo bedink en verwys na "Christus in ons" (Ef. 4:24)( Kol 3:2-12). Hierdie soort beeldspraak word baie in die Skrif gebruik..., en in elke geval verwys dit in konteks na iets spesifiek. Ons het geestelike bekleding nodig vir baie dinge, o.a. om ons naaktheid (geestelik bedoel) te bedek/sonde te bedek. 
So het die WAPENRUSTING VAN GOD 'n bepaalde doel, nl.:
- om kragtig te word in die Here (Ef. 6:10)
-staande te kan bly teen die liste vd duiwel (Ef. 6:11)
-om weerstand te bied in die dag van onheil (Ef. 6:13), en 
-om die vurige pyle van die Bose te kan uitwis (Ef. 6:16).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE REDE WAAROM "OORLOGVOERING" BELANGRIK IS:
Ons het gesien in die vorige paragraaf wat die doel is van die "wapenrusting van God" - hoekom ons dit nodig het... Bv., as jy wil kragtig (sterk) word in die Here, dan het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil staande bly teen die liste vd duiwel (hoe hy lê en wag om jou te vang), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil kan weerstand (teestand) bied in die dag van onheil (dag van boosheid), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy die vurige pyle van die Bose wil uitwis, het jy die skild van geloof nodig in die WAPENRUSTING VAN GOD.

Kom ons kyk bietjie meer in op die woorde "SODAT ONS KAN STAANDE BLY TEEN DIE LISTE VD DUIWEL": - die woord "liste" hier is die Gr. woord ("meth-od-i'-ah") wat vewys na 'n "metode" wat deur die duiwel gebruik word om iemand in sy lis te probeer vang, soos om te lê en wag...  Bv., kinders vd Koninkryk wat in die strik van die duiwel gevang is, word tipies na verwys in die Skrif as "dronk" of die wat nie waak nie - hulle is nie nugter nie / nie waaksaam nie, en verwys na mense wat gevang is om die wil vd duiwel te doen (2 Tim. 2:26). Dit is waarom Petrus aan die gemeente skryf  (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die duiwel is 'n teëstander..., en gereddes word beveel om hom teë te staan (bestudeer gerus hierdie pos om meer te verstaan wat "teëstander" beteken: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-grimmigheid-van-god.html)(tipies kenmerkend van teëstanders is dat hulle verag en spot... - hulle is trots, vertel leuens, en terg die Here). As ons kyk na die verhaal van Eden is dit duidelik dat die duiwel 'n teëstander is - hy't bv. die Here God verag en leuens vertel - "geloof" word op hierdie manier aangeval (bv. deur 'n leuen, sodat jy nie glo nie).  L.w. die woorde "standvastig in die GELOOF" daar gebruik in 1 Pet. 5:9, want hierdie is die manier hoe jy die vurige pyle vd bose kan uitwis... (Ef. 6:16) - dit is hoe jy kan seker maak dat jy nie in sy liste gevang word nie (hou vas aan die Here en bly Hom vertrou - moenie die leuen glo nie). Kyk gerus hoe die WAPENRUSTING (vir die geestelike geveg) ook gebruik word in konteks met die tema van NUGTER en WAKKER. Geestelike mense is soos mense wat geestelik BEKLEE is, maar wanneer hulle hierdie "klere" uittrek of besoedel (Openb. 3:4; 7:13,14) en nie was nie, sal hulle onkant gevang word wanneer Jesus terugkom... (Openb. 3:3).  Dieselfde met die wapenrusting van God, want die wat nie daarmee beklee is nie sal onkant gevang word, en in hierdie geval, deur die vyand! Vir studie oor sekere van hierdie onderwerpe, klik op die volgende woorde: (SLAAP)(DRONK)(beklee)(naaktheid)(skaamte ontbloot).

Skild van die GELOOF:
Die prentjie wat vir ons geskets word in Ef. 6 is dat die geredde AANGEVAL WORD DEUR DIE BOSE EN MET PYLE GESKIET WORD..., maar daar is 'n manier hoe hierdie "vurige pyle" uitgewis kan word, en dit is deur GELOOF. Geloof is deel van die "wapenrusting van God", en word voorgestel as die "skild" gedeelte. Wanneer die Here jou skild is (m.a.w., as jy jou vertroue in Hom plaas), hoef jy niks te vrees nie! (Gen. 15:1). Die woord "skild" in Ef. 6:16 is die Gr. woord (" thoo-reh-os' "), wat verwys na 'n groot item, soos die vorm van 'n deur (wat pyle kan afweer en jou BESKERM teen aanvalle). Wanneer jy jou vertroue in die Here plaas hoef jy nie te vrees nie - dan is die Here soos 'n skild vir jou (Ps. 56:4). Bestudeer gerus die konneksie tussen "wêreld oorwin" en "geloof" (1 Joh. 5:4,5), want die woord "geloof" in Ef. 6:16 is die Gr. woord ("pis'-tis") wat gaan oor in wie of waarin jy jou vertroue plaas... - bv. wat sien jy as waarheid?  In wie plaas jy jou vertroue?, maw in die koteks van tussen die wêreld of die Here...;  bv.,  glo jy in wereldse wysheid? of die wysheid van die Here God?  In ander woorde, wat sien jy as waarheid? Plaas jy jou vertroue in die Here God?, of plaas jy dit in die wereld? GELOOF kan m.a.w. onder andere beskryf word as "om die wêreld (bv. sieninge, kennis, wil, ens.) te oorwin" (1 Joh. 5:4,5), en dit is veral waarna geloof verwys in hierdie skrif. 
  
Lendene omgord met die WAARHEID:
In heelwat skrifte waar die lendene omgord is was dit wanneer iemand gereed gemaak het vir 'n pad of missie..., bv. 2 Kon. 9:1 (waar Elisa 'n profete-seun beveel om sy heupe te gord en 'n kruik olie te neem na Ramot om iemand te salf)(kyk ook 2 Kon. 4:29; 1 Kon. 20:31; ens.) - die gord verwys na 'n belt. Dit is interessant om te merk dat die term "omgord die lendene" ook gebruik word in konteks van "nugter" wees, bv. in 1 Pet. 1:13.14 - ("Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie"). Om die wêreld te oorwin begin by om DIE WAARHEID te kies... Dit is soos voorbereiding vir die pad wat voorlê (en soos 'n belt hou dit alles bymekaar).  In 'n gelykenis wat Jesus vertel het in Luk. 12:35-48, waarin Hy hulle vertel om seker te maak hulle is GEREED, gebruik Hy ook die woorde "laat julle heupe omgord wees" (en terloops beveel Hy hulle om WAKKER te wees!). Om "die heupe te omgord" is beslis 'n term gebruik in konteks met "gereed maak" - wanneer jy die waarheid kies is jy soos iemand wat gereed is (is wakker, en sal nie onverwags betrap word nie);  maar as jy wêreldse wysheid en kennis eerder vertrou, is jy soos iemand wat nie gereed is nie. In Jes. 11:5 word geregtigheid daar voorgestel as 'n gordel van sy ("takkie uit die stomp van Isai" / nl. Christus) lendene, en trou die gordel van sy heupe ("gordel" verwys hier na geregtigheid en trou). 

Borswapen van GEREGTIGHEID:

Die woord "geregtigheid" in Ef. 6:14 is die Gr. woord ("dik-ah-yos-oo'-nay"), wat verwys na hoe iemand se karakter en dade in lyn kom met die Here se wil (geregtigheid beskryf basies dat iemand leef en doen soos die Here wil). In 1 Thess. 5:8 word "borswapen" ook gebruik in konteks met "nugter wees" (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid"). Sover is dit duidelik dat die wat die wapenrusting van God aanhet, verwys na mense wat "waak" en "nugter" is! Vgl. dit met Rom 13:12-14 - ("Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In hierdie konteks gaan dit veral daaroor dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees omsy begeerlikhede te bevredig nie (m.a.w., as iemand nie geregtigheid aantrek nie, dan sal hy nie welvoeglik wandel nie, maar toegee aan die begeertes vd vlees).  In 1 Thess. 5:8 word GELOOF en LIEFDE beskryf as die borswapen... (want geregtigheid gaan eintlik hieroor...; m.a.w., dat iemand leef en doen soos die Here wil, bv., vertroue in die Here se wil en raadpleeg Hom, is barmhartig, vergewensgesind, ens).  In heelwat ander skrifte word geregtigheid ook beskryf as iets wat aangetrek word..., bv. in Job 29:14 word geregtigheid beskryf soos 'n kleed;  in Jes. 61:10 word dit beskryf soos 'n mantel.  In Jes. 59:17 word dit ook beskryf soos 'n pantser (Hebr. woord (shir) -yone', -yawn', -yaw', -yo-naw')(borswapen, harnas). 'n Pantser kan jou ook beskerm teen pyle (Jer. 51:3);  in ander woorde, as jy die wil van die Here doen, is jy o.a. beskerm teen die pyle van die bose.

Skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE:

Die evangelie is die goeie boodskap... (Rom 10:15 - "En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!"). Dit wil voorkom of hierdie deel van die wapenrusting verwys na hoe ons bereid moet wees om die goeie boodskap te verkondig (kinders van die koninkryk moet bereid wees om gestuur te word) - 'n evangelie wat nie net vir die kinders van Israel bedoel is nie, maar vir enige iemand! Die begrip "evangelie van vrede" is 'n begrip gebruik in die eerste gemeentes om te verwys na die goeie boodskap wat Jesus Christus gebring het wat o.a. bevestig dat enige iemand van enige nasie, stam, volk of taal gered kan word deur Jesus Christus! (nie net die van Joodse afkoms nie)(Hand. 10:36 - "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal")    (Ef. 2:11-19 - "Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God"). Daar is nie meer Jood of Griek nie... (Gal. 3:28) - in Jesus Christus is Jood en heiden een (natuurlik verwysend na die wat glo in Jesus Christus) - hulle is ALMAL "kinders van Abraham". In ander woorde, as 'n weergeborene bereid is om die evangelie te verkondig, dan kan dit hom kragtig maak in die Here... - dit gaan nie net oor wat die evangelie vir jou beteken nie, maar ook wat dit vir ander kan beteken. Dit is barmhartig om die blye boodskap te verkondig. 

Helm van VERLOSSING:

(Eph 6:17 - "En neem aan die helm (Gr. woord "per-ee-kef-al-ah'-yah" - 'n helmet) van verlossing (Gr. woord "so-tay'-ree-on" - saligheid) en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—". vir 'n studie oor die begrip "saligheid", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html. Redding is "veiligheid", dit is waarna die woord "verlossing" hier veral verwys. Vgl. dit met Jes. 59:17 waarin na verwys word as "die helm van heil (redding, gesondheid, saligheid)" - (Jes. 59:17 - "En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel")(Jes. 61:10).

Die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD:

(Ef. 6:17 - "En neem aan die helm van verlossing en die swaard (Gr. woord "makh'-ahee-rah") van die Gees—dit is die woord van God—").  Die skrif verduidelik vir ons wat bedoel word met "SWAARD VAN DIE GEES", nl. dat dit verwys na die WOORD VAN GOD. Vgl. dit met Heb 4:12 - "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart". Die woord van God verander ons van binne sodat ons begin sien en dink soos die Here. As dit nie gebeur nie, het ons niks om mee te veg nie. In Jes. 49:2 word Israel op 'n interessante manier voorgestel: (Jes. 49:2 - "En Hy het my mond gemaak soos ‘n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ‘n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek")(mond daar die Hebr. woord "peh", wat gaan oor praat, maar o.a. is die woord "twee-snydend" daar in die betekenis vd woord mond) (en "swaard" verwys na 'n wapen, bv. 'n mes, byl, swaard... -Hebr. woord "kheh'-reb"). Vgl. dit met Jes. 11:4, hoe die Here Jesus die aarde sal slaan met die roede van Sy mond..., en kyk Openb. 1:16 waar Hy beskryf word as o.a. 'n skerp tweesnydende swaard wat uit sy mond uitgaan (Openb. 2:12). Om tyd met die woord van God te spandeer is inderdaad baie belangrik vir die wapenrusting.  Oorwinning le in die woord van God, dit is wat ons getuienis moet wees: (Openb. 12:11 - "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie"). 1Jn_2:14 leer dat die wat STERK IS EN DIE WOORD VAN GOD IN HULLE HET, is mense wat die bose oorwin: ("Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het"). Die begrip "oorwin die wêreld" het baie hiermee te doen, is dat ons nie dink en sien soos die wêreld nie, maar dink en sien soos God - die woord van God is hoe die Here sien en dink.  Die woord "wêreld" hier verwys na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is;  hulle het die "gees van dwaling" (1 Joh. 4:6) - hulle bedink die vlees, nie die Gees nie... (sien dus, dat die swaard "van die Gees" verwys na die wat dink soos die Gees). Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense, en die rede waarom geestelike mense anders "dink en sien", is omdat hulle die Heilige Gees het. As jy die bose wil oorwin het jy die woord van God nodig om te veg, nl. die waarheid, die Skrif, die woorde van Jesus Christus, en dus die Heilige Gees nodig, want die Heilige Gees leer en lei ons in die woorde van God (Joh. 14:17,26; 15:26; 1 Kor. 2:12,13; 1 Joh. 2:27) - selfs wanneer ons nie weet wat om te spreek nie, sal Hy vir ons die woorde gee (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig"). Nog 'n woord wat o.a. die "woorde van God" beskryf, is die woord WAARHEID (Mark. 12:14; Luk. 20:21;  Joh. 8:32). Jesus Christus het vir ons die waarheid gebring (Joh. 1:17), en die Heilige Gees word ook o.a. die "Gees van waarheid" genoem... (Joh. 15:26). In ander woorde, om die SWAARD VAN DIE GEES op te neem, beteken dat jy glo in Jesus Christus se woorde (vertrou Sy woorde/gehoorsaam Hom) en gehoorsaam die Heilige Gees (geestelike mense is onder die wet van Jesus Christus/1 Kor. 9:21, en onder die wet van die Gees/Rom. 8:2 - hulle dien vir Jesus Christus, dien die Gees). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom die stryd: 

Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges - Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word, tog is hulle uitgesproke is oor hulle Christelike geloof maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer... WIE IS JOU BRON

Om meer te verstaan van hierdie stryd, moet ons iets weet van hoe die duiwel opereer, bv.:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12)(dit wys darem vir ons wie het eintlik die mag!).

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit;  of kan iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

Die wereld is in die strik van satan, meer presies is natuurlike mense gevang om sy wil te doen (die skrif verwys o.a. hierna as "hulle het 'n gees van dwaling").  Kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID ("gebore in sonde" en omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR DIE DUIWEL HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / hulle het die Heilige Gees). Maar wat gebeur as die geestelike mens terugval? Wat gebeur as hy ander bronne begin raadpleeg, homself of op wereldse wysheid begin staatmaak, ens.? Geestelike mense is nie meer slawe van sonde nie, maar wat gebeur wanneer hy dit weer word? Hierdie is 'n ernstige saak, en hoekom dit so belangrik is dat ons OORWINNING BEHAAL wanneer die duiwel ons probeer vang om sy wil te doen. Die natuurlike mens doen nie die wil van die Here nie maar die wil van die duiwel - is slawe van sonde, maar wat gebeur as geestelike mense wat losgekoop is van hulle slaafskap weer terugval daarin? 

Geestelike mense, nl. die wat vrygekoop is, is nie "kinders vd duiwel" nie (doen en dink nie soos die duiwel nie - is nie onder die gees van dwaling nie) en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie, want hulle het nou 'n nuwe vader (1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). Die geredde (of nuwe mens) dink en sien anders as die wêreld..., en wandel dus anders (want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees). Om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, want ons leef in 'n wêreld waar die bose probeer om ons "heilige klere uit te trek" (probeer om ons te laat teruggaan na die ou mens wat sien en dink en wandel soos die wêreld)(Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander"). Die "aim" is om staande te bly! (vas te hou/om te oorwin)(kyk o.a. die 7 gemeentes in die boek van Openbaring, hoe belangrik dit is "om te oorwin"). In 'n ander konteks word hierdie pad van godsaligheid voorgestel soos 'n wedloop..., waarin die belangrikheid van "geestelike oefening" uitgelig word (1 Kor. 9:24-27) / (1Kor. 9:27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie"). Saligheid is wel verniet, alhoewel jy nou aan 'n ander behoort (Jesus Christus het immers duur betaal vir jou) - die persoon wat verlos is dien die een deur wie hy vrygekoop is, en so "oorwin hy die wereld"... In Luk. 11:21-23 het Jesus 'n interessante stelling gemaak: (Luk 11:21-23 - "Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi"). Dit is belangrik om STERK TE WORD IN DIE HERE, sodat ons nie oorval word nie. En die manier om sterk te word is deur DIE WAPENRUSTING VAN GOD aan te trek - jy kan nie kortpad hier kies nie. Of jou hart is in dit, of nie. (Rom. 12:21 - "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie"). Dit waardeur iemand OORWIN is, daarvan het hy 'n slaaf geword (2 Pet. 2:19). Geestelike mense moet hulleself o.a. sien soos slawe van Jesus Christus en begeer om Sy wil te doen. Dit gaan basies oor wie se wil jy doen, en hierdie is presies die doel van die duiwel, nl. is om mense te probeer van om sy WIL TE DOEN, in plaas van die Here se wil (2Tim. 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Mense wat deur die duiwel gevang is om sy wil te doen, is soos mense wat in 'n strik gevang is. Dit is gevaarlik as kinders van die Here hulle laat vang... (2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste).

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om te sien hoe belangrik dit is om te OORWIN:

1Jn_4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Rev_2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Rev_2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Rev_2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Rev_2:26  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

Rev_3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Rev_3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

Rev_3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Rev_12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Rev_21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Geestelike mense is met Christus beklee (Gal. 3:26-29), maar hulle word ook beveel om hulleself te beklee met die Here Jesus Christus... (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In 'n sekere konteks verwys die woorde "met Christus beklee" na hoe weergeborenes deel is van Jesus Christus se familie (en deel van die wat eendag gaan erf), maar in 'n ander konteks verwys dit na hoe die geredde die "nuwe mens moet aantrek" - dit is iets wat jy moet doen (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/uiteensetting-die-liggaam-klere-en.html)  - en wat dit in hierdie laaste konteks beteken is dat ons (as nuwe mense/eerste konteks) geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens!  Dit is wat gewoonlik bedoel word met die feit dat geestelike mense op 'n pad is van godsaligheid... "Godsaligheid" word o.a. soos OEFENINGE in die Skrif beskryf (in hierdie opsig word geleer dat geestelike oefening selfs belangriker is as liggaamlike oefening!). Net soos wanneer iemand oefen vir 'n wedloop, het soldate ook oefening nodig om hulle gereed te kry vir die geveg, en dit is ook in hierdie konteks waarin ons moet kyk na die geestelike wapenrusting.  In 1 Tim. 4:7 word gereddes bv. beveel om hulle te "oefen in die godsaligheid" (1Ti 4:7 - "Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid") - gereddes moet hulle "oefen" in die nuwe afgesonderde lewe wat hulle nou het. Die geestelike wapenrusting van God gaan oor geloof, geregtigheid, waarheid, bereidheid, verlossing, en die woord... - hierdie is alles deel van die "nuwe lewe".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Poste waarin "geestelike bekleding" o.a. behandel word:

Donderdag 07 Augustus 2025

Klere / Naaktheid bedek / Beklee / Aantrek

Onder die studie van "DIE LIGGAAM" (vd mens)(waar ons gekyk het na verskillende begrippe wat onder die tema van "liggaam" behandel word), was die sewende punt "KLERE en NAAKTHEID".  In hierdie pos kyk ons bietjie meer in diepte na hierdie begrip, meer in 'n GEESTELIKE konteks;  bv., net soos die uiterlike mens (die liggaam) klere nodig het om sy naaktheid te bedek, net so het die innerlike mens (die siel/gees vd mens) klere nodig...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE:
Die uiterlike mens het voedsel en klere nodig..., maar het jy geweet dat jou innerlike mens ook hierdie dinge nodig het? (Matt. 4:4/Deut. 8:3)(Openb. 16:15; 3:18; Jes. 61:10; ens.). In ander woorde, net soos jou uiterlike mens bekleding nodig, net so het jou innerlike mens "KLERE" nodig - die vraag is nou waarna hierdie "klere" verwys?  

Kom ons kyk net vinnig eers na 'n paar voorbeelde in die Skrif waar daar na geestelike klere verwys word:

- Weergeborenes word gesien as "met Christus BEKLEE" (Gal 3:27 - "want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee"); ander woorde wat ook in die O.T. gebruik word van klere vir gereddes, is  "klere van heil" of  "mantel van geregtigheid" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele"). "Klere van heil" kan miskien beskryf word as "om beklee te wees met heil/redding" - (Psa 132:16 - "en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel"). Die wat "met Christus beklee" is (gereddes) is deels 'n beskrywing van hoe iemand onder die kinders van God ingedoop word... - dit verwys spesifiek na die wat in Jesus Chistus gedoop is (wat 'n bewys is van geloof in Hom) - in konteks, Gal. 3, gaan die tema "beklee met Christus" oor ERFENIS (m.a.w. verwys na gereddes, nl. die wat eendag gaan erf / m.a.w., "kinders van Abraham");  en deels beskryf dit iets wat die geredde ook moet doen..., nl. ons "beklee met Christus" wat in konteks beteken dat ons as nuwe mense die begeerlikhede vd vlees moet kruisig (Rom. 13:14). En dit verwys veral na "die kinders van God deur die geloof in Jesus Christus (Gal 3:26-29 - "Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.  Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename").

- Met die bruilof vd Lam sal die "sonder BRUILOFSKLEED" uitgegooi word.  Almal wat uitgenooi word na die bruilof vd Lam moet hierdie KLEED aanhê... (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html). Om te verstaan wat bedoel word met "bruilofskleed", kan daar o.a. gekyk word na die betekenis van "kleed" in die Skrif;  bv., iemand wat NAAK is kan toegedek word met 'n KLEED.../Eseg. 18:16. In ander woorde, ons kan ook inkyk op die woord "naak" in die Skrif, nl. waarna dit geestelik verwys. Natuurlik weet ons goed dat na die sondeval Adam en Eva gewaar het hulle was naak (fisies)(Gen. 2:25; 3:7,11), maar hierdie het ook 'n geestelike betekenis. Naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering (o.a. weens ontbloting)(Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20; ens.). Daarom het elke mens 'n kleed nodig! (geestelik bedoel). Siende almal gebore word in sonde kan mense gesien word soos "naaktes" wat 'n kleed nodig het. Jesus het self ook hierdie soort beeldspraak gebruik, bv. in Openb. 16:15 t.o.v. die wie se naaktheid alreeds bedek is en hulle klere moet bewaar... ("Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy KLERE BEWAAR, sodat hy nie miskien NAAK rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Gereddes wat m.a.w. bedek is met hierdie klere (van heil), moet seker maak dat hulle hul klere bewaar. As gereddes nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, kan so iemand eendag "naak" bevind word wanneer Jesus terugkom - sommige gereddes het hulleself ontbloot (kyk die vb. in Openb. 3 van die gemeente van Laodicense wie na verwys word as "lou" - hulle dink hulle is ryk en het aan niks gebrek nie, maar voor die Here is hulle soos mense wat naak is (sonder klere))! Daarom word hulle gevra om wit klere te koop sodat hulle hul kan "aantrek en die skande van hulle naaktheid nie openbaar word nie"-v.18). Die term "wit klere" verwys veral na die wat gewas is in die bloed van die Lam, en dit is duidelik dat hierdie gemeente nodig het om hulle te bekeer sodat hulle sondes afgewas kan word. Gereddes wat naak rondloop (geestelik bedoel), verwys na die wat naak word a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof.  Die wat nie hulle klere bewaar nie, kan dit verloor! (Openb. 16:15)...(vgl. hierdie met die tema van "Hy kom soos 'n dief in die nag" - moenie "slaap" en "dronk" wees nie, maar wakker en nugter!)(https://warechristene.blogspot.com/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html). In Openb. 3:18 maak Jesus ook o.a. melding hiervan, hoe belangrik dit is dat iemand se naaktheid (geestelik bedoel) bedek is: ("Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). In hierdie konteks word hulle gevra om WIT KLERE te koop... In 'n hele paar ander skrifte word ook melding gemaak van "wit klere" (Openb. 3:4,5; 18; 4:4; 6:11; 7:9; 7:13,14)(Openb. 3:5 - "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele"). Bv., die wat met wit klere beklee word, verwys veral na die wat OORWIN... (bv. die wat hulle lewe verloor ter wille van die geloof, of die wat nie hulle klere besoedel het nie (te midde van ander mense wat dit gedoen het) - wit klere kan o.a. gesien word soos die beloning wat hulle ontvang, omdat hulle oorwin het. 

- WIT KLERE verwys ook o.a. na klere wat "nie besoedel" is nie... (en gaan oor die belangrikheid van om rein te wees en heilig te lewe)(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html) - gereddes moet seker maak dat die klere waarmee hulle geestelik bedek is, nie besoedel/vuil word nie (Openb. 3:18). In die gemeente van Sardis was daar gereddes wie se klere besoedel was... (en die wat hulle klere nie besoedel het nie, nl. die wat oorwin het, is belowe dat hulle wit klere sal kry)(Openb. 3:4 - "Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is") - in konteks is die rede waarom sekeres besoedel was, dat hulle "werke nie volkome was nie", en hulle het o.a. die "naam gehad dat hulle lewe, maar was dood"... (nl. hulle geloof/geloof sonder werke is dood). Besoedel beteken "vuilmaak" - daar is 'n paar voorbeelde van dinge wat in die N.T. genoem word wat gereeddes kan vuilmaak of bedoedel, bv.:  (1) -deur dinge wat deur afgode besoedel is (Hand. 15:20);  (2) -wetend afgodsoffers eet (Hand. 8:7)(dit besoedel die gewete)(kyk ook die tema "dooie werke"); (3) -'n wortel van bitterheid wat opkiet en onrus verwek (Hebr. 12:15); (4) -hoereer en loop agter vreemde vlees aan (Jud. 1:7,8)(dit besoedel die vlees) (vgl. met 2 Pet. 2:10/"wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop" -losbandig, sedeloos) (die wat nie maagdelik rein is nie, is ook basies besoedel (Openb. 14:4), maar in die konteks van huwelik is dit toelaatbaar(1 Kor. 7:14)). Daar kan ook ingekyk word op die woord "onrein"... - bv.,(5) gedagtes kan iemand onrein wees (Mark. 7:15,20,23)(dit is waarom gereddes hulle gedagtes daagliks moet vernuwe/2 Kor. 10:4,5), en (6) as jy reken iets is vir jou onrein, dan is dit! (Rom. 14:14), (7) opsetlike sonde (wat nie neergelê word nie) kan jou ook onrein maak (Hebr. 9:23). (8) Geestelike hoerery (afgodsdiens en afgodspraktyke) is ook 'n vb. van  "vuilword" - rol af na die paragraaf "skaamte ontbloot".

DIE WAPENRUSTING: (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). Geredde mense is in 'n worstelstryd, nie teen vlees en bloed (mense) nie, maar teen "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". Duidelik gaan fisiese klere/wapenrusting nie kan help in hierdie "geveg" nie! - wat jy nodig het is die geestelike wapenrusting..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God - en waak in gebed! Elkeen van hierdie dele moet jy AANTREK en dit sal vir jou iets beteken in die geveg; bv., "geloof" is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus, en daar is nog dele wat jy nodig het vir beskerming..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidhed, en verlossing. Die wapen wat jy gebruik om mee te veg,  is die woord van God. (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NAAK:

Die geestelike betekenis van NAAKTHEID gaan oor "skaamwees en vernedering" (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...) - net soos Adam en Eva skaam geword het na die sondeval en bewus geword het van hulle naaktheid (Gen. 3:7) - hierdie was natuurlik letterlik, maar dieselfde geld ook vir die INNERLIKE MENS (geestelik bedoel). Sonde laat iemand se innerlike "naak" en dit laat hom skaam voel. As die geestelike mens (wat reeds bedek is deur klere - geestelik bedoel) nie sy klere bewaar nie, sal hy homself skaam en NAAK bevind wanneer Christus terugkom; so iemand sal kaal voor almal staan, heeltemal bloot vir almal om te sien... (Openb. 16:15). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande (Gen. 9:21-28) - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels vd wêreld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13).  Op dieselfde wyse sal die wat geestelik naak is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal, en hulle sal in skande staan...  Alle Christene sal voor die regterstoel van Christus verskyn en die wat nie hulle klere bewaar nie, sal hulleself kaal bevind EN HULLE GEHEIME ONTBLOOT. 

Baiemaal stap Christene rond soos mense "sonder klere" - hierdie beeldspraak word in Openb. 3 gebruik waar die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat NAAK is (vgl. met Jak. 5:1-7). Vir ander lyk dit of hulle bekleed is, maar die Here sien die binneste en kan sien dat hulle INNERLIKE MENS eintlik kaal is, want hulle is wel ryk in aardse dinge maar nie ryk in die hemelse nie (hulle moet poog om ryk te word in God...). Hierdie is tipies die probleem wanneer gereddes nie die Here en sy Koninkryk eerste soek nie - gereddes se begeerte moet nie wees om ryk te word in die wêreld nie, maar om ryk te word in God! (1 Tim. 6:9; Openb. 3:18; Matt. 13:22; Jak. 5:1-4; 1 Joh. 2:15-17; ens.).
  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
En kom ons kyk na "naak" in die sin van "skaamte ontbloot:
SKAAMTE ONTBLOOT:

Die begrip "skaamte ontbloot" beteken in Hebr. "kaal" (en kyk verband tussen "skaamte ontbloot" en "naak" - Eseg. 23:18; Hos. 2:10), en gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie (m.a.w. "skaamte ontbloot") nie, maar word gebruik in konteks met:
- waar ons nie iemand anders se "skaamte mag ontbloot nie" (bv. 'n vrou wat menstrueer-Lev. 18:19);  en
- word veral gebruik in konteks met waar vleeslike gemeenskap verkeerd is (bv. waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie, soos 'n naaste bloedverwant, jou vader of moeder, die vrou van jou vader, jou suster, jou skoondogter, 'n vrou en haar dogter, ens.).  In die huwelik behoort twee mense se skaamte aan mekaar en is vleeslike gemeenskap toelaatbaar, maar in die geval waar iemand hoereer of egbreuk pleeg, is hy besig om 'n skaamte wat aan iemand anders behoort, onwettig te ontbloot (Lev. 18:8).

Afgodsdiens en heidense praktyke word vgl. met hoerery! (dit is soos om geestelik te hoereer). Die geredde wat afgode aanbid of hom ophou met heidense praktyke, is besig om "geestelik te hoereer". Vgl. dit met die beeldspraak in Eseg. 16:36 waarin die Here Sy kinders aankla dat hulle hul SKAAMTE ONTBLOOT het deur hulle "hoererye"...; wat in daardie konteks verwys na afgode en omgang met ongeregtiges en ophou met heidense praktyke (Eseg. 16:36 - "So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het").  In v. 37 word hulle voorgestel as "NAAK"!  In die boek van Openb. het Jesus ook hierdie beelsdspraak gebruik waarin hy daardie groep Christene waarsku want hulle waak nie, en BEWAAR NIE HULLE KLERE NIE (maar loop NAAK rond en hulle SKAAMTE kan GESIEN word).  (https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  Wanneer gereddes geestelik hoereer is hulle besig om vuil te word, en kan o.a. beskryf word as dat hulle hul "skaamte ontbloot" (omdat hulle "geestelik hoereer" / die dinge maak mens vuil (Eseg. 20:30; 1 Kor. 10:20-22; ens.))- diesulkes moet hul bekeer, want anders kan hulle onverwags betrap word wanneer Jesus terugkom (Hy kom soos 'n dief in die nag... - pasop dat jy nie naak bevind word nie)(Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Om jou skaamte op 'n geestelike manier te ontbloot, verwys dus na geestelike hoerery (nl. afgode. afgodsoffers, afgodspraktyke...). Kyk gerus ook in op die woord "WAAK"...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
AANTREK / BEKLEE:

- BEKLEE: Die mens se liggaam kan soos 'n BEKLEDING gesien word (bv. van die innerlike mens / die uiterlike mens "beklee" die innerlike mens)(Job 10:11 - "Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg"). Die nuwe liggaam wat vir die geredde belowe word ('n onverganklike liggaam) word ook in 1 Kor. 15:53,54 voorgestel soos iets waarmee ons BEKLEE sal word - ons sal nuwe liggame "aantrek" ("Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning"). Iemand se gewete kan "beklee" word..., bv. die Here kan jou haters "met skaamte beklee" (Job 8:22), of jou teëstanders met smaad beklee (Ps. 109:29), of jou vyande met skaamte beklee (Ps. 132:18), of beklee met verbasing (Eseg. 7:27), of beklee word met siddering (Eseg. 26:16)... Om jou te beklee is om IETS AAN TE TREK, en hierdie soort beeldspraak word in verskillende kontekste gebruik (bv. Jes. 50:3 - "Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met ‘n roukleed" in beeldspraak van iets...). In vele skrifte word hierdie beeldspraak gebruik van geestelike bekleding, bv. om jou "met Christus te beklee"; soos "om Hom aan te trek", wat natuurlik 'n verwysing is na iets spesifiek - deels verwys dit na hoe gereddes familie is van Jesus Christus, en deels hoe daar van gereddes verwag word om as nuwe mense die begeerlikhede vd vlees te kruisig (Rom. 13:14).  Die innerlike mens het, net soos die uiterlike mens, nodig om beklee te word..., en verskillende soort bekledings in die Skrif word in verskillende kontekste gebruik. Die wat gered word word bv. beklee in "klere van heil" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele") - m.a.w., het "redding aangetrek". Dieselfde soort beeldspraak word ook gebruik in Gal. 3:27 - "MET CHRISTUS BEKLEE" verwys na die wat in Christus Jesus gedoop is, die wat in Hom glo... - hulle het Hom "aangetrek", is nou deel van Sy familie, maar verwys ook na hoe die geredde die "NUWE MENS AANTREK", 'n mens wat na God geskape is/verwys na die wat gebore is uit God se saad - Ef. 4:24; Kol. 3:10). Gereddes word o.a. gevra om hulle te beklee met "innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid, en bo dit alles om ons te beklee met die liefde! (-om die nuwe mens aan te trek/Kol. 3:12,14). Die beeldspraak word ook somtyds gebruik van Jerusalem/Israel (bv. Eseg. 16:10 - "Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy")   (of die Jerusalem.../Openb. 21:2 - "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is") - vd bruid/vrou vd Lam - (Openb. 19:7,8 - "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges"). Nog 'n konteks waarin ingekyk kan word, is die van "feesklere" (van die wie se skuld vergewe is - en vgl. dit miskien ook met die wat uitgenooi is na die bruilofsmaal... - kyk "bruilofskleed")(Sag. 3:4 - "Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere"). Die wat OORWIN word op beurt voorgestel as mense wat beklee sal word met wit klere (hulle name sal nooit uitgewis word uit die boek van die lewe nie)(Openb. 3:5). Die swakste lede in die Christelike liggaam word ook voorgestel as mense wat "beklee" is, in hierdie konteks "met oorvloediger eer as die ander lede" (1 Kor. 12:23). 

- INNERLIKE VERSIERING: In Pet. 3 word die belangrikheid van "innerlike versiering" uitgelig bo die uiterlike - (1Pe 3:1-4 - "Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God"). In 1 Pet. 3 word hierdie versiering en bekleding o.a. voorgestel as "ONVERGANKLIKE VERSIERING", en verder beskryf as 'n "sagmoedige en stille gees" (nederig en vredevol)(in hierdie betrokke geval, van die vrou...).

- BEKLEE JULLE MET DIE NUWE MENS: Kyk o.a. die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming). Gereddes is alreeds beklee met Jesus Christus (Gal. 3:27)..., maar hulle word ook beveel "om hulle te beklee met die Here Jesus Christus..." (is ook iets wat hulle self moet doen) - (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie") - en wat dit in hierdie konteks beteken is dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie - moenie ons vlees beklee met begeerlikhede vd vlees, soos drank, ontug, ongebondenheid, twis, ens. (kyk vorige vers) nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens! (Ef. 4:24)- bv., bedink die dinge daarbo, ens. ( Kol 3:2-10 - "Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper").  Dit gaan oor "Christus in ons"... (v.11)(is nuwe mense wat familie is van Hom / is van Sy vlees en Sy bene), en in v. 12 word ons beveel: "Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid". (Col 3:13-17 - "Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom"). Om met die nuwe mens beklee te wees beteken dat jy anders sien en dink..., en wandel!, want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees en is "onder die Gees" (Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander") - om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, nl. 'n wortelstryd nie teen vlees en bloed nie, maar teen "die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". Gereddes het 'n geestelike WAPENRUSTING nodig, wat verwys na waarheid, geregtigheid, bereidheid, geloof, verlossing, en die woord: (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). Duidelik gaan fisiese klere/wapenrusting nie kan help in hierdie "geveg" nie! - wat jy nodig het is die geestelike wapenrusting.. - en waak in gebed! Elkeen van hierdie dele moet jy AANTREK en dit sal vir jou iets beteken in die geveg; bv., "geloof" is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus, en daar is nog dele wat jy nodig het vir beskerming..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidheid, en verlossing, en die wapen wat jy gebruik om mee te veg  is die woord van God. 

Skrifte: oor "AANTREK": 
- Kyk die gelykenis vd verlore seun: (Luk 15:22)  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete (vgl. hierdie met "feesklere" - die wie se skuld weggeneem word). Vgl. ook met (Jes. 52:1 - "Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie"), en tema "bruilof vd Lam" (Openb. 19:7,8).
- Wapenrusting: (Ef. 6:11 - "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel") -hierdie is reeds boontoe bespreek.
- Koop wit klere: (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien") -hierdie is reeds boontoe bespreek.
- Innerlike versiering: (1Pe 3:3,4 - "Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,  maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God") -reeds boontoe bespreek.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 10 Mei 2017

Eindtyd Onderwerpe

Alle "Eindtyd onderwerpe" op hierdie blog is onlangs geskuif na 'n nuwe adres:  http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/. Sekere van hierdie onderwerpe het kort opsommings op die Sondagskool blog en kan dus vir eers daar verkry word...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die volgende onderwerpe is oorgeskuif maar nog nie "gepos" nie 
- word met die tyd hersien, byvoegings gemaak, en ekstra moontlike interpretasies met die tyd bygevoeg:

-OPSTANDING/"WEGRAPING"
-LYS EINDTYD ONDERWERPE
-OLYFBERG
-EERSTE SEEL (konteks skrifte)
-TWEEDE SEEL (konteks skrifte)
-DERDE SEEL (konteks skrifte)
-VYFDE SEEL (konteks skrifte)
-VIERDE SEEL (konteks skrifte)
-SESDE SEEL (konteks skrifte)
-DAN. 2,7,8,11 / OPENB. 12,13,17
-SLEUTELGEBEURE OPENB. 11 - 21
-SEWENDE SEEL (konteks skrifte)
-OPSOMMING - TYD VAN SLEUTELGEBEURE
-WIE OORWIN SAL BEKLEE WORD MET WIT KLERE: http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html
-WANNEER JESUS TERUGKOM, SAL HY WEL DIE GELOOF OP AARDE VIND?
-EN DIT SAL VIR JULLE UITLOOP OP 'N GETUIENIS...
-AAN HOM WAT OORWIN SAL EK GEE OM SAAM MET MY TE SIT...
-WIE IS DIE KORING EN DIE KAF?
-WAT BETEKEN DIT OM GEREED TE WEES?
-SOOS 'N DIEF IN DIE NAG
-WAT IS DIE DOEL VAN DIE "WEGRAPING"?
-WIE IS DIE SKAPE EN DIE BOKKE?
-WIE IS DIE KORING EN DIE ONKRUID?
-DIE WEDERKOMS
-TOT DIE SONDE VOL IS
-HET DIE EERSTE GEMEENTES GEGLO DAT JESUS IN HULLE TYD SOU TERUGKOM?
-DIE HERE WEET OM DIE GODSALIGES UIT VERSOEKING TE VERLOS
-VOLGORDE EINDTYD GEBEURE
-ONS MOENIE SY WEDERKOMS VERHAAS NIE
-DIE WAT HULLE LEWE VERLOOR SAL DIT WEN
-IS DIE KERK DIE BRUID VAN CHRISTUS?
-HOE VERGELYK DIE VERSKILLENDE EINDTYDSKRIFTE MET MEKAAR?
-NOG 'N OPSOMMING VAN EINDTYD ONDERWERPE
-KENMERKEND VAN DIE EINDTYE
-GAAN UIT HAAR UIT MY VOLK
-IS DIE KERK BESIG OM TE OES?
-WAARNA VERWYS DIE TERM OES IN DIE SKRIF?
-MAAK VIR JULLE VRIENDE DEUR DIE ONREGVERDIGE MAMMON?
-HOEKOM SKEI DIE HERE NIE NOU AL DIE KORING EN DIE ONKRUID NIE?
-ONS MOET LEEF ASOF JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS NABY IS
-WANNEER IS DIE EINDE VAN DIE WERELD?
-DIE TEMPEL VAN GOD
-JESUS CHRISTUS SE KONINKRYK
-DIE BRUILOF VAN DIE LAM / DIE MAALTYD / DIENSKNEGTE
-HY SIT KONINGS AF EN STEL KONINGS AAN
-DIE ANTICHRIS
-DIE VALSE PROFEET
-VERDERE AANTEKENINGE OOR BABILON
-42 MAANDE
-JULLE IS MEER WERD AS BAIE MOSSIES
- DIE TYD IS NABY
-WAT BEDOEL "AAN HOM WAT OORWIN"?
-EINDTYDSKRIFTE WAT MAKLIK VERWAR WORD
-HET ONS GEMAAK KONINGS EN PRIESTERS...
-WANT EERS MOET DIE AFVAL KOM
-WAARDEUR WORD DIE VRUG VAN DIE GELOWIGE BEINVLOED
-GOEIE VRUG EN GOEIE WERKE
-MOENIE OORDEEL / VEROORDEEL NIE
-HIERDIE EEU / VOLGENDE EEU
-JERUSALEM
-NUWE JERUSALEM

Maandag 01 Oktober 2012

'n Wonderwerk in wording...

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wanneer-iemand-die-here-versoek-wys-dit.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wanneer-jy-die-here-se-wil-doen-beteken.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die pad wat ons moet stap om te ontvang wat die Here ons belowe, is nie altyd maklik nie.  Toe Hy bv. vir Moses teruggestuur het na Egipte om die volk te verlos uit die hand van die Farao, was dit moeilike tye vir die volk.  Dit is bv. interessant om te merk dat die Farao strenger op hulle geraak het en hulle harder moes werk voor hulle daaruit is (Eks. 6:5-23). Dit is ook moontlik dat hulle die eerste twee plae self ervaar het, siende God eers met die derde plaag spesifiek onderskeid gemaak het tussen Egipte en die Israeliete (Eks. 8:22,23).  Hulle was presies gehoorsaam aan die Here en het die pad geneem wat Hy vir hulle aangewys het, maar bevind hulleself toe vasgekeer met die Farao en sy leermag op hulle hakke. Vir drie dae lank het hulle getrek van die Rietsee sonder water, en toe hulle by Mara kom, is die water bitter!  Waar hulle knus in hulle huise gebly het in Egipte met volop vleis, het hulle hul nou bevind in 'n situasie met geen brood en vleis nie........en so kan ons aangaan.  Die feit is, die Israeliete het hierdie situasie nie goed hanteer nie! In plaas van hulle oe te hou op die Here en hulle vertroue in Hom te plaas, lees ons hoe hulle gedurig gekla en gemurmureer het, ontevrede was en Moses en Aaron kwalik geneem het vir die situasie waarin hulle was. Hulle wonderwerk in wording, was toe nie so maklik nie!

Daar is baie ander soortgelyke situasies in die skrif.  Dawid was bv. gesalf as koning lank voor hy koning geword het en die pad daarnatoe, was nie maklik nie;  hy moes bv. op 'n stadium vlug vir sy lewe omdat koning Saul  jaloers was op hom....ens.
Die magtige profeet, Samuel, het ook nie 'n maklike pad gehad nie en is ter wille van hierdie bediening, op 'n jong ouderdom van sy gesin verwyder...ens.
Die Here het vir Josef gewys in drome hoe hy oor sy broeders sou "regeer"- hiervoor is hy sleggese, verkoop as 'n slaaf, later in die tronk gegooi weens valse getuienis teen hom, ens....
Die dissipels het dit ook nie maklik gehad nie - hulle moes deur baie verdrukkinge gaan, somtyds honger gaan slaap, is in die gevangenis gegooi  en sleggese....
Ons bevind ons ook baiemaal in soortgelyke situasies.  Die feit dat die Here aan ons kant is, beteken nie dat die pad glad gaan wees sonder moeilikhede nie.  
Waarin die volk egter gefaal het, keer op keer, was om te faal om die Here aan te roep en vir 'n uitkoms te vra, nee, hulle het liewer geloop en kla en bevrees geraak en Moses en Aaron skuld gegee vir hulle omstandighede. Hulle het hulle bevind op 'n plek waar hulle geen sekuriteite gehad het nie.  Om die waarheid te se, hulle het verkies om liewer soos slawe te werk met al die sekuriteite, as om gehoorsaam te wees aan die Here en op Hom te vertrou! (Exo 14:11) "En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipteland uitgelei het? (Exo 14:12)  Is dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe. (Exo 16:3)  En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe".  Daar was 'n korter pad vanaf Egipte na Kanaan, maar die Here wou hulle nie met daardie pad stuur nie, omdat Hy geweet het dat hulle a.g.v. hulle onvertroue net maar weer sou teruggaan na Egipte die oomblik as dit nie so goedgaan nie -(Exo 13:17)  Toe Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.(Exo 13:18)  Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.;  daarom het Hy hulle in 'n posisie geplaas waar hulle nie anders kon as om Hom aan te roep en te vertrou nie.  Dit is eintlik 'n besturing wanneer die Here ons in 'n doodloopstraat instuur!   

Moses het egter die geloof gehad en die Here telkens geraadpleeg en was tevrede met Sy manier van doen.  Hy het homself onderwerp aan die God wat hemel en aarde gemaak het. Hy het nie geskrik vir moeilikheid nie, want die Here was telkens sy uitkoms.  Hy het nie moeilikheid gesien as 'n probleem nie, want sy hoop was in die Here en hy het staatgemaak op die Here se uitkoms en het homself onderworpe gestel aan die Here se wil. 
Moses het GELOOF gehad. 
Om die wil van die Here te doen, beteken nie dat die pad gelyk gaan wees nie;  dit beteken ook nie dat dit enige wereldse sekuriteite inhou nie. Vir 'n wonderwerk in wording, het ons GELOOF nodig/  ons moet nie so gou opgee nie, maar liewer BID en vir die Here vra vir 'n uitkoms /  ons moenie onsself toelaat om ontevrede te wees oor ons omstandighede nie, maar liewer aanvaar dat die Here in beheer is daarvan en op Hom staatmaak om dit vir ons te verander/  ons moenie ons hoop sit in wereldse sekuriteite nie, maar in die Here;  daarom gehoorsaam wees aan die Here, ten spyte van wereldse sekuriteite/  ons moenie so gou bevrees raak nie, maar dit vervang deur vertroue en die Here vra na leiding.....   hierdie het alles te doen met die toestand van die hart, of ons onsself regtig onderdanig stel aan die Here en Hom in beheer plaas van ons lewens.
-------------------------------

(Ecc 11:4)  Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.




(Jas 1:5)  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
(Jak 1:6)  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

(Jak 1:7)  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—

(Jak 1:8)  so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.