Maandag 09 Oktober 2023

Wat beteken dit om IN DIE GEES te BID, of wanneer iemand SE GEES BID?

 

Vir 'n studie oor wat dit beteken om "IN DIE GEES WEES", gaan na:

https://warechristene.blogspot.com/2019/01/in-die-gees-wees.html


In hierdie pos kyk ons spesifiek na wat dit beteken om 

-IN DIE G(g)EES TE BID. of wat dit beteken as iemand 

-SE GEES BID.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die woorde "in die Gees bid" verwys na wanneer iemand bid soos die Gees hom/haar lei - m.a.w., wanneer iemand deur die Heilige Gees gelei word wat om te bid... - die woorde BID IN DIE HEILIGE GEES word gewoonlik dan gebruik ("terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid BID IN DIE Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges" - Ef. 6:18)  ("Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en IN DIE HEILIGE GEES BID" - Jud. 1:20), en is nie noodwendig woorde wat uitgespreek word nie ("En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge" - Rom. 8:26).

Die woorde "my gees bid" verwys na wanneer iemand nie in die verstand bid nie maar "in sy gees bid", maar meer spesifiek "in 'n ander taal" - sy gees is besig om te bid;  dit verwys na wanneer IEMAND IN 'N TAAL BID... ("Want as ek in ‘n taal bid, dan BID MY GEES, maar my verstand is onvrugbaar" - 1 Kor. 14:14) - 'n taal wat deur die Heilige Gees gegee word. Daar word ook hierna verwys as "bid in tale" (1Kor. 14:13-15 -  "Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlĂȘ. Want as ek IN 'N TAAL BID, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing"). M.a.w., wanneer iemand in 'n taal bid dan is hy ook besig om TOT DIE HERE TE BID..., maar IN 'N ANDER TAAL WAT DEUR DIE HEILIGE GEES GEGEE WORD;  dus, sou die taal (gebed) uitgele word sou dit logies gesproke lui as 'N GEBED TOT GOD - ("Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede" - 1 Kor. 14:2). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wanneer iemand se gees bid / in 'n taal bid:

Die gawe van tale is iets wat deur die Heilige Gees gegee word aan sekere weergeborenes (1 Kor. 12:8-10).  Nie almal ontvang alle gawes nie, en daarom verkry ook nie alle weergeborenes die gawe van tale nie (1 Kor. 12:30,31). 

Dit is verkeerd vir 'n kerk om te verhinder dat daar in tale gespreek word (1 Kor. 14:39), maar dit is ook iets WAT ORDELIK MOET GESKIED! (1 Kor. 14:26,27), en daarom is daar bepaalde reels rondom die spreek van tale tydens byeenkomste ("Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlĂȘ"). Bv., wanneer jy in 'n taal bid dan verstaan ander mense nie wat jy bid nie.  Jy verkry wel die uitleg jouself terwyl jy bid, maar as jy wil hardop in 'n taal bid in die gemeente (terwyl die ander daarna luister), is dit logies dat jy dit vir hulle moet uitle - want anders, hoe sal hulle verstaan wat jy bid?  (1 Kor. 14). Daarom is die uitleg van tale belangrik waar daar in 'n taal tydens 'n byeenkoms hardop gebid word - dit is dieselfde soos wanneer iemand opstaan om 'n gebed in die verstand vir die hele gemeente te bid, behalwe dat dit uitgele moet word as dit in 'n ander taal is... (1Kor.  14:19 - "maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal"). Wanneer almal teenwoordig die gawe van tale het en almal gelyk saam hard bid in 'n taal, maak dit natuurlik nie saak of dit uitgele word nie want almal is besig om te bid op hulle eie...;  of wanneer iemand op sy eie (gewoonlik sag) in 'n taal bid terwyl almal rondom ook bid (hetsy met die verstand of in 'n taal)... Die uitleg is belangrik waar die gebed voor die gemeente of groep gedoen word asof die persoon namens die gemeente of groep of alleen bid.

Wanneer iemand in 'n taal bid word daardie gebed deur die Heilige Gees gelei, en is soos enige ander gebed iets waaroor gebid moet word... - bv. 'n danksegging, spesifieke goed soos om te vra vir insig, ens., gebed vir iets of iemand spesifiek, ens. - DIT IS 'N GEBED. Ons weet nie altyd waarvoor om te bid nie - in die geval waar iemand in 'n taal bid, lei die Gees die gebed... Terwyl die persoon in 'n taal bid kry hy ook die uitleg van wat sy gees besig is om te bid... (hy weet wat sy gees besig is om te bid).

Waar iemand hardop in 'n taal bid word die uitleg somtyds ook aan iemand anders gegee om dit aan die gemeente uit te le (sommige weergeborenes ontvang die "gawe van uitleg van tale" - 1 Kor. 12:10). As iemand hardop in die gemeente wil bid in 'n ander taal dan moet hy dit uitle! (want niemand anders verstaan dit nie);  dus, dit moet of deur jouself (wat bid in 'n taal) uitgele word, of iemand anders sal die uitleg van die gebed ontvang deur 'n gawe van uitleg van tale... en sal dit dan in die gemeent in die taal wat almal verstaan hardop bid. 

Gebed stig - die doel van tale is om jouself te stig, (terwyl die doel van profesie is bv. om ander te stig.  Bv., as daar vir iemand spesifiek tydens so 'n sessie ingetree word terwyl daar m.a.w. in 'n taal gebid word en die Gees hom lei wat om te bid..., dan kan hierdie persoon wat in 'n taal bid insig verkry en agterna vir die persoon waarvoor gebid is profeteer... - die spesifieke uitleg sou wees 'n GEBED, ja!, en kan in die persoon se taal nou as 'n gebed opgegee word, maar daar word somtyds besluit om dit in die vorm van 'n profesie te gee omdat deur die gebed spesiale insig verkry is, bv. 'n spefisieke iets wat vir die persoon gebid is tydens die sessie...) ("Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente" - 1 Kor. 14:4). 

Die "gawe van tale" word dus deels gebruik 

- "om tot God te bid in die gees" (1 Kor. 14:14);  of dit kan gebruik word om 

-"die evangelie te verkondig aan ongelowiges in hulle eie taal" (1 Kor. 14:22). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Verse waarin hierdie woorde voorkom:

1Kor. 14:14  Want as ek in ‘n taal bid, dan BID MY GEES, maar my verstand is onvrugbaar.

Ef. 6:18  terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid BID IN DIE Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

Jud. 1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en IN DIE HEILIGE GEES BID.

Nog verse waarin moontlik ingekyk kan word om hierdie beter te verstaan:

Rom_8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

Geen opmerkings nie: