Saterdag 17 Februarie 2018

Eden / tuin van Eden

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE PLEK/BEGRIP "EDEN" 
ASOOK NA DIE "TUIN VAN EDEN".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING (rol af vir meer skrifte):

Ons moet onderskei tussen die terme "Eden" en "Tuin van Eden":
-"Eden" (of genoem "tuin van God")(Eseg. 28:13; 31:9), en
-"tuin van Eden" (Gen. 2:8,15)(alhoewel sommige geleerdes ook na die tuin van Eden verwys as tuin van God, en nie noodwendig verkeerd nie omdat die tuin van Eden binne-in, altans in die ooste van Eden was).

Die "tuin van Eden" was geplant in die Ooste van Eden (Gen. 2:8).  Eden was 'n fisiese gebied op die aarde (genoem die tuin van God), en die tuin van Eden wat in die ooste daarvan was, was oorspronklik aan Adam en Eva gegee as tuiste, en hulle plig was om dit te bewerk en bewaak (Gen. 2:8,15). Waar die Skrif praat van die tuin van God, lyk dit of dit verwys na 'n groter area as die tuin van Eden.

-  Die presesie ligging van EDEN (die tuin van God) word nie vir ons gegee nie.
-  Inligting word wel gegee oor die "TUIN VAN EDEN" se ligging, maar siende twee vd riviere nie meer sigbaar is nie of ander name het, is dit moeilik om te bepaal waar dit min of meer was. 'n Paar ander skrifte in die Bybel word ook gebruik om hierdie ligging te probeer vasstel (bv. Eseg. 31:1-18; 28:13; Spr. 4:7-18). Skrifte in Gen. wat veral gebruik word, is Gen. 2:8-20; 3:28; 4:2,3, 8,12,16. As die twee riviere wat steeds sigbaar is inderdaad die twee riviere is genoem in Gen. 2:10-14, dan is dit moontlik te kan bepaal waar (min of meer) die tuin van Eden was - moontlikhede is Turkye, Iran, Irak na die Persiese golf toe, en heelwat geleerdes plaas die tuin van Eden in die gebied van Labanon (Bekaa Valley; Dier Zenoun) of Israel.   Siende al 4 rivierlope na 6000 jaar bes moontlik nie meer sigbaar is nie, is dit onmoontlik om die presiese ligging vas te stel.  Dus, alhoewel dit baie sal beteken vir die geloofwaardigheid van die Genesis verhaal as ons kon vasstel waar Eden en/of die tuin van Eden was, is dit nie op die oomblik moontlik om die presiese ligging te weet nie.

Behalwe Genesis in die Bybel, is daar ook ander antieke bronne wat melding maak van so 'n plek wat eens op aarde was. Volgens die Bybel het die "bome van Eden" weggesink na die onderste dele vd aarde (Eseg. 31:8)(sekerlik met die sondvloed);  en dit wil voorkom of die "boom vd lewe" wat eens in die tuin van Eden was nou gevind kan word in die hemel waar God woon, in die Paradys van God, en in die nuwe Jerusalem (wat eendag uit die hemel gaan neerdaal op die aarde).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dus:

-    Eden  =  tuin van God:  "EDEN" VERWYS NA DIE "TUIN VAN GOD" (waarvan die ligging nie bekend is nie, alhoewel 'n deel daarvan bekend is), terwyl

-  Tuin van Eden  =  'n tuin in die Ooste van Eden (tuin van God) geplant was:  Die tuin WAARIN ADAM EN EVA GEWOON HET VOOR DIE SONDEVAL (en die ligging hiervan is bekend, maar na 6000 jaar is die riviere nie almal sigbaar nie).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Eden, 'n tuin...
Is daar 'n verband tussen "Paradys" en "Eden"?:
Die woord paradys is die Griekse woord paradeisos "par-ad'-i-sos", wat beteken ('n park of 'n "Eden")(vgl. dit met die Hebr. woord "par-dace" (park/tuin).

Die woord kom in 3 skrifgedeeltes voor:
-Luk. 23:43  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
-2Kor. 12:4  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.
-Openb. 2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

In Eseg. 28:13 (Libanon area) en 31:9 word EDEN genoem "tuin van God".  'n Tuin is gewoonlik 'n goed-besproeide area waarin allerhande soorte gewasse groei.  Vgl. dit met (Jes. 58:11; Jes. 61:11)(welbesproede tuin-Jer. 31:12) en Eseg. 31:19 waarin verwys word na die verskeidenheid van bome in die TUIN van God. Baie geleerdes is van mening dat die gelykenis vd ryk man en Lasarus iets soos 'n paradys in die doderyk beskryf waarin Lasarus hom bevind het (Luk. 16).  Alhoewel die woord paradys nie daar genoem word nie word hierdie plek in die doderyk beskryf as 'n plek met 'n groot kloof (Luk. 16:26), en aan die een kant vd kloof is die onregverdiges (soos die ryk man in die gelykenis) en aan die ander kant die, regverdiges (soos Lasarus in die gelykenis). Volgens v. 26 kan hulle glad nie na mekaar toe oorgaan nie. Sommige geleerdes is van mening dat die deel waar Lasarus hom bevind het verwys na die "paradys" of Eden wat weggesink het na die onderwereld (Eseg. 31:8). Dit word ook vgl. met bg. skrif in Luk 23:43 waarin Christus verklaar dat die persoon langs Hom op die kruis (die een wat Hom gevrees het) daardie dag nog saam met Hom sal wees in die Paradys (kan miskien vgl. word met 1 Pet. 3:19 en 4:6, alhoewel verskille oor interpretasie). Dit is wel duidelik dat Christus met Sy sterwe afgedaal het na die doderyk, maar natuurlik is Hy nie daar gelos nie! (Hand. 2:27,31; 13:35; Ps. 16:10). Christus Jesus het die sleutels vd doderyk (Openb. 1:18), en het ook mag om enige iemand daaruit los te koop.
Ander geleerdes is van mening dat "paradys" in Luk. 23:43 verwys na 'n paradys in die hemel waar God woon, en kan moontlik vgl. word met die vorige vers:  "En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom".  Of Christus hier verwys het na 'n Eden in die onderwereld, of verwys het na 'n Paradys in die hemel waar God woon, is natuurlik 'n punt van redenasie, en verwys miskien eerder na beide, siende Christus se liggaam nie vergete was in die graf nie!  Vgl. ons dit ook met 2 Kor. 12:4 wil ons graag glo dat die Paradys waarna in hierdie skrif verwys word, verwys na 'n paradys in die "derde" hemel (die hemel waar God woon), siende Paulus in v.2 ook melding maak van 'n man wat weggeruk was tot in die derde hemel. En dan is daar nog Openb. 2:7 wat verwys na die boom vd lewe in die paradys van God ("tuin van God") - ons weet dat die boom vd lewe in die tuin van Eden was, maar verwys hierdie boom van lewe na 'n boom in die onderwereld, of een in die derde hemel?  Natuurlik wil ons liewer verstaan dat dit verwys na die (derde) hemel - vgl. dit gerus ook met die nuwe stad Jerusalem wat uiteindelik vanuit die (derde) hemel op die aarde sal neersak (op die nuwe hemel en aarde), en l.w. Openb. 22:2: - "In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies".  Dus, uit die 3 skrifte waarin die woord paradys genoem word, is dit duidelik dat dit nie noodwendig verwys na eden wat weggesink het in die onderwereld nie, maar kan ook verwys na 'n paradys in die derde hemel.  Dit is wel so dat die woord "eden" verwys na 'n tuin wat gesien kan word as 'n paradys...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Anders as wat woestyn of wildernis sou voorstel, kan Eden (tuin van God) en die tuin van Eden (waarin die mens gewoon het voor die sondeval) in beeldspraak gebruik word, en vgl. word met vreugde en blydskap, danksegging en die klank van liedere,,, (Jes. 51:3).
_________________________________________________________________________________

Die belangrikheid vd BOOM VD LEWE:
-------------------------------------------------
Voor die sondvloed was die tuin van Eden bewaak en geen mens toegelaat om daar in te gaan nie (sodat hulle nie eet vd boom vd lewe en vir ewig lewe nie).  Die tema vd boom vd lewe is dus eerder wat belangrik is! - nie noodwendig die eens ligging van Eden nie (waarvan die "bome van Eden" in elk geval huidiglik in die onderwereld is).

Die vraag wat ons dus eerder moet vra, is:
WAT IS DIE LIGGING VAN DIE BOOM VAN DIE LEWE? (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/boom-van-die-lewe.html)(dit is slegs "die wat nie doodgaan nie" wat toegang sal he tot die boom vd lewe..., en die boom vd lewe is nerens op die aarde vandag te vind nie).  Die tuin van Eden kan nerens gevind of na gegaan word nie, en waar dit ookal eens was, is dit nie meer nie.  Dit maak m.a.w. nie regtig saak wat die presiese ligging van Eden of die tuin van Eden was nie, alhoewel dit veel waarde kan gee aan die geloofwaardigheid vd verhaal.  Volgens Openb. 2:7 is die BOOM VAN DIE LEWE in die PARADYS VAN GOD. As hierdie vers inderdaad verwys na Eden wat die "tuin van God" genoem word wat eens op die aarde was, bestaan daardie Eden duidelik nie meer nie, want die bome van Eden het weggesink na die onderwereld.  Die Bybel leer ook verder vir ons dat dit slegs die gehoorsames is wat eendag sal reg he tot die boom vd lewe en ingaan in die stad - die nuwe Jerusalem... (Openb. 22:14) - en l.w. dat  Openb. 22:2 ook in soveel woorde leer dat die boom van die lewe in die nuwe Jerusalem is.  As iemand toegang soek tot die boom van die lewe sal hy moet weet wat om te doen om te kan ingaan in die stad die nuwe Jerusalem...
https://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html;
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/07/die-heilige-stad.html;
- http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/09/wie-sal-ingaan-in-die-nuwe-jerusalem.html;
https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html;
https://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html;
https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html;
- https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html;
https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Feite oor Eden:

-  In Eseg. 28:13 en 31:9 word Eden genoem, "tuin van God";
-  Eden (of genoem "tuin van God") was volop water en vrugbaar (soos die Jordaanstreek was voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het)(Gen. 13:10).  Dit kan nie vgl. word met 'n woestyn of wildernis nie (Jes. 51:3) - vgl. met Joe 2:3), en anders as woestyn en wildernis (dor plekke), is 'n tuin goed besproei en daar is genoeg water sodat die gewasse in 'n tuin uitspruit (Jes. 58:11; Jes. 61:11)(welbesproede tuin-Jer. 31:12).  Sien bv. "verskeidenheid van bome in die tuin van God"... (Eseg. 31:9);
-  die bome van Eden is later neergewerp in die onderste dele vd aarde (na die doderyk - in die kuil)(Eseg. 31:18).

Feite oor Tuin van Eden:

-  die tuin van Eden was in die Ooste van Eden geplant (Gen. 2:8) - en 'n rivier UIT EDEN het die tuin natgemaak - wat daarvandaan, nl. in die tuin van Eden, in 4 lope verdeel het... - as ons die ligging sou ken van "Eden", dan sou die "tuin van Eden" wees in die ooste daarvan;
-  Adam en Eva het oorspronklik in hierdie tuin gebly - die mens moes dit bewerk en bewaak (Gen. 2:8,15), en is na die sondeval uitgedryf uit die tuin (die rede hiervoor was sodat hulle nie van die boom van lewe, wat in die tuin is, eet en vir ewig lewe nie-Gen. 3:22,23)(rol ondertoe vir meer ingligting oor die boom van die lewe); -  nadat die mens weggedrywe is uit die tuin van Eden, was dit bewaak deur gérubs aan die oostekant (vd tuin van Eden), en bewaak met swaard wat vlam en flikker (om die toegang tot die boom vd lewe te bewaak)(Gen. 3:24);
-  'n rivier uit Eden het die tuin natgemaak - en daarvandaan het die rivier in 4 lope verdeel (Gen. 2:10); - nl. (1) Pison wat om die hele land Háwila loop waar die goud is (en balsemgom en onikssteen)(Gen. 2:11); (2) Gihon wat om die hele land Kus loop (Gen. 2:13); (3) Hiddékel, wat oos van Assur loop (Gen. 2:14); (4) die Frat (Eufraat)(Gen. 2:14). As ons weet waar hierdie 4 lope is, of ten minste vanaf waar hierdie 4 lope uitloop, dan kan dit ons 'n idee gee waar die tuin van Eden was.
- binne-in die tuin van Eden was allerhande bome (Gen. 2:9; 3:8), begeerlik om te sien en goed om van te eet, met die boom vd lewe in die middel vd tuin, asook die boom vd kennis van goed en kwaad waarvan hulle belet was om te eet (Gen. 2:9; 16,17);
- terwyl Adam en Eva in die tuin van Eden gebly het, het die Here God vir wandelinge gegaan in die tuin (in die aand)(Gen. 3:8,10);
-  wanneer God sy volk in die beloofde land vestig, dan sal die land (...wat verwoes was, en die stede wat in puin gele het, verwoes en afgebreek is...) word soos die tuin van Eden! (Eseg. 36:35) - dit sal dus vrugbaar wees en daar sal volop water wees - soos 'n welbesproede tuin.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Feite oor die tuin van Eden na die val vd mens:

- nadat die mens daaruit weggedrywe is, het God gérubs aan die oostekant van die TUIN VAN EDEN laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak (Gen. 3:24). Niemand  kon meer daar ingaan nie - ten minste tot die tyd van die sondvloed, want die Bybel leer vir ons dat Eden weggesink het na die onderste dele vd aarde, wat tog sekerlik plaasgevind het met die sondvloed.  Na die sondvloed was hierdie paradys of TUIN VAN GOD wat op aarde was, nie meer te vinde nie, en die boom van die lewe ook nie meer daar nie;  dus kon dit bewoonbare gebied word.
Die Bybel leer dat die gerubs (wat die boom vd lewe bewaak het) aan die oostekant vd tuin gewoon het (Gen 3:24 - "So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak"). Dit word algemeen annvaar dat die mens na die oostekant vd tuin van Eden toe uitgedrywe was...(wat deur sommige geleerdes o.a. gebruik word as bewys wanneer hulle die tuin van Eden in die gebied van Libanon plaas (alhoewel die Skrif nie presies duidelikheid gee oor waar die mens gewoon het voor die sondvloed nie, maar wel na die sondvloed - daar is natuurlik ander kriteria wat ook meer water dra in die Libanon studie). 

 -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Feite oor die begrip "die tuin van God":

- die TUIN VAN GOD word in Eseg. 28:13 "Eden" genoem;
- die TUIN VAN GOD is NIE soos 'n wildernis nie (Jes. 51:3);
- bome in die TUIN VAN GOD (Eseg. 31:8).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ander interessante feite:
-----------------------
-  die land Nod was aan die oostekant van Eden (Gen. 4:16);
-  volgens 2 Kon. 19:12 (en Jes. 37:12)  was die "kinders van Eden" in "Telássar" ('n streek in Assirie), maar kinders van Eden kan natuurlik bloot verwys na 'n vader met die naam Eden, soos in 2 Kron. 29:12 en 2 Kron. 31:15, en verwys dus nie noodwendig na die streek waar Eden eens was nie;
-  volgens Eseg. 28 is die "koning van Tirus" in Eden, in die tuin van God.  Geleerdes verskil oor waarna presies die "koning van Tirus" verwys... As dit verwys na iets soos 'n stad in Tirus, dan is die area van Tirus moonltik ook in die area van Eden! (in die area van die tuin van God);
-  Assur (Assuriese koninkryk) was selfs mooier as wat dit was in die tuin van God (Eseg. 31:9);
-  in Jes. 5:7 word die huis van Israel vgl. met die Here se wingerd, en die manne van Juda vgl. met "die tuin van sy verslustiging".

Ander inligting om aan te dink:
------------------------------
- Ongelukkig gee die Bybel nie veel inligting wat aandui presies waar die mense op aarde gewoon het voor die sondvloed nie, maar wel na die sondvloed (ons weet dat die ark gaan rus het op berg Ararat (huidige Turkye?) - na die sondvloed het hulle gaan bly in Sínear, Assur, gebied van die Kanaäniete; ook gebiede in Egipte;  -en wil lyk of almal by Sinear versamel het voor die toring van Babel, en  na die toring van Babel is hulle oor die hele aarde verstrooi).  Dus het ons geen aanduiding uit Gen. 4 tot 6 van waar "buite" die tuin van Eden was nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE LIGGING VAN EDEN, EN DIE TUIN VAN EDEN:

So, daar is heelwat teoriee oor die ligging van die eens "tuin van Eden", maar niemand kan met beslistheid vandag sê waar presies die tuin van Eden op aarde was nie;  alhoewel daar afgelei kan word dat dit in dele van Turkye of Mesopotamie was (Gen. 2:10-14), of in Irak nader na Persiese Golf..., maar sommige glo selfs dat dit in dele van Iran was, en daar is ook die wat glo dat dit in Libanon of Israel was.  Voor die sondvloed, en na die sondeval, was die mens belet om in die tuin van Eden in te gaan (Gen. 3:24).  As die tuin van Eden bv. in die ooste van Turkye was, dan was dit natuurlik moontlik vir hulle om na die sondvloed in die ooste van Turkye te kon woon, siende Eden weggesink het na die onderwereld (Eseg. 31:18)(wat tog sekerlik plaasgevind het met die sondvloed). Nadat die bome van Eden weggesink het, was daar nie meer 'n probleem vir die mens om in enige dele te woon waar die tuin van Eden eens was nie, want die "boom vd lewe" kon nie meer daar gevind word nie.  Dieselfde geld vir as die tuin van Eden in die land Sinear was na die Pesiese Golf toe... Die hele mensdom het op 'n stadium in die land Sínear gewoon, en voor dit was hulle sekerlik in dele van (huidige) Turkye siende hulle van 'n ander plek af" weggetrek het na die land Sinear (Gen. 11:2) en die ark gaan rus het op die berg Ararat (Gen. 8:4) - wat baie geleerdes sien as 'n gebergte in Turkye. So, as almal bv. in dele van Turkye gewoon het en later weggetrek het na Sinear, dan het die hele mensdom op 'n stadium in dele van Mesopotamie gewoon, 'n vrugbare deel tussen twee vd riviere genoem in Gen. 2:11-14...

Was die "bome van Eden" eens in die omgewing van Libanon?  -volgens Eseg. 31:16 kan dit miskien so voorkom (maar nou in onderste dele vd aarde -v.16,18);  alhoewel in konteks die gedeelte wil dit eerder lyk of daar in hierdie skrifgedeelte slegs 'n vergelyking gemaak word tussen die "bome in die Libanon" en die "bome van Eden" - geen boom in die tuin van God was met hom te vgl. in sy skoonheid nie! (Eseg. 31:8). Die feit dat die vgl. hier nou juis gemaak word met die bome van Eden wat in die onderwereld afgesak het, verwys nie noodwendig daarna dat die omgewing van Libanon in Eden was nie, want 'n vgl. word gemaak en beeldspraak word gebruik - Eseg. 31:12 - "Vreemdes, die geweldigste nasies, het hom (Assur) afgekap en hom neergewerp; op die berge en in al die dale het sy takke geval, en sy takkies is stukkend gebreek in al die klowe van die land; en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom so laat lê"...... Wat ons wel verstaan uit Eseg. 31, is dat net soos die bome van Eden in die onderwereld neergedaal het, net so sal hy (Farao, koning van Egipte), soos Assur en die bome van Eden (wat nie eens so wonderlike skoonheid gehad het soos Assur nie), in die onderste dele vd aarde neergewerp word (Eseg. 31:8).  Dat die omgewing waarin Eden was (nie slegs die tuin van Eden nie) moontlik ook in die omgewing van Libanon was, is natuurlik nie uitgeskakel nie, maar hierdie skrifgedeelte leer nie noodwendig dit vir ons nie.

Kom ons kyk ook na Eseg. 28, na die koning van Tirus...  Van die koning van Tirus, Eseg. 28:19, word gemerk dat hy "in Eden, die tuin van God" was... As die koning van Tirus verwys na iemand in Tirus, in die Lebanon, dan kan dit moontlik beteken dat Lebanon in Eden was;  alhoewel, daar word duidelik beeldspraak gebruik ten opsigte van die koning van Tirus (bv. "jy was 'n gerub...") - dus kan hierdie verwysing van "jy was in Eden" ook slegs beeldspraak wees.

Ligging van tuin van Eden - 7de hemel?:
Die rede waarom ons stilstaan by die term van "7de hemel" is omdat sekere geleerdes dit vgl. met die ligging van die tuin van Eden.  Terloops, die term "7de hemel" of 'n feit van "7 hemele" word nerens in die Bybel vermeld nie, alhoewel dit verskyn in ander antieke bronne en uit sekere gelowe, soos uit Joodse tradisie meer spesifiek Cabala;  asook uit sekere Indiese gelowe soos Hindoeisme, en Islam, en selfs uit Katolieke bronne.  In die Bybel word daar egter slegs 3 hemele beskryf (nie 7 nie!); 
en wat die Skrif ons leer oor hemele, is die volgende:
-  (1)  die hemel langs die uitspansel (waar die voels vlieg)
-  (2)  die "sterre,son,maan" hemel (die uitspansel)
-  (3)  die hemel waar God woon (word ook beskryf as "die hoogste hemel")(bo die uitspansel)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html

Sommige geleerdes vgl. die "7 hemele" teorie, wat gesien word uit sekere antieke bronne, met die ligging van die tuin van Eden. Daar word baie aandag gegee aan Sumeriese opgrawings en hulle word gesien as een vd oudste nasies, maar wat ons moet besef is dat baie van wat die Sumerians geglo het ook maar verdraaide waarheid was. Dit is wel so dat hulle ook punte van geskiedenis aanraak in hulle bronne, al is dit baiemaal verdraai. In antieke "Mesopotamian religion" (Sumerian)(sowat 3500-4000 v.C.) is die skeppingsverhaal bv. ook geheel en al verdraai en verskil vd Bybel, maar dit is interessant om te sien dat hulle ook geglo het in 'n konsep van 'n tuin van God, en gereken het hulle weet waar dit is! - meer presies het hulle geglo dat daar 'n plek is/was op aarde wat hulle genoem het die "Garden of gods" of "divine paradise" - 'n huis van "immortals". Uit hierdie ou Sumeriese tablette en stories word gemeld dat die pad na hierdie Paradys begin by Susa. Op een tablet word ook aangedui dat iemand deur 7 "hekke" (bergreekse of gorges) moet gaan om by hierdie tuin uit te kom, en iets soos 7 vlakke word uitgebeeld - 6 vlakke, met Adam en Eva by die boom vd lewe op die boonste (die 7de) vlak. Heelwat geleerdes is van mening dat die spreekwoord "in die 7de hemel" (7de hemel word dan gesien as Paradys) vgl. kan word met hierdie 7 "hekke" waardeur hulle moes gaan om by die "Paradys" uit te kom (?). Die konsep van 'n tuin vd gode is ook later oorgedra na die Babiloniers toe hulle vir Sumer (huidige Irak) ingeneem het...  Sommige geleerdes gebruik hierdie bg. ingligting om die presiese ligging van die tuin van Eden te ontdek, maar geleerdes is ook nie eens oor hierdie ligging nie (of oor die geloofwaardigheid van die bron nie).

Natuurlik is dit ook presies wat afgodsleringe doen, is om die waarheid te neem en dit te verdraai, maar dat daar 'n plek was wat die Sumerians gesien het as die "tuin vd gode" (vgl. met "die tuin van God", of Eden?), kan nie uitgeskakel word nie siende die eerste nasies op aarde 'n goeie idee sou he van waar die fisiese Eden en/of fisiese tuin van Eden was;  alhoewel die verhaal en dus ligging vd tuin ook met die tyd verdraai kon word onder verskillende nasies.
_________________________________________________________________________________
SKRIFTE:
_________________________________________________________________________________
Eden:
Gen_2:8  Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.
Gen_2:10  En daar het ‘n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.
Gen_2:15  Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
Gen_3:23  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Gen_3:24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
Gen_4:16  Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.
2Ki_19:12  Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered—Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was?
2Ch_29:12  Die Leviete het hulle toe klaargemaak: Mahat, die seun van Amásai, en Joël, die seun van Asárja, uit die kinders van die Kehatiete; en uit die kinders van Merári: Kis, die seun van Abdi, en Asárja, die seun van Jehállelel; en uit die Gersoniete: Joag, die seun van Simma, en Eden, die seun van Joag;
2Ch_31:15  En onder sy leiding was Eden en Mínjamin en Jésua en Semája, Amárja en Segánja, om getrou uit te deel in die stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein;
Isa_37:12  Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered—Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was?
Isa_51:3  Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
Eze_27:23  Haran en Kanne en Eden, die koopmans van Skeba, Assur en Kilmad het met jou handel gedrywe.
Eze_28:13  Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.
Eze_31:9  Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.
Eze_31:16  Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; en al die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die Líbanon, almal waterdrinkers, het hulleself getroos in die onderste van die aarde.
Eze_31:18  Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.
Eze_36:35  En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon.
Joe_2:3  Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"tuin van Eden":

Gen_2:15  Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
Gen_3:23  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Gen_3:24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
Eze_36:35  En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon.
Joe_2:3  Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"tuin van die Here":

Gen_2:9  En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
Gen_2:15  Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
Gen_2:16  En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,
Gen_3:1  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Gen_3:8  En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
Gen_3:23  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Gen_13:10  Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.
2Ki_19:23  Deur jou boodskappers het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my waens het ék die hoogte van die berge opgeklim, die uithoeke van die Líbanon, en ek het sy statige seders, die keur van sy sipresse, omgekap en deurgedring tot in sy diepste skuilhoeke, sy bos wat is soos ‘n tuin.
Isa_5:7  Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!
Isa_37:24  Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos ‘n tuin.
Isa_51:3  Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
Isa_58:11  En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
Isa_61:11  Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ‘n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.
Jer_31:12  En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.
_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie: