Saterdag 19 Januarie 2019

IN DIE GEES (/wees)

Die woorde "in die gees" verwys veral na hoe iemand onder beheer is van daardie gees;
- hetsy dit verwys na die inwoning vd gees deur wie iemand se wandel en denke beïnvloed word, of
- dit kan verwys na iets wat hy deur die gees ervaar, bv.  'n "gesig sien" (en dan word veral die woorde "was in die gees" of  "was in die gees weggevoer" gewoonlik gebruik).

Bv., as iemand "IN die (Heilige) Gees" is, wandel hy in die Gees en bedink geestelike dinge... (m.a.w. die Gees beïnvloed sy denke en dade);   hy is dan ONDER BEHEER VAN die Heilige Gees.  Maar "in die Gees" verwys nie net na die inwoning vd Heilige Gees nie, maar ook na dit wat iemand ervaar deur die Heilige Gees (bv. dat die persoon gawes en bedieninge ontvang ten doel om die Here se wil uit te voer - profeteer, genees, bid, lering gee, ...ens.)(of bv. dat die Here met iemand kommunikeer deur die Gees d.m.v. gesigte en (drome).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"In die Gees wees" / "in die Gees weggevoer":

Die woorde "om in die Gees te wees" verwys gewoonlik in die Skrif na iets soos 'n "gesig" wat iemand DEUR DIE GEES sien:
-Openb. 1:10  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:
-Openb. 4:2  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.
-Openb. 17:3  En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
-Openb. 21:10  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;

Die woorde "IN DIE GEES WEES" word veral in die Skrif  gebruik in vb.e waar iemand 'n gesig sien of in 'n gesig weggevoer word (bv. Johannes in die boek van Openbaring)(Openb. 1:10; 4:2; 17:3; 21:10) - asof die persoon weggeruk word deur 'n gees, m.a.w. in hierdie geval deur die Gees van God (2 Kor. 12:2-4) - of waar iemand iets in sy gees gewys word DEUR die Gees van God (Openb. 1:10 - "Ek was in die Gees op die dag van die Here...........").
Ander gelowe wat hulle besig hou met heidense praktyke soos oosterse meditasie kan bv. ook so iets ervaar waar hulle weggevoer word in gesigte, maar dan is daardie persoon onder beheer van 'n "ander gees".  Die vraag is dus onder watter gees se beheer iemand is wanneer hy "in 'n gees" is...

Wanneer 'n gelowige/Christen "in die Gees" is, is dit wel iets wat hy "in sy eie gees" ervaar, maar "deur die Gees (van God)". In die O.T. was veral die woorde "deur die Gees opgeneem" gebruik (Eseg. 11:24; 3:12-14; 8:3) wanneer iemand 'n gesig gewys word; altans "deur 'n gesig weggevoer word"... Hierdie verwys miskien meer na "buite die liggaam", maar dit is nie onmoontlik vir iemand om deur die Gees "in die liggaam" weggevoer te word nie! (2 Kor. 12:2). Dus, alhoewel "om in 'n gesig weggevoer te word" miskien meer verwysend is na "in die gees weggevoer" (bv. iets in die gees gewys word en nie in die liggaam nie), is dit wel moontlik om deur die Gees letterlik weggevoer te word! (1 Kon. 18:12; 2 Kon. 2:16) - 'n vb. hiervan is ook in Hand. 8:39 waar Filippus letterlik weggevoer was na 'n ander plek... In hierdie geval ook wel DEUR die Gees, maar is dan nie iets wat hy net "in sy gees" ervaar (asof soos wanneer iemand droom) nie, maar hy ervaar dit ook in sy liggaam.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die inwoning vd Gees:
Enig iemand in wie die Gees van God woon kan gesien word as IN DIE GEES (van God), want hulle wandel in die Gees van God en bedink geestelike dinge (Rom. 8:4-9)(Rom 8:9 - "julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie").  Dit sluit in dinge wat hulle DEUR DIE GEES VAN GOD "doen", bv. om deur die Gees te bid..., m.a.w. "bid in die Gees" (Ef. 6:18; Rom. 8:26). Wanneer die Gees van God op mense rus, werk Hy ook gawes en bedieninge deur hulle (1 Kor. 12:4-11) - bv., kom ons kyk na die "gawe van profesie" (Num. 11:25).  Ons kan seker sê dat die persoon wat profeteer "in die Gees" profeteer, want wat hy deur die Gees profeteer is wat die Gees in hom spreek2 Sam. 23:2  - "Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong" - so iemand is dus nie "in die vlees" nie, want die woorde kom nie uit homself nie (2Pe 1:21 - "want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek")- maar dit is bv. anders met 'n valse profeet want 'n valse profeet praat uit homself en is dus nie "in die Gees" wanneer hy profeteer nie...- meer presies, hy laat hom nie deur die Gees lei nie!

In die O.T. is somtyds die volgende woorde gebruik:  "Maar die Gees van die Here het oor hom vaardig geword..." (Rig. 14:6,19; 15:14; 1 Sam. 10:6; 16:13). Hierdie woorde was veral gebruik wanneer iemand die Gees ontvang of altans, deur die Gees krag ontvang om iets te doen (bv. profeteer)(vgl. met tema krag van Gees-Hand.1:8). In Rig. 14 en 15 het Simson baie sterk geword toe "die Gees van God oor hom vaardig word". Ons kan miskien sê dat Simson "IN DIE Gees" was... Ons sien dus dat die Gees van God die mens se innerlike verander om anders te begin dink ("bedink bv. geestelike dinge") en doen...-  werk bv. gawes en bedieninge deur die mens om Sy wil uit te voer.
Dit is dus duidelik dat om "in die Gees" te wees verwys na:
- ONDER BEHEER VD GEES; of
- GELEI DEUR DIE GEES (Luk. 4:1).
Bv., die wat hulle deur die Gees laat lei is nie onder die wet nie - m.a.w., hulle is dus nie gehoorsaam aan die wet (van Moses), of laat hulle lei deur die wet van Moses nie, maar is gehoorsaam aan die Gees van God (Gal. 5:18) - is dus "onder Sy beheer" en laat hulle deur Hom lei (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html) - op daardie manier stap hulle "IN DIE GEES" (nl. die Gees van God / die Heilige Gees).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Onder beheer van 'n gees:
Nie almal wat onder beheer is van 'n gees is noodwendig onder beheer vd Heilige Gees nie!

Daar is baie ander geeste bv. "onreine geeste" (ook genoem "duiwels"-Joh. 10:21)(kyk ook "bose" of "ander" geeste...), en die wat onder hulle beheer is laat hulle deur daardie geeste lei (en is m.a.w. onder die mag vd duiwel) (Hand. 10:38).

In 1 Sam. 18 het die bose gees wat oor Saul vaardig geword het hom beweeg om vir Dawid te probeer doodmaak. Dus sien ons dat daardie geeste ook 'n invloed het op die persone in wie hulle bly. Daar is heelwat voorbeelde in die Skrif van mense wat kranksinnig was a.g.v. onreine geeste;  en sommige was selfs siek gemaak deur hulle...;  daar is ook 'n geval van iemand wat baie sterk was a.g.v. die inwoning van bose geeste - dus sien ons die invloed van wanneer iemand "in 'n gees" is.  So iemand word gelei deur daardie gees en is onder beheer van daardie gees.

Die wat egter in Jesus Christus glo en wederbaar word, ontvang die Heilige Gees (die Gees van God) - wat terloops op beurt 'n bewys is dat hulle aan die Here behoort! Hulle is onder die Here se mag en wandel in die Gees van God en bedink geestelike dinge (Rom. 8)(is onder beheer vd Heilige Gees)...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 04 Januarie 2019

Dooies/Begrafnis/Rou

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK NA die onderwerp van DOOIES.

Die volgende onderwerpe word o.a gedek:  
-begrafnis, 
-wette rondom dooies, 
-onreinheid van doodsbene, 
-geeste van afgestorwenes, 
-rou en ween.
_________________________________________________________________________________
INLEIDING:
Ons ween nou wanneer 'n geliefde doodgaan, maar anders as die goddelose het gelowiges hoop om mekaar eendag weer te sien wanneer hulle opgewek word.  Op dieselfde wyse het die dissipels se droefheid  in blydskap verander met Jesus se opstanding uit die dode! (Joh. 16:20-22).  Maar wanneer iemand 'n goddelose of onbesnedene van hart aan die dood oorgee, dan is daar geen hoop om hom weer te sien nie... - so iemand is "VERGETE IN DIE GRAF",  wat verwys daarna dat sy naam tot niet sal gaan asof die Here nie meer aan hom dink nie - "afgesny van Sy hand" met geen hoop om weer te LEWE nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html).  Uiteindelik sal die dood en die doderyk  (m.a.w., die wat nie deel het aan die eerste opstanding nie-Openb. 20:6,13-15voor die Wit troon van God verskyn en sal geoordeel word (m.a.w., ook hierdie dooies sal herlewe, ja, maar dit is nie dieselfde soort herlewing soos die wat opstaan met eerste opstanding nie...) - die wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie, sal dan in die poel van vuur gegooi word - DIT  IS  DIE  TWEEDE  DOOD! (Openb. 20:13,14)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html).    

Maar die wat aan die Here behoort - oor hulle het die dood geen mag nie  (m.a.w., die wat in Jesus Christus glo) - hulle het die belofte van opstanding uit die dood, opstanding tot LEWE, en aan hulle is die belofte gemaak dat hulle DIE AARDE sal BEëRWE...  Jesus Christus sal eendag Sy koninkryk opneem - Sy "party" sal aan bewind kom! en oor die hele aarde regeer. Christene is huidiglik soos politikuste of spreekbuise vir die Here se "party" (nl. "die koninkryk van God") - en hulle is soos mense wat uitgaan om mense te wen vir hierdie "party". Die koninrkyk van God is wel hemels van aard, maar sal ook eendag 'n fisiese koninkryk wees op aarde. Christene is wel nou die "verloorders" op aarde (bv., hulle behoort aan 'n hemelse "party" en is nie aan bewind nie) maar sal eendag die wenners wees wanneer Jesus Christus se "party" aan bewind kom en Hy Sy koninkryk oprig - en hulle sal saam met Hom regeer... (Openb. 20:6).  

Wanneer ons ons laaste asem uitblaas, sterf ons - vir hierdie doel kan ons dit seker noem 'n "eerste" dood, maar daar is hoop vir elkeen wat nog in die lewe is om seker te maak dat hulle nie die "tweede dood" sterf nie. Die wat glo in Jesus Christus en Hom dien se name sal nie vergeet word wanneer hulle in die graf kom nie, want wanneer Hy terugkom sal Hy hulle opwek uit die dood (1 Pet. 1:3). Omdat Jesus die dood oorwin het deur die opstanding uit die dode (opstanding tot ewige lewe) kan die dood nie oor Hom heers nie, en Hy het die dood oorwin! (Rom. 6:9).  Elkeen wat in Hom glo het die belofte dat hulle ook die dood sal oorwin omdat Hy hulle sal opwek wanneer Hy terugkom (Joh. 5:29; Dan. 12:2,3; Hand. 24:15). Die duiwel het die mag oor die dood gehad (Hebr. 2:14), maar Jesus Christus het nou die sleutels van die dood en vd doderyk (Openb. 1:18). Hy koop hulle los uit die doderyk.... Hierdie was 'n belofte van die Vader aan Sy kinders dat Hy die dood vir ewig sou vernietig... (Jes. 25:8), en dat Hy hulle uit die mag van die doderyk sou LOSKOOP (Hos. 13:14) - (2Ti 1:10)Jesus Christus heers oor die dode sowel as oor die lewende! (Rom. 14:9) en Hy sal die lewende en die dode oordeel by Sy verskyning en Sy koninkryk (2 Tim. 4:1; 1 Pet. 4:5; Hand. 10:42), en het die mag om te besluit wie opgewek word en wie nie, en wie opgewek word tot lewe, en wie tot veroordeling (Joh. 5:29). Hy sal die wat Hom volg en dien se liggame opwek uit die dode en hulle liggame verander tot verheerlikte liggame - ook genoem "die opstanding".(Joh 17:2 - "soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee")(Kol 3:3). Almal wat "glo" sal opgewek word;  alhoewel nie almal wat opgewek word opgewek sal word tot lewe nie!, want alle gelowiges sal voor die regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10) - en die onregverdiges, ongehoorsames, onbarmhartiges (die wat nie, of nie die nodige vrug dra nie) sal afgesny en uitgegooi word...  (Matt. 13:39,41,49; 22:12-14; Matt. 25 ; 3:10; 7:9; Joh. 15:6; Hebr. 6:7,8; 10:26,27; 2 Pet. 2:20 ens.). Hierdie is iets wat Jesus Christus self geleer het, bv. o.a. ook dat die wat nie in Hom bly nie, in die vuur gegooi sal word... (Joh. 15:6).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

Oor die eeue het verskillende volke nog altyd verskillende maniere gebruik om hulle dooies te begrawe. Wat egter die vraag oor "verassing" aanbetref is daar geen spesifieke riglyne in die Skrif daaroor "as 'n manier om te begrawe" nie, en geleerdes verskil ook heelwat oor die tema van verassing...

Vir meeste mense (en hulle families) is dit belanrik "waar" hulle begrawe word, en miskien "saam met wie" (soos ook vir baie gelowiges oor die eeue - Gen. 47:30; 30:5; Rig. 8:32; 16:31; 1 Kon. 13:22,31; 2 Kon. 21:26). In so 'n mate was dit vir die O.T. gelowiges belangrik, dat weiering om op dieselfde plek as die familie begrawe te word, somtyds soos 'n straf vir 'n ongehoorsame gebruik is... (1 Kon. 13:22). O.a. was een vd konings bv. gewaarsku dat hy 'n "eselbegrafnis" sou kry, sou hy hom nie bekeer nie!... (Jer. 22:19).

Jesus het vir ons gewys dat daar 'n balans moet wees bv. dat "om die dooies te begrawe" nie so belangrik is soos wat dit is om die koninkryk van God te verkondig nie (Matt. 8:22; Luk. 9:60). Tog duidelik het Hy nie bedoel dat dit verkeerd is om iemand te begrawe, of nie nodig is nie, maar dit het hier gegaan oor prioriteite. Sommige mense is so opgeneem deur die rou dat dit vir hulle belangriker is om tyd by die graf te spandeer as om tyd vir die Here uit te koop! Waar "rou" iemand se gedagtes heeltemal oorneem of dit hom bv. stuit om vir die Here te werk soos die vb. in Matt. 8 en Luk. 9 is daardie persoon se balans verkeerd. Die dringendheid van om die evanglie te verkondig is baie belangriker as om tyd by die graf te spandeer! Sommige mense sal liewer by 'n graf gaan sit en hulle hart uitstort teenoor 'n afgestorwene as wat hulle met die Here sit en praat!? (asof afgestorwenes vir hulle kan laat beter voel of antwoorde gee?). Ons moet onderskei of dit "verlange" is wat iemand na 'n graf toe neem?, of is dit dat hy nie sonder daardie persoon kan lewe nie? Ons hoop moet in die Here wees, nie in mense nie, en duidelik nie in die afgestorwenes nie. Die rede waarom daar verbied word om "dooies te raadpleeg" gaan juis oor hierdie feit dat iemand sy hoop in 'n dooie plaas terwyl hy eintlik die Here moet raadpleeg.  Daarom word gelowiges ook verbied om rituele uit te voer ter wille van dooies, bv. om 'n tekening op die vel te maak ter wille van dooies, om hare te skeer ter wille van dooies, ens. Nie dat daar noodwendig iets verkeerd is met 'n tekening op die vel of om jou hare te skeer nie, maar dit gaan oor die konteks waarin dit hier geskied! In hierdie konteks gaan dit oor die feit dat dit gedoen word TER WILLE VAN 'n dooie (wat verkeerd is).

In hierdie pos behandel ons meer die LETTERLIKE sy van "doodgaan" (bv., kyk bv. na woorde soos "begrawe" (Gen. 15:15 ens.) "sterf / sterwe" (Gen. 2:17; 19:19...),"doodgaan" (Eks. 7:18), "dooie liggaam" (Matt. 24:28), "gebeente" (Gen. 50:25; Eks. 13:19; Jos. 24:32; Hebr. 11:22) ens.); MAAR siende die mens TWEELEDIG VAN AARD is, moet ons verstaan dat "dood" nie net 'n letterlike verwysing het nie!  Die innerlike mens sterwe bv. nie onmiddellik wanneer die uiterlike sterwe nie, maar sal ook uiteindelik "doodgaan" ("figuurlike" verwysing)(verwysing na "tweede dood" / oordeel vd hel) as hy nie vernuwe word nie! 
Vir die innerlike mens om aan die lewe te bly het hy die ASEM vd Heilige Gees nodig, en hy moet die regte geestelike KOS EN WATER kry...(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BEGRAWE / BEGRAFNIS:
Ons begrawe ons dooies in grafte (Gen. 23:4,6,9; Mark. 6:29), en plaas gedenkstene daarop sodat ons kan sien waar iemand begrawe is (Gen. 35:20). Of grafte net wit geverf word om fraai te lyk (Matt. 23:27) is miskien nie al rede nie, want grafte moes ook goed sigbaar wees (Luk. 11:44) siende enige iemand wat daaraan raak vir 7 dae sou onrein wees... (Num. 19:11,16).

Vir baie van ons is dit belangrik "waar" ons begrawe word, net soos dit vir Jakob belangrik was (Gen. 47:30; 30:5; Rig. 8:32; 16:31; 1 Kon. 13:22,31 ens.), en sal miskien graag in 'n tuin begrawe wil word "waar ons geliefdes ook begrawe is" - 2 Kon. 21:26; of  miskien op 'n spesifieke stuk grond wat persoonlike waarde dra of omdat ons graag net langs ons geliefdes wil wees met die tyd van "die opstanding"! (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html). Die profeet in 1 Kon. 13 (vir wie dit lyk of hierdie ook belangrik was) was hierdie voorreg geweier omdat hy aan die Here ongehoorsaam was ...(1Kon. 13:22).  In Jer. 22:19 was die koning van Juda gewaarsku dat hy 'n "eselsbegrafnis" sal kry as hy hom nie bekeer nie (Jer 22:19) - dit wil voorkom of eselsbagrafnis hier beteken het dat hy nie in Jerusalem begrawe sou word nie maar weggesleep en ver vd poorte van Jerusalem af neergegooi sou word, en kan miskien vgl. word met soos wanneer iemand se lyk weggegooi word (Jer. 36:30).

Nog 'n manier waarop dooies begrawe is in Bybelse tye was om die dooie in 'n gat soos 'n kuil te gooi en klippe op te stapel (2Sa 18:17) - hierdie was ook moontlik meer die manier waarop armes begrawe is (Jos. 7:26; 8:29).

Vandag is daar ook nog die opsie van "verassing", maar is 'n tema wat al heelwat redenasie uitgelok het siende daar geen spesifieke riglyne t.o.daarvan in die Bybel bestaan nie (rol af vir meer oor hierdie onderwerp).

Kiste:
Daar is slegs een vb. wat in die Skrif genoem word van 'n kind van God "wat in 'n kis begrawe is", en dit was Josef.  Kiste was nie 'n Joodse gebruik nie, maar gebruik in Egipte (en met Josef se geskiedenis is dit logies dat hy soos die Egiptenaars in 'n kis begrawe is)(Gen. 50:3,26). Eerder as afsonderlike grafte lees ons in N.T. tye dat hulle groot kamers in die rotse gemaak het waarin 'n paar mense begrawe kon word (Jes. 22:16; Joh. 19:41,42). In die O.T. is daar ook verwysings na soortgelyke gebruike, bv. Jakob wou in 'n "spelonk" (grot) begrawe word (saam met familie) op 'n spesifieke stuk grond in die land Kanaän (Gen. 49:29).

Die lyk was gesalf en in doeke toegedraai (Luk. 23:53,56; 24:1 ens.). Die graf het gewoonlik 'n lae deuropening gehad, maar was ruim binnekant, en 'n ronde klip of plat steen was dan voor die deuropening gerol (Luk. 24:2).  Alhoewel, wanneer die vlees ontbind het, is die beendere wel somtyds in houtkiste of klipkiste geplaas!, terug in die graf (die name van die dooies was blykbaar ook dikwels op die kiste uitgekrap...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Salf en balsem / In doeke toedraai:
Ons sien dat volke op verskeie maniere hulle dooies gesalf het met speserye wanneer hulle hul begrawe. Dit was somtyds 'n lang proses, soos bv. in die geval met die Egiptenare.
Dit was ook die gewoonte vd Jode om hulle dooies te SALF wanneer hulle hul begrawe.
-  (Joh 19:39)  En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ‘n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.(Joh 19:40)  En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe. 
-  (Mat 26:12)  Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.
-  (Mar 14:8)  Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam vir die begrafnis gesalf.
-  (Joh 12:7)  Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.
-  (2Ch 16:14)  En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van ‘n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom ‘n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek.
-  (Joh 19:39,40)  En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ‘n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig. (Joh 19:40)  En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe. En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.
- (Mat 26:12)  Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.

Dit wil voorkom of Israel (Jakob) gebalsem was (soos die manier wat die Egiptenare dit gedoen het):
-  (Gen 50:2)  En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.(Gen 50:3)  En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween. 

Behalwe dat die dooie liggaam met salf behandel is, was dit ook die gewoonte om dit in doeke toe te draai:
-  (Joh 11:44)  En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met ‘n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.
-  (Joh 20:6)  Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê; (Joh 20:7)  en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
-  (Act 5:6)  Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
-  (Joh 19:40)  En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gelowiges word beveel om weg te bly van praktyke soos die:
waarin dooes geraadpleeg word (Deut. 18:11). 
- Dit is ook nie geoorloof om offerandes gemaak aan dooies, te eet nie (Psa 106:28,29).
-  Nog dinge wat verbied word is waar mense ingeprikte tekeninge maak of snye in hulle vlees (Lev 19:28) TER WILLE VAN DOOIES
-  of ter wille van 'n dooie hulleself stukkend kerwe of 'n kaalte maak tussen die oë (Deu 14:1).
Hierdie het alles te doen gehad met "ander geloofspraktyke"...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die onreinheid van DOODSBENE:
Onder die wet van Moses was daar, wat die dooies aanbetref, ook 'n paar reëls wat nagekom moes word en het te doen gehad met die tema van "onreinheid".  Bv., enigeen wat 'n lyk van 'n mens aanraak was vir 7 dae onrein (m.a.w. "nie skoon nie" - besoedel)(Num 19:11-18). Om weer rein te word moes 'n prosedure gevolg word asook moes die 7 dae uitgewag word (Num. 19:12,13) - op die 3de en 7dag moes so iemand "ontsondig" word, wat beteken het dat die persoon besprinkel word met 'n mengsel van die sondoffer se as en vars water (Num. 19:9,18) - dit moes dan deur iemand wat rein is met behulp van hisop (wat in hierdie water ingesteek is) op die onrein persoon (of artikels) besprinkel word.  As hulle nie hierdie prosedures gevolg het nie, dan sou dit verdere gevolge hê... (Num. 19:13). Dawid maak ook melding van hierdie reinigingsproses in een van sy psalms: -(Psa 51:7)  (51:9). Vgl. dit gerus met die vb.e in 1 Kon. 13:2 en 2 Kon. 23:16 waarin duidelik te sien is dat Josía dit ook so verstaan het dat doodsbene iets ontreinig (bv. dit kan 'n altaar verontreinig"). Niemand kon bv. in die tabernakel DIEN as hulle onrein is nie, en die gevolg van onreinheid was ook dat dit ander dinge kon onrein maak, bv. die tabelnakel of kamp ens. Die tema van "rein en onrein", bv. t.o.v. hierdie dinge,  is egter meer figuurlik van aard in die N.T. (https://warechristene.blogspot.com/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html) en ons is nie meer onder die wet van Moses nie. Ons moet ook die Skrif in geheel sien en verstaan dat die Here iets onrein kan verklaar in een "bedeling" maar rein in 'n ander (natuurlik NIE hier verwysend na sondes nie!). Christus het baie siekes gesond gemaak en selfs dooies opgewek uit die dood - en hulle aangeraak! (bv. Luk. 7:12-14)- en was terloops nie hierdeur gestuit om te BEDIEN (asof Hy nou onrein is) nie. Nietemin in watter "bedeling" ons onsself bevind ons moet altyd onderskei tussen wat is rein, en wat is onrein!  Bv., wat is dit wat Jesus Christus as rein verklaar?, of as onrein verklaar?  .Die tema van rein en onrein diere en Hand. 10:9-17 is 'n goeie vb. hiervan... (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html). Maar dit beteken natuurlik nou nie dat doodsbene in die N.T. geensins iemand kan onrein maak nie, want dit gaan beslis oor die konteks.  Siektes kan bv. wel op hierdie manier oorgedra word maar dit is nie geheel die konteks hier bedoel nie. 'n Christen gaan bv. nie gestuit word om te bedien bloot omdat hy aan 'n dooie geraak het nie!, en het dus in so 'n geval nie seremoniële reiniging nodig nie...

VERASSING:
Party mense mag miskien 2 Kon. 23:16 as 'n vb. noem van waarskuwing teen VERASSING, maar in konteks het dit eintlik verwys na "die onreinheid van doodsbene".  Die kwessie van verassing is natuurlik 'n punt van redenasie en daar is verskeie geloofsgroepe wat 'n probleem het met verassing.  Daar is geen Skrif wat gelowiges waarsku teen verassing nie, maar daar is ook geen skrif wat vir ons leer dat verassing 'n metode was gebruik deur gelowiges in Bybelse tye nie.  "Verbranding" is natuurlik die onderwerp waarop miskien ingekyk moet word - ons sien bv. dat afgode verbrand moes word (Deut. 7:25); Moses het die goue kalf verbrand (Eks. 32:20); twee priesters is verbrand omdat hulle die Here kwaad gemaak het (Lev. 10:1,2); 250 Israeliete wat teen Moses en Aaron rebelleer het is deur vuur verbrand (Num. 16:35); met die wit troon oordeel sal die ongeregtiges in die helse vuur gegooi word en vir ewig brand... ens. Ons sien dus dat "verbranding" ook 'n teken was/is van vernietiging, oordeel, wraak ens., maar dit gaan beslis ook oor die bedoeling.  In Jos. 7:25,26 is ook 'n vb. van ongehoorsames wat met vuur verbrand is voor hulle met klippe toegegooi is. In hierdie konteks was dit beslis 'n vorm van oordeel, maar dit beteken nie dat enige dooie wie se liggaam verbrand word vervloek word nie...

Dit is met hierde in gedagte waarom sommige 'n probleem het met verassing, en sommige is bang dat verassing kan veroorsaak dat hulle nie opgewerk word wanneer Jesus Christus terugkom nie. Daar is egter geen skrif wat vir ons leer dat die liggaam wat verbrand is nie opgewek kan word nie;  inteendeel, wat sal gebeur met gelowiges wat verbrand is tydens verdrukking? Die voorwaarde om eendag opgewek te word is geloof in Chrisuts Jesus, nie die voorwaarde dat iemand se liggaam nie verbrand word nie. En  l.w. dat die liggaam in die graf in elk geval tot niet gaan - "soos ‘n ding wat lê en vergaan" (Psa 31:12) (31:13);  TOG moet ons nie dink dat 'n dooie liggaam altyd sonder krag is nie! - kyk wat het gebeur toe 'n dooie man in die graf van Elisa (die profeet) gegooi word (2Kon. 13:21). Meeste gelowiges is egter van mening dat wanneer dit by begrafnis kom,  hulle liewer die vb. navolg van die eerste Christene wat almal hulle dooies begrawe het, NIE veras het nie (Joh. 19:40 ens.). Siende daar geen riglyne in die Bybel is rondom die onderwerp van verassing nie is baie van mening dat dit seker beter is om te bly by die ou metodes... 

Alhoewel die dooies nie self kan herlewe of opstaan nie (Jes. 26:14), sal alle dooies weer herlewe, maar dit sal gebeur wanneer die Here hulle laat opstaan om geoordeel te word (en verskillende groepe op verskillende tye) - en almal sal nie op dieselfde manier herlewe nie bv., nie almal sal "opstaan tot lewe" (genoem "die opstanding") nie!; bv.,  sommige sal opstaan tot veroordeling!;  en die "herlewing" aan die einde vd volgende eeu lyk ook anders as die "opstanding" wat sal plaasvind wanneer Jesus terugkom (terloops is alle liggame nie dieselfde nie, maar daar is verskillende soort liggame... -1 Kor. 15:39-41). Elke opstanding of 'n geval waar dooies herlewe, gaan gepaard met oordeel. Sommige glo dat hulle hierdie oordeel kan vryspring wanneer hulle die liggaam veras, maar natuurlik is daar geen Skrif wat dit leer nie en al vergaan hierdie huidige liggaam (van "vlees en bloed") vergaan die innerlike mens nie wanneer die liggaam in die graf is nie! (maar wag op die OORDEEL!)(Luk. 16:19-31; Matt. 10:28)(Mat 10:28 - "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel").. Die mens is tweeledig van aard, nl. letterlik (uiterlike mens) en figuurlik (innerlike mens). Wanneer die mens doodgaan (laaste asem uitblaas) sterf die uiterlike mens ("eerste" dood), maar wat word vd die gees wat in die mens se binneste geformeer word? Die innerlike mens (siel/gees)(word ook na verwys as "siel") is dan soos 'n gees sonder vlees en bene...(Luk. 16:19-31; Matt. 10:28). Die "natuurlike mens" wag dan op die oordeel (vd hel)(ook genoem, "tweede dood"); terwyl die "geestelike mens" wag op die opstanding tot LEWE (oor hulle het die tweede dood geen mag nie!).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Ons word verbied om dooies te raadpleeg:
Die wat dooies raadpleeg is nie opreg met die Here God nie (Deut. 18:13). 
Hier gaan dit beslis oor "wie dit is vir wie ons RAADPLEEG".  

Die wat hulle begewe tot die dode is nie besig om die Here te raadpleeg nie - daarom sien ons die belangrikheid vd profeet (asook die Urim en drome - 1 Sam. 28:6) in die O.T. (Deut. 18:18) want dit was 'n wyse waarop die Here geraadpleeg word. Jesus Christus het baie klem gelê op die belangrikheid van om IN HOM te BLY en hoe ons niks sonder Hom kan doen nie...  Die wat nalaat om Hom te raadpleeg gaan soek antwoorde op verkeerde plekke! (Sef. 1:6). (Jes. 8:19 - "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?"). Gelowiges moet nie ongeduldig raak wanneer die Here hulle nie onmiddellik antwoord nie. Koning Saul het hierdie fout gemaak, en toe hy nie 'n antwoord kry nie gaan soek hy 'n vrou op wat 'n dodebesweerster is (1 Sam. 28:6,7) en vra haar om die profeet Samuel (wat toe al dood was - v.3) te laat opkom (1 Sam. 28:8-19). Op hierdie manier het hy ontrou teenoor die Here begaan, en behalwe sy wederstrewigheid, nog hierdie sonde ook gepleeg (deur die gees van 'n afgestorwene om inligting te vra)(1 Kron. 10:13,14) - a.g.v. sy ongehoorsaamheid het die Here hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid.  Op geen stadium is dit vir 'n gelowige geoorloof om afgestorwenes om inligting te vra nie! - ons mag nie met hierdie "siele" kontak maak nie. Hierdie is 'n ernstige saak vir die Here - in so 'n mate dat Hy verklaar het dat sou ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, Hy Sy aangesig teen dié persoon sal rig en hom uitroei onder sy volk uit (Lev. 20:6). Waarna die woorde "om agter hulle aan te hoereer" veral verwys is die probleem dat hulle hul hoop eerder plaas in afgestorwenes (raadpleeg dooies) as wat hulle die Here raadpleeg (net soos wat mense doen wanneer hulle agter afgode aan hoereer).  Dit is dus nie onmoontlik dat 'n dooie se siel na iemand gestuur kan word nie:
- (soos ons sien die moontlikheid bestaan in Luk. 16)
- (en soos gebeur het toe die profeet Samuel opkom in 1 Sam. 28)
- (en kyk bv. waar Moses aan Jesus verskyn het en met Hom in gesprek was in Mark. 9),
MAAR die rede waarom die oproep van dooies verbied word het te doen met "wie dit is vir wie jy raadplaag"!

Geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê:
In 'n paar skrifte word die woorde "geeste van afgestorwenes" en "geeste wat waarsê" in een sin gebruik - ook die woorde, "wat piep en/of mompel" (Jes. 8:19; 29:4). Sommige geleerdes meen dat "geeste van afgestorwenes" dieselfde hier bedoel, of in konteks gebruik word as met "geeste wat waarsê", alhoewel die term "geeste van afgestorwenes" natuurlik ook bloot net kan verwys na die "innerlike mens" (want wanneer die mens doodgaan is hy soos 'n "gees sonder vlees en bene").  Iets wat die Skrif vir ons leer oor dooies (of sekere dooies?), is dat hulle "glad niks weet nie"!, en geen deel meer het van wat onder die son gebeur nie (Pred. 9:5,6). Vgl. dit gerus ook met Jes. 29:4 -("Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos dié van die gees van ‘n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep").  Wat interessant is van 1 Sam. 28 is dat dit wil voorkom of dit inderdaad die profeet Samuel was wat gepraat het, of was dit 'n gees wat waarsê? Hierdie is natuurlik dinge waaroor daar gedebateer word. Nietemin wat die werklike geval hier, ons mag nie die geeste van afgestorwenes (en/of geeste wat waarsê) raadpleeg nie.

'n Ander interessante punt van bespreking is die in Mark. 9, toe Jesus voor Petrus, Jakobus en Johannes van gedaante verander en in gesprek was met (Elía en) Moses (v.4). Nou ons weet dat Moses op hierdie stadium lank reeds in die graf was (Deut. 34:5,6) - hoe is dit dan moontlik dat Jesus hier kommunikeer met 'n afgestorwene?  Ten eerste sien ons in Luk. 9:29 dat hy in gebed was (tot die Vader) toe dit gebeur - Hy was m.a.w. nie besig om die dode te raadpleeg nie!, maar besig om die Vader te raadpleeg (en Moses en Elia is aan Hom gestuur).  Op dieselfde wyse stuur die Here Sy engele uit soos boodskappers, maar dit beteken nie dat ons die engele moet raadpleeg nie...

Sommige gelowiges glo dat gelowiges wat afgesterwe het se geeste vry is om te kom en gaan, en sommige glo dat ons afgestorwe broers en susters rondom ons is. So 'n persepsie kan moontlik gevorm word van die gelykenis in Luk. 16 waar dit wil voorkom of die ryk man wat hom in die doderyk bevind nie kan oorgaan oor die kloof nie en ook nie kon teruggaan (na die aarde) om sy broers te waarsku nie, maar dan vra hy vir Abraham om vir Lasarus terug te stuur - so asof dit moontlik is vir die aan die ander kant vd kloof om terug te gaan?  Let wel die ryk man se woorde in Luk. 16:30 - ("Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer"). Maar natuurlik, al sou ons ook veronderstel dat dit moontlik is vir ons afgestorwe broers en susters om te kom en gaan, beteken dit nie dat ons in kommunikasie met hulle verkeer, altans, hulle "raadpleeg" nie - EN WORD IMMERS VERBIED OM DIT TE DOEN! Die Here praat op baie maniere met ons, bv. deur profete of drome en visioene, of deur Sy Gees!  En kyk maar hoe Hy Sy engele gebruik en o.a. uitstuur om boodskappe te bring.  En as Hy wil, kan Hy 'n dooie ook stuur!, maar wat belangrik is hier is dat dit nie ons is wat besluit hoe Hy met ons praat nie, maar dat Hy self daaroor besluit. Daarom raadpleeg ons nie engele of dooies nie, maar raadpleeg die Here en Hy besluit op watter manier Hy ons antwoord. 
_________________________________________________________________________________
Ons mag ons TER WILLE VAN 'N DOOIE nie stukkend kerwe of 'n kaalte maak..., en geen snye en ingeprikte tekening in die vlees maak nie;  - en mag ook nie (kos)offerandes aan dooies maak nie:

(Deu 14:1)  Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van ‘n dooie nie stukkend kerwe of ‘n kaalte tussen julle oë maak nie.  - DIE FEIT DAT DIE VOLK VAN GOD VERBIED WAS OM HULLESELF STUKKEND TE KERWE OF 'N KAALTE TUSSEN DIE Oë TE MAAK, WAS BEDOEL IN KONTEKS MET WAAR DIT GEDOEN IS "ter wille van dooies".  Hierdie gebruike was toegepas deur die heiden nasies wat hulle besig gehou het met afgodsaanbidding, oproep van dooies en allerhande ander verbode (heidense) praktyke.   
Vgl. hierdie ook met Lev. 19:28:
(Lev 19:28)  Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening ("tattoo") in julle vel maak nie. Ek is die HERE.

Vgl. dit ook met Lev. 21:5 waar nog dinge genoem word wat deur die heidene gedoen is in AFGODSAANBIDDING (en ter wille van dooies): (Lev 21:5)  Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie. (Kyk ook Lev. 19:28, maar ook v. 27).  Kyk ook: (Jes. 15:2 - "Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Medéba; op al hulle hoofde is ‘n kaalte, elke baard is afgeskeer")(Jer. 16:6; 48:37...).

Nog 'n heidense praktiek wat verbode is vir kinders vd Here, is waar daar (kos)offerandes gemaak word aan dooies:
-(Deu 26:14)  Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ‘n onreine niks weggebring en daarvan aan ‘n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.
-(Psa 106:28)  Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet; (Psa 106:29)  en hulle het die HERE geterg deur hul dade, sodat ‘n plaag onder hulle uitgebreek het.
Vgl. hierdie met die tema van "die eet van afgodsoffers", want die gode vd heidene was baiemaal (van) hulle dooies soos bv. 'n koning wat gesterf het ens. (L.w. dat wanneer daar aan afgode geoffer word, word daar eintlik aan duiwels geoffer... ( 1 Kor. 10:20)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ROU EN WEEN:

Mag ons rou bedryf oor dooies? Natuurlik mag en is daar op verskeie maniere rou bedryf oor dooies oor die eeue, maar ons moet versigtig wees waar gebare uitgevoer word TER WILLE VAN dooies.  Meeste mense "sug in stilte" wanneer hulle rou, terwyl ander weer 'n vreeslike ophef maak. Esegiël was op 'n stadium belet om rou te bedryf (en liewer te sug in stilte), maar die rede hiervoor was spesifiek om as teken van iets anders te dien (Eseg. 24:17-27) - die bedoeling was nie dat dit verkeerd was om op dramatiese manier te huil en ween nie...  

Die manier hoe rou veral beskryf word in die Skrif is deur te "huil en te ween" - gewoonlik was daar 'n rou-tydperk (bv. 7 dae of so iets), en in sommige skrifte word melding gemaak van rouklere wat aangetrek was vir 'n tydperk:
-  (Mar 5:38)  En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien ‘n rumoer: mense wat baie ween en huil.  
-  (Luk 8:52)  En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sê: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.
-  (2Sa 14:2)  het Joab na Tekóa gestuur en daarvandaan ‘n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos ‘n vrou wat al baie dae rou oor ‘n dode.
-  (Gen 50:10)  En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar ‘n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.

Ander maniere van rou en weeklaag was wel o.a. geskeerde baarde, maar (weer-eens) mag NIE ter wille van dooies gedoen geword het nie! (Jes. 15:2). Ook die skeur van klere en om grond op die hoof te gooi was 'n uitroep van rou, maar NIE gedoen ter wille van dooies nie.
--------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 11 Desember 2018

Bloed

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE TERM "BLOED".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Ons weet hoe belangrik BLOED is vir die liggaam en dat elke mens iets soos 5 liter bloed in sy liggaam het. Die hart is 'n belangrike komponent wat die bloed pomp deur die hele liggaam en op so 'n manier word die liggaam voorsien van allerhande nodige elemente o.a. suurstof... Iemand se bloed kan ook vir ons baie vertel van daardie persoon, bv. watter soort siektes hy het, infeksies ens., en die gesondheidstoestand van verskillende organe bv. die hart, niere, lewer e.a. Geen wonder nie want die Skrif verklaar dat DIE SIEL IS IN DIE BLOED! (Gen 9:4 - "Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie"). Dit is immers om hierdie rede wat die mens verbied word om bloed te eet... (Gen. 9:4; Lev. 7:26; Heand. 15:20,29). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE SIEL IN BLOED:

Die mens word ook baiemaal na verwys as " 'n siel ", wat nie net verwys na die "gees in die binneste" nie, maar ook verwys na die uiterlike mens (bv. die siel in bloed) - asof iemand se bloed vgl. kan word met hom as 'n siel (Psa 30:9)  (30:10) - immers is "bloed" soos 'n prentjie van iemand se gesondheidstoestand en is ook nodig om die liggaam in werkende toestand te hou.. (Lev 17:14 - "want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind..."). Bestudeer gerus ook die term VLEES EN BLOED wat verwys na "die mensdom" (en vgl. met die tema van "menslike wese"). Die mens is "vlees en bloed" want hy is uit "vlees en bloed" gebore! (Joh. 3:6; 1:13)(veral verwysend na die "natuurlike mens").

Wanneer 'n persoon se asem weggeneem word en hy doodgaan, kan die hart nie meer pomp nie en nie meer die liggaam voorsien van dit wat hom aan die lewe hou nie (en die organe kom dus tot 'n halt).  Ons sien dus die belangrikheid van BLOED en dat dit opsig self wel 'N SIEL kan beskryf! DNA kan selfs verkry word van droë bloed..., want wanneer iemand doodgaan kan sy bloed steeds sy identiteit beskryf. Kyk bv. hoe Abel se bloed "geroep het" vanuit die grond! (Gen 4:10 - "En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af").

Mense van "dieselfde bloed" is van dieselfde DNA en soos "familie" van mekaar - hier verwysend na 'n bevolking (bv. mense wat nie trou met mense van ander bevolkings nie...) - mense van GEMENGDE BLOED verwys na verskillende bevolkings (bv. "Egiptenaars" of "Israeliete")(Eks. 12:38; Num. 11:4; Neh. 13:3). Dis asof ons kan sê dat iemand se "lewe is in die bloed" - dit beskryf iemand "as siel" - en daarom kan bloed 'n bevolking beskryf.

Maar natuurlik is dit nie net "mense" wat 'n "lewende siel" het nie, maar al die diere van die aarde, en al die voëls van die hemel, en al die kruipende diere op die aarde (Gen. 1:30). Alhoewel die woorde LEWENDE SIEL meer verwys na dit wat "die LEWENSASEM in hulle neusgate het" (want die "asem" verander hulle/liggame in lewende siele...)(Gen 7:22,23)(Jes. 2:22; Gen. 1:20,21,24;  2:19;  7:4;  9:10,12,15,16; Lev. 11:10,46; Deut. 11:6; Eseg. 47:9; Openb. 16:3), word "lewende siel" in die geval van bv. die mens nie net deur asem beskryf nie maar ook deur die bloed, want die siel is in die bloed  (dit gaan oor "wat se soort wese")- daarom word die mens verbied om bloed te eet bloot om hierdie rede, dat die siel is in die bloed! (Deut. 12:15,16,23; 15:23; Lev. 7:26; 17:13,14; 19:26; 1 Sa. 14:32-34; Hand. 15:20,29).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONS MAG NIE BLOED VERGIET NIE:

Die mens is belangrik vir God - hy is immers "na God se beeld gemaak"! Die Here neem dit baie ernstig op as een persoon 'n ander se bloed vergiet! - (Gen 9:6 - "Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak").  Die woorde "bloed vergiet" verwys hier na "moord pleeg" (Gen. 37:22) - ons mag nie doodmaak nie (ons mag m.a.w. nie 'n ander se bloed vergiet nie) - ons mag nie 'n ander se LEWE neem nie, want as jy dit doen, dan word jy skuldig aan daardie persoon se bloed! ("bloedskuld"-Deut. 19:10-13)(Gen 9:5 - "Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis"). Daar is natuurlik ander sondes ook wat bloedskuld veroorsaak wat alles gaan oor mense wat nie respek toon vir God en Sy skepping nie... (bv. kinders wat hulle ouers vloek, hoerery, afgodsaanbidding ens.)(Gen. 42:22; Jer. 2:34...) - in die N.T. het Christus vir ons hierdie nog verder verduidelik en bv. o.a. geleer dat selfs wanneer jy jou broeder haat, dit gesien word soos moordpleeg...

Moordenaars word ook in die Skrif genoem "manne van BLOED" (Ps. 5:6; 55:23; 59:2; Spr. 29:10).
Die term "BLOED op hoof" word ook gebruik (wat verwys na die wat skuldig is aan iemand anders se bloed bv., hy het daardie persoon se "bloed op sy hoof")(1 Kon. 2:33,37; Eseg. 33:4)(Hand. 18:6).
Nog 'n term wat gebruik word is "loer op bloed" (Spr. 1:11; 12:6; Miga 7:2) - verwys na die goddeloses wat onskuldiges afloer en inwag om hulle dood te maak en van hulle te steel... - bv., somtyds word 'n land op hierdie manier gebou, nl. "met bloed"... (Miga 3:10). Hierdie het beslis o.a. te doen met mense wat ander mense se goed begeer en hulle is bereid om daarvoor moord te pleeg, iets wat ons nie mag doen nie (en dus ook rede waarom ons "nie 'n ander se goed mag begeer nie").
Nog 'n term wat gebruik word is "hande vol BLOED" (Jes. 1:15)(of "met bloed bevlek-Jes. 59:3) - wat verwys na "skuld" - is skuldig - soos, hulle hande het ander mense se bloed op hulle...

 "Bloedskuld" het veral baie te doen met die eerste twee gebooie, want as jy jou naaste liefhet (soos jouself), dan sal jy hom beslis nie doodmaak nie! In die geval van moordpleeg gee die persoon nie om vir 'n ander se LEWE ("iemand wat na God se beeld geskep is") nie. Die wat 'n ander se lewe neem (m.a.w. "onskuldige bloed" vergiet-1 Sam. 19:5; 2 Kon. 24:4)(Matt. 27:24...)(Matt. 23:30,35; 27:4), kry bloedskuld op hulle, en bloedskuld kan slegs betaal word DEUR "BLOED" (bv., lewe vir 'n lewe) - meer presies, nie deur die bloed van stiere en bokke nie, maar deur die bloed van die moordenaar...,  bv. in die O.T. moes die met bloedskuld met hulle eie lewens (bloed) betaal (geen ander offer in die O.T. kon vir hierdie sonde betaal nie) - die wat moord pleeg moes self doodgemaak word - moes dus met hulle eie bloed betaal vir die lewe wat hulle geneem het. In hierdie opsig was dit soos "doodstraf" en nie verkeerd nie want sy bloed was nie "onskuldig" nie, maar "skuldig" (bloedskuld). In die N.T. is daar wel 'n offer wat vir hierdie sonde kan betaal sodat iemand nie met sy eie lewe hoef te betaal nie... (rol af na die volgende opsomming "lewe vir 'n lewe").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEWE VIR 'N LEWE:

Waar daar geen versoening gedoen word vir bloed wat in 'n land vergiet word nie, maak dit die land onrein - is so 'n geval sal dit 'n land wat bv. heilig is, ontheilig... (Num 35:33; Lev. 18:25; Deut. 21:1-8; Matt. 23:31-35; Luk. 11:50,51). Bloed wat vergiet is, word altyd geies! (Gen. 9:5; Luk. 11:50,51...). Wanneer iemand begrawe word is dit asof sy bloed deur die aarde bedek word, maar dit sal nie bedek bly nie want soos Abel se bloed uitgeroep het na God, so sal die aarde op die tyd wanneer Christus terugkom, die bloed openbaar maak wat deur dit "gedrink is": -(Jes. 26:21 - "Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie").
(http://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/06/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld-en.html).

Bloed kan gebruik word om 'n "verbond (belofte) te smee" (Gen. 15:9,10; Eks. 24:8; Jer. 34:18,19), en is soos 'n bindende kontrak, bv. tussen God en die mens.
SONDER BLOEDVERGIETING VIND DAAR GEEN VERGIFNIS PLAAS NIE... (Heb 9:22; Matt. 26:28; Mark. 14:24) - in hierdie geval verwys "bloedvergieting" nie na moordpleeg nie, maar na "lewe vir 'n lewe". (Lev 17:11 - "Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel"). Omdat bloed hierdie besonderse kenmerk het (van "lewe"), kan dit ook gebruik word as "'n lewe vir 'n lewe"...(2 Sam. 4:11; Deut. 32:43). Om daardie rede was dit van die vroegste tye gebruik in sonde offers (bv. Kain se offer was nie aangeneem nie want daar was bv. nie "bloed" betrokke nie...). Met die nag wat al die eersgeborenes in Egipte doodgaan was die Israeliete beveel om die bloed van 'n jaaroud lam (sonder gebrek) aan hulle deurposte en bo-drumpels te smeer, wat as teken gedien het dat hulle lewens behoue moes bly... (Eks. 12). Hier sien ons 'n vb. van hoe BLOED gebruik word as " 'n lewe vir 'n lewe " en dit iemand onder beskerming kan plaas - op dieselfde wyse is Christene beskerm onder die bloed van Christus (waarvan die nagmaal 'n teken) - Hy het in ons plek gesterwe... (Sy lewe vir ons lewens).  Ons kan slegs deur BLOED gereinig word van sonde.  Alle mense het reiniging nodig en moet of met hulle eie bloed betaal (dus "dood" - "tweede dood"), of moet die verbond aanneem wat God maak met die mens deur Sy Seun Jesus Christus... (glo in Hom wat met Sy lewe in ons plek betaal het vir ons lewens).

BLOED kan dus as reinigingsmiddel gebruik word (Openb. 1:5; 1 Joh. 1:7; Hebr. 3:11,12). Die tempel kon bv. ook slegs gereinig word deur BLOED - op dieselfde wyse word die Christen se liggaam (wat gesien word soos 'n tempel) gereinig deur die bloed van Christus...
_________________________________________________________________________________

Maandag 10 Desember 2018

Lewende wese / Lewende siel / Menslike natuur / Goddelike natuur / Liggaam 'n slaaf

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE VOLGENDE TERME:
- Lewende wese/ns;
- Lewende siel;
- Menslike natuur;
- Goddelike natuur;
- Liggaam 'n slaaf.
_________________________________________________________________________________
(LEWENDE) WESE/NS:
Ons wil nie net kyk na die woord "wese"nie, maar ook na "lewende wese".
Die Afrikaanse woord "wese" kan na beide iets "in die vlees" (Ps. 8:5) of na "'n gees" verwys (1 Sam. 28:13), maar daar is ook 'n verskil tussen die begrip "LEWENDE WESE", en die begrip "gees", want 'n gees het nie vlees en bene nie (Luk. 24:39) - "lewende wese" word egter vir beide uiterlike (bv. uiterlike mens) en innerlike (bv. innerlike mens -  gees in binneste) gebruik - (vgl. met "lewende siel" - rol af na volgende opsomming om hierdie beter te verstaan ), maar word veral gebruik van iets wat "vlees" het (Gen. 9:15,16). Na regte kan ons miskien sê dat wanneer die mens doodgaan hy nie meer 'n "lewende wese" genoem kan word nie - alhoewel steeds wat ons in Afrikaans noem " 'n wese"! - maar dan in die geval van siel/gees wat verwys na "gees in binneste"...). As lewende wese is die mens (huidiglik) 'n gees met vlees en bene (en bloed)(2Kor.4:16 - tweeledig van aard - "die uiterlike mens" / "die innerlike mens"), maar wanneer hy doodgaan is hy 'n gees "sonder vlees en bene".

Om "die mens as 'n lewende wese" te verstaan, moet ons begryp watter rol "die vlees" speel (en begryp dat verskillende wesens verskillende soorte vlees het (1 Kor. 15:39) - hier verwysend na "vlees" letterlik bedoel). Die begrip "vlees" (die self, vel, naaktheid...) word bv. ook baiemaal gebruik wanneer daar na 'n lewende wese (op aarde) verwys word... (Gen. 6:12,13,17,19;  Gen. 7:16,21;  8:17;  9:11,15-17; Lev. 17:14; Num. 16:22; Job 12:10; Ps. 136:25 ens.)(en is bv. ook dieselfde Hebr. woord wat gebruik word waar daar na vlees as "vleis" verwys word (Jes. 49:26; Gen. 2:21)). 'n Ander woord waarna ons ook kan kyk wanneer daar verwys word na "die mens as lewende wese op aarde", is die begrip "mensekinders" ("kinders van mense" - m.a.w., die uit vlees gebore)(Gen. 11:5; Deut. 32:8; 1 Sam. 26:19; 2 Sam. 7:14; 1 Kon. 8:39; 2 Kron. 6:30; Ps. 11:4; Ps. 12:1; 14:2; 33:13; Dan. 2:38; Ef. 3:5; Mark. 3:28; ens.) - verwysend na "kinders van Adam". Die woorde "lewende wese" verwys egter nie net na "die mens" (Gen. 7:23) nie, maar daar is baie soorte lewende wesens VOLGENS HULLE SOORTE (Gen. 1:21)(bv. vee, kruipende diere, wilde diere, voëls, diere in die water, seediere ens. - Gen. 1:20, 21, 24; 2:19; 7:4,23; 8:21; Deut. 11:6; Openb. 16:3 ...); en ook lewende wesens in die hemel! (waar God woon)(Openb. 4:6-9;  5:6,8,11,14;  6:1,6;  7:11; 14:3; 15:7;  19:4);  maar wat ons moet verstaan is dat nie alle lewende wesens dieselfde soort liggame het nie! (1 Kor. 15) - en duidelik nie almal "op die aarde" nie.  Die woorde "lewende wese" verwys m.a.w. nie altyd na iets wat op "die aarde" beweeg en lewe nie, maar daar is baie soorte WESENS, maar nie almal is "lewende wesens op aarde" nie, en nie almal het dieselfde soort liggame nie... 
Die bonatuurlike wese wat uit die aarde opgekom het in 1Sa 28:13 word nie gesien as 'n "lewende wese op aarde" nie, maar is iets soos 'n gees - sonder (uiterlike) liggaam en lewensasem - en in daardie opsig wel 'n "wese" (soos ons in Afrikaans praat) maar word nie aangespreek as 'n "lewende wese of siel" nie (het m.a.w. nie letterlike "vlees en been" nie, en het nie die letterlike "lewensasem" nie)

Soos enige LEWENDE WESE, is die mens geskape met 'n spesifieke soort liggaam en het 'n "menslike natuur" (Jak. 3:7);  wat verwys na die "soort natuur" (rol af vir 'n opsomming oor "menslike natuur" en waarna die begrip alles verwys...). Elke SOORT lewende wese is anders -  het bv. verskillende soort liggame...: (1Kor. 15:39)  Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls. (1Kor. 15:40)  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.  In die opstanding sal die wat opstaan tot lewe opstaan in ander soort liggame (as wat hulle nou het). Dus, sal dan weer "lewende wesens" wees (op aarde) maar in ander SOORT liggame!
Hierdie, asook die woord "WESE/NS", word in die volgende paragraaf nog verder verduidelik...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEWENDE SIEL / WESE:

Die MENS is 'n "LEWENDE SIEL" - die woorde "lewende siel" verwys na iets "waarin 'n lewende siel is" (Gen. 1:30). In sommige skrifte word, wat hier vertaal is as "siel", ook as "WESE" vertaal (Hebr. woord "neh'-fesh" of Griekse woord "psoo-khay'", wat terloops nie net verwys na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike). Al die diere van die aarde, die voëls van die hemel, en al die kruipende diere op die aarde, het elk 'n lewende siel in hulle (Gen. 1:30).  Sonder 'n "lewensasem" (en natuurlik 'n liggaam) kan niks gesien word as 'n LEWENDIGE SIEL of lewende WESE wees nie. Die begrip "LEWENDE WESE" (hier verwysend na lewende wesens op aarde) verwys na alles wat "die ASEM vd lewensgees in hulle neusgate het"... (want die "asem" verander hulle/liggame in lewende siele...)(Gen 7:22,23)(die MENS, die vee, kruipende diere, voëls van die hemel)(Gen. 1:20,21,24;  2:19;  7:4;  9:10,12,15,16; Lev. 11:10,46; Deut. 11:6; Eseg. 47:9; Openb. 16:3). Die woord LEWENSASEM verwys na "asem in die neus" (Jes. 2:22) en is miskien meer verwysend na letterlike ASEM (letterlik "gees" - NIE die "gees wat in iemand se binneste gevorm word" nie...). Letterlike asem (gees) verwys na die asem wat God self aan almal en alles gee (Hand. 17:25) - niks en niemand kan lewe op aarde as God nie vir hulle hierdie asem of lewe gee nie. (Job 34:14,15 - "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer"). Daarom, wanneer iemand die "laaste asem" uitblaas, gaan hy dood... (Job 11:20; Ps. 146:4; Mark. 15:37,39; Luk. 23:46; Ps. 104:29) - en hierdie (letterlike) asem of "gees" gaan dan op boontoe, terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7).

Die woord "wese" is dieselfde Hebreeuse woord wat gebruik word vir "siel" in sekere bg. voorbeelde; alhoewel in sommige skrifte word ook ander woorde gebruik vir "wesens" wat meer verwys na diere as mense (soos "bewegende goed")(sheh'-rets of yek-oom' of khah'ee...). Daar is bv. ook LEWENDE WESENS in die hemel, maar 'n ander woord word daar gebruik wat liewer vertaal kon word as "lewende ding" (gedierte) - hulle word beskryf in Openb. 4:6-9 en 5:6,8,11,14 en 6:1-7 en 7:11 en 14:3 en 15:7 en 19:4. Kyk ook die vb. in Eseg. 1. Ons moet verstaan dat daar verskillende SOORTE LIGGAME is en dat verskillende WESENS verskillende liggame het. In die geval vd mens word 'n liggaam "gesaai", en 'n asem ("gees") daaraan gegee, en dit bring 'n "lewende siel" voort (Gen 2:7 - "En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword") - in die geval vd wat uit die VLEES gebore is, word 'n NATUURLIKE LIGGAAM gesaai...  
Waar 'n geestelike liggaam "gesaai" word (soos Jesus Christus wat opgestaan het uit die dood), bring dit 'n "lewendmakende gees" voort (verwys bv. na Jesus se nuwe liggaam; verwys FIGUURLIK ook na die "liggaam" waarin die Christen opstaan, maar Christene het die belofte dat hulle ook eendag LETTERLIK sal opstaan in hierdie soort liggaam waarin Christus opgestaan het). (1Kor. 15:44,45 - "‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam. So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees").  Elke Christen sal ook eendag 'n geestelike liggaam kry (wat verwys na 'n letterlike liggaam maar anders as die huidige liggaam)(Dan. 12:2), maar Christene word nou al gesien soos "GEESTELIKE MENSE" omdat hulle innerlike alreeds vernuwe is - figuurlik het die Christen SELF alreeds opgestaan in 'n nuwe liggaam (innerlike vernuwe)! Hierdie "innerlike mens" se liggaam verwys ook (net soos in die geval van die uiterlike liggaam) na "vlees, werke, familie, naaktheid, die self, vel, voedsel, vleis" ens., maar is FIGUURLIK van aard. Ons moet dus natuurlik ook verstaan waarna hierdie dinge figuurlik verwys.... (en word verder behandel in die studie oor "die liggaam" vd mens"). 
- Wat die uiterlike, LETTERLIKE aanbetref sal die geestelike mens (die weergeborenes) eers 'n nuwe liggaam kry (verwys na letterlike liggaam) wanneer Jesus Christus terugkom. 
- Wat die INNERLIKE MENS aanbetref moet ons dus onderskei tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens", want die "eerste Adam" (die natuurlike mens) se innerlike is anders as die geestelike mens se innerlike... In geval vd geestelike mens se innerlike mens, het hy reeds FIGUURLIK opgestaan! (Kol. 2:12; 3:1; Ef. 2:6; Rom. 6:4,5), en is dus figuurlik nie meer 'n slaaf van sonde nie (bv. "dink en sien en doen anders"...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NATUUR:
Om die tema vd menslike natuur te verstaan, moet ons weet wat presies "natuur" is en wat met "natuurlike verkeer" bedoel word. 
"Natuur" verwys nie net na:
(1) natuur wat deur God vasgestel is (bv. "natuurlike verkeer" wat nie deur die mens verander mag word-Rom. 1:26,27)(bv. is geskape as man of vrou) nie, maar kan ook verwys na 
(2) natuur wat deur mense vasgestel word (bv. wette van mense - en mag wel verander word)(bv. wette oor kort/lang hare)(1 Kor. 11:14). 
(3) "Natuur" kan ook verwys na gevalle/natuur wat deur God ingestel is maar weer deur Hom verander word/is (bv. oorspronklik geen skrik in diere, maar vanaf Gen. 9 wel skrik in dier...)(Gen. 9:2).
(4) Die begrip "natuur" word ook gebruik om te wys hoedanig iemand se natuur is (m.a.w., volgens keuse en geboorte...)(bv. die "natuurlike mens" of die "geestelike mens")(2 Pet. 1:4; Spr. 12:10; Jak. 3:7; Rom. 11:24). Die natuurlike mens is in sonde / uit vlees gebore.  Die geestelike mens is uit gees gebore (Joh. 3:6)...

DIE MENSLIKE NATUUR (Jak. 3:7): 
Die woorde "menslike natuur" verwys na mensdom (Griekse woorde "anth-ro'-pee-nos" en "foo'-sis")(soort wese - die mens), en mag net sowel die "natuurlike mens" (1 Kor. 2:14) beskryf... - want almal kan na regte gesien word soos "natuurlike mense" wat teen die natuurlike verkeer opgaan wat God vasgestel het, en maak dus hulle eie rëels op, en is nie die Here gehoorsaam nie en begeer nie Sy wil nie...(in daardie opsig "dood" - verganklik, want die loon vd sonde is die dood). Wat ons nodig het is 'n "goddelike natuur" (1 Pet. 1:4) wat eerder die wil vd Here begeer as om die wêreld te begeer. In daardie opsig gebruik geleerdes somtyds die woorde "menslike natuur" om 'n natuur te beskryf van hoe die mens in opstand kom teen sy Skepper (is m.a.w. "wild"), en gaan nie net oor die natuur wat iemand "kies" nie maar ook die "natuur" waarin hy gebore word (bv. gebore in sonde/uit vlees gebore)(- nie hier bedoel "die natuur wat God vasgestel het vir die menslike wese", bv. is of man of vrou, nie). In daardie opsig is die mens "in slawerny gebore" (en verganklik)(1 Kor. 15:22; Ps. 39:4; Rom. 8:21 ens.) - is 'n slaaf vd sonde... (en het vrymaking nodig, nie net van die sonde wat hy dien nie maar ook vrymaking nodig van die angel daarvan, nl. die dood)(Hebr. 9:27; Ps. 89:48; Rom. 8:21; Joh. 6:50 ens.).  Vgl. dit met die toestand van die NATUURLIKE MENS.  Adam en Eva het gesondig omdat hulle hul vertroue eerder in die slang geplaas het as in God - soos 'n wilde dier nie 'n mens vertrou nie, so het Adam en Eva wild opgetree omdat hulle nie vir God vertrou het nie. 'n Dier is mak wanneer hy iemand vertrou...  Die natuurlike mens kan ook slegs mak word of verander as hy die een wat oor hom heers, begin vertrou... 

DIE NATUUR VAN 'N WESE (Jak. 3:7; 1 Kor. 11:14; Openb. 12:10; Rom. 1:26,27; 2 Pet. 1:4; 2:12):
(1) die mens se toestand voor God (m.a.w. deels verwysend na die feit dat elke mens 'n vrye wil het).  Hier moet ons onderskei tussen die NATUURLIKE MENS (uit vlees gebore)(almal is "natuurlike mense" a.g.v. die sondeval en in sonde gebore...), en die GEESTELIKE MENS (uit Gees gebore)("geestelike mense" is "weer gebore"...- hulle "toestand" of "natuur" verander en hulle verkry 'n "goddelike natuur" - rol af na opsomming "goddelike natuur");
(2) die "natuurlike verkeer" van 'n wese (wat ook weer na 2 dinge verwys):
         - (a) die natuur wat deur God vasgestel is vir 'n wese (bv. "man en vrou")(Rom. 1:26,27). In hierdie konteks is "natuurlike verkeer" iets wat deur God vasgestel is (met die skepping van 'n wese) en mag nie verander word nie!
         - (b) natuurlike of geestelike mens - is die wese "mak"?, of  "wild"?  In hierdie konteks gaan dit nie net oor die natuurlike verkeer wat vasgestel word vir 'n wese (bv. "skrik in diere") nie, maar ook oor die toestand waarin die wese verkeer a.g.v. keuses en geboorte - en verwys na hoe die wese se natuur verander kan word! (bv. oorspronklik was deer geen skrik in diere nie, maar God het dit verander in Gen. 9:2,3 toe Hy die mens toelaat om vleis te eet;  dus voor Gen. 9 was alle diere mak, maar na Gen. 9 wild).  "Natuurlike mense" kan ook gesien word as "wild", maar net soos diere mak gemaak kan word wanneer hulle iemand begin vertrou, net so kan mense weer "mak" gemaak word as hulle hul vertroue in die Here plaas. In hierdie konteks kan die "natuurlike mens" se stand voorgestel word as "dood" (dood vir die Here - is m.a.w. "wild"), en die "geestelike mens" voorgestel word as lewendig vir die Here (is m.a.w. "mak").

NATUURLIKE VERKEER (Rom. 1:26,27):
Die mens wat hom nie aan Sy Skepper onderwerp nie kan gesien word soos 'n wilde dier, of meer presies word 'n "wilde olyfboom" genoem in Rom. 11:24 (en spreek vd "natuurlike mens") en het nodig om mak gemaak te word! (het dus nodig om op die mak olyfboom ingeëent te word). Maar net soos in die geval met 'n dier, kan die mens nie "mak gemaak" word as hy hom nie onderwerp aan die een wat oor hom heers nie! Wanneer God 'n weg skep kan "natuur" verander word - bv. wilde diere se natuur kan getem word (Jak. 3:7), maar geskied deur die een wat in die posisie is van "heers" (en sal slegs gebeur as die dier hom toelaat! - het m.a.w. te doen met "wil"). Siende God heers oor die mens is Hy die Een wat mag het om "natuur" te verander... en ons sien 'n vb. van waar Hy dit gedoen het. Heidene is bv. "van nature" nie deel van die kinders vd koninkryk nie (is van nature wild), maar Jesus Christus kan 'n heiden se "wildheid" verander sodat hy nou "mak" word en deel word vd kinders van Abraham - dit is, as die mens Hom toelaat! - het te doen met "wil" - God dwing nie mense om Hom te dien nie - elke mens het 'n "wil", en die wat die regte besluit maak kan "mak gemaak" word; (Rom 11:24 - "Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?"). Net soos die mens oor die dier heers en diere kan mak maak, net so maak Jesus Christus die wat hulle aan Hom onderwerp , "mak"... Jesus Christus is oor alles aangestel en al die mag is aan hom gegee (soos die mens mag het oor diere, so het Christus mag oor die skepping)(Joh. 17:2; Joh. 3:35; 5:21,22; Hebr. 1:2; 2:8,9; 1 Pet. 3:22).
Christene word deel van die GODDELIKE NATUUR (1 Pet. 1:4) - hulle verkry m.a.w. 'n ander natuur! (verwys hier na die figuurlike - opstanding vd innerlike mens, en hulle het die belofte van ook eendag, letterlike opstanding).

Dit gaan dus hier oor wie dit is aan wie iets of iemand onderwerp is.  Die mens heers oor die dier (Gen. 1:28).  God heers oor die mens (Gen. 1:27; 2:7...).
Die mens moet hom dus onderwerp aan sy Skepper (soos 'n dier hom moet onderwerp aan die mens). Die mens moet hom bv. ook onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is... (Rom. 13:1-3), maar as die wereldse mag (hetsy regering of kerkraad of wie ookal) in opstand kom teen die natuurlike verkeer wat deur God vasgestel is, kan daardie wereldse mag gesien word as "wild" (in so 'n geval kan die wat "mak" is  kies om die Here "meer gehoorsaam" te wees (Hand. 4:19; 5:29)).
Die een wat heers het die mag, maar God is die Almagtige! (Gen. 17:1; 28:3; Openb. 21:22; Jes. 13:6; 2 Kor. 6:18 ens.) - alle wereldse magte is veronderstel om hulle te onderwerp aan die Een wat heers! (Jer. 32:27; Ps. 136:25; Job 12:10; Num. 16:22...). 'n Wereldse mag wat oor ander mense aangestel is het bv. nie die reg om die natuurlike verkeer wat deur God vasgestel is, te verander nie - want dan kom hulle in opstand teen die Een wat oor alle mense heers. Bv., geen wereldstelsel het die reg om die natuur te verander van wat gesien word as "die huwelik" nie; of het die mag om die natuur te verander t.o.v. van wat gesien word as wettiglike seks nie;  of het die mag om te besluit dit is reg vir 'n mens om met 'n dier vleeslike gemeenskap te he nie....ens. ens. - want die mensdom (en elke regering van mensdom) is veronderstel om hulle te onderwerp aan die Here hulle Skepper! (aan die Een wat heers).  Die mens is onderwerp aan God se reels (die "natuur" wat Hy vasgestel het, net soos diere onderwerp is aan die mens se reels). Elkeen wat die natuurlike verkeer wat deur God vasgestel is, probeer verander, bewys dat hulle nie hulle Skepper vertrou nie, en bewys dat hulle hulself nie aan Hom onderwerp nie.
Nie eens die Christelike kerk (die wat "mak" is) het die mag om "natuur" (bv. reels) wat deur God vasgestel is, te verander nie! (want as hulle dit doen, dan word hulle weer wild...).  Hulle kan bv. nie iets wat gesien word as sonde, verander asof dit nie meer sonde is nie. As God die reels of "natuur" verander is dit iets anders, maar geen mens het die mag om dit te doen nie. Daar is dus 'n NATUURLIKE VERKEER op aarde en as hierdie natuurlike verkeer verander word deur iemand wat nie die mag het om dit te verander nie, dan is hy besig om in opstand te kom teen die een wat regeer. Bv., die mens is as "man" en "vrou" geskep - dit is dus nie "natuurlik" vir die man om met 'n ander man omgang te he nie;  net so is dit ook nie natuurlik vir die vrou om met 'n ander te le nie (Rom. 1:26,27). Mense wat hierdie "natuurlike verkeer" verander sondig teen hulle Skepper en kom in opstand teen die natuur wat Hy vir hulle gegee het.

Ons moet egter onderskei tussen "natuurlike verkeer" (iets wat vasgestel is deur die Skepper), en dit wat verskillende kultuurgroepe sien as "natuurlik", want die begrip "natuurlike verkeer" gaan nie oor menslike gebooie nie. Vir sommige groepe is dit bv. nie natuurlik dat 'n man lang hare dra nie (1 Kor. 11:14), maar vir ander is dit...  - hierdie moet nie verwar word met die begrip "natuurlike verkeer" nie want dit is bloot "kultuur" wat nie deur God vasgestel is nie...

Die "GODDELIKE NATUUR":
Die wat gebore is in sonde het nie 'n goddelike natuur nie, maar is "natuurlike mense" en het dus 'n "menslike natuur" (verwys na punt 1, bo).  Natuurlike mense is soos wilde diere (diere is bv. wild wanneer hulle iemand nie vertrou nie). Natuurlike mense is wild teenoor die Here omdat hulle Hom (en die natuurlike verkeer wat Hy neergelê het) nie vertrou nie (hulle is in sonde gebore / gebore uit vlees / slawe van sonde)(Ps. 51:5; Joh. 3:6; Rom. 6:6) - hulle volg eerder die "natuur van mense" na - is m.a.w. "van die wêreld", "dink en praat soos die wêreld" en begeer die dinge vd wêreld... (ander woorde wat gebruik word is dat hulle "die gees vd wêreld" het).
Geestelike mense kan voorgestel word as mak (en is dus mense wat vir God vertrou) - hulle is wel gebore uit vlees, maar word "weer gebore" (uit Gees), en verkry 'n "goddelike natuur"... (2 Pet. 1:3,4) - hulle volg dus God se natuur na en is (gebore) uit Hom, dink en praat soos Hy en begeer die dinge vd Gees... (het "die Gees van God").
- (2Pe 1:3)  Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,
- (2Pe 1:4)  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Liggaam soos 'n slaaf:
'n Slaaf behoort aan iemand, bv. wie is dit vir wie hy DIEN of GEHOORSAAM? Op dieselfde wyse is die mens soos 'n slaaf of dienskneg van sonde omdat hy in sonde gebore is (Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34...). Daar is 'n verskil tussen die een wat vrywilliglik 'n slaaf is, en die een wat verkoop is as slaaf... Die natuurlike mens is op hierdie wyse "verkoop onder sonde" (Rom. 7:14) - dit gaan oor watter soort saad in iemand is, bv. almal gebore uit die saad van Adam is in sonde gebore (is m.a.w. verkoop onder sonde) = "die natuurlike mens". Hy't nie vrywilliglik gekies om 'n slaaf te wees van sonde, of altans om die "sonde te dien" nie (Rom. 7:14-25), maar 'n wese kan nie iets anders voortbring as wat hyself is nie, en daarom sterwe elke kind wat uit Adam se saad gebore is, want hy word uit (hierdie) vlees gebore - dus gebore in sonde... en die loon vd sonde is die dood. Elkeen wat 'n slaaf is van sonde is van nature kinders vd TOORN - (Ef. 2:3)  "onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander".

Die wat egter weergebore is uit God se saad (nl. "die geestelike mens") het LEWE omdat hy gebore is uit God - hy het God se saad in hom... (1 Joh. 3:8,9) - as hy uit Gees gebore is, dan is hy "gees".
- (Joh 3:6)  "Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees".  
- (Rom 5:12,13,19)  "Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie............(v.19)  Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word".
Die geestelike mens word nie alleenlik gesien as net "gebore uit God saad" (wat vir hom die hoop gee op LEWE) nie, maar hy gee homself ook VRYWILLIGLIK as slaaf vir Christus! Die geestelike mens is dus VRYgemaak (Joh. 8:36) in die sin van nie meer 'n slaaf vd sonde nie (dien m.a.w. nie meer die sonde wat veroorsaak dat hy onder toorn sal val nie) - dus VRYGEKOOP vd sonde waarin hy gebore is (en sal dus nie onder die oordeel vd hel, nl. die tweede dood, val nie, maar het die belofte van opstanding uit die dood) - gekoop deur Jesus Christus, met Sy bloed.. - gekoop om vry te wees vd slawerny waaronder hy verkoop is en vd toorn waaronder hy sou val. Die geestelike mens is wel VRY (nie meer slaaf van sonde nie) maar vrywilliglik 'n slaaf vir Christus, en dien Hom en is Hom gehoorsaam... (glo in Hom)(1 Kor. 7:22; 1 Pet. 2:16) - in ander woorde, "'n DIENSKNEG van Christus"! (Rom. 7:3-6; Gal. 4:1,7-9;  1:10 ens.); maar hulle is nie net diensknegte nie maar ook "seuns" of  "kinders" (wat sal erf, soos seuns en kinders erwe)(Gal. 4:1,7), en word ook Jesus Christus se vriende genoem (want Hy deel alles wat Hy vd Vader hoor met hulle...)(Joh. 15:15).

Die "slaaf" wat egter die geleentheid het om vry te kom maar dit nie aanneem nie, kies vrywilliglik om 'n slaaf te bly van die een wat hy dien. Op dieselfde wyse het elke mens 'n geleentheid om vrygekoop te word van die sonde waaronder hy gebore is en die toorn waaronder hy sal val a.g.daarvan. As iemand weier om die geleentheid aan te neem wat deur God geskep is waardeur hy verlos kan word van sy "slawerny" (as slaaf van sonde) en die toorn wat a.g.daarvan volg, dan kies hy om eerder die sonde te dien en die uiteinde daarvan is die DOOD ("tweede dood" - oordeel vd hel). Die een na wie jy luister en vir wie jy gehoorsaam, is die een vir wie jy dien... 

Verder, die wat die wet van Moses gehoorsaam, dien die wet; maar die wat die Heilige Gees gehoorsaam, is nie onder wet nie, maar dien vir Christus Jesus (en het Sy Gees en is nie gehoorsaam aan "die wet" nie, maar aan Sy Gees) - is vrywilliglik 'n slaaf van Christus (nie 'n slaaf vd wet nie).  Die geestelike mens (die Christen) se liggaam is die tempel vd Heilige Gees en sy liggaam kan gesien word soos 'n slaaf vir die Here. Christene se liggame en gees behoort aan die Here - hulle is duur gekoop (1 Kor. 6:19,20).  Daarom moet hulle vlug vir (geestelike) "hoerery" want hulle liggaam is 'n tempel vd Heilige Gees! (1 Kor. 6:19) - is vrygemaak ja, maar dien nou die een deur wie hy oorwin is... (2 Pet. 2:19). (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus"). Christene is figuurlik deel van Christus se liggaam en dien Hom SELF deur hulle eie liggame...  (2Pe 1:4 - "waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die GODDELIKE NATUUR, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------