Wys tans plasings met die etiket kennis. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket kennis. Wys alle plasings

Donderdag 07 Maart 2024

Wysheid

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BEGRIP "wysheid".

Wat beteken wysheid?
(Spr. 3:13-15 - "Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie").
In hierdie pos:
- (1) Kort opsomming;
- (2) Griekse en Hebreeuse betekenisse vd woord wysheid;
- (3) Spesifieke voorbeelde van mense in die Skrif wat wysheid gehad het;
- (4) Praktiese voorbeelde van wysheid, hoe dit tot voordeel is in die alledaagse lewe;
- (5) Nog skrifte waarin wysheid beskryf word (- "wys/e/s"). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Kort opsomming:
"Wysheid" wys op  intellegensie, vaardigheid en bekwaamheid.  In sekere kontekste verwys iemand met wysheid na iemand wat uitgeslape is, subtiel, of hom/haarself kragtig in woorde kan uitdruk. 

In hierdie pos kyk ons veral na wysheid wat "van bo" kom. Alhoewel wysheid en verstand ook gewoonlik kom met jare (grysaards)(Job 12:12; 32:7), is nie alle wysheid "van bo" nie.  Die wysheid waarna in meeste van die voorbeelde in die Skrif verwys word is besonderse wysheid wat deur die Here (en deur Sy Gees) gegee word aan sekere mense... (Eks. 28:3; 31:2-5; Job 32:8,9; 2 Pet. 3:15; ens.)(bv. die wat die Gees van wysheid (die Heilige Gees) ontvang).  Die Here gee wysheid en kennis wanneer dit nodig is, bv. sodat dinge VOLGENS SY WIL uitgevoer kan word... (soos om die volk te lei volgens Sy wil, om oordeel uit te spreek volgens Sy wil, om iets kunssinnig te skep volgens Sy wil, ens.)(Matt. 23:34). Dit dan die rede waarom iemand wysheid van bo ontvang.  "Wysheid van bo" het o.a. tot gevolg dat geregtigheid kan geskied (1 Kon. 3:16-28). 'n Volk wat geen wyses het wat hulle lei nie, is op die afdraende... (Jer. 51:57; Jes. 29:14). Die Here gebruik wysheid as 'n manier om Sy volk te lei en op die regte pad te hou.

Wat is wysheid?
- Wysheid is INSIG (Job 11:6; 12:12) wat iemand verkry, bv. insig op wat is reg en verkeerd (bv., kan 'n goeie oordeel uitspreek of goed rede voer-Kon. 3:28; 10:9), of insig om in vrede te lewe met mense rondom (uitgeslape/subtiel-2 Sam. 14:20), of insig om 'n spesifieke taak uit te voer (1 Kon. 5:12; 10:4), ens. Wysheid kom ook goed te hulp wanneer lering/onderrigting gegee word, bv. die waarheid verkondig of waar inligting vd vaders oorgelewer word (Job 15:18,19; Spr. 22:17; 24:23)(2 Pet. 3:15,16; Kol. 1:28; en Spr. 31:26). Dit kom dus goed te pas in die uitvoer van opdragte of waar 'n onderwerp bespreek word (Hand. 6).
- Deur wysheid, bv. wysheidspreuke, kan iets op 'n kragtige manier in woorde uitgedruk word (Pred. 12:11)(bv. sodat niemand dit kan weerspreek nie).
- Wysheid word gewoonlik gekenmerk deur kennis (iemand wat meer weet as ander, bv. kenners vd tye of van wet en reg-1 Kron. 12:20; Est. 1:13);
- en word gekenmerk deur die vermoë om te kan lei (die insig en kennis om te weet wat gedoen moet word, wat belangrik is, wanneer dit nodig is, ens.; bv. Salomo wou wysheid verkry "om die volk te kon lei"), 
- Wysheid kan ook beskryf word as " 'n goeie begrip", bv. 'n goeie begrip hê van prosesse, bv. het insig/ is vaardig of bekwaam om iets te skep soos in kunste (spesifieke soorte kunste-Eks. 31:2-5) en musiek (bv. liedjies skryf-1 Kon. 4:32). Wysheid kom goed te pas wanneer besonderse kennis nodig is in 'n spesifieke veld (Eks. 28:3). Die persoon met wysheid het die verstand om (spesifieke) take uit te voer en weet hoe om dit te doen (Gen. 41:33; 1 Kon. 2:9).
- Dit kan ook beskryf word deur die vermoë om iets in woorde te kan uitdruk (bv. wysheidspreuke-1 Kon. 4:32), en goeie antwoorde te kan gee (Luk. 21:15).
- Dit is deur wysheid wat Salomo die insig gehad het van hoe om in vrede te lewe met mense rondom, asook die insig gehad het om die tempel te bou (1 Kon. 5:12; 10:4). 
- 'n Wyse man kan grimmigheid tot bedaring bring (Spr. 29:8; 16:14; Dan. 2:14-16) - in konteks kan die woord wysheid bv. verwys na die vermoe om rede te kan voer, 'n goeie begrip, is uitgeslape, subtiel, ens. (rol af vir 'n opsomming oor die Hebr. en Gr. betekenisse vd woord "wysheid"). Die wyse weet wanneer om stil te bly (Job 13:5) en wanneer om te praat  (Matt. 10:16 en Spr. 14:8)(Spr. 29:9). 
- Kol. 1 leer vir ons dat die "wysheid van bo" dinge soos lankmoedigheid, lydsaamheid, dankbaarheid ens. tot gevolg het, en 'n begeerte na meer kennis en beskaafdheid - m.a.w., wysheid het 'n invloed op die manier hoe ons sien en dink en optree.
- Die met wysheid kan toetse (bv. versoekinge) makliker te deurstaan (Jak. 1:5) - bv. insig om te weet wat om te doen, of insig op hoe om ander mense te hanteer (bv. hoe om te wandel teenoor die wat buite is)(Kol. 4:5); 
- Die met wysheid verstaan dinge wat ander mense nie verstaan nie (bv. verstaan die krag van God en roeping...)(Ef. 1:18-21). Bv. belangrik vir spesifieke bedieninge, bv. apostels, profesie, lering, ens.
- Die met wysheid kan oordeel, beoordeel en besluite neem (meer spesifiek, besluite wat tot geregtigheid lei)(1 Kor. 3:16-28);  kan bv. regsake hanteer (Deu 1:15-18), of die geleerdes, die wat weet wat moet gebeur, bv. kenners vd tye of kenners vd wet en reg (1 Kron. 12:20; Est. 1:13). 

Ons moet onderskei tussen aardse wysheid en wysheid van bo, want nie alle wysheid word van dieselfde BRON verkry nie;  m.a.w., nie alle wysheid in die wêreld is "wysheid van bo" nie. Mense wat wysheid ontvang het kennis -  wysheid veroorsaak INSIG in iets spesifiek..., en hierdie insig het 'n effek op ons lewe, woorde en werk. Die kennis wat egter verkry word deur aardse wysheid het nie dieselfde invloed as wysheid van bo nie, en is eintlik maar dwaasheid by God (1 Kor. 3:18,19).  Studie kan 'n vermoeiing wees vd vlees en 'n gejaag na wind, bv., aardse wysheid... (Pred. 1:17; 12:12), en het 'n groot invloed op HOE ONS SIEN EN DINK - dit is waarom dit eerder belangriker is om ag te gee op "vrees vir die Here en om Sy gebooie te hou" (Pred. 12:13) as om aardse wysheid te soek, want die Here se insettinge het 'n ander invloed op ons. 

Die wat die Here vrees ontvang wysheid van bo... (die vrees vd Here is die beginsel van wysheid en kennis...-Ps. 111:10; Spr. 1:7; Job 28:28; ens.) - sulke insig kom van die Here af en diesulkes begin dan soos Hy dink en sien (dis is wat gebeur met mense wat die Heilige Gees ontvang - die Gees gee vir hulle "wysheid van bo" en skryf die Here se wette op hulle harte). In die geval van "wysheid van bo" is die Here DIE BRON...  Dit is dus belangrik "van watter bron af" wysheid verkry word. As jy die Here soek/raadpleeg/vrees, sal jy wysheid van Hom af kry, maar aardse wysheid het 'n ander bron en bou terloops 'n ander soort karakte!. 'n Goeie lewenswandel is belangriker as om slim te klink (Jak. 3:13,14) - wat help dit iemand het baie kennis en kom baie wys voor maar het nie goeie werke nie (die persoon is miskien afgunstig of selfsugtig... - Jak. 3:13,14) - in so 'n geval wys dit waar sy wysheid vandaan kom. Dit is m.a.w. maklik om te sien waar 'n slim persoon se wysheid vandaan kry, want wysheid het 'n spesifieke soort invloed op iemand... Slim mense met aardse wysheid het bv. baiemaal 'n soort karakter waar hulle hulself verhef of selfs dink hulle verdien meer as ander mense omdat hulle slimmer is... - hulle sal bv. hulle kennis (aardse wysheid) gebruik tot eie voordeel (is selfsugtig), of omdat hulle hulself hoër ag is hulle jaloers op die wat het wat hulle nie het nie (is baiemaal afgunstig). Die Skrif het 'n woord wat hiervoor gebruik word, en dit is dat so iemand "vleeslik" is (hy dink en sien aards/sien soos die wereld sien).  Jong Christene is ook somtyds vleeslik en kan maklik beterweterig voorkom, in plaas van om ag te gee op goeie lewenswandel en om te leer... (wat basies maar net daarop wys dat hulle nog nie veel wysheid van bo het nie! - hulle mag dalk dink hulle is slim oor hulle kennis vd woord begin verkry het, maar het nog baie aardse kennis in hulle en weet nog nie veel vd woord nie) - maar die Here kan natuurlik iemand wat jonk is ook gebruik, kyk bv. Jeremia en hoe die Here vir hom woorde gegee het...(Jer. 6:1,9).  Wêreldse wysheid veroorsaak vleeslike gedrag terwyl wysheid van bo anders is, en 'n kombinasie van die twee het beslis beide 'n invloed op iemand.  Wysheid van bo het 'n ander soort effek op mense as wat aardse wysheid het, bv. dat hulle rein wil lewe, vredeliewend is, vriendelik optree, geseglik, is vol barmhartigheid, dra goeie vrugte, is onpartydig en ongeveins... (Jak. 3:13-18). So iemand wil volgens die wil vd Here lewe en Hom gehoorsaam. Iemand se gedrag en optrede kan dus 'n aanduiding wees van waar sy wysheid vandaan kom (kom dit van bo, of is dit aards/werelds?). Dit is duidelik dat waar "wysheid van bo" oorgedra word aan geslagte (selfs onder heidennasies), daardie kinders outomaties ook beter lewenswandel sal toon...

Geen wonder die Here se insettinge word gesien as wysheid... (en verstand)(Deut. 4:6; Ps. 111:10) - as jy die Here vrees dan verstaan jy dat Hy die wyse Een is en wysheid van bo "van Hom af kom".  Hierdie wysheid is nodig vir 'n GOEIE BEGRIP en INSIG en OM REDE TE KAN VOER (Dan. 5:11)(... is bv. o.a. nodig om oordele te kan uitspreek-1 Kon. 10:9).  WYSHEID HET DUS BAIE TE DOEN MOET HOE IEMAND SIEN EN VERSTAAN (en verwys dus ook op "verstand in die skrifte"-Dan. 1:17). Daniël was beskryf as iemand met voortreflike wysheid of 'n "voortreflike gees" (Dan. 5:12,14; 6:4), want hy het 'n goeie begrip gehad en besonderse insig. Die Here se insettinge maak ons bekwaam en gee ons insig om te weet wat om te doen en wat om te sê (sien die begrip "woord van wysheid"). 

In Hand. 7:22 word iemand met wysheid beskryf as "magtig in woorde en dade" - dit is bv. moeilik om iemand met wysheid te weerstaan, want so iemand het besonderse insig en kan hom/haarself goed in woorde uitdruk (Hand. 6:10). As ons wysheid as werke kon beskryf (bv. dat wysheid nodig is om daardie werk te kan uitvoer), kan dit miskien beskryf word in die mense met werke soos kunste, ambagte, wetgewing, leierskap, musiek, sprekers, leermeesters, ens. (maar natuurlik is nie alle soorte wysheid in die wereld "wysheid van bo, of het die Here as bron nie, en dus word daar nie altyd leiding gegee volgends die Here se wil nie, of regsprake uitgevoer volgens Sy wil nie, musiek gemaak volgens Sy wil nie, kunste volgens Sy wil nie, ens...).  

In Deut. 34:9 word daar na die Gees van God verwys as "die Gees van WYSHEID" - mense wat die Heilige Gees ontvang (m.a.w., "geestelike/weergebore" mense) kry wysheid van bo.  Die Heilige Gees kan iemand leer wat die waarheid is, en bekwaam maak om te doen wat gedoen moet word, rigting gee, hulp om sake te hanteer, help in woorde, ens... Jesus het bv. die Gees van wysheid gehad en kon deur woorde mense se verstand open sodat hulle die Skrifte kon verstaan (Luk. 24:45).  Die Heilige Gees werk o.a. hierdie gawe "WOORD VAN WYSHEID" deur sommige gelowiges sodat daardie gelowiges die vermoe het om hulleself goed in woorde te kan uitdruk -1 Kor. 12:8 (Luk 21:15 - "Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie")(Hand. 6:10). Met so 'n "woord van wysheid" hoef iemand nie eens vooraf te dink wat hy sal spreek nie, want die woorde (van wysheid) sal vir hom deur die Gees gegee word in daardie oomblik... (Luk 21:14), en word gewoonlik gekenmerk deur die feit dat so iemand se woorde so kragtig is dat sy teëstanders dit nie kan teëspreek of weerstaan nie (Luk. 21:15; Hand. 6:10)(Eks. 4:11,12). 

Jesus Christus se leringe is ook soos wysheid vir ons en die Gees herinner ons terloops aan Sy woorde... (Joh. 14:26). Die wysheid van bo is waarheid (is die Here se insettinge). Christus Jesus het vir ons DIE WAARHEID kom deel en so baie wysheid vir ons kom gee (Joh. 3:34). Hy word o.a. voorgestel as "die krag van God en die WYSHEID VAN GOD", want net soos die insettinge vd wet wysheid van bo is, so is Jesus se woorde wysheid van bo (1 Kor. 1:24,30).  As ons ag gee op Jesus se woorde en die Heilige Gees gehoorsaam, is ons wys! Solank ons ons deur Hom en deur die Heilige Gees laat lei sal ons goeie begrip en insig hê, presies weet wat om te doen (bv. wanneer, hoe, waar, ens.), kan selfs woorde verkry waar of wanneer ons dit nodig het as die Gees so 'n woord van wysheid deur jou werk, en kan besonderse insig verkry in sekere prosesse soos die Here dit uitdeel...(bv. ambagte, kunste, ens.)(1 Joh. 2:20,27; Joh. 16:13; 1 Joh. 4:6; 14:26; 1 Kor. 2:12,13; Luk. 21:14,15; ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Griekse en Hebreeuse betekenisse vd woord "wysheid":

- die Hebr. woord " khok-maw' " ; wysheid - vaardig, wys, bekwaam (Eks. 28:3). In konteks Eks. 28 het dit hier verwys na mense wat deur die Here kunsvaardig gemaak is sodat hulle die priesters se klere kon maak. Vgl. dit ook met Eks. 31:2-5 ("Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid (vaardig/bekwaam) en verstand (vaardig, diskresie, insig, rede, begrip) en kennis (weet, bewus, wetend, uitgeslape) en bekwaamheid (werk, werker) vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk")(kyk ook Deut. 4:6, waarin die volk beveel word om die Here se insettinge te hou..., sodat die ander volke hulle kan sien as 'n wyse en verstandige volk;  m.a.w., die Here se insettinge is wysheid en verstand... - Sy insettinge maak ons vaardig en bekwaam (wysheid) en gee insig/rede/begrip (verstand). Dieselfde Hebr. woord word ook gebruik in Deut. 34:9 - in hierdie vers word daar na die Gees verwys as "die Gees van WYSHEID" - die Gees maak ons bekwaam om te kan doen wat ons moet doen)(kyk ook 1 Kon. 3:28 - wysheid wat Salomo vd Here af gekry het - hy kon as regter optree, en dit het tot gevolg gehad dat die mense hom gevrees het. Vgl. dit ook met 1 Kon. 10:9 - die wysheid wat Salomo van die Here af gekry het het gesorg dat reg en geregtigheid onder die volk geskied. Vgl. dit met 1 Kon. 4:29 - Salomo se wysheid was oral bekend, en dit was o.a. gekenmerk deur 3000 wysheidspreuke en 1005 liedere-v.32; 1 Kon. 4:34; 1 Kon. 5:12; 10:4,6-8,24; 11:41; 2 Kron. 1:10,11)(kyk ook Eks. 31:6; 36:2;2 Sam. 20:22; 1 Kon. 2:6; 7:4; 2 Kron. 9:3,5-7,22,23; Esra 7:25; Job 4:21; 11:6; 12:2,12,13; 13:5; 15:8; 28:12,18,20,27,28; 33:33; 38:36,37; Ps. 37:30; 104:24; 111:10; Spr. 1:2,7; 2:6,10; 3:13,19; 4:5,7,11; 5:1; 7:4; 8:1; 9:10; 10:13,23,31; 11:2; 13:10; 14:6; 14:6,8,33; 16:16; 17:16,24, ens.) (Dan. 1:17,20; 5:11,14). 

- Die Hebr. woord " haw-kawm' " (2 Sam. 14:20) wat verwys na intelligensie en vaardigheid - uitgeslape, subtiel. 

- Die Hebr. woord " khaw-kam' " (Ps. 105:22) om wyser te maak, of wysheid leer.

- Die Hebr. woord " khok-moth' " (Spr. 1:20) - wysheid, 'n wyse persoon - wysheid word hier soos 'n vrou voorgestel... Kyk ook (Spr. 9:1; 14:1; 24:7).

- Griekse woord "sof-ee'-ah" - wysheid (Matt. 11:19; 12:24; 13:54; Mark. 6:2; Luk. 2:40,52; 7:35; 11:49; 21:15; Hand. 6:3,10:; 7:10,22; Rom. 11:33; 1 Kor. 1:17,19-22,24,30; 2:1,4-7,13; 3:19; 12:8; 2 Kor. 1:12; Ef. 1:8,17; 3:10; Kol. 1:9,28; 2:3,23; 3:16; Kol. 4:5; Jak. 1:5; 3:13,15,17; 2 Pet. 3:15; Openb. 5:12; 7:12; 13:18; 17:9).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde van mense in die Bybel wat wysheid van bo ontvang het (in bg. paragraaf is ook alreeds heelwat voorbeelde aangehaal):

-    Daniël (Béltsasar), Hanánja (Sadrag), Mísael (Mesag) en Asárja (Abednégo) - die Here het vir hulle WYSHEID gegee (Dan 1:17 - "En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome")(KJV:  Dan 1:17 - "Now as for these four youths, God gave them knowledge and skill in all learning and wisdom: and Daniel had understanding in all visions and dreams"). - IN HIERDIE SPESIFIEKE GEVAL VERWYS WYSHEID NA "VERSTAND IN DIE GESKRIFTE"... HIERDIE SEUNS HET BUITENGEWONE WYSHEID GEHAD, EN ENIGE IETS WAARIN DIE KONING HULLE ONDERVRA HET HET HY BEVIND DAT HULLE AL DIE GELEERDES IN SY KONINKRYK 10 MAAL OORTREF HET! (Dan 1:20). 
-    Daniël (Dan 5:11 - "Daar is ‘n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers aangestel—u vader, o koning! —") - IN HIERDIE SKRIF WORD DAN. SE WYSHEID BESKRYF AS "wysheid van die gode" (die woord "gode" word hier gebruik, want die Chaldeers het nie in die Hebreeuse God geglo nie, maar besef dat sy wysheid "van bo" kom) - SY WYSHEID WORD VERDER IN V. 12 BESKRYF AS DAT HY 'N VOORTREFLIKE GEES EN KENNIS (begrip, insig, rede voer) EN VERSTAND (begrip) GEHAD HET (Daniel kon o.a. ook drome uitlê en raaisels oplos-wat miskien meer die begrip "kennis" beskryf as "wysheid"..., alhoewel wysheid en kennis baie saamgaan).
-   Moses (Hand. 7:22 - "En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade"). ALHOEWEL WYSHEID IN KONTEKS IN HIERDIE SKRIF VERWYS NA AARDSE WYSHEID (nie "wysheid van bo" nie), WORD MOSES SE WYSHEID HIER O.A. BESKRYF AS "MAGTIG IN WOORDE EN DADE" -  ONS SIEN DUS DAT IEMAND WAT "WYSHEID" HET O.A. BEKWAAM IS EN GOED KAN WEES MET WOORDE...;  WAT NOGAL KOMIES IS IN MOSES SE GEVAL, WANT HY HET HOMSELF NIE GESIEN AS "N MAN VAN WOORDE" NIE... (Eks. 4:10-12).  MAAR DIE HERE KON VIR HOM WYSHEID VAN BO GEE EN DUS DIE WOORDE WAT HY NODIG GEHAD HET... (bv. om Sy wil uit te voer).  Iemand met wysheid kan dus o.a. beskryf word as iemand wat magtig is in dade en woorde - word duidelik gekenmerk as mense wat intelligent is, bekwaam, vaardig, goed met woorde, ens.
-   Stéfanus (Act 6:10)  Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie (Hand. 6:10 - "Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie"). STEFANUS HET DEUR WYSHEID GEPRAAT, EN DEUR DIE GEES GEPRAAT... DIT WIL VOORKOM OF STEFANUS DIE GAWE VAN "woorde van wysheid" DEUR DIE HEILIGE GEES ONTVANG HET. WAT HET DIT IN HIERDIE SKRIF BETEKEN?  IN HIERDIE SKRIF VERWYS WYSHEID NA IEMAND WAT GOED/MAGTIG IS MET WOORDE" - HY HET SO GOED GESPREEK DAT HULLE DIT NIE KON WEERSTAAN NIE... (en toe hulle geen antwoord het nie, toe maak hulle asof hy laster... - dit is wat baiemaal gebeur as iemand so wys is dat die nie kan terugantwoord nie, dan word die wyse beskuldig van iets wat nie die waarheid is nie - dit is die vyand se laaste manier om te keer dat mense die waarheid glo). STEFANUS HET PRESIES GEWEET WAT OM TE SE;  VGL. DIT MET EKS. 4:12 EN MATT. 10:19,20 - WANNEER 'N GAWE VAN WOORDE VAN WYSHEID DEUR IEMAND WERK, KRY HY INSIG OM IETS IN WOORDE UIT TE DRUK - "die Gees waardeur hy spreek" - die Gees praat deur hom... (Luk 21:14,15 - "Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie. Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie").
- Jesus:   Jesus Christus  het van kleins af baie wysheid gehad - (Luk 2:40 - "En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van WYSHEID. En die genade van God was op Hom)(Luk. 2:52; Matt. 13:54; Mark. 6:2), en Sy leringe het ook gewys dat Hy baie wysheid het! (Mark. 6:2; Matt. 13:54). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) Praktiese voorbeelde van wysheid, hoe dit tot voordeel is in die alledaagse lewe...:

- Wysheid kom goed te pas in die uitvoer van opdragte en was bv. 'n voorwaarde vir die verkiesing van die diakens in Hand. 6. Ons het reeds gesien dat mense met wysheid "prosesse" goed verstaan en dus weet wat om wanneer te doen, en hoe... In hierdie geval help wysheid iemand om 'n spesifieke taak uit te voer (volgens die Here se wil). 'n Ander vb. is Josef wat moes voorberei vir die jare van hongersnood... (Gen.41:33), en om dit te kan doen het God dit so laat gebeur dat Josef oor Farao se huis aangestel was, en oor die hele Egipteland. Die een met wysheid kan gebruik word om 'n taak uit te voer (en dit dan ook gewoonlik die rede waarom wysheid aan iemand spesifiek gegee word). Salomo is ook 'n vb. hiervan, want hy het wysheid ontvang sodat hy die volk kon lei.  Ons sien dus dat mense met wysheid baiemaal 'n spesifieke aanstelling of leiersposisie ontvang (sodat hulle 'n spesifieke taak kan uitvoer) - en die omstandighede speel baiemaal ook saam!;  m.a.w., die geleentheid word geskep. 1Kon. 2:9 is nog 'n vb. van waar iemand 'n opdrag gegee word, maar hy dit gegee word omdat hy "die wysheid" het om dit te kan uitvoer (hy kry die opdrag maar word nie presies vertel hoe om dit te doen nie, maar sal weet omdat hy wysheid het...). 

- Die Here gebruik ook somtyds "wysheid" as 'n manier om vernederdes te verhoog (1 Kon. 10:23,24; Dan. 1:17; 5:14; Spr. 4:7,8), alhoewel ons doel vir die begeerte na wysheid nie moet wees om onsself te verhoog nie.  Koning Salomo het baie wysheid gehad (Matt. 12:42), maar sy begeerte na wysheid en kennis was bloot omdat hy wou dien (2 Kron. 1:11,12) - hy het dit nie begeer vir redes van selfverheffing nie. So word iemand (met wysheid/a.g.v. wysheid) somtyds verhoog, maar nie vir die doel van om geëer te word nie maar sodat die persoon die vermoë het om te doen wat hy moet doen (bv. 'n opdrag uitvoer), of te spreek wat moet gespreek word. So iemand word in hierdie geval "gevrees" sodat hy die waarheid kan spreek en mense dit kan ontvang. Vrees is die beginsel van wysheid, en die persoon wat nie vrees nie, sal nie wysheid ontvang nie. Hierdie metode van "vernederdes verhoog" word dus somtyds gebruik sodat die wil vd Here uitgevoer kan word (bv. sodat iemand kan lei volgens die wil vd Here, en die mense dus sy leiding ontvang)(of sodat iemand kan lering gee volgens die waarheid, en dat mense ontvanklik is vir die woord)(ens.). Maar natuurlik is hierdie nie altyd die manier wat gebruik word nie, want baiemaal stuur die Here iemand, maar die persoon word nie ontvang nie... (en die Here laat dit toe om so te gebeur - ook met 'n doel;  bv. Sy Seun gestuur, en hulle het Hom gekruisig, maar l.w. dat daar ook 'n tyd was wat Hy verhoog is sodat die skares Sy lering en dade kon ontvang). 

- Waar 'n onderwerp bespreek word, kom wysheid goed te pas, kyk bv. in Hand.6... - hulle kon die wysheid en die Gees waardeur Stefanus gespreek het nie weerstaan nie.   

- In tye van verdrukking kan wysheid in iemand se guns tel, soos in Josef se geval... - God het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom guns en wysheid geskenk voor Farao - en dié het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis! (Hand. 7:10).

- Dit is deur wysheid wat Salomo die insig gehad het van hoe om in vrede te lewe met mense rondom, asook die insig gehad het om die tempel te bou (1 Kon. 5:12; 10:4). 

- Wysheid kom goed te pas wanneer besonderse kennis nodig is in 'n spesifieke veld (Eks. 28:3), bv. "kunsvaardiges", bv. die wat verantwoordelik was vir Aäron se heilige klere... Let wel dat hulle hierdie kunsvaardigheid verkry het deurdat die Here vir hulle 'n "gees van wysheid" gegee het (hulle gees is wys gemaak)(Eks. 28:3). Hier verwys dit beslis nie na wysheid wat verkry word oor jare nie, maar na wysheid wat ontvang word deur die Heilige Gees, soos nodig.  In v.4,5 word meer spesifieke dinge genoem van waarvoor hulle bekwaam gemaak is, bv. om kunstige planne uit te dink en hoe om dit uit te voer met die gebruik van verskillende metale, ook snywerk en houtsnywerk (Eks. 31:6 - "En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak"). Vgl. dit ook met Hiram in 1 Kon. 7:14. So hier kan ons sien dat die Here vir hom besonderse INSIG gegee het om verskillende handewerke te doen. In die geval van iets wat die Here wil laat uitvoer, sal Hy iemand wys maak sodat die persoon dit volgens Sy wil kan uitvoer... (Mat 23:34 - Hy gee hom die insig en kennis en maak hom bekwaam.

- 'n Wyse man kan grimmigheid tot bedaring bring (Spr. 29:8; 16:14; Dan. 2:14-16).

- "Wysheid van bo" het tot gevolg dat geregtigheid kan geskied (1 Kon. 3:16-28). 'n Volk wat geen wyses het wat hulle lei nie, is op die afdraende...

- Wysheid kom goed te hulp wanneer lering gegee word, bv. waar inligting vd vaders oorgelewer word (Job 15:18,19; Spr. 22:17; 24:23). 

- Deur wysheid (bv. wysheidspreuke) kan iets op die naam genoem word wat gewoonlik nie so maklik is om oor te dra nie - "die woorde van die wyse manne is soos prikkels..." (Pred. 12:11) - hierdie verwys na "woorde van wysheid" (soos die Gees 'n gawe "woord van wysheid" deur sommige gelowiges werk).

Kol. 1:11,12 leer vir ons dat die "wysheid van bo" dinge soos lankmoedigheid, lydsaamheid, dankbaarheid ens. tot gevolg het, en volgens v.10 'n begeerte na meer kennis (maar meer spesifiek, "kennis vd Here") en beskaafdheid (bv. onderdanigheid en goeie vrug, maar onderdanig aan die Here, en dra vrug vir Hom)... Ons sien dus dat prakties gesproke, "wysheid van bo" wonderbaarlik is vir die mens, want dit beinvloed lewenswandel en skep 'n begeerte by iemand om meer van die Here te leer. 

- Volgens 2 Pet. 3:15,16; Kol. 1:28; en Spr. 31:26 is dit die met wysheid wat kan onderrigting gee (die waarheid verkondig).  

- Die met wysheid kan toetse makliker te deurstaan (bv. versoekinge)(Jak. 1:5).

- Die met wysheid het insig om te weet hoe om ander mense te hanteer (bv. hoe om te wandel teenoor die wat buite is)(Kol. 4:5); en verstaan dinge wat ander mense nie verstaan nie (bv. verstaan die krag van God en roeping...)(Ef. 1:18-21).

- Die met wysheid kan oordeel, beoordeel en besluite neem (meer spesifiek, besluite wat tot geregtigheid lei)(1 Kor. 3:16-28). Uit heelwat ander Skrifte leer ons dat die met wysheid die verstand het om hulleself in woorde uit te druk, vermoë het om besluite te neem en om probleme op te los, kennis het, ens.  Die persoon met wysheid het raad (kan raad gee, beoordeel) en verstand (intelligent, diskresie, redenasie, verstaan)(Job 12:13; 28:12). Wysheid maak iemand m.a.w. "slim"! (Job 39:13-17), en deur wysheid verkry hy diskresie en weet hoe om subtiel op te tree, kan ander se bose bedoelinge onderskei (Spr. 8:12), ens...  

- Die wyse weet wanneer om stil te bly (Job 13:5) en wanneer om te praat  (Matt. 10:16 en Spr. 14:8). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde/skrifte waarin die woorde "WYS/E" gebruik word:
 

-  Gen_41:33  Laat Farao dan nou uitkyk na ‘n verstandige ("bene" - intelligent, weet, tentatief, verstandig, ens.) en wyse (Hebr. woord " khaw-kawm' " - wyse, subtiel, uitgeslape) man en hom aanstel oor Egipteland. -IN HIERDIE GEVAL MOES DIE "WYSE MAN" 'N GROOT TAAK UITVOER, NL. OM VOOR TE BEREI VIR KOMENDE HONGERSNOOD. JOSEF WAS TOE OOR FARAO SE HUIS EN OOR DIE HELE EGIPTELAND AANGESTEL (net Farao self was bo hom). HIER SIEN ONS HOE "WYSE MENSE" DIE VERMOE HET OM LEIDING TE KAN NEEM (hulle het die insig en wysheid om dit te kan doen). 
-  1Ki_2:9  Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is ‘n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal. -IN HIERDIE GEVAL SOU "SALOMO WEET WAT OM TE DOEN" OMDAT HY WYSHEID HET... HY WAS DEUR DAWID BEVEEL OM IEMAND TE STRAF, MAAR WAS NIE VERTEL PRESIES HOE HY DIT MOES DOEN NIE.
-  Pro_16:14  Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar ‘n wyse man bring dit tot bedaring. - 'N WYSE MAN BRING GRIMMIGHEID TOT BEDARING.Vgl. dit met Spr. 29:8 - "Manne wat spot, bring ‘n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring". Vgl. dit met Dan. 2:14-16.
-  Pro_24:5  ‘n Wyse man is sterk, en ‘n man van kennis ontwikkel krag. - 'N WYSE MAN IS STERK (verwys na krag of mag). 
-  Ecc_9:15  En daarin is ‘n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie. - IN KONTEKS (kyk v. 14-18) WAS DIE WYSE MAN NA WIE HIER VERWYS WORD, 'N ARM MAN - hy het in 'n klein stadjie gebly met min manne daarin, en 'n groot kong het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou... - en die wyse man kon die stad deur sy wysheid red, maar omdat hy 'n arm man was is op hom neergekyk (v.16-18 - "Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie. Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van ‘n heerser onder die dwase. Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge"). WAT HELP DIT DAAR IS 'N WYSE MAN ONDER HULLE MAAR HULLE LUISTER NIE NA HOM NIE... - DIT IS WAT BAIEMAAL TUSSEN MENSE GEBEUR, IS DAT DAAR NEERGEKYK WORD OP DIE EEN MET WYSHEID - WAT TOT GEVOLG HET DAT DIT "DIE GOEIE DINGE BEDERF". En kyk ook die volgende verse/hfst. (10:1,2 - "Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ‘n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer. Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links).
-   (Pro 29:9)  Het ‘n wyse man met ‘n sot ‘n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
-DIE WYSE WEET WANNEER OM TE PRAAT EN WANNEER OM STIL TE BLY. Vgl. dit met (Spr. 26:4,5 - "Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie. Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie).  
-  (Deu 1:13)  Bring tog wyse en verstandige en ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel. - DIE WYSES IS GEWOONLIK DIE WAT INSTAAT IS OM TE KAN LEI.
-  (Deu 1:15-18 - "Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme. En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is. Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem. So het ek julle dan in dié tyd al die dinge beveel wat julle moet doen). - DIE WYSES ONDER DIE VOLK WAS DIE WERK GEGEE OM REGSAKE TE HANTEER.  EN SOMMIGE IS WYSER AS ANDER (V. 18). MAAR LET WEL DAT AL WAS HIERDIE MENSE WYS, IS HULLE OOK BEVELE GEGEE - WYSE MENSE WEET NIE ALTYD ALLES NIE, EN MOET HULLE ONDERWERP AAN DIE HERE SE WIL.
-  (Est 1:13)  En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê—want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê; - IN HIERDIE SKRIF WORD "WYSE MANNE" GENOEM "DIE KENNERS VD TYE" - vgl. dit met 1 Kron. 12:20 (kyk die woorde "met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen"). HULLE WORD VERDER IN DIE SKRIF VERDUIDELIK AS "KENNERS VD WET EN REG". DIE WYSE MANNE WAS KENNERS VD TYE EN VD WET EN REG. In die ander volke rondom Israel het wyse manne ook gewoonlik verwys na die wyses en geleerdes (asook die besweerders en waarseers)(Dan 2:27), WAT OOK DAAROP WYS DAT DIE ALGEMENE PERSEPSIE VAN MENSE MET WYSHEID WAS DAT DIT VERWYS NA DIE WAT GELEERD IS EN WEET WAT OM TE DOEN - HULLE HET MEER INSIG IN 'N SITUASIE AS ANDER MENSE. IN DIE HEIDENSE VOLKE SE GEVAL HET WYSES O.A. VERWYS NA DIE BESWEERDERS EN WAARSEERS, MAAR NATUURLIK IN DIE GEVAL VD VOLK VAN GOD SOU DIT WYSES EERDER DAN VERWYS NA DIE WAT DIE TYE KEN en DIE PROFETE of SIENERS. Die konings het dus gewoonlik die wyse manne ingeroep wanneer hulle insig gesoek het, of raad op wat gedoen moes word (Est. 6:13; Dan. 5:7; ens.).
-  (Job 15:18,19)  wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer; aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie. -IN HIERDIE SKRIF SIEN ONS DAT DIT DIE WYSE MANNE IS WAT LERING GEGEE HET (O.A. INLIGTING "VAN HULLE VADERS AF OORGELEWER". (Spr. 22:17 - "Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis") ; (Spr. 24:23).
- (Pro 1:5)  laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry, - WYSHEID KOM WANNEER IEMAND "LUISTER" (dan sal sy insig vermeerder...). MENSE WAT LEER WORD WYS. Natuurlik is daar 'n verskil tussen wereldse wysheid en wysheid van bo - ons moet liewer die wysheid van bo begeer (wereldse wysheid is baiemaal dwaas)(Jes. 19:11; 10:8; ens.).(Jer 10:6,7 - "Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie").
- (Ecc 7:4,5)  Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde. Dit is beter om te luister na die bestraffing van ‘n wyse as dat ‘n mens luister na die lied van die dwase. - DIE WYSE MAN "SIEN" WAT WERKLIK AANGAAN.
- (Ecc 7:7)  Sekerlik, afpersing maak ‘n wyse dwaas, en ‘n geskenk bederwe die hart. - DIE WYSE WEET WAT GEDOEN MOET WORD, MAAR KAN VERLEI WORD. HIERDIE IS IETS WAT BAIE AANGESPREEK IS IN VELE SKRIFTE, BV. VAN HOE DAAR NIE OMKOOPGESKENKE AANGENEEM MOET WORD NIE...  WANNEER 'N WYSE OMGEKOOP WORD, DAN KAN REG NIE GESKIED NIE, OF DIE WIL VAN DIE HERE KAN DAN NIE UITGEVOER WORD NIE.
- (Ecc 12:11)  Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee. - DIE PREDIKER PRAAT HIER VAN HOE DIE WOORDE VAN WYSE MANNE (en verwys hier veral na wysheidspreuke) WOORDE VAN WAARHEID is, "soos prikkels, en soos spykers"... (vgl. met Jer. 23:29; Matt. 3:7; Hand. 2:37; Hebr. 4:12).
- (Isa 29:14)  daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil. - IN HIERDIE VB. WAS DIE STRAF DAT DIE WYSHEID SAL VERGAAN... 'n Volk sonder wyse manne is op sy afdraend... (Jer. 51:57).
- (Dan 2:18)  en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie. - WYSE MANNE RAADPLEEG DIE HERE - HULLE SOEK DIE WYSHEID VAN BO.
- (Dan 2:21)  Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; -WYSHEID EN KENNIS KOM VAN DIE HERE. Hierdie verwys na "wysheid van bo" (dit is anders as wysheid wat aards is). Dit is eintlik die Here wat wys is, en Hy maak sekere mense wys...
- (Mat 23:34)  Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg, - DIE HERE GEBRUIK WYSE MANNE OM SY WIL UIT TE VOER (bedien).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 16 Januarie 2012

Oefen jou in die godsaligheid

1 Tim. 4:7 -"Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid".

1 Tim. 4:8 - "Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het."

"Godsaligheid" en "godsvrug" is iets waarin die Christen hom/haarself moet OEFEN. Alhoewel die woord "godsaligheid" vir ons baie bekend is, is daar maar min wat dit regtig verstaan of daaraan aandag gee. In bg. skrifgedeeltes word dit in teenstelling gebruik met fabels en liggaamlike oefening en wys op hoe die mens homself oefen in ander dinge, maar nalaat wat belangriker is, nl. om hom te oefen in die godsaligheid.  Dit is egter nie 'n maklike begrip nie, siende ons van mening is dat ons alreeds oor die godsaligheid beskik!  Die verborgenheid van godsaligheid, verwys na die saligheid wat ons verkry het in Jesus Christus en na Sy gesonde leer en die goddelike natuur wat Hy vir ons gee
 (1 Tim. 3:16, 1 Tim. 6:3). 
As ons ons dan nou moet OEFEN IN DIE GODSALIGHEID, wat beteken dit regtig?
----------------------------------------------------------------------
  Paulus praat van 'n wedloop waarin die Christen "deelneem" - "weet jy nie, net een kry die prys, maar almal neem deel" -(1 Kor. 9:19-27) en kyk na  vers 24 - "begeer om so die saligheid te beerwe, soos mens hardloop om die wedloop te wen. Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. ".    Dit is moeilik vir die Christen om te verstaan wat Paulus regtig bedoel, want het ons dan nie die saligheid alreeds beerwe nie? Om die gedeelte goed te verstaan, moet ons die hele 1 Kor. 9 lees en merk ons dat Paulus sy liggaam sien soos 'n vyand teen wie hy te staan kom. Ook verwys hy na die "in gereedheid bring" en oefening vir 'n wedloop.  

- v. 27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie".

  "Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal" - 1 Kor. 9:24 (c).
 Dan gaan hy verder om  te verduidelik in 1 Kor. 10 - "   Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 
1Ko 10:2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 
1Ko 10:3  en almal dieselfde geestelike spys geëet het, 
1Ko 10:4  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. 
1Ko 10:5  Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. 
1Ko 10:6  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie
1Ko 10:7  En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. 
1Ko 10:8  En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. 
1Ko 10:9  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. 
1Ko 10:10  En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. 
1Ko 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. 
1Ko 10:12  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.


Dit is duidelik volgens die skrifgedeelte dat die Christen wat meen dat hy staan, kan val, sou hy nie oppas nie.  Om dit beter te verstaan, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/regverdigmaking-geregverdig-regverdig.html Baie Christene is van mening dat mens nooit jou saligheid kan verloor nie, maar die Skrif is duidelik daaroor dat, sou ons dit nie oppas nie, ons inderdaad verwerplik kan wees! http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html  Volgens bg. skrifgedeelte is dit die wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, wat hierdie gevaar staan.  Dit laat mens dink aan die woorde van Johannes die Doper: (Mat 3:7-10)  "Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Dra dan vrugte wat by die bekering pas.  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi". 
 Baie reken dat hulle kinders van God is, maar die boom wat geen goeie vrugte dra nie, staan gevaar. (vgl. hierdie met die gelykenis van die saaier)-  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html 

Daar is baie mense  wat net voorkom of hulle "godsaligheid" het. In die tyd waarin ons lewe, is dit veral moeilik om altyd te onderskei siende almal van "God" praat, maar nie almal die ware God, tot wie ons slegs kan nader deur die versoening van Jesus Christus, aanbid nie.  Ons moet kan onderskei tussen die wat regtig godsalig is en die wat nie is nie! Die skrif gee vir ons 'n paar voorbeelde van hoe mense lyk wat net 'n gedaante van godsaligheid het:   1 Tim. 6:4,5/2 Tim. 3:5  (verwaandheid, verstaan niks, begeerte na twisvrae en woordestryd, twis, lasteringe, bose agterdog, liefhebbers van hulleself, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan ouers, ondankbaar, onversoenlik, sonder natuurlike liefde, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, versamel leraars wat preek wat hulle wil hoor volgens hulle begeerlikhede (2 Tim.4:3), meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God, deur allerhande begeerlikhede gedryf, altyd besig om te leer, maar kom nooit tot die kennis van die waarheid, staan die waarheid tee, verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof, gaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word........... )
-
ons sien vandag tog goed hoeveel suiwer leerstellings verander word sodat mense hulle eie begeertes kan vervul, selfs ons kerke sit vol kwaadsprekers, bandeloses, verraaiers, verwaandes......IS ONS DAN NIE VERONDERSTEL OM ONS LIGGAME TE KASTY EN DIT DIENSBAAR TE MAAK NIE? (Opsetlike sonde moet meer aangespreek word in die kerk, sodat die bietjie suurdeeg nie die hele deeg kan suurmaak nie).  Elke Christen moet homself "OEFEN  IN DIE GODSALIGHEID" en  daagliks ag gee op wat hy moet verander in sy eie lewe.  

Die probleem word egter al groter, omdat sekere kerke nie meer "sonde" aanspreek nie!

  1 Tim. 6:6- "Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins". Die woord VERGENOEGDHEID moet in hierdie vers nie onderskat word nie. Ontevredenheid is 'n groot ding van ons tyd en almal wil net groter en beter en meer en meer sukses he en en en... Wanneer ons die hele gedeelte in 1 Tim. 4 gaan lees, sal ons opmerk dat die skrywer ons waarsku dat wereldse leerstellings en wereldse dinge tot weinig nut is, maar dat die oefening in godsaligheid, die belofte inhou van die teenwoordige en die toekomende lewe. Dit gaan hand aan hand met vergenoegdheid.  Daar is 'n definitiewe onderskeid  tussen HOE DIE MENS DINGE SIEN en HOE GOD  SIEN.  Die vraag is, hoeveel tyd spandeer ons as Christene regtig om eerstens uit te vind "hoe die Here sien", om Sy woord te leer ken, Sy wil, om daardie onderskeiding te kry tussen "hoe ons dit sien" en "hoe Hy dit sien".  Selfs vir baie Christene gaan dit min oor hoe Hy die sien, en gaan dit eerder oor wat ander mense van hulle verwag of oor eie begeertes.

(2Pe 1:4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is)   -   GODSALIGHEID EN OM DEELGENOTE TE WEES VAN DIE GODDELIKE NATUUR, GAAN OOR 'N BEGEERTE NA DIE HERE, nie na die wereldse dinge nie. In v. 7 lees ons dat "godsvrug" lei tot broederliefde, en broederliefde, tot naasteliefde -  maar voor ons by godsvrug kan uitkom, is daar die "deug" , "kennis", "selfbeheersing" en "lydsaamheid"

-   In 1 Tim. 2:2 sien ons dat GODSALIGHEID 'N EFFEK IS VAN OM VIR ANDER MENSE TE BID.

 -  In 1 Tim. 2:9,10 word dit van die vrou verwag om nie MEER AANDAG TE GEE AAN DIE UITERLIKE AS AAN DIE GODSVRUG NIE, WAT BEHELS: BESKEIDENHEID, INGETOENHEID EN GOEIE WERKE.

-  2Ti 3:12  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.