Sondag 01 September 2024

Die begrip "Geseendes"

- Die woorde geseënde/s of geseënd kom in sowat 60 verse voor in die Bybel. 

D- ie woord "geseënde/s" is die Hebr. woord "baw-rak'" wat veral verwys na die gebaar van opheffing, bv. kniel... (bv. om iemand te "seen/ophef/prys/groet/bedank"; ...of nie, dan is dit "vervloek/vloek/laster")(Gen. 24:31; 26:29);  die Gr. woord " yoo-log-ay-tos' ", wat verwys na verryk - geseende (Mark. 14:61). Vloek is die teenoorgestelde van seën (Num 22:12 - "Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd").
Die woord "geseënd" is die Hebr. woord "baw-rak'", wat in hierdie gval beteken "seen/ophef/prys/groet/bedank"(Gen 9:26 - "Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees") ;  Gr. woord "yoo-log-eh'-o" of bg., wat verwys na om goed te spreek van iemand of voorspoed toewens - seen, prys (verryk, geseende)(Matt. 21:9 - "En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!")(1 Pet. 1:3; Ef. 1:3; 2 Kor. 11:31; ens.).

- IN HIERDIE KONTEKS VERWYS DIE WOORD "geseëndes" (Matt. 25:34) na die wat voorspoed sal he, hulle sal verryk en geprys word...  Gen 27:29 is 'n goeie voorbeeld van hoe teenstellig "vervloek" en "geseënd" is - ("Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. Wees ‘n heerser oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou seën") - een sal gelaster of gevloek word, en die ander geprys en opghef word. 

- In die O.T. het die vaders voor hulle dood gewoonlik 'n "seëning" oor die seuns uitgespreek... (Gen. 27:4; 48:9; 49:28; 33:1-29), en dit het gewoonlik gepaardgegaan met 'n profesie (Luk. 2:34), en hande wat oor hulle opgehef word (Luk 24:50 - "En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën")(Gen 27:33 - "Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën—ook sal hy geseënd bly!"). 

- Geseëndheid het baiemaal verwys na vrugbaarheid en groot nageslag...: (Gen 28:3 - "En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ‘n menigte van volke kan word")(Gen 9:1 - "En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde")(Gen 24:60 - "En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tien duisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!)(Gen. 28:3; ens.);  of dit het ook verwys na iemand se lot/doel/of wat hulle erf/of mee verryk word"...... - (Gen 1:28 - "En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip")(Deu 28:4 - "Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee").
(Jos.14:13; Hebr. 11:20; ens.). 

- SEEN KAN DUS WYS OP VOORSPOED, hetsy nageslag of wat jy erf of 'n spesifieke doel, ens., EN DIE GESEENDE IS DUS IEMAND WAT OPGEHEF IS (gesprys word, bedank, ens.).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: