Donderdag 18 Maart 2021

Die Liggaam (2) / Lewende siel (Bloed, Organe, Sintuie, Gebeente)

Vir die eerste gedeelte oor DIE LIGGAAM, gaan na:

Vir die deel oor DIE SIEL, gaan na:

Word "bloed, organe, sintuie en gebeente" gesien as deel vd liggaam?, of vd siel?  In die Skrif word daar somtyds na die uiterlike mens verwys as "liggaam", en na die innerlike mens as "siel".  Na regte sou ons bloed, organe, sintuie en gebeente seker onder die studie van die siel wil sorteer siende die siel in die liggaam is en die siel is in die bloed is..., maar hierdie dinge vorm ook deel vd fisiese liggaam - daarom bestudeer ons bloed, organe, sintuie en gebeente in hierdie gedeelte ook onder die studie van die liggaam (as punt 8).  Hierdie is alles ook deel vd uiterlike mens, maar word ook figuurlik na verwys (dan meer verwysend na die "siel" vd mens, nl. die innerlike mens).... 

IN HIERDIE POS moet ons dus o.a. DIE MENS verstaan AS "lewende siel", maar nie hier net in die sin vd innerlike mens nie maar hoe die bloed, organe, sintuie en gebeente beide letterlik en figuurlik gebruik word  ----------------------------------------------------------------------------------------------
Die woord "lewende siel" verwys na iets waarin daar 'n lewende siel is (Gen. 1:30), en is dus in die geval vd mens verwysend na "die uiterlike mens" (liggaam) waarin 'n "innerlike mens" (siel) is. In sommige skrifte word dieselfde Hebr. woord wat gebruik vir siel vertaal as "wese";  m.a.w., verwys na "alles wat die asem vd lewensgees in hulle neusgate het" (Gen. 7:22,23). Dit is hierdie "asem" wat die mens laat lewe (wat die mens 'n lewende siel maak).  Die uiterlike mens kan soos 'n huis gesien word (vir die innerlike mens), maar hierdie huis met sy verskillende dele kan nie "werk" sonder asem nie.  In daardie opsig maak hierdie dele wat eintlik as deel vd "siel" gesien kan word, ook deel uit vd "liggaam"...  
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8)-op "liggaam":
(Vir die eerste 7 punte oor DIE LIGGAAM, gaan na:http://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html).
ORGANE / SINTUIE / GEBEENTE:
Soos gesien onder die studie van "liggaam" word die woord "may-aw'" (wat in KJV vertaal word as "bowels") in sommige skrifte vertaal as "liggaam" in die AOV, maar dit verwys na die "MAAG, INGEWANDE, HART, en BAARMOEDER" (Gen. 15:4; 25:23...). In Biologie word ORGANE ingedeel in verskillende stelsels.  Daar is bv. die spierstelsel (geraamte, gewrigte, ligamente, spiere, senings); die spysverteringstelsel (mond, kliere, farinks, slukderm, maag, ingewande, lewer, galblaas, mesenterium, pankreas); die asemhalingstelsel (neus, farinks, larinks, longe, diafragma, ens.);  die urinere stelsel (lewer, niere, blaas ens.); die bloedsomloopstelsel (die hart, are, beenmurg ens.); die voorplantingsorgane...; endokriene...; brein, senuwees, sintuie soos ore, oe, tong ens., hormone; huidstelsel (soos vel ens.).......

AL HIERDIE ORGANE IS LETTERLIK DEEL VAN "DIE UITERLIKE MENS" (die LIGGAAM)  ("vlees")(en keer terug na stof wanneer die mens doodgaan), MAAR  "ORGANE" AS DEEL VD LIGGAAM VD MENS verwys nie net na die letterlike nie, maar ook na die figuurlike (m.a.w., "VD INNERLIKE MENS")  -bv. die gedagtes en oorlegginge vd hart...-Hebr. 4:12; - kyk in hoe baie skirfte die "HART" figuurlik gebruik word... -8:10; 10:22; 13:9; 1 Joh. 3:21; 1 Joh. 3:17; 2 Pet. 2:14; Jak. 1:26; 3:14; 1 Tim. 1:5; 2 Kor. 3:3 ens.. Bv., wanneer iemand "in sy hart egbreuk pleeg" (Matt. 5:28), verwys dit nie na die letterlike gebaar van egbreuk nie, maar is bedoel van die innerlike mens - m.a.w., sy innerlike mens pleeg egbreuk;  hetsy figuurlik of letterlik, beide word gesien as egbreuk! (dit wat  die hart van vol is, loop die mond van oor....). Daar word in vele skrifte verwys na organe, sintuie en gebeente as figuurlik (vd innerlike mens). Die mens se siel (figuurlik bedoel - vgl. ook met "gees in binneste") is lewend! en kan voel, soos bv. "treur" (Job 14:22), of vriendelike woorde is soos heuningkoek vir die siel en 'n genesing vir die gebeente! (Spr. 16:24).  'n Gebeente word ongesond vanweë sonde! (Psa 38:3)  (38:4). Hartstog kan 'n gebeente verrot (Spr. 14:30). Stralende  kan die hart verbly, en 'n goeie tyding maak die gebeente vet (Spr. 15:30). Iemand se hart kan gebreek wees in sy binneste (Jer. 23:9). Niere kan versmag van verlange in iemand se binneste (Job 19:27), of selfs jubel! (Spr. 23:15). Die toestand van die mens se ORGANE en SINTUIE en GEBEENTE is nie net uiterlik 'n bewys van gesondheid nie, maar ook innerlik. Wat word bedoel met God wat "hart en niere deursoek" (Ps. 7:9,10; Jer. 11:20)(Jer 17:10 - "Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge") - dit is verwysend daarna dat Hy kyk wat die toestand van iemand se binneste, m.a.w. innerlike mens, is. Dit wat die mens doen en bedink en ervaar het te doen met die innerlike mens.  Hoe lyk sy gebeente?  Hoe lyk sy hart? Hoe lyk sy niere? Net soos wat die toestand van iemand se hart en niere en gebeente uiterlike beskryf kan word, op dieselfde wyse kan dit "innerlik" beskryf word.  Ons kan nie altyd sien nie, maar die Here SIEN wat die toestand is van elkeen se "hart en niere" (Jer. 20:12), en volgens hierdie "toestand" vd innerlike mens sal elkeen eendag vergeld word volgens hulle werke... (Openb. 2:23).

Ons sien dus dat dit net so belangrik is (of eintlik belangriker!) om op die innerlike mens ag te gee as op die uiterlike mens. Die toestand van die INNERLIKE MENS se hart het inderdaad 'n invloed op die mens in geheel., en is 'n goeie beskrywing vd mens se (gesondheids) toestand voor die Here. Iemand se hart kan bv. "wys" of "onwys" wees (Spr. 23:15) en is 'n prentjie van "wat in die mens is" - (Mat 12:35 - Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn). Bv., om die Here lief te he word nie net bewys deur letterlike dade nie, maar is iets wat sigbaar is in die INNERLIKE MENS - (Mat 22:37 - En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand). Bestudeer gerus die tema van ware besnydenis saam met hierdie studie: -
(https://warechristene.blogspot.com/2016/11/die-besnydenis-2-besnydenis-van-hart-en.html). Die mens is nie net uiterlik van aard nie, maar het ook 'n innerlike, 'n "gees in die binneste" (Sag. 12:1), en is daarom soos 'n gees sonder vlees en bene wanneer hy doodgaan...

Dit is inderdaad belangrik om aandag te gee aan die innerlike mens, want net soos die uiterlike het dit ook kos en water nodig, en kan dit ook naak wees ("sonder klere"), en "siek" word, of beinvloed word bv. "dronk" word:
-   Bestudeer die volgende onderwerp om te verstaan hoe die innerlike mens geestelik naak kan wees: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html;
-   Bestudeer die volgende onderwerp om te verstaan hoe die innerlike mens geestelik aan die slaap of dronk kan wees: https://warechristene.blogspot.com/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html
-   Bestudeer die volgende onderwerp om te verstaan hoe die innerlike mens geestelik dors kan wees: http://warechristene.blogspot.com/2018/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifte - Organe, Sintuie en Gebeente figuurlik (vd innerlike mens):

Mat 13:13 - "Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien (letterlik), nie sien nie (figuurlik), en terwyl hulle hoor (letterlik), nie hoor of verstaan nie (figuurlik)".
- Kol 2:19 - "en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word".
- Heb 4:12 - "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart".
(Psa 38:3)  (38:4) Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
(Pro 14:30)  ‘n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente.
(Pro 15:30)  Stralende verbly die hart; ‘n goeie tyding maak die gebeente vet.
(Pro 16:24)  Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente.
(Jer 23:9)  Wat die profete betref—my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos ‘n dronk man en soos ‘n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde.
(Job 19:27)  Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë—en geen vreemde nie—sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
(Psa 7:9)  (7:10) Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
(Pro 23:15)  My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.(Pro 23:16)  En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.
(Jer 11:20)  Maar, o HERE van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
(Jer 20:12)  Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien—laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
(Rev 2:23)  En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.
(Ezr 9:6)  en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.
(Job 14:22)  Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.

Maak gerus 'n studie om te sien hoe "organe" in die Skirf gebruik word van beide die UITERLIKE MENS asook die INNERLIKE MENS. 
- Luk 24:39 verwys bv. na letterlike "gevoel", terwyl Mark. 8:2 verwys na dit wat die innerlike mens voel...
- Gen. 4:23 verwys na iets wat iemand letterlik hoor, maar Openb. 1:3 gaan nie net oor letterlik "hoor" nie, maar ook oor of die innerlike mens dit "hoor" (verstaan/aanneem)... 
- In Eks. 29:13 word daar na letterlike niere verwys, maar Openb. 2:23 verwys na die niere vd innerlike mens...  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: