Maandag 13 November 2023

Die "eerste opstanding"

In hierdie pos kyk ons na waarna die begrip "EERSTE OPSTANDING" verwys.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Verse waarin die begrip "eerste opstanding" gebruik word:

Die begrip "eerste opstanding" kom slegs in 2 skrifte voor (Openb. 20:5,6)(alhoewel die woord "opstanding" in baie ander verse gebruik word):

(Rev 20:4)  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (Openb. 20:5)  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding(Openb. 20:6)  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Daar is 'n paar feite wat hier vir ons gegee word oor die "eerste opstanding":

(1)  Die begrip " EERSTE OPSTANDING" verwys hier (en veral) na WANNEER, WATTER opstanding of herlewing plaasvind; bv., watter eerste en watter later... (Openb. 20:5).  M.a.w., wat toekomstige opstandings of herlewings aanbetref, vind "die opstanding" (wanneer die kinders vd koninkryk opgewek word uit die dood)(aan die einde van "hierdie eeu" ) EERSTE plaas, en die ander dooies sal eers herlewe aan die einde van die "volgende eeu", wanneer die 1000 jaar voleindig is...  L.w. dat die begrip "die opstanding" veral gebruik word vir die wat eerste opstaan (hulle sal opgewek word wanneer Jesus terugkom en voor die regterstoel van Christus verskyn-Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), terwyl die begrip "herlewe" gebruik word vir die wat later eers opgewek word (hulle sal opgewek word aan die einde vd 1000 jaar, en sal voor die wit troon oordeel verskyn-Openb. 20:11-15). Let ook daarop dat die klem moet wees op die feit dat hierdie "eerste opstanding" verwys na iets in die  TOEKOMS...  Die begrip "eerste opstanding" word spesifiek hier in hierdie konteks gebruik, want dit sal nie die eerste keer wees wat mense opstaan uit die dood nie... (rol af vir 'n opsomming hieroor), maar wat TOEKOMSTIGE OPSTANDINGS OF HERLEWINGS aanbetref, sal hierdie die eerste wees... 

Hierdie opstanding (die eerste opstanding) sal dus aan die einde van "hierdie eeu" plaasvind wanneer Jesus terugkom (Openb. 19,20), en die volgende een (waarna eerder verwys word as "herlewing") sal eers plaasvind aan die einde vd "volgende eeu" (maw, aan die einde van die 1000 jaar tydperk).  

(2)  Die begrip "eerste opstanding" verwys na DIE OPSTANDING vd heiliges (bv. die wat saam met Christus gaan regeer).  Dit wil in konteks van Openb. 20:6 miskien voorkom of dit slegs na hierdie groep mense  in v. 4 en 6 verwys (wat sal ingaan in die koninkryk en saam met Christus regeer), maar ons weet uit ander skrifte dat dit nie net hierdie groep sal wees nie... (kyk pos getiteld "ons-gemaak-het-konings-en-priesters"). Dit is dus duidelik dat wat hier bedoel word is dat hierdie spesifieke groep inderdaad deel is vd wat sal ingaan (nie dat hulle alleen sal ingaan nie). Wat "kinders vd Koninkryk" ook aanbetref is die waarheid dat nie almal eendag inderdaad sal ingaan in die Koninkryk nie - kinders vd Koninkryk het wel die belofte, ja, maar nie almal "doen goed" nie. Jesus het bv. geleer dat in "die opstanding" daar ook mense sal wees wat opstaan tot veroordeling... (die wat sleg gedoen het)(bv. die "kaf", die wat nie vrug dra nie / en die "bokke", die onbarmhartiges-Matt. 25) (Joh. 5:27-29).  M.a.w., alhoewel almal wat deel het aan hierdie komende opstanding (wat eerste plaasvind) die belofte het van ewige lewe en die tweede dood dus geen mag het oor hulle nie, is dit ongelukkig so dat nie almal uiteindelik sal opstaan tot lewe nie... - die wat sleg gedoen het sal opstaan tot veroordeling, al het hulle die belofte van ewige lewe ().  L.w. dat kinders vd Koninkryk "onder" Jesus Christus is - Hy het mag oor hulle... (Hy besluit wie opgewek sal word tot lewe en wie nie). Kinders vd Koninkryk is veronderstel om gehoorsaam te wees aan Jesus Christus - dit is immers o.a. wat dit beteken om in Hom te glo (bly in Hom, en jy sal vrug dra... (Joh. 15:2,4,5; Spr. 11:30; Matt. 13:23; Luk. 8:15, ens.)(kyk ook die gelykenis vd saaier).

(3) Die begrip "eerste opstanding" verwys na "DIE OPSTANDING"..., maar nie na die wat eerste opstaan tydens "die opstanding" nie, maar is die eerste in toekomstige opstandings of herlewings...;  m.a.w. (1) eerste DIE OPSTANDING (aan die einde van "hierdie eeu" - wat terloops self ook ingedeel kan word in wie wanneer opstaan... - rol af vir 'n opsomming hieroor, bv. (a) eerste is die dooies wat opstaan - of tot lewe, of tot veroordeling;   en (b) daarna die wegraping), en (2) die ander dooies sal eers HERLEWE aan die einde vd "volgende eeu".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Is daar 'n verskul tussen die begrip "die opstanding" en "die eerste opstanding"?:

Die begrip "die opstanding" verwys na wanneer die kinders van die Koninkryk opgewek word uit die dood;  terwyl die begrip "eerste opstanding" ook verwys na "die opstanding", maar spesifiek aandui wanneer watter toekomstige opstandings of herlewings sal plaasvind (die kinders vd Koninkryk sal "eerste opstaan" aan die einde van hierdie eeu, en die res vd dooies sal eers herlewe aan die einde van die volgende eeu). 

Jesus het geleer dat in DIE OPSTANDING (aan die einde van "hierdie eeu" wanneer Hy terugkom) sal die wat goed gedoen het opstaan tot lewe, en die wat kwaad gedoen het opstaan tot veroordeling... (Joh. 5:29). Let wel dat die begrip "opstanding" spesifiek gebruik word in die Skrif vir wanneer die kinders vd koninkryk opgewek word uit die dood (en dit gebeur wanneer Jesus terugkom);  terwyl die woord "herlewing" weer eerder gebruik word vir die opwekking vd ander dooies (en dit sal eers gebeur aan die einde vd 1000 jaar)(Openb. 20:5). Almal sal m.a.w. nie in dieselfde soort liggame opstaan nie... Die wat opstaan tot lewe sal bv. in verheerlikte, onverganklike liggame opstaan, maar duidelik sal nie almal in daardie soort liggaam opstaan nie. Dus, nie almal wat deel het aan DIE OPSTANDING (wanneer Jesus terugkom) sal wel "opstaan tot lewe" nie, maar sommige sal veroordeel word (Joh. 5:29). Bestudeer gerus o.a. die tema van die skeiding vd "koring en die kaf" (die wat nie vrug of nie die nodige vrug dra nie sal met vuur verbrand word...Matt. 3:12,17). Die wat gaan opstaan tot veroordeling het wel deel aan DIE OPSTANDING, ja, maar sal nie opstaan "tot lewe" nie. Bestudeer ook die tema van "skape en bokke" (die barmhartiges sal vd onbarmhartiges geskei word - die Here sal nie dat onbarmhartige mense saam met Hom regeer nie).  

Die begrip "EERSTE OPSTANDING" is dus eerder woorde wat gebruik word om aan te dui wanneer watter herlewing plaasvind..., meer as wat dit bv. aandui wie opstaan tot lewe en wie nie;  en dit is ook nie 'n begrip wat gebruik word om aan te dui wie wanneer opstaan tydens "die opstanding" nie, maar is bloot 'n verwysing na DIE OPSTANDING.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ons vind dus dat toekomstige OPSTANDINGS of HERLEWINGS van die mensdom verdeel kan word in die volgende (en l.w. dat elke opstanding of herlewing gepaardgaan met oordeel):

-  (1) die DIE EERSTE OPSTANDING . Wat toekomstige opstandings of herlewings aanbetref gaan die kinders vd Koninkryk EERSTE OPSTAAN (aan die einde van "hierdie eeu" wanneer Jesus Christus terugkom) - die ander dooies sal eers herlewe aan die einde vd "volgende eeu" (aan die einde vd 1000 jaar). Die groep mense genoem in Openb. 20:4,5 (gelowiges wat in die laaste dae leef net voor Jesus terugkom, en wat gesterf het vir hulle geloof en nie die merk vd dier geneem het nie) sal deel he aan hierdie opwekking wat EERSTE plaasvind (word gewoonlik na verwys as "die opstanding"). In DIE OPSTANDING sal alle kinders vd koninkryk wat gesterf het opstaan uit die dood... - sommige sal opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling., maar hierdie groep mense in Openb. 20:4,5 het duidelik die belofte dat hulle beslis opgewek sal word "tot lewe" (want die skrif verklaar dat hulle saam met Christus sal regeer)

L.w. dat die kinders vd Koninkryk wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, sal ook vernuwe word - hulle sal weggeraap word;  wat eintlik maar net deel is van "die opstanding" (alhoewel dit laaste sal gebeur tydens die opstanding), en hulle liggame sal in 'n oogwink verander word (meer bekend as "die wegraping", 1 Thess. 4:13-18 - hulle sal verheerlike onverganklike liggame kry soos die wat "opstaan tot lewe"). 

IN DIE OPSTANDING SAL DIE KINDERS VAN DIE KONINKRYK VOOR DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS VERSKYN (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10).


-  (2) die HERLEWING VAN ANDER DOOIES (die ander dooies sal eers herlewe aan die einde vd "volgende eeu" - aan die einde vd 1000 jaar)(Openb. 20:5). 

HIERDIE GROEP SAL VOOR DIE WIT TROON OORDEEL VERSKYN (Openb. 20:11-15).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE OPSTANDING:

(hier kyk ons na die volgorde waarin die kinders vd Koninkryk sal opstaan tydens die opstanding).

Daar is 'n VOLGORDE tydens "die opstanding", bv. van wanneer watter kinders vd Koninkryk opstaan;  bv., (1) die wat in Christus gesterf het sal eerste opstaan;  daarna volg (2) die wegraping, wanneer die wat nog in die lewe is se liggame ook verander word... (1 Thess. 4:16,17). 

Verder kan die opstanding van die wat in Christus gesterf het, ook ingedeel word in 2 groepe, nl. "die opstanding tot lewe" en "die opstanding tot veroordeling". 

(1) DIE OPSTANDING (Matt. 24:29-31; 1 Kor. 15:51-52)

(kan ingedeel word in "die opstanding tot lewe" en die "opstanding tot veroordeling"):

-die OPSTANDING TOT LEWE (hulle sal verheerlikte/onverganklike liggame kry). M.a.w., die wat goed gedoen het sal OPSTAAN TOT (ewige) LEWE - hulle sal opstaan in liggame wat nie vergaan nie, wat vir ewig lewe (Joh. 5:27-29); 

-die OPSTANDING TOT VEROORDELING (alle kinders vd Koninkryk sal opstaan uit die dood wanneer Jesus terugkom, maar nie almal sal opstaan tot lewe nie - sommige opstaan tot veroordeling ("die wat kwaad gedoen het") - m.a.w., hulle sal veroordeel word... (Joh. 5:27-29). Alhoewel kinders vd Koninkryk die belofte het van redding (en die tweede dood dus geen mag het oor hulle, soos dit het oor natuurlike mense nie) is die kinders vd Koninkryk "onder" Jesus Christus - aan Hom is die mag gegee, Hy sal besluit wie Hy opwek tot lewe en wie nie..., en die waarheid is dat sommige kinders vd Koninkryk veroordeel sal word (die wat kwaad gedoen het). (Matt. 10:28 - "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel").

(2) die WEGRAPING (die kinders vd koninkryk wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, sal ook nuwe liggame kry en hulle liggame sal in 'n oogwink verander word...)(1 Kor. 4:13-17; 1 Kor. 15:51-57). Net soos die groep wat gesterf het ter wille van hulle geloof en nie die merk vd dier geneem het nie, verwys hierdie groep geestelike mense (wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom) duidelik ook na mense wat nie die merk geneem het nie... Hulle sal verheerlikte, onverganklike liggame kry (sal maw "opstaan tot lewe"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Geen opmerkings nie: