Woensdag 11 Januarie 2023

Salf / gesalf met olie / Salwing

 

In hierdie pos kyk ons na die volgende: 

- (1) Salwing

- (2) Salf

- (3) Salfolie

- (4) Die salwing van die Heilige Gees

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) SALWING:

- Die woord "salf" word gewoonlik gebruik in konteks van om iets of iemand te "heilig" (af te sonder), en verwys in betekenis na "om met olie te besprinkel/oor te giet" (Eks. 28:41) - " heilige salfolie" is vir hierdie doel gebruik (Eks. 30:22).  Maar salf kan natuurlik bloot verwys na olie/salf wat aan die liggaam gesmeer word... (Rut 3:3);  en ons moet dus onderskei tussen "heilige salfolie" (salfolie, gemeng volgens 'n spesifieke resep en geheilig/afgesonder met die doel "om items en persone te heilig"), en ander salwe soos die wat gebruik is om aan die lyf te smeer, dooies te salf, ens. (Matt. 6:17; Joh. 19:39,40). 

- Daar is 'n doel waarom iets of iemand gesalf of geheilig word - geestelike mense het bv. die salwing vd Heilige Gees, wat beteken dat hulle onder die Gees se lering is / is m.a.w. afgesonder om die Gees van waarheid te ontvang, en ken dus die waarheid (1 Joh. 2:20,27). Elke Christen word ook deur die Heilige Gees afgesonder vir iets spesifiek, bv. ontvang gawes, bedieninge en werke (wat die Gees uitdeel soos Hy wil, en sekerlik ook gesien kan word soos salwing).  

- Wanneer siekes gesond gemaak is of daar oor hulle gebid is, is hulle ook met olie gesalf (Mar 6:12,13 - "En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer. En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak"). Hierdie is miskien gesien soos 'n tipe teken van reiniging (bv. om te reinig vd siekte, hetsy die plek of persoon)(Lev. 14:16.18). Om iemand met olie te salf wanneer daar vir siekes gebid word, word in baie kerke nog gedoen, en is ook gedoen in die eerste gemeentes (Jak. 5:14,15 - "Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word").

- Salwing gaan dus oor die DOEL - iets kan bv. selfs afgesonder/gesalf word om bloot as gedenksteen te dien! (soos die klip waarop Jakob geslaap het/waar die Here hom ontmoet het;  Gen. 28:18 - "Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ‘n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet". Gewoonlik word daar olie oor iets of iemand gegiet wanneer dit gesalf word (of dit word besprinkel in sekere gevalle) - in hierdie geval sien ons ook hoe Jakob olie oor die klip gegooi het... Hy het dit afgesonder met 'n doel, nl. om te onthou wat die Here hom daar meegedeel het en veral om hom te herinner aan die gelofte wat hy aan die Here gemaak het (as die Here hom sou hou en terugbring na daardie plek...)(Gen 28:22 - "En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal ‘n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan"). Sien ook Gen. 35:14 (toe die Here hom terugstuur na die plek...)("En Jakob het ‘n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ‘n gedenksteen van klip, en daarop ‘n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi").

 - Nog 'n tipe salwing wat ons sien in die skrif is dooies wat gesalf is voor hulle begrawe is...- die liggaam was o.a. in doeke toegedraai saam met speserye (Joh. 19:39,40). (2Kron. 16:14 - "En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van ‘n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom ‘n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek") ; (Mar 16:1 - "En toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf") ; (Luk 23:56 - "Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod").  Ons sien 'n ander vb. hiervan in Matt. 26 - (Matt. 26:7  kom ‘n vrou na Hom met ‘n albaste fles met baie kosbare salf, en sy gooi dit op sy hoof uit terwyl Hy aan tafel was"), en die doel van hierdie salwing was met die oog op Jesus se begrafnis - (Mat 26:12)  Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis)(Mark. 14:8).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  SALF:

Allerhande/interessante feite rondom "salf":

- Die woord "salf" word gewoonlik gebruik in die konteks van om iets of iemand te "heilig" (af te sonder), bv. (Eks. 28:41- "En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien") ; (Eks. 30:30 - "Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien") ; (Eks. 40:15 - "Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle ‘n ewige priesterskap in hulle geslagte wees");  

- en verwys in betekenis na "om met olie te smeer/giet" (Rut 3:3 - "Was jou dan en salf jou en trek jou klere aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie") ; (2Sa 14:2 - "het Joab na Tekóa gestuur en daarvandaan ‘n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos ‘n vrou wat al baie dae rou oor ‘n dode") ; (Psa 104:15 - "en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk") ; (Mat 6:17) - "Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig") ; (Dan 10:2,3 - "In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur. Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was") ; (Ecc_10:1 - "Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ‘n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer") ; (Son_1:3 - "U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief") ; (Son_4:10 - "Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!") ; (Luk. 7:38 - "en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf") ; (Luk. 7:46 - "Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf").

- Heilige salfolie (rol af na paragraaf 2) word gebruik in die proses om iets of iemand te heilig (vir 'n spesifieke amp/taak/doel). Bv., in die geval van waar iemand gesalf is, is die "salfolie" (nie enige olie nie, maar 'n spesifieke olie geheilig vir hierdie doel) gewoonlik oor die hoof gegiet, en so is die persoon geSALF / geheilig (Eks. 29:7 - "Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom") ; (2Kon. 9:3 - "neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie"). 

- Daar is salfolie resepte wat vir ons gegee word in sekere skrifte (bv. die heilige salfolie), maar salf verwys nie altyd na hierdie heilige salfolies (wat gebruik was om artikels en mense te heilig vir 'n spes. amp, taak of doel) nie, maar kan bloot verwys na "om jouself met olie te smeer" (Rut 3:3).  Dit wil voorkom of die salf waarna verwys word in Deut. 28:40, "olyfolie" nodig gehad het in die meng daarvan. (Deu_28:40 - "Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval").(Rol af na paragraaf 2 vir 'n opsomming oor "heilige salfolie", wat volgens 'n spesifieke resep gemeng was)

- Die priesters was in hulle (heilige) klere GESALF - die klere was ook geheilig/afgesonder (Eks. 29:29 - "En die heilige klere van Aäron moet vir sy seuns ná hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel") ; (Eks. 40:13 - "Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien"). 

- Artikels in die tabernakel/tempel was ook GESALF - op hierdie manier was dit ge"heilig" (afgesonder)(Eks. 29:36 - "Jy moet ook daagliks ‘n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig") ; (Eks.30:26 - "Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis") ; (Eks. 40:9 - "Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees") ; (Eks. 40:10 - "Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees") ; (Eks. 40:11 - "Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit").

- Konings en vorste is GESALF ("geheilig/afgesonder" om koning/vors te wees - gewoonlik deur salfolie oor die hoof te gooi). (Rig. 9:8  Eendag het die bome gegaan om ‘n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons!) ; (Rig. 9:15  En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die Líbanon verteer) ; (1Sam. 9:16 - "Môre sulke tyd sal Ek ‘n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as ‘n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het") ; (1Sam.15:1 - "Toe sê Samuel vir Saul: Die HERE het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE") ; (1Sam. 16:3 - "Nooi Isai dan na die offermaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem" ; v.12 - "Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en ‘n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy") ; (1Kon.1:34 - "en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!") ; (1Kon. 19:15,16 - "Maar die HERE sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek") ; (2Kon. 9:6 - "En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel") ; (2Kon. 9:12 - "Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel") ; .

- In 1 Sam. 16:13 was die salfolie in 'n horing gestoor... (1Sa 16:13 - "Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3) SALFOLIE:

Daar is 'n paar resepte in die O.T. van spefieke olies of reukwerk wat gebruik was in die tabernakel - hierdie olies was self "heilig" - was afgesonder vir 'n spesifieke doel (om artikels of mense te "heilig").  Een so 'n resep van "salfolie" word gegee in Eks. 30:22, maar hierdie spesifieke olie mag nie in die algemeen gebruik geword het, bv. vir die liggaam nie (v.32) - dit het bestaan uit 'n spesifieke komposisie wat opsig self "heilig" was (v.25)(m.a.w, "afgesonder" om as olie te dien om bv spesifieke artikels te salf, nl. in die tent van samekoms - die ark vd Getuienis, tafel en kandelaar en reukaltaar en brandofferaltaar met al hulle gereedskap, en die waskom met voetstuk;  asook vir Aaron en sy seuns te salf vir die priesteramp). 'n Spesifieke olie was dus gemeng om te gebruik in die salwing van hierdie artikels en die priesters, en hierdie olie mag nie gemeng geword het om vir ander doeleindes te gebruik nie... (v.32,33). In Eks. 30:34-38 is ook 'n resep vir "reukwerk" wat in die tabernakel gebruik was (spesifiek geplaas voor "die Getuienis"), en was ook "heilig", afgesonder spesifiek vir hierdie doel, en hierdie komposisie mag ook nie op ander plekke gebruik geword het nie

Eks. 30:22-38: "(Exo 30:22)  Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:(Exo 30:23)  En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes(Exo 30:24)  en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en ‘n hin olyfolie;(Exo 30:25)  en maak daarvan heilige salfolie, ‘n salfmengsel soos ‘n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees.(Exo 30:26)  Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis(Exo 30:27)  en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar(Exo 30:28)  en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.(Exo 30:29)  So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.(Exo 30:30)  Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.(Exo 30:31)  En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ‘n heilige salfolie wees in julle geslagte.(Exo 30:32)  Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.(Exo 30:33)  Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ‘n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.(Exo 30:34)  Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum—speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,(Exo 30:35)  en maak daar reukwerk van, ‘n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.(Exo 30:36)  En vrywe ‘n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ‘n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.(Exo 30:37)  En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees. (Exo 30:38)  Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word".

Hoekom was hierdie (heilige) salfolie gegiet of besprinkel op hierdie mense en artikels?:

Dit was om hierdie mense en artikels TE HEILIG (af te sonder) vir 'n spesifieke taak/doel. 

Skrifte oor "salfolie":

Exo_29:7  Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom. - DIT WAS OP DIE HOOF GEGIET.

Exo_29:21  Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom. - IS GESPRINKEL OP AARON EN SY KLERE, EN SY SEUNS EN HULLE KLERE (hulle klere was ook afgesonder).

Exo_30:25  en maak daarvan heilige salfolie, ‘n salfmengsel soos ‘n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees. - DIE OLIE SELF WAS "HEILIG", MAW "AFGESONDER, EN MAG NIE VIR ANDER DOELE GEBRUIK GEWEES HET NIE.   Exo_30:31  En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ‘n heilige salfolie wees in julle geslagte.;  Exo_40:9  Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees. ; Lev_8:2  Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke, ; Lev_8:10  Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig. ; Lev_8:12  Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig. ; Lev_8:30  Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.

Exo_31:11  ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom—net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak. -sekere KUNSTENAARS EN PRIESTERS HET DIE WERK GEKRY OM DIE SALFOLIE TE MENG (salfmengers vir salfolie)(bv. Besaleel wat gevul is met die Gees en dus wysheid en kennis en verstand gekry het om allerhande werk te doen en kunstige planne uit te dink...). Exo_37:29  Hy (Besáleël-v.1) het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos ‘n salfmenger dit maak. ;   Num_4:16  En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap. ; 1Ch_9:30  En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye.

Exo_35:8  en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;- DIE SPESERYE VIR DIE MENG VD OLIE HET GEKOM UIT DIE VOLK SE BESITTINGS (vrywillige offergawes)(v. 5).

Lev_21:10  En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie. - DAAR WAS HEELWAT REELS VIR DIE WAT GE"HEILIG" IS, NL. die PRIESTERS was in verskillende rangorde afgesonder met spesifieke reels t.o.v rangorde... (kyk ook Lev. 10).  Lev_21:12  en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4)  DIE SALWING VD HEILIGE GEES:

Geestelike mense is soos gesalfdes. 

(1Jn 2:27)  En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

(1Jn 2:20)  En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.

Bv., die "ontvang vd Heilige Gees" word o.a. gesien soos 'n salwing wat die persoon ontvang (word geroep / eenkat gesit / afgesonder). Mense wat die Heilige Gees ontvang word "geestelike mense" genoem en word deur die Gees in bewaring gehou tot die dag van verlossing (is afgesonder om die ewige lewe te onvang), en ontvang deur die Gees ook gawes en bedieninge (soos die Gees deur elkeen werk) sodat hulle kan werk vir die Here;  dus, hulle word vir die Here afgesonder (is gesalf) om vir Hom te werk (soos heilige salfolie iets of iemand afsonder...) - dit waarom sommige somtyds in beeldspraak na die Heilige Gees verwys as "Hy is soos olie". Die Heilige Gees is self Gees "afgesonder" (kyk die woord "heilige", wat beteken "afgesonderde" Gees), en sonder ons af vir spesifieke werk (soos salfolie self 'n "heilige" olie is, bedoel om sekere artikels en mense te heilig/af te sonder). Die Heilige Gees is self heilig / is afgesonder spesifiek vir die wat in Jesus Christus glo - en kan dus sekerlik soos "salfolie" gesien word, want Hy sonder ons af vir spesifieke werk... 

Daar is bv. twee elemente van weergeboorte, nl. water en Gees.  In die O.T. het die heiligmaking proses ook twee elemente bevat nl. "was met water", en "salfolie" (kyk die heiligmaking vd priesters - Lev. 8). Net soos die priesters gesalf is in die O.T. om in die Here se diens te wees (1 Kor. 4:1), net so word geestelike mense gesalf om vir die Here 'n priesterdom te wees - eerstens word hulle "gewas" (die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan), en tweedens ontvang hulle die Heilige Gees (soos mense wat met salfolie gesalf word). "Geestelike mense" behoort aan die Here en is in Sy diens (vrygekoop deur Jesus en is nou 'n slaaf van Hom) - hulle het m.a.w. die plig van priester, bv. om die kennis te bewaar, boodskapper te wees vir Hom, die Here raadpleeg en Sy wil uitvoer, ens. 

Om meer te leer oor hierdie onderwerp van hoe/waarvoor geestelike mense afgesonder word, gaan na die dagstukkie getiteld "'n Heilige priesterdom, 'n volk as eiendom verkry".  
Bestudeer gerus ook die pos getiteld "en ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader",
asook die onderwerp van "eersgeborenes/eerstelinge/priesters". 

Kom ons kyk na nog 'n paar skrifte oor die salwing vd Gees:
-  Jesus se lesing in: (Luk 4:18)  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring ('n blye boodskap te bring aan die ootmoediges-Jes. 61:1b). Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees (om te verbind die gebrokenes van hart-Jes. 61:1c); (Luk 4:19)  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur (om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis-Jes. 61:1d); om die aangename jaar van die Here aan te kondig . 
- DIE GEES HET VIR JESUS AFGESONDER VIR HIERDIE DOEL, SOOS GENOEM IN Luk. 4:18,19;  vgl. dit met Jes. 61:1,2 (Jes. 11:2-5; 42:1-4). 

-  (Hand. 20:28)  Gee dan ag op julleself (ouderlinge) en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
- DIE GEES HET DIE OUDERLINGE AANGESTEL / IS m.a.w. AFGESONDER OM AS HERDERS DIE GEMEENTE VAN GOD TE VERSORG - hulle is soos herders wat toesig hou oor die kudde van God - 1 Pet. 5:2 (nie as heersers nie; moet voorbeeldig wees... - 1 Pet. 5:3). DEUR DIE SALWING VD HEILIGE GEES ONTVANG GEESTELIKE MENSE GAWES EN BEDIENINGE SODAT HULLE VIR DIE HERE KAN WERK - ELKEEN WORD AFGESONDER/GEHEILIG OM 'N SPESIFIEKE WERK TE DOEN...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: