Maandag 10 Augustus 2020

Bybelstudie: Die begrip saligheid (hoekom)

In hierdie bybelstudie vb word gekyk na "hoekom" iemand saligheid nodig het (nie "hoe" hy saligheid verkry nie).
- Vir 'n bybelstudie oor HOE iemand saligheid verkry, gaan na:
- Vir 'n bybelstudie om die begrip saligheid beter te verstaan, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html.

Die Bybelstudie stensil word as riglyn gebruik... Siende hierdie bedoel is vir gebruik in Bybelstudie is nie alle paragrawe hieronder opgesom nie - die bedoeling is dat onderstaande as riglyn gebruik kan word (en daar is natuurlik meer ingligting in die Skrif oor hierdie onderwerp as slegs dit wat hieronder gegee word).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  HOEKOM HET DIE MENS SALIGHEID NODIG?:
Wat verstaan mense in die algemeen van "hoekom ons saligheid nodig het", of hoe sou die Christen dit verduidelik?

(hierdie vraag kan in die groepsbybelstudie behandel word as 'n inleiding - elkeen kan hulle opinie gee van hoekom hulle dink die mens saligheid nodig het - bv. "die mens het redding nodig van sonde", ens.)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) BEPAAL VOLGENS DIE SKRIF HOEKOM DIE MENS SALIGHEID NODIG HET:
Kyk na die Grieks/Hebreeuse betekenis van saligheid, en kyk na voorbeelde uit die Skrif wat vir ons die rede gee hoekom ons saligheid nodig het.

Die woord SALIGHEID is die Griekse woord: (so-tay-ree'-ah), wat beteken:

- red van, gesondheid, redding, red, om te red.
(2 of 3 verse kan gekies word om in die groep voor te lees en dit te bespreek - die idee is om te verstaan dat saligheid verwys na "redding" - daar kan dus ook na skrifte gekyk word bv. die wat die woord redding, of bv. woorde soos "red" of "gered", bevat).

Betekenis bepaal uit vb.e in die Skrif:
-  1Th_5:8  i.p.v. TOORN sal die wat "nugter" is, SALIGHEID ontvang
-  1Th_5:9  ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
Wat is dit waarvan die mens REDDING verkry in hierdie skrifte?  - (redding van die toorn / m.a.w. redding vd "tweede dood"- dus redding vd "oordeel vd hel" of redding van "ewige oordeel")(m.a.w. redding van om verderf te word - redding vd DOOD! - vgl. met Jak. 4:12). Saligheid gaan dus indirek hier oor "redding van ons VYAND, die DOOD" - 1 Kor. 15:26 ("toorn" verwys na die tweede dood).(1Th 5:9,10 - " Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan LEWE").

- 1Pe_1:9  die einddoel van ons geloof is die saligheid vd siel
Wat is dit waarop die mens redding kry volgens hierdie skrif?   -(is m.a.w. saligheid of redding VD SIEL).  Die woord "siel" word ok somtyds gebruik om na die innerlike mens in geheel te verwys - redding vd siel verwys dus nie net van redding vd uiterlike mens (kyk tema "die opstanding") nie maar ook vd innerlike mens, m.a.w. "siele" (liggaam en siel) wat gered word vd "tweede dood".  
M.a.w.. "die mens se siel het redding nodig" - hoekom? - vgl. met Jak. 5:20 - "red siel uit dood"

-  1Pe_1:10  profete het oor hierdie saligheid geprofeteer
Daar kan ingekyk word op wat hierdie saligheid is waarvan die profete geprofeteer het... - kyk bv. wat dit is waarvan hulle profeteer het die mens van gered moet word?
- Kyk bv. Hand. 10:43 - kan VERGIFNIS VAN SONDES ontvang deur die Naam vd "Een wat sou kom" (deur Jesus Christus). L.w. vergifnis van sondes nodig om redding te kan ontvang... (2 Kor. 7:10; Hebr. 10:18-21 ens.).

-  (2Ti 4:18)  red om in sy hemelse koninkryk te kan ingaan
Niks wat onrein is sal in die koninkryk van God kan ingaan nie;  dus, iemand het "afwassing van sondes nodig", en moet gered word van sy slaafskap onder sonde (Gal. 3:28). Vgl. met 1 Thess. 1:15 - ons is SONDAARS en het dus redding nodig. Vgl. ook met Ps. 51:5 - onder sonde gebore...

- saligheid vd siel (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)
- saligheid vd liggaam (Hebr. 9:13; 10:22).

OPSOMMING:
-  In konteks verwys saligheid na "redding van toorn" (en verwys dus na "redding vd dood" - siel gered vd oordeel vd hel). Bv., die mens kan nie meer vir ewig lewe nie, so hy het redding nodig om vir ewig te kan lewe... Die liggaam en siel het dus nodig om gered te word , want die huidige liggaam en siel is bestem tot oordeel (dra vrugte vir die dood) - het dus redding nodig vd komende oordeel (ook genoem "toorn" / ewige oordeel / tweede dood). Wanneer iemand gered word, word die innerlike vernuwe en hy het die belofte van opstanding vd uiterlike eendag (die wat gered word dra vrugte tot ewige lewe) - die mens het dus redding nodig vd dood
-  In konteks verwys saligheid na redding van sondaars - het redding nodig vd siel, en het redding nodig vd liggaam.  M.a.w., het nodig om gewas te word (gewas van sonde) ('n uitnemender manier nodig as dit onder die wet van Moses), en het redding nodig van slaafskap onder sonde (is gebore onder sonde - ouers slawe van sonde, dus kinders word as slawe gebore).  Het redding nodig van hulle slaafskap, anders kan hulle nie in die koninkryk van God ingaan nie - moet Sy kinders word...- het dus nodig om "weer gebore" te word (hierdie keer nie gebore as slawe nie, maar as vrymense) - dan kinders van God (die profete het bv. o.a. geprofeteer vd uitstorting vd Heilige Gees en die skep van nuwe harte).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) ALLEDAAGSE VOORBEELDE (bv. stories, vergelykings ens.) WAT GEBRUIK KAN WORD OM HIERDIE TE VERDUIDELIK:
Kies vb.e wat dit miskien as volg verduidelik:
-  Die mens het redding nodig, maar waarvan? (bv. redding nodig van 'n vyand?, slaafskap?, siekte?).

Gebruik bv. die vgl. met 'n slaaf.  Net soos 'n kind as 'n slaaf gebore word as sy ouers slawe is, net so word die mens gebore onder slawerny en dien die sonde omdat Adam 'n slaaf was van sonde (almal is "kinders van slawe" - gebore in sonde - dien die sonde soos 'n slaaf)(vgl. dit met die tema van "natuurlike mense").  Die mens het redding nodig van hierdie slaafskap.  As hy weer gebore kon word, maar hierdie keer uit 'n pa wat "vry" is, dan sal hyself as "vrymens" gebore word.  Daarom word die wat "weergebore" word gesien as vrymense, maar om dit te bewerkstellig moes hulle eers vrygekoop word deur 'n ander meester - en hierdie "meester" is Jesus Christus.  In daardie opsig het hulle eers slawe geword van 'n ander - natuurlik slawe van Jesus Christus want hulle is deur Hom gekoop.

'n Ander vgl. wat gebruik kan word is die waar "die dood" gesien word soos 'n vyand (1 Kor. 15).  Net soos wat 'n vyand iemand inhaal en verwoes, so maak die dood met ons. Alle mense gaan dood, maar dood verwys nie net na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar beide die uiterlik en innerlike - "dood" dus ook verwysend na "die tweede dood" (die oordeel vd hel)(die ewige oordeel). Die mens het redding nodig van hierdie vyand. En siende die mens nie net bestaan uit 'n uiterlike nie maar ook 'n innerlike, het hy redding nodig van beide (somtyds genoem "liggaam en siel").  Die wat weergebore word, het bv. die belofte dat al sou hulle doodgaan, hulle eendag nuwe liggame sal kry, en sal dus "die dood oorwin"!  Hulle word ook belowe dat die tweede dood geen mag oor hulle sal he nie! - want hulle "siele' (in hierdie geval verwysend na die innerlike mens) word hernu (asof hulle doodgaan en opstaan), en hulle word deur die Gees in bewaring gehou tot die dag van verlossing - wanneer hulle ook opgewek sal word in nuwe liggame - verwysend na 'n nuwe "uiterlike".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) LYS VAN SKRIFTE EN SKRIFGEDEELTES OOR DIE BETROKKE WOORD OF TEMA:

Die groepleier kan gerus 'n lys maak van skrifte oor hierdie onderwerp en dit byderhand hou tydens die groep-bybelstudie.

Hier is 'n paar voorbeelde van urls op hierdie blog wat tot hulp kan wees:
ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) MOONTLIKE VRAE WAT GEVRA KAN WORD:

Die groepleier moet voorberei vir moontlike vrae rakende hierdie onderwerp wat mag ontstaan tydens die groeps-bybelstudie.

OF gepaste vrae wat miskien liewer aan die groep gevra kan word, sal ook meer lig werp op "HOEKOM ons saligheid nodig het", bv.:
-  hoekom was daar so baie gepraat oor "die opstanding" tydens evangelie-prediking in die tyd vd eerste gemeentes?
-  wat het Jesus se opstanding te doen met saligheid?
-  watter verband is daar tussen die uitstorting vd Heilige Gees en  redding?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) URLS, POSTE, BOEKE ENS. TOT HULP:

Die groepleier kan vooraf 'n lys maak van geloofwaardige boeke ens. wat tot hulp kan wees vir insig oor hierdie onderwerp.  Daar kan selfs 'n afdruk vir elkeen gegee word van bronne wat later op hulle eie of by die huis opgelees of nagesoek kan word. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) VERKEERDE OPVATTINGS OF VALSE EN VERDRAAIDE LEERSTELLINGS RONDOM HIERDIE ONDERWERP:


Bv.:
- "Die wat gered word gaan vir ewig in die hemel bly":
Somtyds word daar gepreek dat mense redding nodig het sodat hulle vir ewig in die hemel kan bly..., maar is dit so dat die wat gered word vir ewig in die hemel (waar God woon) gaan wees? 
Is dit hoekom ons redding nodig het?
Alhoewel die wat gered word die belofte het om die koninkryk te beerwe, beteken dit egter nie dat hulle vir ewig in die hemel gaan bly nie -  maar eerder is dit die AARDE wat aan hulle belowe word! (bv. Matt. 5:5).   Of Christene huidiglik na die (derde) hemel gaan wanneer hulle doodgaan is natuurlik moontlik, maar Christus sal hulle met Hom saambring wanneer Hy terugkom (1 Thess. 4:14)(van waar af Hy hulle ookal vergader), en die Skrif leer dat die wat "opstaan tot lewe" vir ewig by Hom sal wees... (1 Thess. 4:17)  -  maar waar gaan Hy wees?  
In die "volgende eeu" gaan Hy vanuit Jerusalem oor die hele AARDE regeer, en dit is terloops ook 'n ewige koninkryk! - kyk bv. Openb. 21 en 22 - "nuwe hemel en aarde" - en kyk hoe die nuwe stad Jerusalem vanuit die hemel op die AARDE afsak, en die wat gered word gaan in hierdie stad bly.  M.a.w., die wat gered word gaan nie vir ewig in die hemel bly nie maar vir ewig "op die aarde" - hulle gaan "die aarde" beerwe.  Die rede waarom ons redding nodig het kan dus deels beteken dat dit is "om die koninkryk te beerwe" (omdat hierdie belofte gegee word aan die wat gered word) ja, maar met "koninkryk beerwe" word nie bedoel dat ons vir ewig in die hemel gaan bly nie...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8) TOEPASSING VAN ONDERWERP / OPSOMMING:
Die groepleier moet voorbereid wees met 'n kort opsomming vir aan die einde vd groepbybelstudie - m.a.w. 'n woord waarmee die bybelstudie afgerond kan word. 

Vb. van so 'n OPSOMMING:
Die woord saligheid beteken "REDDING" - die vraag is waarvan die mens redding nodig het?, bv. vyand?, slaafskap?, siekte? 
In die skrif word "dood" bv. soos 'n vyand voorgestel (1 Kor. 15:26), en "sonde" o.a. soos iets waarvan die mens as 'n slaaf gebore word... (2 Pet. 2:19; Rom. 7:14,23).  Die mens het dus redding nodig van hierdie dinge - m.a.w., redding van hulle vyand, die dood, en redding nodig van hulle slaafskap onder sonde. 
Volgens die Skrif het die mens se (1) LIGGAAM en (2) SIEL REDDING NODIG - dus verwys hierdie redding nie net na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike mens.  Die wat redding verkry bv. nuwe liggame en hulle siele word gewederbaar (is dan soos mense wat "weer gebore" word). Die wat "weer gebore" word (deur water en Gees) word gesien as kinders van God (is as vrymense gebore) en het dus die belofte van ewige lewe, en sal die koninkryk beerwe (omdat hulle siele gered is en hulle liggame ook gered word eendag) -  in daardie opsig is die "ewige lewe" en die "erfenis" dus deel vd rede waarom ons redding nodig het - m.a.w., deels het ons redding nodig "om die ewige lewe en die koninkryk te beerwe".
Die wie REDDING VD SIEL verkry (m.a.w., hulle innerlike mens word vernuwe deurdat hulle sondes afgewas word en hulle die Heilige Gees ontvang) het die belofte dat hulle nie in die (ewige) oordeel sal kom nie (sal nie deur die tweede dood gaan nie)(sal gered word vd toorn), en het ook die belofte van REDDING VD LIGGAAM eendag (wat verwys na 'n nuwe uiterlike - kyk tema "die opstanding") - en hulle sal dus so die dood oorwin; sal dus redding verkry van hulle vyand, die dood - en kry dus redding van hulle slaafskap onder sonde deurdat hulle sondes afgewas word (is vrygekoop deur Jesus Christus en word slawe van Hom i.p.v. slawe van sonde), en hulle soos nuwe mense gebore word, maar hierdie keer uit God se saad (word dus hierdie keer as "vrymense" gebore 1 Kor. 7:22 - uit God se saad - is dus kinders van Hom en kan daarom vir ewig lewe en eendag "erf").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9) (Wiki) HOE SOU DIE ANTWOORD OP HIERDIE VRAAG KORTLIKS OPGESOM WORD:
Hoe sou die antwoord op bg. vraag (oor "hoekom ons saligheid nodig het") kortliks opgesom kan word - bv. slegs in 2 of 3 sinne.

(Laat die groep in klein groepe verdeel en dit bespreek).  

Hier is 'n vb. van so 'n opsomming:
Die mens se liggaam en siel het redding nodig, 
- REDDING VAN hulle VYAND die d o o d (want almal gaan dood - dood vd uiterlike mens, en sal ook deur die "tweede dood" gaan)(en kan dus nie vir ewig lewe nie);  en 
- REDDING VAN hulle SLAAFSKAP onder s o n d e (want almal word in sonde gebore en dien die sonde soos 'n slaaf, en kan daarom nie soos "vrymense" eendag erf nie).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: