Wys tans plasings met die etiket redding vd liggaam en siel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket redding vd liggaam en siel. Wys alle plasings

Maandag 10 Augustus 2020

Bybelstudie: Die begrip saligheid (hoekom)

In hierdie bybelstudie vb word gekyk na "hoekom" iemand saligheid nodig het (nie "hoe" hy saligheid verkry nie).
- Vir 'n bybelstudie oor HOE iemand saligheid verkry, gaan na:
- Vir 'n bybelstudie om die begrip saligheid beter te verstaan, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html.

Die Bybelstudie stensil word as riglyn gebruik... Siende hierdie bedoel is vir gebruik in Bybelstudie is nie alle paragrawe hieronder opgesom nie - die bedoeling is dat onderstaande as riglyn gebruik kan word (en daar is natuurlik meer ingligting in die Skrif oor hierdie onderwerp as slegs dit wat hieronder gegee word).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  HOEKOM HET DIE MENS SALIGHEID NODIG?:
Wat verstaan mense in die algemeen van "hoekom ons saligheid nodig het", of hoe sou die Christen dit verduidelik?

(hierdie vraag kan in die groepsbybelstudie behandel word as 'n inleiding - elkeen kan hulle opinie gee van hoekom hulle dink die mens saligheid nodig het - bv. "die mens het redding nodig van sonde", ens.)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) BEPAAL VOLGENS DIE SKRIF HOEKOM DIE MENS SALIGHEID NODIG HET:
Kyk na die Grieks/Hebreeuse betekenis van saligheid, en kyk na voorbeelde uit die Skrif wat vir ons die rede gee hoekom ons saligheid nodig het.

Die woord SALIGHEID is die Griekse woord: (so-tay-ree'-ah), wat beteken:

- red van, gesondheid, redding, red, om te red.
(2 of 3 verse kan gekies word om in die groep voor te lees en dit te bespreek - die idee is om te verstaan dat saligheid verwys na "redding" - daar kan dus ook na skrifte gekyk word bv. die wat die woord redding, of bv. woorde soos "red" of "gered", bevat).

Betekenis bepaal uit vb.e in die Skrif:
-  1Th_5:8  i.p.v. TOORN sal die wat "nugter" is, SALIGHEID ontvang
-  1Th_5:9  ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
Wat is dit waarvan die mens REDDING verkry in hierdie skrifte?  - (redding van die toorn / m.a.w. redding vd "tweede dood"- dus redding vd "oordeel vd hel" of redding van "ewige oordeel")(m.a.w. redding van om verderf te word - redding vd DOOD! - vgl. met Jak. 4:12). Saligheid gaan dus indirek hier oor "redding van ons VYAND, die DOOD" - 1 Kor. 15:26 ("toorn" verwys na die tweede dood).(1Th 5:9,10 - " Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan LEWE").

- 1Pe_1:9  die einddoel van ons geloof is die saligheid vd siel
Wat is dit waarop die mens redding kry volgens hierdie skrif?   -(is m.a.w. saligheid of redding VD SIEL).  Die woord "siel" word ok somtyds gebruik om na die innerlike mens in geheel te verwys - redding vd siel verwys dus nie net van redding vd uiterlike mens (kyk tema "die opstanding") nie maar ook vd innerlike mens, m.a.w. "siele" (liggaam en siel) wat gered word vd "tweede dood".  
M.a.w.. "die mens se siel het redding nodig" - hoekom? - vgl. met Jak. 5:20 - "red siel uit dood"

-  1Pe_1:10  profete het oor hierdie saligheid geprofeteer
Daar kan ingekyk word op wat hierdie saligheid is waarvan die profete geprofeteer het... - kyk bv. wat dit is waarvan hulle profeteer het die mens van gered moet word?
- Kyk bv. Hand. 10:43 - kan VERGIFNIS VAN SONDES ontvang deur die Naam vd "Een wat sou kom" (deur Jesus Christus). L.w. vergifnis van sondes nodig om redding te kan ontvang... (2 Kor. 7:10; Hebr. 10:18-21 ens.).

-  (2Ti 4:18)  red om in sy hemelse koninkryk te kan ingaan
Niks wat onrein is sal in die koninkryk van God kan ingaan nie;  dus, iemand het "afwassing van sondes nodig", en moet gered word van sy slaafskap onder sonde (Gal. 3:28). Vgl. met 1 Thess. 1:15 - ons is SONDAARS en het dus redding nodig. Vgl. ook met Ps. 51:5 - onder sonde gebore...

- saligheid vd siel (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)
- saligheid vd liggaam (Hebr. 9:13; 10:22).

OPSOMMING:
-  In konteks verwys saligheid na "redding van toorn" (en verwys dus na "redding vd dood" - siel gered vd oordeel vd hel). Bv., die mens kan nie meer vir ewig lewe nie, so hy het redding nodig om vir ewig te kan lewe... Die liggaam en siel het dus nodig om gered te word , want die huidige liggaam en siel is bestem tot oordeel (dra vrugte vir die dood) - het dus redding nodig vd komende oordeel (ook genoem "toorn" / ewige oordeel / tweede dood). Wanneer iemand gered word, word die innerlike vernuwe en hy het die belofte van opstanding vd uiterlike eendag (die wat gered word dra vrugte tot ewige lewe) - die mens het dus redding nodig vd dood
-  In konteks verwys saligheid na redding van sondaars - het redding nodig vd siel, en het redding nodig vd liggaam.  M.a.w., het nodig om gewas te word (gewas van sonde) ('n uitnemender manier nodig as dit onder die wet van Moses), en het redding nodig van slaafskap onder sonde (is gebore onder sonde - ouers slawe van sonde, dus kinders word as slawe gebore).  Het redding nodig van hulle slaafskap, anders kan hulle nie in die koninkryk van God ingaan nie - moet Sy kinders word...- het dus nodig om "weer gebore" te word (hierdie keer nie gebore as slawe nie, maar as vrymense) - dan kinders van God (die profete het bv. o.a. geprofeteer vd uitstorting vd Heilige Gees en die skep van nuwe harte).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) ALLEDAAGSE VOORBEELDE (bv. stories, vergelykings ens.) WAT GEBRUIK KAN WORD OM HIERDIE TE VERDUIDELIK:
Kies vb.e wat dit miskien as volg verduidelik:
-  Die mens het redding nodig, maar waarvan? (bv. redding nodig van 'n vyand?, slaafskap?, siekte?).

Gebruik bv. die vgl. met 'n slaaf.  Net soos 'n kind as 'n slaaf gebore word as sy ouers slawe is, net so word die mens gebore onder slawerny en dien die sonde omdat Adam 'n slaaf was van sonde (almal is "kinders van slawe" - gebore in sonde - dien die sonde soos 'n slaaf)(vgl. dit met die tema van "natuurlike mense").  Die mens het redding nodig van hierdie slaafskap.  As hy weer gebore kon word, maar hierdie keer uit 'n pa wat "vry" is, dan sal hyself as "vrymens" gebore word.  Daarom word die wat "weergebore" word gesien as vrymense, maar om dit te bewerkstellig moes hulle eers vrygekoop word deur 'n ander meester - en hierdie "meester" is Jesus Christus.  In daardie opsig het hulle eers slawe geword van 'n ander - natuurlik slawe van Jesus Christus want hulle is deur Hom gekoop.

'n Ander vgl. wat gebruik kan word is die waar "die dood" gesien word soos 'n vyand (1 Kor. 15).  Net soos wat 'n vyand iemand inhaal en verwoes, so maak die dood met ons. Alle mense gaan dood, maar dood verwys nie net na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar beide die uiterlik en innerlike - "dood" dus ook verwysend na "die tweede dood" (die oordeel vd hel)(die ewige oordeel). Die mens het redding nodig van hierdie vyand. En siende die mens nie net bestaan uit 'n uiterlike nie maar ook 'n innerlike, het hy redding nodig van beide (somtyds genoem "liggaam en siel").  Die wat weergebore word, het bv. die belofte dat al sou hulle doodgaan, hulle eendag nuwe liggame sal kry, en sal dus "die dood oorwin"!  Hulle word ook belowe dat die tweede dood geen mag oor hulle sal he nie! - want hulle "siele' (in hierdie geval verwysend na die innerlike mens) word hernu (asof hulle doodgaan en opstaan), en hulle word deur die Gees in bewaring gehou tot die dag van verlossing - wanneer hulle ook opgewek sal word in nuwe liggame - verwysend na 'n nuwe "uiterlike".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) LYS VAN SKRIFTE EN SKRIFGEDEELTES OOR DIE BETROKKE WOORD OF TEMA:

Die groepleier kan gerus 'n lys maak van skrifte oor hierdie onderwerp en dit byderhand hou tydens die groep-bybelstudie.

Hier is 'n paar voorbeelde van urls op hierdie blog wat tot hulp kan wees:
ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) MOONTLIKE VRAE WAT GEVRA KAN WORD:

Die groepleier moet voorberei vir moontlike vrae rakende hierdie onderwerp wat mag ontstaan tydens die groeps-bybelstudie.

OF gepaste vrae wat miskien liewer aan die groep gevra kan word, sal ook meer lig werp op "HOEKOM ons saligheid nodig het", bv.:
-  hoekom was daar so baie gepraat oor "die opstanding" tydens evangelie-prediking in die tyd vd eerste gemeentes?
-  wat het Jesus se opstanding te doen met saligheid?
-  watter verband is daar tussen die uitstorting vd Heilige Gees en  redding?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) URLS, POSTE, BOEKE ENS. TOT HULP:

Die groepleier kan vooraf 'n lys maak van geloofwaardige boeke ens. wat tot hulp kan wees vir insig oor hierdie onderwerp.  Daar kan selfs 'n afdruk vir elkeen gegee word van bronne wat later op hulle eie of by die huis opgelees of nagesoek kan word. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) VERKEERDE OPVATTINGS OF VALSE EN VERDRAAIDE LEERSTELLINGS RONDOM HIERDIE ONDERWERP:


Bv.:
- "Die wat gered word gaan vir ewig in die hemel bly":
Somtyds word daar gepreek dat mense redding nodig het sodat hulle vir ewig in die hemel kan bly..., maar is dit so dat die wat gered word vir ewig in die hemel (waar God woon) gaan wees? 
Is dit hoekom ons redding nodig het?
Alhoewel die wat gered word die belofte het om die koninkryk te beerwe, beteken dit egter nie dat hulle vir ewig in die hemel gaan bly nie -  maar eerder is dit die AARDE wat aan hulle belowe word! (bv. Matt. 5:5).   Of Christene huidiglik na die (derde) hemel gaan wanneer hulle doodgaan is natuurlik moontlik, maar Christus sal hulle met Hom saambring wanneer Hy terugkom (1 Thess. 4:14)(van waar af Hy hulle ookal vergader), en die Skrif leer dat die wat "opstaan tot lewe" vir ewig by Hom sal wees... (1 Thess. 4:17)  -  maar waar gaan Hy wees?  
In die "volgende eeu" gaan Hy vanuit Jerusalem oor die hele AARDE regeer, en dit is terloops ook 'n ewige koninkryk! - kyk bv. Openb. 21 en 22 - "nuwe hemel en aarde" - en kyk hoe die nuwe stad Jerusalem vanuit die hemel op die AARDE afsak, en die wat gered word gaan in hierdie stad bly.  M.a.w., die wat gered word gaan nie vir ewig in die hemel bly nie maar vir ewig "op die aarde" - hulle gaan "die aarde" beerwe.  Die rede waarom ons redding nodig het kan dus deels beteken dat dit is "om die koninkryk te beerwe" (omdat hierdie belofte gegee word aan die wat gered word) ja, maar met "koninkryk beerwe" word nie bedoel dat ons vir ewig in die hemel gaan bly nie...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8) TOEPASSING VAN ONDERWERP / OPSOMMING:
Die groepleier moet voorbereid wees met 'n kort opsomming vir aan die einde vd groepbybelstudie - m.a.w. 'n woord waarmee die bybelstudie afgerond kan word. 

Vb. van so 'n OPSOMMING:
Die woord saligheid beteken "REDDING" - die vraag is waarvan die mens redding nodig het?, bv. vyand?, slaafskap?, siekte? 
In die skrif word "dood" bv. soos 'n vyand voorgestel (1 Kor. 15:26), en "sonde" o.a. soos iets waarvan die mens as 'n slaaf gebore word... (2 Pet. 2:19; Rom. 7:14,23).  Die mens het dus redding nodig van hierdie dinge - m.a.w., redding van hulle vyand, die dood, en redding nodig van hulle slaafskap onder sonde. 
Volgens die Skrif het die mens se (1) LIGGAAM en (2) SIEL REDDING NODIG - dus verwys hierdie redding nie net na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike mens.  Die wat redding verkry bv. nuwe liggame en hulle siele word gewederbaar (is dan soos mense wat "weer gebore" word). Die wat "weer gebore" word (deur water en Gees) word gesien as kinders van God (is as vrymense gebore) en het dus die belofte van ewige lewe, en sal die koninkryk beerwe (omdat hulle siele gered is en hulle liggame ook gered word eendag) -  in daardie opsig is die "ewige lewe" en die "erfenis" dus deel vd rede waarom ons redding nodig het - m.a.w., deels het ons redding nodig "om die ewige lewe en die koninkryk te beerwe".
Die wie REDDING VD SIEL verkry (m.a.w., hulle innerlike mens word vernuwe deurdat hulle sondes afgewas word en hulle die Heilige Gees ontvang) het die belofte dat hulle nie in die (ewige) oordeel sal kom nie (sal nie deur die tweede dood gaan nie)(sal gered word vd toorn), en het ook die belofte van REDDING VD LIGGAAM eendag (wat verwys na 'n nuwe uiterlike - kyk tema "die opstanding") - en hulle sal dus so die dood oorwin; sal dus redding verkry van hulle vyand, die dood - en kry dus redding van hulle slaafskap onder sonde deurdat hulle sondes afgewas word (is vrygekoop deur Jesus Christus en word slawe van Hom i.p.v. slawe van sonde), en hulle soos nuwe mense gebore word, maar hierdie keer uit God se saad (word dus hierdie keer as "vrymense" gebore 1 Kor. 7:22 - uit God se saad - is dus kinders van Hom en kan daarom vir ewig lewe en eendag "erf").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9) (Wiki) HOE SOU DIE ANTWOORD OP HIERDIE VRAAG KORTLIKS OPGESOM WORD:
Hoe sou die antwoord op bg. vraag (oor "hoekom ons saligheid nodig het") kortliks opgesom kan word - bv. slegs in 2 of 3 sinne.

(Laat die groep in klein groepe verdeel en dit bespreek).  

Hier is 'n vb. van so 'n opsomming:
Die mens se liggaam en siel het redding nodig, 
- REDDING VAN hulle VYAND die d o o d (want almal gaan dood - dood vd uiterlike mens, en sal ook deur die "tweede dood" gaan)(en kan dus nie vir ewig lewe nie);  en 
- REDDING VAN hulle SLAAFSKAP onder s o n d e (want almal word in sonde gebore en dien die sonde soos 'n slaaf, en kan daarom nie soos "vrymense" eendag erf nie).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 02 Augustus 2020

Bybelstudie: DIE BEGRIP "SALIGHEID" (oorsig)

In hierdie bybelstudie vb word nie gekyk na "hoekom" die mens saligheid nodig het of  "hoe" hy saligheid verkry nie, maar dit is bedoel om te kyk waarna die begrip of woord "SALIGHEID" verwys.
- Vir 'n bybelstudie oor HOE iemand saligheid verkry, gaan na:
- Vir 'n bybelstudie oor HOEKOM die mens saligheid nodig het, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html

Die Bybelstudie stensil word as riglyn gebruik... Siende hierdie bedoel is vir gebruik in Bybelstudie, is nie alle paragrawe hieronder opgesom nie - die bedoeling is dat onderstaande as riglyn gebruik kan word (en daar is natuurlik meer ingligting in die Skrif oor hierdie onderwerp as slegs dit wat hieronder gegee is).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1)  DIE ALGEMENE SIENING VAN waarna "SALIGHEID" verwys:
Hoe sien mense in die algemeen "wat is saligheid", of wat is hulle begrip van die woord "saligheid" en wat dit beteken?

(hierdie vraag kan in die groepsbybelstudie behandel word as 'n inleiding, en kan miskien beperk word tot spesifiek "Christene" se siening hieroor - bv. "dat saligheid iets is wat sekere mense ontvang, en a.g.daarvan het hulle die ewige lewe" -  so iets...)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  KORREKTE BETEKENIS BEPAAL:

(A)  DIE BETEKENIS VD WOORD OF TEMA:
Wat beteken die woord "saligheid"? 
Die woord SALIGHEID is die Griekse woord: (so-tay-ree'-ah), wat beteken:
- red van, gesondheid, redding, red, om te red.

In die AOV word die woord "heil" gebruik vir "saligheid" in die O.T. (m.a.w., die woord "saligheid" word nie as "saligheid" vertaal in die AOV nie, maar word daar veral vertaal as "HEIL").
Die woord HEIL is die Hebreeuse woord (yesh-oo'-aw), wat beteken:
- redding, gesondheid, hulp, red, gered, welsyn (e.a.: veiligheid, oorwinning).

(B)  KORREKTE BETEKENIS VD WOORD (saligheid) BEPAAL UIT KONTEKS VAN VOORBEELDE UIT DIE SKRIF: 
M.a.w., wat kan ons leer uit voorbeelde uit die skrif van wat die woord saligheid beteken?
Die volk het gewag op hierdie heil (saligheid) en die profete het hieroor geprofeteer... (1 Pet. 1:10) - bv. ook oor dinge wat rondom hierdie tyd van saligheid sal gebeur (bv. hoe die Christus sou ly en hoe die heerlikheid daarna sou kom...)(1Pe 1:11,12; Jes. 53:1-10).  "Saligheid" is dus nie net 'n N.T. begrip asof deur Christene uitgedink nie, maar was in der waarheid iets waarop die volk van God vir al die eeue gewag het.

Redding van vyande en land herstel:
Die begrip saligheid verwys o.a. ook na die tyd wanneer God Sy volk sal RED uit die hand van hulle vyande (en die land herstel).  Daarom is die tyd wanneer die Messias sou kom ook gesien as 'n tyd van SALIGHEID. "Tyd van saligheid" word o.a. ook gesien soos 'n tyd van "wedergeboorte" (Matt. 19:28), wanneer alles nuut gemaak word en die God vd hemel 'n koninkryk op aarde verwek wat in ewigheid sal bestaan (Dan. 2:44), en dit sal begin met 'n 1000-jaar tydperk wanneer Jesus Christus Sy plek op die troon inneem en oor die hele aarde regeer...  (Openb. 20:4-7)(ander dinge wat ook rondom hierdie tyd gebeur is bv. "die opstanding", en die Messias sal die volk versamel en 'n tempel laat bou...).
- (Dan. 2:44) - die God vd hemel sal 'n koninkryk op aarde verwek wat in ewigheid sal bestaan (Openb. 19:11-16).
- (Mat 19:28) - En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.
- (Hag. 2:7) - God sal Sy volk en land seën (Jes. 2:3).
- (Sag. 6:12) - profesieë vd koms vd Messias en hoe Hy die tempel vd Here sal bou.
- (Est_10:3)  Jood Mórdegai het die heil van sy volk gesoek...
- (Psa_98:2) - Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
- (Psa_98:3) - Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.
- (Jes. 49:8) - So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, OM DIE LAND WEER OP TE RIG, OM VERWOESTE ERFENISSE TE LAAT BeëRWE;
- (Jes. 49:6) -...Christus GEMAAK TOT 'N LIG VD NASIES, om die heil te wees tot aan die einde van die aarde.

In die N.T. verduidelik die dissipels waarna hierdie saligheid verwys (neem kennis dat Jesus se dissipels mense was wat terloops deel was vd volk wat op die Messias gewag het en bekend was met dele vd O.T. profesiee).  Wat is dit wat hulle van "saligheid" verstaan het?
-  die wat saligheid kry, SAL NIE ONDER DIE TOORN VAL NIE (1 Thess. 5:8,9)(en natuurlik verwys dit nie net na redding vd liggaam bv. opstanding nie, maar verwys ook na redding vd tweede dood)(dus ook redding vd "tweede dood" of oordeel vd hel - dus, die wat nie saligheid verkry nie is bestem tot die toorn! - saligheid verwys dus hier na "om gered te word vd toorn", en hierdie "toorn" verwys na die oordeel vd hel of "ewige oordeel").;
-  saligheid / REDDING VD SIEL (1 Pet. 1:9);
-  hierdie saligheid verwys na 'n EWIGE saligheid (hulle sal vir altyd gered wees)(Hebr. 5:9).

Wat kan ons verder leer oor saligheid deur dit wat in die eerste gemeentes verkondig is?
-  1 Thess. 5:9 -  hierdie "saligheid" is die teenoorgestelde van "toorn", en is iets wat verkry word deur Jesus Christus - daar word dus 2 groepe mense verwys, of die wat onder die toorn gaan val (m.a.w. "natuurlike mense"), of die wat deur Jesus Christus gered word (m.a.w. "geestelike mense").

Kom ons kyk na skrifte waar die woord "heil" in die betrokke skrif as "red" verduidelik word:
-  1Ch_16:35  en sê: Verlos ons, God van ons HEIL, en versamel ons en RED ONS van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
-  Psa_51:14  (51:16) RED MY van bloedskuld, o God, GOD VAN MY HEIL! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
-  Psa_79:9  Help ons, o God van ons HEIL, om die eer van u Naam, en RED ONS en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.
In hierdie skrifte gaan "heil" oor 
- REDDING UIT DIE HAND VAN VYANDE
- REDDING VAN BLOEDSKULD, en 
- REDDING verkry DEUR VERSOENING VAN SONDES.

Dinge wat rondom saligheid verkondig is TYDENS EVANGELIEPREDIKING - (Hand. 2:14-41; 3:12-28; 4:8-20; 5:29-32,42; 8:28-40 ens.):
- dat die Messias sou ly (sodat ons saligheid kan ontvang);
- dat Christus die mag het om sondes te vergewe, en dat die Gees uitgestort sou word (water en Gees nodig vir wedergeboorte - Jesus kan sondes afwas-Luk. 1:77, Hebr. 5:9, en Hy gee die Heilige Gees aan die wat in Hom glo)(dus redding van die sondige natuur waaronder gebore);
- dat Christus uit die dood sou opstaan (dood oorwin en sleutels van doderyk kry - en sal die wat in Hom sterf eendag opwek tot lewe, en die dan nog in die lewe wanneer Hy terugkom, ook vernuwe liggame gee;  -dus, REDDING van die dood);
- dat Jesus Christus die Messias is waarop hulle gewag het (wie die saligheid sou bewerk en die enigste Naam in wie saligheid is).
- komende koninkryk verkondig (die wat saligheid verkry sal die koninkryk beerwe)...
Dus, Jesus se lyding was 'n belangrike gebeurtenis sodat ons GERED kan word. Jesus Christus het die mag om sondes te vergewe - het dus die mag om ons te RED VAN SONDE.  Om redding vd siel te ontvang is wedergeboorte nodig, en dus is die ontvang vd Gees belangrik ("water en Gees" nodig vir wedergeboorte).  Jesus gee die Heilige Gees aan elkeen wat in Hom glo.  Ons sien dus hier die belangrikheid van om in Jesus te glo (vir vergifnis van sondes en die ontvang vd Gees) sodat ons REDDING kan ontvang.  Daar is dus redding in Hom! Die dissipels het ook baie bewyse gelewer dat Jesus inderdaad die Messias was waarop hulle gewag het, en het bv. Sy komende koninkryk verkondig wat gesien word as 'n tyd van HEIL. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  ALLEDAAGSE VOORBEELDE WAT GEBRUIK KAN WORD OM DIE WOORD TE VERDUIDELIK:
Neem die 2de paragraaf in aanmerking en gebruik alledaagse stories, vergelykings ens. om die woord "saligheid" op 'n maklike manier te verduidelik.

(die bybelstudie leier kan aan 'n alledaagse storie of vgl. dink - dink dus aan 'n maklike vb. om die woord "saligheid" te verduidelik, in ag geneem dit beteken "redding").

Bv.:
-  As saligheid verwys na REDDING, waarvan het die mens "redding" nodig? 
Dink aan voorbeelde soos redding van vyande of redding van slaafskap ens. Watter vyand is dit waarvan die mens gered moet word?, of waarvan is hy 'n slaaf waarvan hy redding nodig het?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) LYS VAN SKRIFTE EN SKRIFGEDEELTES OOR DIE BETROKKE WOORD:
Kyk na die woorde "saligheid" en "heil"...
(hierdie lys is gerieflik vir voorbereiding vir bybelstudie, sodat die leier tydens die bybelstudie verse op bystand het vir oplees of om vrae te beantwoord)
Luk_1:77  Jesus het die kennis van saligheid gegee
Joh_4:22  saligheid is uit die Jode
Act_4:12  saligheid net deur een Persoon, nl. Jesus Christus
Rom_11:11 saligheid bedoel vir almal (evangelie van vrede)
Rom_13:11  saligheid naby - moet dus aandag gee aan die pad van godsaligheid
1Th_5:8  i.p.v. toorn sal die wat nugter is, saligheid ontvang - het hoop op saligheid in Christus Jesus
1Th_5:9  ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
2Th_2:13  sommige van die begin af verkies tot saligheid
2Ti_3:15  die heilige Skrifte gee die kennis dat die saligheid kom deur die geloof in Christus Jesus.
Heb_1:14 die engele is dienende geeste ter wille van die wat die saligheid beërwe
Heb_2:3  kan nie ontvlug as ons die saligheid verontagsaam nie
Heb_2:10  deur Sy lyding het Jesus die saligheid bewerk
Heb_5:9  almal wat vir Jesus Christus gehoorsaam, het ewige saligheid in Hom
Heb_6:9  moet die vrug dra wat by die saligheid pas
Heb_9:28  Christus sal weer terugkom aan die wat Hom verwag tot saligheid.
1Pe_1:5  deur geloof word die saligheid (in hierdie geval ons erfenis) vir ons bewaar
1Pe_1:9  die einddoel van ons geloof is die saligheid vd siel
1Pe_1:10  profete het oor hierdie saligheid geprofeteer
2Pe_3:15 die lankmoedigheid van onse Here (van Sy koms) moet as saligheid gesien word
Jud_1:3  Christene deel in 'n gemeenskaplike saligheid.
Luk_1:69  Sagaria het profeteer dat Jesus die horing van HEIL (saligheid) is
Luk_2:30  die man Símeon, gelei deur die Heilige Gees, bevestig dat Jesus die HEIL is (saligheid in Hom)
Luk_3:6  Johannes die doper getuig van die heil (saligheid)
Act_28:28  die heil (saligheid) van God aan die heidene gestuur
2Co_6:2  Paulus verklaar dat dit die tyd van heil (saligheid) is
Php_1:19  Lyding ter wille van Christus sal tot heil (saligheid) strek
Php_2:12  werk eie heil (saligheid) uit met vrees en bewing (pad van godsaligheid)

Exo_15:2  Die HERE ons HEIL
Deu_32:15  God die steenrots van sy heil
2Sa_22:3  God die horing van my heil (Luk. 1:69; Ps. 18:47)
2Sa_22:47  Die HERE die rots van my heil!
2Sa_23:5  ewige verbond daargestel wat in alles gereël en verseker is - sal heil laat uitsprei
1Ch_16:23  Verkondig die Here se heil van dag tot dag.
1Ch_16:35  ...God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies
Job_13:16  tot heil  goddelose nie voor aangesig kom nie
Psa_3:8  (3:9) Die heil behoort aan die HERE - seën oor volk
Psa_35:3  heil - die Here se hulp teen vyande (Jes. 60:18)
Psa_50:23  Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
Psa_51:14  (51:16) heil - red van bloedskuld
Psa_67:2  (67:3) heil - almal op aarde ken Sy heil
Psa_85:9  (85:10) sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
Psa_91:16  heil - lengte van dae
Psa_118:25  heil - voorspoed
Psa_119:155  heil nie bedoel vir die goddelose nie
Psa_146:3  geen heil in mense nie
Psa_149:4  heil - vir ootmoediges
Isa_49:8  in die dag van heil help Hy - om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
Isa_51:6  Sy heil vir ewig
Isa_56:1  heil naby , en geregtigheid naby om geopenbaar te word.
Isa_61:10 klere van heil,
Isa_62:1  heil - redding van volk en stad (v.11)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  MOONTLIKE VRAE WAT GEVRA KAN WORD:
In groepsbybelstudie is daar gewoonlik allerhande vrae rondom 'n onderwerp. bv. dinge waaroor iemand wonder of wat hy nie verstaan oor die onderwerp nie.

(as daar tyd is kan geleentheid gegun word vir vrae rondom die onderwerp - of daardie vrae kan op 'n volgende bybelstudie behandel word...)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  URLS/POSTE/BOEKE OOR DIE ONDERWERP:
Maak 'n lys van opleesbronne of interessante inligting rakende die begrip of woord.

(kies sorgvuldig goeie naslaanwerke oor die onderwerp en wees gereed om dit uit te deel in die groep)
(of video's kan miskien gebruik word en tydens bybelstudie gespeel word om opvattings te bestudeer ens.)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7)  VERKEERDE OPVATTINGS EN/OF VERDRAAIDE OF VALSE LEERSTELLINGS:
Watter verkeerde opvattings en/of verdraaide of valse leerstellings doen die rondte rakende die begrip "saligheid"?

As daar tyd is kan daar geleentheid gegun word om verdraaide opvattings te bespreek - of 'n video kan gespeel word waarin 'n valse leerstelling is - of iets wat Christene oor die algemeen glo maar nie noodwendig skriftuurlik is nie, kan bespreek word.

Hier is 'n paar voorbeelde:
- 'n Opvatting waar saligheid ALLEENLIK gesien word as redding vd volk uit die hand van hulle vyande en hulle hul miskien besig hou met "dooie werke" (- Redding gaan nie net oor die tyd van redding wanneer die Messias (terug)kom nie, maar dit gaan ook oor redding vd liggaam en redding vd siel).
- Waar mense wel glo dat die saligheid deur die Messias kom, maar steeds wag op die Messias en nie glo dat Jesus die Christus is nie, en a.g.hiervan is hulle oop om 'n valse messias aan te neem  (- Bv. verwysend na die wat behoort aan die volk van God maar weier om die tekens te aanvaar wat bewys dat Jesus die Christus is - a.g.daarvan wag hulle steeds op 'n Messias.  Of bv. die wat iemand anders sien as die Messias - dus glo in 'n valse messias. Die saligheid, altans "redding", kan slegs verkry word deur Jesus Christus. Die saligheid is in geen ander naam te kry nie!).
- Waar saligheid vd liggaam en siel gesien word as slegs iets waarin iemand glo en geen werke nodig is nie (-Baie Christene hanteer die begrip saligheid vandag soos wensdenkery, bv. "glo" dat daar geen werke vd persoon wat saligheid wil he verwag word nie - glo bv. dat bekering nie nodig is nie en saligheid ontvang kan word deur slegs 'n belydenis van woorde... Hierdie is 'n valse leerstelling en beslis nie iets wat in die eerste kerke geleer is nie - in beide Johannes die doper se geval asook Jesus self, het hulle prediking begin deur mense op te roep tot bekering.  Geloof sonder werke is dood.  Net soos die wat tot geloof kom 'n besluit moet maak om die Here te dien, net so is "werke" 'n bewys van geloof i.g.v. die een wat 'n kind van God is. Ja, werke kan nie iemand red nie, maar werke is 'n bewys dat iemand glo..).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8) TOEPASSING VD WOORD OF TEMA - OPSOMMING:
Hoe kan die woord saligheid opgesom word - m.a.w., waarna verwys dit? 
(kyk gerus na nog skrifte, en neem bg. studie in ag om tot hierdie slotsom te kom)

Saligheid verwys na:
- (1) saligheid vd siel (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)("siel" hier verwysend na die innerlike mens)(reiniging vd gewete-Hebr. 9:14);
- (2) saligheid vd liggaam ("liggaam" hier verwysend na die uiterlike mens)(reininging van vlees)(Hebr. 9:13; 10:22);
- (3) saligheid of redding vd volk op aarde (verwysend na die wat ingaan in die koninkryk van God)(Luk. 1:71; Dan. 2:44; Hag. 2:7; Sag. 6:12; Ps. 98:3; Jes. 49:6,8; 1 Kron. 16:35).

Fil. 1:19  LYDING TER WILLE VAN CHRISTUS sal tot heil (saligheid) strek
Fil. 2:12  WERK EIE HEIL (saligheid) UIT met vrees en bewing (pad van godsaligheid) (2 Kor. 7:10; Luk. 19:9)
(Rom 10:9,10)  As jy met MET JOU MOND DIE HERE JESUS BELY en MET JOU HART GLO DAT GOD HOM UIT DIE DODE OPGEWEK HET, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Die saligheid is slegs beskikbaar in Jesus Christus:
-  die volk het hierdie saligheid verwag - en Johannes die doper het die kennis daaroor gebring en getuig van die Messias en wie Hy is! (Luk. 1:77; Joh. 1:29,36)(kyk ook na die "evangelie van vrede" - Rom. 11:11; Hand. 28:28);
-  is 'n EWIGE saligheid (Hebr. 5:9);
-  die IS UIT DIE JODE (Joh. 4:22);  Jesus gebore uit hierdie geslag - almal wat in Hom glo word deur Hom gewas en ontvang die Gees, en word dus weergebore, asof "gebore uit God" (gebore uit hierdie geslag)(geestelik van aard, vd innerlike mens)("gebore uit Hom");
-  SALIGHEID kan deur niemand anders en geen ander naam KOM nie, behalwe DEUR JESUS CHRISTUS (Hand. 4:12); Jesus, die "horing van heil" (Luk. 1:69; Luk. 2:30; Luk. 3:6); die evangelie van Jesus 'n bewys van redding (Fil. 1:27,28; Ef. 1:13; Hand. 13:47);
-  saligheid kom deur GELOOF in JESUS CHRISTUS (2 Tim. 3:15; 1 Pet. 1:5,9)(Judas 1:3 - Christene gemeenskaplike saligheid) - vir die wat Hom gehoorsaam (Hebr. 5:9);
-  deur Sy lyding het Jesus hierdie saligheid bewerk (Hebr. 2:10)
-  wanneer Christus terugkom, sal die saligheid (vir die wat in Hom glo) voltrek word (Hebr. 9:28; Jes. 38:17).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9) HOE KAN HIERDIE WOORD KORTLIKS OPGESOM WORD?
Bv. "wiki" - hoe sou jy hierdie woord KORTLIKS opsom bv. vir 'n woordeboek? (laat almal opdeel in klein groepe en 'n definisie bymekaarsit:

Bv.
Die woord saligheid beteken REDDING; (1) bv. redding vd liggaam, (2) redding vd siel, of (3) redding van alledaagse nood (bv. gesondheid - redding van siekte)(of hulp, welsyn en oorwinning - redding uit die hand van vyande of redding van tekorte).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------