Wys tans plasings met die etiket Bybelstudie. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Bybelstudie. Wys alle plasings

Vrydag 28 Augustus 2026

Wat beteken dit om "een te wees" (konteks "huwelik")

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAT DIT BETEKEN OM "EEN TE WEES", nie net in die algemeen nie, maar veral WAARNA DIT VERWYS IN DIE HUWELIK. Mark. 10:7,8 - "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees".

Rol af vir die volgende opsommings:

- Opsomming.

- Die term "een liggaam".

- Die term "een vlees".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

In konteks vd HUWELIK, verwys die begrip "EEN LIGGAAM/VLEES": 

(1) na die feit dat die getroude paartjie soos een liggaam gesien word met verskillende lede... (het bv. verskillende rolle)(kyk punt 1).  Hulle funksioneer as EEN (is gehoorsaam aan die "liggaam"), en deel in dieselfde dinge... (kyk punt 2)

(2) hulle het gemeenskap met mekaar (en deel o.a. in vleeslike gemeenskap) - hierdie vorm van gemeenskap kan hulle nie onrein maak nie (al is die een ook onrein en die ander een rein / maw, omdat hulle getroud is mag hulle gemeenskap met mekaar he, selfs al is die een onrein kan hy nie die reine onrein maak nie, want die huwelik is geheilig). 

(3) Op beurt beteken dit ook dat hulle aan "die liggaam" (die huwelik) behoort (hulle dien in die liggaam). Hulle is afgesonder vir daardie liggaam (die liggaam is geheilig)(en daarom is hulle kinders ook heilig/afgesonder, want hulle behoort aan die liggaam terwyl hulle nog in hulle ouers se huis is/nog nie hulle vader en moeder verlaat het nie). 

Wanneer twee mense in die huwelik tree, word die huwelik deur die Here GEHEILIG, afgesonder as " 'N LIGGAAM" waarin die LEDE daarvan die liggaam bedien en hulle IN GEMEENSKAP is met mekaar - wat terloops vleeslike gemeenskap insluit - dit is maw een van die dinge waarin die lede ( spesifiek in konteks van die man en vrou), deel in hierdie EENHEID (wat die hele huisgesin aanbetref, is die kinders se rolle is anders, en daar word bv. van hulle verwag om die ouers te gehoorsaam, soos daar van lede vd kerk verwag word om die leierskap te gehoorsaam). In die "eenheid" vd huisgesin deel die hele familie sekere dinge met mekaar (is maw "in gemeenskap..."), bv., hulle deel in EEN voedsel, EEN verblyf, EEN geloof, ens.). 

'n Man en vrou in 'n huwelik is "geheilig/afgesonder" om aan 'n liggaam te behoort (nl. die huwelik), met elkeen verskillende rolle (is lede vd liggaam en gehoorsaam die liggaam), en is in gemeenskap met mekaar (deel in dieselfde dinge) - DIT IS WAARNA HIERDIE "EENHEID" VERWYS.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Om hierdie tema beter te verstaan, kom ons kyk in op die twee begrippe "een liggaam" en "een vlees".

-  DIE BEGRIP "EEN LIGGAAM":  (kom ons kyk na spesifieke skrifte waar hierdie term gebruik word).

(1) Rom_12:4,5  Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. NET SOOS DIE CHRISTELIKE KERK GESIEN WORD AS "EEN LIGGAAM" (en almal wat daaraan behoort lede is van hierdie "liggaam"), SO WORD DIE MAN EN VROU WAT GETROUD IS GESIEN AS 'N LIGGAAM WAARVAN DIE LEDE SAAMWERK. (1Kor._12:12-20  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie................. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam").(1Kor_10:17  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. (die nagmaal is o.a. 'n teken hiervan!, want almal wat in die "brood" deel, is lede van Christus se liggaam - die brood stel Sy liggaam voor)(https://warechristene.blogspot.com/2025/11/die-nagmaal-3.html). In die Christelike kerk is nie almal rein nie;  tog word gemeenskap met mekaar toegelaat "in Christus" - verwys na almal wat in Jesus Christus glo / is "saamgebind" soos 'n huwelikspaar saamgebind word en in gemeenskap te kan wees met mekaar, al is die een onrein en die een rein! ("Jood en heiden een" / kyk die onderwerp van die "nuwe mens" in konteks met die Christelike kerk...)(https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html). M.a.w., daar is sekere vorme van EENHEID wat geskep word waarin 'n onreine nie 'n reine kan onrein maak nie - spesifiek verwysend na die Christelike kerk en die huwelik! Dit is deels waarom die kerk in die N.T. nie altyd huwelik verbied tussen gelowiges en ongelowiges nie, alhoewel dit spesifiek verbied was in die O.T., en met rede! Sulke paartjies het probleme, want die huwelik as eenheid gaan nie net oor om "as eenheid saamwerk/verskillende lede wat saamwerk" nie, maar gaan ook oor WAARIN GEDEEL WORD (hulle deel in dieselfde dinge). Dit kan baie problematies wees waar een gelowig is, en een nie. Bv., Paulus verwys ook na die Christelike kerk-eenhied in Ef. 4, en praat o.a. oor hierdie feit, nl. dat in 'n eenheid deel almal saam in iets - (HIERDIE WORD TERLOOPS IN PUNT 2 BESPREEK!).  Nog 'n vb wat punt 1 vir ons beter verduidelik, is Ef. 2:12-22 (Ef_2:16  "en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het") - lees gerus die hele gedeelte om dit beter te verstaan, en vgl. dit met Kol_3:15  "En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar"(sien "evangelie van vrede").

(2)  1Kor_6:16  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. WANNEER 'N GETROUDE PAARTJIE VLEESLIKE GEMEENSKAP HET, IS DIT 'N VORM VAN GEMEENSKAP! (hulle deel in vleeslike gemeenskap).  VLEESLIKE GEMEENSKAP WORD SLEGS BINNE DIE HUWELIK TOEGELAAT, DUS IS DIT 'N GEOORLOOFDE VORM VAN GEMEENSKAP, MAAR AS JY DEELNEEM AAN 'N ONGEOORLOOFDE VORM VAN GEMEENSKAP (hetsy geestelik of vleeslik), DAN SAL DIT JOU ONREIN MAAK (bv., iemand wat hoereer neem deel aan/het gemeenskap met iets wat hom onrein kan maak/word een met in hierdie geval verwys na dit wat hom onrein maak, maar in die geval van 'n huwelik verwys "een met mekaar" na 'n geoorloofde vorm van gemeenskap wat hulle nie onrein kan maak nie). Kyk ook (Ef_4:4  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping). Paulus praat ook hiervan in Ef. 4, waarin hy verwys na elkeen se roeping, nl. toe hulle deel geword het van hierdie eenheid... (in die Christelike kerk-eenheid deel almal in een Gees, een geloof, een Here...). Terloops, baie mense sien die huwelik (wat ook 'n eenheid is) ook op hierdie manier, nl. dat twee mense wat trou, bedoel was om bymekaar uit te kom = soos wanneer iemand geroep word. Dus, om "een liggaam" te wees, gaan nie net oor die afsonderlike lede (wat elkeen 'n rol het) nie, maar gaan ook oor dit waarin almal deel... Wat is dit waarin beide in die huwelikspaartjie deel? (bv. een lewe, vleeslike gemeenskap, kinders, familie, ens.).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

- DIE BEGRIP "EEN VLEES":

(3)  1Kor_6:16  "Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees". DIE WOORD "VLEES" IS BASIES 'N ANDER WOORD VIR "LIGGAAM". Alhoewel die woord "vlees" meer gereeld in 'n geestelike konteks gebruik word (bv. iemand "dink of sien vleeslik"), kan dit na enige verwys, nl. fisies of geestelik (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/03/vlees-die-liggaam.html). In 1 Kor. 6:16 sien ons ook dat dit nie veel verskillend is om te praat van "een liggaam", as om te praat van "een vlees" nie. Nietemin, kom ons kyk na skrifte waar die woorde "een vlees" gebruik is, en kyk wat ons nog oor hierdie onderwerp kan leer.

- Gen_2:21  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak............Gen_2:24 ( Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees). Jesus verwys ook hierna in (Mat_19:5,6  "en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie")(Mrk_10:8  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees)(1 Kor. 6:16). ONS SIEN HIER HOE "EEN VLEES" BESKRYF WORD DAT DIE TWEE "EEN WORD" (word soos 'n eenheid gesien). Vgl. dit met bg. verduideliking van "een liggaam" (want die begrip "een vlees" verwys duisdelik na dieselfde). Kyk ook (Ef._5:31  "Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word"). Volgens 1 Kor. 6:16 (wat dieselfde leer) WIL DIT VOORKOM OF DIE "EENHEID" IN DIE HUWELIK OOK VERWYS NA VLEESLIKE GEMEENSKAP, WANT DIT GAAN OOR "WAARIN HULLE DEEL" (rol op na 2de punt bespreking "een liggaam"). Alhoewel, in die geval van iemand wat hoereer, is dit 'n verbode vorm van gemeenskap en sal dus so iemand onrein maak - dieselfde gebeur egter nie in 'n huwelik nie. In ander woorde, dit is belangrik om die huwelik in hierdie konteks te verstaan!, is dat VLEESLIKE GEMEENSKAP 'N DEEL IS VAN DIT WAT 'N PAARTJIE IN DEEL. Inteendeel, dit is iets wat verwag word dat twee mense in dit sal deel wanneer hulle trou!, en Paulus skryf ook t.o.v. hiervan die volgende: (1 Kor. 7:3,4  "Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou"). IN 'N HUWELIK BEHOORT ALTWEE OOK AAN MEKAAR (soos lede van 'n liggaam aan 'n liggaam behoort). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "OM EEN TE WEES" DUS DAT HULLE AAN 'N LIGGAAM BEHOORT. Op dieselfde wyse behoort Christene (lede) aan Christus (die Liggaam) - word o.a. gesien as "van Sy vlees en bene" (is familie van Hom!)(Ef. 5:30,31  Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word).  Die huwelik word ook gesien as 'n liggaam waarvan die man en vrou wat getroud is, die lede van daardie liggaam is. Weergeborenes se liggame word terloops soos tempels gesien omdat hulle die Heilige Gees het, nl. hulle behoort aan die Here (is "slawe van Christus"/1 Kor. 7:22 - Hy het hulle gekoop) - op ditto wyse behoort 'n huwelikpaar aan daardie "liggaam" en hulle kan dus soos slawe van daardie liggaam gesien word. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 02 Augustus 2020

Bybelstudie: DIE BEGRIP "SALIGHEID" (oorsig)

In hierdie bybelstudie vb word nie gekyk na "hoekom" die mens saligheid nodig het of  "hoe" hy saligheid verkry nie, maar dit is bedoel om te kyk waarna die begrip of woord "SALIGHEID" verwys.
- Vir 'n bybelstudie oor HOE iemand saligheid verkry, gaan na:
- Vir 'n bybelstudie oor HOEKOM die mens saligheid nodig het, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html

Die Bybelstudie stensil word as riglyn gebruik... Siende hierdie bedoel is vir gebruik in Bybelstudie, is nie alle paragrawe hieronder opgesom nie - die bedoeling is dat onderstaande as riglyn gebruik kan word (en daar is natuurlik meer ingligting in die Skrif oor hierdie onderwerp as slegs dit wat hieronder gegee is).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1)  DIE ALGEMENE SIENING VAN waarna "SALIGHEID" verwys:
Hoe sien mense in die algemeen "wat is saligheid", of wat is hulle begrip van die woord "saligheid" en wat dit beteken?

(hierdie vraag kan in die groepsbybelstudie behandel word as 'n inleiding, en kan miskien beperk word tot spesifiek "Christene" se siening hieroor - bv. "dat saligheid iets is wat sekere mense ontvang, en a.g.daarvan het hulle die ewige lewe" -  so iets...)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  KORREKTE BETEKENIS BEPAAL:

(A)  DIE BETEKENIS VD WOORD OF TEMA:
Wat beteken die woord "saligheid"? 
Die woord SALIGHEID is die Griekse woord: (so-tay-ree'-ah), wat beteken:
- red van, gesondheid, redding, red, om te red.

In die AOV word die woord "heil" gebruik vir "saligheid" in die O.T. (m.a.w., die woord "saligheid" word nie as "saligheid" vertaal in die AOV nie, maar word daar veral vertaal as "HEIL").
Die woord HEIL is die Hebreeuse woord (yesh-oo'-aw), wat beteken:
- redding, gesondheid, hulp, red, gered, welsyn (e.a.: veiligheid, oorwinning).

(B)  KORREKTE BETEKENIS VD WOORD (saligheid) BEPAAL UIT KONTEKS VAN VOORBEELDE UIT DIE SKRIF: 
M.a.w., wat kan ons leer uit voorbeelde uit die skrif van wat die woord saligheid beteken?
Die volk het gewag op hierdie heil (saligheid) en die profete het hieroor geprofeteer... (1 Pet. 1:10) - bv. ook oor dinge wat rondom hierdie tyd van saligheid sal gebeur (bv. hoe die Christus sou ly en hoe die heerlikheid daarna sou kom...)(1Pe 1:11,12; Jes. 53:1-10).  "Saligheid" is dus nie net 'n N.T. begrip asof deur Christene uitgedink nie, maar was in der waarheid iets waarop die volk van God vir al die eeue gewag het.

Redding van vyande en land herstel:
Die begrip saligheid verwys o.a. ook na die tyd wanneer God Sy volk sal RED uit die hand van hulle vyande (en die land herstel).  Daarom is die tyd wanneer die Messias sou kom ook gesien as 'n tyd van SALIGHEID. "Tyd van saligheid" word o.a. ook gesien soos 'n tyd van "wedergeboorte" (Matt. 19:28), wanneer alles nuut gemaak word en die God vd hemel 'n koninkryk op aarde verwek wat in ewigheid sal bestaan (Dan. 2:44), en dit sal begin met 'n 1000-jaar tydperk wanneer Jesus Christus Sy plek op die troon inneem en oor die hele aarde regeer...  (Openb. 20:4-7)(ander dinge wat ook rondom hierdie tyd gebeur is bv. "die opstanding", en die Messias sal die volk versamel en 'n tempel laat bou...).
- (Dan. 2:44) - die God vd hemel sal 'n koninkryk op aarde verwek wat in ewigheid sal bestaan (Openb. 19:11-16).
- (Mat 19:28) - En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.
- (Hag. 2:7) - God sal Sy volk en land seën (Jes. 2:3).
- (Sag. 6:12) - profesieë vd koms vd Messias en hoe Hy die tempel vd Here sal bou.
- (Est_10:3)  Jood Mórdegai het die heil van sy volk gesoek...
- (Psa_98:2) - Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
- (Psa_98:3) - Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.
- (Jes. 49:8) - So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, OM DIE LAND WEER OP TE RIG, OM VERWOESTE ERFENISSE TE LAAT BeëRWE;
- (Jes. 49:6) -...Christus GEMAAK TOT 'N LIG VD NASIES, om die heil te wees tot aan die einde van die aarde.

In die N.T. verduidelik die dissipels waarna hierdie saligheid verwys (neem kennis dat Jesus se dissipels mense was wat terloops deel was vd volk wat op die Messias gewag het en bekend was met dele vd O.T. profesiee).  Wat is dit wat hulle van "saligheid" verstaan het?
-  die wat saligheid kry, SAL NIE ONDER DIE TOORN VAL NIE (1 Thess. 5:8,9)(en natuurlik verwys dit nie net na redding vd liggaam bv. opstanding nie, maar verwys ook na redding vd tweede dood)(dus ook redding vd "tweede dood" of oordeel vd hel - dus, die wat nie saligheid verkry nie is bestem tot die toorn! - saligheid verwys dus hier na "om gered te word vd toorn", en hierdie "toorn" verwys na die oordeel vd hel of "ewige oordeel").;
-  saligheid / REDDING VD SIEL (1 Pet. 1:9);
-  hierdie saligheid verwys na 'n EWIGE saligheid (hulle sal vir altyd gered wees)(Hebr. 5:9).

Wat kan ons verder leer oor saligheid deur dit wat in die eerste gemeentes verkondig is?
-  1 Thess. 5:9 -  hierdie "saligheid" is die teenoorgestelde van "toorn", en is iets wat verkry word deur Jesus Christus - daar word dus 2 groepe mense verwys, of die wat onder die toorn gaan val (m.a.w. "natuurlike mense"), of die wat deur Jesus Christus gered word (m.a.w. "geestelike mense").

Kom ons kyk na skrifte waar die woord "heil" in die betrokke skrif as "red" verduidelik word:
-  1Ch_16:35  en sê: Verlos ons, God van ons HEIL, en versamel ons en RED ONS van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
-  Psa_51:14  (51:16) RED MY van bloedskuld, o God, GOD VAN MY HEIL! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
-  Psa_79:9  Help ons, o God van ons HEIL, om die eer van u Naam, en RED ONS en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.
In hierdie skrifte gaan "heil" oor 
- REDDING UIT DIE HAND VAN VYANDE
- REDDING VAN BLOEDSKULD, en 
- REDDING verkry DEUR VERSOENING VAN SONDES.

Dinge wat rondom saligheid verkondig is TYDENS EVANGELIEPREDIKING - (Hand. 2:14-41; 3:12-28; 4:8-20; 5:29-32,42; 8:28-40 ens.):
- dat die Messias sou ly (sodat ons saligheid kan ontvang);
- dat Christus die mag het om sondes te vergewe, en dat die Gees uitgestort sou word (water en Gees nodig vir wedergeboorte - Jesus kan sondes afwas-Luk. 1:77, Hebr. 5:9, en Hy gee die Heilige Gees aan die wat in Hom glo)(dus redding van die sondige natuur waaronder gebore);
- dat Christus uit die dood sou opstaan (dood oorwin en sleutels van doderyk kry - en sal die wat in Hom sterf eendag opwek tot lewe, en die dan nog in die lewe wanneer Hy terugkom, ook vernuwe liggame gee;  -dus, REDDING van die dood);
- dat Jesus Christus die Messias is waarop hulle gewag het (wie die saligheid sou bewerk en die enigste Naam in wie saligheid is).
- komende koninkryk verkondig (die wat saligheid verkry sal die koninkryk beerwe)...
Dus, Jesus se lyding was 'n belangrike gebeurtenis sodat ons GERED kan word. Jesus Christus het die mag om sondes te vergewe - het dus die mag om ons te RED VAN SONDE.  Om redding vd siel te ontvang is wedergeboorte nodig, en dus is die ontvang vd Gees belangrik ("water en Gees" nodig vir wedergeboorte).  Jesus gee die Heilige Gees aan elkeen wat in Hom glo.  Ons sien dus hier die belangrikheid van om in Jesus te glo (vir vergifnis van sondes en die ontvang vd Gees) sodat ons REDDING kan ontvang.  Daar is dus redding in Hom! Die dissipels het ook baie bewyse gelewer dat Jesus inderdaad die Messias was waarop hulle gewag het, en het bv. Sy komende koninkryk verkondig wat gesien word as 'n tyd van HEIL. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  ALLEDAAGSE VOORBEELDE WAT GEBRUIK KAN WORD OM DIE WOORD TE VERDUIDELIK:
Neem die 2de paragraaf in aanmerking en gebruik alledaagse stories, vergelykings ens. om die woord "saligheid" op 'n maklike manier te verduidelik.

(die bybelstudie leier kan aan 'n alledaagse storie of vgl. dink - dink dus aan 'n maklike vb. om die woord "saligheid" te verduidelik, in ag geneem dit beteken "redding").

Bv.:
-  As saligheid verwys na REDDING, waarvan het die mens "redding" nodig? 
Dink aan voorbeelde soos redding van vyande of redding van slaafskap ens. Watter vyand is dit waarvan die mens gered moet word?, of waarvan is hy 'n slaaf waarvan hy redding nodig het?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) LYS VAN SKRIFTE EN SKRIFGEDEELTES OOR DIE BETROKKE WOORD:
Kyk na die woorde "saligheid" en "heil"...
(hierdie lys is gerieflik vir voorbereiding vir bybelstudie, sodat die leier tydens die bybelstudie verse op bystand het vir oplees of om vrae te beantwoord)
Luk_1:77  Jesus het die kennis van saligheid gegee
Joh_4:22  saligheid is uit die Jode
Act_4:12  saligheid net deur een Persoon, nl. Jesus Christus
Rom_11:11 saligheid bedoel vir almal (evangelie van vrede)
Rom_13:11  saligheid naby - moet dus aandag gee aan die pad van godsaligheid
1Th_5:8  i.p.v. toorn sal die wat nugter is, saligheid ontvang - het hoop op saligheid in Christus Jesus
1Th_5:9  ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
2Th_2:13  sommige van die begin af verkies tot saligheid
2Ti_3:15  die heilige Skrifte gee die kennis dat die saligheid kom deur die geloof in Christus Jesus.
Heb_1:14 die engele is dienende geeste ter wille van die wat die saligheid beërwe
Heb_2:3  kan nie ontvlug as ons die saligheid verontagsaam nie
Heb_2:10  deur Sy lyding het Jesus die saligheid bewerk
Heb_5:9  almal wat vir Jesus Christus gehoorsaam, het ewige saligheid in Hom
Heb_6:9  moet die vrug dra wat by die saligheid pas
Heb_9:28  Christus sal weer terugkom aan die wat Hom verwag tot saligheid.
1Pe_1:5  deur geloof word die saligheid (in hierdie geval ons erfenis) vir ons bewaar
1Pe_1:9  die einddoel van ons geloof is die saligheid vd siel
1Pe_1:10  profete het oor hierdie saligheid geprofeteer
2Pe_3:15 die lankmoedigheid van onse Here (van Sy koms) moet as saligheid gesien word
Jud_1:3  Christene deel in 'n gemeenskaplike saligheid.
Luk_1:69  Sagaria het profeteer dat Jesus die horing van HEIL (saligheid) is
Luk_2:30  die man Símeon, gelei deur die Heilige Gees, bevestig dat Jesus die HEIL is (saligheid in Hom)
Luk_3:6  Johannes die doper getuig van die heil (saligheid)
Act_28:28  die heil (saligheid) van God aan die heidene gestuur
2Co_6:2  Paulus verklaar dat dit die tyd van heil (saligheid) is
Php_1:19  Lyding ter wille van Christus sal tot heil (saligheid) strek
Php_2:12  werk eie heil (saligheid) uit met vrees en bewing (pad van godsaligheid)

Exo_15:2  Die HERE ons HEIL
Deu_32:15  God die steenrots van sy heil
2Sa_22:3  God die horing van my heil (Luk. 1:69; Ps. 18:47)
2Sa_22:47  Die HERE die rots van my heil!
2Sa_23:5  ewige verbond daargestel wat in alles gereël en verseker is - sal heil laat uitsprei
1Ch_16:23  Verkondig die Here se heil van dag tot dag.
1Ch_16:35  ...God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies
Job_13:16  tot heil  goddelose nie voor aangesig kom nie
Psa_3:8  (3:9) Die heil behoort aan die HERE - seën oor volk
Psa_35:3  heil - die Here se hulp teen vyande (Jes. 60:18)
Psa_50:23  Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
Psa_51:14  (51:16) heil - red van bloedskuld
Psa_67:2  (67:3) heil - almal op aarde ken Sy heil
Psa_85:9  (85:10) sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
Psa_91:16  heil - lengte van dae
Psa_118:25  heil - voorspoed
Psa_119:155  heil nie bedoel vir die goddelose nie
Psa_146:3  geen heil in mense nie
Psa_149:4  heil - vir ootmoediges
Isa_49:8  in die dag van heil help Hy - om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
Isa_51:6  Sy heil vir ewig
Isa_56:1  heil naby , en geregtigheid naby om geopenbaar te word.
Isa_61:10 klere van heil,
Isa_62:1  heil - redding van volk en stad (v.11)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  MOONTLIKE VRAE WAT GEVRA KAN WORD:
In groepsbybelstudie is daar gewoonlik allerhande vrae rondom 'n onderwerp. bv. dinge waaroor iemand wonder of wat hy nie verstaan oor die onderwerp nie.

(as daar tyd is kan geleentheid gegun word vir vrae rondom die onderwerp - of daardie vrae kan op 'n volgende bybelstudie behandel word...)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  URLS/POSTE/BOEKE OOR DIE ONDERWERP:
Maak 'n lys van opleesbronne of interessante inligting rakende die begrip of woord.

(kies sorgvuldig goeie naslaanwerke oor die onderwerp en wees gereed om dit uit te deel in die groep)
(of video's kan miskien gebruik word en tydens bybelstudie gespeel word om opvattings te bestudeer ens.)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7)  VERKEERDE OPVATTINGS EN/OF VERDRAAIDE OF VALSE LEERSTELLINGS:
Watter verkeerde opvattings en/of verdraaide of valse leerstellings doen die rondte rakende die begrip "saligheid"?

As daar tyd is kan daar geleentheid gegun word om verdraaide opvattings te bespreek - of 'n video kan gespeel word waarin 'n valse leerstelling is - of iets wat Christene oor die algemeen glo maar nie noodwendig skriftuurlik is nie, kan bespreek word.

Hier is 'n paar voorbeelde:
- 'n Opvatting waar saligheid ALLEENLIK gesien word as redding vd volk uit die hand van hulle vyande en hulle hul miskien besig hou met "dooie werke" (- Redding gaan nie net oor die tyd van redding wanneer die Messias (terug)kom nie, maar dit gaan ook oor redding vd liggaam en redding vd siel).
- Waar mense wel glo dat die saligheid deur die Messias kom, maar steeds wag op die Messias en nie glo dat Jesus die Christus is nie, en a.g.hiervan is hulle oop om 'n valse messias aan te neem  (- Bv. verwysend na die wat behoort aan die volk van God maar weier om die tekens te aanvaar wat bewys dat Jesus die Christus is - a.g.daarvan wag hulle steeds op 'n Messias.  Of bv. die wat iemand anders sien as die Messias - dus glo in 'n valse messias. Die saligheid, altans "redding", kan slegs verkry word deur Jesus Christus. Die saligheid is in geen ander naam te kry nie!).
- Waar saligheid vd liggaam en siel gesien word as slegs iets waarin iemand glo en geen werke nodig is nie (-Baie Christene hanteer die begrip saligheid vandag soos wensdenkery, bv. "glo" dat daar geen werke vd persoon wat saligheid wil he verwag word nie - glo bv. dat bekering nie nodig is nie en saligheid ontvang kan word deur slegs 'n belydenis van woorde... Hierdie is 'n valse leerstelling en beslis nie iets wat in die eerste kerke geleer is nie - in beide Johannes die doper se geval asook Jesus self, het hulle prediking begin deur mense op te roep tot bekering.  Geloof sonder werke is dood.  Net soos die wat tot geloof kom 'n besluit moet maak om die Here te dien, net so is "werke" 'n bewys van geloof i.g.v. die een wat 'n kind van God is. Ja, werke kan nie iemand red nie, maar werke is 'n bewys dat iemand glo..).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8) TOEPASSING VD WOORD OF TEMA - OPSOMMING:
Hoe kan die woord saligheid opgesom word - m.a.w., waarna verwys dit? 
(kyk gerus na nog skrifte, en neem bg. studie in ag om tot hierdie slotsom te kom)

Saligheid verwys na:
- (1) saligheid vd siel (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)("siel" hier verwysend na die innerlike mens)(reiniging vd gewete-Hebr. 9:14);
- (2) saligheid vd liggaam ("liggaam" hier verwysend na die uiterlike mens)(reininging van vlees)(Hebr. 9:13; 10:22);
- (3) saligheid of redding vd volk op aarde (verwysend na die wat ingaan in die koninkryk van God)(Luk. 1:71; Dan. 2:44; Hag. 2:7; Sag. 6:12; Ps. 98:3; Jes. 49:6,8; 1 Kron. 16:35).

Fil. 1:19  LYDING TER WILLE VAN CHRISTUS sal tot heil (saligheid) strek
Fil. 2:12  WERK EIE HEIL (saligheid) UIT met vrees en bewing (pad van godsaligheid) (2 Kor. 7:10; Luk. 19:9)
(Rom 10:9,10)  As jy met MET JOU MOND DIE HERE JESUS BELY en MET JOU HART GLO DAT GOD HOM UIT DIE DODE OPGEWEK HET, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Die saligheid is slegs beskikbaar in Jesus Christus:
-  die volk het hierdie saligheid verwag - en Johannes die doper het die kennis daaroor gebring en getuig van die Messias en wie Hy is! (Luk. 1:77; Joh. 1:29,36)(kyk ook na die "evangelie van vrede" - Rom. 11:11; Hand. 28:28);
-  is 'n EWIGE saligheid (Hebr. 5:9);
-  die IS UIT DIE JODE (Joh. 4:22);  Jesus gebore uit hierdie geslag - almal wat in Hom glo word deur Hom gewas en ontvang die Gees, en word dus weergebore, asof "gebore uit God" (gebore uit hierdie geslag)(geestelik van aard, vd innerlike mens)("gebore uit Hom");
-  SALIGHEID kan deur niemand anders en geen ander naam KOM nie, behalwe DEUR JESUS CHRISTUS (Hand. 4:12); Jesus, die "horing van heil" (Luk. 1:69; Luk. 2:30; Luk. 3:6); die evangelie van Jesus 'n bewys van redding (Fil. 1:27,28; Ef. 1:13; Hand. 13:47);
-  saligheid kom deur GELOOF in JESUS CHRISTUS (2 Tim. 3:15; 1 Pet. 1:5,9)(Judas 1:3 - Christene gemeenskaplike saligheid) - vir die wat Hom gehoorsaam (Hebr. 5:9);
-  deur Sy lyding het Jesus hierdie saligheid bewerk (Hebr. 2:10)
-  wanneer Christus terugkom, sal die saligheid (vir die wat in Hom glo) voltrek word (Hebr. 9:28; Jes. 38:17).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9) HOE KAN HIERDIE WOORD KORTLIKS OPGESOM WORD?
Bv. "wiki" - hoe sou jy hierdie woord KORTLIKS opsom bv. vir 'n woordeboek? (laat almal opdeel in klein groepe en 'n definisie bymekaarsit:

Bv.
Die woord saligheid beteken REDDING; (1) bv. redding vd liggaam, (2) redding vd siel, of (3) redding van alledaagse nood (bv. gesondheid - redding van siekte)(of hulp, welsyn en oorwinning - redding uit die hand van vyande of redding van tekorte).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------