Maandag 06 April 2020

Die nuwe mens - deel 2 (die Christelike kerk)

Vir die eerste deel oor hierdie tema "Die nuwe mens", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/03/die-nuwe-mens-deel-1-die-wedergeborene.html
_________________________________________________________________________________
Die begrip "nuwe mens" in die Skrif word nie net gebruik van 'n persoon wat nuut geword het, of meer presies "hom beklee het met die nuwe mens" nie (Ef. 4:24; Kol. 3:10), maar word ook gebruik van 'n entiteit soos die Christelike kerk (Ef. 2:11-15). In hierdie pos word gekyk na 
Die Christelike kerk as NUWE MENS.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die voorstelling van die Christelike kerk as 'n "nuwe MENS":

Die Christelike kerk word as 'n nuwe mens voorgestel en veral gebruik in konteks met waar Jood (besnedenes) en heiden (vroeër onbesnedenes) een word/is in Christus
(Ef. 2:11)  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
(Ef. 2:12)  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
(Ef. 2:13)  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
(Ef. 2:14)  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
-(Ef. 2:15)  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
(Ef. 2:16)  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

As die volk Israel soos 'n MENS voorgestel kan word, dan kan die Christelike kerk miskien voorgestel word soos "daardie mens maar wat "weergebore" is"...  'n Mens bestaan uit liggaam, siel en gees, dus sal die liggaam siel en gees (van hierdie "nuwe mens")(asof weergebore) anders daarna uitsien as die vorige "mens". Om die Christelike kerk dus as nuwe mens te verstaan, moet ons gaan kyk na hoe die liggaam siel en gees van hierdie "nuwe mens" lyk, en kan dit ook vgl. met die "ou mens" as ons meer wil verstaan wat presies vernuwe is.  Bv.:
- die "ou liggaam" het bestaan uit die Joodse volk (kinders van Abraham, gebore uit sy saad - waarvan die besnydenis 'n teken was van wie aan hierdie volk behoort het), maar die "nuwe liggaam" bestaan uit almal wat in Christus Jesus glo (gebore uit Sy saad, deur die Heilige Gees - die wie se harte besny is, en die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan)
- Wat "gees" aanbetref het die "ou mens" die Heilige Gees in hulle midde gehad (die Here was by hulle teenwoordig d.m.v. die tabernakel of tempel en het hulle gelei deur priesters en profete en konings in wie die Heilige Gees was), maar in geval vd "nuwe mens" het elkeen wat aan hierdie "nuwe liggaam" behoort, die (asem vd) Heilige Gees ontvang (en is elkeen self soos 'n tempel en die Here is by hulle teenwoordig deur Sy Gees, en die Heilige Gees lei en leer hulle)
- Wat die siel aanbetref het die "ou mens" vergifnis en die belofte van lewe gehad deur bloed- en lamsoffers wat met hande verrig was en die belofte van eendag aanneming tot kinders gekoppel aan die koms vd beloofde Messias - hulle het ook die wet van Moses gehad;   maar die "nuwe mens" het vergifnis en die belofte van lewe deur die bloedoffer van Christus wie se eie Liggaam gebreek is en deur Hom belofte van aanneming tot kinders (en die Christelike doop asook die nagmaal is tekens hiervan..);  en die nuwe mens se hart is vernuwe en daarom dink en sien soos die Here want elkeen wat aan hierdie mens behoort, het die Heilige Gees - is nie gehoorsaam aan die wet van Moses nie, maar aan die Heilige Gees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE CHRISTELIKE KERK SOOS 'N LIGGAAM GESIEN:

Ook genoem, "die liggaam van Christus"" (figuurlik):
Die nuwe mens verwys na die wat aan die Christelike kerk behoort, meer presies word hulle genoem "die liggaam van Christus" - wat daarna verwys dat Hy die hoof is van hierdie "liggaam" asook dat hulle LEWE het in Hom!;  m.a.w., lewe deur Sy asem nl. die Heilige Gees, en deur Sy liggaam nl. dat hulle Sy familie word (van Sy vlees en bene), en deur Sy siel nl. dat hulle vergifnis en belofte van lewe ontvang (deur Sy bloed). 

Elkeen wat deel is vd liggaam van Christus word gesien as die wat hulle beklee het met Christus - hulle is dus familie van Hom en het die "klere van heil" - verwysend na die wat eendag gaan erf... 

Anders gestel:
Die "LIGGAAM van Christus" (die Christelike kerk) word soos 'n MENS voorgestel, en verwys dus na:
- liggaam (vgl. dit met die uiterlike liggaam wat verwys na "vlees, familie, werke, voedsel, klere" ens.)(wat die liggaam vd Christelike kerk aanbetref, is die liggaam vernuwe; wat VLEES en FAMILIE aanbetref is die volk van weergeborenes familie van Jesus Christus, "van Sy vlees en bene" en is dus 'n volk wat onverganklik is want hulle is gebore uit Sy saad;  wat WERKE aanbetref, doen hulle Sy werke;  wat KOS en water aanbetref, neem hulle die regte soort geestelike voedsel en water in wat hulle aan die lewe hou;  wat KLERE aanbetref, is hulle skaamtes is bedek... ens.). 
- siel (vgl. met die uiterlike siel nl. bloed, hart / organe ens.)(wat die siel vd Christelike kerk aanbetref, het hulle hul lewe in die BLOED van Christus Jesus;  wat die HART aanbetref, is hulle harte vernuwe / harte besny; die lede vd liggaam vd Christelike kerk werk saam soos die lede en organe in 'n uiterlike liggaam saamwerk, en die rede hiervoor is die bloed en hart); en 
- gees (vgl. met uiterlike asem waarsonder niemand kan lewe nie)(wat die gees vd Christelike kerk aanbetref, is die liggaam van Christus 'n "lewende wese" d.m.v. die asem vd Heilige Gees;  elke wedergeborene het die Heilige Gees en lewe a.g.v. hierdie asem, en is soos 'n tempel - die Here is by hulle teenwoordig deur Sy Gees; die Gees gee gawes en bedieninge aan hierdie verskillende lede vd liggaam, en lei en leer hulle...).

Die wat deel is van "die liggaam van Christus", is soos lede van Sy liggaam en hulle het 'n siel en gees:
- lede van Sy liggaam (want hulle is gebore uit Sy Saad - en soos "kinders van Hom"- "van Sy vlees en van Sy bene" Ef. 5:30 -  en is dus onverganklik en wil nie meer sondig nie want hulle het nou 'n ander Vader;  en bly in die lewe omdat hulle die regte kos en water kry, en hulle is bekleed - hulle sondes is bedek en hulle is kinders vd erfenis);
- lewe deur Sy siel (lewe deur Sy bloed en Sy liggaam - hulle het vergifnis gekry deur Sy offer en hulle harte is besny - nuwe hart), en 
- lewe deur Sy Gees (lewe deur die asem vd Heilige Gees).  Dit is dan inderdaad wat die nagmaal ook voorstel, Sy liggaam en Sy bloed...(Joh. 6:54) sodat ons deur Hom kan LEWE! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog notas op hierdie onderwerp en miskien net 'n ander manier om hierdie te verduidelik, maar met die klem op funksie vd Christelike kerk:

Die NUWE MENS (die Christelike kerk)(die "liggaam van Christus") se liggaam, siel en gees:
-LIGGAAM:  Dit verwys na die Christelike kerk - die wat in Jesus Christus glo behoort aan Sy LIGGAAM.  Jy kan nie deel word van hierdie liggaam as jy nie die ou liggaam (met sy sondes) aflê nie...(dus, "nuwe mens").  Saam vorm gelowiges die "LIGGAAM van Christus" (figuurlik), en afsonderlik is hulle LEDE VAN hierdie LIGGAAM (letterlik)(1 Kor. 14), deur Sy Gees, en die Heilige Gees verander hulle siele figuurlik (harte) sodat hulle vrug dra tot ewige lewe, en werk deur hulle verskillende gawes en bedieninge (werke - "werke vd geloof").  Christene is ook figuurlik FAMILIE van mekaar en deel in dieselfde bloed.

WATER nodig om te reinig (Eseg. 36:25 - "Dan sal Ek skoon WATER op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle REINIG").

BROOD:  Die brood wat deel vorm vd nagmaal wys op Jesus se liggaam, wat Hy vir ons gee en vir ons gebreek is...  (Luk. 22:19; Matt. 26:26; 1 Kor. 11:24). Deur die seremonie vd breking vd brood het ons GEMEENSKAP MET DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS (nie net deel vd Christelike kerk nie, maar ook "van Sy vlees en bene...")- die een brood wat verdeel word wys op die feit dat almal deel het aan die een brood (deel het aan die liggaam van Christus)(1 Kor. 10:16,17).  Dit is om hierdie rede waarom die wat die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, skuldig word aan die liggaam (en bloed) van die Here (1 Kor. 11:27,28)(want hulle deel dieselfde brood of "liggaam").
------------------------------------------
- SIEL:  Verwys na Sy bloed.  Die lewe is in Sy BLOED (letterlik)- gelowiges is deel van Sy SIEL (lewe in siel, in Sy bloed) - asof hulle deel in dieselfde bloed! - hulle word deel van Sy siel en kan dus nie doodgaan (figuurlik bedoel)(tweede dood) nie. Deur die asem vd Heilige Gees verander Hy gelowiges tot " 'n lewende SIEL" (net soos wat die asem van God 'n mens verander in 'n lewende siel), en net soos die siel verbind is aan die bloed, net so is die siel van die gelowiges verbind aan die bloed van Christus;  altans, hulle lewe is in Sy bloed!  Bv., wanneer iemand sonde pleeg teen sy eie liggaam (bv. "hoereer") veroorsaak dit bloedskuld... - iets soortgelyk gebeur wanneer iemand sondig teen die liggaam van Christus (m.a.w., sondig teen die wat deel is vd liggaam van Christus). Enige sonde wat bloedskuld veroorsaak, wat 'n Christen pleeg teen 'n ander Christen, kan steeds bloedskuld veroorsaak!, maar nou omdat jy deel is van die liggaam van Christus, is hierdie bloedskuld teen Sy bloed! (wat jou lewe is in Sy bloed, en bloedskuld kan slegs met eie bloed betaal word...) - m.a.w., so iemand word nou skuldig aan die bloed van Christus (want almal wat behoort aan die liggaam van Christus, deel van die lewe in Sy bloed). So iemand sondig dus teen sy eie GEESTELIKE liggaam (soos wanneer iemand wat hoereer sondig teen sy eie liggaam), en word skuldig aan die bloed waardeur hy lewe.  Daarom moet elkeen wat aan hierdie liggaam behoort, seker maak dat hulle siele reg is voor hulle nagmaal gebruik... (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html), want die wat sondig teen die liggaam (van Christus), kan met bloedskuld opeindig (...dan skuldig aan die bloed van Christus).
Die siel verwys ook na die hart.  Die wat deel is vd liggaam van Christus, is in HART EN SIEL "een" soos een hart;  soos een siel (figuurlik)(wil, intellek, emosies)(dink eenders, doen die wil vd Here, waarheid, begeerte na Hom ens.)(Fil. 1:27).  Christene vorm saam 'n "lewende siel".  Deur Sy Gees formeer Hy 'n nuwe hart in elkeen wat glo, se binneste (Eseg. 36:26). Die wat die Heilige Gees het, en hulle deur die Gees laat lei, "dink en sien en wil en begeer eenders".
-------------------------------------------
- GEES: verwys na die Heilige Gees. Christene word weergebore deur die ASEM (letterlik) van Sy Gees, gebore uit Sy saad (soos om 'n "lewende siel" te word). Hulle lewe deur Sy GEES - net soos wat die mens se liggaam lewe wanneer God asem in hom inblaas, so lewe die "gemeente van Jesus Christus" wanneer Hy lewe deur die Heilige Gees "inblaas". Elkeen van hulle word gedoop in die liggaam van Christus in sodat hulle vir Hom kan LEWE (2 Kor. 3:6)(daarom is hulle nie gehoorsaam aan die wet van Moses nie, maar gehoorsaam aan die Heilige Gees). Hy formeer 'n nuwe GEES (figuurlik-verwys na die innerlike mens) in hulle binneste (Eseg. 36:26), maar deur die Gees is hulle ook deel vd Christene in geheel as 'n "liggaam", en die Heilige Gees laat hulle soos 'n liggaam met verskillende lede funksioneer (1 Kor. 14), en gee aan elkeen werke, bedieninge, gawes, ens.

DIE CHRISTELIKE DOOP STEL BAIE VAN HIERDIE VOOR, BV. vergewing van sondes (bloed en liggaamsoffer/skoonwas), en dood en opstanding (wat nie net verwys na die vernuwing vd innerlike en nuwe lewe van elke lid nie, maar ook op die toekomstige opstanding wanneer die uiterlike vernuwe word)(ontvang die asem vd Heilige Gees waardeur hulle lewe en nuwe hart en stel liggaam soos slaaf vir Christus).
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:

In die Skrif verwys die begrip NUWE MENS dus nie net
- na wedergebore mense (wat hulle met die nuwe mens beklee het, of hulle daagliks met die nuwe mens moet beklee) nie, maar ook na
- die Christelike kerk in geheel (Christene as 'n groep waarvan Jesus Christus die hoof is) en word voorgestel soos 'n nuwe mens (Israel + heiden een in Christus)("liggaam, siel en gees").

Geen opmerkings nie: