Saterdag 21 September 2013

Die Christelike Doop

 In hierdie blogpost gaan ons spesifiek kyk na die betekenis van die Christelike doop.  In die eerste gemeentes het die dissipels na hierdie doop verwys as die "doop in Christus Jesus". Die lering van die doop was deel van die basiese leerstellings in die eerste kerke, en ook saam met die evangelie gepreek. 
(1) IS DOOP 'N VOORWAARDE OM GERED TE WORD ?
(2) WAT IS DIE DOEL VAN DIE DOOP ?
(3) WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN JOHANNES SE DOOP, EN DIE DOOP IN JESUS CHRISTUS ?
(4) IS DOOP 'N VOORVEREISTE OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG ?
(5) VOORBEELDE VAN CHRISTELIKE DOOP IN DIE SKRIF.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".
(Mat 28:19)  
---------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
(ROL AF VIR SKRIFTE EN OPSOMMINGS)


*  Iemand word eers 'n dissipel van Jesus Christus, dan word hy gedoop (in Jesus Christus - "hy word begrawe saam met Jesus Christus deur die doop in die dood", sodat hy ook kan opstaan in 'n nuwe lewe)
(in die Naam van die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees - deur die outoriteit en wil v/d Vader, Seun en Heilige Gees)(Rom. 6:4; Matt. 28:19). Die voorwaardes vir die Christelike doop, is "bekering" en "geloof" - en dit geld nie net vir enkelinge nie, maar ook waar die hele huisgesin glo, kan hulle as huisgesin gedoop word - Han. 16:14,15; 18:8.
*  As ons in Christus gedoop is, het ons ons met Christus beklee - dan WORD ons GESIEN AS DEEL VAN DIE NAGESLAG VAN ABRAHAM EN IS DAN VOLGENS DIE BELOFTE, ERFGENAME! (Gal. 3:24-29)(EVANGELIE VAN VREDE)

*
- Wat is die doel van die doop:
(1)  dit wys op vergewing van sondes (die Here Jesus Christus het mag om sondes te vergewe - Matt. 9:6; Mark. 2:10; Luk. 5:24)(nadat iemand tot bekering gekom het, kan hy vergifnis van sondes ontvang deur Jesus Christus - die doop is 'n teken hiervan), en
(2) en (3): simboliseer die dood en opstanding soos Christus gesterf het, word ons begrawe saam met Hom in Sy dood (wil nie meer die sonde dien nie), en soos Christus opgestaan het uit die dood, staan ons op in 'n nuwe lewe (wil Hom dien)(geloof) (nuwe lewe verwys nie net na die Christen nou op die pad van godsaligheid nie, maar ook na hoe die Here Jesus Christus ons in die laaste dag gaan opwek, en ons die opstanding tot die lewe gaan gee)
(2)  dit wys op die "opstanding tot lewe" (die ewige lewe wat Hy vir Sy kinders belowe het; verheerlikte liggame, om in te gaan in Sy fisiese koninkryk en vir altyd by Hom te wees - die doop is 'n teken hiervan) 
(3)  dit wys op 'n nuwe lewe, afgesonder vir die Here en nie meer diensbaar aan die sonde nie, maar diensbaar aan die Here (heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe; pad van godsaligheid; vrug dra; wil van die Here soek/doen; geestelike groei... )(rol af na punt 2)

*  As ons sou reken dat die doop in Christus Jesus nie 'n voorwaarde is om gered te word nie, en daarom nie nodig om gedoen te word nie, is ons verkeerd, want gehoorsaamheid aan die Here Jesus Christus is deel van bekering en geloof!  Christus self het ons die opdrag gegee! (Mark. 16:15)  Die leer van die doop was altyd deel van die basiese  "prediking aangaande Christus", die fondament wat gele is in die eerste gemeentes: (wat behels het: bekering uit dooie werke,   geloof in God, die leer van die doop , handoplegging en van  die opstanding van die dode,  en van die  ewige oordeel (Hebr. 6:1,2))(rol af na punt 1)

* Wat is die verskil tussen DIE DOOP VAN JOHANNES, en DIE DOOP IN JESUS CHRISTUS?
- DIE DOOP VAN JOHANNES, WAS SPESIFIEK "'N DOOP VAN BEKERING" - HET GEWYS OP "VERGIFNIS VAN SONDES".   Om 'n kind van die koninkryk te word, moet iemand ten eerste BEKEERD wees.  Die doop van Johannes was 'n bewys van hierdie bekering. (DEEL VAN DIE EVANGELIE V/D KONINKRYK) 
- DIE CHRISTELIKE DOOP   VERWYS NIE NET NA VERGIFNIS VAN SONDES NIE (wat bekering nodig het), MAAR OOK NA GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS: DAT HY DIE ENIGSTE SALIGMAKER IS, en DIE EEN WAT ONS DIE OPSTANDING TOT DIE LEWE GEE; HY IS DIE EEN WAT VIR ONS SONDE GESTERF HET - ONS VERGIFNIS VAN SONDES GEE; HY IS DIE EEN WAT ONS DIE HEILIGE GEES GEE -  M.A.W. DIE CHRISTELIKE DOOP IS 'N BEWYS VAN ONS BEKERING, ASOOK ONS GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS. Almal wat hulle met Christus beklee, is deel van die kinders van Abraham, en erfgename.  (VERWYS NA EVANGELIE V/D KONINKRYK en EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS en EVANGELIE VAN VREDE)(rol af na punt 3)

*  -Die Christelike Doop is nie 'n voorvereiste om die Heilige Gees te onvang nie. - Hand. 10:47,48 
-Dit beteken ook nie dat iemand outomaties die Heilige Gees gaan ontvang wanneer hy gedoop is nie!  - Hand. 8:15-17; 10:47,48) 
-In sommige gevalle ontvang iemand onmiddellik die Heilige Gees nadat hy gedoop is. - Hand. 2:38 (kyk punt 4 onder)   

*  Kerke verskil oor die manier van doop (sommige besprinkel, ander onderdompel).  Vir ons Afrikaanse woord "doop", is daar verskillende woorde in die Hebreeus en Grieks, want daar is 7 verskillende soorte "doop" in die Skrif.  Dit sou beteken dat nie oral waar ons lees van "doop", dit verwys na die Christelike doop nie, asook dat die betekenis van die woord verskil in verskillende skrifte.  Die woord wat vir Christelike doop gebruik word (wat ook slegs Nuwe Testamenties is), is die woord "bap-tid-zo" in die Grieks, wat beteken "to make whelmed (fully wet), baptize, wash" -  die manier hoe die eerste gemeentes dan ook gedoop het, was 'n manier waar hulle "baie water" nodig gehad het - Joh. 3:23. Baie kerke voel dat die belangrikheid van "hoe" die doop plaasvind, nie so belangrik is soos "dat dit plaasvind" nie. (rol af na punt 5)

==================================================

DOOP in CHRISTUS JESUS:

Die opdrag was duidelik - wanneer iemand 'n dissipel geraak het van die Here Jesus, dan moes hy gedoop word. Die dissipels het na die Chistelike doop verwys as die "doop in Jesus Christus" (alhoewel die fisiese doop gedoen is in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees - Matt. 28:19 - deur die wil en outoriteit v/d 3-eenheid), soos Petrus in Hand. 2:38 -  "...en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus ..."
 Rom. 6 -" ...almal wat in Christus Jesus gedoop is..." ens.  Hulle het dit ook so tereg genoem omdat die doop die dood en opstanding (tot lewe) simboliseer, soos Jesus gesterf het en opgestaan het uit die dode (tot lewe).
Wanneer ons praat van "opstanding tot lewe", moet ons verstaan dat wanneer iemand hulle bekeer tot die Here en glo in die Here Jesus Christus, hulle wel nuwe lewe ervaar, en hulle wel die Heilige Gees ontvang - hulle le wel die ou lewe af en waar hulle vir die sonde geleef het, leef hulle nou vir die Here (Rom. 6:3,4)(geroep om vrug te dra),  MAAR die dood is nog nie oorwin nie! (1 Kor. 15:54-58) - hulle sal eers die dood oorwin wanneer hulle in DIE OPSTANDING (met Jesus se wederkoms) nuwe liggame kry, verheerlikte, geestelike liggame kry (die ewige lewe)(die opstanding tot lewe).  Dit is die liggaam waarin Jesus opgestaan het (Rom. 6:9,10), en wat vir die gelowige dienskneg belowe word, die wat die Here dien en in Hom glo. Die Here Jesus Christus is die Een wat die OORDEEL ontvang het, wie sal besluit wie opstaan tot lewe in daardie dag, en wie nie.  Vir meer oor hierdie onderwerp, gaan na my blogpost getiteld: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1)   IS DOOP 'N VOORWAARDE OM GERED TE WORD ?    
(Mar 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.(Mar 16:16)  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Baie kerke sien die doop as 'n manier hoe iemand deel raak van die familie van Christus, en tereg, want dit is eintlik 'n bewys van iemand wat deel geraak het van die familie van Christus, alhoewel dit self nie 'n kaartjie is tot saligheid nie!  Die doop is slegs 'n teken.  Die manier hoe iemand deel raak van die familie van die Here, is deur bekering en geloof.  

Kyk bv. na die volgende voorbeelde van waar die evangelie verkondig is:
------------------------------------------
*  Hand. 2:14-41    -  Wat moes hulle doen om gered te word?
- (1) "En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word".
- (2) "Bekeer julle", 
- (3)  "en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes" - dit wys op GELOOF in die Here Jesus Christus, want die doop simboliseer die dood en opstanding tot lewe (in Hom)
-  ("Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag").
-----------------------------------------------------------------------
*  Hand. 8:26-40 -  Watter voorwaardes moes die hofdienaar nakom om gered te word?
(1)  hy moes MET SY HELE HART GLO DAT JESUS CHRISTUS DIE SEUN VAN GOD IS. (dit is duidelik dat hy alreeds tot bekering gekom het en die waarheid gesoek het!)
----------------------------------------------------------------------
*Hand. 3:12-26  -  Wat moes hulle doen om gered te word?(1)  "Kom dan tot inkeer en BEKEER julle, sodat julle sondes uitgewis kan word".
(2)  Elkeen moet hom van sy booshede bekeer.
(3)  (dit is deur) Geloof in Sy Naam (dat die persoon gesond geword het)
----------------------------------------------------------------------
*  Hand. 13:16-52  - Watter voorwaardes moes hulle nakom om gered te word?
(1) Moet IN JESUS GLO AS DIE VERLOSSER sodat hulle vergifnis van sondes kan ontvang, en die ewige lewe. (en l.w. dat die woord van verlossing gerig was aan "DIE WAT GOD VREES"! - Hand. 13:16)
----------------------------------------------------------------------
*  Hand. 14:15-   -  Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Hulle moes hulle van "die nietige dinge" BEKEER -  in hierdie geval van Afgodsaanbidding
------------------------------------------------------------------------------------ *  Hand. 17:22-34 -  Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Bekeer van afgodsaanbidding
----------------------------------------------------------------------
Dit is baie duidelik uit ook baie ander skrifte dat die voorwaardes om gered te word, spesifiek bekering en geloof is (Luk. 8:12; Hand. 15:11; 16:31; Rom. 10:9...). (Wanneer ons egter ook na die betekenis van geloof gaan kyk, sal ons sien dat geloof ook o.a. behels gehoorsaamheid aan die Here - die twee gaan dus hand-in-hand).  Jesus verklaar in Mark. 16:16  dat dit die is "wat nie glo nie", wat veroordeel sal word (nie die wat nie gedoop is nie) - tog, saam met die opdrag van om dissipels te maak, moet die wat glo, hul laat doop (en hulle sal gered word).  Om deur die Christelike doop te gaan, is self 'n bewys dat iemand in die Here Jesus Christus glo - dat hy glo dat soos Jesus opgestaan het uit die dode, Hy hulle ook eendag so gaan laat opstaan uit die dood tot lewe (Rom. 6) - behalwe dit staan die persoon alreeds op "in 'n nuwe lewe" deurdat hy homself ondergeskik stel aan die Here, die Heilige Gees ontvang, en geregtigheid ontvang;  daarom is die belofte vd Heilige Gees ook baie gepreek saam met die opdrag van om gedoop te word (maar die voorwaardes om die Heilige Gees te ontvang, is nie die doop self nie! - Hand. 2:14-41;  5:29-42; Hand. 10:47,48.  ROL AF ONDERTOE VIR MEER SKRIFTE HIEROOR).

As ons sou reken dat die doop in Christus Jesus nie 'n voorwaarde is om gered te word nie, en daarom nie nodig om gedoen te word nie, is ons verkeerd, want gehoorsaamheid aan die Here Jesus Christus is deel van bekering en geloof!  Jesus Christus self het ons die opdrag gegee (Matt. 28:19 en Mark. 16:16), en ons dien nou die Here, nie ons eie wil nie! Ook het die dissipels van die eerste gemeentes vir ons die vb. gestel van die belangrikheid van die doop - hulle was dan inderdaad gehoorsaam aan die Here. 

IN DIE EERSTE GEMEENTES was die lering van die doop, deel van die basiese prediking aangaande Christus - deel van die fondament wat gele is: -DIT HET DIE VOLGENDE BEHELS:

(Heb 6:1)  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die 
(1) bekering uit dooie werke en van die 
(2) geloof in God,

(Heb 6:2)  van die 
(3) leer van die doop en van die 
(4) handoplegging en van 
(5) die opstanding van die dode en van die 
(6) ewige oordeel.

DIE LERING VAN "DIE DOOP" IS NIE IETS WAT SOMMER OORGESIEN KAN WORD NIE - DIT IS DEEL V/D BASIESE EVANGELIE-PREDIKING.  En terwyl ons graag wil geestelik groei, is dit so jammer dat selfs die basiese prediking vandag nie is wat dit moet wees nie!  Baie kerke preek glad nie "bekering uit dooie werke" nie, ander stel weer 'n skewe beeld van geloof voor, en selfs die lering van die doop is heeltemal verdraaid!  Min kerke doen  regtig "handoplegging"; oor die "opstanding van die dode" word daar nooit eens meer gepraat nie, en iemand word skerp aangespreek wanneer hy die tema van "ewige oordeel" aanhaal.   As ons nie eens hierdie basiese dinge onder die knie kry nie, hoe wil ons geestelik groei?  Hierdie dinge was deel van basiese EVANGELIE-PREDIKING in die eerste gemeentes:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html .
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)   WAT IS DIE DOEL VAN DIE DOOP?
*  (Hand. 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

*  (Hand. 22:16)  En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

*  (1Kor. 15:25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
(1Kor. 15:26)  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
...(1Kor. 15:29)  Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?

*  (Kol 2:11)  in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
(Kol 2:12)  omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
*  (Rom 6:1)  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
(Rom 6:2)  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
(Rom 6:3)  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
(Rom 6:4)  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
(Rom 6:5)  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
(Rom 6:6)  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
(Rom 6:7)  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
(Rom 6:8)  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
(Rom 6:9)  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
(Rom 6:10)  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
(Rom 6:11)  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
(Rom 6:12)  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
(Rom 6:13)  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
(Rom 6:14)  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
(Rom 6:15)  Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
(Rom 6:16)  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
(Rom 6:17)  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,
(Rom 6:18)  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
(Rom 6:19)  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
(Rom 6:20)  Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
(Rom 6:21)  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
(Rom 6:22)  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
(Rom 6:23)  Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.


ONS KAN DIE VOLGENDE OPSOMMING MAAK UIT BG. SKRIFTE:
Die doel van die doop:
*  dit wys op vergewing van sondes (die Here Jesus Christus het mag om sondes te vergewe - Matt. 9:6; Mark. 2:10; Luk. 5:24)(nadat iemand tot bekering gekom het, kan hy vergifnis van sondes ontvang deur Jesus Christus - die doop is 'n teken hiervan)
*  dit wys op die "opstanding tot lewe" (die ewige lewe wat Hy vir Sy kinders belowe het; verheerlikte liggame, om in te gaan in Sy fisiese koninkryk en vir altyd by Hom te wees - die doop is 'n teken hiervan) 
*  dit wys op 'n nuwe lewe, afgesonder vir die Here en nie meer diensbaar aan die sonde nie, maar diensbaar aan die Here (heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe; pad van godsaligheid; vrug dra; wil van die Here soek/doen; geestelike groei...)


-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3)   WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN DIE DOOP VAN JOHANNES, EN DIE DOOP VAN JESUS ?

DIE DOOP VAN JOHANNES, WAS SPESIFIEK "'N DOOP VAN BEKERING" - HET OOK GEWYS OP "VERGIFNIS VAN SONDES".  BEKERING IS DEEL VAN DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK.  (Mat 3:2)  "... Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom". (Mat 4:17)  "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom". Om 'n kind van die koninkryk te raak, moet iemand ten eerste BEKEERD wees.  Die doop van Johannes was 'n bewys van hierdie bekering.  Hy het ook hierdie feit bevestig in Luk. 3:8,9 - kyk ook Matt. 3:7-12:  

(Mat 3:6)  En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
(Mat 3:7)  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
(Luk 3:8)  Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.
(Luk 3:9)  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Luk 3:10)  En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?
(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
(Luk 3:12)  En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?
(Luk 3:13)  En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.

Om 'n kind van die koninkryk te wees, gaan nie oor  wie jou familie is nie, of aan watter kerk jy behoort nie - soos in bg. geval, het die feit dat hulle "kinders van Abraham" is, hulle nie outomaties kinders van die koninkryk gemaak nie (alhoewel hulle so gedink het!).  (Mat 8:11)  Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele. (Mat 8:12)  Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Die voorwaarde was/is egter:  BEKERING, maar om die opstanding tot lewe te kry, moet jy GLO in die een wat "die opstanding tot lewe gee aan wie Hy wil".  Geen vlees en bloed kan in die koninkryk van God ingaan nie, en net die wat die ewige lewe ontvang (die opstanding tot lewe), sal in die Here se koninkryk kan ingaan.  Die Christelike doop verwys nie net na bekering nie (en vergewing van sondes nie), maar ook GELOOF in die Here Jesus Christus as die enigste Saligmaker (die Een wat sondes vergewe, die Een wat ons laat opstaan in 'n nuwe lewe en eendag die opstanding tot lewe gaan gee). (vgl. dit met die "evangelie van vrede").

(Mar 1:4)  Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig. - deur die doop van Johannes (doop van bekering), het hulle vergifnis van sondes ontvang.  

(Luk 3:3)  En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;

(Hand. 13:24)  nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.

OPSOMMING:  

-JOHANNES SE DOOP HET GEGAAN OOR "BEKERING" EN "BELYDENIS VAN SONDES"; -JOHANNES SE DOOP HET GEWYS OP "VERGIFNIS VAN SONDES" - "want die koninkryk van die hemele het naby gekom" - (vgl. dit met die evangelie van die koninkryk).

-DIE CHRISTELIKE DOOP VERWYS OOK NA "VERGIFNIS VAN SONDES"  (waarvoor bekering nodig: onderwerp aan die Here-bekeer van dooie werke)(Hand. 22:16)(1 Joh. 1:9)- maar DIE CHRISTELIKE DOOP WYS NIE NET NA BEKERING EN VERGIFNIS VAN SONDES NIE, MAAR OOK NA GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS (vgl. dit met die "evangelie van Jesus Christus"): DAT HY DIE ENIGSTE SALIGMAKER IS,EN ENIGE IEMAND WAT HOM BEKEER EN GLO, KINDERS VAN DIE KONINKRYK KAN WORD, EN IN 'N NUWE LEWE OPSTAAN, SOOS HY OPGESTAAN HET (vgl. dit met die "evangelie van vrede")(vgl. dit met die evangelie van die koninkryk). HY IS DIE EEN WAT ONS DIE OPSTANDING TOT DIE LEWE GEE; HY IS DIE EEN WAT VIR ONS SONDE GESTERF HET - ONS VERGIFNIS VAN SONDES GEE; HY IS DIE EEN WAT ONS DIE HEILIGE GEES GEE -  M.A.W. DIE CHRISTELIKE DOOP IS 'N BEWYS VAN ONS BEKERING, ASOOK ONS GELOOF IN DIE HERE JESUS CHRISTUS.


(Hand. 8:12)  Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
------------------------------------

JOHANNES SE DOOP WAS EG:
(Mat 21:25)  Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel—dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

(Luk 7:28)  Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.
(Luk 7:29)  En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes. 
(Luk 7:30)  Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie. 
-----------------------------------------


ONS SIEN IN HAND. 19 'N VB. WAAR DISSIPELS, WAT VOORHEEN GEDOOP IS MET DIE DOOP VAN JOHANNES, WEER GEDOOP WORD, MAAR NOU MET DIE DOOP VAN JESUS:
(Hand. 19:3)  En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
(Hand. 19:4)  Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
(Hand. 19:5)  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

KYK OOK NA:
(Hand. 18:24)  En ‘n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandríë gebore was, ‘n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.
(Hand. 18:25)  Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.
(Hand. 18:26)  En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Aquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.

DIT IS DUIDELIK DAT DIE DISSIPELS 'N ONDERSKEID GEMAAK HET TUSSEN "DIE DOOP VAN JOHANNES" EN DIE "DOOP IN JESUS".  

DIE DOOP IN JESUS, SIMBOLISEER HOE DIE GELOWIGE SAAM MET JESUS STERF IN SY DOOD (STERF VIR DIE SONDE), EN IN 'N NUWE LEWE IN HOM OPSTAAN.  Die doop van Johannes het nie hierdie gedeelte gesimboliseer nie.   Die gelowige wat homself laat doop in die doop van Jesus, verklaar dus dat hy wil dood wees vir die sonde en wil lewe vir die Here;  -dat hy dus "gesterf het vir die sonde", maar lewendig geword het vir die Here, om Hom te dien en Hom gehoorsaam te wees. Daarom dan die voorbeelde van dissipels wat oorgedoop is in Jesus Christus, want met die Christelike doop, het hulle ook hulle geloof bely in Hom.  In Hand. 19:1-5 is dit duidelik dat daardie groep dissipels nog nie hulle geloof in Jesus bely het nie, want hulle het ook nie eens geweet van die Heilige Gees nie!  Dit is eers wanneer iemand geloof in Jesus Christus bely, wat hy die Heilige Gees sal ontvang (Hand. 5:29-32, 42). 
Kyk ons ook na die vb. in Hand. 18: - alhoewel dit 'n Jood was wat reeds tot bekering gekom het (want hy het geweet van die doop van Johannes), moes die weg eers meer noukeurig aan hom uitgele word van die evangelie van Jesus Christus. 

(1Pe 3:20)  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;
(1Pe 3:21)  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus
(1Pe 3:22)  wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.


(Joh 1:29)  Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
(Joh 1:30)  Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ‘n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.
(Joh 1:31)  En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
(Joh 1:32)  En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.
(Joh 1:33)  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.
(Joh 1:34)  En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.  - HIERDIE GEDEELTE IS  'N BEWYS VAN DIE FEIT DAT JOHANNES SE DOOP NODIG WAS SODAT JESUS GEOPENBAAR KON WORD - JOHANNES SE DOOP HET  NET 'N VINGER GEWYS NA DIE "EEN WAT SOU KOM", die Een wat die sonde vir eens en vir altyd kon betaal - die volmaakte offer.  
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  IS DOOP 'N VOORVEREISTE OM DIE HEILIGE GEES TE ONTVANG ?

JOHANNES DIE DOPER HET GETUIG VAN DIE "EEN WAT SOU KOM", DAT HY HULLE SOU DOOP MET DIE HEILIGE GEES.  

(Hand. 8:15)  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
(Hand. 8:16)  want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
(Hand. 8:17)  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
- VOLGENS HIERDIE SKRIFGEDEELTE WAS HIERDIE GELOWIGES ALREEDS GEDOOP IN DIE NAAM VAN DIE HERE, TOG HET HULLE NOG NIE DIE HEILIGE GEES ONTVANG NIE.

(Hand. 10:47)  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
(Hand. 10:48)  En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly.
- VOLGENS HIERDIE SKRIFGEDEELTE HET HIERDIE GELOWIGES DIE HEILIGE GEES ONTVANG NOG VOOR HULLE GEDOOP IS IN DIE NAAM VAN DIE HERE.


(Hand. 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
- VOLGENS HIERDIE SKRIFGEDEELTE SAL HULLE DIE HEILIGE GEES ONTVANG, AS HULLE HUL BEKEER, EN HULLE LAAT DOOP.

-Die Christelike Doop is nie 'n voorvereiste om die Heilige Gees te onvang nie  (maar gehoorsaamheid is wel!) 
-Dit beteken ook nie dat iemand outomaties die Heilige Gees gaan ontvang wanneer hy gedoop is nie!  - Hand. 8:15-17; 10:47,48 
-In sommige gevalle ontvang iemand onmiddellik die Heilige Gees nadat hy gedoop is. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  ANDER SKRIFTE OOR DIE DOOP:

(Gal 3:24)  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
(Gal 3:25)  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.
(Gal 3:26)  Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
(Gal 3:27)  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
(Gal 3:28)  Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
(Gal 3:29)  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

ALMAL WAT GEDOOP IS IN DIE DOOP VAN CHRISTUS, WORD GESIEN AS DEEL VAN DIE NAGESLAG VAN ABRAHAM EN IS DAN VOLGENS DIE BELOFTE, ERFGENAME!
---------------------------------------------------------------------------------
VOORBEELDE VAN HUISGESINNE WAT GELOWIG WAS, EN HULLE AS "HUISGESIN" GEDOOP IS:

(Hand. 16:14)  En ‘n vrou met die naam van Lídia, ‘n purperverkoopster van die stad Thiatíre, ‘n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.
(Hand. 16:15)  En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.

(Hand. 18:8)  En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


(1Co 1:11)  Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.
(1Co 1:12)  Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.
.....(1Co 1:17)  Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.

Hierdeur wil Paulus se dat dit nie saakmaak deur wie jy gedoop is nie.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Ef. 4:4)  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
(Ef. 4:5)  een Here, een geloof  een doop

Daar is net EEN Christelike doop - die rede hoekom sommige dissipels oorgedoop is in die eerste gemeentes, het gegaan oor die verskil tussen die doop van Johannes, en die doop in Jesus Christus. 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Joh 3:23)  En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.

(Act 8:36)  En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?



Kerke verskil oor die manier van doop, maar die manier wat die eerste gemeentes gebruik het, was 'n manier waar hulle "baie water" nodig gehad het - Joh. 3:23.  Vir ons Afrikaanse woord "doop", is daar verskillende woorde in Hebreeus, Grieks, want daar is 7 verskillende soorte "doop" in die Skrif.  Dit sou beteken dat nie oral waar ons lees van "doop", dit verwys na die Christelike doop nie, asook dat die betekenis van die woord verskil in verskillende skrifte.  Die woord wat vir Christelike doop gebruik word (wat ook slegs Nuwe Testamenties is), is die woord "bap-tid-zo" in die Grieks, wat beteken "to make whelmed (fully wet), baptize, wash.  Baie kerke voel dat die belangrikheid van "hoe" die doop plaasvind, nie so belangrik is soos "dat dit plaasvind" nie.

=========================================================================

Geen opmerkings nie: