Donderdag 12 Maart 2020

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (5) - BEKLEDING

Vir die eerste 3 gedeeltes, gaan na:
inleiding
-  "honger"
-  "dors"

In volgende poste word ook die volgende onderwerpe behandel:
- "vreemdeling / herberg"
- "siek / ongesteld / gewond"
- "besoek gevangenis"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------In hierdie gedeelte kyk ons spesifiek na die betekenis van BEKLEDING (veral na hoe die innerlike mens beklee word), bv.
- wat dit beteken wanneer iemand "beklee word met wit klere", of hom beklee met die nuwe mens,
- of wat dit beteken om (figuurlik) "naak" te wees of sonder klere, wat dit beteken wanneer iemand se klere bevlek is... ens.

Die tema kan deurgetrek word na die tema van BARMHARTIGHEID (dit die doel van hierdie reeks, maar meer in 'n geestelike kontks), bv., nie net die belangrikheid van uitdeel en sorg (bv. klere gee vir die wat dit nodig het) nie, maar ook wat dit sou beteken om vir iemand se innerlike mens klere te gee. Dit is m.a.w. barmhartig om die evangelie met mense te deel (Ef. 6:15), want die wat dit ontvang kan "beklee word met Christus" en dus die klere van heil kry wat hulle nodig het vir ewige lewe. Dit is bv. ook barmhartig om 'n broeder wat "naak" staan of die wie se klere bevlek is, te vermaan op tyd en in sagmoedigheid, want dit gee hom die geleentheid om tot bekering te kom (Jak. 5:20). Ons sien dus hier hoe "klere" op 'n geestelike manier deurgetrek word na die tema van barmhartigheid.

Net soos die uiterlike mens klere nodig het om homself te bedek (en sy naaktheid te bedek), net so het die innerlike mens "klere" nodig, want sonder klere sal die mens eendag skaam en naak staan voor die Here! Genooides wat eendag gaan deel in die bruilofsmaal vd Lam, het bv. die BRUILOFSKLEED nodig (anders word hulle uitgegooi) - "bekleding" verwys dus nie net na letterlike gewaad (m.a.w. klere vir die uiterlike mens)(of die toekomstige bekleding met 'n nuwe verheerlikte liggaam wat vir die Christen belowe word) nie, maar word ook figuurlik bedoel (verwysend na "bekleding vir die innerlike mens" - bv., wanneer iemand DIE NUWE MENS AANTREK,  of  hom "met Christus beklee"... Net soos die uiterlike mens vuil word en afwassing nodig het, net so het die innerlike mens afwassing nodig, bv. in geval met "bevlek met sonde"... - dit word o.a. beskryf as "KLEED BEVLEK" (Jud 1:23).
_________________________________________________________________________________
NAAK / KLERE:

Klere is belangrik want dit bedek iemand se naaktheid.
Hierdie is wel letterlik bedoel maar dit word ook figuurlik gebruik in die Skrif van hoe iemand (m.a.w. sy innerlike mens / die mens van binne) "klere" nodig het omdat sonde iemand naak laat (vgl. met Adam en Eva-sondig-naak; Gen. 2:25; 3:7)   (bestudeer gerus ook die tema van "skaamte ontbloot", wat nie net verwys na wanneer iemand "kaal" is nie. maar 'n term wat ook gebruik word waar die skaamte op 'n ongeoorloofde manier ontbloot word, bv. "hoerery" waar die skaamte aan 'n ongeoorloofde party ontbloot word... - Op dieselfde wyse kan afgodsdiens gesien word soos hoerery - geestelike hoerery - "skaamte ontbloot"...).   Die Christen se innerlike mens is bedek met KLERE, maar as hy nie sy klere bewaar nie, sal hy miskien uiteindelik naak rondloop en ander sal sy skaamte sien (Openb. 16:15).

Die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20 ens.) weens ONTBLOTING! (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Die bewustheid van om naak te wees, en skaam wanneer ontbloot, is iets wat gekom het met die sondeval (Gen. 2:25; 3:7).  Hier sien ons dat die geestelike betekenis van "naak wees" te doen het met "sondig".

As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. Op dieselfde wyse sal die wat (klere het maar) hulle klere nie bewaar nie, hulleself ook in hierdie skaam naakte posisie eendag bevind wanneer Jesus Christus terugkom (Openb. 16:15).  Kinders vd Here wat m.a.w. naak is a.g.v. sonde of hulle skaamte ontbloot het deur dinge soos afgodsdiens e.a. afgodspraktyke, moet hulle daarvan bekeer - op daardie manier is daar geleentheid dat hulle skaamte weer bedek word.  Om naak rond te loop, of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels vd wereld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13)...  Op dieselfde wyse sal die wat geestelik naak is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof eendag skaam staan. Somtyds stap Christene rond soos mense "sonder klere" (bv. die wat in sonde stap...) - dieselfde soort beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waarin die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is - hulle dink hulle is ryk en het aan niks gebruik nie, maar voor die Here is hulle soos mense wat nie klere aanhet nie en NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7). Wanneer 'n Christen naak staan, het hy klere nodig! (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit kleredat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien").  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE VIR DIE MENS VAN BINNE:

Net soos die uiterlike mens klere, kos en water ens. nodig het, net so het die innerlike mens dit nodig.
Bv., sonder kos en water sal die uiterlike mens doodgaan.  Op dieselfde wyse sal die innerlike mens doodgaan (verwysend na die tweede dood) sonder (die regte soort) kos en water. Die mens bestaan uit liggaam, siel en en gees, ja, maar ons moet onthou dat ons ook tweeledig van aard is en nie net uiterlik mens nie, maar ook innerlik mens.  Dit beteken dat "die mens van binne" dieselfde dinge nodig het as die uiterlike mens.  Bv., net soos die uiterlike mens asem nodig het om 'n lewende siel te wees, net so het die innerlike mens asem nodig...  Dit is dieselfde met KLERE.  Net soos die uiterlike mens klere nodig het om sy naaktheid te bedek, net so het die innerlike mens klere nodig om die naaktheid te bedek.  Die geestelike betekenis van "naak wees" gaan oor "sondig wees" of "bevlek met sonde". Almal word in sonde gebore - is dus "NAAK (en is dus verganklik). Hierdie tema sluit natuurlik aan by die tema van "gemeenskap" of "skaamte ontbloot" - bestudeer gerus hierdie tema om dit beter te verstaan: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html.

As iemand nie die nodige klere aanhet wanneer Jesus Christus terugkom nie, sal hy skaam en naak staan.  Bv., as iemand nie die "klere van heil" (Jes. 61:10) aanhet of met Christus beklee is nie, hoe kan hy verwag om eendag te erf?  Die wat nie 'n bruilofskleed het wanneer Jesus Christus terugkom nie, sal ook nie kan deel in die bruilofsmaal vd Lam nie.  En al het iemand 'n kleed, is dit nie 'n goeie ding as die kleed bevlek is nie - m.a.w., Christene wat alreeds 'n kleed het maar hulle kleed bevlek het staan in gevaar om geoordeel te word, sou hulle hul nie bekeer nie. Hierdie is alles belangrike dinge om aan te dink wanneer daar aan "die mens van binne" gedink word, want natuurlik verwys "met Christus beklee" en "klere van heil" en "bruilofskleed" ens. nie na (letterlike) klere vir die uiterlike mens nie!, maar KLERE VIR DIE INNERLIKE MENS. Daar is beslis gevolge vir die wat eendag naak, sonder klere, voor die Here gaan staan.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die UITERLIKE MENS kan ook gesien word soos 'n BEKLEDING vir die innerlike mens:

Elkeen is "beklee" met VEL EN VLEES (Job 10:11) - die uiterlike mens kan dus gesien word soos 'n bekleding vir die innerlike mens. Die uiterlike mens kan o.a. ook gesien word soos 'n "huis" ("tentwoning" - 2 Kor. 5). "Vel en vlees" kan dus gesien word soos 'n BEKLEDING of 'n huis. Maar natuurlik is dit die tipe vlees waaruit iemand gebore word wat bepaal wat se soort bekleding of huis hy het bv., kinders van Adam (die wat gebore is uit Adam se saad) word gebore in sonde (die uiteinde van sulke vlees is die dood...)(is verganklike vlees)('n ander term wat somtyds hiervoor gebruik word is "vlees en been", wat terloops veral gebruik word vir "familie" - bv., wie is vlees en been van mekaar?). Die natuurlike mens is vlees en been van Adam, maar die geestelike mens is vlees en been van Christus Jesus ("lede van Sy liggaam / van Sy vlees en van Sy bene - Ef. 5:30).  Die ERFENIS is uit die wat vlees en been / familie is van Christus Jesus... (daarom het iemand nodig om "met Christus beklee" te word - gebore uit God...).  Maar natuurlik, in die geval vd geestelike mens verwys hierdie "vernuwing" nie na die uiterlike mens nie (want almal gaan steeds dood), maar verwys na die innerlike mens (die wat met Christus BEKLEE is;  alhoewel hulle ook die hoop het op opstanding eendag van die uiterlike mens, maar dan 'n nuwe soort "huis" of  "bekleding" - sien "verheerlikte liggaam" - 1 Kor. 15:54).  Die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit water en Gees) se uiterlike is dus nog nie beklee met 'n nuwe liggaam nie, maar sy innerlike wel!  (vgl. hierdie gerus met wat die Christelike doop voorstel - o.a., "opstanding in 'n nuwe liggaam", wat nie net verwys na die toekomstige verheerlikte liggaam nie maar ook verwys na hoe die Christen alreeds opgestaan het in 'n nuwe liggaam - verwys dus na die mens van binne...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE BEVLEK:

Kan na een van twee dinge verwys:
- MET BLOED BEVLEK (Lam. 4:14), of
- DEUR SONDE BEVLEK (Jud. 1:23).

Die wie se kleed "met bloed bevlek" is, verwys na die wat oorlog voer en kan in sekere gevalle 'n verwysing wees na die wat bloedskuld op hulle het, bv.(Lam 4:14 - "Noen. Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat ‘n mens hulle klere nie kon aanraak nie"). Ander terme wat ook gebruik word is bv. "met oorlogsbloed bevlek (1 Kon. 2:5), hande met bloed bevlek (Jes. 59:3), klere met bloed bevlek (Lam 4:14), ens. Net soos klere waarmee die uiterlike mens bedek is bevlek kan word deur bloed, net so kan die bedekking vd innerlike mens bevlek word, bv. "deur sonde bevlek" - kyk volgende paragraaf.             In Jesus Christus se geval, waar Hy in Openb. 19:13 beskryf word  as bekleed "met 'n kleed wat in bloed gedoop was", verwys dit natuurlik NIE na die sonde "bloedskuld" (m.a.w.  a.g.v. moordpleeg) nie, maar verwys na regverdige oordeel: (Openb. 19:15 - "En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige") - en verwys in hierdie geval na hoe Hy sal kom "om te oordeel" (vgl. met Jes. 63:3).

Die begrip "deur sonde bevlek" verwys na wanneer iemand se KLEED MET SONDE BEVLEK is  (Jud 1:23 - "maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek (Gr. woord "spee'-los" - vuil merk) is".).In hierdie skrif is dit sonde wat veroorsaak het dat die kleed bevlek word (bestudeer gerus die tema van "besoedel/onrein").  M.a.w., dit verwys na iemand wie se kleed vuil geword het, maar na watter KLEED word hier verwys?  Natuurlik is hierdie nie bedoel van die kleed waarmee die uiterlike mens bedek is nie, maar vd innerlike mens. Om die kleed waarmee die Christen bedek is beter te verstaan, bestudeer gerus gelykenisse waarin Jesus so 'n soort beeldspraak gebruik het, bv. in die gelykenis van die verlore seun (Luk. 15:22), bruilof vd Lam (Matt. 22)("bruilofskleed") ens. (- kyk gerus ook ander beeldspraak waarin die begrip "klere" gebruik word in die Skrif, bv. wit klere waarmee die wat oorwin eendag bedek sal word). Kinders vd Here word gesien soos mense wat (elkeen met 'n kleed) bedek is, m.a.w. hulle naaktheid (wat a.g.v. sonde was) is bedek;  maar hulle moet ook toesien dat hulle nie hulle kleed bevlek/vuilmaak nie...!
Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" - 'n begrip wat nie net daarna verwys dat Christene alreeds met Christus beklee is nie, maar ook verwys na hoe die Christen hom met Christus moet beklee.
 In Openb. 3, in die brief aan die gemeente van Sardis, word die wie se klere besoedel is beskryf as die wat die naam het dat hulle leef maar hulle is eintlik dood;  hulle werke was nie volkome voor God bevind nie want hulle het vergeet hoe hulle "dit" (die evangelie/waarheid...) ontvang en gehoor het en hulle het dit nie bewaar nie... - in die brief word hulle beveel om hulle te BEKEER en word ook verder beveel om "wakker te word" - asof hulle slaap! (bestudeer gerus die tema van slaap en die geestelike betekenis daarvan, asook die konneksie tussen geestelik "dronk" en aan die "slaap"). Hierdie is natuurlik baie gevaarlik (wanneer kinders vd Here SLAAP) want l.w. dat dit gewoonlik is wanneer mense "slaap" wat die vyand kom en onkruid (valse profete en valse leraars) onder die koring saai... ! (Matt. 13:25). Waar 'n Christelike kerk valse leringe begin aanneem en sulke valse predikers begin ontvang, is dit dus heel moontlik die gevolg van die feit dat daar mense in daardie kerk sit wat "slaap" en alhoewel die naam het dat hulle lewe, eintlik dood is. Hulle het vergeet hoe hulle dit ontvang en gehoor het en kom nie agter dat valse profete en valse leraars in die kerk insluip nie.  Dus, alhoewel sommige in die gemeente van Sardis ook eens tot bekering gekom het en wederbaar is, en die naam het dat hulle lewe, leef hulle soos mense wat dood is en nie die waarheid ken nie of leef nie daarvolgens nie... Dit is hierdie "aan die slaap" Christene wat die ervaring sal hê dat hulle nie gereed is wanneer Jesus terugkom nie, want vir hulle sal Sy koms wees soos 'n dief in die nag... (Openb. 3:3). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Geen opmerkings nie: