Donderdag 11 Mei 2017

Slaap - en die geestelike betekenis van "slaap"

Waar die woord "slaap" in die Skrif gebruik word, word dit nie altyd gebruik in die konteks van letterlike slaap (Dan. 6:18; Luk. 22:46...) nie, maar het ook 'n geestelike betekenis. (1Th 5:6)  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees". Die wat nie WAAK nie, is aan die slaap;  en die wat nie sober is nie, is DRONK - "dronk", wat terloops ook in 1 Thess. 5:8 vgl. word met die wat "SLAAP".  Die wat aan die slaap is, of die wat dronk is, sal NIE GEREED wees wanneer Christus terugkom nie. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-   Om geestelik "dronk" te wees, verwys na die wie se sinne bedorwe is.  Hulle is oorgegee aan hulle eie begeertes en gedagtes en DOEN WAT HULLE WIL (en glo hulle is reg, maak nie saak wat die waarheid is nie)(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html). Hulle is "dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid" ens.  Vgl. dit gerus met die gelykenis vd 10 maagde (rol af om 'n uiteensetting hiervan te sien).  Sulke "diensknegte" begin om hulle medediensknegte te slaan, en leef asof Christus se wederkoms nie naby is nie, en begin om soos die wereld te lewe... 

-   Om geestelik aan die slaap te wees, verwys meer spesifiek na die wat NIE WAAKSAAM is nie - is nie "WAKKER" nie (en terloops, DIT IS WANNEER MENSE SLAAP, WAT DIE VYAND ONKRUID KOM SAAI ONDER DIE KORING! Matt. 13:25)(en l.w. dat "onkruid" verwys na valse profete en valse leraars). En mense kom ook maklik in versoeking wanneer hulle slaap! (Luk. 22:46). "Om geestelik te slaap" verwys na die wat nie GEREED is vir die koms van Christus Jesus nie... - die godsaliges aan die ander kant, sal uit die VERSOEKING verlos word (2Pe 2:9).
Vgl. dit met Ef. 5 waarin die gemeente gevra word om sonde en afgodsdiens af te le, en vermaan word om te wandel soos kinders van die lig;  en word verder gevra om "die tyd uit te koop"! (Ef. 5:14)  "Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn".  "Dood" is slegs 'n ander vorm van slaap, en in hierdie geval word die een wat nie wakker is nie, vgl. met asof hy "geestelik slaap/geestelik "dood" is.  Somtyds plaas die Here ongehoorsame gelowiges in 'n geestelike DIEPE SLAAP - sodat hulle oe nie SIEN nie, en hulle ore nie HOOR nie! (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html). Vgl. dit ook met Rom. 13:9-14 wat veral handel oor NAASTELIEFDE (die 2de gebod), en dan maak hy die volgende stelling: -(Rom 13:11)  "En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te wordwant die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. (Rom 13:12)  Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord".  In hierdie gedeelte word die gemeente herinner aan die 2 de gebod en vermaan om sondes neer te le...(Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie").  Die wat egter geestelik wakker is, is die wat ook gereed is - dit is die barmhartiges, die wat vashou aan die Here en Sy opdragte gehoorsaam - die wie self ook hulle harte besny en ag gee op die pad van godsaligheid... 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Skrif stel vir ons verskillende stadiums van slaap voor, en ook verskillende stadiums van "diepe slaap". Die Hebr. woord "tar-day-maw" vir slaap wat in Gen. 2:21 gebruik word vir "diepe slaap" ("a lethargy or (by implication- trance: - deep sleep"), is bv. nie dieselfde as die Hebr. woord "shaw-kab'" (rus), wat bloot beteken "om te rus" nie. "Diepe slaap" verwys na 'n ander dimensie van slaap as wat slaap in die vorm van "rus" is, of slaap in die vorm van "dood"...  Ja, selfs "dood" is 'n vorm van slaap (Matt. 9:24; Joh. 11:11-13).
Adam was in 'n diepe slaap toe God een van sy ribbebene neem om die vrou te maak (en die skrif verklaar dat Hy die vlees weer toegemaak het nadat Hy die ribbebeen uitgehaal het-Gen. 2:21). In Gen. 15:12 het daar 'n diepe slaap op Abram geval en skrik en groot duisternis het hom oorval..(toe God vir hom 'n woord gee).  In 1 Sam. 26:7-12 het daar 'n diepe slaap van die Here op koning Saul en sy manskappe geval... (toe Dawid Saul se spies en waterkruik verwyder sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word).  Kyk ook die vb. van die jongman wat na Paulus geluister het terwyl hy preek, en toe weggesink het in 'n diepe slaap... (Hand. 20:9)(en by die venster uitval tot sy dood).  In 'n sekere stadium van "diepe slaap", weet iemand nie wat om hom aangaan nie, word nie maklik wakker nie en het nie beheer oor sy eie liggaam nie. En in 'n ander stadium van diepe slaap kan daar selfs 'n operasie op iemand gedoen word (soos op Adam). In die geval van Abraham, Gen. 15:12, het God met hom kommunikeer tydens sy diepe slaap.. (en l.w. dat hy hierdie woord onthou het)(kyk ook Job 4:12,13).

Selfs wanneer geleerdes verwys na narkose as "slaap", weet hulle eintlik beter dat dit 'n veel dieper slaap is as die gewone diepe slaap, want tydens narkose verloor iemand letterlik sy bewussyn en sy liggaam sal geensins reageer nie (soos die geval van iemand in 'n koma) -en in hierdie staat kan iemand ook nie wakker gemaak word nie en hy het ook geen liggaamsfunksies nie, en sal op 'n besliste tyd wakker word. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Daar is verskillende stadiums van slaap, en ook verskillende stadiums van "diepe slaap". In 'n sekere stadium van diepe slaap is dit interessant om te sien dat iemand 'n bonatuurlike woord kan ontvang, en dit onthou! soos die vb. van Abram (Gen. 15:12).  Hierdie is 'n belangrike feit om te weet, want blykbaar is heidense meditasie-praktyk metodes bedoel om iemand te beweeg om d.m.v. 'n formule hulleself in 'n sekere stadium van slaap te bring (bv. deur herhaling van sekere woorde vir 'n sekere tyd, in 'n sekere posisie....ens.) - waardeur hulle kan kontak maak met die bonatuurlike - alhoewel in hulle geval die woord wat hulle ontvang (wanneer hulle in hierdie staat is) NIE 'n woord is van die Here nie!, maar 'n woord van die bose (omdat hulle gebruik maak van heidens praktyke metodes, en die bose op hierdie manier raadpleeg).  
ONS MOET VERSIGTIG WEES VIR SEKERE VORME VAN "SLAAP" wat vandag aangebied word!

Wanneer iemand hierdie heidense praktyk- formules gebruik om hulleself in 'n spes. slaap-staat bring, mag hy dink dat hy sy liggaam dwing tot genesing van liggaam en siel, maar wat hy eintlik doen is om sy liggaam bloot te stel aan bose magte, en homself oop te stel om onderrig te word deur die bose!  Mense kom blykbaar ook nie onmiddellik in hierdie slaap die oomblik wanneer hulle op sulke maniere begin mediteer nie, maar sal deur verskillende stadiums beweeg (net soos die natuurlike slaap deur verskillende stadiums beweeg) - en uiteindelik een of ander "slaap" stadium bereik waardeur hulle hulself oopstel om te kan kommunikeer met die bonatuurlike (wat eintlik bose entiteite is). Die wat so "slaap", is nie besig met natuurlike slaap nie, en is ook nie deur die Here in hulle slaap geplaas nie, maar gebruik 'n formule waardeur hulle hulself blootstel aan die bose.  Baie wat op hierdie wyse begin mediteer, HET NIE HIERDIE KENNIS NIE! omdat hulle d.m.v. dwaalleringe of leuens gevang word. Daar word ook gese dat die wat geoefen is in hierdie meditasie metodes, en daarmee aanhou, hierdie slaap stadium vinniger bereik as ander. Vele mense het al op hierdie wyse met sg. engele gepraat  of 'n bonatuurlike woord ontvang (waarvan daar hope getuienisse is van mense wat so gevang was deur die bose met allerhande ervarings...). En baie van hierdie mense getuig selfs van hoe hulle met 'n Jesus ( l.w. 'n valse Jesus !) gepraat het terwyl hulle so mediteer het...  Die waarheid is dat die wat hulleself besig hou met hierdie meditasie praktyke, hulleself oopmaak vir die bose. Hulle gaan soek hulle antwoorde op die verkeerde plek en sonder dat baie dit besef (en omdat hulle nie hulle antwoorde by die Here soek nie!!!), is hulle besig om die bose te raadpleeg. Christene moet wegbly van vorme van heidense meditasie, want daar is 'n rede waarom die wat dooies raadpleeg en die wat waarse en die fortuinvertellers en andere wat die verkeerde kant raadpleeg, hierdie vorme gebruik! Daar is heelwat van hierdie mense wat getuig dat hulle sulke meditasie praktyke gebruik om hulle bose "gawes" soos fortuinvertelling, te versterk - selfs sekere kunsvorme waardeur mense op oosterse manier mediteer, word deur hierdie mense gebruik vir hierdie doel!  Wat kommerwekkend is, is dat Christene deesdae in hierdie dinge speel, en dan dink dat omdat hulle dit Christelike name gee, dit dit kwansuis Christelik maak.  Maar wat ons moet verstaan is dat dit gewoonlik in tye is wanneer DIE KORING "geestelike slaap", wat die vyand ONKRUID (valse profete en valse leraars) saai onder die koring, en dit ook is wanneer hulle geestelik aan die slaap is, wat hulle maklik versoek word!  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Skrifgedeeltes: Die GEESTELIKE BETEKENIS van slaap:
_________________________________________________________________________________
(1Th 5:1)  Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
(1Th 5:2)  want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
(1Th 5:3)  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
(1Th 5:4)  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
(1Th 5:5)  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
(1Th 5:6)  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
(1Th 5:7)  Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
(1Th 5:8)  Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
(1Th 5:9)  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
(1Th 5:10)  wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.

Christene word gesien as "mense van die dag" omdat hulle WAKKER is! Maar wat beteken dit dat die kinders van die nag aan die slaap is, en die kinders van die dag wakker is?  In hierdie konteks van 1 Thess. 5 gaan dit oor gereedheid vir die koms van Christus Jesus;  meer presies oor "om WAAKSAAM" te wees - en dus nie "dronk" nie, want geen dronke kan waaksaam wees nie, want sy dronkheid veroorsaak dat hy nie mooi kan sien en hoor nie, en sukkel om regop te bly...; -kyk die woorde  "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees" (vgl. hierdie gerus met die tema van wat dit beteken om geestelik dronk te wees - http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/dronk-van-haar-wyn.html).  M.a.w., "om wakker te wees", gaan hier oor die wat GLO en die waarheid liefhet, die wie se "harte besny is" en getuig van geloof en liefde (v.8), en mense wat 'n hoop het op die saligheid en lewe, en dus uitsien na die koms van Christus (v. 8-10) - (praat nie van die wat geestelik dronk is nie, bv. dronk van sonde, dronk van afgodsaanbidding, sinne bedorwe..ens. - 1 Kor. 15:34; 1 Thess. 5:6; 2 Tim. 2:26)------------------------------------------------------------------------------------------------------------VERGELYK DIT OOK MET EF. 5:
(Eph 5:1)  Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;
(Eph 5:2)  en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.
(Eph 5:3)  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
(Eph 5:4)  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
(Eph 5:5)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
(Eph 5:6)  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
(Eph 5:7)  Wees dan nie hulle deelgenote nie.
(Eph 5:8)  Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.
(Eph 5:9)  Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
(Eph 5:10)  En beproef wat die Here welbehaaglik is;
(Eph 5:11)  en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.
(Eph 5:12)  Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.
(Eph 5:13)  Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.
(Eph 5:14)  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
(Eph 5:15)  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;
(Eph 5:16)  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
(Eph 5:17)  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

Om wakker en nugter te wees gaan oor die wat geloof het in die Here Jesus Christus en die wat nougeset wandel, nie as onwyses nie, maar as wyses (v.15) - m.a.w., die WAT VERSTAAN WAT DIE WIL VAN DIE HERE IS! Hulle SOEK nie na wereldse plesiere en dade nie, maar soek die koninkryk van God. Hulle koop die tyd uit, en weet dat geen ongehoorsames en onheiliges 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie;  dus, gee ag op die pad van godsaligheid (v.1-13).  

Maar die wat slaap verstaan nie wat die wil van die Here is nie, en word gesien as geestelik dronk. Hulle wandel nie in wysheid nie, maar in ongehoorsaamheid en doen wat hulle wil. ------------------------------------------------VGL. HIERDIE OOK MET ROM. 13:
(Rom 13:9)  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
(Rom 13:10)  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
(Rom 13:11)  En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.
(Rom 13:12)  Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.
(Rom 13:13)  Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
(Rom 13:14)  Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Somtyds plaas die Here ongehoorsame gelowiges in 'n geestelike DIEPE SLAAP - sodat hulle oe nie SIEN nie, en hulle ore nie HOOR nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html).

(Rom 11:7)  Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.
(Rom 11:8)  Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.
(Rom 11:9)  En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees ‘n vangnet en ‘n strik en ‘n struikelblok en ‘n vergelding.
(Rom 11:10)  Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.
(Rom 11:11)  Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 25:1)  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
(Mat 25:2)  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
(Mat 25:3)  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
(Mat 25:4)  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
(Mat 25:5)  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
(Mat 25:6)  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
(Mat 25:7)  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
(Mat 25:8)  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
(Mat 25:9)  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
(Mat 25:10)  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

KOM ONS KYK NA DIE KONTEKS VAN HIERDIE GELYKENIS, EN BEGIN BY die VORIGE HFST. (Matt. 24:21 wat oorgaan in Matt. 25:1 met die woorde:  "Dan sal die koninkryk vd hemele wees soos...").  Waarna verwys hierdie "dan"?:- 
-(Mat 24:45)  Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?(Mat 24:46)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.(Mat 24:47)  Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.(Mat 24:48)  Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—(Mat 24:49)  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,(Mat 24:50)  dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;(Mat 24:51)  en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

LET WEL DAT HIER SPESIFIEK GEPRAAT WORD VD DIENSKNEGTE ! Sommige sal verstandig wees, en "besig".  Hoe "besig"?  -(oor diensvolk aangestel, en gee vir hulle hul voedsel op hulle tyd...).
Maar hoe word die slegte dienskneg voorgestel?:
-  dink dat hy kan doen soos hy wil omdat hy nie leef asof die koms vd Here NABY is nie!
-  hy begin slaan sy medediensknegte
-  hy begin om saam met die dronkaards te eet en drink

Baie Christene (wat terloops "diensknegte" is van die Here!), is eintlik BESIG om hulle medediensknegte te "slaan" (omdat hulle medediensknegte die waarheid verkondig, die Here KEN, en ag gee op die pad van godsaligheid). Hierdie ongehoorsame "diensknegte" DOEN WAT HULLE WIL en is besig om in sonde te verval (hulle leef vir hulleself en het die wereld lief en is nie bereid om hulle lewens te verloor nie).  Die gelykenis van die 10 maagde is bedoel om hierdie verder te verduidelik en verwys na hoe die koninkryk vd hemel "DAN" (in die eindtye) sal wees!  Van die 10, sal 5 ingaan, maar 5 nie! Wie is die 5 wat nie sal ingaan nie?  DIE WAT NIE GEREED IS NIE. Hulle is nie bereid om hulle lewens te verloor ter wille vd koninkryk nie..., maar besluit self wat hulle wil doen en wat hulle sien as waarheid.  Gelowiges wat hulle medediensknegte "begin slaan", is gewoonlik die wat nie besig is met die Here nie, maar meer besig met die lewe. Hulle begin VLEESLIK dink (1 Kor. 3:3,4).
WIE IS DIT WAT GEREED SAL WEES? -http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html. Verskeie gelykenisse en skrifte verduidelik vir ons wat dit beteken OM GEREED TE WEES.  Kyk o.a. die 7 briewe in Openbaring:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 13:25)  maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 22:46)  En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jes. 29:9)  Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.

(Jes. 29:10)  Want die HERE het oor julle uitgegiet ‘n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë—die profete—toegesluit en julle hoofde—die sieners—toegebind.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: