In hierdie pos kyk ons na die belangrikheid van GEBARE, en kyk in op sekere gebare wat as tekens gedien het in die O.T. en tyd van die eerste gemeentes... Hoekom is dit gedoen? Bv., hoekom het hulle hul klere geskeur?, of grond op die hoof gegooi? Elkeen van hierdie gebare was in 'n spesifieke konteks gebruik, en ons sal dus meer verstaan as ons weet wat dit beteken hierdie kontekste.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Geskeurde klere/Roukleed:
DIE GEBARE VAN "KLERE SKEUR" EN "ROUKLEED AANTREK" WAS UITERLIKE GEBARE OM IEMAND SE ROU TE WYS, OF OM HULLESELF AAN DIE HERE (die Een wat mag het oor lewe en dood) TE ONDERWERP EN BY HOM TE PLEIT (o.a. vir Sy bekerming). In verskeie gevalle sien ons dat hierdie gebare, wat gewoonlik gepaard gegaan het met vas en gebed en smekinge voor die Here, veroorsaak het dat die Here iemand verskoon het en/of tegemoet gekom het (1 Kon. 21:28; 2 Kon. 22:19; 2 Kron. 34:27);
-(2 Kon. 22:19 omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van die HERE verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het, dat hulle ‘n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek die HERE");
-(2 Kron. 34:27 omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van God verneder het toe jy sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor my aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek die HERE).
- Om die KLERE te SKEUR was 'n uiterlike gebaar, gewoonlik gedoen in die geval van waar iemand doodgegaan het of met die dood gedreig word. Uit 2 Kon. 5:7,8 kan ons leer dat die gebaar van "klere skeur" gegaan het oor die volk se wete dat God in beheer is oor dood en lewe - Hy maak dood of maak lewend... Vgl. dit met Hand. 14:14: -toe die skare dink dat Paulus en Barnabas gode is wat soos mense geword het en neergedaal het na hulle toe, het Paulus en Barnabas hulle klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep, en hulle probeer oortuig dat hulle mense is net soos hulle... Siende die gebaar van "klere skeur" 'n konneksie het met "dood" en met die feit dat lewe en dood in die Here se hande is, was Paulus en Barnabas se rede hier sekerlik om te wys hoe hulle net mense is... - hulle het bv. nie mag oor die dood nie! (dus, hulle kan nie gode wees nie).
- Kyk ook die vb. van Job nadat hy die nuus gekry het van alles van hom wat verwoes is, en hy geroof is, en sy seuns en dogters gesterf het... (Job 1:20 - "Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval").
- Kyk ook die vb. van Josua in Jos. 7:1-6 (in die geval waar die toorn vd Here ontvlam het oor die kinders van Israel omdat hulle hul vergryp het aan die bangoed, en baie van hulle manne daardie dag verslaan is... (Jos 7:6 - "Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi")(kyk ook 2 Kon. 18:37; 19:1; Gen. 37:2). Hierdie manier van Josua om sy klere te skeur en met sy aangesig voor die Here op die grond te val, was 'n manier om te ween voor die Here en by Hom te pleit, en was duidelik 'n teken van BEROU (ter wille vd kinders van Israel), maar hy het ook daardeur gewys dat hy homself onderwerp aan Een wat mag het oor dood en lewe. Dit was 'n manier om te bely en by die Here te pleit vir Sy guns en beskerming oor hulle... Hulle was onder die Here se hand (Hy besluit of hulle lewe of doodgaan), en hulle het vergifnis nodig gehad om in die Here se guns te kom. Die gebaar hier van klere skeur het dus gewys dat hulle hulself onderwerp aan die Here, die Een wat in beheer is van lewe en dood, en pleit vir Sy beskerming...
- Ook in Agab se geval was dit weens "berou" (berou omdat hy gesondig het en die tyding ontvang het dat hy en sy familie doodgemaak sou word - 1Kon. 21:27) - hy het hom m.a.w. onderwerp aan die Een wat mag het oor lewe en dood, en het vergifnis gesoek en gepleit vir die Here se beskerming.
- Ook in Agab se geval was dit weens "berou" (berou omdat hy gesondig het en die tyding ontvang het dat hy en sy familie doodgemaak sou word - 1Kon. 21:27) - hy het hom m.a.w. onderwerp aan die Een wat mag het oor lewe en dood, en het vergifnis gesoek en gepleit vir die Here se beskerming.
- Somtyds was ook 'n ROUKLEED aangetrek (1 Kon. 21:27; 2 Kon. 19:1; Jes. 37:1). Kyk die geval in Est. 4, toe Mórdegai sy klere skeur en 'n roukleed aantrek - die roukleed was 'n teken van rou omdat daar 'n bevel oor die Joodse volk uitgespreek was oor al die provinsies vd koninkryk, dat hulle uitgedelg moes word... Die roukleed was gewoonlik aangetrek in die geval van dood of tyding van komende dood. Ook in die geval van Jes. 4:24,25 sien ons dat die roukleed gebruik word in konteks met die wat in die oorlog sou val (kyk ook Jer. 6:26, 48:37; Joe 1:8; Amos 8:10). Dit wil voorkom of die aantrek van 'n roukleed gepaard gegaan het met vas, gebed, en smekinge... (Psa 35:13; Dan. 9:3).
Daar kan ook ingekyk word op die woorde "in rougewaad"... (Jona 3:6; Gen. 37:34).
- In die geval van Jakob wat 'n roukleed aangetrek het (Gen. 34:37) was dit beslis omdat hy iemand aan die dood afgegee het (altans geglo het dat Josef dood is).
BESTUDEER GERUS NOG ANDER SKRIFTE OOR KLERE SKEUR "IN KONTEKS"...:
Num_14:6 En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur
2Ki_2:12 En Elísa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.
2Ki_5:8 Maar toe Elísa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar ‘n profeet in Israel is.
2Ki_22:11 En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy sy klere geskeur;
2Ch_34:19 En toe die koning die woorde van die wet hoor, het hy sy klere geskeur,
Isa_37:1 En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met ‘n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.
Jer_36:24 En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie—die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het;
(Psa 30:11) (30:12) U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geskeerde baarde/hare:
- In sekere gevalle was die afskeer vd baard gesien as 'n teken van "onderdanigheid" omdat die baard self gedien het as 'n teken van "outoriteit" . Natuurlik is dit nie verkeerd wanneer 'n man sy baard skeer nie, maar dit gaan hier oor hoe die baard of hare somtyds as 'n teken gebruik is. Dit word bv. verbied in die geval van waar dit ter wille van dooies gedoen word, maar kon 'n ander betekenis dien in verskeie ander geleenthede. Bv., 'n Nasareer se hare mag nie geskeer geword het nie (Num. 6), maar die Lev. priesters (in Eseg. 44) is weer beveel om hulle hare behoorlik te skeer... (nie kaal skeer nie, maar ook nie lank laat groei nie). Dit gaan hier oor die konteks waarin iets as teken dien, en almal wat hierdie kennis gehad het het verstaan wat dit beteken in 'n spesifieke konteks; bv., in die geval van 2 Sam. 10 was die rede beslis om hulle te verneder en Hanun wou hierdeur wys dat hy vir Dawid (en sy dienaars) nie vertrou nie... In daardie tye was 'n man se baard grootliks gerespekteer - 2 Sam. 10 is 'n goeie vb hiervan, en kyk veral verse 4 en 5: ((2Sa 10:4) "Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan. (2Sa 10:5) En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug").
- Ons kan ook kyk na die vb. vd "Nasareër" (die wat 'n gelofte aflê waarin hulle beoog om hulle lewens aan die Here te wy, hetsy vir 'n periode of hul lewe lank... - Num. 6:2). Daar was heelwat voorwaardes wat so iemand moes nakom, wat natuurlik as tekens gedien het dat hulle hierdie gelofte gedoen het en eenkant gesit is vir die Here se werk. Een van hierdie tekens was dat die nasareër nie sy hare mag geskeer het nie... (kyk vb.e, Simson, en Samuel die profeet) (en die hare kan dus sekerlik hier gesien word as 'n teken van sy "outoriteit" om 'n nasareer te wees). 'n Nasareër mag terloops ook nie naby 'n dooie gekom het nie (Num. 6:6), en as hy hierdie wet oortree het het hy homself ontheilig en moes dan al sy hare afskeer, en na 7 dae 'n spesiale offer bring, en van voor af as Nasareër ingewy word... Hier sien ons hoe die afskeer vd hare as teken gedien het dat hy onheilig geword het (omdat hy naby 'n dooie gekom het).
Die teenoorgestelde geld weer as teken in 'n ander geval waar "hare afskeer" gebruik is in 'n seremonie. bv. Lev. 14:19 waarin die baard afgeskeer moes word, maar in hierdie geval het dit as teken gedien vir iemand wat reinig geword het... (gereinig van melaatsheid). Dus ook hier gaan dit natuurlik oor die konteks, en dit gaan dus oor WAAROM hulle somtyds nie toegelaat was om hare te skeer nie of waarom hulle die hare moes afskeer... In hierdie geval was die "baard afskeer" 'n teken daarvan dat die persoon reiniging ontvang het.
- In ander gevalle kon "baard afskeer" weer na iets anders verwys; bv., GESKEERDE BAARDE (of geskeerde hoof) WAS SOMTYDS 'N TEKEN VAN rou en weeklaag (Job 1:20). In hierdie gevalle was hare afgeskeer in die geval van rou of berou; en was miskien bedoel om te wys dat hulle verneder is, of om hulleself te verneder...:
- bv., in tye van ballingskap en slawerny - soos met die verwoesting vd tempel (Jer 41:5 - "kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samaría, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die HERE te bring");
- of berou a.g.v. sonde onder die volk... (Esra 9:3 - "En toe ek dit hoor, het ek my kleed en my mantel geskeur en van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en verslae neergesit").
- "Hare" was selfs as teken gebruik in Eseg. 5 om te profeteer wat met Jerusalem sal gebeur... (Esegiel moes sy hare en baard skeer en 'n derde vd hare moes binne-in die stad met vuur verbrand word; 'n ander derde moes met die swaard stukkend gekap word rondom die stad; en die laaste derde moes hy in die wind strooi... Elkeen van hierdie derdes (HARE) het iets voorgestel).
Hier sien ons ook hoe dit as TEKEN gebruik is om iets te beskryf.
DIT GAAN M.A.W. OOR "waarom" DIT GEDOEN IS (waarom was die hare geskeer?, of vir watter doel mag dit nie geskeer geword nie?) - dit was 'n uiterlike gebaar. Die mans onder die volk van God was bv. verbied om baarde te skeer ter wille van dooies (Lev. 15:2) - dit was omdat dit as teken gebruik was van iets! (daar is ook ander tekens wat nie mag gedoen geword het nie TER WILLE VAN dooies, bv. mag geen snye in die vlees of ingeprikte tekeninge in die vel maak nie (Lev. 19:28), kaalte op die hoof maak nie (Jes. 15:2), of offerandes aan dooies eet nie (Ps. 106:28)...ens.). Natuurlik is dit nie verkeerd om 'n baard te skeer nie!, maar sou dit gedoen word ter wille van dooies, dan is dit verkeerd; en in sekere ander gevalle (soos bo gesien) was dit verbied of beveel om iets voor te stel... Dit gaan dus veral oor "wat die gebaar voorstel". Dieselfde geld vir ander onderwerpe, soos offers eet ens. - dit gaan oor die konteks! Natuurlik is dit nie verkeerd om aan die Here kos te offer (soos in die tempel van God gedoen is of Christene die nagmaal gebruik) nie, maar dit is verkeerd vir die kind van God om kos aan afgode of dooies te offer. Dit gaan dus inderdaad oor hoekom dit gedoen word en in watter konteks?
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Grond / Hand op die hoof:
"Grond op die hoof/kop" word in heelwat skrifte gebruik in dieselfde konteks waar klere geskeur word (1 Sam. 4:12; 2 Sam. 1:2; 15:32), of in konteks met "rouklere" (Neh. 9:1; Lam. 2:10). Die skeur van klere in 1 Sam. 4 het beslis te doen gehad het met rou oor die wat hulle aan die dood afgestaan het, en die feit dat die Here (wat mag het oor dood en lewe) hulle nie beskerm het nie (omdat hulle gesondig het-1 Sam.7) soos bo gesien, maar waarna het die "grond op hoof" verwys?
"Grond of as op die hoof" (1 Sam. 4:12; Neh. 9:1; Est 4:1; Job 2:12; Eseg. 27:30) of "hand op die hoof en loop en weeklaag" (2 Sam. 13:19; Est 4:1) was gedoen in tye van ontsteltenis en vernedering. In 'n paar voorbeelde sien ons dat iemand grond op sy hoof gegooi het wanneer hy verskriklike nuus bring (bv. 1 Sam. 4:12; 1 Sam. 1:2). (Est 4:3 - "En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met VAS en GEWEEN en ROUKLAG; baie het sak en as onder hulle uitgesprei"). In Neh. 9:1,2 het die volk hulle op hierdie manier verneder voor die Here (asof in sak en as) en belydenis gedoen vir hulle (vaders se) sondes en ongeregtighede... - hulle het "geVAS met rouklere en grond op hulle hoof". (Kyk ook Lam. 2:10). Dit wil dus voorkom of "grond op die hoof gooi" 'n teken was van hoe hulle is in "sak en as", en'n teken van hoe hulle hulself voor die Here verneder.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
Hierdie tekens of gebare het dus elkeen iets spesifiek voorgestel in 'n sekere konteks (bv. hare wat nooit geskeer is nie kon beteken dat iemand 'n nasareer is; of klere wat geskeur is kon verwys na rou en/of iemand wat pleit by die Here vir Sy beskerming..., ens.). Dit was veronderstel om te wys wat in iemand se hart aangaan, bv. waardeur hulle gaan en in opregtheid te pleit by die Here en het gepaargegaan met vas, gebed en smekinge; maar hierdie gebare was ook ongelukkig somtyds gebruik om vals te wees!, bv. waar iemand voorgee dat hy vas en dit gebruik om mense te mislei om te dink dat hy die Here raadpleeg, maar dan doen hy werklik nie... (Matt. 6:16-18 - "En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde")(Jes. 58:3-7). Die tema van gebare en tekens kan miskien ook vgl. word met die tema van "gedenkseels", wat ook as tekens gedien het (bv. vir herinnering), maar sommige het (alhoewel hulle die skrifte op hulle gedra het) tog nie gehoorsaam gewees aan die Here se woorde nie - hulle het wel die woorde bely maar self nie die werke gehad nie. Sekere skrifgeleerdes en die Fariseërs was deur Jesus sterk aangespreek hieroor, want hulle het "op die stoel van Moses gesit" en moes die Here se woorde aan die volk leer, tog was hulleself nie gehoorsaam aan hierdie woorde nie maar eerder hoogmoedig, blinde leiers, werke gedoen tot eie voordeel, en hulleself verhoog (Matt. 23). Die Here weet wanneer iemand opreg is en wanneer nie. Hy sien die hart...
Die Here soek 'n waaragtige hart, nie net uiterlike gebare nie, en vir die wat hulle voor Hom verneder en Hom raadpleeg, die wat met opregte hart vas en bid en tot Hom smeek, dit is hulle op wie Hy ag gee... (2 Kon. 22:19; 2 Kron. 34:27). Gebare beteken dus net iets wanneer dit gepaardgaan met opregtheid. Dit is immers die doel van gebare of TEKENS, dat dit iets voorstel in 'n spesifieke konteks. So is die Christelike doop en Nagmaal ook TEKENS, en gebare wat iets spesifiek beteken in 'n spesifieke konteks. Die doop van Johannes het bv. nie alles voorgestel wat die doop in Jesus Christus voorstel nie (kyk die vb. in Hand. 19:3-5 van die wat nadat hulle met Johannes se doop gedoop is weer gedoop is nadat hulle tot geloof gekom het in Christus Jesus -nie dat die doop van Johannes nie belangrik of nodig was nie, maar dit gaan hier gaan oor wat dit is wat elke doop voorstel, of voorgestel het). Die doop van Johannes was bv. slegs 'n doop van bekering (dus 'n teken van bekering en afwassing van sondes), terwyl die Christelike doop op 3 dinge wys waarvan bekering en die afwas van sondes slegs een van hulle is! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html). Op dieselfde wyse kan die skeer van 'n baard iets anders voorstel in een opsig, en in 'n ander opsig na iets anders verwys. Waar baarde geskeer was in die geval van "rou", het dit bv. iets anders voorgestel as in die geval van waar dit in 'n seremonie gedoen moes word. Somtyds is die skeer van hare nie toegelaat nie, en somtyds was dit nodig... Waar die baard geskeer word ter wille van dooies is dit bv. verkeerd, maar in 'n ander konteks kon dit 'n teken van reiniging wees - dit gaan alles oor wat dit beteken het in 'n spesifieke konteks.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking