Woensdag 24 Oktober 2018

"Vlees en been" / "Vlees, of Liggaam en bloed" / "Een vlees

IN HIERDIE POS KYK ONS SPESIFIEK NA DIE 3 TERME WAT TE DOEN HET MET "FAMILIE", EN WAARNA PRESIES ELKE TERM VERWYS:
1.  Vlees en (ge)Been(te)
2.  Vlees en Bloed, of Liggaam en Bloed
3.  Een vlees
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) VLEES EN (ge)BEEN(te):

Die term "VLEES EN BEEN" word gewoonlik gebruik in konteks met "familie" (letterlik bedoel)(Gen. 29:14; 2:23; 37:27; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1; Rig. 9:2 ens.), maar word ook gebruik van figuurlike geslagslyne. Natuurlik verwys dit letterlik nie net na die LIGGAAM (vleis, vel, naaktheid) nie, maar ook na die BENE (genetiese element)(Rig. 9:2; 2 Sam. 19:12) - Bv., letterlike familie verwys na "gebore uit dieselfde geslag" - (Gen 29:14 "Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees...")(Gen. 2:23; 2 Sam. 5:1; 2 Sam. 19:12 ens.).
Na regte is alle mense familie van mekaar en "kinders van Adam" - vgl. met die tema van "NATUURLIKE MENSE" (gebore in sonde - Ps. 51:5)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html); maar immers nie net vlees nie, maar ook bene van mekaar! Adam en  Eva is bv. "vlees en been" van mekaar want immers is Eva geskep uit een van Adam se ribbebene ("been"), en is ook "een vlees"... (Gen. 2:21,22)(vgl. met studie "natuurlike mens" - alle mense vlees en been van mekaar - die mensdom - "vlees en bloed").

-  LETTERLIK: Die term "vlees en been" word veral gebruik in die geval van letterlike geslagslyne (verwysend na uit watter vlees en been iemand gebore is -uit watter saad of geslag hy gebore is, bv. "kinders van Abraham"), maar word nie altyd  net t.o.v. LETTERLIKE geslagslyne gebruik nie, maar verwys ook na FIGUURLIKE geslagslyne, bv.;
- FIGUURLIK: "Christene is lede van Christus se liggaam" - van Sy VLEES EN VAN SY BENE... (Ef. 5:30)(en verwys dus na hoe Christene gebore is uit Hom (gebore uit God, deur Sy Heilige Gees) en is dus "van Sy vlees en bene"... Figuurlik gesproke word 'n man en vrou (wat getroud is) ook gesien asof vlees en bene van mekaar ("een vlees")("been van my gebeente" en "vlees van my vlees")(Gen. 2:23,24). Die geestelike mens is weer gebore (deur water en Gees) - is kinders van Christus Jesus (deel van Sy geslag - gebore uit Hom) - gewas deur Hom en gebore uit Sy Saad deur Sy Heilige Gees. In daardie opsig kan Christene gesien word as Sy kinders (figuurlik gesproke) en dus "kinders van Abraham" - gebore uit die geslag wat eendag gaan erf!,  nl. Abraham, Isak, Jakob of Israel.....Dawid...Jesus Christus.  Behalwe dat Christene dus gesien word as FAMILIE van Jesus Christus (van Sy vlees en been), is hulle ook deel van Sy  figuurlike liggaam (die Christelike kerk) waarvan Christene die verskillende lede is van die "liggaam" - sien die volgende opsomming "liggaam en bloed".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)
- LIGGAAM EN BLOED:

Die term "LIGGAAM EN BLOED" (1 Kor. 10:16; 11:27) word veral gebruik in konteks met die figuurlike familie (van die wat in Christus Jesus glo en Sy Gees ontvang het) - hulle is geestelik familie van mekaar en is deel vd Liggaam van Christus (almal lede vd liggaam en deel in die lewe wat daar in die bloed van Christus is). Dit verwys nie net na hoe die geestelike mens familie is van Jesus Christus nie maar ook na hoe Christene familie is van mekaar, deur die Liggaam en bloed van Christus. Terwyl die geestelike mens dan nou nie onder die oordeel vd tweede dood sal val nie, omdat hy gemeenskap het met die liggaam en bloed van Christus, is dit des belangrik dat hy toesien dat hy nie weer skuldig word aan die bloed van Christus nie! -(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html). Die term "vlees en bloed" word ook gebruik in konteks met die Nagmaal, en gaan oor die genesing wat daar is in Sy Liggaam en die lewe wat daar is in Sy bloed (Hebr. 9:13,14; Joh. 6:53-55); m.a.w. FIGUURLIKE GESPROKE het die geestelike mens "gemeenskap met Christus Jesus se liggaam en bloed waarvan die Nagmaal 'n teken is.

- VLEES EN BLOED:

Die term "VLEES EN BLOED" verwys na "die mensdom" (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Gal. 1:16; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50), en verwys na die liggaam met die LEWE in die bloed = siel (Lev. 17:11) - vgl. hierdie ook met die tema van "menslike wese". Die mens is VLEES en BLOED want hy is (1) uit vlees gebore (Joh 3:6), en (2) uit bloed gebore (Joh. 1:13) =  die "NATUURLIKE MENS" (verganklik). Maar die term "vlees en bloed" word nie net gebruik t.o.v die natuurlike mens (uit vlees gebore) nie, maar ook vd geestelike mens omdat die geestelike mens "vlees en bloed" is van Christus Jesus (wat terwille van ons "vlees en bloed" geword het...) - nie letterlik uit Hom gebore nie, maar figuurlik, deur Sy Gees (word wederbaar deur water en Gees) - en is dus "uit God gebore" (daarom word die geestelike mens nie gesien as "vlees" nie, maar "gees")(Joh. 3:6) - in ander woorde, "uit Gees gebore". Die natuurlike mens is uit vlees gebore;  die geestelike mens is uit Gees gebore.
Omdat daar lewe is in bloed, kan dit in die regte konteks as reinigingsmiddel gebruik word, m.a.w. 'n lewe vir 'n lewe! (Openb. 1:5; 1 Joh. 1:7; Hebr. 3:11,12...) - sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie (Heb 9:22). Christus Jesus het die "vlees en bloed" deelagtig geword (mens geword) sodat Hy deur die dood (met Sy eie bloed), hom wat mag het oor die dood (nl. die duiwel) tot niet kon maak (Heb 2:14; 1 Joh. 5:6). Om hierdie rede word die term "vlees en bloed" ook gebruik van Christus se liggaam en bloed (teken in Nagmaal)(Hebr. 9:13; Joh. 6:53-56)(l.w. dat die term "liggaam en bloed" ook in hierdie konteks gebruik word).
Ons moet dus onderskei tussen die NATUURLIKE MENS en die GEESTELIKE MENS.  Die natuurlike mens het wel lewe in die bloed en is gebore uit bloed, maar is verganklik ("kinders van Adam"). Almal is gebore uit die saad van Adam (en is na regte familie of "vlees en been" van mekaar), en is om daardie rede "natuurlike mense" (verganklik, en sal doodgaan, letterlik en figuurlik), want hulle is gebore uit BLOED, uit die wil vd vlees of man, maar die geestelike mens ontvang SKOONWASSING en LEWE in die liggaam en bloed van Christus, en word gebore uit Gees - het dus die belofte van ewige lewe (is "kinders van Jesus Christus" en sal dus erf) - hulle is "gees" want hulle is gebore uit Gees (Joh. 3:6)("gebore uit God" - 1 Joh. 4:7; 5:1 ens.).

Die natuurlike mens kan nie die koninkryk van God beerwe nie (1Kor. 15:50 - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie"), want hy is verganklik (gaan dood) - is kinders van Adam - is "vlees en bloed" (is m.a.w. gebore uit vlees en bloed), maar die geestelike mens kan wel die koninkryk van God beerwe want hy is nie gebore uit vlees en bloed en deur die wil van 'n man nie nie, maar is gebore uit (water en) Gees (deur die wil van God)(Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is").
Dus:  -Die geestelike mens word nie meer gesien as 'n "natuurlike mens" wat gebore is uit bloed of uit die wil vd vlees of man (m.a.w. "kinders van Adam") nie, maar word gesien as weergebore - gebore uit (water en) Gees (gebore uit God) en volgens die wil van God.  Die persoon wat weergebore is word genoem "geestelike mens" want hy word deel van Christus Jesus se "vlees en bloed" en is deel van Sy "vlees en bene" (dus (1) hulle genesing en LEWE is in Sy ligaam en bloed - en hulle het die bloefte van opstanding deur Sy Liggaam , en belofte van ewige lewe deur Sy bloed' en (2) is nou figuurlik "familie van Christus Jesus" - gebore uit Sy saad - deel van Sy vlees en bene )(anders as die natuurlike mens sal die geestelike mens die dood oorwin deur letterlike opstanding eendag, en hulle sal nie onder die oordeel vd tweede dood val nie...).

https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) "Een vlees":

Daar is 3 verwysings na die begrip "een vlees" in die Skrif, en dit vewys telkens na "twee wat een word" (in sommige skrifte letterlik bedoel, en in ander figuurlik bedoel). 

- (1)  LETTERLIK: man en vrou wat een word (bv. Adam en Eva - Gen. 2:21-23)(of man wat vader en moeder verlaat en vrou aankleef - Gen. 2:24; Matt. 19:5,6; Mark. 10:8; Ef. 5:31).
 - (2) FIGUURLIK: Christene deel van Christus se "liggaam" en hulle liggame is 'n tempel vd Heilige Gees. Christene is lede van Christus se liggaam = kan vgl. word met twee wat een vlees is, wat dit beteken is dat hulle is "een gees met Hom" en Christene behoort dus aan Christus, en dien Hom (soos 'n vrou en man aan mekaar behoort en dien)(1 Kor. 6:15-18) - dit gaan dus oor hoe Christene Hom aanhang en nie afgode aanbid of afgodspraktyke navolg nie (op dieselfde wyse wat 'n man en vrou mekaar aanhang met die klem op "nie hoereer met ander nie" - 1 Kor. 6:16) - (vgl. met paragraaf boontoe, "liggaam en bloed" - hulle genesing en lewe is in Sy liggaam en bloed, en hulle is almal lede van Sy liggaam...).
- (3) FIGUURLIK: Jood en heiden nou "een liggaam" in Christus Jesus = Christene (Ef. 2:13-16).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: