Wys tans plasings met die etiket vlees en been. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vlees en been. Wys alle plasings

Saterdag 04 Januarie 2020

Met Christus beklee

Wat beteken dit om met Christus beklee te wees,
of om jou met Christus te beklee?
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is met Christus beklee:

(Gal 3:27)  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Die term "het julle met Christus beklee" is 'n goeie beskrywing van hoe iemand onder die kinders van God ingedoop word.  Die woorde "met Christus beklee" verwys spesifiek na die wat in Jesus Christus gedoop is, wat 'n bewys is van geloof in Hom (bestudeer die tema vd  Christelike doop). In konteks Gal. 3 handel dit oor "ERFENIS" (m.a.w., wie is dit wat eendag sal erf?)(wie is dit wat beklee is met die klere van heil?) - vgl. dit met onderwerpe "kinders van Abraham" / "kinders vd wet" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil (Hebr. woord " eh'-shah " - veilig, redding, gered ), my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele").  in Christus het elkeen wat in Hom glo (hetsy jood of heiden, watter stam, volk, nasie, taal ookal - vgl. met tema van "evangelie van vrede"), dieselfde erfenis as die kinders van Abraham (meer spesifiek, kinders gebore uit die geslag Abraham, Isak, Jakob)(en nog meer spesifiek, "kinders vd geloof") en in der waarheid word elkeen wat geloof in Jesus Christus bely ingedoop onder hierdie kinders van Abraham (Abraham....  - Israel... - Dawid... -Jesus Christus)(Gal.. 3:23,29)(in ander woorde, hulle word kinders van Jesus Christus, asof gebore word uit Sy saad - gebore uit die geslag Abraham, Isak, Jakob, ...Dawid. ...Jesus Christus - nie letterlik gebore uit Sy saad nie, maar deur water en Gees - "weer gebore" - bestudeer die term "gebore uit God" om dit beter te verstaan. Innerlike mens vernuwe...).

Die dissipels het ook graag na die Christelike doop verwys as "DIE DOOP IN JESUS CHRISTUS", wat verwys na die wat gedoop word in die Naam van Jesus Christus (Hand. 2:38)(alhoewel die waterdoop nie net gedoen word in Naam vd Seun nie, maar ook in die Naam vd Vader en van die Heilige Gees - Matt. 28:19)    (bestudeer gerus die tema van die Christelike doop en kyk bv. die belangrikheid van om in Jesus Christus gedoop te word... - kyk die vb in Hand. 19:1-6 vd watgedoop deur die doop van bekering. doop van Johannes;  was maar oorgedoop in die Naam vd Here Jesus omdat hulle nog nie die Heilige Gees ontvang het toe hulle gelowig geword het nie. Ons moet verstaan dat dit Jesus Christus is wat die Heilige Gees uitstuur aan die wat in Hom glo (Luk. 3:16; Joh. 1:33 ) -belydenis van geloof in Hom word deur die teken vd Christelike waterdoop bevestig, en deur belydenis van geloof in Hom kan iemand die Heilige Gees ontvang (hetsy belydenis van geloof in Jesus Christus voor of d.m.v. die waterdoop is)  - ...sien dus die belangrikheid van die ontvang vd Heilige Gees, want daar is twee elemente nodig vir wedergeboorte, nl. (1) water en (2) die Heilige Gees. Daar is wel gevalle van mense wat die Heilige Gees ontvang het nog voor hulle gewaterdoop is in Sy Naam(Hand. 10:44-47) - dit gaan hier oor die belydenis aspek en wat die wat in Hom glo van Hom ontvang - en terloops is hierdie mense toe steeds gewaterdoop, al was dit nadat hulle die Gees ontvang het...). Die wat deur die Christelike doop gaan, is die wat glo in Jesus Christus, en word "onder Hom" deel van die wat eendag gaan erf. (Gal 3:23 - "Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word"). M.a.w., die wat hulle in Christus laat doop het, se erfenis kom deur Hom (nie deur die wet nie), wat beteken dat hulle word getel as deel vd kinders van Abraham maar nie "onder die wet" nie (Gal. 3:25), maar "onder Christus" (verkry dit deur die geloof in Christus) - hulle erfenis kom deur Hom (Hand. 4:12). In daardie sin het hulle hul met Hom "beklee" en is daarom beklee met die klere van heil... (Jes. 61:10) (Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename").

Elkeen is "beklee" met vel en vlees -  Job het bv. so 'n tipe voorstelling gebruik in Job 10:11 -  ("Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg") - wat verwys na hoe vel en vlees of die liggaam gesien kan word soos 'n "huis". Bekleding gaan nie net oor bedekking nie (bv. iemand se skaamte BEDEK, of 'n perd se nek BEDEK met maanhare - Job 39:22/19, ens.), maar kan ook gesien word soos 'n beskerming of heining (in Job 10:11 is die woord beklee bv. die Hebr. woord "sook" wat beteken "heining" - iets wat ingekluis word) - die liggaam word ook in 2 Kor. 5 voorgestel soos 'n TENTWONING of HUIS.

In ander woorde kan "vel en vlees" of die LIGGAAM gesien word soos 'n BEKLEDING of HUIS.  Maar uit watter saad is iemand gebore?, want dit bepaal die tipe vlees! (die tipe bekleding of tipe huis).  Bv., die natuurlike mens is gebore uit die saad van Adam en het daarom verganklike vlees - word ook na verwys in die Skrif as "vlees en been" ('n term wat veral gebruik word vir familie / is vlees en been van mekaar) - m.a.w., wie is familie van mekaar want hulle is vlees en been van mekaar. Die term "vlees en bloed" is weer 'n term wat veral gebruik word vir die mensdom, en almal is vees en bloed van mekaar - en net soos die "natuurlike mens" (die gebore uit Adam) vlees en been is van mekaar ("vlees en bloed" - vlees en bene van Adam), net so is die geestelike mens vlees en been van Christus Jesus ("lede van Sy liggaam)(Ef. 5:30) - word (deur die wedergeboorte) gesien as "gebore uit die saad van God".  Die term "liggaam en bloed" word veral hiervoor gebruik (verwysend na die geestelike familie - die wat familie is van mekaar in Jesus Christus) - hulle is vlees en been van Jesus Christus en is dus "met Hom beklee". Die erfenis kom uit hierdie familie!

Maar natuurlik is die geestelike mens se uiterlike nog nie beklee met 'n nuwe liggaam nie. maar wel sy innerlike mens - en die uiterlike sal ook eendag met 'n nuwe uiterlike beklee word... - bestudeer die tema van "die opstanding" .
Dieselfde tipe beeldspraak van beklee word met vlees kan ook gebruik word van die nuwe liggaam - vd verheerlikte liggaam...  die nuwe liggaam wat vir elke Christen belowe word waarin hulle eendag sal opstaan wanneer Christus terugkom (1 Kor. 15:54 - "En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning"). Hierdie sal 'n ander soort liggaam wees as die huidige uiterlike, bv. sal "onverganklik" wees, terwyl die huidige "verganklik" is (verganklik - gebore uit die saad van Adam)(en daarom sterf almal). Die Christen het die belofte van opstanding in 'n nuwe uiterlike liggaam eendag omdat hy deur  die geloof wederbaar word - "weer gebore", gebore uit die saad van God (Tit. 3:5)(hierdie wedergeboorte verwys natuurlik na die innerlike mens, maar elkeen wat weer gebore is het ook, saam met dit, die belofte van eendag weergeboorte vd uiterlike mens) - en daarom kan die tyd van Jesus se wederkoms ook gesien word soos 'n tyd van wedergeboorte (Matt. 19:28) wat veral verwys na die vernuwing van alles (en "die opstanding" gaan ook oor nuwe uiterlike...) (1 Pet. 1:3)(net soos die Christen se innerlike vernuwe is, gaan sy uiterlike ook vernuwe word).  Hierdie tyd verwys natuurlik na die tyd van Jesus se wederkoms, ook die tyd wanneer kinders vd Here hulle erfenis ontvang...

Wat "die geestelike mens" se innerlike mens aanbetref het hy dus reeds opgestaan in 'n nuwe liggaam,  ja, maar nog nie sy uiterlike mens nie... - eers wanneer sy uiterlike mens eendag vernuwe word deur die komende opstanding tot lewe (waarna verwys word as "die opstanding"), dan het hy "die dood oorwin" (dan het ook sy uiterlike 'n nuwe huis - nuwe vlees). Wat die wedergeborene se innerlike aanbetref het hy reeds die belofte dat hy nie deur die tweede dood (Openb. 20:6,14) sal gaan nie (en natuurlik verwys na die wat vashou...; die wat hulle "met Christus beklee" - kyk volgende paragraaf), maar wat sy uiterlike mens aanbetref sterf hy steeds omdat die uiterlike nog nie vernuwe is nie - en eendag, met Jesus se wederkoms, wanneer sy uiterlike vernuwe word, dan is die dood vir hulle finaal verslind.  Elkeen wat hulle beklee het met Christus se uiterlike mens sterwe dus steeds, ja, maar anders as die natuurlike mens het die geestelike mens die belofte van eendag opstanding tot LEWE! omdat hulle "beklee is met Christus".  Dus, opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe ONVERGANKLIKE liggaam - ander soort vlees... (en hulle sal dus die aarde beerwe en vir ewig lewe...).
Op dieselfde wyse kan die wedergeborene, wie se innerlike mens vernuwe is en gesien word as "gebore uit God" ("gebore uit Sy saad"), alreeds gesien word as "in 'n nuwe "huis", want hulle is alreeds "beklee" en het daarom die LEWE (want hulle is gebore uit Sy saad. en vlees en been van Christus). Ons moet dus hier onderskei tussen die uiterlike mens en die innerlike mens.

Skrifgedeeltes van belang:
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

(Kol 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Kol 3:11)  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
(Kol 3:12)  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
(Kol 3:13)  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opdrag: "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus":


Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"...

Dus, alhoewel die Christen gesien word as alreeds "met Christus beklee", word hy ook beveel "om hom met Christus te beklee" ?
Hierdie was nog altyd iets wat nie aldag verstaan word nie, want soos met die tema van saligheid klink die woorde teenstrydig wanneer die Christen bv. voorgestel word as iemand wat alreeds saligheid ontvang het (Ef. 2:5,8; Rom. 10:9; Tit. 3:5; 2 Thess. 2:13; Jud. 1:3) maar ook beveel word om aan te hou en oorwin en te hardloop sodat hulle nie eendag verwerplik is nie... (1 Kor. 9:24-27; 15:2; Rom. 8:13; 13:11; Hebr. 1:14; Openb. 2 en 3 ens.). Dus, net soos met die tema van saligheid, is Christene alreeds met Christus beklee, ja (en het dus saligheid en word gesien as deel vd wat gaan ERF), maar ook soos met die tema van saligheid moet hulle vashou en aanhou want as hulle die Heilige Gees bedroef, wat sal tog die uiteinde daarvan wees?  Die Christen wat nie vashou nie staan die gevaar om eendag verwerplik te wees.  Hierdie feit word in vele skrifte, briewe en gelykenisse uitgebeeld, bv. die gelykenis vd saaier (tweede en derde groep wat nie vrug dra nie, of hulle vrug verloor...), die briewe aan die 7 gemeentes Openb. waarin slegs die wat oorwin, sal "ontvang" (Openb. 2 en 3), waarskuwing vir die wat in sonde tot die dood stap (Rom. 6:16; Jak. 1:15; 1 Kor. 6:10), ens.  Die Christen het dus alreeds saligheid maar moet seker maak dat hy dit nie verloor nie! - in daardie sin moet hy Hom beklee met Jesus Christus, wat beteken dat hy sy liggaam beskikbaar stel vir die Here en Hom "soos 'n slaaf" dien.

Paulus verduidelik hierdie baie mooi in Rom. 6 en verklaar bv. dat die Christen wat wedergebore is nie meer die sonde dien nie - die Christen word gesien as "het doodgegaan" vir die sonde wat hulle soos 'n slaaf gedien het, en dien nou vir Jesus Christus (sien tema "liggaam soos slaaf"). Hierdie word terloops ook in die Christelike doop voorgestel!  Dit gaan oor wie dit is vir wie jy gehoorsaam... Dit dan die belangrikheid van "bekering" wanneer iemand tot geloof kom asook om AAN TE HOU om Hom te dien, want hoe kan jy jouself ondergeskik stel aan die Here Jesus Christus maar dan steeds die ander dien?  Niemand kan twee here dien nie.   Om "met Christus beklee te word" verwys dus nie net na die wat begin glo het in Jesus Christus en hulle in Sy Naam laat doop het nie, maar gaan ook oor om die nuwe lewe aan te trek  (die bekering en dade wat by die geloof pas). As "met Christus beklee" verwys na die wat "nuwe vel en vlees" aantrek, m.a.w. gaan oor uit watter geslag gebore, dus nou gebore uit God, dan beteken dit dat die wat weergebore is is nou kinders van Jesus Christus. Hy is die Hoof. "Kinders moet hulle ouers gehoorsaam, want hulle is uit hulle saad gebore".  Die wat gebore is uit die saad van God, moet Hom gehoorsaam. 

Dit dan die opdrag om "met Christus te beklee", en verwys na hoe die Christen hom "MET DIE NUWE MENS moet BEKLEE" (Ef. 4:24):  (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie") - weergeborenes behoort nou aan 'n ander familie
In konteks gaan Rom. 13:14 bv. oor hoe die Christen sy naaste moet liefhê (Rom. 13:8,9), die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig moet aangord (v. 12)... - daar moet dus geen voorsorg vir die vlees gemaak word om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar inteendeel moet die Christen vir Jesus Christus gehoorsaam - dus deur Sy Gees wandel. Weergeborenes is deel vd "kinders vd koninkryk" - hierdie beskryf hulle huidige identiteit. "Koring" se identiteit word nie net beskryf deur die saad (bv. die saad waaruit iemand gebore is) nie, maar ook deur die vrug wat dit voortbring/dra (vrug is dus 'n getuienis van hulle kindskap/geloof). As 'n weergeborene nie die vrug dra van 'n kind van God (die familie van Jesus Christus) nie, dan plaas dit 'n vraagteken op die saad waaruit hy gebore is.  Mense van dieselfde familie het dieselfde kultuur en waardes.  Ongehoorsame kinders kom in opstand teen die kultuur en waardes van hulle familie.  Wanneer kinders van die Here so begin optree, is hulle besig om in opstand te kom teen die nuwe "vel en vlees" waarmee hulle beklee is. In daardie sin moet weergeborenes hulle met die nuwe mens beklee en leef soos mense wat aan 'n nuwe familie behoort (soos mense wat nie gebore is uit die saad van Adam nie, maar gebore uit die saad van God). Hulle moet gehoorsaam wees aan hulle Hoof, nl. Jesus Christus, en hulle laat lei deur Sy Gees wat Hy aan hulle gee.

In hierdie sin moet ons ons "met Christus beklee"...  Ons moet ons deur Hom laat lei.  Hy is die Hoof van die Christelike kerk en die Een wat aan ons die Heilige Gees gee. (Gal 5:16 - "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie"). Dus almal wat tot geloof in Jesus Christus gekom het en Sy Heilige Gees ontvang het, het hulle "met Hom beklee" (hulle is ingedoop onder die kinders van God), maar hulle word ook beveel om hulle daagliks "met Christus te beklee" (wat beteken hulle hom Hom dien en hulle met die nuwe mens beklee). Dit is soos om klere aan te trekm - soos om jou met die nuwe vel en vlees aan te trek. Dus, alhoewel die Christen "met Hom beklee" is en dus ingedoop onder die wat eendag gaan erwe, moet hulle hul ook met hierdie nuwe mens BEKLEE, want hulle behoort nou aan 'n ander familie met 'n ander kultuur en waardes

Net soos die uiterlike mens klere en kos en water en lig nodig het, net so het die innerlike mens hierdie nodig. 
- Bv. kos en water om aan die lewe te bly, want sonder kos en water sal hy doodgaan.
- Lig om te lewe, maar wat sal tog gebeur wanneer die Christen wat lewe deur die asem van die Heilige Gees (Wie hom terloops in bewaring hou tot die dag van verlossing), die Gees van God bedroef?
- En wat van klere om sy naaktheid te bedek?  Sonder klere sal die Christen wat nie sy "klere" bewaar nie, eendag skaam en naak staan vir almal om te sien... (bestudeer gerus die tema van bekleding om hierdie beter te verstaan).

Skrifgedeeltes van belang:
(Rom 8:12)  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
(Rom 8:13)  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
(Rom 8:14)  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.


(Gal 5:16)  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
(Gal 5:17)  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
(Gal 5:18)  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.


(1Jn 2:15)  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
(1Jn 2:16)  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
(1Jn 2:17)  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

(Col 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Col 3:11)  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
(Col 3:12)  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
(Col 3:13)  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
(Col 3:14)  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 24 Oktober 2018

"Vlees en been" / "Vlees, of Liggaam en bloed" / "Een vlees

IN HIERDIE POS KYK ONS SPESIFIEK NA DIE 3 TERME WAT TE DOEN HET MET "FAMILIE", EN WAARNA PRESIES ELKE TERM VERWYS:
1.  Vlees en (ge)Been(te)
2.  Vlees en Bloed, of Liggaam en Bloed
3.  Een vlees
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) VLEES EN (ge)BEEN(te):

Die term "VLEES EN BEEN" word gewoonlik gebruik in konteks met "familie" (letterlik bedoel)(Gen. 29:14; 2:23; 37:27; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1; Rig. 9:2 ens.), maar word ook gebruik van figuurlike geslagslyne. Natuurlik verwys dit letterlik nie net na die LIGGAAM (vleis, vel, naaktheid) nie, maar ook na die BENE (genetiese element)(Rig. 9:2; 2 Sam. 19:12) - Bv., letterlike familie verwys na "gebore uit dieselfde geslag" - (Gen 29:14 "Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees...")(Gen. 2:23; 2 Sam. 5:1; 2 Sam. 19:12 ens.).
Na regte is alle mense familie van mekaar en "kinders van Adam" - vgl. met die tema van "NATUURLIKE MENSE" (gebore in sonde - Ps. 51:5)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html); maar immers nie net vlees nie, maar ook bene van mekaar! Adam en  Eva is bv. "vlees en been" van mekaar want immers is Eva geskep uit een van Adam se ribbebene ("been"), en is ook "een vlees"... (Gen. 2:21,22)(vgl. met studie "natuurlike mens" - alle mense vlees en been van mekaar - die mensdom - "vlees en bloed").

-  LETTERLIK: Die term "vlees en been" word veral gebruik in die geval van letterlike geslagslyne (verwysend na uit watter vlees en been iemand gebore is -uit watter saad of geslag hy gebore is, bv. "kinders van Abraham"), maar word nie altyd  net t.o.v. LETTERLIKE geslagslyne gebruik nie, maar verwys ook na FIGUURLIKE geslagslyne, bv.;
- FIGUURLIK: "Christene is lede van Christus se liggaam" - van Sy VLEES EN VAN SY BENE... (Ef. 5:30)(en verwys dus na hoe Christene gebore is uit Hom (gebore uit God, deur Sy Heilige Gees) en is dus "van Sy vlees en bene"... Figuurlik gesproke word 'n man en vrou (wat getroud is) ook gesien asof vlees en bene van mekaar ("een vlees")("been van my gebeente" en "vlees van my vlees")(Gen. 2:23,24). Die geestelike mens is weer gebore (deur water en Gees) - is kinders van Christus Jesus (deel van Sy geslag - gebore uit Hom) - gewas deur Hom en gebore uit Sy Saad deur Sy Heilige Gees. In daardie opsig kan Christene gesien word as Sy kinders (figuurlik gesproke) en dus "kinders van Abraham" - gebore uit die geslag wat eendag gaan erf!,  nl. Abraham, Isak, Jakob of Israel.....Dawid...Jesus Christus.  Behalwe dat Christene dus gesien word as FAMILIE van Jesus Christus (van Sy vlees en been), is hulle ook deel van Sy  figuurlike liggaam (die Christelike kerk) waarvan Christene die verskillende lede is van die "liggaam" - sien die volgende opsomming "liggaam en bloed".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)
- LIGGAAM EN BLOED:

Die term "LIGGAAM EN BLOED" (1 Kor. 10:16; 11:27) word veral gebruik in konteks met die figuurlike familie (van die wat in Christus Jesus glo en Sy Gees ontvang het) - hulle is geestelik familie van mekaar en is deel vd Liggaam van Christus (almal lede vd liggaam en deel in die lewe wat daar in die bloed van Christus is). Dit verwys nie net na hoe die geestelike mens familie is van Jesus Christus nie maar ook na hoe Christene familie is van mekaar, deur die Liggaam en bloed van Christus. Terwyl die geestelike mens dan nou nie onder die oordeel vd tweede dood sal val nie, omdat hy gemeenskap het met die liggaam en bloed van Christus, is dit des belangrik dat hy toesien dat hy nie weer skuldig word aan die bloed van Christus nie! -(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html). Die term "vlees en bloed" word ook gebruik in konteks met die Nagmaal, en gaan oor die genesing wat daar is in Sy Liggaam en die lewe wat daar is in Sy bloed (Hebr. 9:13,14; Joh. 6:53-55); m.a.w. FIGUURLIKE GESPROKE het die geestelike mens "gemeenskap met Christus Jesus se liggaam en bloed waarvan die Nagmaal 'n teken is.

- VLEES EN BLOED:

Die term "VLEES EN BLOED" verwys na "die mensdom" (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Gal. 1:16; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50), en verwys na die liggaam met die LEWE in die bloed = siel (Lev. 17:11) - vgl. hierdie ook met die tema van "menslike wese". Die mens is VLEES en BLOED want hy is (1) uit vlees gebore (Joh 3:6), en (2) uit bloed gebore (Joh. 1:13) =  die "NATUURLIKE MENS" (verganklik). Maar die term "vlees en bloed" word nie net gebruik t.o.v die natuurlike mens (uit vlees gebore) nie, maar ook vd geestelike mens omdat die geestelike mens "vlees en bloed" is van Christus Jesus (wat terwille van ons "vlees en bloed" geword het...) - nie letterlik uit Hom gebore nie, maar figuurlik, deur Sy Gees (word wederbaar deur water en Gees) - en is dus "uit God gebore" (daarom word die geestelike mens nie gesien as "vlees" nie, maar "gees")(Joh. 3:6) - in ander woorde, "uit Gees gebore". Die natuurlike mens is uit vlees gebore;  die geestelike mens is uit Gees gebore.
Omdat daar lewe is in bloed, kan dit in die regte konteks as reinigingsmiddel gebruik word, m.a.w. 'n lewe vir 'n lewe! (Openb. 1:5; 1 Joh. 1:7; Hebr. 3:11,12...) - sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie (Heb 9:22). Christus Jesus het die "vlees en bloed" deelagtig geword (mens geword) sodat Hy deur die dood (met Sy eie bloed), hom wat mag het oor die dood (nl. die duiwel) tot niet kon maak (Heb 2:14; 1 Joh. 5:6). Om hierdie rede word die term "vlees en bloed" ook gebruik van Christus se liggaam en bloed (teken in Nagmaal)(Hebr. 9:13; Joh. 6:53-56)(l.w. dat die term "liggaam en bloed" ook in hierdie konteks gebruik word).
Ons moet dus onderskei tussen die NATUURLIKE MENS en die GEESTELIKE MENS.  Die natuurlike mens het wel lewe in die bloed en is gebore uit bloed, maar is verganklik ("kinders van Adam"). Almal is gebore uit die saad van Adam (en is na regte familie of "vlees en been" van mekaar), en is om daardie rede "natuurlike mense" (verganklik, en sal doodgaan, letterlik en figuurlik), want hulle is gebore uit BLOED, uit die wil vd vlees of man, maar die geestelike mens ontvang SKOONWASSING en LEWE in die liggaam en bloed van Christus, en word gebore uit Gees - het dus die belofte van ewige lewe (is "kinders van Jesus Christus" en sal dus erf) - hulle is "gees" want hulle is gebore uit Gees (Joh. 3:6)("gebore uit God" - 1 Joh. 4:7; 5:1 ens.).

Die natuurlike mens kan nie die koninkryk van God beerwe nie (1Kor. 15:50 - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie"), want hy is verganklik (gaan dood) - is kinders van Adam - is "vlees en bloed" (is m.a.w. gebore uit vlees en bloed), maar die geestelike mens kan wel die koninkryk van God beerwe want hy is nie gebore uit vlees en bloed en deur die wil van 'n man nie nie, maar is gebore uit (water en) Gees (deur die wil van God)(Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is").
Dus:  -Die geestelike mens word nie meer gesien as 'n "natuurlike mens" wat gebore is uit bloed of uit die wil vd vlees of man (m.a.w. "kinders van Adam") nie, maar word gesien as weergebore - gebore uit (water en) Gees (gebore uit God) en volgens die wil van God.  Die persoon wat weergebore is word genoem "geestelike mens" want hy word deel van Christus Jesus se "vlees en bloed" en is deel van Sy "vlees en bene" (dus (1) hulle genesing en LEWE is in Sy ligaam en bloed - en hulle het die bloefte van opstanding deur Sy Liggaam , en belofte van ewige lewe deur Sy bloed' en (2) is nou figuurlik "familie van Christus Jesus" - gebore uit Sy saad - deel van Sy vlees en bene )(anders as die natuurlike mens sal die geestelike mens die dood oorwin deur letterlike opstanding eendag, en hulle sal nie onder die oordeel vd tweede dood val nie...).

https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) "Een vlees":

Daar is 3 verwysings na die begrip "een vlees" in die Skrif, en dit vewys telkens na "twee wat een word" (in sommige skrifte letterlik bedoel, en in ander figuurlik bedoel). 

- (1)  LETTERLIK: man en vrou wat een word (bv. Adam en Eva - Gen. 2:21-23)(of man wat vader en moeder verlaat en vrou aankleef - Gen. 2:24; Matt. 19:5,6; Mark. 10:8; Ef. 5:31).
 - (2) FIGUURLIK: Christene deel van Christus se "liggaam" en hulle liggame is 'n tempel vd Heilige Gees. Christene is lede van Christus se liggaam = kan vgl. word met twee wat een vlees is, wat dit beteken is dat hulle is "een gees met Hom" en Christene behoort dus aan Christus, en dien Hom (soos 'n vrou en man aan mekaar behoort en dien)(1 Kor. 6:15-18) - dit gaan dus oor hoe Christene Hom aanhang en nie afgode aanbid of afgodspraktyke navolg nie (op dieselfde wyse wat 'n man en vrou mekaar aanhang met die klem op "nie hoereer met ander nie" - 1 Kor. 6:16) - (vgl. met paragraaf boontoe, "liggaam en bloed" - hulle genesing en lewe is in Sy liggaam en bloed, en hulle is almal lede van Sy liggaam...).
- (3) FIGUURLIK: Jood en heiden nou "een liggaam" in Christus Jesus = Christene (Ef. 2:13-16).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------