Wys tans plasings met die etiket met Christus beklee. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket met Christus beklee. Wys alle plasings

Donderdag 07 Augustus 2025

Klere / Naaktheid bedek / Beklee / Aantrek

Onder die studie van "DIE LIGGAAM" (vd mens)(waar ons gekyk het na verskillende begrippe wat onder die tema van "liggaam" behandel word), was die sewende punt "KLERE en NAAKTHEID".  In hierdie pos kyk ons bietjie meer in diepte na hierdie begrip, meer in 'n GEESTELIKE konteks;  bv., net soos die uiterlike mens (die liggaam) klere nodig het om sy naaktheid te bedek, net so het die innerlike mens (die siel/gees vd mens) klere nodig...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE:
Die uiterlike mens het voedsel en klere nodig..., maar het jy geweet dat jou innerlike mens ook hierdie dinge nodig het? (Matt. 4:4/Deut. 8:3)(Openb. 16:15; 3:18; Jes. 61:10; ens.). In ander woorde, net soos jou uiterlike mens bekleding nodig, net so het jou innerlike mens "KLERE" nodig - die vraag is nou waarna hierdie "klere" verwys?  

Kom ons kyk net vinnig eers na 'n paar voorbeelde in die Skrif waar daar na geestelike klere verwys word:

- Weergeborenes word gesien as "met Christus BEKLEE" (Gal 3:27 - "want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee"); ander woorde wat ook in die O.T. gebruik word van klere vir gereddes, is  "klere van heil" of  "mantel van geregtigheid" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele"). "Klere van heil" kan miskien beskryf word as "om beklee te wees met heil/redding" - (Psa 132:16 - "en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel"). Die wat "met Christus beklee" is (gereddes) is deels 'n beskrywing van hoe iemand onder die kinders van God ingedoop word... - dit verwys spesifiek na die wat in Jesus Chistus gedoop is (wat 'n bewys is van geloof in Hom) - in konteks, Gal. 3, gaan die tema "beklee met Christus" oor ERFENIS (m.a.w. verwys na gereddes, nl. die wat eendag gaan erf / m.a.w., "kinders van Abraham");  en deels beskryf dit iets wat die geredde ook moet doen..., nl. ons "beklee met Christus" wat in konteks beteken dat ons as nuwe mense die begeerlikhede vd vlees moet kruisig (Rom. 13:14). En dit verwys veral na "die kinders van God deur die geloof in Jesus Christus (Gal 3:26-29 - "Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.  Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename").

- Met die bruilof vd Lam sal die "sonder BRUILOFSKLEED" uitgegooi word.  Almal wat uitgenooi word na die bruilof vd Lam moet hierdie KLEED aanhê... (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html). Om te verstaan wat bedoel word met "bruilofskleed", kan daar o.a. gekyk word na die betekenis van "kleed" in die Skrif;  bv., iemand wat NAAK is kan toegedek word met 'n KLEED.../Eseg. 18:16. In ander woorde, ons kan ook inkyk op die woord "naak" in die Skrif, nl. waarna dit geestelik verwys. Natuurlik weet ons goed dat na die sondeval Adam en Eva gewaar het hulle was naak (fisies)(Gen. 2:25; 3:7,11), maar hierdie het ook 'n geestelike betekenis. Naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering (o.a. weens ontbloting)(Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20; ens.). Daarom het elke mens 'n kleed nodig! (geestelik bedoel). Siende almal gebore word in sonde kan mense gesien word soos "naaktes" wat 'n kleed nodig het. Jesus het self ook hierdie soort beeldspraak gebruik, bv. in Openb. 16:15 t.o.v. die wie se naaktheid alreeds bedek is en hulle klere moet bewaar... ("Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy KLERE BEWAAR, sodat hy nie miskien NAAK rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Gereddes wat m.a.w. bedek is met hierdie klere (van heil), moet seker maak dat hulle hul klere bewaar. As gereddes nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, kan so iemand eendag "naak" bevind word wanneer Jesus terugkom - sommige gereddes het hulleself ontbloot (kyk die vb. in Openb. 3 van die gemeente van Laodicense wie na verwys word as "lou" - hulle dink hulle is ryk en het aan niks gebrek nie, maar voor die Here is hulle soos mense wat naak is (sonder klere))! Daarom word hulle gevra om wit klere te koop sodat hulle hul kan "aantrek en die skande van hulle naaktheid nie openbaar word nie"-v.18). Die term "wit klere" verwys veral na die wat gewas is in die bloed van die Lam, en dit is duidelik dat hierdie gemeente nodig het om hulle te bekeer sodat hulle sondes afgewas kan word. Gereddes wat naak rondloop (geestelik bedoel), verwys na die wat naak word a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof.  Die wat nie hulle klere bewaar nie, kan dit verloor! (Openb. 16:15)...(vgl. hierdie met die tema van "Hy kom soos 'n dief in die nag" - moenie "slaap" en "dronk" wees nie, maar wakker en nugter!)(https://warechristene.blogspot.com/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html). In Openb. 3:18 maak Jesus ook o.a. melding hiervan, hoe belangrik dit is dat iemand se naaktheid (geestelik bedoel) bedek is: ("Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien"). In hierdie konteks word hulle gevra om WIT KLERE te koop... In 'n hele paar ander skrifte word ook melding gemaak van "wit klere" (Openb. 3:4,5; 18; 4:4; 6:11; 7:9; 7:13,14)(Openb. 3:5 - "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele"). Bv., die wat met wit klere beklee word, verwys veral na die wat OORWIN... (bv. die wat hulle lewe verloor ter wille van die geloof, of die wat nie hulle klere besoedel het nie (te midde van ander mense wat dit gedoen het) - wit klere kan o.a. gesien word soos die beloning wat hulle ontvang, omdat hulle oorwin het. 

- WIT KLERE verwys ook o.a. na klere wat "nie besoedel" is nie... (en gaan oor die belangrikheid van om rein te wees en heilig te lewe)(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html) - gereddes moet seker maak dat die klere waarmee hulle geestelik bedek is, nie besoedel/vuil word nie (Openb. 3:18). In die gemeente van Sardis was daar gereddes wie se klere besoedel was... (en die wat hulle klere nie besoedel het nie, nl. die wat oorwin het, is belowe dat hulle wit klere sal kry)(Openb. 3:4 - "Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is") - in konteks is die rede waarom sekeres besoedel was, dat hulle "werke nie volkome was nie", en hulle het o.a. die "naam gehad dat hulle lewe, maar was dood"... (nl. hulle geloof/geloof sonder werke is dood). Besoedel beteken "vuilmaak" - daar is 'n paar voorbeelde van dinge wat in die N.T. genoem word wat gereeddes kan vuilmaak of bedoedel, bv.:  (1) -deur dinge wat deur afgode besoedel is (Hand. 15:20);  (2) -wetend afgodsoffers eet (Hand. 8:7)(dit besoedel die gewete)(kyk ook die tema "dooie werke"); (3) -'n wortel van bitterheid wat opkiet en onrus verwek (Hebr. 12:15); (4) -hoereer en loop agter vreemde vlees aan (Jud. 1:7,8)(dit besoedel die vlees) (vgl. met 2 Pet. 2:10/"wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop" -losbandig, sedeloos) (die wat nie maagdelik rein is nie, is ook basies besoedel (Openb. 14:4), maar in die konteks van huwelik is dit toelaatbaar(1 Kor. 7:14)). Daar kan ook ingekyk word op die woord "onrein"... - bv.,(5) gedagtes kan iemand onrein wees (Mark. 7:15,20,23)(dit is waarom gereddes hulle gedagtes daagliks moet vernuwe/2 Kor. 10:4,5), en (6) as jy reken iets is vir jou onrein, dan is dit! (Rom. 14:14), (7) opsetlike sonde (wat nie neergelê word nie) kan jou ook onrein maak (Hebr. 9:23). (8) Geestelike hoerery (afgodsdiens en afgodspraktyke) is ook 'n vb. van  "vuilword" - rol af na die paragraaf "skaamte ontbloot".

DIE WAPENRUSTING: (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). Geredde mense is in 'n worstelstryd, nie teen vlees en bloed (mense) nie, maar teen "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". Duidelik gaan fisiese klere/wapenrusting nie kan help in hierdie "geveg" nie! - wat jy nodig het is die geestelike wapenrusting..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God - en waak in gebed! Elkeen van hierdie dele moet jy AANTREK en dit sal vir jou iets beteken in die geveg; bv., "geloof" is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus, en daar is nog dele wat jy nodig het vir beskerming..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidhed, en verlossing. Die wapen wat jy gebruik om mee te veg,  is die woord van God. (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NAAK:

Die geestelike betekenis van NAAKTHEID gaan oor "skaamwees en vernedering" (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...) - net soos Adam en Eva skaam geword het na die sondeval en bewus geword het van hulle naaktheid (Gen. 3:7) - hierdie was natuurlik letterlik, maar dieselfde geld ook vir die INNERLIKE MENS (geestelik bedoel). Sonde laat iemand se innerlike "naak" en dit laat hom skaam voel. As die geestelike mens (wat reeds bedek is deur klere - geestelik bedoel) nie sy klere bewaar nie, sal hy homself skaam en NAAK bevind wanneer Christus terugkom; so iemand sal kaal voor almal staan, heeltemal bloot vir almal om te sien... (Openb. 16:15). Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande (Gen. 9:21-28) - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels vd wêreld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13).  Op dieselfde wyse sal die wat geestelik naak is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal, en hulle sal in skande staan...  Alle Christene sal voor die regterstoel van Christus verskyn en die wat nie hulle klere bewaar nie, sal hulleself kaal bevind EN HULLE GEHEIME ONTBLOOT. 

Baiemaal stap Christene rond soos mense "sonder klere" - hierdie beeldspraak word in Openb. 3 gebruik waar die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat NAAK is (vgl. met Jak. 5:1-7). Vir ander lyk dit of hulle bekleed is, maar die Here sien die binneste en kan sien dat hulle INNERLIKE MENS eintlik kaal is, want hulle is wel ryk in aardse dinge maar nie ryk in die hemelse nie (hulle moet poog om ryk te word in God...). Hierdie is tipies die probleem wanneer gereddes nie die Here en sy Koninkryk eerste soek nie - gereddes se begeerte moet nie wees om ryk te word in die wêreld nie, maar om ryk te word in God! (1 Tim. 6:9; Openb. 3:18; Matt. 13:22; Jak. 5:1-4; 1 Joh. 2:15-17; ens.).
  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
En kom ons kyk na "naak" in die sin van "skaamte ontbloot:
SKAAMTE ONTBLOOT:

Die begrip "skaamte ontbloot" beteken in Hebr. "kaal" (en kyk verband tussen "skaamte ontbloot" en "naak" - Eseg. 23:18; Hos. 2:10), en gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie (m.a.w. "skaamte ontbloot") nie, maar word gebruik in konteks met:
- waar ons nie iemand anders se "skaamte mag ontbloot nie" (bv. 'n vrou wat menstrueer-Lev. 18:19);  en
- word veral gebruik in konteks met waar vleeslike gemeenskap verkeerd is (bv. waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie, soos 'n naaste bloedverwant, jou vader of moeder, die vrou van jou vader, jou suster, jou skoondogter, 'n vrou en haar dogter, ens.).  In die huwelik behoort twee mense se skaamte aan mekaar en is vleeslike gemeenskap toelaatbaar, maar in die geval waar iemand hoereer of egbreuk pleeg, is hy besig om 'n skaamte wat aan iemand anders behoort, onwettig te ontbloot (Lev. 18:8).

Afgodsdiens en heidense praktyke word vgl. met hoerery! (dit is soos om geestelik te hoereer). Die geredde wat afgode aanbid of hom ophou met heidense praktyke, is besig om "geestelik te hoereer". Vgl. dit met die beeldspraak in Eseg. 16:36 waarin die Here Sy kinders aankla dat hulle hul SKAAMTE ONTBLOOT het deur hulle "hoererye"...; wat in daardie konteks verwys na afgode en omgang met ongeregtiges en ophou met heidense praktyke (Eseg. 16:36 - "So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het").  In v. 37 word hulle voorgestel as "NAAK"!  In die boek van Openb. het Jesus ook hierdie beelsdspraak gebruik waarin hy daardie groep Christene waarsku want hulle waak nie, en BEWAAR NIE HULLE KLERE NIE (maar loop NAAK rond en hulle SKAAMTE kan GESIEN word).  (https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).  Wanneer gereddes geestelik hoereer is hulle besig om vuil te word, en kan o.a. beskryf word as dat hulle hul "skaamte ontbloot" (omdat hulle "geestelik hoereer" / die dinge maak mens vuil (Eseg. 20:30; 1 Kor. 10:20-22; ens.))- diesulkes moet hul bekeer, want anders kan hulle onverwags betrap word wanneer Jesus terugkom (Hy kom soos 'n dief in die nag... - pasop dat jy nie naak bevind word nie)(Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Om jou skaamte op 'n geestelike manier te ontbloot, verwys dus na geestelike hoerery (nl. afgode. afgodsoffers, afgodspraktyke...). Kyk gerus ook in op die woord "WAAK"...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
AANTREK / BEKLEE:

- BEKLEE: Die mens se liggaam kan soos 'n BEKLEDING gesien word (bv. van die innerlike mens / die uiterlike mens "beklee" die innerlike mens)(Job 10:11 - "Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg"). Die nuwe liggaam wat vir die geredde belowe word ('n onverganklike liggaam) word ook in 1 Kor. 15:53,54 voorgestel soos iets waarmee ons BEKLEE sal word - ons sal nuwe liggame "aantrek" ("Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning"). Iemand se gewete kan "beklee" word..., bv. die Here kan jou haters "met skaamte beklee" (Job 8:22), of jou teëstanders met smaad beklee (Ps. 109:29), of jou vyande met skaamte beklee (Ps. 132:18), of beklee met verbasing (Eseg. 7:27), of beklee word met siddering (Eseg. 26:16)... Om jou te beklee is om IETS AAN TE TREK, en hierdie soort beeldspraak word in verskillende kontekste gebruik (bv. Jes. 50:3 - "Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met ‘n roukleed" in beeldspraak van iets...). In vele skrifte word hierdie beeldspraak gebruik van geestelike bekleding, bv. om jou "met Christus te beklee"; soos "om Hom aan te trek", wat natuurlik 'n verwysing is na iets spesifiek - deels verwys dit na hoe gereddes familie is van Jesus Christus, en deels hoe daar van gereddes verwag word om as nuwe mense die begeerlikhede vd vlees te kruisig (Rom. 13:14).  Die innerlike mens het, net soos die uiterlike mens, nodig om beklee te word..., en verskillende soort bekledings in die Skrif word in verskillende kontekste gebruik. Die wat gered word word bv. beklee in "klere van heil" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele") - m.a.w., het "redding aangetrek". Dieselfde soort beeldspraak word ook gebruik in Gal. 3:27 - "MET CHRISTUS BEKLEE" verwys na die wat in Christus Jesus gedoop is, die wat in Hom glo... - hulle het Hom "aangetrek", is nou deel van Sy familie, maar verwys ook na hoe die geredde die "NUWE MENS AANTREK", 'n mens wat na God geskape is/verwys na die wat gebore is uit God se saad - Ef. 4:24; Kol. 3:10). Gereddes word o.a. gevra om hulle te beklee met "innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid, en bo dit alles om ons te beklee met die liefde! (-om die nuwe mens aan te trek/Kol. 3:12,14). Die beeldspraak word ook somtyds gebruik van Jerusalem/Israel (bv. Eseg. 16:10 - "Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy")   (of die Jerusalem.../Openb. 21:2 - "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is") - vd bruid/vrou vd Lam - (Openb. 19:7,8 - "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges"). Nog 'n konteks waarin ingekyk kan word, is die van "feesklere" (van die wie se skuld vergewe is - en vgl. dit miskien ook met die wat uitgenooi is na die bruilofsmaal... - kyk "bruilofskleed")(Sag. 3:4 - "Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere"). Die wat OORWIN word op beurt voorgestel as mense wat beklee sal word met wit klere (hulle name sal nooit uitgewis word uit die boek van die lewe nie)(Openb. 3:5). Die swakste lede in die Christelike liggaam word ook voorgestel as mense wat "beklee" is, in hierdie konteks "met oorvloediger eer as die ander lede" (1 Kor. 12:23). 

- INNERLIKE VERSIERING: In Pet. 3 word die belangrikheid van "innerlike versiering" uitgelig bo die uiterlike - (1Pe 3:1-4 - "Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God"). In 1 Pet. 3 word hierdie versiering en bekleding o.a. voorgestel as "ONVERGANKLIKE VERSIERING", en verder beskryf as 'n "sagmoedige en stille gees" (nederig en vredevol)(in hierdie betrokke geval, van die vrou...).

- BEKLEE JULLE MET DIE NUWE MENS: Kyk o.a. die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming). Gereddes is alreeds beklee met Jesus Christus (Gal. 3:27)..., maar hulle word ook beveel "om hulle te beklee met die Here Jesus Christus..." (is ook iets wat hulle self moet doen) - (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie") - en wat dit in hierdie konteks beteken is dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie - moenie ons vlees beklee met begeerlikhede vd vlees, soos drank, ontug, ongebondenheid, twis, ens. (kyk vorige vers) nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens! (Ef. 4:24)- bv., bedink die dinge daarbo, ens. ( Kol 3:2-10 - "Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper").  Dit gaan oor "Christus in ons"... (v.11)(is nuwe mense wat familie is van Hom / is van Sy vlees en Sy bene), en in v. 12 word ons beveel: "Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid". (Col 3:13-17 - "Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom"). Om met die nuwe mens beklee te wees beteken dat jy anders sien en dink..., en wandel!, want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees en is "onder die Gees" (Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander") - om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, nl. 'n wortelstryd nie teen vlees en bloed nie, maar teen "die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". Gereddes het 'n geestelike WAPENRUSTING nodig, wat verwys na waarheid, geregtigheid, bereidheid, geloof, verlossing, en die woord: (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). Duidelik gaan fisiese klere/wapenrusting nie kan help in hierdie "geveg" nie! - wat jy nodig het is die geestelike wapenrusting.. - en waak in gebed! Elkeen van hierdie dele moet jy AANTREK en dit sal vir jou iets beteken in die geveg; bv., "geloof" is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus, en daar is nog dele wat jy nodig het vir beskerming..., nl. geregtigheid, waarheid, bereidheid, en verlossing, en die wapen wat jy gebruik om mee te veg  is die woord van God. 

Skrifte: oor "AANTREK": 
- Kyk die gelykenis vd verlore seun: (Luk 15:22)  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete (vgl. hierdie met "feesklere" - die wie se skuld weggeneem word). Vgl. ook met (Jes. 52:1 - "Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie"), en tema "bruilof vd Lam" (Openb. 19:7,8).
- Wapenrusting: (Ef. 6:11 - "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel") -hierdie is reeds boontoe bespreek.
- Koop wit klere: (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien") -hierdie is reeds boontoe bespreek.
- Innerlike versiering: (1Pe 3:3,4 - "Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,  maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God") -reeds boontoe bespreek.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 04 Januarie 2020

Met Christus beklee

Wat beteken dit om met Christus beklee te wees,
of om jou met Christus te beklee?
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is met Christus beklee:

(Gal 3:27)  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Die term "het julle met Christus beklee" is 'n goeie beskrywing van hoe iemand onder die kinders van God ingedoop word.  Die woorde "met Christus beklee" verwys spesifiek na die wat in Jesus Christus gedoop is, wat 'n bewys is van geloof in Hom (bestudeer die tema vd  Christelike doop). In konteks Gal. 3 handel dit oor "ERFENIS" (m.a.w., wie is dit wat eendag sal erf?)(wie is dit wat beklee is met die klere van heil?) - vgl. dit met onderwerpe "kinders van Abraham" / "kinders vd wet" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil (Hebr. woord " eh'-shah " - veilig, redding, gered ), my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele").  in Christus het elkeen wat in Hom glo (hetsy jood of heiden, watter stam, volk, nasie, taal ookal - vgl. met tema van "evangelie van vrede"), dieselfde erfenis as die kinders van Abraham (meer spesifiek, kinders gebore uit die geslag Abraham, Isak, Jakob)(en nog meer spesifiek, "kinders vd geloof") en in der waarheid word elkeen wat geloof in Jesus Christus bely ingedoop onder hierdie kinders van Abraham (Abraham....  - Israel... - Dawid... -Jesus Christus)(Gal.. 3:23,29)(in ander woorde, hulle word kinders van Jesus Christus, asof gebore word uit Sy saad - gebore uit die geslag Abraham, Isak, Jakob, ...Dawid. ...Jesus Christus - nie letterlik gebore uit Sy saad nie, maar deur water en Gees - "weer gebore" - bestudeer die term "gebore uit God" om dit beter te verstaan. Innerlike mens vernuwe...).

Die dissipels het ook graag na die Christelike doop verwys as "DIE DOOP IN JESUS CHRISTUS", wat verwys na die wat gedoop word in die Naam van Jesus Christus (Hand. 2:38)(alhoewel die waterdoop nie net gedoen word in Naam vd Seun nie, maar ook in die Naam vd Vader en van die Heilige Gees - Matt. 28:19)    (bestudeer gerus die tema van die Christelike doop en kyk bv. die belangrikheid van om in Jesus Christus gedoop te word... - kyk die vb in Hand. 19:1-6 vd watgedoop deur die doop van bekering. doop van Johannes;  was maar oorgedoop in die Naam vd Here Jesus omdat hulle nog nie die Heilige Gees ontvang het toe hulle gelowig geword het nie. Ons moet verstaan dat dit Jesus Christus is wat die Heilige Gees uitstuur aan die wat in Hom glo (Luk. 3:16; Joh. 1:33 ) -belydenis van geloof in Hom word deur die teken vd Christelike waterdoop bevestig, en deur belydenis van geloof in Hom kan iemand die Heilige Gees ontvang (hetsy belydenis van geloof in Jesus Christus voor of d.m.v. die waterdoop is)  - ...sien dus die belangrikheid van die ontvang vd Heilige Gees, want daar is twee elemente nodig vir wedergeboorte, nl. (1) water en (2) die Heilige Gees. Daar is wel gevalle van mense wat die Heilige Gees ontvang het nog voor hulle gewaterdoop is in Sy Naam(Hand. 10:44-47) - dit gaan hier oor die belydenis aspek en wat die wat in Hom glo van Hom ontvang - en terloops is hierdie mense toe steeds gewaterdoop, al was dit nadat hulle die Gees ontvang het...). Die wat deur die Christelike doop gaan, is die wat glo in Jesus Christus, en word "onder Hom" deel van die wat eendag gaan erf. (Gal 3:23 - "Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word"). M.a.w., die wat hulle in Christus laat doop het, se erfenis kom deur Hom (nie deur die wet nie), wat beteken dat hulle word getel as deel vd kinders van Abraham maar nie "onder die wet" nie (Gal. 3:25), maar "onder Christus" (verkry dit deur die geloof in Christus) - hulle erfenis kom deur Hom (Hand. 4:12). In daardie sin het hulle hul met Hom "beklee" en is daarom beklee met die klere van heil... (Jes. 61:10) (Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename").

Elkeen is "beklee" met vel en vlees -  Job het bv. so 'n tipe voorstelling gebruik in Job 10:11 -  ("Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg") - wat verwys na hoe vel en vlees of die liggaam gesien kan word soos 'n "huis". Bekleding gaan nie net oor bedekking nie (bv. iemand se skaamte BEDEK, of 'n perd se nek BEDEK met maanhare - Job 39:22/19, ens.), maar kan ook gesien word soos 'n beskerming of heining (in Job 10:11 is die woord beklee bv. die Hebr. woord "sook" wat beteken "heining" - iets wat ingekluis word) - die liggaam word ook in 2 Kor. 5 voorgestel soos 'n TENTWONING of HUIS.

In ander woorde kan "vel en vlees" of die LIGGAAM gesien word soos 'n BEKLEDING of HUIS.  Maar uit watter saad is iemand gebore?, want dit bepaal die tipe vlees! (die tipe bekleding of tipe huis).  Bv., die natuurlike mens is gebore uit die saad van Adam en het daarom verganklike vlees - word ook na verwys in die Skrif as "vlees en been" ('n term wat veral gebruik word vir familie / is vlees en been van mekaar) - m.a.w., wie is familie van mekaar want hulle is vlees en been van mekaar. Die term "vlees en bloed" is weer 'n term wat veral gebruik word vir die mensdom, en almal is vees en bloed van mekaar - en net soos die "natuurlike mens" (die gebore uit Adam) vlees en been is van mekaar ("vlees en bloed" - vlees en bene van Adam), net so is die geestelike mens vlees en been van Christus Jesus ("lede van Sy liggaam)(Ef. 5:30) - word (deur die wedergeboorte) gesien as "gebore uit die saad van God".  Die term "liggaam en bloed" word veral hiervoor gebruik (verwysend na die geestelike familie - die wat familie is van mekaar in Jesus Christus) - hulle is vlees en been van Jesus Christus en is dus "met Hom beklee". Die erfenis kom uit hierdie familie!

Maar natuurlik is die geestelike mens se uiterlike nog nie beklee met 'n nuwe liggaam nie. maar wel sy innerlike mens - en die uiterlike sal ook eendag met 'n nuwe uiterlike beklee word... - bestudeer die tema van "die opstanding" .
Dieselfde tipe beeldspraak van beklee word met vlees kan ook gebruik word van die nuwe liggaam - vd verheerlikte liggaam...  die nuwe liggaam wat vir elke Christen belowe word waarin hulle eendag sal opstaan wanneer Christus terugkom (1 Kor. 15:54 - "En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning"). Hierdie sal 'n ander soort liggaam wees as die huidige uiterlike, bv. sal "onverganklik" wees, terwyl die huidige "verganklik" is (verganklik - gebore uit die saad van Adam)(en daarom sterf almal). Die Christen het die belofte van opstanding in 'n nuwe uiterlike liggaam eendag omdat hy deur  die geloof wederbaar word - "weer gebore", gebore uit die saad van God (Tit. 3:5)(hierdie wedergeboorte verwys natuurlik na die innerlike mens, maar elkeen wat weer gebore is het ook, saam met dit, die belofte van eendag weergeboorte vd uiterlike mens) - en daarom kan die tyd van Jesus se wederkoms ook gesien word soos 'n tyd van wedergeboorte (Matt. 19:28) wat veral verwys na die vernuwing van alles (en "die opstanding" gaan ook oor nuwe uiterlike...) (1 Pet. 1:3)(net soos die Christen se innerlike vernuwe is, gaan sy uiterlike ook vernuwe word).  Hierdie tyd verwys natuurlik na die tyd van Jesus se wederkoms, ook die tyd wanneer kinders vd Here hulle erfenis ontvang...

Wat "die geestelike mens" se innerlike mens aanbetref het hy dus reeds opgestaan in 'n nuwe liggaam,  ja, maar nog nie sy uiterlike mens nie... - eers wanneer sy uiterlike mens eendag vernuwe word deur die komende opstanding tot lewe (waarna verwys word as "die opstanding"), dan het hy "die dood oorwin" (dan het ook sy uiterlike 'n nuwe huis - nuwe vlees). Wat die wedergeborene se innerlike aanbetref het hy reeds die belofte dat hy nie deur die tweede dood (Openb. 20:6,14) sal gaan nie (en natuurlik verwys na die wat vashou...; die wat hulle "met Christus beklee" - kyk volgende paragraaf), maar wat sy uiterlike mens aanbetref sterf hy steeds omdat die uiterlike nog nie vernuwe is nie - en eendag, met Jesus se wederkoms, wanneer sy uiterlike vernuwe word, dan is die dood vir hulle finaal verslind.  Elkeen wat hulle beklee het met Christus se uiterlike mens sterwe dus steeds, ja, maar anders as die natuurlike mens het die geestelike mens die belofte van eendag opstanding tot LEWE! omdat hulle "beklee is met Christus".  Dus, opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe ONVERGANKLIKE liggaam - ander soort vlees... (en hulle sal dus die aarde beerwe en vir ewig lewe...).
Op dieselfde wyse kan die wedergeborene, wie se innerlike mens vernuwe is en gesien word as "gebore uit God" ("gebore uit Sy saad"), alreeds gesien word as "in 'n nuwe "huis", want hulle is alreeds "beklee" en het daarom die LEWE (want hulle is gebore uit Sy saad. en vlees en been van Christus). Ons moet dus hier onderskei tussen die uiterlike mens en die innerlike mens.

Skrifgedeeltes van belang:
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

(Kol 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Kol 3:11)  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
(Kol 3:12)  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
(Kol 3:13)  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opdrag: "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus":


Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"...

Dus, alhoewel die Christen gesien word as alreeds "met Christus beklee", word hy ook beveel "om hom met Christus te beklee" ?
Hierdie was nog altyd iets wat nie aldag verstaan word nie, want soos met die tema van saligheid klink die woorde teenstrydig wanneer die Christen bv. voorgestel word as iemand wat alreeds saligheid ontvang het (Ef. 2:5,8; Rom. 10:9; Tit. 3:5; 2 Thess. 2:13; Jud. 1:3) maar ook beveel word om aan te hou en oorwin en te hardloop sodat hulle nie eendag verwerplik is nie... (1 Kor. 9:24-27; 15:2; Rom. 8:13; 13:11; Hebr. 1:14; Openb. 2 en 3 ens.). Dus, net soos met die tema van saligheid, is Christene alreeds met Christus beklee, ja (en het dus saligheid en word gesien as deel vd wat gaan ERF), maar ook soos met die tema van saligheid moet hulle vashou en aanhou want as hulle die Heilige Gees bedroef, wat sal tog die uiteinde daarvan wees?  Die Christen wat nie vashou nie staan die gevaar om eendag verwerplik te wees.  Hierdie feit word in vele skrifte, briewe en gelykenisse uitgebeeld, bv. die gelykenis vd saaier (tweede en derde groep wat nie vrug dra nie, of hulle vrug verloor...), die briewe aan die 7 gemeentes Openb. waarin slegs die wat oorwin, sal "ontvang" (Openb. 2 en 3), waarskuwing vir die wat in sonde tot die dood stap (Rom. 6:16; Jak. 1:15; 1 Kor. 6:10), ens.  Die Christen het dus alreeds saligheid maar moet seker maak dat hy dit nie verloor nie! - in daardie sin moet hy Hom beklee met Jesus Christus, wat beteken dat hy sy liggaam beskikbaar stel vir die Here en Hom "soos 'n slaaf" dien.

Paulus verduidelik hierdie baie mooi in Rom. 6 en verklaar bv. dat die Christen wat wedergebore is nie meer die sonde dien nie - die Christen word gesien as "het doodgegaan" vir die sonde wat hulle soos 'n slaaf gedien het, en dien nou vir Jesus Christus (sien tema "liggaam soos slaaf"). Hierdie word terloops ook in die Christelike doop voorgestel!  Dit gaan oor wie dit is vir wie jy gehoorsaam... Dit dan die belangrikheid van "bekering" wanneer iemand tot geloof kom asook om AAN TE HOU om Hom te dien, want hoe kan jy jouself ondergeskik stel aan die Here Jesus Christus maar dan steeds die ander dien?  Niemand kan twee here dien nie.   Om "met Christus beklee te word" verwys dus nie net na die wat begin glo het in Jesus Christus en hulle in Sy Naam laat doop het nie, maar gaan ook oor om die nuwe lewe aan te trek  (die bekering en dade wat by die geloof pas). As "met Christus beklee" verwys na die wat "nuwe vel en vlees" aantrek, m.a.w. gaan oor uit watter geslag gebore, dus nou gebore uit God, dan beteken dit dat die wat weergebore is is nou kinders van Jesus Christus. Hy is die Hoof. "Kinders moet hulle ouers gehoorsaam, want hulle is uit hulle saad gebore".  Die wat gebore is uit die saad van God, moet Hom gehoorsaam. 

Dit dan die opdrag om "met Christus te beklee", en verwys na hoe die Christen hom "MET DIE NUWE MENS moet BEKLEE" (Ef. 4:24):  (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie") - weergeborenes behoort nou aan 'n ander familie
In konteks gaan Rom. 13:14 bv. oor hoe die Christen sy naaste moet liefhê (Rom. 13:8,9), die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig moet aangord (v. 12)... - daar moet dus geen voorsorg vir die vlees gemaak word om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar inteendeel moet die Christen vir Jesus Christus gehoorsaam - dus deur Sy Gees wandel. Weergeborenes is deel vd "kinders vd koninkryk" - hierdie beskryf hulle huidige identiteit. "Koring" se identiteit word nie net beskryf deur die saad (bv. die saad waaruit iemand gebore is) nie, maar ook deur die vrug wat dit voortbring/dra (vrug is dus 'n getuienis van hulle kindskap/geloof). As 'n weergeborene nie die vrug dra van 'n kind van God (die familie van Jesus Christus) nie, dan plaas dit 'n vraagteken op die saad waaruit hy gebore is.  Mense van dieselfde familie het dieselfde kultuur en waardes.  Ongehoorsame kinders kom in opstand teen die kultuur en waardes van hulle familie.  Wanneer kinders van die Here so begin optree, is hulle besig om in opstand te kom teen die nuwe "vel en vlees" waarmee hulle beklee is. In daardie sin moet weergeborenes hulle met die nuwe mens beklee en leef soos mense wat aan 'n nuwe familie behoort (soos mense wat nie gebore is uit die saad van Adam nie, maar gebore uit die saad van God). Hulle moet gehoorsaam wees aan hulle Hoof, nl. Jesus Christus, en hulle laat lei deur Sy Gees wat Hy aan hulle gee.

In hierdie sin moet ons ons "met Christus beklee"...  Ons moet ons deur Hom laat lei.  Hy is die Hoof van die Christelike kerk en die Een wat aan ons die Heilige Gees gee. (Gal 5:16 - "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie"). Dus almal wat tot geloof in Jesus Christus gekom het en Sy Heilige Gees ontvang het, het hulle "met Hom beklee" (hulle is ingedoop onder die kinders van God), maar hulle word ook beveel om hulle daagliks "met Christus te beklee" (wat beteken hulle hom Hom dien en hulle met die nuwe mens beklee). Dit is soos om klere aan te trekm - soos om jou met die nuwe vel en vlees aan te trek. Dus, alhoewel die Christen "met Hom beklee" is en dus ingedoop onder die wat eendag gaan erwe, moet hulle hul ook met hierdie nuwe mens BEKLEE, want hulle behoort nou aan 'n ander familie met 'n ander kultuur en waardes

Net soos die uiterlike mens klere en kos en water en lig nodig het, net so het die innerlike mens hierdie nodig. 
- Bv. kos en water om aan die lewe te bly, want sonder kos en water sal hy doodgaan.
- Lig om te lewe, maar wat sal tog gebeur wanneer die Christen wat lewe deur die asem van die Heilige Gees (Wie hom terloops in bewaring hou tot die dag van verlossing), die Gees van God bedroef?
- En wat van klere om sy naaktheid te bedek?  Sonder klere sal die Christen wat nie sy "klere" bewaar nie, eendag skaam en naak staan vir almal om te sien... (bestudeer gerus die tema van bekleding om hierdie beter te verstaan).

Skrifgedeeltes van belang:
(Rom 8:12)  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
(Rom 8:13)  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
(Rom 8:14)  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.


(Gal 5:16)  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
(Gal 5:17)  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
(Gal 5:18)  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.


(1Jn 2:15)  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
(1Jn 2:16)  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
(1Jn 2:17)  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

(Col 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Col 3:11)  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
(Col 3:12)  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
(Col 3:13)  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
(Col 3:14)  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------