Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag natuurlike geestelike mens. Rangskik volgens datum Wys alle plasings
Wys tans plasings gerangskik volgens relevansie vir die navraag natuurlike geestelike mens. Rangskik volgens datum Wys alle plasings

Dinsdag 23 Oktober 2018

Natuurlike mens / Geestelike mens

In hierdie pos gaan ons kyk na:
-  die verskil tussen die "natuurlike" en die "geestelike" mens;
-  betekenisse vd woord "natuurlike" in verskillende skrifte;
-  betekenisse vd woord "geestelik/e" in verskillende skrifte;
-  die begrip "menslike natuur";
-  die verskil tussen die innerlike vd natuurlike, en die innerlike vd geestelike mens; en
-  wat gebeur met die natuurlike mens en die geestelike mens wanneer hulle doodgaan?
______________________________________________________
Die verskil tussen die "NATUURLIKE" en die "GEESTELIKE MENS":
Die mensdom kan ingedeel word in óf 
-"natuurlike mense" (die wat nie die Gees van God het nie)(Jud 1:10; 1 Kor. 2:14), óf 
-"geestelike mense" (die wat wel die Gees van God het)(1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1). 

Ons kan miskien "natuurlike mens" vgl. met die temas van "natuurlike liggaam" (1 Kor. 15:44) of wat die Skrif na verwys as "die natuurlike" in 1 Kor. 15:46;  alhoewel die natuurlike liggaam (wat terloops verganklik is) meer verwysend is na die uiterlike, terwyl "natuurlike mens" nie net na die uiterlike verwys nie, maar ook na die innerlike (van daardie mens) - meer presies verwys "natuurlike mens" na die wat nie die dinge vd Gees aanneem nie! (hulle het nie die Gees van God nie)(1 Kor. 2:10-15).  Die manier hoe natuurlike mense "dink", is VLEESLIK (Rom 8:5 - "Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge"). Natuurlike mense "sien en verstaan" nie, in die sin van "sien nie soos God sien nie" en verstaan nie Sy dinge nie (1Kor. 2:14 - "Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word"). Niemand weet wat in 'n ander mens is nie behalwe die gees vd mens (wat in hom is) - op dieselfde wyse weet die mens nie wat in God is nie, behalwe die Gees van God! (1 Kor. 2:11).  As iemand dus nou die Gees van God in hom het, dan weet hy "wat in God is"... Natuurlike mense het nie die Gees van God nie, so hulle weet nie "wat in God is" nie. "Geestelike mense" (die mense na wie verwys word in die Skrif as die wat wel die Gees van God het) weet wat is in God want hulle het Sy Gees! Daarom "sien" en "verstaan" hulle, en beoordeel dinge op 'n geestelike manier (1 Kor. 2:12,13). 

Dit is dus maklik om te onderskei tussen die NATUURLIKE en die GEESTELIKE MENS, want die natuurlike mens verstaan nie die geestelike dinge nie (omdat hy nie die Gees van God het nie). Vir die natuurlike mens is die geestelike dinge dwaasheid (omdat hy die gees van die wêreld het)(1 Kor. 2:12-14); daarom maak hy staat op "menslike wysheid" (die wysheid van die wêreld) - hulle praat "uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle" (1 Joh. 4:5).  Maar die wat uit God is "sien" en beoordeel alles geestelik (1 Kor. 2:14) en hulle (geestelike mense sewysheid kom van die Here -en ander geestelike mense luister na hulle! (1 Joh. 4:6). Dit is duidelik om te sien wie "geestelik" is - wie van God is - want die wat van God is dink en sien en glo dieselfde: (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling). Wat geestelike mense sien as WAARHEID is "wat God sê dit is" (nie wat mense besluit dit is nie), en hulle weet "wat is waarheid" omdat hulle die Gees van God het! Natuurlike mense sien egter die WAARHEID as dwaasheid en weet terloops nie regtig "wat is waarheid" nie, en sal terloops nooit sekerheid hê daaroor solank hulle nie die Gees van God het nie!  Wat die natuurlike mens sien as "waarheid" verander ook gedurig want hulle kom miskien voor asof hulle oortuig of  "seker" is maar bewys gou hulle onsekerheid wanneer 'n nuwe menslike wysheid verby kom... 

Die begrip "natuurlike mense" kan moontlik ook vgl. word met die feit dat almal vleeslik is (soos kinders van Adam)(vgl. ook met die tema van "vlees en bloed"; Hebr. 2:14 ens.)(Rom. 7:14 ens.). Na regte, wat die Skrif bedoel met "natuurlik" is dat dit gewoonlik in die konteks gebruik word van kennis en wysheid, en verwys na iemand se "natuur";  bv. "natuurlik mense" is vleeslik en is mense wat nie soos God "sien" nie: 
-(bv. Jak. 3:15 - "Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik ("psoo-khee-kos'"), duiwels").  "Natuurlik" in hierdie skrif is die Griekse woord "psoo-khee-kos", wat verwys na iemand se "natuur", bv. in hierdie konteks 'n aardse, vleeslike "natuur" en gaan miskien veral oor die INNERLIKE vd mens.  'n Aardse vleeslike natuur lyk bv. anders as 'n goddelike natuur (2 Pet. 1:4)(lees gerus Jak. 3 in konteks om hierdie beter te verstaan). Wat is in iemand se hart?  Hoe lyk sy innerlike mens?  As iemand se innerlike "natuurlik" (vleeslik / "carnal")(1 Kor. 3:1) van aard is, dan "sien" en dink hy soos die wêreld (het die "gees vd wêreld - en sy optrede gaan bewys dat hy "natuurlik of aards of duiwels" dink en verstaan); maar as iemand se innerlike "geestelik" ("non-carnal") is, dan sien en dink hy soos die Here (en sy optrede gaan bewys dat hy nie vleeslik nie, maar "geestelik" dink en verstaan)(Rom. 8:5; Gal. 6:1; 2 Kor. 10:4). Alle mense kan gesien word as "natuurlike mense" in die sin van VLEESLIK (Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4 ens.), maar die geestelike mens (meer presies, "die innerlike" vd geestelike mens) het oorgegaan van "natuurlike" na "geestelike mens" (alhoewel die geestelike mens ook ag gee op die daaglikse "ou vlees aflê"...)(verwys na die Christen, meer presies die INNERLIKE en na die wat die Heilige Gees het). GEESTELIKE MENSE kan gesien word soos "familie" van Jesus Christus  (2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 1 Joh. 5:4 ens.) - "gebore uit God" - gebore uit 'n spesifieke geslag, nl. die geslag wat eendag sal regeer! - gebore uit die geslag van Abraham, Isak, Jakob...(Dawid)..........Jesus Christus;  -m.a.w., is figuurlik kinders of familie van Jesus Christus ("van Sy vlees en been") - "weer gebore" uit God se saad (natuurlik geestelik bedoel, deur Sy Heilige Gees)(vgl. dit met "lede van Sy liggaam, van Sy vlees en bene" -Ef. 5:30).  1Jn 5:1 - "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is".

Vir die natuurlike mens is "waarheid" "wat hy ookal dink dit is of wat hy wil hê dit moet wees".  Dit is egter kommerwekkend as dieselfde soort gedrag by Christene of by Christelike kerke ontdek word en hulle self begin besluit "wat is waarheid", siende Christene veronderstel is om te weet wat is waarheid en moet glo dat waarheid is wat die Here sê dit is ! (nie wat onsself of 'n kerkraad besluit dit is nie).Die manier hoe iemand onderskei en verstaan is dus self ook 'n TEKEN van wie die Gees van God het en wie nie!  Die wat wel die Gees van God het kan gou onderskei wie dit is wat vleeslik dink en wie nie, maar dit beteken nie dat almal wat die Gees van God het altyd geestelik dink nie want dit hang af van of die persoon gehoorsaam is aan die Gees!  Daar is ongelukkig "geestelike mense" wat in die Gees begin en wel Sy dinge smaak, maar dan kies om Hom nie meer gehoorsaam te wees nie... (Hebr. 6:4-6; Gal. 3:3; 4:7-10) - mense wat terugval en weer die wet begin dien, of die wêreld begin dien, of sonde ens. (Gal. 4:5-8; Rom. 6:6) - hulle begin weer vleeslik dink, en dink en doen soos die wêreld... Om die Gees te ontvang beteken NIE dat jy kan doen wat jy wil of glo wat jy wil nie!  Hierdie is 'n groot miskonsepsie van ons dag, en baie wat hulleself Christene noem doen wat hulle wil en glo en leer wat hulle, en maak dan asof dit die Heilige Gees is wat hulle daarin lei.  Die waarheid is egter dat die Heilige Gees nie iets anders sal leer as wat Jesus Christus geleer het nie!  Die Heilige Gees is immers die " Gees van WAARHEID" (Joh. 14:17; 15:26; 16:13; Ef. 5:9); so waarom sal Hy iets anders leer as wat Jesus Christus geleer het?  Hy sal nie.  Die wat die waarheid verdraai en dan maak asof die Gees hulle daarin lei, is vals en is nie gehoorsaam aan die Gees van God nie. Hulle hoor nie regtig van die Gees nie en is nie besig om te doen wat Hy hulle beveel nie, maar is besig om te doen wat hulle wil en verkondig wat hulle wil glo - dit beskryf nie die "geestelike mens" nie! (Ef. 5:9 - "Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid"). Vgl. hierdie met 1 Kor. 10:1-12 waarin verduidelik word hoe die volk van God in al die geestelike dinge gedeel het, maar baie neergeslaan is.  In die gedeelte word genoem watter dinge dit was wat veroorsaak het dat hulle nie geërf het nie, bv. 'n begeerte na slegte dinge, afgodsaanbidding, hoerery en murmurering.  Wanneer iemand die Gees van God ontvang moet hy steeds sy innerlike daagliks vernuwe in die sin van homself diensbaar stel aan die Here en gehoorsaam wees aan Sy Gees. Dit is immers waaroor "geloof" gaan!  As iemand nie verstaan dat geloof o.a. gaan oor wie jy dien en aan wie jy gehoorsaam is nie, dan verstaan hy nog min van wat geloof beteken.  Die geestelike mens is bv. nie onder die wet (van Moses) nie, ja, maar hy is "onder die Gees"! (https://warechristene.blogspot.com/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html) - dit beteken, "gehoorsaam aan die Gees". Ongelukkig is dit so dat nie almal wat bely hulle is Christene, DIEN regtig vir Christus Jesus en/of glo in Sy woorde nie (Matt. 13; Openb. 2,3 ens.);  en nie almal wat die Heilige Gees het is gehoorsaam aan die Gees nie! (kyk valse profete, valse leraars, teruggevalles, ongehoorsames, ens.). Die waarheid is dat daar in die Christelike kerk baie mense sit wat nie die waarheid liefhet nie - natuurlik nou nie hier verwysend na die onwetendes (https://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html) of die wat onkundig is nie, maar verwys na die wetendes, die wat weet wat is die waarheid maar nie daarop ag gee nie - die wat hulle m.a.w. nie laat lei deur die Heilige Gees nie. Hulle doen en glo wat hulle wil - bv., wanneer die Gees van God hulle waarsku oor iets dan ignoreer hulle Hom...;  of soos in die geval waar 'n Christen goed weet wat Jesus Christus oor iets geleer het maar kies om liewer te glo in dit waarin die meerderheid glo (i.p.v. om die waarheid wat Christus gebring het te beskerm). Sulke opsetlike ongehoorsaamheid kan nie toegeskryf word aan onkundigheid nie!  En al is hierdie mense "geestelike mense" omdat hulle die Gees van God het (en weet daarom wat is die waarheid), verdraai sommige opsetlik die waarheid en kom so in opstand teen die Here - sulke mense moet vermy word! (1 Tim. 6:20,21; 2 Tim. 2:16-18; Tit. 3:9-11).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VERSKILLENDE BETEKENISSE VD WOORD "natuurlike" IN VERSKILLENDE SKRIFTE:

Die Griekse woord "psoo-khee-kos'" - dieselfde woord wat gebruik word in 1 Kor. 2:14 van natuurlike mens - beteken (natuurlik of sinnelik) - m.a.w. soos "sinnelike" mense in Jud. 1:19, 'n woord wat gebruik word vir die wat "nie die Gees van God het nie".  Dit verwys na hoedanig iemand se natuur is, bv. is dit "vleeslik"?, of is dit "geestelik"?  Die natuurlike mens is vleeslik of is sinnelik, maar die geestelik mens se natuur is anders en hy het 'n "goddelike natuur" - dit verwys meer na die INNERLIKE mens en na die mens se liggaam FIGUURLIK gesproke.  Die geestelike mens het opgestaan in 'n nuwe liggaam (figuurlik gesproke / die innerlike mens), maar het steeds UITERLIK 'n "natuurlike" liggaam: 

- (1Kor. 15:44)  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam. - Hierdie skrif in konteks gaan oor "verskillende soorte liggame" - alle soorte liggame is nie dieselfde nie.  Die mens het huidiglik 'n "natuurlike" liggaam (wat bv. verganklik is), maar die liggaam waarin die geestelike mens eendag gaan opstaan is 'n ander soort liggaam (en is onverganklik)(https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).
Vgl. met:
(Jud 1:19 - " Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie"); en
(Jas 3:15 - "Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels"); en
(1Kor. 2:14 - "Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word").
- (1Kor. 15:46 - "Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike". - In hierdie skrif sien ons dat alle mense gesien kan word as "natuurlike mense" (vleeslik, verganklik), maar die geestelike mens het van natuurlike oorgegaan na "geestelike" (kyk verskil tussen die innerlike vd natuurlike mens en die innerlike vd geestelike mens).

Die Griekse woord: "foo-see-kos'" (vertaal as "natuurlik" - in die sin van "instinktief"):
- Rom 1:26,27 - "Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer ("khray'-sis" - gebruik vd liggaam, in die sin van seksuele gemeenskap) verander in dié wat teen die natuur is;  en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang".  - die instinktief hier is dat dit natuurlik is ('n natuur deur God ingestel) vir 'n man om met 'n vrou seksuele gemeenskap te he - in konteks van huwelik natuurlik!  (nie man met man, of vrou met vrou nie...). In hierdie konteks sien ons dat die woord "natuurlike" 'n beskrywing is van sekere instinkte waarmee die menslike wese geskep is..., en dit is nie die menslike wese geoorloof om hierdie "instinkte" te verander nie!  (Vir 'n opsomming oor "menslike wese", gaan na die studie oor die "liggaam vd mens").
- Rom 1:31 - "onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig".
- Vgl. dit met (Jud 1:10 - "Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde") -"natuurlike" hier die Griekse woord "foo-see-koce'" wat ook verwys na "instink".

.
Die Griekse woord "foo'-sis" (vertaal as "natuurlike" - in die sin van SOORT, bv. natuurlike reproduksie soos met familie):
- (Rom 11:21 - "Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie".  - dit gaan hier oor die familie wat gaan erf, m.a.w. die familie aan wie die Koninkryk belowe is - die kinders van Abraham, deur die geslagslyn Isak, Jakob (Israel) - m.a.w. "die kinders van Israel" - hulle word genoem die "natuurlike takke", maar enige heiden wat in Christus Jesus (die beloofde Messias) glo (tot geloof kom), word deel van die "kinders van Abraham", en word ingeëent in die plek van takke wat afgebreek is... (Rom. 11:19; Gal. 3:7 ens.). Maar op dieselfde wyse wat baie vd "natuurlike takke" afgebreek was (a.g.v. ongeloof) en dit plek gemaak het vir ander, kan van die nuwe takke ook weer afgebreek word (a.g.v. ongeloof) om weer plek te maak vir die oues... (Rom. 11:24). IN HIERDIE VERS VERWYS "NATUURLIKE" NIE NA VLEESLIKES IN DIE SIN VAN DIE WAT VERKEERD "SIEN" NIE, MAAR NA 'n "SOORT" FAMILIE. Hier sien ons weer-eens dat die woord "natuurlike" 'n beskrywing is van iemand, bv. sy innerlike of aan watter familie hy behoort...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VERSKILLENDE BETEKENISSE VD WOORD "geestelike" IN VERSKILLENDE SKRIFTE:

Die Griekse woord "phyoo-mat-ik-os'"
wat verwys na "NIE vleeslik nie, maar geestelik" - kan verwys na " 'n gees " - verwysend na dinge wat deur die Heilige Gees ontvang word, bv. gawes en bedieninge, wysheid, voorregte ens.:
- (Rom 1:11 - "want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word").  - dit verwys dus na 'n gawe wat nie "vd wereld" is nie, maar kom van bo - 'n gawe van die Heilige Gees.  Wat die Skrif bedoel met "geestelik" gaan bv. oor "wie die Heilige Gees het", of "gawes van die Heilige Gees" of "wysheid van bo wat verkry word deur die Heilige Gees"... Niemand of niks kan beskryf word as 'n "geestelike" as hy nie die Heilige Gees het, of dit deur die Heilige Gees kom nie. 
- "Geestelike dinge" in Rom. 8:5 word bv. in die KJV vertaal as "things of the Spirit".  
- Vgl. dit ook met (Rom. 15:27 - "Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien").  - die heidene kan nou ook deel in die "geestelike voorregte" - bv. die Heilige Gees en deur die Gees, wedergeboorte (en dus erfenis en belofte van opstanding), gawes en bedieninge, wysheid ens. - Vgl. dit met (1Kor. 9:11 - "As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai?") - die arbeider is sy loon werd (1 Kor. 9:13) - die "geestelike" waarna hier verwys word wat gesaai word, is die apostels se geestelike "werk" in die gemeentes, soos wat hulle deur die Heilige Gees gelei word om die evangelie te verkondig (v.16). 
- Vgl. dit ook met (1 Kor. 2:13 - "Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk"). - die met menslike wysheid het die gees vd wereld.  Die met wysheid van bo het die Heilige Gees!
- (1Kor. 2:15 - "Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie"). - die begrip "geestelike mens" verwys na die wat die Heilige Gees het (1 Kor. 2:10-16). Vgl. met (Gal 6:1 - "Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie"). Christene, altans die wat die Heilige Gees het, word gesien as "geestelik" want hulle ken/begeer die wil vd Here - in daardie opsig kan iemand anders hulle nie oordeel nie want hulle doen self die beoordeling en ken immers die waarheid;  maar dit beteken nie dat die "geestelike mens" nie in versoeking kan val nie!  En sou hy toegee aan versoeking en miskien begin stap in sonde tot die dood, dan kan hy wel geoordeel word deur mede-gelowiges... (1 Kor. 5:12).
- (1Kor. 3:1 - "En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus"). - as iemand nie geestelik is nie, is hy "vleeslik" ("sar-kee-kos'" - verwysend na begeertes vd liggaam) - hierdie verwys na hoe mense dink, verstaan, wat hulle begeer ens. Jong kinders in die geloof is nog baiemaal vleeslik omdat hulle nog leer hoe om ag te gee op die godsaligheid en leer om die ou mens daagliks af te le" - bv. gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus (2 Kor. 10:5), bedink dinge daarbo (Kol. 3:2), onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel (1 Pet. 2:11), maak slegte begeertes en gierigheid dood (Kol. 3:5), ens.   
(1Kor. 10:3,4 - "en almal dieselfde geestelike spys geëet het en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus"). - in hierdie gedeelte word verduidelik hoe die volk van God in al "die geestelike dinge" gedeel het, tog is baie neergeslaan.  In konteks word ook genoem watter dinge dit was wat veroorsaak het dat hulle nie saam met die res geerf het nie, bv. begeertes na slegte dinge, afgodsaanbidding, hoerery, murmurering... Nie almal wat deel in die geestelike, of wat geestelike mense is, sal eendag ingaan in die koninkryk van God nie!, want al het "geestelike mense" die belofte van opstanding en erfenis, sal hulle nie ingaan as hulle nie vashou aan die Here nie (rol boontoe vir 'n opsomming hieroor).  
- (1Kor. 12:1 -  "En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie"). - hierdie "geestelike" gawes word "geestelik" genoem omdat dit verkry word deur die Heilige Gees (v.4).  Vgl. met (1Kor. 14:1 - "Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer").
- (1Kor. 14:37 - " As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is"). - geestelike mense is "kundige mense" - die natuurlike mens is "onkundig" - (1Kor. 14:38 - "Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly") - natuurlike mense kan nie "verstaan" voor hulle nie die Heilige Gees ontvang nie.
- (1Kor. 15:44 - "‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam"). - in konteks gaan hierdie oor die toekomstige opstanding van die dode - belofte van opstanding vir die wat glo in Jesus Christus.  Elkeen wat in Hom glo het hierdie belofte, maar die liggaam waarin ons opgewek sal word is nie dieselfde soort liggaam wat ons nou het nie (verwysend na die UITERLIKE).  Die "natuurlike liggaam" verwys na die uiterlike mens wat verganklik is (vir 'n volledige studie hieroor, gaan na die opsomming onder die studie van "die liggaam vd mens")(https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html)
- (1Kor. 15:46 - "Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike"). -Die mens het huidiglik 'n "natuurlike" liggaam (wat verganklik is).  Al is die geestelike mens innerlik vernuwe en het reeds opgestaan in 'n nuwe lewe, is dit figuurlik bedoel vd INNERLIKE mens.  Die geestelike mens is innerlik wederbaar maar nog nie die uiterlike mens nie - alle geestelike mense (die wat die Heilige Gees het) het dus nog "natuurlike liggame", en sal eendag sterwe, maar het ook die belofte van opstanding tot lewe (sal ander soort liggame wees). Natuurlike mense het nie die belofte van opstanding (tot lewe) nie en wag dus op die oordeel van die tweede dood nadat hulle gesterf het.  Geestelike mense (die wat vashou en oorwin) sal nuwe liggame kry (onverganklike liggame) en sal nie onder die oordeel vd tweede dood val nie (https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html).
- (Rom 7:14)  Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. - Die "geestelike mens" (in wie die Heilige Gees is) is wel ook nog "vleeslik" omdat die Christen nog nie uiterlik vernuwe is nie.  Die wet is nie vleeslik nie maar geestelik, want dit kom immers van die Here en wys wat Hy van die wat Hom dien verwag in 'n spesifieke tydperk.  In verskillende tydperke oor die eeue, wat sommige geleerdes noem "bedelings", is verskillende wette van toepassing.  Die eerste generasies was bv. nie toegelaat om vleis te eet nie (Gen. 1:29), maar in 'n volgende "bedeling" was hulle wel toegelaat om vleis te eet (Gen. 9:3), en net sekere soorte vleis onder die wet van Moses...(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html). Die vraag is nou wat van ons verwag word in die "bedeling" vd N.T.?  Natuurlik verwys hierdie geensins na vleeslike sondes (wat terloops nooit gesien kan word as vervulde wette nie...) en het ook niks te doen met menslike verordeninge nie, maar gaan oor wat "geestelik" is in watter bedeling en dus oor hoe die Here "sien", en wat Hy verwag. Behalwe dat Jesus Christus vir ons hierdie kom leer het (die waarheid gebring het), en Hy Sy apostels gebruik het om riglyne vir die Christelike kerk neer te le, gee Hy aan elkeen wat Hom dien Sy Heilige Gees. Deur Sy Gees maak Hy dat hulle in Sy insettinge wandel en Sy verordeninge onderhou en doen (Eze 36:27). Deur die Heilige Gees weet hulle wat in die Gees vd Here is! (1 Kor. 2:11-13).
Nog 'n paar skrifte waar Griekse woord "phyoo-mat-ik-os" gebruik word vir "geestelike (geestelike seëning; geestelike liedere; geestelike insig; geestelike huis; geestelike offers):
- (Ef. 1:3)  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
- (Ef. 5:19)  Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,
- (Kol. 1:9)  Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,
- (Kol. 3:16)  Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
- (1Pe 2:5)  en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. - As iets "geestelik" is (in terme van hoe die Here dit sien, nie verwysend na wat ander gelowe sien as geestelik nie), wys dit na "iemand" wat die Here dien, of "iets" wat deur die Here gegee word of geinspireer is (bv. die Skrif,) - vgl. met geestelike "huis", geestelike seeninge, geestelike insig, geestelike liedere, geestelike offers. 

Die Griekse woord "pnyoo-mat-ik-oce'", wat wys op die "figuurlike", nie die "letterlike" nie:
- (1Kor. 2:14)  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Niemand weet wat in 'n ander mens is nie behalwe die gees vd mens (wat in hom is) - op dieselfde wyse weet die mens nie wat in God is nie, behalwe die Gees van God! (2 Kor. 2:11).  As iemand dus nou die Gees van God in hom het, dan weet hy "wat in God is"... Natuurlike mense het nie die Gees van God nie, so hulle weet nie "wat in God is" nie. "Geestelike mense" (die mense na wie verwys word in die Skrif as die wat wel die Gees van God het) weet wat is in God want hulle het Sy Gees! Hulle "sien" en verstaan en beoordeel dinge op 'n geestelike manier.
- (Openb. 11:8 - "en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is"). - "geestelik genoem" verwys hier na FIGUURLIK (is 'n figuurlike verwysing).

_________________________________________________________________________________
Menslike Natuur:

Wat die innerlike mens aanbetref kan ons onderskei tussen 
- die "menslike natuur" en
- die "goddelike natuur"...;

maar "natuur" verwys ook na:
- (1) die natuurlike mens se toestand (voor God)(m.a.w. verwysend na die feit dat hy 'n vrye wil het - m.a.w., watter natuur is dit wat hy "kies"? -  hierdie "natuur" kan m.a.w. deur God verander word as die persoon Hom toelaat...), en
- (2) die "natuurlike verkeer" van 'n wese - wat ook na 2 dinge verwys, nl.:
         - (a) die natuur wat deur God vasgestel is vir 'n wese (bv. "man en vrou"), óf 
         - (b) verwys na hoe iets of iemand se natuur verander kan word (bv. oorspronklik was daar geen skrik in diere nie, maar God het dit verander in Gen. 9:2,3 toe Hy die mens toelaat om vleis te eet)("natuurlike mense" kan gesien word as "wild", maar kan "mak" gemaak word, want die natuurlike mens se stand kan voorgestel word as "dood" en het nodig om te verander...- anders gaan hy veroordeel word tot die tweede dood). 

Om die tema vd menslike natuur te verstaan, moet ons eerste kyk na wat presies "natuur" is, of wat met "natuurlike verkeer" bedoel word. Hierdie tema gaan veral oor wat die natuurlike verkeer is wat deur God vasgestel isDie mens wat hom nie aan Sy Skepper onderwerp nie kan bv. gesien word soos 'n wilde dier, of meer presies word 'n "wilde olyfboom" genoem in Rom. 11:24 (en spreek vd "natuurlike mens") en het nodig om mak gemaak te word (of op die mak olyfboom ingeëent te word)! Maar net soos in die geval met 'n dier, kan die mens nie "mak gemaak" word as hy hom nie onderwerp aan die een wat oor hom heers nie! "Natuur" kan somtyds verander word - bv. wilde diere se natuur kan getem word (Jak. 3:7), maar geskied deur die een wat in die posisie is van "heers" (as die dier hom toelaat!). Siende God heers oor die mens, is Hy die Een wat mag het om "natuur" te verander... en ons sien 'n vb. van waar Hy dit gedoen het... Heidene is bv. "van nature" nie deel van die kinders vd koninkryk nie (van nature wild), maar Jesus Christus kan 'n heiden se "wildheid" verander sodat hy nou "mak" word en deel word vd kinders van Abraham (dit is as die mens Hom toelaat - as hy sy hoop in Hom plaas/Hom vertrou/glo...-  (Rom 11:24 - "Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?"). Net soos die mens oor die dier heers en diere kan mak maak, net so maak Jesus Christus die wat hulle aan Hom onderwerp , "mak"... Christene word deel van die GODDELIKE NATUUR (1 Pet. 1:4).

Die woorde "menslike natuur" verwys na "mensdom" en gaan oor die "soort wese" (Griekse woorde "anth-ro'-pee-nos" en "foo'-sis") - en mag net sowel die "natuurlike mens" (1 Kor. 2:14) beskrywe. Almal kan na regte gesien word soos "natuurlike mense" wat teen die natuurlike verkeer opgaan wat God vasgestel het, en maak dus hulle eie reels op, en is nie die Here gehoorsaam nie en begeer nie Sy wil nie...(in daardie opsig "dood" - verganklik). Wat ons nodig het is 'n "goddelike natuur" (1 Pet. 1:4) wat eerder die wil vd Here begeer as om die wereld te begeer. In daardie opsig gebruik geleerdes somtyds die woorde "menslike natuur" om 'n natuur te beskryf van hoe die mens in opstand kom teen sy Skepper, maar hier gaan dit oor die natuur wat iemand "kies", NIE oor die natuur wat God vasgestel het vir die menslike wese (bv. "is 'n of man", of "is 'n vrou" nie, wat verwysend is na "natuur" wat deur God vasgestel is en nie deur 'n mens verander word nie...).

Wie is dit aan wie iets of iemand onderwerp is?  Die mens heers oor die dier (Gen. 1:28).  God heers oor die mens (Gen. 1:27; 2:7...). Die mens moet hom dus onderwerp aan sy Skepper (soos 'n dier hom moet onderwerp aan die mens). Die mens moet hom bv. ook onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is... (Rom. 13:1-3), maar as die wereldse mag (hetsy regering of kerkraad of wie ookal) in opstand kom teen die natuurlike verkeer wat deur God vasgestel is, kan daardie wereldse mag gesien word as "wild" (in so 'n geval kan die wat "mak" is  kies om die Here "meer gehoorsaam" te wees (Hand. 4:19; 5:29)). Die een wat heers het die mag! en God is die Almagtige (Gen. 17:1; 28:3; Openb. 21:22; Jes. 13:6; 2 Kor. 6:18 ens.) - alle wereldse magte is veronderstel om hulle te onderwerp aan die Een wat heers!  'n Wereldse mag wat oor ander mense aangestel is mag nie die natuurlike verkeer wat deur God vasgestel is verander nie, want dan kom hulle in opstand teen die Een wat oor alle mense heers. Geen wereldstelsel het bv. die reg om die natuur te verander van wat gesien word as "die huwelik" nie, of het die mag om die natuur te verander t.o.v. van wat bv. gesien word as wettiglike seks nie. 'n Regering het bv. ook nie die mag om te besluit dit reg is vir 'n mens om met 'n dier vleeslike gemeenskap te he nie, want hulle moet hulle onderwerp aan die Here hulle Skepper - en volgens die natuurlike verkeer wat deur Hom vasgestel is mag die mens nie by 'n dier op hierdie manier lê nie.  Die mens is onderwerp aan God se reels (die "natuur" wat Hy vasgestel het, net soos diere onderwerp is aan die mens se reels); - hetsy hy dit glo of nie, elke mens is versonderstel om hom te onderwerp aan Sy Skepper! Die Christelike kerk het ook nie die mag om "natuur" (bv. reels) wat deur God vasgestel is, te verander nie.. Bv. hulle mag nie iets wat gesien word as sonde verander asof dit nie meer sonde is nie! As God die reels of "natuur" verander is dit iets anders, maar geen mens het die mag om dit te doen nie. 

Daar is dus 'n NATUURLIKE VERKEER op aarde en as hierdie natuurlike verkeer verander word deur iemand wat nie die mag het om dit te verander nie, dan is hy besig om in opstand te kom teen die een wat regeer. Bv., die mens is as "man" en "vrou" geskep - dit is dus nie "natuurlik" vir die man om met 'n ander man omgang te he nie;  net so is dit ook nie natuurlik vir die vrou om met 'n ander te le nie (Rom. 1:26,27). Mense wat hierdie "natuurlike verkeer" verander sondig teen hulle Skepper en kom in opstand teen die natuur wat Hy vir hulle gegee het.  Ons moet egter ook hier onderskei tussen "natuurlike verkeer" (iets wat vasgestel is deur die Skepper), en dit wat verskillende kultuurgroepe sien as "natuurlik", want "natuurlike verkeer" gaan nie oor menslike gebooie nie. Vir sommige groepe is dit bv. nie natuurlik dat 'n man lang hare dra nie (1 Kor. 11:14), maar vir ander is dit...  - hierdie moet nie verwar word met die begrip "natuurlike verkeer" nie!, want in so 'n geval is dit bloot "kultuur" wat nie deur God vasgestel is nie...

_________________________________________________________________________________
Die INNERLIKE vd natuurlike mens is anders as die INNERLIKE vd geestelike mens:
Soos ons weet bestaan die mens uit "liggaam, siel en gees" (Gen. 2:7; 1 Thess. 5:23), maar is nie net 
-  letterlik van aard (DIE UITERLIKE MENS)(letterlik liggaam, siel en gees) nie, maar ook 
-  figuurlik van aard (DIE INNERLIKE MENS)(figuurlik liggaam, siel en gees). 
Die INNERLIKE van die natuurlike mens lyk anders as die INNERLIKE van die geestelike mens, want die geestelike mens se INNERLIKE is/word vernuwe.

Die geestelike mens is 'n nuwe skepsel ("weer gebore"), en word daagliks innerlik vernuwe:
-  (2Kor. 4:16)  "Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe";
-  (2 Kor. 5:17)  "Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword";
-  (Eseg. 11:19)  "En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee";
-  (Joh 3:3)  "Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie";
-  (1Jn 5:1)  "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is";
-  (Joh 1:12,13)  "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is";
...ens.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- WAT GEBEUR MET DIE NATUURLIKE MENS WANNEER HY doodgaan?
- WAT GEBEUR MET DIE GEESTELIKE MENS WANNEER HY doodgaan?

Wanneer die natuurlike mens sterf, keer die uiterlike terug na stof en hy wag op die oordeel vd tweede dood;  maar wanneer die geestelike mens sterwe, is dit nie dieselfde nie - in geval vd geestelike mens sterf die uiterlike wel en keer terug na stof, en is wel ook nou "gees sonder vlees en bene", maar wag nie op die ewige oordeel (die tweede dood) soos in die geval vd natuurlike mens nie, maar wag op "die opstanding"! (Joh. 6:54 ens.).  

Geestelike mense (die wat die Heilige Gees het) het wel figuurlik opgestaan in 'n nuwe liggaam (meer verwysend na die innerlike - en word o.a. deur die Christelike doop voorgestel)(https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html), maar sal ook eendag letterlik opstaan (en nuwe, alhoewel ander soort, liggame kry). Kinders vd koninkryk is huidiglik alreeds deel van die Here koninkryk, figuurlik bedoel, maar wanneer Christus Jesus terugkom en sy letterlike "fisiese" koninkryk op aarde oprig, dan sal die geestelike mens ook letterlik ingaan in hierdie koninkryk, (in 'n nuwe opgestane (letterlike) liggaam)(want "vlees en bloed" kan nie die Koninkryk beerwe nie)(https://warechristene.blogspot.com/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html).
--------------------------------------------------------------------------------------
-  Die innerlike mens (figuurlik liggaam, siel en gees) vd geestelike mens is/word vernuwe, wat tot gevolg het dat hy vrug kan dra tot ewige lewe (en sal daarom opgewek word tot lewe) -(2Kor. 4:16 - "Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe")(Ef. 2:10; Rom. 12:2; Kol. 3:10; Tit. 3:5...). 

-  Die natuurlike mens se hart dra vrug tot die dood...(en hy wag dus op die oordeel vd hel, die tweede dood).  
--------------------------------------------------------------------------------------
Die woorde "geestelike mens" verwys dus veral na die INNERLIKE MENS van die Christen, terwyl die woorde "natuurlike mens" veral gebruik word vir die INNERLIKE MENS van die wat nie die Gees van God het nie (die wat nie deel is van God se volk nie - die wat nie deel is van Sy familie nie - die wat nie gewas is nie en nie die Heilige Gees het nie en dus nie gebore uit God nie - nie "weer gebore" nie). Die natuurlike mens is m.a.w. in liggaam, siel en gees figuurlik verskillend vd Christen. 

Ons kan die INNERLIKE MENS (die mens figuurlik gesproke) moontlik met die volgende diagram probeer voorstel:


Die INNERLIKE MENS verwys dus na óf die "natuurlike mens" óf die "geestelike mens". UITERLIK is almal "vlees en been" van mekaar (eerder genoem "vlees en bloed")(soos "kinders van Adam), maar innerlik is dit wat die Bybel "geestelike mens" noem, mense wat gebore is uit God - van Christus se "vlees en been" - soos "kinders van Jesus Christus" is (gebore uit Sy Saad)(1 Joh. 3:9).

Vir 'n volledige opsomming oor die terme "vlees en been" en "vlees en bloed", gaan nie die studie oor die "liggaam vd mens".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Slotsom:
Die natuurlike mens het nie die belofte van opstanding nie omdat hy nie "weer gebore" is (deur water en Gees) nie (die natuurlike mens is nie "gebore uit God" nie - is nie gebore uit Sy Saad nie).  
Die natuurlike mens se innerlike wag op die oordeel vd tweede dood wanneer hy sterwe (want hy is nie gewas nie en het nie lewe nie omdat hy nie die asem vd Heilige Gees het nie, en sy innerlike het nie die kos en water wat nodig is om hom aan die lewe hou nie, nl. Jesus Christus, die Brood, en Sy Gees, die fontein vd lewe.

Die "geestelike mens" se innerlike is egter anders want hy is "weer gebore"!  Hy het die belofte van opstanding (vd uiterlike liggaam, alhoewel dit 'n ander soort liggaam gaan wees), en hy sal ook nie onder die oordeel vd tweede dood val nie (want hy is gewas).  Wat die Skrif veral bedoel met "geestelike mens", is dat dit verwys na die wat die dinge van die Gees van God aanneem (hulle het die Geed van God en "sien en verstaan")(1 Kor. 2:10-15). Baiemaal tree "geestelike mense" ook op soos natuurlike mense wanneer hulle nie "sien en verstaan" nie, en dink "vleeslik" en beoordeel dinge vleeslik soos mense wat nie die Gees van God het nie.... Hierdie is veral kenmerkend by die wat nie gehoorsaam is aan die Gees nie, en kan ook gesien word by  "jong Christene" (babas en kinders in die geloof)(1 Kor. 3:1-4) wat bv. predikers kies volgens wie hulle in die gehoor streel of wie dit is van wie hulle hou i.p.v. om die waarheid te soek en te onderskei tussen wie dit is wat die waarheid bring en wie nie. 
"Geestelike mense" is veronderstel om geestelike dinge GEESTELIKE TE BEOORDEEL (want hulle het die Gees van God).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 12 September 2021

Die mens

Hierdie is die eerste van 4 poste -  inleiding/opsomming vd studie oor "die mens":
-Die VLEES,
-Die SIEL, en
-Die GEES (vd mens).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (1 Thess. 5:23; Gen. 2:7...). 
-(1)  Vir 'n studie oor DIE LIGGAAM (vd mens), gaan na (http://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html) en (http://warechristene.blogspot.com/2020/05/uiteensetting-die-liggaam-lewende-siel.html). Heelwat terme beskryf die liggaam, of dit wat konnekteer word met die liggaam (bv. vlees, familie, werke, voedsel, vleis, die self, klere, organe), en elkeen van hierdie terme is 'n tema op sy eie.  Kyk o.a. na die term "vlees"; wat kan verwys na "vel" (Gen. 17:11), of in 'n groter konteks gebruik word van alle "menslike vlees" (Job 12:10; Gen. 6:13 ens.), of word ook gebruik vir familie (veral dan die begrip "vlees en been") (Gen. 2:23)..., ens.  Ons kan dus sien dat om "die liggaam" beter te verstaan, daar ingekyk moet word op al hierdie betekenisse van liggaam in die Hebreeuse woord. 
-(2)  Vir 'n sudie oor DIE SIEL (vd mens), gaan na (http://warechristene.blogspot.com/2020/06/die-siel-vd-mens.html). Op dieselfde wyse wat ons na die liggaam kyk, moet daar ook op verskillende begrippe ingekyk word om die siel beter te verstaan bv., die woord "siel" word somtyds gebruik om in geheel die innerlike mens te beskryf, maar ook letterlik gebruik (bv. vd hart, bloed, sintuie, organe, gebeente), tog ook figuurlik gebruik (bv. "hart, bloed, organe". maar vd innerlike mens).   Wat dus somtyds die onderwerp van liggaam, siel en gees ingewikkeld maak, is die feit dat die terme "siel" en "gees" somtyds na dieselfde verwys, tog word ook verskillende begrippe afsonderlik daarvoor gebruik (Hebr. 4:12; Jes. 26:9; Job 7:1; Fil. 1:27). Daar word ook in sommige skrifte net na twee dele vd mens verwys, bv. "liggaam en gees" (Jak. 2:26; 1 Kor. 7:34)(1 Kor. 6:19,20), of  "liggaam en siel" (Ps. 31:9);  m.a.w., LIGGAAM word in die algemeen gebruik om na die UITERLIKE MENS te verwys, en SIEL/GEES om na die INNERLIKE MENS te verwys.(in daardie opsig moet ons onderskei tussen die uiterlike mens en die innerlike mens - m.a.w., DIE MENS IS NIE NET UITERLIK VAN AARD NIE, MAAR HET OOK 'N INNERLIKE).  Nietemin, geen mens kan 'n lewende siel wees sonder "gees" nie...
-(3) Vir 'n studie oor DIE GEES (vd mens), gaan na (http://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-geeste-van-alle-vlees.html). Die term "gees" verwys nie net na asem nie, maar word ook somtyds gebruik om te verwys na die innerlike mens in geheel (m.a.w. "die mens se gees"). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DAAR MOET ALTYD ONDERSKEI WORD TUSSEN DIE:
- natuurlike mens, en die 
- geestelike mens;  veral wanneer daar na die terme "siel en gees" gekyk word (en in hierdie geval is dit waar die term liggaam verwys na DIE UITERLIKE MENS, en die terme siel/gees verwys na DIE INNERLIKE MENS). Die siel en gees vd geestelike mens bv. lyk anders as die siel en gees vd natuurlike mens. Die geestelike en natuurlike mens leef bv. deur verskillende "asems".  Die geestelike mens het die Heilige Gees, terwyl die natuurlike mens die gees vd wereld het. Die geestelike mens het 'n nuwe hart (hart besny)(is 'n nuwe mens) maar die natuurlike mens is nog die ou mens. 

Alhoewel die innerlike vd geestelike mens vernuwe is, is sy uitelike mens nog nie vernuwe nie (maar die liggaam sal terloops ook vernuwe word in "die opstanding"). 

Dus, alhoewel die mens bestaan uit liggaam, siel en gees, is hy TWEEDLEDIG VAN AARD -:
die UITERLIKE MENS (liggaam, siel en gees LETTERLIK bedoel)(2 Kor. 4:16), en
die INNERLIKE MENS (liggaam, siel en gees FIGUURLIK bedoel, m.a.w. verwysend na "die gees van binne")(Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16)
Ander terme wat ook gebruik word vir die "innerlike mens", is "die verborge mens vd hart" (1 Pet. 3:4);  of wanneer iets op iemand "se hart geskryf word" (Jer. 31:33)(of bv. iemand se hart vernuwe word), dan verwys dit ook na die mens "in die verborgene" (Rom. 2:29) - m.a.w., "die innerlike mens".  Daar kan ook hierna verwys word as die "binnekant" of "buitekant" vd mens (soos in Matt. 23:26 en Luk. 11:40), maar "binnerkant" bedoel nie hier die letterlike hart, niere ens. nie, maar verwys na die mens van binne, m.a.w. hart, niere ens. figuurlik gesproke (bv. dit wat iemand in sy hart bedink...). 

Daar is ook 'n konneksie tussen die letterlike en die figuurlike, bv.:  
-  Net soos die letterlike LIGGAAM (vlees)(uiterlike mens) nie kan lewe sonder die asem wat God gee nie, net so kan die liggaam figuurlik gesproke (vd innerlike mens) nie lewe sonder die gees of ASEM vd Heilige Gees nie. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die mens word somtyds voorgestel soos grond en/of saad wat in die wereld geplant word, om te groei en vrug te dra: 
Die liggaam kan vgl. word met grond (1 Kor. 15:37).
Die siel kan vgl. word met saad of plant of boom (Mark. 4:26-28; 1 Pet. 2:23).
Die gees kan vgl. word met lig
Hierdie soort beeldspraak word in baie skrifte in beide die ou en nuwe testament gebruik. Jesus het self ook somtyds so na die mens verwys - kyk bv. die gelykenis vd saaier, of waar Hy die wat in Hom glo voorstel soos lote wat moet vrug dra... (Joh. 15:5,6; Matt. 13:24-38; Mark. 4:26-29 ens.).

Die mens kan moontlik ook as volg verduidelik word:

(ROL AF VIR 'N BETER UITEENSETTING VAN WAAR DIE LIGGAAM, SIEL EN GEES VOORGESTEL WORD MET GROND/PLANT/LIG ens.)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

IN ELKE GEVAL VAN terme wat gebruik word onderskeidelik vir LIGGAAM, SIEL EN GEES, is elk wel LETTERLIK, MAAR word ook FIGUURLIKgebruik, bv.:
- "gees" verwys letterlik na "asem" (vd uiterlike of innerlike mens), m.aw. asem waarsonder niemand 'n lewende wese kan wees nie, asook die gees waardeur die mens se innerlike asemhaal, bv. die natuurlike mens het die gees vd wereld, maar die geestelike mens het die Heilige Gees. 
Figuurlik kan die begrip "gees" (en somtyds word die woord siel gebruik) verwys na die innerlike mens in geheel, m.a.w. die gees wat in elke mens se binneste gevorm word.  
Wanneer die mens doodgaan verlaat die asem die liggaam - blaas m.a.w. die laaste asem uit.  Die gees van binne (die innerlike mens)(gees van elke mens) word dan in bewaring gehou tot op die dag oordeel - verwysend na die natuurlike mens, die wat die gees vd wereld het;  of die gees van binne (die innerlike mens)(gees van elke mens) wag op die dag van opstanding - verwysend na die geestelike mens, die wat die Heilige Gees het (deur wie se asem hulle LEWE en in bewaring gehou word tot op die dag van verlossing, m.a.w. die dag wanneer hulle uiterlike ook vernuwe word). 

- "siel" verwys letterlik na die "lewe"/siel in die bloed - hart, sintuie, organe, ens., en die uiterlike mens se bloed stop en die organe kom tot stilstand wanneer iemand sy laaste asem uitblaas. Die begrip word ook gebruik om na die innerlike mens te verwys in geheel (maw "die gees vd mens" - geleerdes gebruik somtyds die term gees/siel). Figuurlik verwys siel ook na die hart, bloed ens.- meer presies, wil, intellek, emosies ens. 
In geval vd geestelike mens is die hart bv. besny (daarom, "sien" en "hoor" anders...), maar die natuurlike mens se hart is nie besny nie (die dood is anders vir onbesnedenes, en daar is geen hoop op opstanding vir hulle nie - geloof bepaal of iemand gesien word as 'n besnedene of onbesnede... Hier sien ons hoe die hart wat ook verwys na die siel, figuurlik gebruik word - op dieselfde wyse het sintuie, bloed en organe ook 'n figuurlike verwysing). 

- "liggaam" verwys letterlik na vlees, familie en werke, ens., maar figuurlik ook daarna, bv. geestelike familie, en werke ("werke vd vlees" of "werke vd geloof"), ens
Die liggaam verderf letterlik wanneer die mens doodgaan en keer dan terug na stof, maar die wat nie die belofte het van opstanding (tot lewe) nie, sal beide "liggaam en siel" in die hel verderwe eendag (poel van vuur - ewige oordeel - oordeel vd hel). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE MENS kan ook voorgestel word soos grond (vlees, familie, werke) waarin saad geplant word (siel, hart, vrug) en wat lig nodig het om te kan lewe en groei (gees/siel):

Liggaam = grond
Die liggaam is ten eerste UIT GROND gemaak.  Na regte kan ons sê dat die mens "grond" is, of soos grond gesien kan word, maar eintlik verwys hierdie feit veral na die liggaam gedeelte (LETTERLIK), maar word ook FIGUURLIK gebruik. Dit is nie net 'n Bybelse waarheid nie maar ook 'n wetenskaplike feit dat wanneer die mens sterf sy liggaam terugkeer na die stof waaruit dit gemaak is (Gen. 3:19; Ecc 12:7). Maar die feit dat die mens soos grond gesien kan word is ook 'n figuurlike konsep, en Christus self het ook hierdie konsep gebruik, bv. in die gelykenis vd saaier - waarin Hy die mens voorstel soos "grond waarin saad val of geplant word". Letterlik word die liggaam weer grond wanneer iemand doodgaan, maar wat word van die liggaam figuurlik?  Om dit te verstaan moet ons natuurlik weet waarna die liggaam figuurlik verwys...

Siel = saad of plant
In die Skrif word daar baie verwys na begrippe soos OESTYD, saai en maai, VRUG dra, ens.  Christus Jesus word voorgestel soos die wynstok  met die Vader as landbouer en gelowiges, LOTE - en in sommige ander skrifte word gelowiges ook voorgestel soos BOME wat in die wereld gesaai word om vrug te dra en wanneer die oestyd daar is, dan word die vrugte geoes... In Jes. 5 word die huis (kinders) van Israel voorgestel as "die Here se wingerd".  Nie alle SAAD verwys egter na gelowiges nie!, want onkruid is bv. ook saad ... Alle mense kan gesien word soos saad wat geplant word, en verwys figuurlik na die siel vd mens ("die hart").  Hoe lyk die "HART"? - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge, begeerlikhede ens. (Gen. 6:5; Hebr. 4:12; 1 Thess. 5:23;  Luk. 12:19; Hand. 4:32 ens.). Die hart wys bv. hoe iemand se VRUG lyk. Hier moet ons dus ook onderskei tussen die letterlike en die figuurlike, of die NATUURLIKE en die GEESTELIKE mens.

Gees = asem/lig
Wanneer dit kom by die studie van die vlees, siel en gees, is iets om hoog in gedagte te hou die feit dat elke LEWENDE SIEL en die gees van alle menslike vlees, is in God se hande (die God wat hemel en aarde gemaak het)(Job 12:10). (1Sa 2:6 - "Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom")(Deut. 32:39). Geen mens kan lewe sonder die ASEM wat deur God gegee word nie (net soos 'n plant ook nie kan lewe of groei sonder lig nie).  Geen mens kan 'n LEWENDE SIEL wees sonder asem wat deur God verleen word nie...! - letterlik en figuurlik! Letterlik het elkeen asem nodig om te kan lewe en gaan dood wanneer die asem onttrek word.  Figuurlik formeer die Here 'n gees in elkeen se binneste m.a.w., wanneer iemand doodgaan is hy soos 'n gees sonder vlees en bene... en wag óf om veroordeel te word tot die tweede dood ("natuurlike mens"), óf wag op ASEM waardeur God iemand weer opwek tot lewe, spes. verwysend hier na "die opstanding" ("geestelike mens"). Hier moet ons onderskei tussen "kinders van die lig" en "kinders van die duisternis".  Jesus is 'n LIG wat in die wêreld gekom het sodat elkeen wat in Hom glo, nie in die duisternis bly nie...

ONS KAN DIT MOONTLIK MET DIE VOLGENDE DIAGRAM VERDUIDELIK:


Die mens is nie net 'n letterlike wese nie, maar ook figuurlik van aard.

Letterlik:
-  GROND:  'n liggaam (vlees, familie, werke). en 
-  SAAD/PLANT/BOOM:  siel (lewe in bloed)(hart wat klop), en 
-  ASEM/LIG:  soos asem/gees die "liggaam verlig" (asem wat God gee), so asem/lig nodig om eendag op te staan uit die dood (geestelike mens), maar die natuurlike mens het nie hierdie hoop nie.

Figuurlik: 
- GROND:  'n liggaam - VLEES:- oue (uit Adam), of nuwe mens (gewederbaar uit Gees en water - weer gebore).  FAMILIE: -Aan watter geestelike familie behoort iemand? - kyk na geloof en gehoorsaamheid.  WERKE:- Natuurlike mens - werke van die vlees;  Geestelike mens - werke van geloof.  Bestudeer onderwerpe soos: - LETTER MAAK DOOD  of  GEES MAAK LEWEND;  - OUE MENS  of  NUWE MENS; - natuurlike of geestelike MENS.
- SAAD/PLANT/BOOM:  'n siel ("lewe in bloed" - daar is slegs lewe in die bloed van Christus - geestelike mens;  MAAR die natuurlike mens het geen lewe, tweede dood)("hart" - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge, begeerlikhede ens. - VRUG).  Bestudeer onderwerpe soos: -HART ; VRUG ; natuurlike en geestelike mens;  -KINDERS VD VLEES (ou hart) of  KINDERS VD GEES (nuwe hart - vrug tot ewige lewe).
- ASEM/LIG:  'n gees - gees word in elkeen se binneste geformeer en wanneer iemand doodgaan, is hy 'n gees sonder vlees en bene, en kan slegs weer opgewek word deur die Here - deur Sy Gees (ASEM). Natuurlike mens se liggaam donker, maar Geestelike mens se liggaam verlig deur die Heilige Gees (asem), en dus reeds opgestaan tot nuwe lewe!  Bestudeer onderwerpe soos: - KINDERS VD DUISTERNIS  of  KINDERS VD LIG;  -GEES VD WERELD  of  GEES VAN GOD;  -GEES VD DWALING  of  GEES VD WAARHEID.
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:

Die mens bestaan uit vlees, gees en siel:
Gen 2:7 - "En die HERE God het
- die mens geformeer uit die stof van die aarde (LIGGAAM)
-  en in sy neus die asem van die lewe geblaas (GEES).
-  So het dan die mens ‘n lewende siel geword" (SIEL)(letterlik en figuurlik).

LIGGAAM:
Letterlik verwys die liggaam na VLEES ("mensdom en diere"-Gen. 6:12,19)(lewe terwyl iemand "asem" het en lewe is in die bloed, maar keer terug na stof wanneer  iemand sterf),  FAMILIE ("vlees en bene"-Gen. 2:23), en fisiese ("letterlike") en WERKE(Gen. 3:17-19).
- Figuurlik verwys die liggaam ook na hierdie dinge maar na:
vlees as OU MENS of  NUWE MENS (natuurlike of geestelike mens).
familie as na die GEESTELIKE FAMILIE (m.a.w. geestelik vlees en bene)(geestelike mens opgestaan in nuwe lewe, en wag ook op letterlike opstanding eendag vir die wat gesterf het in Christus);
 - en werke as WERKE VD GELOOF (die "nuwe mens" - het oue mens afgelê, dus liggaam van sonde tot niet gemaak, en dien nie meer die sonde nie - Gal. 5:22; Rom. 6:6; Kol. 3:9,10), of WERKE VD VLEES (die "ou mens" - dien die sonde - Gal. 5:19-21). WERKE gaan dus oor "wie dit is vir wie jy dien";  of "wie se wil jy doen" - m.a.w., in wie glo jy? of, van wie is jy 'n slaaf?

GEES:
 - Letterlik= ASEM WAT GOD GEE / lewensasem (waarsonder niemand kan lewe nie)(gaan boontoe of keer terug na God wat dit gegee het wanneer iemand sterf)(Gen. 6:17; 7:15).
Figuurlik GEES WAT IN DIE MENS SE BINNESTE GEFORMEER WORD (of "siel")(dus gees sonder vlees en bene wanneer iemand sterf)(en kan slegs weer opgewek word deur die Here - deur Sy Gees of ASEM; en wag óf om veroordeel te word tot die tweede dood, óf wag op ASEM waardeur God iemand weer opwek tot lewe)(Sag. 12:1; Luk. 12:20).
Onderwerp:gees = asem = lig (soos nodig om 'n plant te laat lewe en groei).
Onderwerp: Natuurlike mens,  of geestelike mens (het Gees - lewe).
Onderwerp: Kinders vd duisternis, of kinders vd lig.

Ons moet ook onderskei tussen "kinders van die lig", en "kinders van die duisternis".

SIEL:
 - Letterlik SIEL IN BLOED - lewe in bloed (Lev. 17:14) - bloed pomp deur HART. Lewende siel (mens of dier beskryf as 'n lewende siel).
Figuurlik  "Hart" (gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge ens.)
Onderwerp: SAAD of PLANT / "HART"/ natuurlik of geestelike mens (siel = saad of plant, soos in grond geplant)
Onderwerp: Hoe lyk die "HART"? - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge, begeerlikhede ens. (Gen. 6:5; Hebr. 4:12; 1 Thess. 5:23;  Luk. 12:19; Hand. 4:32 ens.). Die hart wys hoe iemand se VRUG lyk.
Onderwerp:  Vrug.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat gebeur wanneer die mens doodgaan:
Hier moet ons onderskei tussen wat gebeur met die NATUURLIKE MENS wanneer hy sterf,  en wat gebeur met die GEESTELIKE MENS wanneer hy sterf, want die dood is anders vir natuurlike mense wanneer hulle sterf, as wat dit is vir die geestelike mens. Die natuurlike mens (kinders van Adam) word vergeet in die graf, maar geestelike mens (kinders van Jesus Christus) word nie vergeet nie... Uitendelik sal almal herlewe, maar nie almal sal deel he aan "die opstanding" nie.  Geestelike mense sal deel he aan die opstanding (wat sal plaasvind wanneer Jesus terugkom);  alhoewel nie almal wat dan opstaan sal opstaan tot lewe nie - sommige sal opstaan tot veroordeling... (Joh. 5:29). 
Nadat die 1000 jaar voltrek is (waarmee Jesus se koninkryk begin), sal die ander dode (m.a.w. "natuurlike mense") ook herlewe, maar dit sal wees om geoordeel te word... (wit troon oordeel)(Openb. 20:12-15). 

Ons moet ook kyk na wat gebeur met die afsonderlike dele vd mens, nl. die liggaam, siel en gees. En ons moet nie vergeet nie dat die mens tweeledig is van aard, m.a.w. UITERLIKE MENS ("letterlik") en INNERLIKE MENS("figuurlik"). Dit is ook van groot hulp om die voorstelling van "GROND (liggaam), SAAD (siel) en LIG (gees)" in gedagte te hou. 
- Wanneer iemand doodgaan,  keer die liggaam terug na stof (waaruit dit gemaak is) = GROND..
- Wat met die SAAD (verwysend na die siel/gees - innerlike mens) gebeur, hang af van hoe en waarin dit gegroei het, en die vrug wat dit opgelewer het...  
- Die gees (LIG) verlaat die liggaam en (die gees of asem) keer terug na God wat dit gegee het. Die gees vd mens is dan soos 'n gees sonder vlees en bene. 
_________________________________________________________________________________

DIE NATUURLIKE MENS  en  DIE GEESTELIKE MENS:
Alle mense kan gesien word as natuurlike mense (uit stof gemaak en kinders van Adam)(met vlees en siel en gees as beide letterlik en figuurlike komponente), maar die wat in Christus Jesus glo, word ook alreeds nou al gesien as GEESTELIKE MENSE omdat hulle die Heilige Gees het (en nie net kinders van Adam nie, maar word kinders van Christus Jesus). Natuurlik is "geestelike mense" nie letterlik gebore uit Christus se saad nie, maar het hierdie "wedergeboorte" verkry deur geloof. Hulle soos NUWE MENSE (wedergebore en het opgestaan in nuwe lewe)(en hulle gaan ook eendag opstaan in geestelike liggame), maar letterlik is hulle ook deel vd LIGGAAM VAN CHRISTUS

Geestelike mens:
(1Jn 5:8)  en daar is drie wat getuig op die aarde: die GEES en die WATER en die BLOED, en die drie is eenstemmig.
Liggaam: 
-Figuurlik -(nuwe mens / liggaam gewas / WATER)(en wag op letterlike opstanding tot lewe).  
-Letterlik -(deel vd "liggaam van Christus - deur waterdoop gedoop in liggaam van Christus in, en deur Gees gedoop tot EEN LIGGAAM - elke Christen 'n deel vd liggaam)
Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:
- WATER nodig om te reinig (Eseg. 36:25 - "Dan sal Ek skoon WATER op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle REINIG").
- (Jesus gee Sy Liggaam - Sy liggaam gebreek vir ons (Luk. 22:19; Matt. 26:26; 1 Kor. 11:24); deur WATERdoop ingedoop in die liggaam van Christus - (1Kor. 11:27,28)  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood (vgl. met liggaam) eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink ;  (1Kor. 10:16,17)  die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit EEN BROOD is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
- (Eph 4:4)  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
- (1Co 12:12,13)  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
- (1Kor. 12:20)  Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.


Siel: 
-Figuurlik -(lewe is in BLOED van Christus )(HART vernuwe).  
-Letterlik -(EEN met ander gelowiges - deel in dieselfde bloed - EEN VAN SIEL - "dink" eenders - gaan oor barmhartigheid teenoor mekaar).
Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:
- Bloed van N.T. - tot vergifnis van sondes (Matt. 26:28) - volk deur Sy eie bloed geheilig (Hebr. 13:12)
- (Eseg. 36:26)  En Ek sal julle ‘n nuwe HART gee en ‘n nuwe GEES IN jul BINNESTE gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.
- (Hand. 4:32)  En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
- (Fil. 2:2)  maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin - "dink" dieselfde, en gaan oor barmhartigheid  (vgl. dit met Johannes die doper se bediening van bekering, wat gaan oor bekeer van die manier hoe jy "sien" tot die manier hoe die Here sien en het dan barmhartigheid tot gevolg... (lees Fil. 2:2 in konteks om hierdie beter te verstaan)http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2018/05/honger-dors-herberg-vreemdeling-naak.html).
- Christene deel gesamentlik in die liggaam van Christus, deel in die lewe wat in Sy BLOED is- (1Kor. 11:27,28)  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker (vgl. met bloed) van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink ;  (1Kor. 10:16,17)  die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
Gees (vd mens): 
-Figuurlik -(asem deur die GEES van God)(LEWE deur die Heilige Gees - die Heilige Gees "asem" vir die geestelike mens, en die geestelike mens het dus al die ewige lewe en is verseel deur die Heilige Gees tot op die dag van verlossing, maar wag ook op die letterlike opstanding tot (ewige) lewe...).  
-Letterlik -(deel in dieselfde Gees met ander gelowiges, en het letterlik gawes en bedieninge soos die Gees aan elk toebedeel)(Christene staan vas in een gees en stry saam vir die geloof en evangelie...).
Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:
Gees vd waarheid - getuig van Jesus Christus (Joh. 15:26)
(Eze 36:27)  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
- (1Kor. 6:16,17)  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
- (Rom 8:16)  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
- Christene verseël deur die Heilige Gees tot op die dag van verlossing - as onderpand in hart gegee (2 Kor. 1:22).
- (Fil 1:27)  Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,
- (1Kor. 12:11)  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

ONS KAN DIE GEESTELIKE MENS MOONTLIK OP DIE VOLGENDE MANIER VOORSTEL:


Soos die natuurlike mens (kinders) lewende siele word deur die asem wat in hulle geblaas word, so word Christene weer gebore - 'n "lewende siel" deur die Heilige Gees (1 Kor. 15:45) - die lewe van hierdie geestelike liggaam is nie in hulle eie bloed nie, maar in die bloed van Christus, en hulle is deel van 'n geestelike liggaam (Christus se vlees).  Hulle het wel nog natuurlike liggame, maar terwyl die natuurlike liggaam die dood werk, is hulle (deur die Heilige Gees) deel van 'n geestelike liggaam wat LEWE in hulle werk.  Hulle siele word vernuwe en hulle het die hoop op opstanding...

"Natuurlike mens" verwys na die wat NIE die Gees van God het nie.  "Geestelike mens" verwys na die wat wel die Gees van God het.  Die natuurlike mens kan dus ook verwys na wat ons bo verduidelik as DIE MENS "letterlik of figuurlik", maar die figuurlike liggaam waaraan iemand behoort en aan wie iemand gehoorsaam is, is die bepalende faktor van of iemand se siel / gees vernuwe word en hy deel word van die geestelike liggaam - dus dan 'n "geestelike mens". Daarom kan iemand nou al die natuurlike mens afle en 'n geestelike mens word, wanneer hy sy geloof plaas in Christus Jesus en die Heilige Gees ontvang. Niemand kan 'n geestelike mens word sonder die Heilige Gees nie. Niemand kan wederbaar word of weer gebore word as "geestelike mens" (verander van natuurlike na geestelike) sonder die Heilige Gees nie (Rom. 8:6).  Deur die Gees van God word sy hart vernuwe!  Hy kry 'n nuwe hart - nuwe siel (en dit verwys beslis na die figuurlike betekenis) - sy manier van dink, wil, emosies ens. verander!  Bv., hy begin dink soos die Here dink, en beoordeel nie meer dinge soos die natuurlike mens dit beoordeel nie...  Sy wil is nou om die wil vd Here te doen, nie sy eie nie... Natuurlik word hierdie "siel" ook beskryf  as "hart" of  "gees" (Ef. 4:23; Ps. 51:10; Eseg. 11:19; 18:31; 36:26; Rom. 12:2; Kol. 3:10; Tit. 3:5).  (Deut. 30:6 - "En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe").

Figuurlik verwys "gees vd mens" na die gees wat binne-in die mens geformeer word - ons kan sê dat elke mens " 'n gees " is (maar 'n gees in 'n liggaam van vlees en bloed).  As iemand sterf is hy soos 'n gees sonder vlees en bene, want sy liggaam keer terug na stof (kyk onderwerp van "geeste van afgestorwenes").
Letterlik kan niemand op aarde lewe: 
(1) sonder 'n liggaam, of 
(2) sonder die asem wat God gee nie.  Met die opstanding sal alle geestelike kinders (die wat in Christus Jesus glo en gevul is met Sy Heilige Gees) LETTERLIK deur Hom opgewek word, deur Sy Heilige Gees.   (Eze 37:5)  So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.(Eze 37:6)  En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is...............(Eze 37:9)  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.(Eze 37:10)  En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër!..........................(Eze 37:13)  En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!(Eze 37:14)  En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.

Die natuurlike mens maak staat op "wereldse wysheid", maar die geestelike mens beoordeel dinge geestelik;  m.a.w., volgens Jesus Christus se woorde, die waarheid deur die Woord en die leringe vd Heilige Gees.  Die wat die wil van die Vader doen, bly vir ewig - NIE die wat doen wat hulle wil en nie ag gee op hulle Skepper nie!  Op dieselfde wyse bestaan die woorde van God vir altyd, maar die wysheid van hierdie wereld of van hierdie wêreldse heersers, sal vergaan...(1Kor. 2:6).

Nog 'n paar Skrifte oor "natuurlike" of "geestelike" mens:
(1Kor. 2:12)  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
(1Kor. 2:13)  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
(1Kor. 2:14)  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
(1Kor. 2:15)  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

(1Kor. 14:37)  As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

(Rom 8:5)  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ou mens en Nuwe mens:
Dit gaan hier oor die "innerlike mens" en spesifiek verwysend na die LIGGAAM, SIEL en GEES figuurlik gesproke.

Die ou mens:
Die "ou mens" verwys na die natuurlike mens wat die liggaam van die sonde dien
Die ou mens dien die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede (Gal. 5:24) 
en dien die wereld (Gal. 6:14) en hou vas aan eie of wereldse wysheid.
DIE OU MENS WANDEL IN DIE BEGEERLIKHEDE VAN DIE VLEES, EN DOEN DIE WIL VD VLEES EN VAN DIE SINNE. (Ef. 2:3)  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

Die nuwe mens:
Die "nuwe mens" verwys na die geestelike mens van wie die liggaam van die sonde tot niet gemaak is.  Die nuwe mens dien nie meer die sonde nie (Rom. 6:6; Gal. 5:24; 6:14) en hou vas aan die waarheid.
"NUWE MENS" verwys deels na hoe Jood (besnedenes) en heiden (onbesnedenes) een word deur die bloed en liggaam van Christus, deurdat almal in hart besny word - besnydenis is DEELS IETS WAT DIE HERE IN IEMAND DOEN, MAAR OOK DEELS IETS WAT VAN ELKE GEESTELIKE MENS VERWAG WORD OM SELF TE DOEN. Die NUWE MENS IS NIE GEHOORSAAM AAN DIE WET VAN MOSES (O.T. besnedenes), OF GEHOORSAAM AAN DIE VLEES (onbesnedenes) NIE, MAAR is GEHOORSAAM AAN DIE HEILIGE GEES (besny na hart - "nuwe hart" - wette op hart geskrywe) - dien Jesus Christus (laaste Adam 'n lewendmakende Gees).
-(Ef. 2:15)  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
-(Kol. 3:9)  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het (Kol. 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Nog SKRIFTE:
Rom_6:6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Ef_4:22  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
Kol_3:9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 
Matt_9:17  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. 
Ef_2:15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 
Kol_3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Ef. 4:22)  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,(Eph 4:23)  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed (Ef. 4:24)  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Th 5:23)  En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!