Wys tans plasings met die etiket innerlike mens. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket innerlike mens. Wys alle plasings

Dinsdag 02 Januarie 2024

Uiteensetting: Die Liggaam (Voedsel en Water / Vas)

Onder die studie van "DIE LIGGAAM" (vd mens)(waar ons gekyk het na verskillende begrippe wat onder die tema van "liggaam" behandel kan word), was die vierde punt "VOEDSEL (en water)(en vas)".  In hierdie pos kyk ons bietjie meer in diepte na hierdie begrip.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VOEDSEL (en water):

Die liggaam kan nie sonder voedsel (en water) lewe nie. Maar dit is nie net die UITERLIKE MENS (liggaam letterlik) wat voedsel en water nodig het nie, maar ook die INNERLIKE MENS (liggaam figuurlik)
(https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html)
(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html).


God het alles geskep, en hy voorsien voedsel aan alle vlees (Psa 136:25)(1 Tim. 6:8);  en Hy besluit wat vir ons as voedsel dien en wat nie (Gen. 1:29,30). Van die begin was die mens bv. verbied om bloed te eet, en in die N.T. word dit steeds verbied...  Sommige geleerdes verdeel die tyd of eeue vd begin vd skepping af tot nou, in verskillende "bedelings". In elkeen van hierdie "bedelings" het God bekend gemaak wat Hy vir ons "heilig" (afsonder) as VOEDSEL, en wat nie. Dit wil voorkom of die eerste mense op aarde geen vleis geeet het nie (?) - dit was nie vir hulle geheilig/afgesonder nie (Gen. 1:29; 9:3)(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html), maar vanaf Gen. 9 is hulle toegelaat om vleis te eet (is toe geheilig, alhoewel net sekere diere toe geheilig is of afgesonder om van te kan eet. Hier kan ons sien dat "wat God rein maak" mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 10:15; 11:9). Dit is bv. verkeerd om Christene in die N.T. onder dieselfde koswete te plaas ouer testament, bv. om mense te verbied om vleis te eet... Wat God rein verklaar, mag ons nie onheilig ag nie (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/onderskei-tussen-wat-is-heilig-en-wat.html). In die N.T. het ons ook reëls van wat ons mag eet en wat nie, bv. ons mag nie bloed eet nie (bloed is dus nie vir ons geheilig nie); en moet bv. kos wat tot aanstoot is tot 'n ander broeder, vermy; ens. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die gees vd mens (innerlike mens) het geestelike kos en water nodig:

Wat geestelike voedsel en water aanbetref, is ook nie alles vir die mens geheilig (afgesonder) nie! 

Die liggaam (die uiterlike mens) kan nie lewe sonder voedsel en water nie, net so kan die innerlike mens ook nie lewe sonder (geestelike) voedsel water nie...  En net soos nie alles vir die liggaam geheilig is nie, net so is ook nie alle geestelike voedsel en water vir die innerlike mens geheilig nie. Kinders vd Koninkryk word bv. verbied om water te drink by afgode en voedsel te eet van heidense bronne verkry, want net soos onrein voedsel die liggaam kan "besoedel", net so kan verkeerde geestelike voedsel en water die mens van binne besoedel. Ons moet dus verstaan dat ons innerlike mens ook voedsel en water nodig het, maar die regte soort!  Wanneer ons praat van voedsel vir die INNERLIKE MENS, dan is nie alle soorte "voedsel" goed nie (want nie alle voedsel is vir die geestelike mens geheilig nie - net soos in die geval vd uiterlike mens). Figuurlik is ook net sekere soorte voedsel rein vir die Christen -  bv. kinders vd Here moet in Hom bly en Sy woorde soek en ken, en Hom raadpleeg - ons moenie ander gode raadpleeg of heidense geloofspraktyke navolg en so die verkeerde water drink nie; of vals en verdraaide leerstellings "eet" nie, want dit kan ons onrein maak (en l.w. dat daar geskryf is aan Christene dat onreines nie sal ingaan in die koninkryk van God nie! - Ef. 5:5) - bestudeer gerus die tema "gruwels" om hierdie beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2023/12/gruwels.html), asook die tema van "raadpleeg" - die Here moet ons bron wees (https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html). Maak seker dat as jy onrein geword het deur verkeerde geestelike voedsel en water, jy dit bely voor die Here en aflê, sodat jy rein kan word. Daar word vele dinge in die Skrif genoem wat mens onrein maak, veral sondes wat bloedskuld veroorsaak (https://warechristene.blogspot.com/2016/09/verontreinig-ontheilig.html). Bv., sekere soort "gemeenskap" is geoorloof (bv. gemeenskap tussen gelowiges, aan die evangelie, vd Heilige Gees, ens.);  maar sekere soorte gemeenskap is ons nie geoorloof nie (bv. vleeslike gemeenskap word nie in alle gevalle toegelaat nie) - bv. bloedskande, owerspel, hoereerdery, ens. maak mens onrein. "Eie wil" kan gesien word soos verkeerde kos en water, en het beslis 'n invloed op die mens se innerlike.

Dit is dus belangrik dat ons nie net aandag gee aan ons uiterlike (wat ons mag eet en drink en wat nie), maar ook aan ons innerlike - ons innerlike het die regte soort kos en water nodig. Geestelike voedsel verwys o.a. na die woorde van God, en gaan oor om Sy wil te doen en om die werke te doen soos wat Hy aan elkeen toebedeel (Joh. 4:32-34)(https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html). Dit verwys na die Here se woord/waarheid/wil, en is belangrik vir kinders vd Here, wat hierdie kos "op tyd nodig het"... (Matt. 24:45). "Die arbeider is ook sy voedsel werd" (Mat 10:10; 24:45) - dus, om Sy wil te doen, en die werk wat Hy aan iemand toevertrou, het tot gevolg dat so iemand "sy voedsel werd is" - dit is m.a.w. vir hom "soos voedsel". Die mens doen letterlik werk om sy voedsel te verdien - figuurlik gesproke is dit ook waar. Die eiewys Christen wat sy eie wil doen, of staatmaak op vleeslike wysheid, is nie besig om te arbei vir die Here (deur Sy wil te doen en soek) nie - en is dus nie sy voedsel werd nie. As 'n kind vd Koninkryk nalaat om die Here te raadpleeg of die werk te doen wat die Here vir hom gee, sal hy vind dat sy innerlike "honger ly". Die persoon sonder water (geestelik bedoel/innerlike) word in die Skrif o.a. voorgestel soos 'n dor land... As die mens (wat terloops met grond voorgestel kan word) (innerlik sowel uiterlik) nie "water" kry nie, sal hy sterf (https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html). Geestelik verwys water na die woorde van God, na Jesus Christus, en die Gees van God - in die Skrif word die Here o.a. soos "'n fontein van water". Sonder die Here en Sy woorde, en sonder Jesus Christus, kan niemand lewe nie!

Kos en water is ook nodig vir GROEI.  Sonder kos en water kan 'n plant nie groei nie en dus nie VRUG dra nie... Wat die gees vd mens aanbetref (wat baiemaal soos saad of 'n plant voorgestel word), het die mens se gees die regte soort voedsel en water nodig om te kan groei en vrug dra (en l.w. dat kinders vd Koninkryk wat geen vrug dra wanneer Jesus terugkom nie, sal uitgewerp word - Joh. 15:4 - vgl. dit ook met die gelykenis vd saaier, en sien ook die dinge wat veroorsaak dat iemand vrug verloor, 3de groep in die gelykenis vd saaier). Sien hier die belangrikheid van om in die Here te bly, want sonder Hom kan ons nie vrug dra nie... - ons moet dus die kos en water wat ons nodig het om te kan lewe, by Hom kry (want sonder hierdie "kos en water" sal ons doodgaan)(Joh. 15:4-6). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die belangrikheid van vas:
Alhoewel iemand nie eet wanneer hy vas nie, gaan opregte vas nie oor "honger ly" nie, maar is eerder soos om gevoed te word! (https://warechristene.blogspot.com/2016/01/om-te-vas.html);  meer presies, die innerlike word gevoed - dit is 'n manier om jouself te dwing om vir jou innerlike kos te gee. Vas is 'n manier "van brood eet" maar om die innerlike te voed, nie die uiterlike nie.  Die persoon wat vas doen dit nie asof hy 'n wet nakom nie, maar het 'n begeerte na die Here en na Sy wil - dit is 'n manier waarop iemand juis ag gee op GEESTELIKE VOEDSEL (nie letterlike voedsel nie) - 'n manier waarop hy sy INNERLIKE voed! - die Here se woorde is bv. figuurlik soos BROOD vir ons (Matt. 4:4).  Elke geestelike mens (die Christen) moet besef hoe belangrik "vas" is vir sy innerlike mens... 

Wanneer iemand egter vas met verkeerde bedoelings (bv. "om deur ander gesien te word" of bloot om 'n wet na te kom), dan beteken so 'n vas niks nie. Ons moet om die regte redes vas, bv. omdat ons verlang na die Bruidegom Jesus Christus, omdat ons wysheid en kennis nodig het, Sy wil soek, Hom raadpleeg ens. Vas is ook van geen waarde wanneer iemand kom om die Here te raadpleeg maar nie gehoorsaam is aan Hom of Sy wil doen nie (bv. waar iemand sowel afgode asook die Here dien). Die geestelike mens kan nie deur "vas" GEVOED word as hy die verkeerde kos inneem nie. As jy jou innerlike wil voed met voedsel vd Here (m.a.w., wanneer jy kom "om te vas"), is die bedoeling wel "om honger te ly" in jou liggaam (jou uiterlike mens), maar jou innerlike word dan gevoed - opregte geestelike vas gaan dus oor "om gevoed te word deur die Here", en dit is dus belangrik dat die persoon wat op 'n geestelike vas is tyd met die Here spandeer en sy gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus (drink water by Hom). As hierdie die rede is vir vas, dan sal so iemand se binneste die voedsel en water kry wat hy nodig het. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 12 September 2021

Die mens

Hierdie is die eerste van 4 poste -  inleiding/opsomming vd studie oor "die mens":
-Die VLEES,
-Die SIEL, en
-Die GEES (vd mens).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (1 Thess. 5:23; Gen. 2:7...). 
-(1)  Vir 'n studie oor DIE LIGGAAM (vd mens), gaan na (http://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html) en (http://warechristene.blogspot.com/2020/05/uiteensetting-die-liggaam-lewende-siel.html). Heelwat terme beskryf die liggaam, of dit wat konnekteer word met die liggaam (bv. vlees, familie, werke, voedsel, vleis, die self, klere, organe), en elkeen van hierdie terme is 'n tema op sy eie.  Kyk o.a. na die term "vlees"; wat kan verwys na "vel" (Gen. 17:11), of in 'n groter konteks gebruik word van alle "menslike vlees" (Job 12:10; Gen. 6:13 ens.), of word ook gebruik vir familie (veral dan die begrip "vlees en been") (Gen. 2:23)..., ens.  Ons kan dus sien dat om "die liggaam" beter te verstaan, daar ingekyk moet word op al hierdie betekenisse van liggaam in die Hebreeuse woord. 
-(2)  Vir 'n sudie oor DIE SIEL (vd mens), gaan na (http://warechristene.blogspot.com/2020/06/die-siel-vd-mens.html). Op dieselfde wyse wat ons na die liggaam kyk, moet daar ook op verskillende begrippe ingekyk word om die siel beter te verstaan bv., die woord "siel" word somtyds gebruik om in geheel die innerlike mens te beskryf, maar ook letterlik gebruik (bv. vd hart, bloed, sintuie, organe, gebeente), tog ook figuurlik gebruik (bv. "hart, bloed, organe". maar vd innerlike mens).   Wat dus somtyds die onderwerp van liggaam, siel en gees ingewikkeld maak, is die feit dat die terme "siel" en "gees" somtyds na dieselfde verwys, tog word ook verskillende begrippe afsonderlik daarvoor gebruik (Hebr. 4:12; Jes. 26:9; Job 7:1; Fil. 1:27). Daar word ook in sommige skrifte net na twee dele vd mens verwys, bv. "liggaam en gees" (Jak. 2:26; 1 Kor. 7:34)(1 Kor. 6:19,20), of  "liggaam en siel" (Ps. 31:9);  m.a.w., LIGGAAM word in die algemeen gebruik om na die UITERLIKE MENS te verwys, en SIEL/GEES om na die INNERLIKE MENS te verwys.(in daardie opsig moet ons onderskei tussen die uiterlike mens en die innerlike mens - m.a.w., DIE MENS IS NIE NET UITERLIK VAN AARD NIE, MAAR HET OOK 'N INNERLIKE).  Nietemin, geen mens kan 'n lewende siel wees sonder "gees" nie...
-(3) Vir 'n studie oor DIE GEES (vd mens), gaan na (http://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-geeste-van-alle-vlees.html). Die term "gees" verwys nie net na asem nie, maar word ook somtyds gebruik om te verwys na die innerlike mens in geheel (m.a.w. "die mens se gees"). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DAAR MOET ALTYD ONDERSKEI WORD TUSSEN DIE:
- natuurlike mens, en die 
- geestelike mens;  veral wanneer daar na die terme "siel en gees" gekyk word (en in hierdie geval is dit waar die term liggaam verwys na DIE UITERLIKE MENS, en die terme siel/gees verwys na DIE INNERLIKE MENS). Die siel en gees vd geestelike mens bv. lyk anders as die siel en gees vd natuurlike mens. Die geestelike en natuurlike mens leef bv. deur verskillende "asems".  Die geestelike mens het die Heilige Gees, terwyl die natuurlike mens die gees vd wereld het. Die geestelike mens het 'n nuwe hart (hart besny)(is 'n nuwe mens) maar die natuurlike mens is nog die ou mens. 

Alhoewel die innerlike vd geestelike mens vernuwe is, is sy uitelike mens nog nie vernuwe nie (maar die liggaam sal terloops ook vernuwe word in "die opstanding"). 

Dus, alhoewel die mens bestaan uit liggaam, siel en gees, is hy TWEEDLEDIG VAN AARD -:
die UITERLIKE MENS (liggaam, siel en gees LETTERLIK bedoel)(2 Kor. 4:16), en
die INNERLIKE MENS (liggaam, siel en gees FIGUURLIK bedoel, m.a.w. verwysend na "die gees van binne")(Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16)
Ander terme wat ook gebruik word vir die "innerlike mens", is "die verborge mens vd hart" (1 Pet. 3:4);  of wanneer iets op iemand "se hart geskryf word" (Jer. 31:33)(of bv. iemand se hart vernuwe word), dan verwys dit ook na die mens "in die verborgene" (Rom. 2:29) - m.a.w., "die innerlike mens".  Daar kan ook hierna verwys word as die "binnekant" of "buitekant" vd mens (soos in Matt. 23:26 en Luk. 11:40), maar "binnerkant" bedoel nie hier die letterlike hart, niere ens. nie, maar verwys na die mens van binne, m.a.w. hart, niere ens. figuurlik gesproke (bv. dit wat iemand in sy hart bedink...). 

Daar is ook 'n konneksie tussen die letterlike en die figuurlike, bv.:  
-  Net soos die letterlike LIGGAAM (vlees)(uiterlike mens) nie kan lewe sonder die asem wat God gee nie, net so kan die liggaam figuurlik gesproke (vd innerlike mens) nie lewe sonder die gees of ASEM vd Heilige Gees nie. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die mens word somtyds voorgestel soos grond en/of saad wat in die wereld geplant word, om te groei en vrug te dra: 
Die liggaam kan vgl. word met grond (1 Kor. 15:37).
Die siel kan vgl. word met saad of plant of boom (Mark. 4:26-28; 1 Pet. 2:23).
Die gees kan vgl. word met lig
Hierdie soort beeldspraak word in baie skrifte in beide die ou en nuwe testament gebruik. Jesus het self ook somtyds so na die mens verwys - kyk bv. die gelykenis vd saaier, of waar Hy die wat in Hom glo voorstel soos lote wat moet vrug dra... (Joh. 15:5,6; Matt. 13:24-38; Mark. 4:26-29 ens.).

Die mens kan moontlik ook as volg verduidelik word:

(ROL AF VIR 'N BETER UITEENSETTING VAN WAAR DIE LIGGAAM, SIEL EN GEES VOORGESTEL WORD MET GROND/PLANT/LIG ens.)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

IN ELKE GEVAL VAN terme wat gebruik word onderskeidelik vir LIGGAAM, SIEL EN GEES, is elk wel LETTERLIK, MAAR word ook FIGUURLIKgebruik, bv.:
- "gees" verwys letterlik na "asem" (vd uiterlike of innerlike mens), m.aw. asem waarsonder niemand 'n lewende wese kan wees nie, asook die gees waardeur die mens se innerlike asemhaal, bv. die natuurlike mens het die gees vd wereld, maar die geestelike mens het die Heilige Gees. 
Figuurlik kan die begrip "gees" (en somtyds word die woord siel gebruik) verwys na die innerlike mens in geheel, m.a.w. die gees wat in elke mens se binneste gevorm word.  
Wanneer die mens doodgaan verlaat die asem die liggaam - blaas m.a.w. die laaste asem uit.  Die gees van binne (die innerlike mens)(gees van elke mens) word dan in bewaring gehou tot op die dag oordeel - verwysend na die natuurlike mens, die wat die gees vd wereld het;  of die gees van binne (die innerlike mens)(gees van elke mens) wag op die dag van opstanding - verwysend na die geestelike mens, die wat die Heilige Gees het (deur wie se asem hulle LEWE en in bewaring gehou word tot op die dag van verlossing, m.a.w. die dag wanneer hulle uiterlike ook vernuwe word). 

- "siel" verwys letterlik na die "lewe"/siel in die bloed - hart, sintuie, organe, ens., en die uiterlike mens se bloed stop en die organe kom tot stilstand wanneer iemand sy laaste asem uitblaas. Die begrip word ook gebruik om na die innerlike mens te verwys in geheel (maw "die gees vd mens" - geleerdes gebruik somtyds die term gees/siel). Figuurlik verwys siel ook na die hart, bloed ens.- meer presies, wil, intellek, emosies ens. 
In geval vd geestelike mens is die hart bv. besny (daarom, "sien" en "hoor" anders...), maar die natuurlike mens se hart is nie besny nie (die dood is anders vir onbesnedenes, en daar is geen hoop op opstanding vir hulle nie - geloof bepaal of iemand gesien word as 'n besnedene of onbesnede... Hier sien ons hoe die hart wat ook verwys na die siel, figuurlik gebruik word - op dieselfde wyse het sintuie, bloed en organe ook 'n figuurlike verwysing). 

- "liggaam" verwys letterlik na vlees, familie en werke, ens., maar figuurlik ook daarna, bv. geestelike familie, en werke ("werke vd vlees" of "werke vd geloof"), ens
Die liggaam verderf letterlik wanneer die mens doodgaan en keer dan terug na stof, maar die wat nie die belofte het van opstanding (tot lewe) nie, sal beide "liggaam en siel" in die hel verderwe eendag (poel van vuur - ewige oordeel - oordeel vd hel). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE MENS kan ook voorgestel word soos grond (vlees, familie, werke) waarin saad geplant word (siel, hart, vrug) en wat lig nodig het om te kan lewe en groei (gees/siel):

Liggaam = grond
Die liggaam is ten eerste UIT GROND gemaak.  Na regte kan ons sê dat die mens "grond" is, of soos grond gesien kan word, maar eintlik verwys hierdie feit veral na die liggaam gedeelte (LETTERLIK), maar word ook FIGUURLIK gebruik. Dit is nie net 'n Bybelse waarheid nie maar ook 'n wetenskaplike feit dat wanneer die mens sterf sy liggaam terugkeer na die stof waaruit dit gemaak is (Gen. 3:19; Ecc 12:7). Maar die feit dat die mens soos grond gesien kan word is ook 'n figuurlike konsep, en Christus self het ook hierdie konsep gebruik, bv. in die gelykenis vd saaier - waarin Hy die mens voorstel soos "grond waarin saad val of geplant word". Letterlik word die liggaam weer grond wanneer iemand doodgaan, maar wat word van die liggaam figuurlik?  Om dit te verstaan moet ons natuurlik weet waarna die liggaam figuurlik verwys...

Siel = saad of plant
In die Skrif word daar baie verwys na begrippe soos OESTYD, saai en maai, VRUG dra, ens.  Christus Jesus word voorgestel soos die wynstok  met die Vader as landbouer en gelowiges, LOTE - en in sommige ander skrifte word gelowiges ook voorgestel soos BOME wat in die wereld gesaai word om vrug te dra en wanneer die oestyd daar is, dan word die vrugte geoes... In Jes. 5 word die huis (kinders) van Israel voorgestel as "die Here se wingerd".  Nie alle SAAD verwys egter na gelowiges nie!, want onkruid is bv. ook saad ... Alle mense kan gesien word soos saad wat geplant word, en verwys figuurlik na die siel vd mens ("die hart").  Hoe lyk die "HART"? - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge, begeerlikhede ens. (Gen. 6:5; Hebr. 4:12; 1 Thess. 5:23;  Luk. 12:19; Hand. 4:32 ens.). Die hart wys bv. hoe iemand se VRUG lyk. Hier moet ons dus ook onderskei tussen die letterlike en die figuurlike, of die NATUURLIKE en die GEESTELIKE mens.

Gees = asem/lig
Wanneer dit kom by die studie van die vlees, siel en gees, is iets om hoog in gedagte te hou die feit dat elke LEWENDE SIEL en die gees van alle menslike vlees, is in God se hande (die God wat hemel en aarde gemaak het)(Job 12:10). (1Sa 2:6 - "Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom")(Deut. 32:39). Geen mens kan lewe sonder die ASEM wat deur God gegee word nie (net soos 'n plant ook nie kan lewe of groei sonder lig nie).  Geen mens kan 'n LEWENDE SIEL wees sonder asem wat deur God verleen word nie...! - letterlik en figuurlik! Letterlik het elkeen asem nodig om te kan lewe en gaan dood wanneer die asem onttrek word.  Figuurlik formeer die Here 'n gees in elkeen se binneste m.a.w., wanneer iemand doodgaan is hy soos 'n gees sonder vlees en bene... en wag óf om veroordeel te word tot die tweede dood ("natuurlike mens"), óf wag op ASEM waardeur God iemand weer opwek tot lewe, spes. verwysend hier na "die opstanding" ("geestelike mens"). Hier moet ons onderskei tussen "kinders van die lig" en "kinders van die duisternis".  Jesus is 'n LIG wat in die wêreld gekom het sodat elkeen wat in Hom glo, nie in die duisternis bly nie...

ONS KAN DIT MOONTLIK MET DIE VOLGENDE DIAGRAM VERDUIDELIK:


Die mens is nie net 'n letterlike wese nie, maar ook figuurlik van aard.

Letterlik:
-  GROND:  'n liggaam (vlees, familie, werke). en 
-  SAAD/PLANT/BOOM:  siel (lewe in bloed)(hart wat klop), en 
-  ASEM/LIG:  soos asem/gees die "liggaam verlig" (asem wat God gee), so asem/lig nodig om eendag op te staan uit die dood (geestelike mens), maar die natuurlike mens het nie hierdie hoop nie.

Figuurlik: 
- GROND:  'n liggaam - VLEES:- oue (uit Adam), of nuwe mens (gewederbaar uit Gees en water - weer gebore).  FAMILIE: -Aan watter geestelike familie behoort iemand? - kyk na geloof en gehoorsaamheid.  WERKE:- Natuurlike mens - werke van die vlees;  Geestelike mens - werke van geloof.  Bestudeer onderwerpe soos: - LETTER MAAK DOOD  of  GEES MAAK LEWEND;  - OUE MENS  of  NUWE MENS; - natuurlike of geestelike MENS.
- SAAD/PLANT/BOOM:  'n siel ("lewe in bloed" - daar is slegs lewe in die bloed van Christus - geestelike mens;  MAAR die natuurlike mens het geen lewe, tweede dood)("hart" - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge, begeerlikhede ens. - VRUG).  Bestudeer onderwerpe soos: -HART ; VRUG ; natuurlike en geestelike mens;  -KINDERS VD VLEES (ou hart) of  KINDERS VD GEES (nuwe hart - vrug tot ewige lewe).
- ASEM/LIG:  'n gees - gees word in elkeen se binneste geformeer en wanneer iemand doodgaan, is hy 'n gees sonder vlees en bene, en kan slegs weer opgewek word deur die Here - deur Sy Gees (ASEM). Natuurlike mens se liggaam donker, maar Geestelike mens se liggaam verlig deur die Heilige Gees (asem), en dus reeds opgestaan tot nuwe lewe!  Bestudeer onderwerpe soos: - KINDERS VD DUISTERNIS  of  KINDERS VD LIG;  -GEES VD WERELD  of  GEES VAN GOD;  -GEES VD DWALING  of  GEES VD WAARHEID.
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:

Die mens bestaan uit vlees, gees en siel:
Gen 2:7 - "En die HERE God het
- die mens geformeer uit die stof van die aarde (LIGGAAM)
-  en in sy neus die asem van die lewe geblaas (GEES).
-  So het dan die mens ‘n lewende siel geword" (SIEL)(letterlik en figuurlik).

LIGGAAM:
Letterlik verwys die liggaam na VLEES ("mensdom en diere"-Gen. 6:12,19)(lewe terwyl iemand "asem" het en lewe is in die bloed, maar keer terug na stof wanneer  iemand sterf),  FAMILIE ("vlees en bene"-Gen. 2:23), en fisiese ("letterlike") en WERKE(Gen. 3:17-19).
- Figuurlik verwys die liggaam ook na hierdie dinge maar na:
vlees as OU MENS of  NUWE MENS (natuurlike of geestelike mens).
familie as na die GEESTELIKE FAMILIE (m.a.w. geestelik vlees en bene)(geestelike mens opgestaan in nuwe lewe, en wag ook op letterlike opstanding eendag vir die wat gesterf het in Christus);
 - en werke as WERKE VD GELOOF (die "nuwe mens" - het oue mens afgelê, dus liggaam van sonde tot niet gemaak, en dien nie meer die sonde nie - Gal. 5:22; Rom. 6:6; Kol. 3:9,10), of WERKE VD VLEES (die "ou mens" - dien die sonde - Gal. 5:19-21). WERKE gaan dus oor "wie dit is vir wie jy dien";  of "wie se wil jy doen" - m.a.w., in wie glo jy? of, van wie is jy 'n slaaf?

GEES:
 - Letterlik= ASEM WAT GOD GEE / lewensasem (waarsonder niemand kan lewe nie)(gaan boontoe of keer terug na God wat dit gegee het wanneer iemand sterf)(Gen. 6:17; 7:15).
Figuurlik GEES WAT IN DIE MENS SE BINNESTE GEFORMEER WORD (of "siel")(dus gees sonder vlees en bene wanneer iemand sterf)(en kan slegs weer opgewek word deur die Here - deur Sy Gees of ASEM; en wag óf om veroordeel te word tot die tweede dood, óf wag op ASEM waardeur God iemand weer opwek tot lewe)(Sag. 12:1; Luk. 12:20).
Onderwerp:gees = asem = lig (soos nodig om 'n plant te laat lewe en groei).
Onderwerp: Natuurlike mens,  of geestelike mens (het Gees - lewe).
Onderwerp: Kinders vd duisternis, of kinders vd lig.

Ons moet ook onderskei tussen "kinders van die lig", en "kinders van die duisternis".

SIEL:
 - Letterlik SIEL IN BLOED - lewe in bloed (Lev. 17:14) - bloed pomp deur HART. Lewende siel (mens of dier beskryf as 'n lewende siel).
Figuurlik  "Hart" (gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge ens.)
Onderwerp: SAAD of PLANT / "HART"/ natuurlik of geestelike mens (siel = saad of plant, soos in grond geplant)
Onderwerp: Hoe lyk die "HART"? - gevoel, wil, intellek, gedagtes, oorlegginge, begeerlikhede ens. (Gen. 6:5; Hebr. 4:12; 1 Thess. 5:23;  Luk. 12:19; Hand. 4:32 ens.). Die hart wys hoe iemand se VRUG lyk.
Onderwerp:  Vrug.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat gebeur wanneer die mens doodgaan:
Hier moet ons onderskei tussen wat gebeur met die NATUURLIKE MENS wanneer hy sterf,  en wat gebeur met die GEESTELIKE MENS wanneer hy sterf, want die dood is anders vir natuurlike mense wanneer hulle sterf, as wat dit is vir die geestelike mens. Die natuurlike mens (kinders van Adam) word vergeet in die graf, maar geestelike mens (kinders van Jesus Christus) word nie vergeet nie... Uitendelik sal almal herlewe, maar nie almal sal deel he aan "die opstanding" nie.  Geestelike mense sal deel he aan die opstanding (wat sal plaasvind wanneer Jesus terugkom);  alhoewel nie almal wat dan opstaan sal opstaan tot lewe nie - sommige sal opstaan tot veroordeling... (Joh. 5:29). 
Nadat die 1000 jaar voltrek is (waarmee Jesus se koninkryk begin), sal die ander dode (m.a.w. "natuurlike mense") ook herlewe, maar dit sal wees om geoordeel te word... (wit troon oordeel)(Openb. 20:12-15). 

Ons moet ook kyk na wat gebeur met die afsonderlike dele vd mens, nl. die liggaam, siel en gees. En ons moet nie vergeet nie dat die mens tweeledig is van aard, m.a.w. UITERLIKE MENS ("letterlik") en INNERLIKE MENS("figuurlik"). Dit is ook van groot hulp om die voorstelling van "GROND (liggaam), SAAD (siel) en LIG (gees)" in gedagte te hou. 
- Wanneer iemand doodgaan,  keer die liggaam terug na stof (waaruit dit gemaak is) = GROND..
- Wat met die SAAD (verwysend na die siel/gees - innerlike mens) gebeur, hang af van hoe en waarin dit gegroei het, en die vrug wat dit opgelewer het...  
- Die gees (LIG) verlaat die liggaam en (die gees of asem) keer terug na God wat dit gegee het. Die gees vd mens is dan soos 'n gees sonder vlees en bene. 
_________________________________________________________________________________

DIE NATUURLIKE MENS  en  DIE GEESTELIKE MENS:
Alle mense kan gesien word as natuurlike mense (uit stof gemaak en kinders van Adam)(met vlees en siel en gees as beide letterlik en figuurlike komponente), maar die wat in Christus Jesus glo, word ook alreeds nou al gesien as GEESTELIKE MENSE omdat hulle die Heilige Gees het (en nie net kinders van Adam nie, maar word kinders van Christus Jesus). Natuurlik is "geestelike mense" nie letterlik gebore uit Christus se saad nie, maar het hierdie "wedergeboorte" verkry deur geloof. Hulle soos NUWE MENSE (wedergebore en het opgestaan in nuwe lewe)(en hulle gaan ook eendag opstaan in geestelike liggame), maar letterlik is hulle ook deel vd LIGGAAM VAN CHRISTUS

Geestelike mens:
(1Jn 5:8)  en daar is drie wat getuig op die aarde: die GEES en die WATER en die BLOED, en die drie is eenstemmig.
Liggaam: 
-Figuurlik -(nuwe mens / liggaam gewas / WATER)(en wag op letterlike opstanding tot lewe).  
-Letterlik -(deel vd "liggaam van Christus - deur waterdoop gedoop in liggaam van Christus in, en deur Gees gedoop tot EEN LIGGAAM - elke Christen 'n deel vd liggaam)
Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:
- WATER nodig om te reinig (Eseg. 36:25 - "Dan sal Ek skoon WATER op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle REINIG").
- (Jesus gee Sy Liggaam - Sy liggaam gebreek vir ons (Luk. 22:19; Matt. 26:26; 1 Kor. 11:24); deur WATERdoop ingedoop in die liggaam van Christus - (1Kor. 11:27,28)  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood (vgl. met liggaam) eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink ;  (1Kor. 10:16,17)  die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit EEN BROOD is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
- (Eph 4:4)  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
- (1Co 12:12,13)  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
- (1Kor. 12:20)  Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.


Siel: 
-Figuurlik -(lewe is in BLOED van Christus )(HART vernuwe).  
-Letterlik -(EEN met ander gelowiges - deel in dieselfde bloed - EEN VAN SIEL - "dink" eenders - gaan oor barmhartigheid teenoor mekaar).
Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:
- Bloed van N.T. - tot vergifnis van sondes (Matt. 26:28) - volk deur Sy eie bloed geheilig (Hebr. 13:12)
- (Eseg. 36:26)  En Ek sal julle ‘n nuwe HART gee en ‘n nuwe GEES IN jul BINNESTE gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.
- (Hand. 4:32)  En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
- (Fil. 2:2)  maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin - "dink" dieselfde, en gaan oor barmhartigheid  (vgl. dit met Johannes die doper se bediening van bekering, wat gaan oor bekeer van die manier hoe jy "sien" tot die manier hoe die Here sien en het dan barmhartigheid tot gevolg... (lees Fil. 2:2 in konteks om hierdie beter te verstaan)http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2018/05/honger-dors-herberg-vreemdeling-naak.html).
- Christene deel gesamentlik in die liggaam van Christus, deel in die lewe wat in Sy BLOED is- (1Kor. 11:27,28)  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker (vgl. met bloed) van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink ;  (1Kor. 10:16,17)  die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
Gees (vd mens): 
-Figuurlik -(asem deur die GEES van God)(LEWE deur die Heilige Gees - die Heilige Gees "asem" vir die geestelike mens, en die geestelike mens het dus al die ewige lewe en is verseel deur die Heilige Gees tot op die dag van verlossing, maar wag ook op die letterlike opstanding tot (ewige) lewe...).  
-Letterlik -(deel in dieselfde Gees met ander gelowiges, en het letterlik gawes en bedieninge soos die Gees aan elk toebedeel)(Christene staan vas in een gees en stry saam vir die geloof en evangelie...).
Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:
Gees vd waarheid - getuig van Jesus Christus (Joh. 15:26)
(Eze 36:27)  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
- (1Kor. 6:16,17)  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
- (Rom 8:16)  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
- Christene verseël deur die Heilige Gees tot op die dag van verlossing - as onderpand in hart gegee (2 Kor. 1:22).
- (Fil 1:27)  Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,
- (1Kor. 12:11)  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

ONS KAN DIE GEESTELIKE MENS MOONTLIK OP DIE VOLGENDE MANIER VOORSTEL:


Soos die natuurlike mens (kinders) lewende siele word deur die asem wat in hulle geblaas word, so word Christene weer gebore - 'n "lewende siel" deur die Heilige Gees (1 Kor. 15:45) - die lewe van hierdie geestelike liggaam is nie in hulle eie bloed nie, maar in die bloed van Christus, en hulle is deel van 'n geestelike liggaam (Christus se vlees).  Hulle het wel nog natuurlike liggame, maar terwyl die natuurlike liggaam die dood werk, is hulle (deur die Heilige Gees) deel van 'n geestelike liggaam wat LEWE in hulle werk.  Hulle siele word vernuwe en hulle het die hoop op opstanding...

"Natuurlike mens" verwys na die wat NIE die Gees van God het nie.  "Geestelike mens" verwys na die wat wel die Gees van God het.  Die natuurlike mens kan dus ook verwys na wat ons bo verduidelik as DIE MENS "letterlik of figuurlik", maar die figuurlike liggaam waaraan iemand behoort en aan wie iemand gehoorsaam is, is die bepalende faktor van of iemand se siel / gees vernuwe word en hy deel word van die geestelike liggaam - dus dan 'n "geestelike mens". Daarom kan iemand nou al die natuurlike mens afle en 'n geestelike mens word, wanneer hy sy geloof plaas in Christus Jesus en die Heilige Gees ontvang. Niemand kan 'n geestelike mens word sonder die Heilige Gees nie. Niemand kan wederbaar word of weer gebore word as "geestelike mens" (verander van natuurlike na geestelike) sonder die Heilige Gees nie (Rom. 8:6).  Deur die Gees van God word sy hart vernuwe!  Hy kry 'n nuwe hart - nuwe siel (en dit verwys beslis na die figuurlike betekenis) - sy manier van dink, wil, emosies ens. verander!  Bv., hy begin dink soos die Here dink, en beoordeel nie meer dinge soos die natuurlike mens dit beoordeel nie...  Sy wil is nou om die wil vd Here te doen, nie sy eie nie... Natuurlik word hierdie "siel" ook beskryf  as "hart" of  "gees" (Ef. 4:23; Ps. 51:10; Eseg. 11:19; 18:31; 36:26; Rom. 12:2; Kol. 3:10; Tit. 3:5).  (Deut. 30:6 - "En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe").

Figuurlik verwys "gees vd mens" na die gees wat binne-in die mens geformeer word - ons kan sê dat elke mens " 'n gees " is (maar 'n gees in 'n liggaam van vlees en bloed).  As iemand sterf is hy soos 'n gees sonder vlees en bene, want sy liggaam keer terug na stof (kyk onderwerp van "geeste van afgestorwenes").
Letterlik kan niemand op aarde lewe: 
(1) sonder 'n liggaam, of 
(2) sonder die asem wat God gee nie.  Met die opstanding sal alle geestelike kinders (die wat in Christus Jesus glo en gevul is met Sy Heilige Gees) LETTERLIK deur Hom opgewek word, deur Sy Heilige Gees.   (Eze 37:5)  So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.(Eze 37:6)  En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is...............(Eze 37:9)  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.(Eze 37:10)  En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër!..........................(Eze 37:13)  En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!(Eze 37:14)  En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.

Die natuurlike mens maak staat op "wereldse wysheid", maar die geestelike mens beoordeel dinge geestelik;  m.a.w., volgens Jesus Christus se woorde, die waarheid deur die Woord en die leringe vd Heilige Gees.  Die wat die wil van die Vader doen, bly vir ewig - NIE die wat doen wat hulle wil en nie ag gee op hulle Skepper nie!  Op dieselfde wyse bestaan die woorde van God vir altyd, maar die wysheid van hierdie wereld of van hierdie wêreldse heersers, sal vergaan...(1Kor. 2:6).

Nog 'n paar Skrifte oor "natuurlike" of "geestelike" mens:
(1Kor. 2:12)  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
(1Kor. 2:13)  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
(1Kor. 2:14)  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
(1Kor. 2:15)  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

(1Kor. 14:37)  As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

(Rom 8:5)  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ou mens en Nuwe mens:
Dit gaan hier oor die "innerlike mens" en spesifiek verwysend na die LIGGAAM, SIEL en GEES figuurlik gesproke.

Die ou mens:
Die "ou mens" verwys na die natuurlike mens wat die liggaam van die sonde dien
Die ou mens dien die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede (Gal. 5:24) 
en dien die wereld (Gal. 6:14) en hou vas aan eie of wereldse wysheid.
DIE OU MENS WANDEL IN DIE BEGEERLIKHEDE VAN DIE VLEES, EN DOEN DIE WIL VD VLEES EN VAN DIE SINNE. (Ef. 2:3)  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

Die nuwe mens:
Die "nuwe mens" verwys na die geestelike mens van wie die liggaam van die sonde tot niet gemaak is.  Die nuwe mens dien nie meer die sonde nie (Rom. 6:6; Gal. 5:24; 6:14) en hou vas aan die waarheid.
"NUWE MENS" verwys deels na hoe Jood (besnedenes) en heiden (onbesnedenes) een word deur die bloed en liggaam van Christus, deurdat almal in hart besny word - besnydenis is DEELS IETS WAT DIE HERE IN IEMAND DOEN, MAAR OOK DEELS IETS WAT VAN ELKE GEESTELIKE MENS VERWAG WORD OM SELF TE DOEN. Die NUWE MENS IS NIE GEHOORSAAM AAN DIE WET VAN MOSES (O.T. besnedenes), OF GEHOORSAAM AAN DIE VLEES (onbesnedenes) NIE, MAAR is GEHOORSAAM AAN DIE HEILIGE GEES (besny na hart - "nuwe hart" - wette op hart geskrywe) - dien Jesus Christus (laaste Adam 'n lewendmakende Gees).
-(Ef. 2:15)  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
-(Kol. 3:9)  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het (Kol. 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Nog SKRIFTE:
Rom_6:6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Ef_4:22  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
Kol_3:9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 
Matt_9:17  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue. 
Ef_2:15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 
Kol_3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Ef. 4:22)  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,(Eph 4:23)  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed (Ef. 4:24)  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Th 5:23)  En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Dinsdag 26 Junie 2018

WATER vir LEWE

In hierdie pos kyk ons na  "waarna WATER verwys in beeldspraak".
Gelowiges word soos saad in die wêreld gesaai of geplant...(Matt. 12:33; Luk. 3:9;1 Kor. 3:6-8...), en word o.a. voorgestel soos bome in Luk. 3:9, en soos "takke" of "lote" in Rom. 11 en Joh. 15:5 (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html). Net soos saad geplant en natgemaak word, en God dit laat groei, net so het gelowiges WATER nodig om te kan groei en vrug dra , maar ook water nodig om aan die lewe te bly!  In hierdie pos sal ons sien dat "water" verwys na die woord vd Here en na die Heilige Gees (waardeur ons groei en vrug dra, en waarin en deur Wie ons LEWE)(Joh. 6:63,68).

Ons gaan die volgende vrae beantwoord:
-  WAT is / waarna verwys die water?
-  WAAR kry ons hierdie water?
-  HOE kry ons hierdie water?
________________________________________________________________________________
INLEIDING:
Die belangrikheid van water is regdeur die Bybel bv., in die skepping het water 'n belangrike rol gespeel (2 Pet. 3:5) - maar natuurlik nie sonder die woord van God nie (wat ook vgl. moet word met "water"). Op verskeie geleenthede is water gebruik as die middel waardeur genesing tot stand gebring is (Joh. 5:3-7; 2 Kon. 5:10).  "LEWE" word ook baiemaal voorgestel soos water (omdat water nodig is om aan die lewe te bly)(bv. Openb. 22:1).  Selfs in die Christelike doop is water o.a. 'n teken van "lewe", in die sin van "afwassing van die oue en opstaan in 'n nuwe lewe" (Hebr. 10:22; Hand. 10:47...)(maar wys ook op die belofte van opstanding tot ewige lewe). (1 Joh. 5:8 - "en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die WATER en die bloed, en die drie is eenstemmig").  Water (as letterlike teken) is een van die elemente nodig vir wedergeboorte - die ander element is die Gees (en verwys figuurlik ook na "water"!)(Joh. 3:5): - "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit WATER en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie"

In hierdie pos sal ons sien hoe belangrik WAARHEID is, 
en kan opsom dat WATER in beeldspraak verwys na:
DIE WOORDE VD HERE, en Jesus Christus is DIE WOORD;
- die GEES VAN GOD 
- die HERE is soos 'N FONTEIN VAN WATER.

Wanneer die Here Hom van iemand afskei, dan word daardie mens soos 'n dor land (Hos. 2:1-3; Jer. 51:43; Ps. 68:6...). Die natuurlike mens kan ook miskien voorgestel word soos 'n dor land SONDER WATER, want hy het geen belofte van LEWE nie omdat hy "geen water het nie"....Natuurlik verwys hierdie na die INNERLIKE MENS, nie die uiterlike nie.  In Amos 8:11-13 word die wat geestelik "hoereer" (verwysend na die wat eintlik deel is van God se volk, maar wat in sonde stap of afvallig word) ook voorgestel soos 'n "dor land", en al sou diesulkes dors na die woorde vd Here, sal hulle dors nie geles word nie omdat hulle (ook) dors na verkeerde dinge (bv. afgodsaanbidding en heidense praktyke)(Jes. 65:13). Dawid het ook 'n soortgelyke beedpraak gebruik in Ps. 63:1 waar dit lyk of hy die land rondom hom voorstel soos 'n "dor en uitgedroogde land SONDER WATER"... Maar die siel wat dors na die Here (soos Dawid), sal versadig word!, en kan voorgestel word "soos 'n tuin wat goed besproei is, en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie" (Jes. 58:11). Die geestelike mens het die belofte van LEWE, want hy het "die water" (woord / Gees) wat hom aan die lewe hou.

Alhoewel elkeen van ons figuurlik voorgestel word soos saad, plant, boom, lote...ens., word die mens somtyds ook as "grond" voorgestel (soos in die gelykenis vd saaier)(https://warechristene.blogspot.com/2014/06/wat-is-die-waarheid-2.html);
(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html);  sekerlik omdat die LIGGAAM uit grond gemaak is, maar siende ons eintlik hier vd INNERLIKE MENS praat (nie die uiterlike nie), kan ons ook innerlik die liggaam voorstel met grond (en innerlik, die siel, met plant of boom...)(en innerlik, die gees vd mens, met lig). Wanneer water op grond val, dan het dit tot gevolg dat die saad uitspruit.  Lig is weer belangrik vir groei. Op dieselfde wyse kan die geestelike mens voorgestel word soos grond (liggaam), waarop water val en die SAAD (siel) spruit uit ("een plant"-1 Kor. 3:7,8), en met WATER (woorde vd Here -"een maak nat"-1 Kor. 3:7,8)(die Heilige Gees) en LIG (gees), sal dit GROEI (God laat groei-1 Kor. 3:7,8).  Die manier hoe elkeen van ons "op ons grond bou", is belangrik!, want dit sal bepaal wat se soort VRUG iemand op die ou end dra.  Die wat HOOR en REG BOU, gee ag op die WAARHEID (hulle "dors na die water vd woord en die Gees");   bv., wanneer ons die woord van God (die waarheid) op ons grond bou, dan bring dit lewe voort (verwys na die wat "hoor"), maar as ons verkeerd bou (bv. valse leerstellings), kan dit die dood voortbring...  Ander vb.e van "bou" sluit onderwerpe in soos :  - pasop hoe julle "hoor"  ;  wat dit beteken om "gereed te wees" (bv., word ryk in die Here; verloor lewe i.p.v. om dit te probeer wen; ken die wil vd Here en doen dit); ens.

"Ander woorde" vergaan, maar die woord vd Here bly tot in ewigheid! (1Pe 1:24,25). Die mens het die woorde van God nodig om te kan lewe.  Alhoewel DIE HEILIGE GEES ook soos lig is vir die gees vd geestelike mens, is Hy ook soos water omdat Hy die "Gees van WAARHEID" is en vir ons lei en leer in die woorde vd Here, en word verder vgl. met "lewende water" omdat die Gees soos 'n fontein is wat opspring tot in die ewige lewe! (Openb. 21:6).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAARNA verwys "WATER" (in beeldspraak)?

-(1)  WATER verwys na die WOORDE VD HERE:
(Amo 8:11)  Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.  IN HIERDIE VERS SIEN ONS HOE BROOD EN WATER IN BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD VIR "die woorde vd Here".  In 1 Pet. 1:23 verwys "saad" ook na die Woord van God. God is die Een wat laat groei, en Hy gebruik Sy diensknegte om die PLANTwerk te doen, en om "NAT te MAAK" (woord saai / water gee). Sy woorde is vir ons soos waterSonder die woorde vd Here kan ons nie groei nie.

Water verwys dus na "woorde".  In sommige skrifte word die woorde wat uit iemand se mond kom, ook voorgestel soos water (Spr. 18:4). In Spr. 10:11a word die mond vd regverdige voorgestel soos "n fontein van lewe...".  Die geestelike mens se hart word vernuwe deur die Heilige Gees (sien punt 2 waar Heilige Gees ook met water voorgestel word).  Die Heilige Gees is soos 'n fontein van lewe in iemand se binneste - en waarvan die hart vol is loop die mond oor! (Jes. 59:21)(Luk. 6:45; Matt. 12:34; 15:18; Kol. 3:16).


Jesus Christus is DIE WOORD.  Hy is Here, en is soos 'n "fontein van water" en gee die WATER.  Die waarheid het deur Hom gekom:
- (Joh 1:1)  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
- (Openb. 19:13)  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
- (1Jn 1:1,2)  Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe— en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is—

- (1Jn 5:7)  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.

-(2)  WATER verwys na die GEES VAN GOD:
(Joh 7:38)  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
(Joh 7:39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. WANNEER IEMAND DIE GEES ONTVANG IS DIE GEVOLG "SOOS STROME WATER"...(Jes. 44:3). Vgl. hierdie met begrip "lewende water" (rol af na volgende paragraaf).  Die persoon kry soveel water dat dit soos strome uit sy binneste vloei. Ons het gesien dat "water" veral verwys na die woorde vd Here - let wel die Heilige Gees is "DIE GEES VAN WAARHEID". Die Gees van God is vir ons soos water en gee vir ons DIE WOORDE VD HERE - leer en lei ons in die waarheid, en herinner ons aan die waarheid wat deur Jesus gekom het... (Ps 123:10; Joh. 16:13). Hy vernuwe ons harte sodat ons anders begin dink en "sien" en PRAAT! Maar die Gees is ook soos 'n fontein wat opspring tot in die ewige lewe!  "Ander woorde" vergaan, maar die woord vd Here bly tot in ewigheid... -(1Pe 1:24,25) - "Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,  maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is). 

- (3) DIE HERE IS soos 'n "FONTEIN VAN WATER":
(Jer 2:13)  Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 
WAAR kry ons hierdie WATER?
Hierdie "water" (woorde vd Here en Sy Gees) kan slegs by die Here verkry word.

Natuurlik verwys die "woorde van die Here" na die WAARHEID - Sy woord is die waarheid, en Sy Gees is die Gees van waarheid, en die WAARHEID het deur Jesus Christus gekom (Joh. 1:17);  en Hy is die Een wat ons doop met die Heilige Gees  (Matt. 3:11). As iemand nie in Jesus Christus glo nie, dan glo hulle ook nie in Sy woorde nie, en hulle kan dan ook nie verwag om die Heilige Gees te ontvang nie, want Hy is die Een wat die Gees gee aan die wat in Hom glo-Joh. 7:38.
En hoe kan iemand vrug dra "tot ewige lewe" as hy nie die Gees het nie?
Ons sien dus dat hierdie WATER (woord en Gees) by Jesus Christus verkrygbaar is (en Hy self is die Woord!):
- (Joh 4:13,14)  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Jesus het vir ons die waarheid gebring sodat ons Sy woorde kan ken, en Hy lei Sy diensknegte om die woord te verkondig (sodat hulle van die water wat hulle kry, kan gee aan die wat dors is). Jesus gee Sy Gees aan die wat in Hom glo en Hom gehoorsaam - die Gees van God leer en lei hulle in die waarheid, en herinner hulle aan Sy woorde (Joh. 16:13).

Jesus Christus het op geleenthede ook die begrip "LEWENDE WATER" gebruik, wat verwys na die water wat HY GEE.  In Jer. 2:13 noem die Here Homself  'n "fontein van lewende water". Hy is "die fontein" by wie ons water kan kry:
-(Psa 42:1)  Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van die kinders van Korag. (42:2) Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
-(Psa 42:2)  (42:3) My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
Hy gee vir ons hierdie water want Hy is Here en is soos 'n "fontein van lewende water" (Joh. 4:10,11). Nie net is hierdie water (wat Hy gee) instaat om iemand se dors te les nie, maar is van so 'n aard dat iemand nooit weer sal dors kry nie!  (Joh 4:14). "Lewende water" word soos 'n fontein in iemand, wat opspring tot in die EWIGE LEWE. In Openb. 21:6 het Jesus belowe dat Hy die fontein vd water vd lewe verniet sal gee aan die wat DORS het - m.a.w., die wat "dors na Hom" en dors na Sy geregtigheid...(die wat in Hom glo).  (Mat 5:6)  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Ons het die water vd Here nodig om te kan LEWE!  Jer. 17:13 leer vir ons dat die wat die "fontein van lewende water" (die Here) verlaat (die wat van Hom afwyk), beskaamd sal staan, en hulle sal op die aarde geskryf word...

Die Heilige Gees word ook voorgestel soos LEWENDE WATER in Joh. 7:38,39. Die wat in Jesus Christus glo en dors na Sy geregtigheid, word gevul met Sy Gees (Sy Gees is soos "water" vir hulle - Joh 7:39). Die wat die Heilige Gees ontvang is nie meer 'n "dor land" nie, maar soos 'n land vol water.  Nie net word hulle dors geles nie, maar hierdie lewende water (die Heilige Gees in hulle) word soos 'n fontein wat opspring TOT IN DIE EWIGE LEWE!  Daarom word daar ook na die lewende water verwys as "die fontein vd water VD LEWE".  Die begrip "lewende water" verwys dus ook na die wat die ewige lewe gaan ontvang, want hulle het die water wat nodig is om aan die lewe te bly (die water wat die ontvang wat weergebore word deur die Gees).
-  (Jes. 44:3,4)  Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
- (Jes. 59:21)  Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE KRY ONS HIERDIE WATER?


(1) Wat moet ons doen om hierdie water te kry? (2) Word hierdie water gegee aan almal wat dit vra?

(1) Dit is duidelik dat water gegee word aan die DORSTIGES (Openb. 21:6; 22:17).  Dawid het verstaan dat die Here soos 'n fontein is van water, en dat "dors" hier verwys na "dors na die Here en Sy dinge...(Psa 63:1)  ‘n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. (63:2) o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.- VGL. HIERDIE GERUS MET DIE TEMA VAN "DOR LAND" WANT DOR LAND VERWYS NA "VERLATE GESTEL", bv. Hos. 2:1-3, waarin die Here waarsku dat diesulkes se hoerery en owerspel tot gevolg gaan he dat Hy hulle naak uittrek en maak soos 'n woestyn (natuurlik beeldspraak) - Hy sou hulle "STEL SOOS 'N DOR LAND", en hulle van dors laat sterwe...  'n Soortgelyke voorstelling kan uit verskeie ander skrifte verkry word van iets/iemand waarvan die Here Hom skei of wat geskei is van die Here (Jer. 51:43; Ps. 68:6 ens.)...  Die volk Israel word bv. voorgestel soos 'n vrou en die Here HAAR MAN, maar as hulle "owerspel pleeg" en "hoereer" (m.a.w. "hoereer" met afgode, heidense praktyke...), dan waarsku Hy dat Hy haar soos 'n woestyn sal maak, 'n DOR LAND... (Hos. 2:1-3). Haar dors sal nie geles word nie omdat sy, in plaas van om na die Here te dors en na Sy wil en geregtigheid, dors na verkeerde dinge. (Jes. 65:13)  "Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan".  Die wat "geestelik hoereer" kry nie die regte water nie, maar soek water (soos bitter water) wat hulle dood kan veroorsaak! Gewoonlik wys iemand se vrug wat se soort water hy drink, want wat die hart van vol is, loop die mond van oor - (Jak. 3:10,11 - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?)(rol af na volgende paragraaf vir 'n kort opsomming oor "vars en bitter water").

Hier is 'n paar dinge wat ons kan leer uit Jes. 55 oor wat dit beteken om te dors na die water van die Here:
- v. 2:  "Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig";
- v. 3:  "Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe";
- v. 6:  "Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is";
- v. 7:  "Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees"...
Ons moet dors wees vir die regte dinge - luister na die Here, "eet" Sy dinge, neig ons oor tot Hom en luister, soek Hom, roep Hom aan, verlaat en bekeer van verkeerde wee, bekeer van die manier hoe ons dink tot die manier hoe die Here dink, ens.

Nie alle woorde het ewigheidswaarde nie!, maar slegs die WAARHEID.  Ja, die waarheid is belangrik, en ons moet weet "wat is die waarheid".  Waarheid is NIE "wat elkeen glo" soos baie mense vandag dink nie, maar is wat die Here sê dit is!  Jesus het vir ons die waarheid gebring.  As iemand nie glo in Sy woorde nie, dan glo hy nie in Jesus Christus nie! Die Heilige Gees (wat deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo) is die Gees van WAARHEID, en lei en leer ons in die waarheid.  Hy werk ook gawes en bedieninge deur ons waardeur die waarheid bekend gemaak word, bv. 'n "gawe van onderskeiding"...ens. Die wat die Gees van God het, WEET WAT IS DIE WAARHEID en is eintlik die enigste mense op aarde wat met sekerheid weet "wat is die waarheid". Maar ons moet versigtig wees om te dink dat almal wat bely hulle is Christene, werklik die Gees van God het, of gehoorsaam is aan die Heilige Gees... - Nie almal wat Christene is, is Christene in hart nie! Dit is slegs die wat regtig GLO in Jesus Christus (in Hom en in Sy woorde) en Hom gehoorsaam, wat die Heilige Gees ontvang (en wie se harte vernuwe word). Sommige word afvallig vd geloof, en weet later nie meer wat is die waarheid nie (omdat hulle nie gehoorsaam is aan die Heilige Gees nie)...(kyk punt 2).

(2) Somtyds is iemand "dors na die Here", maar dan ontvang hy nie die water nie!:
Dit gebeur veral met kinders vd Here wat geestelik "hoereer" - bv. afgodsaanbidding en heidense praktyke.  (Amo 8:11)  Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor. (Amo 8:12)  En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.(Amo 8:13)  In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van DORS beswykOOK IN HIERDIE VERSE SIEN ONS HOE BROOD EN WATER IN BEELDSPRAAK GEBRUIK WORD VIR "die woorde vd Here". SOMTYDS IS IEMAND DORS NA DIE WOORDE VD HERE MAAR DAN VIND HY DIT NIE (sy dors word nie geles nie!) OMDAT HY BESIG IS OM TE "HOEREER" soos ons sien hier in Amos 8:12 - hulle vind nie die waarheid nie omdat hulle BESIG is MET AFGODSAANBIDDING / HEIDENDSE PRAKTYKE.  In so 'n geval (al is die persoon dors) sal sy dors nie geles word nie.  Hy vind dit nie - hy soek die woorde vd Here, of soek die waarheid maar vind dit nie!  Dus, die een wat geestelik hoereer sal homself bevind soos 'n dor land! (al is hy 'n kind vd Here!). Wat gebeur met ongehoorsame kinders vd Here wat hulle vertroue plaas in afode en afgodspraktyke en wereldse en eie wysheid, en hulle nie bekeer van hierdie werke nie, is dat hulle later die leuen begin glo omdat hulle NIE WATER KRY NIE. Hulle kies nie die waarheid nie, en hulle weet later nie meer wat die waarheid is nie - al het hulle die Heilige Gees kan die Gees van hulle weggeneem word (omdat hulle die Gees van WAARHEID nie gehoorsaam nie), en hulle kan 'n "gees van dwaling" gestuur word (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html).  Hierdie is baie gevaarlik!, en dit het beslis te doen met "wie dit is vir wie jy raadpleeg" (in wie jy jou vertroue plaas).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VARS of BITTER water (in beeldspraak):
Jak. 3 leer vir ons wat bedoel word wanneer vars of bitter water gebruik word in beeldspraak:
(Jak. 3:10)  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
(Jak. 3:11)  ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
(Jak. 3:12)  ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
(Jak. 3:13)  Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

-  vars water verwys na woorde van seën, terwyl
-  bitter water verwys na woorde van vervloeking.

Bitter water:
Interessant, Num. 5 is ook 'n vb. van waar bitter water gebruik is as middel waardeur 'n vloek op iemand kon kom, bv. in daardie geval was dit op 'n vrou wat egbreuk gepleeg het... . BITTER WATER kan nie gedrink word nie (Eks. 15:23) en mense kan sterf daarvan... (Openb. 8:11) - op dieselfde wyse is dit die vervloektes wat eendag die tweede dood sal sterf! Hulle het nie die water wat soos 'n fontein opbruis tot in die ewige lewe nie, maar het bitter water waarvan hulle sal sterf.

(Spr. 5:1)  My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,
(Spr. 5:2)  dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;
(Spr. 5:3)  want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
(Spr. 5:4)  maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.

(Psa 64:2)  (64:3) Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
(Psa 64:3)  (64:4) wat hulle tong skerp maak soos ‘n swaard, hulle pyl rig—bitter woorde!
(Psa 64:4)  (64:5) om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
(Psa 64:5)  (64:6) ‘n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------