Woensdag 29 Mei 2019

Die liggaam

Hierdie is deel van die reeks studie oor DIE MENS.
In hierdie pos wil ons spesifiek kyk na "die LIGGAAM" vd mens
- hetsy letterlik (uiterlike mens) of figuurlik (innerlike mens).

Op dieselfde wyse word die "gees" en "siel" op ander poste behandel in hierdie reeks oor "die mens":
Vir 'n studie oor "die gees", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/05/asem-gees-lig-gees-vd-mens.html
_________________________________________________________________________________
Ons gaan nie net kyk na wat "liggaam" LETTERLIK (liggaam vd uiterlike mens)(bv. "letterlike" VLEES; FAMILIE; WERKE; VOEDSEL; VLEIS; DIE SELF; KLERE; NAAKTHEID ens.) bedoel nie, maar ook na wat dit FIGUURLIK bedoel (liggaam vd innerlike mens)(m.a.w., waarna dit figuurlik verwys - figuurlik vlees, figuurlik familie, figuurlik werke ens.). Die mens bestaan wel uit liggaam, siel en gees, maar is TWEELEDIG van aard; d.w.s., nie net liggaam siel en gees LETTERLIK (die uiterlike mens) nie, maar ook FIGUURLIK (die innerlike mens). Wanneer die mens doodgaan (verwysend na wanneer die uiterlike mens sterwe) is hy bv. steeds instaat om te sien, voel, praat ens. (innerlike mens). 'n Goeie vb. hiervan is die gelykenis vd ryk man en Lasarus in Luk. 16:20-31 waarin beide gesterwe het...;  tog leer ons uit hierdie gelykenis dat Lasarus "deur die engele weggedra is na die boesem van Abraham" (m.a.w. het 'n liggaam - vd innerlike mens), en die ryk man kon "sien" en "praat" en was terloops in smarte (hy kon m.a.w. ook "voel" ens.)...


"Liggaam" verwys m.a.w. wel letterlik na vlees, familie, vleis, bene en dit verwant aan die liggaam bv. letterlik werke, kos en water, klere ens., maar "liggaam" het ook 'n figuurlike betekenis (vd innerlike mens) en daar moet dan ook onderskei word tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens", want die innerlike vd natuurlike mens lyk anders as die innerlike vd geestelike mens.  Bv., in die geval van "familie" verwys "kinders van Adam" na die wat gebore is uit die vlees (m.a.w. die "natuurlike mens"), maar die "kind van God" vewys na die wat gebore is uit Gees (nl. die "geestelike mens"). Selfs dit "verwant" aan die LIGGAAM het ook 'n figuurlike betekenis, bv. "voedsel" verwys nie net na letterlike kos en water nie, maar verwys ook na die woorde van God, na Jesus Christus, en die Gees van God. Net soos die uiterlike mens kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens (die regte soort) kos en water nodig. En net soos die LIGGAAM vd uiterlike mens nie kan lewe sonder die lig / ASEM wat God gee nie (en dus sterwe wanneer iemand die laaste asem uitblaas), net so kan die innerlike mens nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie. En net soos die uiterlike mens klere nodig het, nodig om te bad en liggaamlike oefening, net so het die innerlike mens klere nodig om sy naaktheid te bedek, nodig om gewas te word wanneer vuil, en nodig om hom te oefen (in die godsaligheid). En net soos die uiterlike mens in vlees en been of vlees en bloed deel is van 'n spesifieke familie, net so met die innerlike mens...

Die woord "liggaam" is die Hebr. woord/e: 
- baw-sawr' (LIGGAAM, VLEES, MENSDOM, DIE SELF, VEL, NAAKTHEID)(Eks. 30:32; Lev. 14:9; 15:7,13,16 ens.);
- beh'-ten (buik, liggaam, "skoot")(Deut. 28:53; 30:9 ens.) - WAT GEBRUIIK WORD vd VRUG VD LIGGAAM - "nageslag";
- may-aw' (wat in KJV vertaal word as "bowels")(MAAG, INGEWANDE, HART, BAARMOEDER)(Gen. 15:4; 25:23...) - maar hierdie woord word liewer onder die studie van "siel behandel, want alhoewel die AOV dit somtyds as "liggaam" vertaal, sien ons hier dat dit eerder verwys na ander organe...  

en die Griekse woord/e:
- so'-mah (LIGGAAM in geheel, LIGGAAMLIK, SLAAF)(Matt. 5:30; 6:22; Luk. 24:3; Jud. 1:9 ens.);
- sarx (wat gewoonlik as "flesh"vertaal word in die KJV)(VLEES, MENSLIKE NATUUR, MENSLIKE WESE - VERGANKLIK, VLEESLIK)(Kol. 1:24; 2:11) - word in meeste gevalle figuurlik gebruik, maar ook vd letterlike liggaam in sommige skrifte;
- soos'-so-mos (VAN DIESELFDE LIGGAAM - lede vd saamgevoegde liggaam)(Ef. 3:6).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons gaan in hierdie pos dus kyk na die volgende begrippe :
(1)  VLEES:
wat na die volgende verwys: (mens, mensdom)(voëls, vee, wilde diere, alle die gediertes wat op die aarde wemel)  ;  - en die volgende beteken: (liggaam, vleis, naaktheid, die self, vel, menslike natuur, menslike wese, vleeslik, voedsel, familie);
(2) - FAMILIE (vlees en been)(vlees en bloed - die mensdom - of natuurlike, of geestelike mens)(liggaam en bloed);
(3) - WERKE (en rus);
(4) - VOEDSEL (en water)(en "om te vas");
(5) - VLEIS (vlees en vel);
(6) - DIE SELF (menslike natuur/menslike wese);
(7) - KLERE en NAAKTHEID;
(8) - ORGANE (en sintuie).
en natuurlik ook raak aan die volgende begrippe: 
-"skoot" (wat inskakel by familie, "vlees en BEEN");
- slaaf (wat inskakel by "werke");
- verganklik (en figuurlik/onverganklik)(wat inskakel by tema "liggaam en bloed" of "vlees en BLOED");
- lewende siel / wese.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens:

Die NATUURLIKE MENS wag op die eerste dood (uiterlike mens), en dan op die tweede dood (innerlike mens).

Die GEESTELIKE MENS wag op die eerste dood (uiterlike mens), maar is innerlik wwergebore en onverganklik omdat hulle gebore is uit Gees ("nuwe mens") - en wag nie net op die (letterlike)opstanding (tot lewe) nie, maar het "oorwinning oor die dood", en die tweede dood het oor hulle geen mag nie... - al gaan hulle dood, sal hulle eendag nuwe uiterlike liggame (meer presies "geestelik, onverganklike liggame") verkry en weer lewende wesens op aarde wees en letterlik vir ewig lewe! - https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html.
_________________________________________________________________________________
INLEIDING:
Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES, en is tweeledig van aard nl. letterlik (UITERLIKE MENS: liggaam, siel en gees) en figuurlik (INNERLIKE MENS: liggaam, siel en gees).


Ons moet dus verstaan dat daar nie net na die letterlike "liggaam" (vlees, familie ens.)(uiterlike mens) verwys word in die Skrif nie, maar ook na die figuurlike (bv. vd liggaam vd innerlike mens). Die begrip "vlees" het bv.'n letterlik sowel figuurlike betekenis.  "Familie" het 'n letterlik sowel figuurlike betekenis.  Net so "werke", "voedsel", "vleis", "die self", "naaktheid" ens...  Ons is nie net "uiterlik" mens nie, maar ook "innerlik", en moet nie net weet waarna die liggaam letterlik verwys nie maar ook waarna dit figuurlik verwys.


Die liggaam:


Die liggaam is ten eerste UIT STOF / GROND gemaak (letterlik)(Gen. 2:7).  Na regte kan ons sê dat die mens "grond" is, of soos grond gesien kan word (hetsy letterlik of figuurlik)(waarin saad/siel geplant word). Dit is nie net 'n Bybelse waarheid nie maar ook 'n wetenskaplike feit dat wanneer die mens sterf sy liggaam terugkeer na stof ("aw-fawr'" - klei, modder, aarde, grond ens. - Gen. 2:7) waaruit dit gemaak is (Gen. 3:19; Pred. 12:7). Abraham het ook na homself verwys as "stof en as" (Gen. 18:27; Pred. 3:20) - die beeldspraak van "stof" word veral gebruik van die wat sterf, maar nageslag word ook somtyds met stof vgl. (bv. in die geval van groot getal kinders)(Gen. 28:14; Num. 23:10)...  Die feit dat die mens soos grond gesien kan word is ook 'n figuurlike konsep en Christus self het ook hierdie beeldspraak gebruik in die gelykenis vd saaier waarin Hy die mens voorstel soos "grond". Die Hebreër skrywer het ook dieselfde tipe beeldspraak gebruik waar hy die gelowige voorstel soos "grond wat nuttige plante voortbring..." (Heb 6:7), (en waarsku teen die wat dorings en distels voortbring... (v.8))(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html).  Kyk ook Jak. 5:7 waarin gelowiges gevra word om geduldig te wees tot op die wederkoms vd Here, want "die landbouer wag op die kostelike vrug vd aarde"(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-here-se-wingerd.html). Die mens word ook o.a. vgl. met saad, en is soos saad wat in die wereld geplant word..., maar hier miskien meer verwysend na die "siel" vd mens (wat vgl. kan word met plant of boom wat groei en vrug dra);  alhoewel die LIGGAAM ook gesien kan word soos saad wat gesaai word... (1 Kor. 15:44). ONS KAN DUS DIE LIGGAAM FIGUURLIK VOORSTEL SOOS GROND, en LETTERLIK is dit uit grond gemaak (Gen. 2:7) en letterlik keer dit terug na stof wanneer iemand doodgaan (Gen. 3:19). 




Die mens is 'n "LEWENDE SIEL" (iets waarin 'n lewende siel is) - ook genoem, "LEWENDE WESE" (alles wat die asem vd lewensgees in hulle neusgate het). Die woorde "wese of wesens" verwys egter nie altyd na iets wat op "die aarde" beweeg en lewe nie... Daar is baie soorte WESENS, maar nie almal is "lewende wesens op aarde" nie (en nie almal het liggame of dieselfde soort liggame nie).

Niks en niemand kan op aarde lewe as God nie vir hulle lewe gee, altans ASEM gee (wat hulle verander in lewende siele) nie. Wanneer iemand sy laaste (letterlike) asem ("gees") uitblaas, gaan sy letterlike liggaam dood (en keer terug na stof) en sy letterlike siel (siel is in bloed / organe) kom tot stilstand... - hy hou dan op om 'n LEWENDE WESE te wees op aarde, maar sy innerlike mens (die mens figuurlik gesproke) is dan nie dood nie! maar is soos 'n gees/siel sonder (letterlike) vlees en bene... Sy UITERLIKE MENS het dus gesterwe maar nie sy INNERLIKE MENS nie.  Die innerlike mens verwys na die gees wat God in elke mens se binneste formeer (Sag. 12:1). Ons moet dus onderskei tussen die uiterlike mens en die innerlike mens.

Die MENSLIKE WESE:
Letterlik kan die liggaam nie lewe sonder "gees" (asem) nie (Jak. 2:26) want wanneer die gees of letterlike asem uitgaan (opgaan, en terug na God wat dit gegee het - Pred. 12:7; Ps. 146:4), dan kom die uiterlike mens (nl. "die siel" - letterlik siel - Lev. 17:11,14) tot stilstand.  Bv., die (letterlike) liggaam gaan dan tot niet en keer terug na stof... (Pred. 3:20; Gen. 3:19; Ps. 90:3). Hierdie verwys na die letterlike sy vd mens, of soos genoem in die Skrif:  DIE UITERLIKE MENS. Dus, wanneer iemand doodgaan keer die letterlike liggaam terug na stof, maar wat word van die liggaam figuurlik gesproke (die "figuurlike" liggaam vd innerlike mens)? Hier moet ons weer onderskei tussen die natuurlike en die geestelike mens.  "Figuurlik gesproke" kan die liggaam en siel ook nie lewe sonder gees nie! (net soos wat dit leterlik nie sonder gees/asem kan lewe nie); meer presies bedoel kan die (innerlike) nie "lewe" sonder die Gees van God nie. Daarom kan die NATUURLIKE MENS (wat nie die Gees van God het nie) gesien word soos "dood" wat verwys na sy innerlike se toestand - die natuurlike mens het die gees vd wereld (die uiterlike gaan eendag letterlik dood, en die innerlike wag dan op die "tweede dood"...).  Party mense noem dit "geestelik dood", 'n term wat gebruik word om te verwys na hoe Adam en Eva "gesterwe" het toe hulle sondig... (Gen. 2:17)(figuurlike komponent)(alhoewel die term self nie in die Bybel gebruik word nie) - dus nie net letterlik bedoel (vd uiterlike mens) nie, maar ook figuurlik (vd innerlike mens).  Natuurlike mense is nog nie innerlik vernuwe nie en het dus geen hoop op opstanding tot lewe of om die oordeel vd tweede dood vry te spring nie. Maar die GEESTELIKE MENS LEWE! (figuurlik)(innerlike mens vernuwe, en hulle uiterlike mens sal ook eendag letterlik vernuwe word). In hierdie opsig verwys die Skrif daarna as:
- die natuurlike mens het die gees vd wereld, maar
- die geestelike mens het die Gees van God (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html).
Wanneer iemand die Heilige Gees ontvang (dus verwysend na die "geestelike mens) dan is dit asof sy innerlike mens (liggaam, siel en gees) lewendig word, en deur die Heilige Gees is hy dan instaat om vrug te dra tot ewige lewe. Sy uiterlike is nog nie vernuwe nie (almal gaan dood - uiterlike mens), maar die geestelike mens het nie net die belofte dat sy innerlike mens die tweede dood sal vryspring nie, maar het ook die hoop op opstanding eendag in 'n nuwe uiterlike liggaam - 'n ander soort liggaam, genoem 'n "verheerlikte (onverganklike) liggaam".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

Alle mense het huidiglik "NATUURLIKE LIGGAME", maar is letterlik en figuurlik van aard.
"Letterlik" verwys na die UITERLIKE MENS.
"Figuurlik" verwys na die INNERLIKE MENS 
(en wat die innerlike aanbetref moet ons onderskei tussen die natuurlike mens (die geobre uit vlees), en die geestelike mens (die gebore uit Gees). 

Die mens is       - letterlik liggaam, siel en gees (UITERLIKE MENS); 
Die mens is ook- figuurlik liggaam, siel en gees (INNERLIKE MENS).
ROL AF VIR afsonderlike OPSOMMINGS EN SKRIFTE OOR die tema van die LIGGAAM waaronder die volgende onderwerpe wat alles te doen het met die begrip "liggaam", behandel word:
(1) "VLEES", (2) "FAMILIE" en (3) "WERKE", (4) VOEDSEL, (5) VLEIS, (6) DIE SELF, 
(7) KLERE en NAAKTHEID.------------------------------------------------------------------------------------------

Kort opsomming (uiteensetting met skrifte word op ander poste behandel):
 -(1) Die woord "VLEES" verwys veral na die liggaam (hetsy letterlik of figuurlik)- in sommige skrifte verwys dit na die mens of mensdom (in geheel)(bv. "vlees en bloed" - letterlike - verganklik)(rol ondertoe vir ander betekenisse). Dit word wel letterlik en figuurlik gebruik en verwys in sekere skrifte na die uiterlike mens, en in ander na die innerlike mens. Daar is verskillende soorte "liggame" - die vlees van mense is bv. anders as die van diere en visse en voëls.  Daar is hemelse liggame en aardse liggame...  Daar is natuurlike liggame en geestelike liggame... (wat natuurlik die uiterlike of letterlike aanbetref). Almal is "natuurlike mense" want hulle is gebore uit die saad van Adam, maar die geestelike mens se innerlike is vernuwe (is weergebore uit die saad van Christus -gebore uit God) - die geestelike mens het FIGUURLIK OPGESTAAN IN 'n NUWE LIGGAAM! (maar nog nie LETTERLIK nie. Die geestelike mens  het figuurlik 'n nuwe liggaam - wat verwys na die innerlike mens se liggaam, maar sal eers letterlik 'n nuwe liggaam kry wanneer Christus Jesus terugkom - verwysend na die uiterlike mens se liggaam - "geestelike liggaam" wat vir die geestelike mens belowe word). Wat sy innerlike aanbetref, word die "geestelike mens" nie meer gesien as 'n "natuurlike mens" (gebore uit vlees, gebore uit Adam se saad) nie, maar 'n "geestelike mens" (gebore uit Gees, gebore uit God se saad). Innerlik verander die geestelike mens se "menslike natuur" na 'n "goddelike natuur" (want hy is nou gebore uit God). Wat "vlees" dus figuurlik bedoel in die geval vd geestelike mens, is dat die geestelike mens die OU VLEES aflê en word 'n nuwe mens (wat gaan oor geloof en gehoorsaamheid - dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here - gee liggaam as slaaf vir die Here). Net soos wat geestelike mense eendag letterlik gaan opstaan uit die dood, so het die innerlike mens vd geestelike mens nou alreeds opgestaan in 'n nuwe liggaam toe hy wederbaar is (waarvan die doop o.a. 'n teken is). Verder is hy daagliks besig om die nuwe mens "aan te trek" terwyl op die pad van godsaligheid...(gehoorsaamheid / dien / slaaf / behoort nie aan onsself nie) (kyk punt 5 "vleis") - wat te doen het met kos en water, bad, oefening ens. figuurlik gesproke - nodig om hom aan die lewe te hou! 
- (2) FAMILIE verwys na (vlees en been - gebore uit dieselfde geslag)(vlees en bloed - die mensdom - of natuurlike, of geestelike mens)(liggaam en bloed).  Na regte is alle mense familie van mekaar omdat Eva uit Adam geneem is en almal gebore uit vlees... - dus almal NATUURLIKE MENSE. Immers nie net vlees nie, maar ook bene van mekaar, want Eva is geskep uit een van Adam se ribbebene. Die term "vlees en been" word egter veral gebruik in die geval van spesifieke geslagslyne (uit watter saad of geslag iemand gebore is, bv. "kinders van Abraham"), maar nie net t.o.v. LETTERLIKE geslagslyne nie, maar ook FIGUURLIKE geslagslyne.  Wat "familie" bv. figuurlik bedoel is dat die geestelike mens deel word van God se FAMILIE - bv. geestelike familie: "Jood en heiden EEN" in Christus (soos 'n "nuwe mens"); en  "Christene almal deel van EEN liggaam" (Rom. 12:4,5) (Christene lede van Christus se liggaam - van Sy VLEES EN VAN SY BENE...). Die term "liggaam en bloed" word ook veral gebruik in konteks met die figuurlike familie (van die wat in Christus Jesus glo en Sy Gees ontvang). Meer presies verwys dit na hoe die geestelike mens familie is van Jesus Christus deurdat hulle uit Hom gebore is (uit Sy saad, deur die Heilige Gees) en LEWE deur Sy bloed! (siende die siel/lewe in die bloed is)(m.a.w. FIGUURLIKE GESPROKE, "gemeenskap met Sy "liggaam en bloed" waarvan die Nagmaal 'n teken is). Natuurlik word die term "vlees en bloed" ook in hierdie konteks gebruik (nie net "liggaam en bloed" nie) , want immers verwys liggaam na "vlees", maar meer presies in hierdie konteks dan gebruik van Jesus Christus se liggaam... Die term "vlees en bloed" verwys veral na "die mensdom", en na die liggaam met die lewe in die bloed/siel, maar word nie net gebruik t.o.v. die natuurlike mens nie (m.a.w.,"kinders van Adam" - die gebore uit vlees - verganklik), maar ook vd geestelike mens ("kinders van Jesus Christus - gebore uit Gees - onverganklik) omdat die geestelike mens "vlees en bloed" is van Christus Jesus (wat terwille van ons "vlees en bloed" geword het...)(die geestelike mens is deel van Sy liggaam, en sy lewe is in Sy bloed...). Omdat daar lewe is in bloed, kan dit in die regte konteks as reinigingsmiddel gebruik word, m.a.w. 'n lewe vir 'n lewe! - sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. Christus Jesus het die "vlees en bloed" deelagtig geword (mens geword) sodat Hy deur die dood, hom wat mag het oor die dood (nl. die duiwel), tot niet kon maak.
- (3) WERKE verwys na letterlik sowel figuurlik bedoel, werke (en rus)God het, nadat Hy die mens geskape het, aan hom WERK gegee (letterlik). "Werk" is deel van elke mens se lewe en dit word verwag dat elkeen met sy eie hande werk. Maar ons moet ook rus.  Dit is wat ons Skepper van ons verwag omdat Hy self ook gerus het op die 7de dag... Die figuurlike liggaam het ook rus nodig net soos die letterlike liggaam (vgl. "letterlik Sabbat onderhou met  "Figuurlik" - verwys na die Sabbatsrus (rus van werke)).
Net soos in die geval van "vlees" en "familie", verwys werke ook nie net na LETTERLIKE werk nie (uiterlike mens), maar dit word ook FIGUURLIK gebruik in die Skrif (vd innerlike mens). Nie alle soorte werk is goed nie!, bv. bose werke, goddelose werke, wettelose werke, werke vd duiwel, dooie werke, werke vd vlees , werke vd duisternis en werke vd liggaam... Alle soorte werk het 'n invloed op iemand se liggaam of gewete of gees;  bv., dooie werke kan iemand se gewete besoedel. Christene word aangemoedig om ywerig te wees in GOEIE WERKE - nie net letterlik bedoel nie, maar ook figuurlik. Wat "werke" figuurlik aanbetref, doen die geestelike mens nie meer die "werke van die vlees" nie, maar die "werke van geloof". Soos die mens nie kan lewe sonder gees nie, so is geloof dood sonder werke Christene is afsonderlike lede vd liggaam van Christus en kry verskillende WERKE wat hulle elkeen moet uitvoer (net soos wat elkeen met sy letterlike liggaam letterlike werk doen, net so behoort die geestelike mens aan 'n geestelike liggaam "waarmee hy werk" - meer presies, is 'n lid van daardie liggaam en het 'n werk). Net soos daar verwag word dat elkeen met sy eie hande letterlik werk, net so verwag die Here dat elke Christen die geestelike werk wat vir hom gegee word,  uitvoer (en nie aan die slaap wees wanneer Hy terugkom nie). Die Here het ook verstandige bestuurders wat Hy oor Sy diensvolk aanstel om vir hulle voedsel op tyd te gee... (vgl. hierdie ook met die volgende punt, punt 4 "voedsel). Elkeen sal geoordeel word op sy werke - bv., die natuurlike mens sal eendag voor die wit troon oordeel verskyn;  die geestelike mens sal eendag voor die regterstoel van Christus verskyn ...  Ons kan nie "doen wat ons wil" nie! Alles wat die mens doen word as werke gesien, bv. om God se gebooie te hou en die geloof in Jesus te bewaar, word ook gesien as WERKE. (Rol af na die uiteensetting van hierdie onderwerp om te sien wat nog as "werke" gesien word). Wat die FIGUURLIKE betekenis van die woord "werk" aanbetref, gaan dit ook oor die feit dat "die vlees" van geen nut is nie, want die "begeerlikheid vd vlees" werk in ons lede om vir die dood vrugte te dra! (m.a.w. die "natuurlike mens").  Wie is dit vir wie jy dien of gehoorsaam? Aan watter LIGGAAM behoort jy figuurlik?  (bv., die Christen behoort aan die liggaam van Christus, en het die werke vd geloof in Christus...). Leef jy na die vlees? of na die Gees?  Doen jy die werke vd vlees? of die werke vd Gees? In geval vd geestelike mens is die LIGGAAM DOOD VANWEë DIE SONDE, MAAR DIE GEES IS LEWE VANWEë DIE GEREGTIGHEID - geestelike mense leef nie meer "na die vlees nie" (Rom. 8:12) want hulle het die OU VLEES gekruisig (Rom. 6:6) en is NUWE MENSE na die Gees. M.a.w., hulle is nie meer gehoorsaam aan die vlees (of aan die wet van Moses nie), maar gehoorsaam aan die Gees! (https://warechristene.blogspot.com/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html). Vgl. dit met die tema van "oue mens" en "nuwe mens" (die nuwe mens het die oue mens MET SY WERKE afgele). Die geestelike mens se worstelstryd is nie teen mense of die "mensdom" (vlees en bloed) nie... - en daarom is ons "wapenrusting ook FIGUURLIK van aard (waarheid, geregtigheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord, gebed...).  Hierdie kan alles gesien word as "goeie werke"... 
- (4) VOEDSEL verwys na (voedsel, water en vas)"Voedselverwys figuurlik na die woorde van God, en gaan verder oor om Sy wil te doen en om die werke te doen soos wat Hy aan elkeen toebedeel...(Joh. 4:32-34).  "Die arbeider is ook sy voedsel werd" (Mat 10:10; 24:45) - die mens doen letterlik werk om sy voedsel te verdien - figuurlik gesproke is dit ook waar; dus, om Sy wil te doen, en die werk wat Hy aan iemand toevertrou, het tot gevolg dat so iemand "sy voedsel werd is" - dit is m.a.w. vir hom "soos voedsel". As 'n Christen nalaat om die Here te raadpleeg, of die werk te doen wat die Here vir hom gee, sal hy vind dat sy innerlike "honger ly". Die persoon sonder water (geestelik bedoel/innerlike) word in die Skrif voorgestel soos 'n dor land. As die mens (wat terloops met grond voorgestel kan word) (innerlik sowel uiterlik) nie "water" kry nie, sal hy sterf. Geestelik verwys water na die woorde van God, na Jesus Christus, en die Gees van God (in die Skrif word die Here ook voorgestel soos "'n fontein van water"). Sonder die Here en Sy woorde, en sonder Jesus Christus, kan niemand lewe nie!
Alhoewel iemand niks eet wanneer hy vas, gaan opregte vas nie oor "honger ly" nie maar is eerder soos om gevoed te word!- vas is 'n manier "van brood eet" (maar om die innerlike te voed, nie die uiterlike nie). Die Here se woorde is figuurlik soos BROOD vir ons.  Elke geestelike mens (die Christen) moet besef hoe belangrik "vas" is vir sy innerlike mens... 
- (5) VLEIS verwys na (vlees en vel). Wat "vleis" figuurlik na verwys het te doen met die "menslike natuur" (bv. die begeertes vd vlees en liefde vir die wêreld...).  Die geestelike mens se innerlike "liggaam" is egter vernuwe - sy begeertes is nie na die wereld nie maar hy het die Here lief en begeer om Sy wil te doen - dit is anders as wat dit is vir die "natuurlike mens". Die geestelike moet die nuwe mens aantrek, want alhoewel sy innerlike vernuwe is is sy uiterlike nog nie vernuwe nie, en het beslis 'n invloed op sy innerlike. Innerlik begeer die "nuwe mens" (in hierdie geval die vlees wat opgestaan het in 'n nuwe liggaam) nie meer die wereld nie, maar kan nog beinvloed word deur die wereld - hy het nog nie 'n uiterlike nuwe liggaam ontvang het nie.  Natuurlik kan ons hier ook praat oor die sintuie en hulle invloed op die liggaam... Christene kan nie doen "wat hulle wil" nie, maar het hulleself onderwerp aan die Here (gee hulle liggame as slaaf vir Hom). Nog iets waarna ingekyk moet word onder die onderwerp van "vleis", is die tema van "een vlees" (soos in, "twee wat een word"...). Die Hebreeuse volk kon bv. gesien word soos "een mens";  en heidene soos "een mens", maar in Christus Jesus kan hulle saamgevoeg word... Christene word dus gesien as "een mens" (Jood en heiden, "een" in Christus - "een vlees" - dus "familie"). Nog 'n vb. van "een vlees" is die van 'n man en vrou wat hulle aan mekaar trou. Hulle word soos "een liggaam" (een vlees) gesien, en as een van hulle hoereer dan "sondig hy dus teen sy eie liggaam". Nog 'n vb. van "een vlees" (wat eintlik aanskakel by die eerste punt), is Christene wat gesien word soos "lede van Christus se liggaam" - "van Sy vlees en Sy bene".  Dit moet ook vgl word met die vorige punt, want God se volk word somtyds in die profetiese boeke voorgestel soos "Sy vrou", en as hulle agter ander gode aangeloop het was hulle besig om geestelik te hoereer...  Net soos wat 'n man en vrou wat getroud is se liggame nie aan hulleself behoort nie, net so behoort die geestelike mens se liggaam nie aan homself nie, maar aan die Here (vgl. dit met die tema van "slaaf" - een vd betekenisse vd woord liggaam)'n Liggaam het baie lede. Christene behoort aan Christus en word gesien soos lede van Sy liggaam - almal saam deel van een LIGGAAM ("een vlees"). Soos die verskillende lede van 'n liggaam werke het, so het elke Christen 'n werk in die liggaam van Christus. Hulle werk saam soos "een vlees".

- (6) DIE SELF verwys na 'n wese, bv. die mens is 'n menslike wese;  en elke wese het 'n "natuur", bv. "die mens" het 'n menslike natuurDie woorde "LEWENDE WESE" verwys veral na alles wat "die ASEM vd lewensgees in hulle neusgate het"... (waardeur hulle lewende siele word)(Gen 7:22,23)(die MENS, die vee, alle diere, kruipende diere, voëls van die hemel)(Gen. 1:20,21,24,30;  2:19;  7:4;  9:10,12,15,16; Lev. 11:10,46; Deut. 11:6; Eseg. 47:9; Openb. 16:3). Die MENS is ook 'n LEWENDE "SIEL" - die woorde "lewende siel" verwys na iets "waarin 'n lewende siel is" (Gen. 1:30). Die woord LEWENSASEM verwys na "asem in die neus" (Jes. 2:22) en is miskien meer verwysend na letterlike ASEM (letterlik "gees" - NIE die "gees wat in iemand se binneste gevorm word" nie...). Letterlike asem (gees) verwys na die asem wat God self aan almal en alles gee (Hand. 17:25) - niks en niemand kan lewe op aarde as God nie vir hulle asem gee nie.  Elke wese se lewe is in God se hande! Dus, sonder die "liggaam" en "lewensasem" kan niks 'n LEWENDIGE SIEL of DING of  WESE op aarde wees nie.  Die woord "wese" verwys egter nie altyd na iets wat op "die aarde" beweeg en lewe nie... Daar is baie soorte WESENS, maar nie almal is "lewende wesens op aarde" nie, en nie almal het liggame of dieselfde soort liggaam nie. Daar is 'n NATUURLIKE VERKEER op die aarde wat vir die mens deur die Skepper vasgestel is. Die mens het nie die mag om hierdie natuurlike verkeer wat deur God vasgestel is, te verander nie. Ons moet egter hier onderskei tussen "natuurlike verkeer" en dit wat verskillende kultuurgroepe sien as "natuurlik", want ons verwys nie hier na dinge soos is dit reg vir 'n vrou om kort hare te dra nie... Die begrip  "natuurlike verkeer" verwys na natuur wat deur God vasgestel is (nie deur mense nie). Die mens is bv. as "man" en "vrou" geskep; daarom is dit nie "natuurlik" vir die man om met 'n ander man omgang te he nie;  en so ook nie vir 'n vrou met 'n ander vrou nie (Rom. 1:26,27).  Mense wat hierdie "natuurlike verkeer" verander sondig teen hulle Skepper en kom in opstand teen die natuur wat Hy vir hulle gegee het.  Maar "natuur" gaan nie net oor 'n wese se "verkeer" nie, maar ook oor wie dit is aan wie 'n wese onderwerp is en wie oor 'n wese heers (Jak. 3:7). Die mens heers oor die dier (Gen. 1:28).  God heers oor die mens (Gen. 1:27; 2:7...) - die mens moet hom dus onderwerp aan sy Skepper...  Die menslike wese wat hom nie aan Sy Skepper onderwerp nie kan gesien word soos 'n wilde dier, of meer presies word 'n wilde olyfboom genoem in Rom. 11:24, en het nodig om "mak gemaak" te word (wat wel kan gebeur deur  op die mak olyfboom ingeeent te word). Maar net soos in die geval met 'n dier, kan die mens nie "mak gemaak" word as hy hom nie onderwerp aan die een wat oor hom heers nie! Die Vader het aan Jesus Christus die mag gegee oor alle vlees (Joh. 17:2; 3:35; Fil. 2:10; Hebr. 2:8,9);  daarom moet alle vlees hulleself aan Jesus Christus onderwerp.  "Die self" verwys dus nie net na die "menslike wese" nie, maar ook die toestand van sy natuur (is hy bv. "wild" of "mak"?). Elke mens behoort (figuurlik, volgens keuse) aan een of ander "geestelike liggaam" wat veral beskryf word deur wat dit is waarin iemand GLO (aan wie het hy hom onderwerp?)(wie is dit vir wie hy DIEN, en aan wie of wat is hy GEHOORSAAM?)(van wie is hy 'n slaaf?). Christene is figuurlik deel van Christus se "liggaam" (is aan Hom onderwerp) en dien Hom deur hulle eie liggame (slaaf). Christene se liggame en gees behoort aan die Here - hulle is duur gekoop (1 Kor. 6:19,20). Daarom moet Christene vlug vir geestelike hoerery want hulle liggame is 'n tempel vd Heilige Gees (1 Kor. 6:19) - vrygemaak, maar dien nou die Een deur wie hulle oorwin is (2 Pet. 2:19). (1Kor. 7:22 ). Christene word ook deel van die GODDELIKE NATUUR (1 Pet. 1:4)(gebore uit God), en is dus nie gehoorsaam aan die wet van Moses nie, maar aan Jesus Christus en Sy Heilige Gees

- (7) KLERE verwys na (bedekking en naaktheid).  Wat "klere" figuurlik na verwys is 'n figuurlike bedekking wat slegs verkry kan word deur geloof in Christus Jesus.  Die "sonder bruilofskleed" sal bv. eendag uitgegooi word uit die bruilofsaal (met die tyd vd Bruilof van die Lam)... Die geestelike betekenis van naaktheid gaan oor "skaamwees en vernedering" - net soos Adam en Eva skaam geword het na die sondeval en bewus geword het van hulle naaktheid - dit was letterlik, maar dieselfde geld vir die INNERLIKE MENS (figuurlik bedoel).  Sonde laat iemand se innerlike "naak" en dit laat hom skaam voel. As die geestelike mens (wat reeds bedek is deur klere - figuurlik bedoel) nie sy klere bewaar nie, sal hy homself skaam en NAAK bevind wanneer Christus terugkom... Om naak rond te loop of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels vd wereld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal".  Op dieselfde wyse sal die wat geestelik naak is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof, eendag hanteer word soos die afskraapsel van almal en hulle sal in skande staan...  'n Kleed bedek iemand se NAAKTHEID. Verskillende soorte beeldspraak word gebruik t.o.v. KLERE in die Skrif, bv. "wit klere" - wat verwys na klere wat nie besoedel is nie (en gaan oor die belangrikheid vd geestelike mens om rein te wees en heilig te lewe). Die heiliges (Christene) moet seker maak dat die klere waarmee hulle geestelik bedek is, nie besoedel word nie. Verder moet geestelike mense (Christene) ook "hulle klere bewaar", want as hulle dit nie doen nie, kan hulle dit verloor! (vgl. hierdie met die tema van "Hy kom soos 'n dief in die nag" - (moenie "slaap" en "dronk" wees nie, maar wakker en nugter).  Ons moet natuurlik verstaan wat al hierdie begrippe geestelik beteken en nie net ag gee op die uiterlike liggaam wat klere nodig het nie,  maar veral let op die INNERLIKE liggaam (wat ook klere nodig het). Sommige Christene stap rond soos mense "sonder klere"  - dit verwys o.a. na die lou Christene - hulle is nie koud nie en ook nie warm nie, en in konteks verwys dit ook na Christene wie se klere besoedel is, asook na die wat nie ryk is in God nie... Hulle dink dat hulle ryk en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK . Vir ander lyk dit of hulle bekleed is, maar die Here sien die binneste en kan sien dat hulle INNERLIKE MENS eintlik kaal is, want hulle is wel ryk in aardse dinge maar nie ryk in die hemelse nie. In die uiteensetting ondertoe kyk ons ook na die tema van "skaamte ontbloot" (kaal), bv. hoe dit nie mag geskied nie...  Die tema van naaktheid gaan nie net oor die feit dat ons bedekking nodig het (a.g.v. ons sonde) nie, maar daar is ook reels t.o.v. gevalle van waar dit verkeerd is om ons te ontklee - letterlik bedoel, maar het ook weer-eens 'n figuurlike betekenis. Bv., vleeslike gemeenskap word net binne die huwelik toegelaat, en word gesien as hoerery as iemand dit onwettig doen - dieselfde geld vir die geestelike.  Afgodsdiens en heidense praktyke word vgl. met geestelik hoereer... Kinders vd Here wat geestelik hoereer word ook voorgestel as "naak"! (en hulle skaamte het nodig om bedek te word).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(8) vir Sintuie en Organe, gaan na die opsomming oor DIE SIEL. Soos sien onder die studie van "liggaam", word die woord "may-aw'" (wat in KJV vertaal word as "bowels") somtyds vertaal as liggaam in AOV, maar dit verwys eintlik na die "MAAG, INGEWANDE, HART, en BAARMOEDER" (Gen. 15:4; 25:23...).......

Geen opmerkings nie: