Dinsdag 17 Maart 2020

Die nuwe mens (deel 1 - die wedergeborene)

Die begrip "nuwe mens" word nie net gebruik van 'n persoon wat nuut geword het, of meer presies "hom beklee met die nuwe mens" nie (Ef. 4:24; Kol. 3:10), maar word ook gebruik van 'n entiteit soos die Christelike kerk (Ef. 2:11-15).

In die Skrif verwys NUWE MENS dus nie net
- na wedergebore mense (wat hulle met die nuwe mens beklee) nie, maar ook na
- die Christelike kerk in geheel (Christene as 'n groep waarvan Jesus Christus die hoof is) word voorgestel soos 'n nuwe mens (Israel + heiden een in Christus).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die wedergeborene as 'n nuwe mens:

Waar die begrip "nuwe mens" in die Skrif gebruik word, is die klem nie altyd op die alreeds verwerfde nuutheid van wedergebore mense (m.a.w. die wat hulle met Christus beklee het en wederbaar is en die Heilige Gees ontvang het, bv. "uit God gebore" / weer gebore) nie, maar is veral op die opdrag van hoe wedergeborenes hulle met die nuwe mens moet beklee. Christene het bv. opgestaan in 'n nuwe lewe, ja, maar dis nie asof hulle aangetrek en laat staanmaak is nie, want die nuwe lewe is ook iets wat hulle daagliks aantrek...  Bestudeer gerus die onderwerp oor die belangrikheid van "BEKLEDING" wat veral figuurlik gebruik word in die Skrif vd innerlike mens (bv., beklee met wit klere, of beklee met liefde, ontferming, lankmoedigheid... ens.)(kyk gerus wat  dit beteken wanneer kinders vd Here figuurlik "naak" is, of hulle klere bevlek...)(Kol. 3:12-14; Openb. 3:5; Gal. 3:27...). Die wat in Christus gedoop is, word voorgestel soos mense wat hulle "met Christus BEKLEE" het - bv. verwysend na hoe hulle erfenis uit Hom uit is en nie uit die wet nie... (Gal. 3:15-29) - in daardie opsig kan ons sê hulle het "nuwe vel en vlees aangetrek" (maar verwys natuurlik na die innerlike mens want die uiterlike mens het nog nie nuwe vel en vlees nie). M.a.w., asof gebore uit ander saad  (dus, "weer gebore")(gebore uit die saad van God) - vgl. met tema van "kinders van Jesus Christus". Sy kinders word gesien as "gebore uit die saad van God" (en word genoem geestelike mense). Die erfenis is belowe aan die gebore uit die geslag van Abraham - Isak - Jakob (12 stamme van Israel) - Jesus Christus is gebore uit daardie geslag (Abraham, Isak, Jakob, Dawid, Jesus Christus), maar Sy kinders verwys nie na die wat fisies gebore is uit Sy saad nie maar verwys na die wat in Hom glo (en geestelik gebore word uit Sy saad - deur water en die Heilige Gees wat deur Hom uitgestuur word aan die wat in Hom glo - hulle innerlike word vernuwe, maar daar word ook aan hulle belowe dat hulle uiterlike eendag vernuwe sal word - sien "die opstanding", of "verheerlikte liggaam"). Die nuwe liggaam of verheerlikte liggaam wat vir die Christen belowe word wanneer Jesus Christus terugkom, word terloops ook voorgestel soos iets waarmee die gelowige eendag "beklee" sal word... (1 Kor. 15:53).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (1)  Christene is alreeds "met Christus beklee" in die sin van ingedoop onder God se volk en deel vd wat gaan erf (m.a.w. verwys na die "nie onder die wet nie", maar onder Christus), maar
- (2)   Christene word ook beveel "om hulle met Christus te beklee", in die sin van "nie wandel volgens die vlees nie, maar volgens die Gees" (m.a.w., is nie onder die wet nie, maar "onder die Gees"). In daardie opsig verwys "nuwe mens" nie net (1) na die verandering wat alreeds plaasgevind het nie maar (2) verwys ook na daaglikse vernuwing (bestudeer die tema van "met Christus beklee"). As jy nou deel is van die kinders van God dan moet jy tog nou leef soos 'n kind van God!  As iemand gebore is uit God se saad dan gaan hy soos 'n geestelike mens wees (1 Joh. 5:18; 1 Joh. 3:6,9), nie 'n natuurlike mens nie. Die wat "onder Jesus Christus" is, luister na Hom - luister na Sy Gees, maar die gebore uit die saad van Adam ("natuurlike mense") luister na die wêreld (want hulle is in sonde gebore). Natuurlik, omdat die Christen se uiterlike nog nie vernuwe is nie, verwys hierdie na die innderlike mens.  Kyk 1 Kor. 2:12 (of bestudeer https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html). Die geestelike mens LEWE deur die asem vd Gees, maar die natuurlike mens het die wereldse gees (hierdie verwys na die innerlike mens).

In daardie opsig het wedergeborenes alreeds die belofte van ewige lewe, maar hulle moet seker maak dat hulle dit nie verloor nie.  Bv., as 'n Christen weer ongelowig word of verval in sonde tot die dood, dan kan hy nie verwag om lewe daaruit te oes nie...! So 'n Christen staan die gevaar om te verloor wat hy ontvang het, of staan bv. die gevaar dat sy naam uitgewis kan word uit die boek van die lewe (Openb. 3:4,5), sou hy hom nie daarvan bekeer nie. "Vernuwing" is dus ook 'n daaglikse ding. Christene moet hulle daagliks met Christus beklee...

Die NUWE LEWE vd Christen is dus nie net verwysend:
(1)  na die wat wedergebore is nie, maar ook
(2) van die nuwe lewe waarin ons daagliks moet stap.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPGESTAAN:
(l.w., die rede waarom sekere inligting in bg. paragrawe onder hierdie onderwerp herhaal word, is bloot om die konteks te behou...)

Alhoewel die tema van "die opstanding" gaan oor die eendag opstanding van die wat in Christus gesterf het, verwys dit nie net na die opstanding van die uiterlike mens nie maar ook na die opstanding vd innerlike mens. Die geestelike mens (nl. die Christen) het bv. alreeds figuurlik OPGESTAAN in 'n nuwe liggaam  (word o.a. deur die Christelike waterdoop voorgestel).  Maar hierdie verwys na die innerlike mens want as dit ook na die uiterlike mens verwys het, dan sou geen Christen se uiterlike sterwe nie. Die uiterlike mens sterf steeds omdat dit nog nie vernuwe is nie, maar is 'n verganklike liggaam. Wat die innerlike mens (die mens van binne) aanbetref het Christene wel alreeds opgestaan in 'n nuwe liggaam, maar opstanding vd uiterlike word ook aan hulle belowe - eendag wanneer Christus terugkom ("verheerlikte liggaam"). Wedergeboorte verwys dus beslis eerder na die innerlike mens (die mens van binne), maar elkeen wat (innerlik) wederbaar is het ook die belofte van letterlike opstanding eendag (opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe liggaam - verheerlikte liggaam).

"Opstanding" het dus nie net 'n letterlike verwysing (nl. iemand se uiterlike mens "weer tot lewe bring") nie, maar het ook 'n figuurlike verwysing (m.a.w. dit wat met die Christen gebeur wanneer hy weergebore word, is dat die ou mens doodgaan en hy staan op in 'n nuwe lewe... -asof hy van vooraf gebore word )(Kol. 2:12,13) - en is nou 'n "geestelike mens", nie meer natuurlike mens nie - verwysend na die saad waaruit iemand gebore word - is nou "uit God gebore")(kyk studie "die innerlike mens" - die mens figuurlik gesproke - "ligaam, siel en gees").  Vir die wat in Jesus Christus glo, is wedergeboorte moontlik - en twee dinge nodig om hierdie wedergeboorte teweeg te bring, nl. "water" en die "Heilige Gees".
Letterlik het die geestelike mens dus nog nie opgestaan in 'n nuwe uiterlike liggaam nie, maar sal eendag 'n nuwe liggaam kry wanneer Jesus Christus terugkom (kyk "verheerlikte liggaam" - ook genoem geestelike liggaam - https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html.  Die verheerlikte liggaam sal nie dieselfde soort liggaam wees as wat ons nou het (die huidige uiterlike mens) nie.

Wanneer daar verwys word na iets soos 'n geestelike liggaam, moet ons ook onderskei tussen die LETTERLIKE geestelike liggaam (soos die verheerlikte liggaam hierbo genoem) en die FIGUURLIKE "liggaam van Christus" wat "die groep Christene" voorstel - die liggaam van Christus (figuurlik gesproke)(nl. "die Christelike kerk") kan ook soos 'n liggaam gesien word -  m.a.w. ook gesien word as  "vlees, siel en gees" (- m.a.w. die Christelike "kerk" waarvan Christus die Hoof is...) - in 'n volgende pos, in die tweede deel van hierdie onderwerp nl. "die nuwe mens", word die Christelike kerk as nuwe mens behandel. Die letterlik geestelike liggaam waarin die geestelike mens eendag opgewek gaan word kan ook vgl. word met die liggaam waarin Jesus opgestaan het (dus dieselde soort liggaam waarin Hy Sy kinders eendag letterlik gaan opwek).

Ons moet dus nie die volgende twee terme verwar nie:
-  Moenie die opgestane innerlike mens verwar met die liggaam wat eendag letterlik opgewek gaan word nie (en moet dit ook nie verwar met die Christelike kerk wat ook soos 'n liggaam voorgestel word nie). Bv., in Christus se letterlike opgestane liggaam is Hy nie 'n "gees" nie want Hy het "vlees en bene" (verwysend na "uiterlike mens")('n gees is sonder vlees en bene...-Luk. 24:39, soos wanneer die mens doodgaan, dan is sy innerlike soos 'n gees sonder vlees en bene sonder 'n "uiterlike", bedoelende die uiterlike mens is dood maar die innerlike lewe nog). Die liggaam waarin ons eendag gaan opstaan verwys egter nie na die innerlike nie (want die innerlike is reeds 'n nuwe mens en word deur die Heilige Gees in bewaring gehou tot daardie dag), maar verwys na 'n nuwe uiterlike liggaam.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE NUWE MENS (die weergeborene) se lewe is in Jesus Christus - hulle is van Sy vlees en bene (gebore uit Hom), en hulle lewe is in Sy bloed en hulle lewe deur die asem van Sy Gees... 

Bestudeer gerus die temas van "liggaam", "siel" en "gees" om die NUWE MENS beter te verstaan. Alhoewel die innerlike mens gesien kan word soos 'n gees sonder vlees en bene wanneer die mens doodgaan, beteken dit nie dat die innerlike mens nie ook liggaam, siel en gees is nie, maar verwys na hoe dit dan nie in 'n uiterlike liggaam is nie.  Die innerlike mens kan ook gesien word soos "ligaam, siel en gees" (alhoewel nie "vlees en bene" wat verwys na 'n uiterlike nie), en kan terloops ook hoor en sien en dink en beweeg ens. Om die weergeborene as NUWE MENS te verstaan, moet ons dus weet waarna liggaam, siel en gees verwys op die innerlike mens, want net soos liggaam bv. op die uiterlike mens verwys na vlees, familie, werke, voedsel, vleis, die self, klere, naaktheid, ens., net so verwys die innerlike mens se "liggaam" ook na hierdie dinge! Die uiterlike mens se liggaam het bv. water nodig om gewas te word;  net so het die innerlike mens se liggaam water nodig om gereinig te word van sonde. En net soos die uiterlike mens voedsel en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens (geestelike en die regte soort) voedsel en water nodig.  En net soos die uiterlike mens se liggaam klere nodig het, net so het die innerlike mens klere nodig.  En net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder (letterlike) asem nie en doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas, net so het die innerlike mens asem nodig om te kan lewe (en die Christen lewe deur die asem van die Gees). Dit is bv. wanneer gees of asem in die liggaam ingeblaas word, wanneer hy 'n lewende siel word - net so word die innerlike mens 'n lewende siel deur die asem vd Gees (m.a.w. wanneer hy die Heilige Gees ontvang). En net soos die uiterlike mens gebore is uit 'n spesifieke familie, net so met die innerlike mens - die Christen word bv. gesien as deel van Jesus Christus se vlees en bene en deel dus in dieselfde bloed...  Ons moet dus verstaan wat hierdie terme alles na verwys wanneer ons praat vd weergeborene en die Christen se innerlike as NUWE MENS! 
_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie: