Woensdag 24 Oktober 2018

Uiterlike mens / Innerlike mens

In hierdie pos kyk ons na die twee begrippe:
 "uiterlike mens" en "innerlike "mens".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Ons innerlike kan net soos die uiterlike gesien word soos 'n liggaam met siel en asem wat kos en water en oefeninge nodig het, maar natuurlik FIGUURLIK bedoel (rol af vir 'n opsomming hieroor)Alhoewel die twee begrippe "uiterlike mens" en "innerlike mens" slegs in 'n paar skrifte voorkom is daar baie ander skrifte of skrifgedeeltes wat vir ons meer hieroor leer. Meeste mense is bloot vermoeid met die uiterlike (mens), maar die waarheid is die mens is nie net letterlik van aard nie, maar ook figuurlik!, en is terloops nie gemaak om van brood (letterlik kos en water) alleen te lewe nie! (Deut. 8:3). Maar hoe word die innerlike gevoed? Hoe word dit gewas? Hoe gee ek vir my innerlike water? Hoe lewe dit? Elke mens moet ag gee op die toestand van sy innerlike, want wanneer die mens doodgaan is hy soos 'n gees sonder vlees en bene -  alhoewel die uiterlike mens dan sterwe (met die "eerste" dood), wag die innerlike dan op die tweede dood...(die oordeel vd hel), tensy iemand se innerlike vernuwe is!  (Mat 10:28 - "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel"). Die waarheid rondom die komende oordeel word vandag baie verdraai, en mense dink dat as hulle glo dat daar nie iets bestaan soos die tweede dood nie, hulle dit sal vryspring. "Wat iemand egter graag wil glo" verander nie die waarheid nie!  Die waarheid is dat sonde die dood veroorsaak, en nie net van die uiterlike mens nie, maar ook van die innerlike mens...

Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (Gen. 2:7; 1 thess. 5:23),
en is TWEELEDIG van aard, nl.:
-  letterlik  -DIE UITERLIKE MENS (2 Kor. 4:16; 5:12 ) en 
-  figuurlik -Die INNERLIKE MENS (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17). 
_________________________________________________________________________________

OPSOMMING:
_________________________________________________________________________________
'n Gees in die mens se binneste geformeer:

Die mens het nie net letterlik "gees" of ASEM (waardeur hy 'n lewende siel is-Gen. 2:7; Hand. 17:25 ens.) nie, maar in elke mens word daar  " 'n gees in sy binneste geformeer " (Sag. 12:1 - "Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer"). Die "gees wat in die binneste gevorm word" verwys nie na die letterlike "gees" of ASEM (wat bv. uitgaan wanneer die mens doodgaan; m.a.w. "laaste asem wat hy uitblaas") nie, maar verwys na "gees" figuurlik gesproke vd die innerlike mens (- m.a.w. die FIGUURLIKE komponent van "gees" - vir meer skrifte hieroor gaan na die studie oor "die gees vd mens").  Daarom is elke mens soos 'n "gees sonder vlees en bene" wanneer hy doodgaan - kyk die begrip "geeste van afgestorwenes".  Natuurlik bestaan die gees nog wanneer die mens afgesterf het! God het bv. sy kinders verbied om "geeste van afgestorwenes" te raadpleeg... (Lev. 19:31; 20:6; Jes. 8:19) - hoekom sal Hy dit doen as daar nie so iets bestaan nie?  - hierdie feit is self 'n bewys dat die afgestorwenes inderdaad geeste het wat nie saam met die uiterlike gesterf het nie.  

Die woord "gees" verwys dus nie bloot na die letterlike asem (waardeur iemand 'n lewende siel is) nie, maar verwys ook figuurlik na "die mens se gees" ('n gees in die binneste - Sag. 12:11;Job 32:18; Ps. 51:10; Jes. 26:9; Eseg. 36:26);  soos 'n gees binne-in 'n liggaam. Afgode en gesnede beelde het bv. nie 'n "gees in hulle binneste" nie (Hab. 2:19) - hulle kan nie wakker word en praat en dink en begeer of besluite neem nie...
Bloot die feit dat elkeen instaat is om te dink, besluite te neem, begeertes het, kan redeneer ens., is 'n bewys van 'n innerlike! (is 'n bewys van 'n gees in elke mens se binneste). Die manier hoe die Skrif veral hierna verwys is waar daar figuurlik verwys word na die "hart" vd mens, bv. "die denke en versinsels vd hart" (Gen. 8:21; 27:41); "praat in hart" (Gen. 17:17); "blydskap in hart" (Eks. 4:14); "onskuldige of skoon hart" (Gen. 20:5; Matt. 15:18); "verharde hart" (Eks. 7:22) ens. Die woorde " 'n gees in die binneste" word in verskeie skrifte gebruik (Job 32:18; Ps. 51:10; Jes. 26:9; Eseg. 36:26; Sag. 12:10...) en daar word ook na die mens verwys as " 'n siel " (Gen. 17:14; 34:8; Lev. 7:20; Hand. 3:23... ). Net soos iemand se letterlike hart (van vleis) gesond of ongesond kan wees, net so kan iemand se hart bv. figuurlik ook gesond of ongesond wees... Net soos iemand se letterlike hart (van vleis) gesond of ongesond kan wees, net so kan iemand se hart bv. figuurlik ook gesond of ongesond wees... Die vraag is, "hoe lyk jou innerlike?" (hoe lyk jou hart?).  Dit is iemand se "hart" wat wys hoedanig sy toestand is voor die Here!, en verwys hier na die INNERLIKE MENS (se hart), nie na die letterlike hart (vd uiterlike mens, waardeur die bloed pomp) nie. In Mark. 7:21 het Jesus geleer dat dit nie dit is wat ingaan in die mond wat iemand onrein maak nie, maar dit wat "uit die hart uitkom". Die toestand van iemand se "hart" (vd innerlike mens) kan hom dus onrein maak. Iemand kan bv. "in sy hart" egbreuk pleeg (wat hier verwys na die innerlike mens, nie die uiterlike nie)("begeerte in die hart")(Matt. 5:28). Daarom is dit bv. belangrik dat Christene hulle gedagtes daagliks vernuwe en die Here se dinge bedink, gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Hom, seker maak dat hulle die regte dinge begeer, en die Here liefhe met hulle hele hart, siel en gees...(Kol. 3:2,5; 1 Pet. 2:11; 2 Kor. 10:5... ens.). Hierdie het te doen met hoe die Christen moet ag gee op die INNERLIKE MENS (ag gee op die pad van godsaligheid). Die Here kyk na die hart! en weet wat elkeen dink en begeer en beplan... (1 Kor. 3:20; Ps. 37:4; Luk. 11:17; Hebr. 4:12; Matt. 9:4; 12:25...ens.).   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEES MET/SONDER VLEES EN BENE:

Wanneer die mens doodgaan is hy steeds instaat om te voel, sien, praat ens.! - hierdie wys vir ons dat die mens nie net uiterlik van aard is (gemaak uit stof)(soos 'n afgod sonder gees) nie, want al gaan die uiterlike mens dood, bestaan die innerlike nog.  'n Goeie vb.hiervan is die gelykenis van die ryk man en Lasarus in Luk. 16:20-31. Baie ander skrifte verwys ook na hierdie "gees in die binneste" bv. Job 32:18, Ps. 143:4, Spr. 20:27, Jes. 26:9, Eseg. 11:19..., en sommige geleerdes verwys hierna as die mens se GEES/SIEL (die mens is 'n "gees/siel"). Wanneer die mens sterf (m.a.w. "eerste" dood)(Luk. 16:22...)  is dit die uiterlike wat doodgaan (en terugkeer na stof)(Gen. 3:19; Pred. 12:7);  nie die innerlike nie!  In die gelykenis vd ryk man en Lasarus is dit duidelik dat beide gesterwe het;  tog leer ons uit hierdie gelykenis dat Lasarus "deur die engele weggedra is na die boesem van Abraham...". Hoe kan hy weggedra word as hy nie 'n liggaam het nie?  Hierdie verwys beslis na sy liggaam "figuurlik" (die innerlike mens se liggaam). En die ryk man, l.w. v. 23, "het ook gesterwe en is begrawe...", en het sy oë in die doderyk opgehef, en hy was hy "in smarte" - hy kon m.a.w. "voel" en "sien"..., en terloops "praat" en met Abraham woorde wissel, en Abraham kon met hom terugpraat.  Duidelik verwys hierdie nie na die uiterlike liggaam, mond, oë ens. wat in die graf besig was om terug te keer na stof nie, maar na hulle "innerlike mense" wat  kan dink, voel, praat ens. (die innerlike "siel/gees"). Heelwat ander voorbeelde in die Skrif bevestig ook hierdie feit dat wanneer iemand sterwe (verwysend na die "eerste" dood), hy wag op die oordeel (oordeel vd "tweede dood"; alhoewel dit anders is vir geestelike mense as vir natuurlike mense)(https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-3.html)(Hebr. 9:27).  Kyk ook o.a.  1Pe 4:5 - "Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel" - hoe kan die dode geoordeel word as niks van hulle meer bestaan nie? Dit is dus duidelik dat wanneer die mens sterwe, dit slegs sy uiterlike is wat sterwe, nie onmiddellik beide die uiterlike en innerlike nie. Jesus het ook hierdie onderskeiding gemaak in Mat 10:28 (-"En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel"), waaruit ons kan leer dat wanneer die mens doodgaan dit sy uiterlike mens is wat sterwe - die "siel" vd mens kan nie deur 'n ander mens doodgemaak word nie maar beide die siel en liggaam kan deur die Here veroordeel word tot die hel. Iemand se letterlike siel, bedoelende die lewe in die bloed (hart, organe, sintuie...) sal tot stilstand gebring word, ja, met die "eerste" dood (wat verwys na die uiterlike), maar geen mens kan iemand anders se siel (figuurlik "siel" of "gees") doodmaak nie - maar God kan! (vgl. met tema van "tweede dood).
Wanneer die mens sterf is hy dus soos 'n "gees sonder vlees en bene" (Lev. 19:31...) want die UITERLIKE, letterlike liggaam (vleis, bene ens.) en letterlike siel (bloed...) het gesterwe (en keer terug na stof) en die gees (letterlike asem vd uiterlike mens) het die liggaam verlaat - en die gees van die afgestorwene bly oor... 

Die innerlike het dus nou, wanneer die (uiterlike) mens sterf, geen letterlike uiterlike liggaam nie, en is sonder letterlike siel (is m.a.w. nie meer 'n lewende siel op aarde nie omdat die bloedsomloop tot stilstand gekom het en die asem wat God gee, die persoon verlaat het). (Vir skrifte hieroor, gaan na die afsonderlike studies oor liggaam, siel en gees). Maar al sterf die mens (m.a.w. verwysend na die "eerste" dood) lewe die innerlike mens (en is dan soos 'n gees sonder vlees en bene want die uiterlike vergaan in die graf en keer terug na stof).  Die innerlike mens wag op die oordeel vd tweede dood (natuurlik verwysend na "natuurlike kinders");  tensy "weer gebore"! (wat verwys na Christene, genoem "geestelike kinders") - die wat in Christus Jesus glo sal nie onder die oordeel vd tweede dood val nie want hulle innerlike is vernuwe - "weer gebore" (rol af na die opsomming oor natuurlike en geestelike kinders vir skrifte, en om hierdie beter te verstaan);(om meer te leer oor waar die geeste van afgestorwenes hulle bevind kan gekyk word na die studie oor "die dood"). 

Jesus leer ook vir ons in Luk. 24:39 dat 'n gees nie vlees en bene het nie...  Die woord "gees" verwys nie oral in die Skrif spesifiek na "die mens se gees" nie, maar wat ons moet verstaan van "gees" is dat dit of verwys na letterlike asem, of na 'n gees wat in of uit 'n liggaam kan gaan (bv. die Heilige Gees).  Die mens se innerlike kan ook gesien word soos "gees" (figuurlik hier bedoel, nie die letterlike asem nie), en word gewoonlik aangespreek as "siel" in die Skrif (Gen. 35:18; 34:3,8; 27:31; Rom. 2:9; Mark. 14:23...), maar wanneer die mens sterf is hy soos 'n gees sonder vlees en bene (want sy innerlike siel, m.a.w. die gees wat in sy binneste geformeer is, het dan die liggaam verlaat).  Terwyl die mens 'n lewende wese is op aarde is, is hy "gees" binne-in 'n liggaam = m.a.w. genoem "die innerlike mens" = SIEL/gees - is figuurlik en het ook figuurlik 'n liggaam. 

Daar is ander geeste waarmee ons niks te doen moet of wil he nie, bv. "onreine geeste" - m.a.w. "geeste sonder vlees en bene" wat liggame soek waarin hulle kan ingaan. Hulle word "onrein" geeste genoem omdat hulle onrein is en die in wie hulle bly, "besoedel".  (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). Wanneer 'n gees in 'n mens se liggaam ingaan, vervang hy nie die mens se eie gees nie, maar kan dit beïnvloed.

Daar is 'n gees wat elkeen moet begeer en dit is die Heilige Gees (Gees van God)(http://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html). Die Heilige Gees kan in iemand se liggaam ingaan maar word gestuur deur Jesus Christus self (aan wie Hy wil).  As iemand nie in Jesus Christus glo nie, kan hy dus nie die Heilige Gees ontvang nie! Die Heilige Gees vervang nie die mens se gees/siel nie, maar beïnvloed en verander dit! (dit word vernuwe)(Eseg. 11:19; 36:26; Kol. 3:10; Ef. 4:23,24; 2 Kor. 5:17; Joh. 3:3,7..). ]
-  (1)  Net soos die UITERLIKE MENS (die uiterlike liggaam - vlees, bene, organe, sintuie ens.) alleenlik 'n lewende siel word wanneer God Sy asem in die mens inblaas (Gen. 2:7), net so kan die INNERLIKE MENS nie lewe sonder die asem van die Heilige Gees (wat deur Jesus Christus gegee word) nie. 
-  (2)  En net soos die uiterlike mens uiteindelik sterwe sonder kos en water, net so sal die innerlike mens ook uiteindelik sterwe as hy nie die regte kos en water kry/nie! (sien studie "tweede dood"). 
-  (3)  En net soos die uiterlike mens 'n lewende wese is en sy "lewe in die bloed" (m.a.w. siel in bloed), net so kan die innerlike mens nie lewe as hy nie lewe het in die bloed van Christus nie. 
-  (4) En net soos die mens "natuurlike kinders" is ("kinders van Adam") en daarom VERGANKLIK!... -op 'n ander wyse het die wat kinders van Jesus Christus is (m.a.w., gebore uit Sy saad - m.a.w. gebore uit God deur Sy Heilige Gees - weer gebore - genoem "geestelike kinders") die belofte van ONVERGANKLIKHEID of ewige lewe. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
UITERLIKE MENS:   Letterlik liggaam, siel en gees
INNERLIKE MENS:  Figuurlik liggaam, siel en gees

Die innerlike mens het begeertes, is instaat om te voel, te dink, praat, sien, hoor ens. (Eks. 20:17; Jak. 4:2; Gen. 6:5; Kol. 3:2...). Net soos wat die uiterlike mens se liggaam vlees, bene, organe, sintuie.... alles funksies het en verwys na iets "letterlik", net so verwys die innerlike mens se "vlees, bene, organe, sintuie ens." FIGUURLIK na iets. Die begrip "vlees en bene" word bv. gebruik vir letterlike geslagslyne, maar dit word ook figuurlik gebruik in die Skrif van "natuurlike kinders" ("kinders van Adam" - gebore uit vlees/gebore in sonde/Ps. 51:5) of van "geestelike kinders" (m.a.w. "kinders gebore uit die saad van God" - die wat die Heilige Gees het)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html). Christene is m.a.w. "vlees en bene" van Christus se liggaam (wat wys op 'n figuurlike geslagslyn)(Ef. 5:30)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html).. Op dieselfde wyse het die begrip "vlees en bloed" nie net 'n letterlike betekenis nie maar word ook figuurlik gebruik;  en net so word verskillende organe en sintuie in die Skrif figuurlik gesien... (bv. Jer. 17:10, Matt. 13:13...ens.).

Ons kan die uiterlike mens as "liggaam met 'n siel en asem" voorstel (Gen. 2:7)(wat dus beteken dat iemand liggaam, siel en gees is), maar dit is duidelik dat die innerlike mens (die gees wat in die mens se binneste geformeer word Sag. 12:1 - elke mens is 'n "siel") ook figuurlik 'n liggaam het. "Geestelike mense" (Christene) het bv. figuurlik opgestaan in 'n nuwe liggaam! (en die Christelike doop is o.a. 'n TEKEN hiervan-https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html) - wat verwys na hoe die "natuurlike mens" begrawe word, en die Christen opstaan in 'n nuwe lewe (weergebore - nou "geestelike mens" genoem omdat hy nou gebore is uit God se saad). Tog duidelik het hulle uiterlike nie verander in nuwe liggame toe hulle geloof in Jesus Christus bely nie! (alhoewel hulle wel ook die belofte het van eendag letterlike opstanding!), maar waarna dit verwys is na die innerlike (liggaam) - figuurlik het hulle m.a.w. al opgestaan! (Eseg. 36:26...). Hierdie het beslis tot gevolg dat "geestelike kinders" (die gebore uit die saad van God, m.a.w. "weer gebore") anders beoordeel word wanneer hulle doodgaan as wat "natuurlike kinders" beoordeel sal word... 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE WORD DIE INNERLIKE MENS GEVOED?

Net soos die uiterlike mens, het die innerlike (mens) kos en water nodig, oefening, en nodig om gewas te word... Ons moet verstaan wat hiermee bedoel word. Ons is nie gemaak om van brood alleen te lewe nie (Deut. 8:3) - want ons is nie net letterlik nie, maar ook figuurlik van aard!  Hoe gee ek vir my innerlike mens "kos en water"? Wat se soort "oefening" het dit nodig?  Hoe word dit gewas? Ten eerste moet ons verstaan dat geen liggaam kan funksioneer sonder ASEM nie.  As jy bv. kos en water in 'n dooie liggaam sit sal dit nie die kos en water kan verwerk nie (want dit is dood).  Die "natuurlike mens" se innerlike kan miskien gesien word soos "dood", wat eintlik beteken dat dit die "gees vd wereld" het en kan dus die "kos" van die wereld verteer, maar nie die geestelike kos nie.  Die "geestelike mens" se innerlike kan gesien word as lewendig! - hy het die Gees van God (die Heilige Gees) en kan daarom die "kos" wat God gee verteer!(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html). Om hierdie rede verstaan die natuurlike mens nie die dinge van God nie want dit word geestelik beoordeel - hulle kan nie Sy kos verteer nie.

Ons moet dus onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens (kyk volgende paragraaf), want al voed die natuurlike mens sy innerlike, weet ons dat nie alles soorte kos en water en oefeninge e.a. tot voordeel is van die mens, of eens nuttig is nie! (2 Tim. 2:14; 1 Tim. 4:18 ens.).  Bv., wanneer die natuurlike mens sy innerlike voed met dit wat geen lewe voortbring nie, bv. wereldse wysheid, 'n dors na eie wil, werke vd vlees, mensgemaakte wette...ens., sal dit in plaas van lewe uiteindelik die dood voortbring (is m.a.w. soos werke tot die dood...)(Rom. 3:20; 8:13; Openb. 20:13; Jak. 3:15; Kol. 2:23; 2 Tim. 4:3; Joh. 8:44 ens.). Ons moet verstaan dat ons vyand, "die dood" (Gen. 2:17; 3:3; 1 Kor. 5:26) nie net ons uiterlike verwoes nie, maar beide - beide sal deur die tweede dood gaan (oordeel vd hel)(https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html) tensy die mens se innerlike die Brood en water vd lewe kry! - die innerlike moet vernuwe word, of anders gestel, aan die lewe gemaak word deur die deur die asem van die Heilige Gees sodat hy instaat is om die geestelike voedsel te kan verwerk (en is nodig om te kan groei en vrug te dra tot ewige lewe...). In die Skrif verwys "voedsel en water" bv. figuurlik na die w(W)oord vd Here - Jesus Christus is self die brood vd lewe en Sy woorde is soos voedsel vir die innerlike mens...

Die Here en Sy Gees is soos 'n fontein van water...  As iemand NIE in Jesus Christus glo nie, sal sy innerlike nie die voedsel en water kry wat dit nodig het om vir ewig te lewe nie !(https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html) - so iemand sal ook nie die Heilige Gees ontvang deur wie hy asem kry om te kan lewe (en vrug te dra tot ewige lewe) nie - en so iemand (se innerlike) sal dus van honger en dors sterwe...  Daar is slegs LEWE in Jesus Christus, maar as die geestelike mens (wat in Hom glo) ook nie in Hom "bly" nie, dan sal hy ook honger en dors wees... (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie").

Die geestelike mens kan niks sonder Christus doen nie (Joh. 15:5).  Om in Hom te GLO en in Hom te bly is soos om water te kry (http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html).  "Voedsel" vir die innerlike verwys dus o.a. na gemeenskap met die Here, met Sy woorde, Sy wysheid, Sy kennis...ens.  Dit dan ook die rede waarom dit so belangrik is vir die geestelike mens om van tyd tot tyd te "VAS " (Matt. 4:4; Matt. 17:21; 9:16,17)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html), want dan is hy besig om sy innerlike te voed, nie sy uiterlike nie. Net soos die uiterlike mens uiteindelik sonder kos en water sterwe, so kan die innerlike mens sterwe as hy nie hierdie "geestelike" voedsel en water kry nie. Om te dors na die water wat die Here gee, gaan oor "dors na die lewe in Hom", asook om te "dors na Sy geregtigheid" (dors na dit wat reg is, en na Sy wil) en "dors na Sy Gees"...

Wie is dit vir wie jy raadpleeg? Aan wie is jy gehoorsaam? Om die wil vd Here te ken moet ons Hom raadpleeg en ag gee op die pad van godsaligheid.  (1Ti 4:8 - "Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het"). Ons weet watter voordeel liggaamlike oefening het vir die uiterlike mens, maar watter oefening gee ons vir die innerlike mens?  Die geestelike mens moet meer ingestel wees om hom te OEFEN IN DIE GODSALIGHEID as om net ingestel te wees op dit wat tot voordeel strek vd uiterlike mens (soos liggaamlike oefening, kosse ens. - 1Tim.  4)(Rom 14:17 -"Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees"). Dit is die woorde van die Here en om Sy wil te doen en die dors na Hom en Sy Gees wat regtig tot voordeel strek vd innerlike mens, sodat die innerlike mens kos kry en gewas word soos ons daagliks die uiterlike mens ook kos gee en bad (...kyk gerus ook na die onderwerp van vergifnis). Om vir die UITERLIKE MENS te sorg is wel belangrik maar dit is dus ook belangrik (en selfs belangriker!) om vir die INNERLIKE MENS te sorg (m.a.w. "oefening in godsaligheid"-1 Tim. 4:7,8; 6:11).  Dit is veral die toestand vd innerlike mens wat bepaal of iemand eendag opgewek gaan word tot lewe, ingaan in die koninkryk van God, en of hy die aarde gaan beërwe (Jer 17:10 - "Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge")(kyk veral na tema "diensknegte")(Ef. 4:23; Kol. 3:10)(Hebr. 6:6)....

Dus, net soos wat die uiterlike mens kos en water nodig het, en nodig het om skoongemaak te word of oefening te kry, net so die innerlike mens...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat gebeur met die uiterlike en innerlike mens wanneer hy sy laaste asem uitblaas?  

Wanneer die mens doodgaan:
(1) gaan die letterlike asem (gees) uit die liggaam uit (Gen. 25:17; Ps. 146:4; Mark. 15:37 Job 34:14), terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7)(en die mens is dan soos 'n "gees sonder vlees en bene-Luk. 16:23; Hand. 2:27,31; Jon 2:2 ens. = l.w., "figuurlike komponent" vd mens);
(2) letterlik stop die hart en die bloed (die siel) kom letterlik tot stilstand (Lev. 17:11,14)(die skrif verwys ook hierna as iemand se "siel gaan uit" -Gen. 35:18), maar natuurlik het siel ook 'n figuurlike komponent.  Daar word bv. ook na die mens verwys word as " 'n siel" (Hand. 3:23; Num. 15:30 ens.)(wat ook na regte verwys na die gees omdat hy deur "gees", altans "letterlike asem",  'n siel/gees word...) - in hierdie opsig beskryf elke mens se "siel" sy toestand voor God - hoe lyk sy siel figuurlik gesproke? (Deut. 10:12; 11:18; Num. 11:6 ens.)(en word ook in die Skrif as "hart" aangespreek - figuurlik). Sommige geleerdes verwys hierna as die "siel/gees vd mens".  Die siel/gees vd "natuurlike mens" wag op die oordeel vd "tweede dood" (oordeel vd hel), maar die "geestelike mens" wag op die opstanding en het die belofte van ewige lewe!;
(3) die liggaam keer terug na stof (Gen. 3:19; Pred. 3:20; Ps. 104:29; 146:4; Job 34:15).  Dit verwys na die letterlike liggaam, maar die mens het ook 'n liggaam figuurlik gesproke (bv. ou of nuwe liggaam).  Die geestelike mens het bv. opgestaan in 'n nuwe liggaam (figuurlik gesproke)(en le die ou vlees daagliks af), en dien nie meer die sondige vlees nie.  Die geestelike mens is ook deel van Christus se liggaam en van sy "vlees en bene" (wat wys op "familie") en het lewe in Sy bloed (en het daarom belofte van opstanding en ewige lewe)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html).

IN DIE AFSONDERLIKE STUDIES OOR liggaam, siel en gees WORD HIERDIE LETTERLIKE EN FIGUURLIKE KOMPONENTE VD MENS IN MEER DIEPTE BEHANDEL, waarin verduidelik word waarna presies liggaam, siel of gees verwys, en wat elkeen letterlik asook figuurlik beteken.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: