Dinsdag 08 Oktober 2019

Die geeste van alle vlees...

In hierdie studie kyk ons na die begrip "geeste van alle vlees", 
wat verwys na die mens se innerlike (die mens van binne).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-Vir 'n dagstukkie oor liggaam, siel en gees, nie net vd uiterlike mens nie maar ook vd innerlike mens, gaan na:  http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/liggaam-siel-en-gees.html
-Vir 'n dagstukkie oor die innerlike mens, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html
___________________________________________________________________________________
INLEIDING:

Die mens bestaan uit: 
liggaam (die begrip "liggaam" verwys letterlik na die vlees en bene, en word somtyds figuurlik gebruik om "die self"/"is vleeslik" te beskryf), 
siel (die begrip "siel" verwys letterlik na lewe/lewende siel/bloed/hart, ens.; en word somtyds figuurlik gebruik om die innerlike mens te beskryf, bv. in konteks met hoe iemand dink en sien, vrug, ens.), 
gees (die begrip "gees" verwys letterlik na asem/lig, en word somtyds figuurlik gebruik vir die innerlike mens/die gees vd mens, die asem vd die innerlike, ens.);

en is TWEELEDIG VAN AARD 
- is nie net uiterlik mens nie, maar het ook
- 'n innerlike (bedoelende "die mens van binne"/die innerlike mens). In elke mens is daar 'n gees in sy binneste gevorm (Sag. 12:1). Beide die woorde "siel" en "gees" word somtyds gebruik om die innerlike mens te beskryf, maar die woorde wat veral gebruik word is "innerlike mens", of "die gees vd mens", of daar word na "die geeste van alle vlees" verwys (in hierdie pos kyk ons veral na hierdie laaste begrip).  

Die woord "gees" verwys natuurlik na "asem", maar dit word ook gebruik om te verwys na "die mens van binne" (en net so word die woord "siel" somtyds daarvoor gebruik).
Daar word somtyds na die mens(dom) se innerlike verwys as "die geeste van alle vlees":
-(Num 16:22)  Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?
-(Num 27:16)  Laat die HERE, die God van die geeste van alle vlees, ‘n man oor die vergadering aanstel
-(Job 12:10)  In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
-(Heb 12:9)  Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?

God is die een wat 'n gees in elkeen se binneste formeer:
-  Sag. 12:1 - "Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer";
Vgl. hierdie gerus ook met die studie oor "lewende siel":- Gen 2:7 - "En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaasSo het dan die mens ‘n lewende siel geword")   (Hier is ook 'n dagstukkie hieroor: http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/02/die-mens-as-lewende-siel.html). Iets of iemand is 'n lewende siel omdat hy lewensasem het...  Afgode het bv. nie 'n gees in hulle binneste nie (Hab 2:19), en kan dus nie voel en hoor en praat ens. nie (Hab. 2:18). Die begrip "lewende siel" beskryf dus nie net die feit dat die uiterlike mens lewe nie, maar is op beurt 'n bewys dat iemand 'n gees het (want anders sou hy nie lewe nie)(bv., as die mens doodgaan verlaat die gees in die binneste die liggaam/"gee die gees"/blaas laaste asem uit). Die uiterlike mens lewe a.g.v. asem (wat die liggaam verlaat wanneer hy doodgaan), maar die begrip "asem" verwys ook na 'n gees, bv. die gees vd mens (kyk ook die "Heilige Gees" - die Heilige Gees is 'n gees..., en kan bv. o.a. vertaal word as "asem"). 
Net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder asem nie, net so die innerlike mens, wat hier meer die geestelike sy beskryf (die weergeborene lewe bv. deur die asem vd Heilige Gees, en die natuurlike mens het 'n wereldse gees).

Die volk van God het hierdie begrip goed verstaan dat die mens nie net uiterlik van aard is nie, maar ook elkeen 'n mens binne-in;  en het verstaan dat dit God is wat hierdie gees in elkeen se binneste formeer; daarom het hulle Hom dikwels aangespreek as:
- "die God van die geeste van alle vlees" (Num. 27:16)(die woord "gees" hier is die Hebr. woord "roo'-akh", wat nie net verwys na lig of asem nie, maar ook na lewe of die gewete);
- "die Vader vd geeste" (Hebr. 12:9)(die woord "gees" hier is die Gr. woord "pnyoo'-mah", wat ook nie net hier verwys na asem nie, maar ook vd gees van binne/siel vd mens - beteken "gees, lewe, verstand...").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe kan die gees vd mens beskryf word?

Die gees kan eerstens beskryf word as lewendig!;  bv., wanneer die mens (se liggaam) doodgaan is hy steeds instaat om te voel, sien, praat ens... - die gees vd mens gaan nie dood wanneer die liggaam sterwe nie, maar beide die siel en gees sal uiteindelik in die poel van vuur gegooi word as iemand nie redding kry nie.

Kyk die gelykenis vd ryk man en Lasarus waar beide na hulle dood nog kon sien en voel en praat ens., en Lasarus bv. "weggedra" is na die boesem van Abraham, soos een wat 'n liggaam het... - Luk. 16:20-31. Daar is baie skrifte wat verwys na hierdie "gees in die binneste", bv. Job 32:18, Ps. 143:4; Spr. 20:27; Jes. 26:9; Eseg. 11:19 ens. - wanneer die mens ster, is dit nie sy innerlike mens (die gees van binne) wat sterf nie, maar sy uiterlike mens (die liggaam). Sy innerlike mens lewe dan nog en kan sien, voel, praat... - hy is dan m.a.w. soos " 'n gees sonder letterlike vlees en bene " (die liggaam is dood en in die graf, maar nie die gees nie - die gees het die liggaam verlaat... - en die begrip "gees" hier verwys nie net na asem nie, maar ook na die mens van binne/die mens as gees). 

Die uiterlike mens word gewoonlik na verwys as "die liggaam", en 
die innerlike mens as "siel" (kyk bv. ook Jesus se woorde in Matt. 10:28).  Die mens bestaan uit "liggaam, siel en gees", maar hierdie begrippe word nie net altyd letterlik gebruik nie, maar ook baiemaal figuurlik bv. vd innerlike mens/gees vd mens.  Dit kan miskien op hierdie manier verduidelik word dat die uiterlike mens as liggaam siel en gees beskryf kan word, maar net so die innerlike mens...- die mens is tweeledig van aard;  dus nie net uiterlik liggaam siel en gees nie, maar ook innerlik liggaam siel en gees (alhoewel hierdie nie noodwendig die korrekte manier is om dit beskryf nie, maar 'n manier om dit beter te verstaan). Die "gees van binne" (Job 32:18; Eseg. 36:26; Sag. 12:1), of  (mens) "van binne" (Mark. 3:27), of ook genoem "innerlike mens" (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16) kan dus net soos die uiterlike mens miskien ook gesien word as "liggaam, siel en gees". Die uiterlike liggaam vewys bv. na die letterlike vleis en bene, maar kan ook verwys na "die self" (die innerlike "liggaam"). Bv., die weergeborene het opgestaan in 'n nuwe liggaam, maar hierdie verwys na die innerlike - die uiterlike liggaam gaan steeds dood en sal eers opstaan in "die opstanding" wanneer Jesus terugkom. Hier kan ons sien hoe die begrip liggaam nie net verwys na die liggaam vd uiterlike mens nie, maar ook kan verwys na die innerlike mens.  Die innerlike (liggaam) kan bv. ook gesien word asof met sintuie - kan bv. ook voel en sien praat net soos die uiterlike;  net so kan die innerlike "siel" en "gees" beskryf word... - "siel" beskryf bv. verstand/hoe iemand sien en dink/hart, ens.; en "gees" beskryf deur watter asem die innerlike lewe, bv. die geestelike mens lewe deur die asem vd Heilige Gees, en die natuurlike mens het 'n wereldse gees...  

Vir 'n studie oor die uiterlike en die innerlike mens, gaan na:  https://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die verskil tussen gees as "asem", en die begrip "gees" verwysend na die innerlike mens:
(1) Die Here is die Een wat aan almal lewe en aan alles asem gee! (Hand. 17:25),
(2) Hy skep 'n gees in elkeen se binneste... (Sag. 12:1).
Hier sien ons hoe die woord "gees" nie net gebruik word vir letterlike asem nie, maar ook om te verwys na die mens van binne (m.a.w. "die geeste van alle vlees")(m.a.w., wanneer iemand ASEM kry is dit soos om te beskryf dat 'n gees in daardie persoon se binneste gevorm word... Die begrip "gees" beteken asem of lig. Die mens kan nie leef sonder asem nie;  daarom verlaat die gees vd mens sy liggaam wanneer die liggaam sterwe.  DIE INNERLIKE MENS KAN O.A. BESKRYF WORD AS ASEM, EN IS SOOS LIG VIR DIE LIGGAAM.  Net soos 'n plan lig nodig het om te kan groei, net so het die mens lig nodig..., en hy kan nie lewe sonder hierdie lig nie). 

(1) "GEES" AS "ASEM":
- Alle vlees wat lewe, het gees of asem - dit is immers deur hierdie gees (wind/asem) wat hulle van God ontvang waarom hulle lewe (is "lewende siele").(Jes. 42:5 - "So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel").  God het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon (Hand. 17:26) - alle vlees se lewe is in Hom! - in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons! (Hand. 17:28). Hierdie "gees" wat in die mens is word o.a. in Job 27:3 genoem "asem";  Job noem hier dat die "lewensasem van God is in sy neus". Vgl. dit gerus met Gen. 2:7 met die woorde "en in sy neus die asem vd lewe geblaas".  En dit is deur hierdie "lewensasem" wat die mens 'n lewende siel word (Gen. 2:7). In Gen. 6:17 word daar ook na mens en dier verwys as "vlees waar 'n lewensgees in is". Job 34:14 en 15 verklaar dat sou God sy Gees en sy asem na Hom terugtrek, dan sal alle vlees tesame die asem uitblaas - m.a.w., dan sou almal sterf (en die mens na stof terugkeer). Deur hierdie verse leer ons hoe afhanklik die mens is van die asem wat God aan hom verleen, om te kan LEWE!  Elke mens se "lewe" is in God se hande en sonder die asem wat Hy gee, KAN HULLE NIE LEWE NIE.  Hy gee lewe, en Hy neem lewe terug.

Alle vlees (wat lewe) het dieselfde asem en dieselfde lot - wanneer hulle hierdie asem uitblaas (die asem weggeneem word), dan keer die vlees weer terug na stof waaruit dit gemaak is:
-(Ecc 3:20)  "Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug".
-(Psa 104:29)  U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof
-(Gen 3:19)  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
(Gen 18:27)  En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is.
Hierdie asem (gees of wind) behoort nie net aan die mensekinders nie, maar ook aan die veediere (Ecc. 3:19) - en v. 21 leer vir ons dat wanneer mensekinders sterwe, hulle asems "opgaan boontoe", maar wanneer veediere sterf, daal hulle asems ondertoe in die aarde;  en 12:7 leer vir ons iets soortgelyks, dat wanneer die stof na die aarde terugkeer (hier in konteks met mensekinders), die gees/asem terugkeer na God (wat dit gegee het). Wanneer die gees of "lewensasem" uitgaan keer die vlees terug na die aarde (en op daardie dag is dit met daardie persoon se planne gedaan)(Psa 146:3,4). In Ps. 78:40 word die mensekinders voorgestel soos winde wat weggaan (wanneer hulle sterf) en nie (kan) terugkom nie...
Hierdie skrifte verwys natuurlik na wanneer die uiterlike mens sterwe.

(2) "GEES" VERWYSEND NA DIE MENS VAN BINNE:
- "Dood" kan soos 'n baie diep slaap gesien word waaruit die mens nie self kan opstaan nie...  Wanneer die mens doodgaan en sy laaste asem uitblaas, is dit die uiterlike wat sterwe (nie die innerlike mens nie);  maar wat word vd innerlike wanneer die uiterlike sterwe? M.a.w., wat word van die GEESTE VAN ALLES VLEES wanneer hulle uiterlike sterwe?  Ons weet wat met die uiterlike gebeur en dat dit terugkeer na stof (Job 34:14,15), maar wat word van die innerlike?

Ons kan uit die Skrif leer dat in die geval vd natuurlike mens, hy dan wag hy op die tweede dood  - sy uiterlike mens het gesterwe, maar nie sy innerlike mens nie en hy wag nou op die tweede dood wanneer beide sy "liggaam" en "siel" in die hel gewerp word (Matt. 10:28).
Maar dit is nie dieselfde vir die geestelike mens nie! - wanneer die geestelike mens se uiterlike sterwe, dan wag hy nie op die tweede dood soos die geval met die natuurlike mens is nie, maar het die belofte dat hy nie deur die tweede dood sal gaan nie, en wag dus op "die opstanding" vd uiterlike mens (wat sal gebeur wanneer Jesus Christus terugkom)(Joh. 6:40,54; 5:24; 8:51; 11:26 ens.). Wanneer die gees vd mens sy liggaam verlaat kan hy nie op sy eie teruggaan in sy liggaam nie - in hierdie opsig het die doderyk oorwinning oor die liggaam.  MAAR die wat glo in Jesus Christus het die hoop op opstanding... (1 Kor. 15:50-58).  Hulle het die hoop dat, al het hulle gesterf, hulle geeste eendag weer verenig sal word met hulle liggame, maar nie dieselfde liggame nie want hulle liggame sal verander word na "verheerlikte liggame"... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).
Maar nie alle kinders vd koninkryk wat opstaan sal opstaan tot lewe nie! - die Skrif leer vir ons dat sommige sal opstaan tot lewe, maar ander tot groot smaadheid... (Dan 12:2)  En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. Vgl. dit met Jesus se woorde in Joh. 5:28,29. Almal sal voor die regterstoel van Christus verskyn.

Die goddelose het egter geen hoop op opstanding nie - hulle sal wel herlewe maar met die doel om voor die wit troon oordeel te verskyn (en hoedanig hierdie "herlewe" gaan wees, moet nie dieselfde gesien word as "die opstanding" nie, en sal terloops ook nie op dieselfde tyd geskied nie).  Baie geleerdes sien hierdie feit dat hulle sal "herlewe" ook soos 'n tipe opstanding...  In elke geval van waar mense "herlewe", is dit duidelik dat dit gewoonlik gepaardgaan met oordeel.  

By die opstanding wanneer Jesus Christus terugkom (dit wat baie noem die "opstanding van gelowiges"), gaan dit terloops ook gepaard met oordeel - dan sal daar skeiding gemaak word tussen die koring en kaf, die koring en onkruid, asook die skape en die bokke.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: