IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAT DIT BETEKEN OM "EEN TE WEES", nie net in die algemeen nie, maar veral WAARNA DIT VERWYS IN DIE HUWELIK. Mark. 10:7,8 - "Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees".
Rol af vir die volgende opsommings:
- Opsomming.
- Die term "een liggaam".
- Die term "een vlees".
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:
In konteks vd HUWELIK, verwys die begrip "EEN LIGGAAM/VLEES":
(1) na die feit dat die getroude paartjie soos een liggaam gesien word met verskillende lede... (het bv. verskillende rolle)(kyk punt 1). Hulle funksioneer as EEN (is gehoorsaam aan die "liggaam"), en deel in dieselfde dinge... (kyk punt 2)
(2) hulle het gemeenskap met mekaar (en deel o.a. in vleeslike gemeenskap) - hierdie vorm van gemeenskap kan hulle nie onrein maak nie (al is die een ook onrein en die ander een rein / maw, omdat hulle getroud is mag hulle gemeenskap met mekaar he, selfs al is die een onrein kan hy nie die reine onrein maak nie, want die huwelik is geheilig).
(3) Op beurt beteken dit ook dat hulle aan "die liggaam" (die huwelik) behoort (hulle dien in die liggaam). Hulle is afgesonder vir daardie liggaam (die liggaam is geheilig)(en daarom is hulle kinders ook heilig/afgesonder, want hulle behoort aan die liggaam terwyl hulle nog in hulle ouers se huis is/nog nie hulle vader en moeder verlaat het nie).
Wanneer twee mense in die huwelik tree, word die huwelik deur die Here GEHEILIG, afgesonder as " 'N LIGGAAM" waarin die LEDE daarvan die liggaam bedien en hulle IN GEMEENSKAP is met mekaar - wat terloops vleeslike gemeenskap insluit - dit is maw een van die dinge waarin die lede ( spesifiek in konteks van die man en vrou), deel in hierdie EENHEID (wat die hele huisgesin aanbetref, is die kinders se rolle is anders, en daar word bv. van hulle verwag om die ouers te gehoorsaam, soos daar van lede vd kerk verwag word om die leierskap te gehoorsaam). In die "eenheid" vd huisgesin deel die hele familie sekere dinge met mekaar (is maw "in gemeenskap..."), bv., hulle deel in EEN voedsel, EEN verblyf, EEN geloof, ens.).
'n Man en vrou in 'n huwelik is "geheilig/afgesonder" om aan 'n liggaam te behoort (nl. die huwelik), met elkeen verskillende rolle (is lede vd liggaam en gehoorsaam die liggaam), en is in gemeenskap met mekaar (deel in dieselfde dinge) - DIT IS WAARNA HIERDIE "EENHEID" VERWYS.
- DIE BEGRIP "EEN LIGGAAM": (kom ons kyk na spesifieke skrifte waar hierdie term gebruik word).
(1) Rom_12:4,5 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. NET SOOS DIE CHRISTELIKE KERK GESIEN WORD AS "EEN LIGGAAM" (en almal wat daaraan behoort lede is van hierdie "liggaam"), SO WORD DIE MAN EN VROU WAT GETROUD IS GESIEN AS 'N LIGGAAM WAARVAN DIE LEDE SAAMWERK. (1Kor._12:12-20 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie................. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam").(1Kor_10:17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. (die nagmaal is o.a. 'n teken hiervan!, want almal wat in die "brood" deel, is lede van Christus se liggaam - die brood stel Sy liggaam voor)(https://warechristene.blogspot.com/2025/11/die-nagmaal-3.html). In die Christelike kerk is nie almal rein nie; tog word gemeenskap met mekaar toegelaat "in Christus" - verwys na almal wat in Jesus Christus glo / is "saamgebind" soos 'n huwelikspaar saamgebind word en in gemeenskap te kan wees met mekaar, al is die een onrein en die een rein! ("Jood en heiden een" / kyk die onderwerp van die "nuwe mens" in konteks met die Christelike kerk...)(https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html). M.a.w., daar is sekere vorme van EENHEID wat geskep word waarin 'n onreine nie 'n reine kan onrein maak nie - spesifiek verwysend na die Christelike kerk en die huwelik! Dit is deels waarom die kerk in die N.T. nie altyd huwelik verbied tussen gelowiges en ongelowiges nie, alhoewel dit spesifiek verbied was in die O.T., en met rede! Sulke paartjies het probleme, want die huwelik as eenheid gaan nie net oor om "as eenheid saamwerk/verskillende lede wat saamwerk" nie, maar gaan ook oor WAARIN GEDEEL WORD (hulle deel in dieselfde dinge). Dit kan baie problematies wees waar een gelowig is, en een nie. Bv., Paulus verwys ook na die Christelike kerk-eenhied in Ef. 4, en praat o.a. oor hierdie feit, nl. dat in 'n eenheid deel almal saam in iets - (HIERDIE WORD TERLOOPS IN PUNT 2 BESPREEK!). Nog 'n vb wat punt 1 vir ons beter verduidelik, is Ef. 2:12-22 (Ef_2:16 "en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het") - lees gerus die hele gedeelte om dit beter te verstaan, en vgl. dit met Kol_3:15 "En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar"(sien "evangelie van vrede").
(2) 1Kor_6:16 Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. WANNEER 'N GETROUDE PAARTJIE VLEESLIKE GEMEENSKAP HET, IS DIT 'N VORM VAN GEMEENSKAP! (hulle deel in vleeslike gemeenskap). VLEESLIKE GEMEENSKAP WORD SLEGS BINNE DIE HUWELIK TOEGELAAT, DUS IS DIT 'N GEOORLOOFDE VORM VAN GEMEENSKAP, MAAR AS JY DEELNEEM AAN 'N ONGEOORLOOFDE VORM VAN GEMEENSKAP (hetsy geestelik of vleeslik), DAN SAL DIT JOU ONREIN MAAK (bv., iemand wat hoereer neem deel aan/het gemeenskap met iets wat hom onrein kan maak/word een met in hierdie geval verwys na dit wat hom onrein maak, maar in die geval van 'n huwelik verwys "een met mekaar" na 'n geoorloofde vorm van gemeenskap wat hulle nie onrein kan maak nie). Kyk ook (Ef_4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping). Paulus praat ook hiervan in Ef. 4, waarin hy verwys na elkeen se roeping, nl. toe hulle deel geword het van hierdie eenheid... (in die Christelike kerk-eenheid deel almal in een Gees, een geloof, een Here...). Terloops, baie mense sien die huwelik (wat ook 'n eenheid is) ook op hierdie manier, nl. dat twee mense wat trou, bedoel was om bymekaar uit te kom = soos wanneer iemand geroep word. Dus, om "een liggaam" te wees, gaan nie net oor die afsonderlike lede (wat elkeen 'n rol het) nie, maar gaan ook oor dit waarin almal deel... Wat is dit waarin beide in die huwelikspaartjie deel? (bv. een lewe, vleeslike gemeenskap, kinders, familie, ens.).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- DIE BEGRIP "EEN VLEES":
(3) 1Kor_6:16 "Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees". DIE WOORD "VLEES" IS BASIES 'N ANDER WOORD VIR "LIGGAAM". Alhoewel die woord "vlees" meer gereeld in 'n geestelike konteks gebruik word (bv. iemand "dink of sien vleeslik"), kan dit na enige verwys, nl. fisies of geestelik (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/03/vlees-die-liggaam.html). In 1 Kor. 6:16 sien ons ook dat dit nie veel verskillend is om te praat van "een liggaam", as om te praat van "een vlees" nie. Nietemin, kom ons kyk na skrifte waar die woorde "een vlees" gebruik is, en kyk wat ons nog oor hierdie onderwerp kan leer.
- Gen_2:21 Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak............Gen_2:24 ( Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees). Jesus verwys ook hierna in (Mat_19:5,6 "en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie")(Mrk_10:8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees)(1 Kor. 6:16). ONS SIEN HIER HOE "EEN VLEES" BESKRYF WORD DAT DIE TWEE "EEN WORD" (word soos 'n eenheid gesien). Vgl. dit met bg. verduideliking van "een liggaam" (want die begrip "een vlees" verwys duisdelik na dieselfde). Kyk ook (Ef._5:31 "Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word"). Volgens 1 Kor. 6:16 (wat dieselfde leer) WIL DIT VOORKOM OF DIE "EENHEID" IN DIE HUWELIK OOK VERWYS NA VLEESLIKE GEMEENSKAP, WANT DIT GAAN OOR "WAARIN HULLE DEEL" (rol op na 2de punt bespreking "een liggaam"). Alhoewel, in die geval van iemand wat hoereer, is dit 'n verbode vorm van gemeenskap en sal dus so iemand onrein maak - dieselfde gebeur egter nie in 'n huwelik nie. In ander woorde, dit is belangrik om die huwelik in hierdie konteks te verstaan!, is dat VLEESLIKE GEMEENSKAP 'N DEEL IS VAN DIT WAT 'N PAARTJIE IN DEEL. Inteendeel, dit is iets wat verwag word dat twee mense in dit sal deel wanneer hulle trou!, en Paulus skryf ook t.o.v. hiervan die volgende: (1 Kor. 7:3,4 "Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou"). IN 'N HUWELIK BEHOORT ALTWEE OOK AAN MEKAAR (soos lede van 'n liggaam aan 'n liggaam behoort). IN HIERDIE KONTEKS BETEKEN "OM EEN TE WEES" DUS DAT HULLE AAN 'N LIGGAAM BEHOORT. Op dieselfde wyse behoort Christene (lede) aan Christus (die Liggaam) - word o.a. gesien as "van Sy vlees en bene" (is familie van Hom!)(Ef. 5:30,31 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word). Die huwelik word ook gesien as 'n liggaam waarvan die man en vrou wat getroud is, die lede van daardie liggaam is. Weergeborenes se liggame word terloops soos tempels gesien omdat hulle die Heilige Gees het, nl. hulle behoort aan die Here (is "slawe van Christus"/1 Kor. 7:22 - Hy het hulle gekoop) - op ditto wyse behoort 'n huwelikpaar aan daardie "liggaam" en hulle kan dus soos slawe van daardie liggaam gesien word.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking